Skip to content

Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 Addendum (Afr)

AddendumGeographyGrade 12202011 pages

Grade 12 Geography Paper 1 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 11 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2020 GEOGRAFIE V1 BYLAAG Hierdie bylaag bestaan uit 11 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/SEPTEMBER 2020) FIGUUR 1.1: VALLEIWINDE [Bron: pinterest.com] FIGUUR 1.3: IMPAK VAN TROPIESE SIKLOON OP KUSSTREKE [Bron: noaantic.wordpress] [Bron: the conversation.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 3 FIGUUR 1.4: LYNDONDERSTORMS [Bron: twitter.com] FIGUUR 1.5: RIVIER-VERJONGING [Bron: coolgeography.co.uk] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/SEPTEMBER 2020) FIGUUR 1.6: RIVIER-AFVOER [Bron: fiden-2phys.vef.edu] [Bron: sharetechnote.com] FIGUUR 2.2: RIVIERPROFIEL [Bron: geoforcexc.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 5 FIGUUR 2.3: MIDDELBREEDTE-SIKLONE DIE KOUEFRONT SAL NA VERWAGTING 'N KOMBERS VAN SNEEU BRING Vrydag word ʼn koue front wat die broodnodige reënverligting in die Wes-Kaap gaan bring, verwag. Die kouefront word veroorsaak deur ʼn sterk middelbreedte-sikloon wat Maandag fronte na die suid-westelike distrikte sal bring. Dit sal lei tot maksimum binnelandse temperature wat wissel van 2 tot 10 grade Celsius. Die kouefronte sal na verwagting swaar reënval en sneeu veroorsaak. Volgens Snow Report South Africa, ʼn gemeenskapsorganisasie in KwaZulu-Natal, moet ons sneeu oor die hele land verwag, soos die kouefront van die weskus tot by die ooskus beweeg. ‘Teen Sondagaand moet ons sneeuval oor die pieke van die meerderheid van die Kaapse berge verwag,’ sê SRSA op hul Facebook-bladsy. ‘Ons kan ook hierdie keer waarneem dat sneeu KZN binnedring‚ met [sneeuval] wat vir Underberg, Mooirivier‚ Rosetta en Impendle voorspel is.’ Daar word ook verwag dat gebiede in die Noord-Kaap sneeu sal ontvang, en soos die kouefront na die ooste beweeg, sal die Oos-Kaap, volgens die verslag sy verwagte deel van die sneeuval ontvang. [Vryvertaal en aangepas uit www.goexpress.co.za] FIGUUR 2.4: VERSKILLE TUSSEN LANDELIKE EN STEDELIKE KLIMAAT [Bron: weatherstreet.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/SEPTEMBER 2020) FIGUUR 2.5: FLUVIALE LANDVORME [Bron: revisionworld.com.com] FIGUUR 2.6: DREINERINGSDIGTHEID [Bron: sageography.co.za] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 7 1 FIGUUR 3.3: STEDELIKE NEDERSETTINGS KWESSIES: STEDELIKE VERVAL [Bron: opinionfront.com] FIGUUR 3.4: VERSTEDELIKING VAN DIE WÊRELDBEVOLKING KORONAVIRUS ONTHUL DIE NADELE VAN VERSTEDELIKING Die meedoënlose optog van verstedeliking oor die hele wêreld kom lankal aan. Die Verenigde Nasies het beraam dat die helfte van die wêreld se bevolking in 2009 vir die eerste keer in die mensegeskiedenis in stedelike gebiede gewoon het. Meer as 4 miljard mense woon deesdae in stede, ses keer meer as in 1950. In 2000 was daar 371 stede van ʼn miljoen of meer mense in die wêreld; wêreldwye neigings gaan verder as wat jy sou verwag bloot as ʼn natuurlike uitkoms van stedelike groei. Daar is ongetwyfeld voordele in stadslewe. Om ʼn groot aantal mense in klein gebiede te konsentreer, beteken ʼn groter arbeidsmag met uiteenlopende vaardighede, makliker toegang tot massavervoer, openbare dienste en kulturele instellings, soos museums en sportspanne. Selfs die dinge waarmee ons tuis kan bly – van internetdiens tot kruideniersware en wegneemete-afleweringsdienste – is makliker in stede te kry. Daardie dinamika (proses van verandering) verklaar baie van die redes waarom verstedeliking 'n jarelange wêreldverskynsel is. Maar die donker kant van verstedeliking het altyd aansteeklike siektes ingesluit. Mense het nie ontwikkel om so naby mekaar te woon nie. Siekte is by verre nie die enigste risiko om mense en kritieke instellings in oorvol ruimtes te konsentreer nie. [Vryvertaal en aangepas uit www.national review.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/SEPTEMBER 2020) FIGUUR 3.5: INFOGRAFIEK OOR GOUDMYNBOU [Bron: enwikipedia.com] Stygende arbeid- en energiekoste plaas die finansiële prestasie van Suid-Afrikaanse goudmyne onder druk, maar die oplossing kan gevind word deur die aanvaarding van digitale tegnologieë. Die meeste van hierdie nuwe tegnologiese-oplossings handel oor outomatisering, vergemaklik deur die samevoeging van veelvuldige tegnologieë, van kunsmatige intelligensie tot robotika. Deur outomatisering te implementeer, kan operateurs ondergrondse werkers veilig hou, en dit sal ʼn al groter noodsaaklikheid word as goudmynwerkers deur internasionale kapitaal toenemend belê moet word. Hierdie toenemende klem op die veiligheid van die arbeidsmag en myne motiveer die ontwikkeling van die mynbou-outomatiseringsmark. Vroeër het die ou tegnieke van verkenning en boor die veiligheid van mynwerkers in gedrang gebring. [Vryvertaal uit artikel in miningreview.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 9 FIGUUR 3.6: STRATEGIEË VIR INDUSTRIËLE ONTWIKKELING – RICHARDSBAAI GROOT PALMOLIE RAFFINADERY GEREED OM TE BEGIN 6 Julie, 2019 Die Richardsbaai-ontwikkelingsone en die stad uMhlathuze is geprys vir die weg wat gebaan is vir die oprigting van ʼn R1,3 miljard palmolieraffinadery. ʼn Groot palmplantasie-onderneming is betrokke wat ook besighede in Indonesië, Oos- Maleisië en sommige dele van Afrika het. ‘Ons wens die ontwikkelingsone en die uMhlathuze-munisipaliteit geluk in hulle samewerking om hierdie projek moontlik te maak. Hierdie belegging sal die plaaslike gemeenskappe baie bevoordeel en sal werksgeleenthede verskaf’, het premier Zikalala gesê. Zikalala het gesê met hiérdie en ander projekte in die pyplyn lyk dit asof die ontwikkelingsone meer as R11,5 miljard aan beleggings gaan lok. Die maatskappy het reeds ses chemiese ingenieurs van regoor die provinsie gewerf, waaronder eSikhaleni, wat opgelei word vir 'n tweejaarprogram by hul bedryfsaanlegte regoor die wêreld. ‘Na voltooiing van hul opleiding, sal hulle hul vaardighede by die Richardsbaai-aanleg oordra sodra dit in werking is,’ sê die belanghebbende en kommunikasiebestuurder van die ontwikkelingsone, Choice Sihiya. Sihiya het gesê, gegewe die omvang van die projek, sal daar massa werkskepping in die konstruksie- en bedryfsfases plaasvind. 'Ons is vol vertroue in poste binne die waardeketting vir ons klein, medium en mikro-grootte ondernemings (KMMO’s).’ ‘Die potensiaal om grondstowwe te lewer en selfs om plaaslike produkte te gebruik om te produseer, is binne bereik. Dit sluit in kookolie, margarien, seep, skoonmaakmiddels, liggaamsroom, skoonheidsroom, koffie, sjokolade, roomys en vele ander.’ [Vryvertaal uit zululandobserver.co.za] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) (EC/SEPTEMBER 2020) FIGUUR 4.3: LANDELIKE ONTVOLKING [Bron: proxectorsymbols.es] FIGUUR 4.4: ’N STEDELIKE GRONDGEBRUIKSONE [Bron: wikipedia.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 (BYLAAG) 11 FIGUUR 4.5: SUID-AFRIKA SE INFORMELE SEKTOR Suid-Afrika het ʼn werkskrisis. In die vierde kwartaal van 2019 was 6,14 miljoen mense werkloos, ʼn werkloosheidsyfer van 27,1%, wat een van die hoogste koerse ter wêreld is, saam met lande in sub-Sahara Afrika soos Lesotho, Mosambiek en Namibië. Daar is twee denkrigtings oor die rol en waarde van die informele sektor van ʼn land. Sommige argumenteer dat dit ʼn belangrike alternatief vir die beperkte geleenthede in die formele sektor is; ʼn oorlewingstrategie waarmee diegene sonder veel formele opleiding kan werk en geld verdien. Daarbenewens, meen ander, is die informele sektor ook ʼn belangrike geleentheid vir entrepreneurs. Maar daar is sommiges wat nie saamstem nie en meen dat indiensneming in die informele sektor geneig is om swak betaald en onstabiel te wees. Slegs 20% van die werknemers in die informele sektor word permanent aangestel, in vergelyking met 70% van die werknemers in die formele sektor. Daar is min bekend oor hoeveel mense tussen die twee sektore heen beweeg, ʼn verskynsel genaamd ‘churning’. Om hierdie kennisgaping aan te spreek is om verskillende redes belangrik. Dit sluit in die feit dat informele werkers moontlik ʼn tydjie in die formele sektor deurbring, waardevolle vaardighede en werkservaring opdoen om hul kanse op formele indiensneming te verhoog, met die hoop dat hulle uiteindelik permanent in die formele sektor gaan aanbly, wat goeie nuus sal wees. Omgekeerd, die vraag of daar ʼn hoë koers van oorgang van die formele na die informele sektor is, is kommerwekkend omdat dit dui op hoë afdankingsyfers en minder formele werksgeleenthede. [Vryvertaal en aangepas uit www.forbesafrica.com] FIGUUR 4.6: SUID-AFRIKA SE KERN INDUSTRIËLE STREKE [Bron: slideplayer.com] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all