Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
EKONOMIE V2
PUNTE: 150
TYD: 2 ure
*ECONA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers %202015%20Preparatory%20Examination%20Paper_hlayiso.com_--14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679/v1-7a5a15ad65c47c648255/card.webp)





View all

_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)



Economics Grade 12 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)
Grade 12 Economics question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 643.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2015
- Paper 1Question paperMemo
- Paper 2Question paperMemo
- Other filesQuestion paperQuestion paper (2)MemoMemo (2)
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 EKONOMIE V2 (OK/SEPTEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Beantwoord VIER vrae as volg:
AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae
AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae
2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
nagesien word nie.
3. Beantwoord vrae in vol sinne en die uitleg, inhoud en konteks van jou
antwoorde moet voldoen aan die kognitiewe vereistes van die vrae.
4. Nommer die vrae korrek volgens die nommering stelsel wat in die vraestel
gebruik word.
5. Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.
6. Lees AL die vrae sorgvuldig deur.
7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
8. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae.
9. Gebruik slegs swart of blou ink.
10. Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V2 3
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
gegee. Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–C)
langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 ʼn Individuele onderneming sal altyd produseer waar ...
A MI = GI.
B MI = GK.
C MK = MI.
1.1.2 Die volgende is ʼn voorbeeld van ʼn oligopolie.
A Johannesburg Sekuriteitebeurs
B Suid-Afrikaanse Brouerye
C Suid-Afrikaanse Lugdiens
1.1.3 ʼn Monopolisties mededingende besigheid produseer ... produkte.
A homogene en gedifferensieerde
B gedifferensieerde
C homogene
1.1.4 Die PPI bestaan uit ʼn mandjie ... goedere.
A plattelandse, stedelike en agri-plattelandse
B primêre, sekondêre en tersiêre
C plaaslike, uitgevoerde en ingevoerde
1.1.5 Watter EEN van die volgende instellings is verantwoordelik vir
ekonomiese groei deur toerisme?
A Nywerheidsontwikkelingkorporasie
B SA Raad vir Toerisme besigheid
C Departement van Handel en Nywerheid
1.1.6 Die volgende is nie ʼn voorbeeld van na negatiewe eksternaliteit
nie.
A Skoon lug
B Giftige water
C Departement van Handel en Nywerheid
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 EKONOMIE V2 (OK/SEPTEMBER 2015)
1.1.7 Om ʼn spesie in sy natuurlike vorm te bewaar, word na verwys as …
A bewaring.
B preservering.
C degradering.
1.1.8 Die huidige minister aan Suid-Afrika se toerisme toevertrou is, is ...
A Mnr. Fikile Mbalula.
B Mev. Angie Motsega.
C Mnr. Derek Hanekom. (8 x 2) (16)
1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B by ʼn begrip in KOLOM A wat pas. Skryf slegs
die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Ekonomiese A Waar kostes presies gelyk is aan inkome
verlies
1.2.2 SEB B ʼn Verkoper kan die markprys verander deur
die hoeveelheid aangebied te verander
1.2.3 Produsente prys C Regstellings metode wat gebruik word vir
indeks herverdeling van inkome
1.2.4 Markkrag D Mense van oorsee, wat natuur gebiede soos
die Drakensberge besoek
1.2.5 Vraagtrek inflasie E Wanneer verskillende pryse gehef word vir
dieselfde produk vir verskillende groepe
1.2.6 Eko-toerisme F Die gemiddelde koste van besigheid is meer
as die markprys
1.2.7 Gelykbreekpunt G Wanneer verbruikers meer vra as wat
produsente kan aanbied
1.2.8 Prys diskriminasie H Meet veranderinge in pryse van
vervaardigde goedere voordat dit aan
verbruikers verkoop word
I Die lewenskoste vir huishoudings in ʼn
spesifieke tydsperiode
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V2 5
1.3 Gee die korrekte begrip vir elk van die volgende frases.
1.3.1 ʼn Sistematiese proses om die voordele en kostes van ʼn projek te
bereken en te vergelyk
1.3.2 Besoedeling van die omgewing deur chemiese en ander gasse
1.3.3 Die periode waartydens ten minste een produksiefaktor vas is
1.3.4 Die pryse van ʼn wye reeks goedere en dienste daal aanhoudend
oor ʼn uitgebreide periode
1.3.5 Die stelsel van plaaslike kennis wat uniek is aan ’n kultuur of
gemeenskap
1.3.6 Die positief hellende gedeelte van die marginale koste kurwe in ʼn
volmaak mededingende onderneming (6 x 1) (6)
TOTAAL AFDELING A: 30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 EKONOMIE V2 (OK/SEPTEMBER 2015)
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE
2.1 Beantwoord die volgende vrae.
2.1.1 Noem TWEE soorte ekonomiese kostes. (2 x 1) (2)
2.1.2 Wat is die doel van patentregte by monopolieë? (1 x 2) (2)
2.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.
Prys INDUSTRIE Prys INDIVIDUELE ONDERNEMING
MK GK
V A
E
E₂
P MI/GI/VV
P
P₂
F
A V
0 H Hoeveelheid 0 H Hoeveelheid
2.2.1 Identifiseer die wins maksimerende punt (byskrif) van die
individuele onderneming. (1)
2.2.2 By watter punt of byskrif sal die industrie in ewewig wees? (1)
2.2.3 Verduidelik die begrip prysnemer. (2)
2.2.4 Identifiseer of die individu ʼn ekonomiese wins of verlies ly en skryf
die area van dié wins/verlies neer. (2)
2.2.5 Verduidelik die helling van die vraagkurwe van die individuele
onderneming. (4)
[10]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V2 7
2.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
OLIGOPOLIE – COCA-COLA EN PEPSI
Coca-Cola en Pepsi is in ʼn oligopolie mark.
Hulle verkoop ʼn homogene produk sodat
hulle beheer oor die prys kan hê. Hulle sal
hulle optrede oorweeg wanneer hulle die
prys van hulle produkte wil verander.
Gewoonlik sal beide firmas gelyktydig ʼn
lae-prys strategie gebruik om hul
markaandeel te maksimeer. Veral wanneer
die somervakansie aanbreek, sal beide
firmas gebruik maak van ‘keel-afsny prys
mededinging’, om verkope te verhoog.
[Bron: http://cokevspepsi.net]
2.3.1 Definieer die begrip oligopolie. (2)
2.3.2 Watter boodskap word deur bostaande prentjie oorgedra? (2)
2.3.3 Wat word bedoel met keel-afsny prysmededinging in die uittreksel? (2)
2.3.4 Verduidelik kortliks maniere hoe Coca-Cola en Pepsi groter
markaandeel kan bekom. (2 x 2) (4)
2.4 Verduidelik kortliks die rol wat die Mededingingskommissie en die
Mededingingstribunaal speel. (2 x 4) (8)
2.5 Verduidelik die helling van die vraagkurwe, in ʼn monopolie mark, met
behulp van ʼn vraagskedule (tabel). (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 EKONOMIE V2 (OK/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 3: KONTEMPORȆRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1 Beantwoord die volgende vrae.
3.1.1 Lys enige TWEE redes vir die afname in biodiversiteit. (2)
3.1.2 Hoe kan groenbelasting ʼn meer volhoubare omgewing teweegbring?
(1 x 2) (2)
3.2 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.
INFLASIE
Pen inflasie vas
[Bron: www.inkcincnt.co.au]
3.2.1 Wat is die inflasiekoers-teiken in Suid-Afrika? (2)
3.2.2 Verduidelik die begrip inflasie. (2)
3.2.3 Wat beteken ‘pen inflasie vas’? (2)
3.2.4 Hoe kan rentekoerse gebruik word om inflasie vas te pen? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V2 9
3.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.
MOTORBAND-HERWINNING NEEM IN AANVANG OP DIE PAD NA
OMGEWINGS VOLHOUBAARHEID
ʼn Vyf-jaar inisiatief om ʼn volhoubare industrie te skep vir die herwinning van
miljoene motorbande wat jaarliks geskrap word, maak vordering en lok
internasionale belangstelling.
Skattings oor die aantal weggegooide bande wat regoor Suid-Afrika rondlê,
wissel tussen 60 miljoen en 100 miljoen. Nog so 11 miljoen word jaarliks tot
die totaal bygevoeg soos wat voertuig eienaars elke jaar nuwe bande koop.
Baie van die ou bande eindig op vullishope, terwyl ander verbrand word vir
hitte of net iewers rondlê.
In reaksie op wat die Departement van Omgewingsake as ʼn ernstige
gesondheidsgevaar beskou, asook die gevaar wat dit vir die omgewing
inhou, het hulle twee jaar gelede gelas dat die bande industrie in Suid-
Afrika eerste behoort te wees om ʼn nywerheidsafval bestuursplan te
ontwikkel.
Die plan vertrou op onafhanklike vervoerders soos Redisa om ou bande na
streek opgaar depots te vervoer, van waar dit aangestuur word na
herwinners. Redisa is ʼn nie-winsgewende maatskappy wat befonds word
deur heffings in die bande bedryf en hulle doen aan die Departement van
Omgewingsake verslag.
Daar word gesê dat materiale wat van die herwinningsproses verkry word,
deur verskillende nywerhede gebruik word. Die staal inhoud gaan na die
metaal sektor, terwyl die rubber weer gebruik word in die maak van
tuinslange, rubberseëls, vloermatte en selfs bitumen vir pad oppervlaktes.
[Aangepas uit Business Day, 18 Augustus 2014]
3.3.1 Definieer omgewingsvolhoubaarheid. (2)
3.3.2 Identifiseer, met stellings uit die uittreksel, enige TWEE soorte
besoedeling wat deur geskrapte motorbande veroorsaak word.
Gee jou antwoord soos volg weer:
Stelling Soort besoedeling
(4 x 1) (4)
3.3.3 Waarom is herwinning na jou mening so belangrik? (2 x 2) (4)
3.4 Verduidelik die invloed wat inflasie op debiteure en krediteure sal hê. (2 x 4) (8)
3.5 Ondersoek TWEE strategieë van regerings inmenging ten einde
omgewingsvolhoubaarheid te verseker. (2 x 4) (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 EKONOMIE V2 (OK/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 4: MIKRO EKONOMIE EN KONTEMPORȆRE EKONOMIESE
KWESSIES 40 PUNTE – 30 MINUTE
4.1 Beantwoord die volgende vrae.
4.1.1 Noem enige TWEE internasionale ooreenkomste oor
omgewingsvolhoubaarheid. (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe sal minimum lone ongelykhede in Suid-Afrika verminder?
(1 x 2) (2)
4.2 Bestudeer die onderstaande foto en beantwoord die vrae wat volg.
’N ROBBENEILAND ONDERVINDING SOOS GEEN ANDER
[Bron: http://www,mtnblog.co.za]
4.2.1 Naby watter stad is Robbeneiland geleë? (1)
4.2.2 Robbeneiland word as ʼn ... gebied geklassifiseer. (1)
4.2.3 Hoekom word Robbeneiland as ʼn ‘ondervinding soos geen ander
gekenmerk’? (4)
4.2.4 Verduidelik enige TWEE maniere hoe toerisme bevorder kan word. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V2 11
4.3 Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.
… LEEF OP GELEENDE GELD – EN TYD
Suid-Afrika se energie monopolie het aangekondig dat hulle meer wil vra vir
elektrisiteit – maar wat hulle regtig doen, is om oorbelaaide
belastingbetalers en verbruikers sovêr te kry om vir die maatskappy se
uitbreidingsplan te betaal. In die proses wil dit voorkom asof hulle ʼn
omgewing skep waarin elektrisiteit so duur gaan raak dat groot verbruikers
van energie nie hier sake wil doen nie.
[Bron: www.dailymaverick.co.za]
4.3.1 Identifiseer die maatskappy wat hierbo voorgestel word. (1)
4.3.2 Noem EEN van die nuwe kragstasies wat onder konstruksie is. (1)
4.3.3 Omskryf enige moontlike gevolge van die toename in elektrisiteit
pryse. (2)
4.3.4 Verduidelik die ‘uniekheid van ʼn produk ‘as ʼn kenmerk van ʼn
monopolie. (2)
4.3.5 Verduidelik hoekom die monopolie nywerheid as ondoeltreffend
beskou word. (4)
4.4 Verduidelik enige TWEE maniere hoe huishoudings voordeel kan trek uit
toerisme. (2 x 4) (8)
4.5 Vergelyk ʼn volmaakte mark met ʼn monopolistiese mark in terme van prys,
uitset en wins. (2 x 4) (8)
[40]
TOTAAL AFDELING B: 80
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 EKONOMIE V2 (OK/SEPTEMBER 2015)
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal as volg geassesseer word.
STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTE-
TOEKENNING
Inleiding
ʼn Goeie begin sal wees om ʼn konsep of sleutelwoord wat in die
vraag verskyn te definieer.
Sluit ander sinne in om die onderwerp te ondersteun.
Moet nie in inleiding enige gedeelte van die vraag insluit nie.
Moet nie enige gedeelte van die inleiding in die inhoud herhaal
nie. Maks. 2
Vermy in die inleiding om aan te dui wat jy in die inhoud gaan
bespreek.
Inhoud:
Hoofgedeelte: Bespreek in diepte/In diepte bespreking/
Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/ Maks. 26
Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie opinie/Bespreek krities/
Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/ Gebruik die
gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei
af/Vergelyk/Verduidelik/ Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks Maks. 10
Slot
Die slot in ʼn samevatting van die bespreking van die onderwerp
in die inhoud en moet beskou word as ʼn hoë vlak respons.
Die slot kan in die vorm van eie opinie, voorbeelde om jou
bespreking te ondersteun of kontrasterende siening ten opsigte
van wat bespreek was, wees.
Geen aspek van die inleiding of inhoud moet in die slot ingesluit
word nie. Maks. 2
TOTAAL 40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) EKONOMIE V2 13
VRAAG 5: MIKRO EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Wanneer ʼn onderneming of industrie binne sy produksie moontlikheid kurwe
produseer, dan gebruik hulle nie hul hulpbronne doeltreffend nie.
Bespreek oorsake/redes vir markmislukkings. (26)
Gebruik ʼn grafiek en verduidelik hoe die regering in die ekonomie inmeng
deur maksimum pryse daar te stel. (10)
[40]
VRAAG 6: KONTEMPORȆRE EKONOMIESE KWESSIES
40 PUNTE – 40 MINUTE
Suid-Afrika is ʼn pragtige land met kontrasterende landskappe, wat eie is aan
Afrika. Suid-Afrika het ʼn belangrike toerisme bestemming geword as gevolg van
sy ryk politieke geskiedenis.
Bespreek die gevolge van toerisme. (26)
Stel manier voor van hoe toerisme in landelike gebiede bevorder kan word. (10)
[40]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
%202015%20Preparatory%20Examination%20Paper_hlayiso.com_--14747984-6602-4d68-a89a-339c7ef58679/v1-7a5a15ad65c47c648255/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2015 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afr)
More from Grade 12 Economics

Memorandum
Economics Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--cb8af277-aab9-4fba-8e76-5924dcaf1941/v1-2f8e9b7acbc676448fd6/card.webp)
Question paper
Economics Grade 12 Eastern Cape June 2024 Question Paper

Question paper
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper