Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2020
GEOGRAFIE V1
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 

%202020%20Preparatory%20Addendum_hlayiso.com_--508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a/v1-46dc3ffd82c74a6c4407/card.webp)



View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)


%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)


Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 228.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2020
Questions in this paper
- Question 1.1Climate and weather7 marks
- Question 1.2Geomorphology8 marks
- Question 1.3Climate and weather15 marks
- Question 1.4Climate and weather15 marks
- Question 1.5Geomorphology15 marks
- Question 1.6Geomorphology15 marks
Show all 24 questions
- Question 2.1Climate and weather8 marks
- Question 2.2Geomorphology
- Question 2.3Climate and weather15 marks
- Question 2.4Climate and weather15 marks
- Question 2.5Geomorphology15 marks
- Question 2.6Geomorphology15 marks
- Question 3.1Rural and urban settlements8 marks
- Question 3.2Economic geography of South Africa7 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements15 marks
- Question 3.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa15 marks
- Question 3.6Economic geography of South Africa15 marks
- Question 4.1Rural and urban settlements7 marks
- Question 4.2Economic geography of South Africa8 marks
- Question 4.3Rural and urban settlements15 marks
- Question 4.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 4.5Economic geography of South Africa15 marks
- Question 4.6Economic geography of South Africa15 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.
2. Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit.
4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel
gebruik word.
5. Los ʼn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word.
6. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
7. Moet NIE in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme waar nodig.
9. Die puntetoekenning is soos volg: (2 x 1) (2) beteken dat TWEE feite vereis
word vir EEN punt elk.
(2 x 2) (4) beteken dat TWEE feite vereis
word vir TWEE punte elk
10. Wanneer woorde/aksie werkwoorde soos noem, identifiseer, verskaf,
klassifiseer in ʼn vraag gebruik word, is EENWOORD antwoorde
aanvaarbaar.
Wanneer woorde/aksie werkwoorde soos bespreek, definieer, verduidelik,
lewer kommentaar, evalueer, regverdig, stel voor en staaf in ʼn vraag
gebruik word, word VOLSINNE of frases verwag.
Alle paragraaftipe vrae moet in VOLSINNE beantwoord word.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 3
AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1
1.1 Verwys na FIGUUR 1.1 wat winde wat met valleiklimate geassosieer word,
toon. Pas die onderstaande stellings by ʼn tipe wind (A of B). Skryf slegs die
letter langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.7) in jou ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 Kan ook as ʼn helling stygende wind beskryf word
1.1.2 Word met die vorming van rypholtes geassosieer
1.1.3 Dra rook wat deur industrieë vrygestel word, na die boonste deel van
die atmosfeer
1.1.4 Vang besoedelde stowwe vas en veroorsaak rookmis
1.1.5 Waai gedurende die dag
1.1.6 Hierdie wind het ʼn negatiewe impak op nedersettings op die
valleivloer
1.1.7 Kan ook as ʼn helling afwaartse wind beskryf word (7 x 1) (7)
1.2 Kies ʼn term uit KOLOM B wat by die geomorfologiese beskrywing in KOLOM
A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Gebied wat deur ʼn rivier en sy sytakke A waterskeiding
gedek word
1.2.2 Boonste vlak van grondwater B episodies
1.2.3 Area vanwaar ʼn rivier sy water trek C tralie
1.2.4 Riviere wat slegs na swaar reënval vloei D reghoekig
1.2.5 ʼn Dreineringspatroon wat in plooiberge E abstraksie
ontwikkel
1.2.6 ʼn Dreineringspatroon wat in stollings- F dreineringsbekken
gesteentes met baie nate ontwikkel
1.2.7 Riviere wat hul oorsprong in gebiede met G opvangs
hoë reënval het
1.2.8 Die proses waarby ʼn waterskeiding sy H eksoties
posisie verander
I watertafel
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
1.3 FIGUUR 1.3 toon die impak van tropiese siklone op kusgebiede.
1.3.1 Noem die ontwikkelingsfase van die tropiese sikloon wat deur
FIGUUR 1.3 uitgebeeld word. (1 x 1) (1)
1.3.2 Noem die belangrikste effek van tropiese siklone op kusstreke soos in
foto A aangetoon. (1 x 1) (1)
1.3.3 Waarom ontbind ʼn tropiese sikloon wanneer dit land bereik? (2 x 1) (2)
1.3.4 Bespreek TWEE weerstoestande wat met hierdie stadium van die
tropiese sikloon verband hou (jou antwoord op VRAAG 1.3.1). (2 x 2) (4)
1.3.5 Verwys na skets B.
(a) Wat is stormdeining? (1 x 1) (1)
(b) Bespreek hoe die gevaarlike halfsirkel (voorste linkerkwadrant)
tot die vorming van stormdeinings sou bydra. (1 x 2) (2)
(c) Verduidelik die negatiewe impak wat tropiese siklone op
toerisme in ʼn land sal hê. (2 x 2) (4)
1.4 FIGUUR 1.4 is ʼn satellietbeeld van lyndonderstorms.
1.4.1 Wat is die vogfront? (1 x 1) (1)
1.4.2 Noem TWEE bewyse op die satellietbeeld wat daarop dui dat
lyndonderstorms in plaas van normale donderstorms voorkom. (2 x 1) (2)
1.4.3 Bespreek waarom meer wolke na die ooste in plaas van die weste
voorkom. (2 x 2) (4)
1.4.4 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe die ligging
van die antisiklone in somer die vorming van lyndonderstorms
bevorder. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 5
1.5 FIGUUR 1.5 toon rivier-verjonging.
1.5.1 Wat is rivier-verjonging? (1 x 1) (1)
1.5.2 Verskaf bewyse wat aandui dat rivier-verjonging plaasgevind het.
(2 x 1) (2)
1.5.3 Bespreek TWEE oorsake van rivier-verjonging. (2 x 2) (4)
1.5.4 Stel TWEE redes voor vir die verlate terras op die skets. (2 x 2) (4)
1.5.5 Verduidelik die negatiewe impak wat ʼn verjongde landskap op
boerdery-aktiwiteite sal hê. (2 x 2) (4)
1.6 Bestudeer FIGUUR 1.6, foto’s (A en B) van rivierafvoer.
1.6.1 Wat is rivierafvoer? (1 x 1) (1)
1.6.2 Noem die tipes afvoer sigbaar in foto’s A en B onderskeidelik. (2 x 1) (2)
1.6.3 Beskryf die verskil in afvoer wat sigbaar in foto’s A en B is. (2 x 1) (2)
1.6.4 Waarom sou die tipe rivierafvoer, sigbaar in foto A, voordeliger vir
boere wees? (1 x 2) (2)
1.6.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek hoe rivierafvoer die
verskillende fases/stadiums van ʼn rivier sal beïnvloed. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
VRAAG 2
2.1 Kies ʼn term uit KOLOM B wat by die klimatologiese beskrywing in KOLOM
A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.8) in
die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 2.1.9 J.
KOLOM A KOLOM B
2.1.1 Klein, swak ontwikkelde sel wat van die weskus A polêre front
na die ooskus beweeg
2.1.2 Beskryf dalende lug wat elke 100 m met 1 °C B aspek
verhit
2.1.3 Sone waar tropiese westewinde en polêre C mikroklimaat
oostewinde ontmoet
2.1.4 Antiklokse beweging van lug in die noordelike D orkaan
halfrond
2.1.5 Word met skoon en stabiele weerstoestande E sikloon
geassosieer
2.1.6 Studie van klimaat in ʼn klein gebied F kuslaag
2.1.7 Die naam wat aan ʼn tropiese sikloon in Noord- G tifoon
Amerika gegee word
2.1.8 Die hoek waarteen die sonstrale ʼn helling tref H DAVT
I antisikloon
(8 x 1) (8)
2.2 Verwys na FIGUUR 2.2. Pas die onderstaande stellings met die bo-, middel-
of benedeloop van die rivier. Skryf slegs die korrekte loop van die rivier langs
die vraagnommer (2.2.1–2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.
2.2.1 Die vallei is V-vormig en steil
2.2.2 Deltas en gevlegte strome is algemene fluviale landvorme
2.2.3 Laterale erosie domineer
2.2.4 Vertikale erosie domineer
2.2.5 Die rivier en groter strome begin om te meander
2.2.6 Tydelike erosiebasisse soos watervalle en stroomversnellings kom
hier voor
2.2.7 Hierdie loop word met ʼn permanente erosiebasis geassosieer
(7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 7
2.3 Lees die uittreksel in FIGUUR 2.3 wat na middelbreedte-siklone verwys.
2.3.1 Wat is ʼn kouefront? (1 x 1) (1)
2.3.2 Hoe vorm kouefronte? (1 x 2) (2)
2.3.3 Haal bewyse uit die uittreksel aan, wat daarop dui dat hierdie koue
front die hele land sal beïnvloed. (1 x 2) (2)
2.3.4 Bespreek die verhouding tussen kouefronte en baie swaar reën.
(1 x 2) (2)
2.3.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die ekonomiese
impak wat sneeu en swaar reënval op die land sal hê. (4 x 2) (8)
2.4 FIGUUR 2.4 toon die klimaatverskille tussen landelike en stedelike gebiede.
2.4.1 Noem EEN klimaatelement sigbaar op die skets wat die verskil tussen
landelike en stedelike gebiede aantoon. (1 x 1) (1)
2.4.2 Waarom kan ons die toestand wat in die skets oor die stad uitgebeeld
word, beskryf as ʼn hitte-eiland en nie ʼn besoedelingskoepel nie?
(1 x 2) (2)
2.4.3 Verduidelik hoe stedelike aktiwiteite die temperature in die stad
verhoog. (2 x 2) (4)
2.4.4 Gee rekenskap vir die feit dat die stad meer reënval as landelike
gebiede ontvang, alhoewel meer verdamping in die landelike gebiede
plaasvind. (2 x 2) (4)
2.4.5 Bespreek hoe die hitte-eiland die gesondheid van mense kan
affekteer. (2 x 2) (4)
2.5 FIGUUR 2.5 is op TWEE (A en B) fluviale landvorme gebaseer.
2.5.1 Watter bewyse dui daarop dat hierdie twee fluviale landvorme in die
benedeloop van die rivier gevorm het? (1 x 1) (1)
2.5.2 Identifiseer die TWEE fluviale landvorme in sketse A en B
onderskeidelik. (2 x 1) (2)
2.5.3 Hoe het fluviale landvorm A ontwikkel? (2 x 2) (4)
2.5.4 Bespreek die formasie van fluviale landvorm B. (2 x 2) (4)
2.5.5 Verduidelik die impak van fluviale landvorm B op landbou-
aktiwiteite. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
2.6 Bestudeer FIGUUR 2.6 wat op dreineringsdigtheid gebaseer is.
2.6.1 Wat is dreineringsdigtheid? (1 x 1) (1)
2.6.2 Klassifiseer die dreineringsdigtheid by A en B in hoog of laag
onderskeidelik. (1 x 2) (2)
2.6.3 Bespreek hoe die verwydering van plantegroei die dreineringsdigtheid
by A sal affekteer. (2 x 2) (4)
2.6.4 In ʼn paragraaf van AGT reëls, bespreek die faktore wat die
dreineringsdigtheid by B veroorsaak het. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 9
AFDELING B: NEDERSETTINGS EN DIE EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN
SUID-AFRIKA
VRAAG 3
3.1 Kies die korrekte woord(e) uit die wat tussen hakies verskaf word. Skryf slegs
die woord(e) langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.8) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
3.1.1 Die ligging van ʼn nedersetting in verhouding tot die omliggende
omgewing staan as (standplaas/situasie) bekend.
3.1.2 (Onteiening/Restitusie) is ʼn grondhervormingsbeleid wat mense
vergoed vir grond wat hulle tydens apartheid verloor het.
3.1.3 Bosbou is ʼn dominante ekonomiese aktiwiteit in (landelike/stedelike)
nedersettings.
3.1.4 (Kleinskaalse-/Grootskaalse-) boerdery beslaan groot stukke grond en
het ʼn hoë opbrengste per hektaar.
3.1.5 (‘Breindrein/Helder ligte’) word beskou as ʼn belangrike gevolg van
mense wat landelike gebiede verlaat.
3.1.6 (Standplaas/Situasie) is die presiese fisiese landskap waarop ʼn
nedersetting gebou is.
3.1.7 Kruispad-nedersettings kan (halfsirkelvormig/stervormig) wees.
3.1.8 (Vigs/Gronderosie) is ʼn belangrike kwessie van sosiale geregtigheid in
landelike gebiede. (8 x 1) (8)
3.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (3.2.1–3.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
3.2.8 A.
3.2.1 Die Saldanhabaai-IOS konsentreer op die ... -sektor.
A motorvoertuig
B olie- en gas
C aluminium
D toerisme
3.2.2 ... -industrieë is geleë tussen die bron van grondstowwe en die
verbruiker.
A Ongebonde
B Markgeoriënteerde
C Brug
D Grondstofgeoriënteerde
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.2.3 Die platinum ROI word hoofsaaklik bevoordeel deurdat dit toegang tot
... het.
A minerale
B geskoolde arbeid
C steenkoolvelde
D hawens
3.2.4 ʼn Suikermeule is ʼn voorbeeld van ʼn ... -industrie.
A ongebonde
B alomteenwoordige
C grondstofgeoriënteerde
D markgeoriënteerde
3.2.5 Die … was ʼn post-apartheid strategie vir industriële ontwikkeling wat
werkskepping en buitelandse belegging wou bewerkstellig.
A Nasionale Ontwikkelingsplan
B GEAR
C HOP
D Goeie Hoop-plan
3.2.6 Die platinum ROI is in die ... provinsie geleë.
A Gauteng
B Noordwes
C Oos-Kaap
D KwaZulu-Natal
3.2.7 Industriële ontwikkelingsones fokus hoofsaaklik op ...
A internasionale invoere.
B toerisme.
C internasionale uitvoere.
D landbou. (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 11
3.3 FIGUUR 3.3 toon ʼn foto wat stedelike verval uitbeeld.
3.3.1 Beskryf hoe die foto stedelike verval uitbeeld. (1 x 1) (1)
3.3.2 Noem TWEE oorsake van stedelike verval. (2 x 1) (2)
3.3.3 Waarom is dit moeilik vir plaaslike owerhede om stedelike verval te
bestuur? (1 x 2) (2)
3.3.4 Bespreek hoe fasadisme deur plaaslike owerhede gebruik kan word
om stedelike verval te verlig. (1 x 2) (2)
3.3.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls verduidelik die ekonomiese
belangrikheid van stedelike hernuwing vir stedelike gebiede. (4 x 2) (8)
3.4 Verwys na FIGUUR 3.4, 'n artikel oor verstedeliking van die wêreldbevolking.
3.4.1 Wat is verstedeliking? (1 x 1) (1)
3.4.2 Volgens die artikel, hoeveel mense woon tans in stede? (1 x 1) (1)
3.4.3 Haal EEN dinamika (proses van verandering) van verstedeliking in die
artikel aan. (1 x 1) (1)
3.4.4 Beskryf hoe die proses van stedelike groei die bevolking van stedelike
gebiede kan verhoog. (1 x 2) (2)
3.4.5 Hoe kan verstedeliking met die groei van informele nedersettings
geassosieer word? (1 x 2) (2)
3.4.6 Verduidelik waarom aansteeklike siektes (soos die korona-virus) vinnig
in informele nedersettings van Suid-Afrika kan versprei. (2 x 2) (4)
3.4.7 Bespreek die negatiewe impak wat ʼn toename in die
verstedelikingskoers op stedelike gebiede kan hê (2 x 2) (4)
3.5 Bestudeer die infografiek (FIGUUR 3.5) van goudmynbou in Suid-Afrika.
3.5.1 Noem die neiging in goudproduksie sedert 1970. (1 x 1) (1)
3.5.2 Volgens die uittreksel, wat is die negatiewe kwessies in goudmynbou?
(2 x 1) (2)
3.5.3 Bespreek EEN fisiese (natuurlike) faktor wat verantwoordelik sou kon
wees vir die neiging soos in VRAAG 3.5.1 aangedui. (1 x 2) (2)
3.5.4 Hoe kan ‘digitale tegnologie’ ʼn negatiewe impak op goudmynbou hê?
(1 x 2) (2)
3.5.5 Bespreek moontlike maniere waarop mynwerkers die produksie van
goud in myne kan belemmer. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
3.5.6 Verduidelik enkele aansporings (motivering) wat myneienaars aan
mynwerkers kan voorstel om die produksie van goud in ons myne te
verbeter. (2 x 2) (4)
3.6 FIGUUR 3.6 is ʼn gevallestudie gebaseer op die strategieë vir
nywerheidsontwikkeling: Richardsbaai.
3.6.1 In watter provinsie is Richardsbaai geleë? (1 x 1) (1)
3.6.2 Noem die nuwe belegging in Richardsbaai wat in die uittreksel genoem
word. (1 x 1) (1)
3.6.3 Noem EEN voordeel van hierdie nuwe belegging vir die inwoners van
Richardsbaai. (1 x 1) (1)
3.6.4 Bespreek watter fisiese (natuurlike) faktore het Richardsbaai ʼn
aantreklike ligging vir hierdie belegging gemaak. (2 x 2) (4)
3.6.5 Ondanks hierdie belegging (genoem in die gevallestudie), ondervind
die plaaslike ekonomie steeds baie uitdagings. In ʼn paragraaf van AGT
reëls, verduidelik die uitdagings wat die Richardsbaai ROI ervaar.
(4 x 2) (8)
[75]
VRAAG 4
4.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (4.1.1–4.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld.
4.1.8 A.
4.1.1 Die ordening van nedersettings van die kleinste tot grootste, volgens
beskikbare funksies verwys na ...
A ongebreidelde stedelike uitbreiding.
B stedelike uitbreiding.
C stedelike hiërargie.
D stedelike groei.
4.1.2 Die … grondgebruiksone is die toeganklikste en het die hoogste
geboudigtheid.
A lae inkomste residensiële
B sentrale sakekern
C landelik-stedelike oorgangsone
D hoë inkomste residensiële
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 13
4.1.3 ʼn ... -strateplan (patroon) het paaie wat vanaf ʼn sentrale punt uitstraal.
A Onbeplande onreëlmatige
B Rooster
C Beplande onreëlmatige
D Radiale
4.1.4 Die ... grondgebruiksmodel is buigsaam en verteenwoordig baie stede
in die ontwikkelde wêreld.
A konsentriese
B sektor
C veelvuldigekern
D verstedeliking
4.1.5 Die minimum aantal kliënte wat nodig is om ʼn onderneming
winsgewend te maak, word die ... genoem.
A drempelbevolking
B reikwydte
C invloedsfeer
D mark
4.1.6 ... dorpe is stedelike nedersettings met een dominante funksie.
A Aansluiting
B Gespesialiseerde
C Sentraleplek
D Handel en vervoer
4.1.7 Kleinhandelondernemings wat langs hoofpaaie met massiewe
parkeerplek gevind word, staan as ... winkelsentrums bekend.
A primêre subsentrum
B beplande buurt-
C kommersiële lint-
D beplande streek- (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GEOGRAFIE V1 (EC/SEPTEMBER 2020)
4.2 Kies die korrekte woord(e) uit die wat tussen hakies gegee word om elk van die
stellings WAAR te maak. Skryf slegs woord(e) langs die vraagnommer
(4.2.1–4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.
4.2.1 Die (handel-/betaling-) balans is die verskil in waarde tussen die invoer
en uitvoer van 'n land.
4.2.2 Geen toegang tot voedsame voedsel vir mense in ʼn land staan as
(voedselsekerheid/voedselonsekerheid) bekend.
4.2.3 ʼn (Ongunstige/Gunstige) handelsbalans bestaan as die uitvoerwaarde
groter as die invoerwaarde is.
4.2.4 (BBP/BNP) verwys na die totale waarde van goedere en dienste wat in
een jaar deur die permanente inwoners in ʼn land geproduseer word.
4.2.5 (Suikerriet/Mielies) word hoofsaaklik in KwaZulu-Natal geproduseer.
4.2.6 Die (primêre/sekondêre) sektor lewer die grootste bydrae tot die
ekonomie van Suid-Afrika.
4.2.7 (Vryhandel/Proteksionisme) sal waarskynlik die plaaslike produksie
laat daal en werkloosheid bewerkstellig.
4.2.8 Waarde wat deur middel van verwerking tot ʼn grondstof toegevoeg
word, word (veredeling/genetiese modifikasie) genoem. (8)
4.3 FIGUUR 4.3 is ʼn spotprent oor landelike ontvolking.
4.3.1 Definieer die term landelike ontvolking. (1 x 1) (1)
4.3.2 Lys bewyse van ontvolking van die platteland wat in die spotprent
vermeld word. (2 x 1) (2)
4.3.3 Wat is so ironies (teenoorgesteld in betekenis) aan die doel van die
voëlverskrikker in die spotprent? (1 x 2) (2)
4.3.4 Noem die gebrek aan TWEE basiese dienste wat landelike ontvolking
kan veroorsaak. (2 x 1) (2)
4.3.5 Bespreek die sosiale gevolge in landelike gebiede as gevolg van
landelike ontvolking. (2 x 2) (4)
4.3.6 Verduidelik waarom die beleid van grondherverdeling slegs landelike
ontvolking sal verhoog. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020) GEOGRAFIE V1 15
4.4 FIGUUR 4.4 is ʼn foto oor ʼn stedelike grondgebruiksone.
4.4.1 Wat is ʼn stedelike grondgebruiksone? (1 x 1) (1)
4.4.2 Noem die stedelike grondgebruiksone in die foto. (1 x 1) (1)
4.4.3 Verskaf EEN gespesialiseerde vereiste vir hierdie grondgebruiksone
sigbaar in die foto. (1 x 1) (1)
4.4.4 Bespreek waarom hierdie grondgebruiksone as ʼn omgewings-
ongeregtigheid gesien kan word. (2 x 2) (4)
4.4.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die
versoenbaarheid tussen infrastruktuur en hierdie grondgebruiksone.
(4 x 2) (8)
4.5 Verwys na FIGUUR 4.5, ʼn uittreksel op die informele sektor gebaseer.
4.5.1 Hoeveel mense is werkloos, volgens die uittreksel? (1 x 1) (1)
4.5.2 Haal bewyse aan om te motiveer dat werkloosheid ʼn ernstige probleem
is. (1 x 1) (1)
4.5.3 Volgens die artikel, waarom is die informele sektor belangrik? (1 x 1) (1)
4.5.4 Bespreek sommige van die uitdagings wat deur die mense in die
informele sektor ervaar word. (2 x 2) (4)
4.5.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die negatiewe
impak wat die informele sektor op die formele sektor het. (4 x 2) (8)
4.6 FIGUUR 4.6 is ʼn kaart wat die kern industriële streke in Suid-Afrika aantoon.
4.6.1 Noem die kern industriële streek wat 3 genommer is. (1 x 1) (1)
4.6.2 Wat is die vernaamste liggingsverskil tussen industriële streke 1 en 4?
(1 x 2) (2)
4.6.3 Hoe het hierdie liggingsverskil (genoem in VRAAG 4.6.2) die hooftipe
industrie wat by 4 ontwikkel word, beïnvloed? (1 x 2) (2)
4.6.4 Hoe het hierdie industrie (jou antwoord by VRAAG 4.6.3) die
vaardighede van werkers in die streek verbeter? (1 x 2) (2)
4.6.5 Bespreek die fisiese (natuurlike) faktore wat die ontwikkeling van
streek 1 bevoordeel het. (2 x 2) (4)
4.6.6 Verduidelik die negatiewe sosiale impak wat industriële sentralisasie
op streke 1 en 4 gehad het. (2 x 2) (4)
[75]
GROOTTOTAAL: 225
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
%202020%20Preparatory%20Addendum_hlayiso.com_--508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a/v1-46dc3ffd82c74a6c4407/card.webp)
Addendum
Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Addendum (Afrikaans)

Addendum
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Addendum (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--e19dd834-ffaf-4fe6-a8a4-9ee8f8597c29/v1-cd443ecc5afd789f654b/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum