Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GEOGRAFIE V1
NOVEMBER 2015
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 11 bladsy-bylae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 381.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1Climate and weather7 marks
- Question 1.2Geomorphology8 marks
- Question 1.3Climate and weather15 marks
- Question 1.4Climate and weather15 marks
- Question 1.5Geomorphology14 marks
- Question 1.6Geomorphology16 marks
Show all 24 questions
- Question 2.1Climate and weather8 marks
- Question 2.2Geomorphology7 marks
- Question 2.3Climate and weather16 marks
- Question 2.4Climate and weather14 marks
- Question 2.5Geomorphology15 marks
- Question 2.6Geomorphology15 marks
- Question 3.1Rural and urban settlements7 marks
- Question 3.2Rural and urban settlements8 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements14 marks
- Question 3.4Rural and urban settlements16 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa16 marks
- Question 3.6Economic geography of South Africa14 marks
- Question 4.1Rural and urban settlements8 marks
- Question 4.2Economic geography of South Africa7 marks
- Question 4.3Rural and urban settlements16 marks
- Question 4.4Rural and urban settlements14 marks
- Question 4.5Economic geography of South Africa14 marks
- Question 4.6Economic geography of South Africa16 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 2 DBE/November 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.
2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.
4. Laat ʹn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan ʹn NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Nommer die antwoorde in die middel van die reël.
8. OMKRING die nommers van die vrae wat jy beantwoord het op die voorblad
van die ANTWOORDEBOEK.
9. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
10. Illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme, waar moontlik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 3 DBE/November 2015
NSS
AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.
VRAAG 1
1.1 Verwys na FIGUUR 1.1, wat die posisie van antisiklone oor Suid-Afrika
aantoon. Dui aan of elk van die stellings hieronder na antisikloon A, B of C
verwys. Skryf slegs die letter (A, B of C) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.7)
in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 Die dalende lug veroorsaak halfwoestyntoestande aan die Weskus
van Suid-Afrika.
1.1.2 In die somer word dié lugdruksel as gevolg van oppervlakverhitting
by 'n hoër hoogte bo seespieël aangetref.
1.1.3 Die dalende lug vorm in die winter 'n inversielaag wat keer dat
vogtige lug die binneland bereik.
1.1.4 Die inwig van dié lugdruksel veroorsaak reënval oor die
Suidwes-Kaap.
1.1.5 Interaksie met 'n kuslaagdruk lei tot bergwindtoestande.
1.1.6 Dié lugdruksel staan soms as 'n blokkerende hoog/sperhoog bekend
as dit in die pad van 'n middelbreedte-sikloon lê.
1.1.7 Hierdie lugdruksel word oor die algemeen met mis en belemmerde
sig geassosieer. (7 x 1) (7)
1.2 Verwys na die dreineerbekken en sy profiel in FIGUUR 1.2 en beantwoord die
vrae wat volg.
1.2.1 Noem EEN waterbron vir dreineerbekken A.
1.2.2 Gee 'n term wat B die beste beskryf.
1.2.3 Benoem die stroomorde by punt C.
1.2.4 Noem 'n fluviale verskynsel wat waarskynlik by punt D in die rivier
sal vorm.
1.2.5 Noem die proses wat daartoe gelei het dat spoelgrond/alluvium by
punt E voorkom.
1.2.6 Gee 'n term wat die beweging van water by F beskryf.
1.2.7 Gee die term wat die hoogliggende gebied wat dreineerbekken A
omring, beskryf.
1.2.8 Gee die term wat die laagste vlak waartoe 'n rivier erodeer, beskryf.
(8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 4 DBE/November 2015
NSS
1.3 Bestudeer FIGUUR 1.3 oor valleiklimate en beantwoord die vrae wat volg.
1.3.1 Benoem wind 1 in skets A. (1 x 1) (1)
1.3.2 Noem EEN verskil tussen wind 1 en 2. (2 x 1) (2)
1.3.3 Sal wind 1 of wind 2 ontstaan as 'n hoër druk aan die bopunt van die
valleihelling voorkom? Gee 'n rede vir jou antwoord. (2 x 2) (4)
1.3.4 Verduidelik waarom sigbaarheid op wintersoggende op die
valleibodem (3) minder is. Teken 'n benoemde diagram om jou
antwoord te ondersteun. (4 x 2) (8)
1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4, wat 'n deursnit van 'n koue front aantoon, en
beantwoord die vrae wat volg.
1.4.1 Gee EEN bewys dat A 'n deursnit van 'n koue front aantoon. (1 x 1) (1)
1.4.2 Waarom ontwikkel cumulonimbuswolke langs front A? (1 x 2) (2)
1.4.3 Lugdruk sal toeneem nadat die koue front oorbeweeg het.
Verduidelik waarom dit die geval is. (2 x 2) (4)
1.4.4 Met verwysing na die diagram in FIGUUR 1.4, skryf 'n paragraaf van
ongeveer AGT reëls waarin jy die ontwikkeling van 'n
kouefrontokklusie verduidelik. (4 x 2) (8)
1.5 Verwys na FIGUUR 1.5 en beantwoord die vrae wat volg. Foto A toon 'n
episodiese rivier in die noordwestelike gedeelte van Suid-Afrika aan. Foto B
toon 'n permanente rivier in dieselfde gebied aan.
1.5.1 (a) Wat is 'n episodiese rivier? (1 x 1) (1)
(b) Gee 'n bewys vanaf die foto om jou antwoord op
VRAAG 1.5.1(a) te ondersteun. (1 x 1) (1)
(c) Noem TWEE fisiese faktore wat 'n invloed op die afloop
(stroomvloei) van hierdie rivier sal hê. (2 x 2) (4)
1.5.2 (a) Wat noem jy 'n permanente rivier wat deur droë gebiede vloei?
(1 x 2) (2)
(b) Verduidelik waarom die rivier in VRAAG 1.5.2(a) regdeur die
jaar vloei. (2 x 2) (4)
(c) Noem EEN voordeel van hierdie rivier vir boere in die
noordwestelike gedeelte van Suid-Afrika. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 5 DBE/November 2015
NSS
1.6 Lees die koerantberig met die opskrif 'Vaalrivier Onder Druk' in FIGUUR 1.6
en beantwoord die vrae wat volg.
1.6.1 Noem TWEE provinsies wat van die Vaalrivier as 'n waterbron
afhanklik is. (2 x 1) (2)
1.6.2 Gee TWEE moontlike redes waarom die Vaalrivier al hoe meer
toksies (giftig)/vergiftig word. (2 x 1) (2)
1.6.3 Volgens die berig word water in die Vaalrivier ingepomp om die
besoedeling te verdun/verminder. Verduidelik waarom dit nie 'n
volhoubare oplossing is nie. (2 x 2) (4)
1.6.4 Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, waarom die
koste van voedsel en elektrisiteit in die toekoms kan styg as
besoedeling van die Vaalrivier nie beheer word nie. (4 x 2) (8)
[75]
VRAAG 2
2.1 Verwys na FIGUUR 2.1, wat bergwindtoestande toon. Kies die korrekte
woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e)
langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.
2.1.1 Bergwindtoestande kom in die (somer/winter) voor.
2.1.2 Lugdruksel A is die (Kalahari-/Suid-Atlantiese) hoogdruksel.
2.1.3 Lugdruksel B is 'n (termiese/kus-) laagdruksel.
2.1.4 Die algemene bewegingsrigting van die frontale depressie is
(ooswaarts/weswaarts).
2.1.5 Durban sal (aanlandige/aflandige) winde ervaar.
2.1.6 Die wolkbedekking by Durban sal (betrokke/wolkloos) wees as
gevolg van die winde wat in VRAAG 2.1.5 geïdentifiseer is.
2.1.7 (Aanlandige/Aflandige) winde word met mis en ligte reën
geassosieer.
2.1.8 Die risiko van veldbrande (verhoog/verlaag) tydens
bergwindtoestande in die oostelike gedeeltes van Suid-Afrika. (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 6 DBE/November 2015
NSS
2.2 Verwys na FIGUUR 2.2, wat die dreineerdigtheid van twee dreineerbekkens
wat ewe groot is, aantoon. Dui aan of elk van die beskrywings hieronder na
dreineerbekken A of dreineerbekken B verwys. Skryf slegs die letter (A of B)
langs die vraagnommer (2.2.1–2.2.7) in die ANTWOORDEBOEK neer.
2.2.1 Digte plantbedekking wat oppervlakvloei voorkom
2.2.2 'n Dreineerbekken wat hoë neerslag ervaar
2.2.3 'n Dreineerbekken wat hoofsaaklik kleigrond het
2.2.4 'n Dreineerbekken wat hoofsaaklik deurdringbare gesteentes het
2.2.5 'n Rivier wat deur heuwelagtige gebiede vloei
2.2.6 'n Dreineerbekken wat poreuse gesteentes met sanderige grond het
2.2.7 'n Rivier wat oor grond met 'n geleidelike helling vloei (7 x 1) (7)
2.3 Bestudeer die sikloon in FIGUUR 2.3 en beantwoord die vrae wat volg.
2.3.1 Gee 'n bewys dat die skets 'n sikloon in die Noordelike Halfrond
aantoon. (1 x 1) (1)
2.3.2 Noem die gedeelte van die bewegende sikloon waar die hoogste
windsnelhede aangeteken word. (1 x 1) (1)
2.3.3 Gee EEN rede waarom die dalende lug in die oog droog is. (1 x 2) (2)
2.3.4 Verduidelik waarom satellietbeelde doeltreffend is om siklone te volg.
(2 x 2) (4)
2.3.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls om die ekonomiese en
omgewingsimpak van siklone soos die een in FIGUUR 2.3 te omskryf.
(4 x 2) (8)
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4, wat die temperatuurverskil tussen die SSK en die
omliggende landelike gebied van 'n Suid-Afrikaanse stad aantoon, en
beantwoord die vrae wat volg.
2.4.1 Bereken die temperatuurverskil tussen die SSK en die landelike
gebied. (1 x 1) (1)
2.4.2 Gee 'n term wat hierdie temperatuurverskil tussen die SSK en die
landelike gebied beskryf. (1 x 1) (1)
2.4.3 Bespreek hoe geboudigtheid daartoe bydra dat die SSK hoër
temperature het. (2 x 2) (4)
2.4.4 Teken 'n benoemde diagram wat die struktuur van die stedelike
hitte-eiland vir FIGUUR 2.4 in die dag voorstel. (2 x 2) (4)
2.4.5 Gee TWEE volhoubare oplossings om die temperatuur in die SSK
te verlaag. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 7 DBE/November 2015
NSS
2.5 Verwys na FIGUUR 2.5, wat faktore illustreer wat 'n invloed op die
hoeveelheid grondwater in grond kan hê, en beantwoord die vrae wat volg.
2.5.1 Definieer die term grondwater. (1 x 1) (1)
2.5.2 Onderskei tussen die terme infiltrasie en afloop. (2 x 1) (2)
2.5.3 Watter rol speel grondwater in die afloop (stroomvloei) van 'n
permanente rivier gedurende die droë seisoen? (1 x 2) (2)
2.5.4 Watter invloed sal die bou van die put op die watertafel hê? (1 x 2) (2)
2.5.5 Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, VIER
natuurlike faktore wat kan veroorsaak dat die watertafelvlak sal styg.
(4 x 2) (8)
2.6 Bestudeer FIGUUR 2.6, wat dreineerpatrone en landskappe illustreer, en
beantwoord die vrae wat volg.
2.6.1 Dui aan of elke dreineerpatroon, A, B en C, na landskap 1, 2 of 3
verwys, waarop dit waarskynlik sal ontwikkel. (3 x 1) (3)
2.6.2 Noem EEN faktor wat daartoe lei dat verskillende dreineerpatrone
vorm. (1 x 2) (2)
2.6.3 Noem EEN kenmerk van dreineerpatroon B. (1 x 2) (2)
2.6.4 Beskryf die tipe gesteente en onderliggende struktuur wat met
dreineerpatroon C geassosieer word. (2 x 2) (4)
2.6.5 Waarom sluit die sytakke in landskap 3 teen 'n 90°-hoek by die
hoofstroom aan? (2 x 2) (4)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 8 DBE/November 2015
NSS
AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN
SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.
VRAAG 3
3.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n
woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die
vraagnommer (3.1.1–3.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer. Jy mag
dieselfde term meer as een keer gebruik.
residensiële sone; ligtenywerheid-sone; ontspanningsone; oorgangsone;
swaarnywerheid-sone; landelik-stedelike-oorgangsone; SSK
3.1.1 Die sone aan die buitewyke van die stedelike gebied wat met hoë
besoedelingsvlakke geassosieer word
3.1.2 Die sone waarin die SSK uitbrei
3.1.3 'n Sone met gemengde funksies rondom die SSK
3.1.4 Die hoogste grondwaarde van al die grondgebruiksones
3.1.5 'n Grondgebruiksone met fabrieke wat lae vlakke van besoedeling
voortbring
3.1.6 'n Sone wat 'n geskikte ligging vir 'n lughawe is
3.1.7 'n Sone wat met gholflandgoedere geassosieer word (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 9 DBE/November 2015
NSS
3.2 Kies 'n term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.2.9 J.
KOLOM A KOLOM B
3.2.1 Tipe ekonomiese aktiwiteit waar 'n A formele werk
diens gelewer word
B handel
3.2.2 Totale waarde van goedere en
dienste wat oor 'n jaar in 'n land C informele werk
geproduseer word en as 'n
D Goeie Hoop-plan
persentasie uitgedruk word
E kwaternêre ekonomiese
3.2.3 Tipe werk waar mense vir hulself
aktiwiteite
werk soek en nie deur 'n besigheid of
maatskappy gekontrakteer word nie F tersiêre ekonomiese
aktiwiteite
3.2.4 Invoer- en uitvoerverhouding tussen
twee lande G ROI (ruimtelike-
ontwikkelingsinisiatief)
3.2.5 Tipe werk waar mense gekontrakteer
word om vir 'n besigheid of H bruto binnelandse produk
maatskappy te werk
I sekondêre ekonomiese
3.2.6 Post-apartheidstrategie vir aktiwiteite
ekonomiese ontwikkeling
3.2.7 Ekonomiese aktiwiteite wat belang
het by wetenskaplike navorsing en die
versameling en verwerking van
inligting
3.2.8 Apartheidstrategie vir ekonomiese
ontwikkeling
(8 x 1) (8)
3.3 Verwys na FIGUUR 3.3, wat verkeersopeenhoping toon, en beantwoord die
vrae wat volg.
3.3.1 Definieer die term verkeersopeenhoping. (1 x 1) (1)
3.3.2 Noem EEN negatiewe invloed van verkeersopeenhoping op die fisiese
omgewing. (1 x 1) (1)
3.3.3 Wat is die tendens wat die grafiek van 1982 tot 2010 toon met
betrekking tot die ure wat 'n pendelaar per jaar opgehou word? (1 x 2) (2)
3.3.4 Gee 'n moontlike rede vir jou antwoord op VRAAG 3.3.3. (1 x 2) (2)
3.3.5 Beskryf TWEE negatiewe invloede van hierdie oponthoud op
pendelaars. (2 x 2) (4)
3.3.6 Stel TWEE moontlike maniere voor waarop verkeersopeenhoping in
stedelike gebiede verminder kan word. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 10 DBE/November 2015
NSS
3.4 Verwys na FIGUUR 3.4, 'n uittreksel uit 'n koerantberig oor 'n informele
nedersetting in die Wes-Kaap, en beantwoord die vrae wat volg.
3.4.1 Noem EEN basiese diens wat in die koerantberig genoem word,
waaraan daar 'n tekort in die informele nedersetting is. (1 x 1) (1)
3.4.2 Hoekom is daar 'n toenemende aantal informele nedersettings in die
Wes-Kaap? (1 x 1) (1)
3.4.3 Noem EEN oorsaak van gronderosie in Tsakane Uitbreiding Ses.
(1 x 2) (2)
3.4.4 Verduidelik waarom dit moeilik is om tydens 'n noodsituasie in
Tsakane Uitbreiding Ses hulp te verleen. (2 x 2) (4)
3.4.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, gee volhoubare oplossings
om die lewensomstandighede van mense wat in Tsakane Uitbreiding
Ses woon, te verbeter. (4 x 2) (8)
3.5 Verwys na FIGUUR 3.5, wat 'n markgerigte sekondêre ekonomiese aktiwiteit
aantoon, en beantwoord die vrae wat volg.
3.5.1 Definieer die term sekondêre ekonomiese aktiwiteit. (1 x 1) (1)
3.5.2 Wat is 'n markgerigte nywerheid? (1 x 1) (1)
3.5.3 Waarom is hierdie bakkery markgerig? (1 x 2) (2)
3.5.4 Noem TWEE kenmerke van die bakkery wat dit 'n ligte nywerheid
maak. (2 x 2) (4)
3.5.5 Bespreek TWEE faktore wat waarskynlik die produksiekoste by
hierdie bakkery sal beïnvloed. (2 x 2) (4)
3.5.6 Verduidelik die ekonomiese belangrikheid van ligte nywerhede vir
Suid-Afrika se ekonomie. (2 x 2) (4)
3.6 Op nasionale vlak is 45,6% of ongeveer twee uit vier huishoudings in
Suid-Afrika voedselseker.
3.6.1 Definieer die term voedselsekerheid. (1 x 1) (1)
3.6.2 Gee die persentasie van die Suid-Afrikaanse bevolking wat
voedselonseker is. (1 x 1) (1)
3.6.3 Bespreek TWEE natuurlike faktore wat tot voedselonsekerheid bydra.
(2 x 2) (4)
3.6.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy maatreëls
voorstel wat ingestel kan word om voedselsekerheid in Suid-Afrika te
verbeter. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 11 DBE/November 2015
NSS
VRAAG 4
4.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(4.1.1–4.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.9 E.
4.1.1 Die kleinste kernnedersetting word 'n … genoem.
A gehuggie
B geïsoleerde plaasopstal
C dorp
D konurbasie
4.1.2 Die afstand wat mense bereid is om te reis om 'n diens te gebruik,
staan as die ... bekend.
A invloedsfeer
B reikwydte
C diensrangorde
D drempelbevolking
4.1.3 Die beweging van mense uit die stad na landelike gebiede toe, staan
as … bekend.
A verstedeliking
B landelik-stedelike migrasie
C landelike ontvolking
D teenverstedeliking
4.1.4 'n Stedelike hiërargie klassifiseer 'n nedersetting volgens …
A grootte.
B kompleksiteit.
C funksie.
D patroon.
4.1.5 Vragverbrekingspunte is nedersettings wat …
A ontwikkel waar een tipe vervoer vir 'n ander verruil word.
B ontstaan waar daar fisiese versperrings soos berge is.
C in een dominante funksie spesialiseer.
D goedere en dienste aan die omliggende landelike gebiede
verskaf.
4.1.6 Voorstedelike besighede raak al hoe gewilder omdat hulle … is.
A in die SSK geleë
B aan stedelike verval onderhewig
C naby swaarnywerheid-sones geleë
D meer toeganklik
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 12 DBE/November 2015
NSS
4.1.7 Die grootste hoogs verstedelikte gebied wat uit verskeie stede
bestaan wat ineensmelt om een aaneenlopende beboude gebied te
vorm, word 'n … genoem.
A konurbasie
B metropool
C megalopolis/megalopool
D megastad
4.1.8 Besighede wat langs hoofweë geleë is wat na die SSK lei, met 'n
konstante verkeersvloei, word … genoem.
A geïsoleerde winkelgroepe
B kommersiële lintontwikkelings
C beplande winkelsentrums
D streekswinkelsentrums (8 x 1) (8)
4.2 Verwys na FIGUUR 4.2, wat ekonomiese aktiwiteite in twee lande aantoon.
Dui aan of elk van die beskrywings hieronder na die sirkelgrafieke
van ekonomiese aktiwiteite in land A of land B verwys. Skryf slegs
die letter (A of B) langs die vraagnommer (4.2.1–4.2.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
4.2.1 Die meeste mense in dienslewering aangestel
4.2.2 Die meeste mense in boerderyaktiwiteite aangestel
4.2.3 Het die grootste vervaardigingsektor
4.2.4 Ekonomies meer ontwikkelde land
4.2.5 Land met die laagste BBP
4.2.6 Land met die grootste getal geskoolde werkers
4.2.7 Land met die grootste potensiaal vir ekonomiese groei (7 x 1) (7)
4.3 Verwys na FIGUUR 4.3, wat kenmerke van landelike ontvolking aantoon.
4.3.1 Definieer die term landelike ontvolking. (1 x 1) (1)
4.3.2 Watter ouderdomsgroep migreer eerste na stede toe? (1 x 1) (1)
4.3.3 Noem EEN kenmerk van 'n spookdorp. (1 x 2) (2)
4.3.4 Gee TWEE redes waarom stagnasie (gebrek aan groei) in landelike
dorpe plaasvind. (2 x 2) (4)
4.3.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy voorstelle maak
oor hoe hierdie stagnasiesiklus verbreek kan word. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 13 DBE/November 2015
NSS
4.4 Lees die uittreksel oor stadsvernuwing in Suid-Afrika in die International
Business Times in FIGUUR 4.4 noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord.
4.4.1 Wat word met die term stadsvernuwing bedoel? (1 x 1) (1)
4.4.2 Gee die naam van die grondgebruiksone waarna in hierdie artikel
verwys word, waar baie hawelose mense in ou geboue woon. (1 x 1) (1)
4.4.3 Waarom sal 'n kunsmekka soos Maboneng as 'n voorbeeld van 'n
stadsvernuwing-strategie beskou word? (1 x 2) (2)
4.4.4 Bespreek DRIE negatiewe invloede van stadsvernuwing op die armes
van die stad. (3 x 2) (6)
4.4.5 Verduidelik die positiewe invloed van stadsvernuwing op toerisme.
(2 x 2) (4)
4.5 Bestudeer FIGUUR 4.5, wat op beesboerdery gebaseer is, en beantwoord die
vrae wat volg.
4.5.1 Waarom, volgens die artikel, is Suid-Afrika se beesproduksie nie op
dieselfde vlak as dié van ander lande nie? (1 x 1) (1)
4.5.2 Waarom is daar 'n behoefte om beesproduksie in die toekoms te
verhoog? (1 x 1) (1)
4.5.3 Waarom het Suid-Afrika so 'n groot informele beesboerderysektor?
(1 x 2) (2)
4.5.4 Stel TWEE maniere voor waarop die Suid-Afrikaanse regering
informele beesboere kan help om hulle produktiwiteitsvlakke te
verbeter. (2 x 2) (4)
4.5.5 Noem TWEE omgewingskwelpunte wat met beesboerdery geassosieer
word. (2 x 2) (4)
4.5.6 Behalwe dat dit 'n bron van voedsel is, gee EEN ander rede waarom
die beesvleisbedryf vir die Suid-Afrikaanse ekonomie belangrik is.
(1 x 2) (2)
4.6 Bestudeer FIGUUR 4.6, wat 'n kaart van ekonomiese ontwikkeling in die
Oos-Kaap toon. Beantwoord die vrae wat volg.
4.6.1 Die nywerheidsgebied van die Oos-Kaap verdien ongeveer 9% van die
totale verdienste in Suid-Afrika.
(a) Noem enige TWEE nywerhede waarvoor die ekonomiese streek
van die Oos-Kaap bekend is. (2 x 1) (2)
(b) Noem TWEE faktore wat die ligging van die nywerheidstreek van
die Oos-Kaap bevoordeel. (2 x 2) (4)
(c) Gee EEN rede waarom die ekonomiese streek van die Oos-Kaap
die minste tot die totale verdienste van Suid-Afrika bydra. (1 x 2) (2)
4.6.2 Evalueer die rol van die Wildekus-ROI in die ekonomiese opheffing van
mense wat in die Oos-Kaap bly. (4 x 2) (8)
[75]
TOTAAL: 225
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (English)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum