Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
EKONOMIE V2
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 19 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 

%202015%20Preparatory%20Examination%20Paper_hlayiso.com_--14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679/v1-7a5a15ad65c47c648255/card.webp)



View all





Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Economics memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 441.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Other filesQuestion paperQuestion paper (2)MemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
1.1.1 C MK = MI
1.1.2 C Suid-Afrikaanse Lugdiens
1.1.3 B gedifferensieerde
1.1.4 C plaaslike, uitgevoerde en ingevoerde
1.1.5 B SA Raad vir Toerisme besigheid
1.1.6 A Skoon lug
1.1.7 B preservering.
1.1.8 C Mnr. Derek Hanekom (16)
1.2 PAS-ITEMS
1.2.1 F Die gemiddelde koste van besigheid is meer as die
markprys
1.2.2 C Regstellingsmetode wat gebruik word vir herverdeling van
inkome
1.2.3 H Meet veranderinge in pryse van vervaardigde goedere
voordat dit aan verbruikers verkoop word
1.2.4 B ’n Verkoper kan die markprys verander deur die hoeveelheid
aangebied te verander
1.2.5 G Wanneer verbruikers meer vra as wat produsente kan
aanbied
1.2.6 D Mense van oorsee, wat natuur gebiede soos die
Drakensberge besoek
1.2.7 A Waar kostes presies gelyk is aan inkome
1.2.8 E Wanneer verskillende pryse gehef word vir dieselfde produk
vir verskillende groepe (8)
1.3 1.3.1 Kostevoordeel-analise
1.3.2 Kweekhuisgasse
1.3.3 Korttermyn
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V2 3
1.3.4 Deflasie
1.3.5 Inheems Kennisstelsel (IKS)
1.3.6 Aanbodkurwe (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem TWEE soorte ekonomiese kostes.
Implisiete koste
Eksplisiete koste (2 x 1) (2)
2.1.2 Wat is die doel van patentregte by monopolieë?
Patente word gebruik as hindernisse tot toegang in die mark en
skep so kunsmatige monopolieë.
Die patente gee die houer eksklusiewe regte om ʼn produk te
vervaardig deur sy/haar eie unieke uitvinding te gebruik.
(Enige 1 x 2) (2)
2.2 DATA RESPONS
2.2.1 Identifiseer die wins maksimerende punt (byskrif) van die
individuele onderneming.
E2 (1)
2.2.2 By watter punt of byskrif sal die industrie in ewewig wees?
E (1)
2.2.3 Verduidelik die begrip prysnemer.
Prysnemer is die individuele onderneming wat die heersende
markprys hef. (2)
2.2.4 Identifiseer of die individu ʼn ekonomiese wins of verlies ly en
skryf die area van dié wins/verlies neer.
Ekonomiese wins . PP2FE2 (2)
2.2.5 Verduidelik die helling van die vraagkurwe van die individuele
onderneming.
Dit het ʼn horisontale helling
Die vraagkurwe is volmaak elasties
Dit is presies by dieselfde vlak as die prys
Die horisontale vraagkurwe stel MI en GI voor. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V2 5
2.3 DATA RESPONS
2.3.1 Definieer die begrip oligopolie.
ʼn Oligopolie is ʼn markstruktuur met ʼn paar verkopers. (2)
2.3.2 Watter boodskap word in bostaande prentjie oorgedra?
Pepsi en Coke baklei vir ʼn markaandeel deur pryse te verlaag. (2)
2.3.3 Wat word bedoel met keel-afsny prys mededinging in die
uittreksel?
Keel-afsny prys mededinging is ʼn situasie waar mededingers
uitbuitende pryse (baie lae pryse) gebruik om mededingers uit te
skakel of te ondermyn.
Coca-Cola en Pepsi baklei vir na aandeel in die mark deur baie
lae pryse te hef. (Enige 1 x 2) (2)
2.3.4 Verduidelik kortliks maniere hoe Coca-Cola end Pepsi
markaandeel kan bekom.
Nie-prysmededinging:
Adverteer meer om verbruikers te lok
Handelsmerke om lojaliteit aan die produk aan te moedig
Produk differensiasie, produkreekse om vir verskillende markte te
voorsien (2 x 2) (4)
2.4 Verduidelik kortliks die rol wat die Mededingingskommissie en die
Mededingingstribunaal speel.
Mededingingskommissie
Dit ondersoek beperkende besigheidspraktyke, misbruik van dominate
posisies en samesmeltings om gelykheid en effektiwiteit in die Suid-
Afrikaanse ekonomie te weeg te bring.
Dit sal ʼn aanbeveling maak oor boetes vir ondernemings wat hulle skuldig
vind.
Die Mededingingskommissie se aanbevelings word aan die
Mededingingstribunaal ingedien. (Enige 2 x 2) (4)
Mededingingstribunaal
Die Mededingingstribunaal se hooffunksies is om:
Vrystelling toe te ken.
Groot samesmeltings te magtig of verbied
Beoordeling van enige verbode optredes kragtens Hoofstuk 2 of 3 van die
Wet
Ken ʼn bevel toe vir kostes, kragtens afdeling 57 van die Wet, op gevalle
wat voor die Kommissie gedien het. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
2.5 Verduidelik die helling van die vraagkurwe, in ’n monopolie mark, met
behulp van ’n vraagskedule (tabel).
Dit is ʼn vraagkurwe vir die industrie.
Monopolieë sal ʼn prysbeleid hê omdat dit die enigste verskaffer in die
mark is. Elke hoeveelheid aangebied word geassosieer met ʼn unieke
prys en meer eenhede kan verkoop word deur die prys te verlaag/teen
hoër pryse sal minder aangevra word en teen laer pryse sal meer
aangevra word.
Die vraagkurwe hel afwaarts; dit het ʼn negatiewe helling. (Enige 2 x 2) (4)
PRYS HOEVEELHEID GEVRA
16 1
14 4
12 8
10 12
Korrekte syfers vir prys; korrekte syfers vir hoeveelheid aangevra. (4)
[8]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V2 7
VRAAG 3: KONTEMPORêRE EKONOMIESE KWESSIES
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Lys enige TWEE redes vir die verlies aan biodiversiteit.
Hoë verbruikerskoers
Verlies aan habitat
Indringer spesies
Besoedeling
Klimaatsverandering (Enige 2 x1) (2)
3.1.2 Hoe kan groenbelasting ʼn meer volhoubare omgewing
teweegbring?
Groenbelasting is die belasting wat gehef word op die uitset (of
verbruik) van goedere, waar ook al eksterne omgewingskoste
genereer word. Hierdie belasting het ten doel om besoedeling te
verminder.
Groenbelasting het die uitwerking om die prys van goedere te
verhoog, daarom sal ondernemings hulle optrede verander en
goedere produseer wat meer omgewingsvriendelik is.
Aanvaar enige relevant verduideliking. (2)
3.2 DATA RESPONS
3.2.1 Wat is die inflasiekoers teiken in Suid-Afrika?
SA se inflasie teiken is 3–6%. (2)
3.2.2 Verduidelik die begrip inflasie.
Inflasie is die aanhoudende styging in die algemene prysvlak oor ʼn
periode van tyd (2)
3.2.3 Wat beteken ‘pen inflasie vas’?
Aanwending van verskillende maatreëls om inflasie te verlaag of
bestry. (2)
3.2.4 Hoe kan rentekoerse gebruik word om inflasie vas te pen?
Styging in rentekoerse maak dit duurder om geld te leen.
Dit lei tot daling in verbruikersvraag, wat weer groter uitsette
ontmoedig.
Dit maak oormatige besigheidsaktiwiteite stadiger en beheer
prysstygings. (Enige 2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
3.3 DATA RESPONS
3.3.1 Definieer omgewingsvolhoubaarheid.
Omgewingsvolhoubaarheid is die instandhouding van die faktore en
praktyke wat die kwaliteit van die omgewing toelaat om voort te
bestaan oor die langtermyn.
Aanvaar enige toepaslike omskrywing. (2)
3.3.3 Identifiseer, met stellings uit die uittreksel, enige twee soorte
besoedeling wat deur geskrapte motorbande veroorsaak word.
Stelling Soort besoedeling
Weggegooide bande wat regoor Suid- Grondbesoedeling
Afrika rondlê /net iewers lê /eindig op
vullishope
Word verbrand word vir hitte Lugbesoedeling
(Aanvaar enige toepaslike stelling.) (4 x 1) (4)
3.3.3 Waarom is herwinning na jou mening so belangrik?
Dit verminder besoedeling.
Dra by tot die vermindering van aardverwarming.
Verminder afvalprodukte in landerye.
Bespaar die aarde deur ontbossing te verminder. (Enige 2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik die invloed wat inflasie op debiteure en krediteure sal hê.
Debiteure
ʼn Periode van inflasie bevoordeel debiteure ten koste van krediteure.
Kontrakte word vooruit opgestel en kan nie verander word nie.
Debiteure betaal teen die verlaagde koopkrag wat die werklike uitgawe
verlaag. (Enige 2 x 2) (4)
Krediteure
Krediteure ontvang betalings teen verlaagde koopkrag.
Krediteure word benadeel. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V2 9
3.5 Ondersoek TWEE strategieë van regerings inmenging om
omgewingsvolhoubaarheid te verseker.
Toeken van eiendomsreg: verseker dat mense omgee vir iets wat aan
hulle behoort. Om fauna en flora spesies van uitwissing te red, ken die
regering eiendomsreg oor hulle toe.
Heffing vir die gebruik van die omgewing: regering hef ʼn fooi op
verbruikers en produsente op die afval wat hulle produseer en in die
omgewing stort.
Heffing van omgewingsbelasting/Groenbelasting: eerder as om vir die
gebruik van die omgewing te laat betaal, behoort ʼn belasting ingestel te word
op die uitset van goedere wanneer eksterne omgewings koste gegenereer
word.
Betaling vir omgewing subsidies: subsidies mag voorsien word vir
aktiwiteite wat omgewing skade verminder, bv. die ontwikkeling van nuwe
tegnieke of toerusting; om die produksie van omgewingsvriendelike
substitute aan te moedig; aanmoediging van herwinning van afval.
Verseker bemarkbare permitte: in plaas van om belastings of heffings op
uitlaatgasse te hef, kan die regering elke besoedelaar voorsien van ’n permit
met ʼn beperkte limiet. (Enige 2 x 4) (8)
[40]
VRAAG 4: MIKRO EKONOMIE EN KONTEMPORȆRE EKONOMIESE
KWESSIES
4.1 4.1.1 Noem enige TWEE internasionale ooreenkomste oor
omgewingsvolhoubaarheid.
Wêreldberaad in Rio de Janeiro (UNCED)
Wêreldberaad oor volhoubare ontwikkeling (WSSD)
Rio +20 beraad
Kyoto Protokol
Verenigde Nasies se Raamwerk Konvensie oor Klimaatsverandering
(COP 17)
Konferensie van die Partye
Aanvaar enige ander toepaslike ooreenkoms (Enige 2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe sal minimum lone ongelykhede in Suid-Afrika verminder? (2)
Ongelykhede word verminder omdat werkers ʼn loon betaal word wat
bo die markprys is. (2)
4.2 DATA RESPONS
4.2.1 Naby watter stad is Robbeneiland geleë?
Kaapstad (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
4.2.2 Robbeneiland word as ʼn ... gebied geklassifiseer.
Wêrelderfenisgebied (1)
4.2.3 Hoekom word Robbeneiland gekenmerk as ʼn ‘ondervinding soos
geen ander’?
Die skoonheid van die eiland
Dit is waar die voormalige staatspresident Nelson Mandela
aangehou was tesame met ander politieke gevangenes
Museum (politieke geskiedenis van Suid-Afrika word bewaar)
Aanvaar enige toepaslike respons (2 x 2) (4)
4.2.4 Verduidelik enige TWEE maniere hoe toerisme bevorder kan
word.
Verbeter bemarking strategieë (prys, produk, promosie en plek)
Deur ondersteuningsdienste te verbeter en uit te brei, bv. vervoer
en curio winkels
Toegang tot persoonlike fasiliteite vir gerief, bv. verhuring van
motors en bank fasiliteite
(Aanvaar enige toepaslike antwoord.) (2 x 2) (4)
4.3 DATA RESPONS
4.3.1 Identifiseer die maatskappy wat hierbo voorgestel word.
Eskom (1)
4.3.2 Noem EEN van die nuwe kragstasie wat onder konstruksie is.
Medupe-kragstasie, /Kusile-kragstasie (Enige 1 x 1) (1)
4.3.3 Omskryf enige moontlike gevolge van die toename in elektrisiteit
pryse.
Groot verbruikers van elektrisiteit wat in Suid-Afrika besigheid wil
doen/Nywerhede sal nie na Suid-Afrika gelok word nie.
Produksie van baie goedere wat van elektrisiteit afhanklik is, sal
laag wees.
Huishoudings sal minder elektrisiteit gebruik en uitkyk vir ander
alternatiewe.
(Aanvaar enige toepaslike respons.) (Enige 1 x 2) (2)
4.3.4 Verduidelik die ‘uniekheid van ʼn produk ‘as ʼn kenmerk van ʼn
monopolie.
Daar is geen naby substitute nie.
Kopers kan slegs van die monopolie koop of sonder die produk
gaan
(Aanvaar enige toepaslike antwoord.) (Enige 1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V2 11
4.3.5 Verduidelik hoekom die monopolie industrie as ondoeltreffend
beskou word.
Die monopolie nywerheid produseer ʼn kleiner uitset teen hoër
pryse
Sommige verbruikers word uitgesluit uit die mark omdat hulle nie
hoër pryse kan of wil betaal nie.
Dit is nie produksie doeltreffend wanneer produksie laer is as die
wins maksimerende uitset nie.
Hulle produseer ʼn uitset teen ʼn hoër GK en maak nie mees
doeltreffend gebruik van die gemeenskap se skaars hulpbronne
nie.
(Aanvaar enige toepaslike antwoord.) (Enige 2 x 2) (4)
4.4 Verduidelik enige TWEE maniere hoe huishoudings voordeel kan trek uit
toerisme.
Inkome: Besteding deur toeriste beteken inkome vir huishoudings as
gevolg van die salarisse en lone wat hulle kan verdien.
Infrastruktuur: Meeste van die infrastruktuur wat vir toerisme geskep
word, raak beskikbaar vir gebruik deur plaaslike mense.
Vaardighede: ʼn Verskeidenheid van vaardighede word deur die
toerisme industrie vereis.
ʼn Nagevolg van toerisme is die blootstelling aan vreemde kulture. Dit
het ʼn invloed op kulturele en sosiale kennis en genot. (2 x 4) (8)
4.5 Vergelyk ’n volmaakte mark met ʼn monopolistiese mark kragtens prys,
uitset en wins.
Prys
Die ewewig prys is hoër in ʼn monopolistiese mark as in die volmaakte
mark.
Die verbruiker betaal dus minder in ʼn volmaakte mark en meer in ʼn
monopolistiese mark.
Uitset
Die monopolistiese mededinger produseer nie by die laagtepunt van die LGK
soos die volmaakte mededinger nie. Hulle is minder doeltreffend. Die
volmaakte mededinger produseer meer teen ʼn laer prys terwyl die
monopolistiese mededinger minder teen ʼn hoër prys produseer
Wins
Beide maak normale wins oor die langtermyn. Daarom is daar geen
verskil oor die langtermyn tussen die volmaakte mark en die monopolistiese
mark sovêr dit wins aanbetref nie. (8)
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING
Inleiding
ʼn Goeie begin sal wees om ʼn konsep of sleutelwoord wat in
die vraag verskyn te definieer.
Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
Moet nie in inleiding enige gedeelte van die vraag insluit nie.
Moet nie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud herhaal
nie. Maks. 2
Vermy in die inleiding om aan te dui wat jy in die inhoud gaan
bespreek.
Inhoud:
Hoofgedeelte: Bespreek in diepte/In diepte bespreking/
Maks. 26
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei
/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe
grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer Maks. 10
/Debatteer kortliks
Slot
Die slot in ʼn samevatting van die bespreking van die
onderwerp in die inhoud en moet beskou word as ʼn hoë vlak
respons.
Die slot kan in die vorm van eie opinie, voorbeelde om jou
bespreking te ondersteun of kontrasterende siening ten
opsigte van wat bespreek was, wees. Maks. 2
Geen aspek van die inleiding of inhoud moet in die slot
ingesluit word nie.
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V2 13
VRAAG 5: MIKRO EKONOMIE
Wanneer ʼn onderneming of industrie binne sy produksie moontlikheid kurwe
produseer, dan gebruik hulle nie hul hulpbronne doeltreffend nie.
Bespreek oorsake/redes vir markmislukkings. (26)
Gebruik ʼn grafiek en verduidelik hoe die regering in die ekonomie inmeng
deur maksimum pryse daar te stel. (10)
INLEIDING
Markmislukking vind plaas as die kragte van vraag en aanbod nie daarin slaag om
die hulpbronne doeltreffend toe te ken nie.
(Aanvaar enige toepaslike inleiding.) (2)
INHOUD
Eksternaliteite
Eksternaliteite is kostes wat nie ingesluit is by die prys van die goedere/dienste nie
en gevolglik is daar ʼn verskil tussen die private koste/voordele en die sosiale
koste/voordele van produksie.
Private koste: die produksiekoste van goedere en dienste wat oorgedra word na
die pryse wat verbruikers betaal. Dit word ook interne koste genoem.
Private voordele: Interne voordele word bestel op diegene wat goedere
produseer en dit koop, bv. vervaardiging van ʼn fiets (vir produsent) en
gebruik van die fiets (verbruiker).
Sosiale koste: dit is totale koste wat deur die gemeenskap as geheel gedra
word. Bv. die sosiale koste van elektrisiteit sluit in die koste van kapitaal,
arbeid, insette en die koste van die eksternaliteite soos vuil water en lug.
Sosiale koste = private koste plus eksterne koste.
Sosiale voordele: dit sluit in die totale voordeel wat deur die gemeenskap as
geheel ervaar word. Bv. munisipaliteite voorsien skoon water aan die
gemeenskap wat tot minder siektes lei.
Sosiale voordele = private voordele plus eksterne voordele
Negatiewe eksternaliteite: dinge soos besoedeling, tabak en alkohol. Die
kostes van negatiewe eksternaliteite word betaal deur die gemeenskap eerder as
deur die produsente. Bv. baie siektes hou verwant met rook. Die
behandeling van hierdie siektes word deur die gemeenskap betaal.
Negatiewe eksternaliteite word dikwels oor-produseer. Dit lei tot
markmislukking.
Positiewe eksternaliteite is die positiewe effekte van produkte op derde partye
waarvoor nie betaal word nie.
Positiewe eksternaliteite word onder-geproduseer. Dit lei tot markmislukking.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
Ontbrekende markte
Markte is onvolledig omdat dit nie aan die vraag na sekere goedere kan voldoen
nie.
Openbare goedere (gemeenskaps- en kollektiewe goedere) is hoog in aanvraag,
maar word nie deur die mark voorsien nie omdat dit ʼn lae wins realiseer en dit
hoe kostes verg om dit te verskaf.
Omdat private produsente nie hierdie goedere kan weerhou van nie-betalers nie,
is hulle huiwerig om hierdie goedere te verskaf.
Die regering voorsien dus hierdie goedere en dienste.
Openbare goedere
Dit sluit gemeenskaps- en kollektiewe goedere in en het twee kenmerke:
Nie-mededingend: Verbruik deur een persoon verminder nie die verbruik deur
ander individue nie, bv. ʼn lighuis.
Nie-uitsluitbaar: Verbruik kan nie beperk word tot diegene wat daarvoor betaal
nie (nie-betalers kan dit ook gebruik), bv. radio en televisie.
As toevoeging:
Sosiale voordele oortref private voordele: bv. gesondheidsorg en onderwys.
Nie-uitsluiting: Individue kan nie uitgesluit word uit die verbruik nie,
bv. straatligte.
Aaneenlopende verbruik, bv. verkeersligte.
Gemeenskapsgoedere
Hierdie is goedere soos weermag, polisiediens, korrektiewe dienste, straatligte,
vloedbeheer, stormwater pype en lighuise.
Kollektiewe goedere
Hierdie is goedere soos parke, strand geriewe, strate.
Markte is onvolledig en kan nie aan die vraag na hierdie goedere voldoen
nie.
Regering voorsien openbare goedere, wat bestaan uit:
Meriete en nie-meriete goedere
Meriete goedere: Hierdie is hoogs begeerbaar vir algemene welvaart, maar word
nie belangrik geag deur die mark nie, bv. gesondheidsorg, onderwys en
veiligheid. As mense ʼn markprys hiervoor moes betaal, sou baie min dit verbruik
het.
Die mark misluk omdat die mark minder produseer as wat aangevra word.
Nie-meriete goedere: Hierdie is oor-verbruikte goedere, bv. sigarette, alkohol en
dwelms. Daarom word meer van hierdie goedere geproduseer as wat sosiaal
aanvaarbaar is.
Die regering verban of verminder verbruik van hierdie produkte deur belasting en
verskaf inligting aan die bevolking oor die skadelike gevolge daarvan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V2 15
Onvolmaakte mededinging
Meeste besighede word bedryf onder toestande van onvolmaakte markte.
wat hulle toelaat om uitset te beperk, pryse te verhoog en te produseer waar prys
hoër as marginale koste is.
Hulle kan nuwe besighede verhoed om tot die industrie toe te tree.
Dit lei tot die voorkoming van volledige aanpassings by die verbruikers vraag.
Gebrek aan inligting
Verbruikers, werkers en entrepreneurs het nie altyd die nodige inligting tot hul
beskikking om besluite te neem nie.
Produsente en verbruikers benodig volledige inligting om besluite te neem sodat
die mark doeltreffend kan funksioneer.
Foutiewe inligting lei daartoe dat verkeerde besluite gemaak word oor wat, hoe
en vir wie geproduseer word. Dit lei tot vermorsing van hulpbronne.
Advertensies lei ook tot verkeerde besluitneming, gebaseer op vals inligting.
Onbeweeglikheid van produksiefaktore
Dit mag moeilik vir markte wees om te reageer op veranderinge in verbruikers
vraag, omdat produksiefaktore nie maklik kan reageer en rondbeweeg word
nie.
Hulpbronne neig om nie baie beweeglik te wees nie, daarom pas meeste markte
nie vinnig aan by verandering in aanbod en vraag nie.
Arbeid mag tyd in beslag neem om van een werk na ʼn ander te beweeg of van
een plek na ʼn ander en dieselfde is waar vir fisiese kapitaal.
Onvolmaakte verspreiding van inkome en rykdom
Vrye markte neig om ongelyke verdeling van inkome en rykdom te skep,
sommige deelnemers word beter vergoed as andere.
Dit word veroorsaak deur:
o ʼn Verskil in markkrag
o Die oorspronklike verspreiding van rykdom
o Ongelyke toegang tot markte en onderwys geleenthede
o Diskriminasie
(Maks 8 punte vir sub-opskrifte; 18 punte vir bespreking) (26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Stel van maksimum pryse/prysplafonne
Die regering stel ʼn maksimum prys plafon laer as die markprys om goedere
meer bekostigbaar te maak.
Maksimum pryse verleen groter toegang aan armes tot sekere goedere en
dienste.
ʼn Maksimum prys word gestel op goedere soos basies voedselsoorte,
behuising en vervoer.
In Suid-Afrika word die prys van petrol, diesel en paraffien beheer teen hulle
maksimum pryse.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
Prys
V A
P1
P2
maksimum prys
A tekort V
0
H2 H H1 Hoeveelheid
(Grafiek = 6 punte)
Aanvanklik is die mark ewewigsprys P1 en ewewig hoeveelheid H.
Die regering meng in en stel ʼn wet in dat melk nie vir meer as P1 verkoop mag
word nie.
Die effek van hierdie maksimum prys is dat hoeveelheid aangebied daal tot H1
en hoeveelheid gevra styg tot H2.
Daar is ʼn tekort aan melk wat gelyk is aan die verskil tussen H1 en H2.
ʼn Tekort skep ʼn probleem van hoe die melk aan verbruikers toegeken moet
word.
Swartmarkte kom dikwels tot stand waar mense melk kan koop. ʼn Swartmark is ʼn
onwettige mark waar onwettige goedere gekoop en verkoop kan word of
onwettige pryse gehef kan word.
Maksimum pryse mag ʼn tekort aan goedere veroorsaak, maar hulle verhoog die
welvaart van sommige verbruikers omdat goedere teen laer produkte aangekoop
kan word. (Enige 4) (10)
SLOT
Enige toepaslike hoër orde slot wat die volgende behoort in te sluit:
ʼn Opsomming oor wat bespreek is sonder om reeds genoemde feite te herhaal/
ʼn Opinie of gewaardeerde beoordeling van die bespreekte feite/
Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking te versterk/
ʼn Uitkyk wat in teenstelling met die motivering is.
Aanbeveling
Bv. In hulle betrokkenheid by markmislukkings, kan die regering gebruik maak van
belastings en subsidies om die mark te beïnvloed. Dit kan ook produksie of verbruik
van die uitsette reguleer. (2)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V2 17
VRAAG 6
Suid-Afrika is ʼn pragtige land met kontrasterende landskappe, wat eie is aan
Afrika. Suid-Afrika het ʼn belangrike toerisme bestemming geword as gevolg
van sy ryk politieke geskiedenis.
Bespreek oorsake/redes vir markmislukkings.
Gebruik ʼn grafiek en verduidelik hoe die regering in die ekonomie inmeng
deur maksimum pryse daar te stel.
INLEIDING
Die toerisme sektor is een van die dienste sektore in Suid-Afrika wat baie gegroei
het. Dit is een van die grootste genereerders van inkome en het ʼn krag geword
waarmee rekening gehou moet word. Vir Suid-Afrika is die gevolge van toerisme
positief en negatief.
INHOUD
Bewaring van kultuur en erfenis
Toerisme, veral plattelandse en kulturele toerisme dra by tot die bewaring van
inheemse kennisstelsels.
Inheemse kennis verwys na die kennis wat aan ʼn spesifieke etniese groep,
kultuur of gemeenskap behoort.
Dit vorm die basis van plaaslike vlak besluitneming in landbou, gesondheidsorg,
voorbereiding van voedsel, onderwys, natuurlike hulpbron bestuur en baie ander
aktiwiteite in plattelandse gemeenskappe.
Vestiging van die karakter van ons gemeenskap
As buitelandse besoekers aan ons land ʼn aangename ondervinding het, kan dit
bydra tot die versterking van internasionale verhoudinge en die bou van sosio-
ekonomies en politieke netwerke wat die land in die toekoms mag
bevoordeel.
Investering in toerisme is ook ʼn investering in die beeld van ons land. ʼn Land
met ʼn positiewe beeld vind makliker veilige beleggings.
Bydrae tot BBP
Toerisme is ʼn groot bydraer tot BBP.
Internasionale toerisme is beïnvloed deur die globale ekonomiese krisis in 2007,
maar dit is bewys as die mees aanpasbare sektor in die ekonomie.
Ten spyte van ʼn daling van 4,8% in 2009, het dit weer in 2010 met byna 7%
gestyg.
Daarom het toerisme die potensiaal om die ekonomie uit die ekonomiese slaap
te wek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 EKONOMIE V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
Impak op omgewing
Toerisme behels vervoer, wat ʼn hoof bydraer tot besoedeling is.
Toeriste behoort vervoer te word in die mees omgewingsvriendelike manier,
terwyl dit nog steeds gerieflik moet wees.
Toeriste wat geïnteresseerd is in ʼn meer outentieke kulturele ervaring, mag
verkies om ander vorm van vervoer te gebruik, bv. perde, fietsry, kanovaarte,
ens.
Impak op infrastruktuur
ʼn Hoë aantal toeriste kan druk plaas op die bestaande infrastruktuur.
Sanitasie, elektrisiteit, dienste, paaie en spoorweë mag onvoldoende wees en nie
voorsien in die behoeftes van die plaaslike mense asook die toeriste nie, hierdie
dienste kan opgradeer en vermeerder word as dit geglo word dat dit sal lei tot
verhoogde toerisme.
Die addisionele inkome wat deur die toerisme industrie geskep word, kan hierdie
opgraderings finansier.
Voor die 2010 FIFA wêreld beker, het die Nasionale Tesourie, R574,9 miljoen
toegeken om Suid-Afrikaanse Nasionale Parke se infrastruktuur te ontwikkel en
geriewe te verbeter by die land se natuurreservate.
(Maks 5 vir sub-opskrifte; 21 punte vir bespreking) (26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Voorstelle ter bevordering van plattelandse toerisme
Vestig die ekonomiese vatbaarheid van ʼn spesifieke projek in ʼn plattelandse
gebied, nadat dit bevestig is, sal die ontwikkeling van so ʼn projek lei tot die
volgende integrerende benadering:
Die samewerking van die plaaslike bevolking moet verkry word.
Plaaslike mense moet die voordele van die toerisme projek verstaan,
asook die pogings wat dit gaan vereis en die gevolge.
Die plaaslike gemeenskappe moet instem tot hierdie projekte voordat dit
aangepak word.
Produkte en dienste wat geskep word moet gepas wees vir die spesifieke
gebied. Wanneer dienste ontwikkel word, behoort dit die doelwitte te
bereik betreffende armoede verligting, herverdeling van inkome, ens.
Toegang tot befondsing moet so georganiseer word dat mense wat in die
plattelandse gebiede woon, voordeel moet trek daaruit, indien hulle idees
het waarin toeriste kan belangstel.
Mense in die plattelandse gebiede behoort onderrig en opgelei te word al
is hulle nie betrokke by toerisme self nie, want hulle gedrag sal toeriste
beïnvloed.
ʼn Bemarkingspoging moet ontwikkel word om die hele gemeenskap
bewus te maak van die einddoel.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V2 19
SLOT
Enige toepaslike hoër orde slot wat die volgende behoort in te sluit:
ʼn opsomming oor wat bespreek is sonder om reeds genoemde feite te herhaal /
ʼn opinie of gewaardeerde beoordeling van die bespreekte feite /
addisionele ondersteunende inligting om die bespreking te versterk /
ʼn uitkyk wat in teenstelling met die motivering is.
Aanbeveling
Bv. Toerisme het baie gevorder in Suid-Afrika, maar daar is nog ruimte vir
verbetering. Nog meer moet gedoen word, verval in die bemarking van die
plattelandse bestemmings, plaaslik en wêreldwyd, want hulle het baie
potensiaal. (2)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 Memo (Afr)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Paper_hlayiso.com_--14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679/v1-7a5a15ad65c47c648255/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Economics

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Free State Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P2 Mpumalanga Mock 2025 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Afr)

Question paper