Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GEOGRAFIE V1
NOVEMBER 2016
PUNTE: 225
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye en 'n 11 bladsy-bylae.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 
_hlayiso.com_--c036ea83-27f8-4d4e-9e3e-950ed2fc4fa7/v1-2b1daf39cf9f6db740ac/card.webp)




View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P1 NSC November 2016 Question Paper (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2016 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · NSC November Exam · 2016. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 402.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
- Question 1.1Climate and weather7 marks
- Question 1.2Geomorphology8 marks
- Question 1.3Climate and weather16 marks
- Question 1.4Climate and weather14 marks
- Question 1.5Geomorphology14 marks
- Question 1.6Geomorphology16 marks
Show all 24 questions
- Question 2.1Climate and weather8 marks
- Question 2.2Geomorphology7 marks
- Question 2.3Climate and weather16 marks
- Question 2.4Climate and weather14 marks
- Question 2.5Geomorphology15 marks
- Question 2.6Geomorphology15 marks
- Question 3.1Rural and urban settlements8 marks
- Question 3.2Economic geography of South Africa7 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements14 marks
- Question 3.4Rural and urban settlements16 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa16 marks
- Question 3.6Rural and urban settlements14 marks
- Question 4.1Rural and urban settlements7 marks
- Question 4.2Economic geography of South Africa8 marks
- Question 4.3Rural and urban settlements14 marks
- Question 4.4Rural and urban settlements16 marks
- Question 4.5Economic geography of South Africa16 marks
- Question 4.6Economic geography of South Africa14 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 2 DBE/November 2016
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.
2. Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte elk.
3. Alle diagramme is in die BYLAE ingesluit.
4. Laat 'n reël oop tussen die onderafdelings van vrae wat jy beantwoord.
5. Begin ELKE vraag boaan 'n NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Nommer die antwoorde in die middel van die reël.
8. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
9. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
10. Beantwoord in VOLSINNE, tensy jy moet noem, identifiseer of 'n lys moet
maak.
11. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 3 DBE/November 2016
NSS
AFDELING A: KLIMAAT, WEER EN GEOMORFOLOGIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. Indien jy EEN vraag in
AFDELING A beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING B beantwoord.
VRAAG 1
1.1 Verwys na FIGUUR 1.1, wat 'n grafiek met weerstoestande in die volwasse
stadium van ontwikkeling van 'n tropiese sikloon toon.
1.1.1 Noem die tipe neerslag by A.
1.1.2 Noem waar die hoogste windspoed in die grafiek aangeteken is.
1.1.3 Benoem die vernaamste wolktipe wat gebied B omring.
1.1.4 Gee die term wat lugbeweging na B toe beskryf.
1.1.5 Gee 'n rede vir die lugbeweging by B.
1.1.6 In watter gebied ondervind die tropiese sikloon die laagste lugdruk?
1.1.7 Waarom daal lug in gebied B? (7 x 1) (7)
1.2 Verwys na FIGUUR 1.2, wat 'n gedeelte van 'n rivier toon.
1.2.1 Noem die loop van die rivier wat in FIGUUR 1.2 uitgebeeld word.
1.2.2 Benoem rivieroewer B.
1.2.3 Gee 'n rede vir die afgesette materiaal by rivieroewer A.
1.2.4 Beskryf die vorm van rivieroewer B.
1.2.5 Noem EEN kenmerk van 'n rivierkanaal wat in 'n deursnit tussen A
en B gesien kan word.
1.2.6 Het riviererosie of -afsetting oorspronklik die hoefystermeer (C)
gevorm?
1.2.7 Noem EEN verskil tussen 'n hoefystermeer en 'n meandergroef.
1.2.8 Wat word die nou gebied D tussen die rivierkronkels genoem? (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 4 DBE/November 2016
NSS
1.3 FIGUUR 1.3 is 'n sketskaart wat bergwindtoestande toon.
1.3.1 Noem TWEE toestande sigbaar op die sketskaart, wat nodig is
sodat bergwinde kan ontwikkel. (2 x 1) (2)
1.3.2 Teken 'n benoemde deursnit om die ontwikkeling van bergwinde
langs die ooskus van Suid-Afrika te verduidelik. (4 x 1) (4)
1.3.3 Waarom kom bergwinde die waarskynlikste in die winter voor?
(1 x 2) (2)
1.3.4 Verduidelik in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarom
bergwinde as 'n bedreiging vir boerderygemeenskappe langs die
ooskus van Suid-Afrika beskou word. (4 x 2) (8)
1.4 FIGUUR 1.4 toon 'n middelbreedtesikloon.
1.4.1 Watter bewys in die diagram dui aan dat Kaapstad winter
ondervind? (1 x 1) (1)
1.4.2 Het front X of front Y die grootste invloed op Kaapstad se weer?
(1 x 1) (1)
1.4.3 Die weerdiens voorspel uiterste weerstoestande vir Kaapstad. Noem
TWEE van hierdie verwagte weerstoestande. (2 x 2) (4)
1.4.4 Verduidelik hoe die uiterste weerstoestande die mense wat in
informele nedersettings in Kaapstad woon, sal beïnvloed (2 x 2) (4)
1.4.5 Verduidelik waarom daar 'n verskil sal wees in die weer wat by
Kaapstad en by Mosselbaai ondervind word. (2 x 2) (4)
1.5 Bestudeer FIGUUR 1.5, wat op dreineerbekkens gebaseer is.
1.5.1 Definieer die term dreineerbekken. (1 x 1) (1)
1.5.2 Het dreineerbekken A (noord van die waterskeiding) of
dreineerbekken B (suid van die waterskeiding) die hoogste
dreineerdigtheid? (1 x 1) (1)
1.5.3 Noem EEN faktor wat moontlik kon bygedra het tot die hoë
dreineerdigtheid van die dreineerbekken wat in VRAAG 1.5.2
geïdentifiseer is. (1 x 2) (2)
1.5.4 Bepaal die stroomorde by Z in dreineerbekken B. (1 x 2) (2)
1.5.5 Verwys na dreineerbekken A en noem die verhouding tussen
stroomorde en die:
(a) Stroomlengtes (1 x 2) (2)
(b) Getal strome (1 x 2) (2)
1.5.6 Evalueer die uitwerking van 'n langdurige droogte op die stroomorde
by punt Y in dreineerbekken A. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 5 DBE/November 2016
NSS
1.6 Verwys na FIGUUR 1.6, wat riviergradering en die lengteprofiele van 'n rivier
toon.
1.6.1 Gee 'n geografiese term wat die onreëlmatige vorm van
lengteprofiel B beskryf. (1 x 1) (1)
1.6.2 Noem 'n tydelike basisvlak wat in lengteprofiel B sigbaar is. (1 x 1) (1)
1.6.3 Watter bewys dui daarop dat verjonging in lengteprofiel A
plaasgevind het? (1 x 2) (2)
1.6.4 Beskryf, met redes, die veranderinge wat 'n rivierkronkel ná
verjonging sal ondergaan. (2 x 2) (4)
1.6.5 Verduidelik, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die prosesse
wat die gegradeerde rivier in profiel C gehelp het om 'n steil gradiënt
in die boloop en 'n geleidelike gradiënt in die benedeloop te hê.
(4 x 2) (8)
[75]
VRAAG 2
2.1 Verwys na FIGUUR 2.1 oor stadsklimate.
Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
2.1.1 Die skets toon 'n (dag/nag)-toestand.
2.1.2 Die inversielaag word snags op 'n (hoër/laer) hoogte aangetref.
2.1.3 Die inversielaag (verhoog/verlaag) snags die besoedelings-
konsentrasie oor die stad.
2.1.4 Die verhitting van die stad by B is die gevolg van (veelvuldige
hitteweerkaatsings/aardstraling).
2.1.5 Die kanalisering van wind tussen hoë geboue (verhoog/verlaag) die
windspoed.
2.1.6 Temperatuur (styg/daal) van B na C.
2.1.7 Die invloed van evapotranspirasie op lugafkoeling sal (kleiner/groter)
wees by B in vergelyking met C.
2.1.8 Gebied B word met (groter/kleiner) wolkbedekking geassosieer in
vergelyking met gebied C. (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 6 DBE/November 2016
NSS
2.2 Bestudeer FIGUUR 2.2 wat drie tipes riviere met die name X, Y en Z toon.
2.2.1 Watter rivier (X, Y of Z) is episodies?
2.2.2 Watter rivier (X, Y of Z) vloei slegs in die reënseisoen?
2.2.3 Watter rivier (X, Y of Z) is slegs van oppervlakwater afhanklik?
2.2.4 Watter rivier (X, Y of Z) vloei regdeur die jaar?
2.2.5 Watter rivier (X, Y of Z) vloei slegs vir 'n baie kort tydperk?
2.2.6 Noem die rivier (X, Y of Z) waarin die watertafel regdeur die jaar die
kanaal sny.
2.2.7 Watter rivier (X, Y of Z) toon tussen seisoene die grootste
verandering in watervlak? (7 x 1) (7)
2.3 Bestudeer FIGUUR 2.3, wat die invloed van hellingsaspek in 'n vallei in die
Suidelike Halfrond (30°S) toon.
2.3.1 Definieer die term hellingsaspek. (1 x 1) (1)
2.3.2 Watter hang in FIGUUR 2.3 ontvang direkte sonstrale? (1 x 1) (1)
2.3.3 Verwys na die hang wat 'skadusone' in die prent genoem word.
(a) Gee 'n rede vir die hoë grondvoginhoud op hierdie hang.
(1 x 2) (2)
(b) Waarom is daar 'n gebrek aan menslike aktiwiteit in die
skadusone ten spyte van die hoë grondvoginhoud? (1 x 2) (2)
2.3.4 Gee 'n moontlike rede vir die ligging van die plaashuis op die
valleibodem. (1 x 2) (2)
2.3.5 Uit 'n klimatologiese oogpunt, verduidelik in 'n paragraaf van
ongeveer AGT reëls waarom die ligging van die plaashuis en die
omliggende plaasgrond op die valleibodem nie noodwendig ideaal
is nie. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 7 DBE/November 2016
NSS
2.4 Verwys na FIGUUR 2.4, wat 'n sinoptiese weerkaart toon.
2.4.1 Identifiseer hoogdrukstelsel V. (1 x 1) (1)
2.4.2 Identifiseer die laagdrukstelsel by weerstasie X. (1 x 1) (1)
2.4.3 Verwys na die hoogdrukstelsel by V.
(a) Gee EEN rede vir die bestaan daarvan. (1 x 2) (2)
(b) Hoe beïnvloed hierdie hoogdrukstelsel weerstoestande oor die
binneland in die wintermaande? (2 x 2) (4)
2.4.4 Verwys na die laagdrukstelsel by weerstasie X.
(a) Gee 'n rede vir die windrigting by X. (1 x 2) (2)
(b) Verduidelik die hoë temperatuur wat by weerstasie X
ondervind word. (2 x 2) (4)
2.5 FIGUUR 2.5 is 'n skets wat twee dreineringspatrone toon.
2.5.1 Wat is 'n dreineringspatroon? (1 x 1) (1)
2.5.2 Benoem dreineringspatroon A en B. (2 x 1) (2)
2.5.3 Gee bewyse uit die diagramme om jou keuses in VRAAG 2.5.2 te
ondersteun. (2 x 2) (4)
2.5.4 Vergelyk die onderliggende rotsstrukture van dreineringspatroon A
en B in die skets. (2 x 2) (4)
2.5.5 Teken 'n eenvoudige, benoemde boaansigskets van 'n
dreineringspatroon wat in 'n geplooide landskap sal ontwikkel. (2 x 2) (4)
2.6 FIGUUR 2.6 is 'n foto van 'n rivierkanaal.
2.6.1 Gee TWEE bewyse wat toon dat die rivierkanaal in sy
benedeloop is. (2 x 1) (2)
2.6.2 Verwys na die riviersamevloeiing by A.
(a) Wat is 'n riviersamevloeiing? (1 x 1) (1)
(b) Waarom sal oorstromings meer waarskynlik by hierdie
riviersamevloeiing voorkom? (1 x 2) (2)
2.6.3 Gee 'n rede waarom die bome op die rivieroewers belangrik is om
oorstromings te beheer. (1 x 2) (2)
2.6.4 Evalueer, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die rol van
gereelde oorstromings in die handhawing van die gesondheid van 'n
rivier en sy omliggende vloedvlakte. (4 x 2) (8)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 8 DBE/November 2016
NSS
AFDELING B: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN
SUID-AFRIKAANSE EKONOMIESE GEOGRAFIE
Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag in
AFDELING B beantwoord, moet jy TWEE vrae in AFDELING A beantwoord.
VRAAG 3
3.1 Bestudeer FIGUUR 3.1. Pas die beskrywings hieronder by die byskrifte in
FIGUUR 3.1. Skryf die byskrif langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.8) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
3.1.1 Beweging van mense van landelike gebiede na stede
3.1.2 Beweging van mense van stede na landelike gebiede
3.1.3 'n Term wat die fisiese groei van 'n stad beskryf
3.1.4 'n Vervalle gebied aan die buitewyke van die SSK
3.1.5 Verwys na die modernisering van ou huise deur ryk mense
3.1.6 'n Verskynsel wat stedelike uitbreiding verhinder
3.1.7 Opknapping van geboue om migrasie te verminder en die stedelike
omgewing te verbeter
3.1.8 Die persentasie toename van mense wat in stede woon (8 x 1) (8)
3.2 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (3.2.1–3.2.7) in die
ANTWOORDEBOEK.
3.2.1 Die verspreiding van nywerhede weg van kerngebiede af staan as
nywerheid-(sentralisasie/desentralisasie) bekend.
3.2.2 'n Inisiatief wat industrialisasie langs hoofroetes aanmoedig,
word (ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe/nywerheidsontwikkeling-
sones) genoem.
3.2.3 Nywerhede wat tussen die grondstof en die klant geleë is, word
(brug-/alomteenwoordige) nywerhede genoem.
3.2.4 'n Olieraffinadery word as 'n (swaar/ligte) nywerheid geklassifiseer.
3.2.5 'n Voedselverwerkingsfabriek is 'n (primêre/sekondêre) ekonomiese
aktiwiteit.
3.2.6 Die sektor van die ekonomie wat met navorsing en ontwikkeling
geassosieer word, is die (tersiêre/kwaternêre) sektor.
3.2.7 'n Steenkoolkragstasie is (grondstof/mark)-gerig. (7 x 1) (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 9 DBE/November 2016
NSS
3.3 FIGUUR 3.3 beeld verskillende tipes landelike nedersettings uit.
3.3.1 Watter bewys dui daarop dat B 'n droëpuntnedersetting is? (1 x 1) (1)
3.3.2 Noem TWEE sosiale voordele daarvan om in nedersetting B
te woon. (2 x 1) (2)
3.3.3 Verwys na nedersetting C.
(a) Identifiseer die vorm van die nedersetting by C. (1 x 1) (1)
(b) Stel 'n rede voor vir die langwerpige (lang en smal) vorm van
die individuele plase in nedersetting C. (1 x 2) (2)
(c) Verduidelik waarom die plase by C waarskynlik gronderosie
sal ondervind. (2 x 2) (4)
3.3.4 Daar is besluit om die bestaande pad in die boeredorpie by B te
verbeter. Verduidelik hoe en waarom dié besluit die boeredorpie se
klassifikasie in die stedelike hiërargie sal verander. (2 x 2) (4)
3.4 Bestudeer FIGUUR 3.4, wat 'n informele nedersetting in Indië toon.
3.4.1 Wat is 'n informele nedersetting? (1 x 1) (1)
3.4.2 Noem EEN basiese diens wat moontlik by 'n informele nedersetting
ontbreek. (1 x 1) (1)
3.4.3 Verduidelik waarom onwettige elektrisiteitsaansluitings ook
algemeen in informele nedersettings in Suid-Afrika voorkom. (2 x 2) (4)
3.4.4 Verduidelik waarom die veiligheidsbeampte voldoende rede gehad
het om die inwoner van die informele nedersetting te beboet. (1 x 2) (2)
3.4.5 Evalueer, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, hoe die inwoners
en hulle aktiwiteite in informele nedersettings die omgewing negatief
beïnvloed. (4 x 2) (8)
3.5 Lees die uittreksel in FIGUUR 3.5, wat op mynbou in Suid-Afrika gebaseer is.
3.5.1 Gee TWEE redes in die uittreksel vir die afname in die bydrae van
mynbou tot die BBP. (2 x 1) (2)
3.5.2 Noem EEN fisieke faktor wat 'n myner se lewe ondergronds in
gevaar kan stel. (1 x 2) (2)
3.5.3 Bespreek TWEE moontlike redes vir die stygende insetkoste van
arbeid. (2 x 2) (4)
3.5.4 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en bespreek die direkte
en indirekte bydrae van mynbou tot die BBP van Suid-Afrika. (4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 10 DBE/November 2016
NSS
3.6 Bestudeer FIGUUR 3.6, wat op informele handel in Suid-Afrika gebaseer is.
3.6.1 Waarom het Metrorail-veiligheidswagte die straatverkopers se
stalletjies afgebrand? (1 x 1) (1)
3.6.2 Gee 'n rede waarom die Khayelitsha-spoorwegstasie ideaal geleë is
vir informele handel. (1 x 1) (1)
3.6.3 Waarom beskou Metrorail informele handel as 'n 'bykomende
finansiële las'? (2 x 1) (2)
3.6.4 Wat verklap die woorde ' 'n Straatverkoper slaan vasberade haar
lekkergoedstalletjie op' oor haar sosio-ekonomiese omstandighede?
(1 x 2) (2)
3.6.5 Stel TWEE maniere voor waarop informele handelaars bygestaan
kan word. (2 x 2) (4)
3.6.6 Evalueer waarom die Suid-Afrikaanse regering in die toekoms
informele handel moet aanmoedig. (2 x 2) (4)
[75]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 11 DBE/November 2016
NSS
VRAAG 4
4.1 Mense wat in groot stedelike gebiede woon, ondervind daagliks verskillende
probleme.
Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (4.1.1–4.1.7) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
4.1.1 Verkeersopeenhopings is kenmerkend van die (landelik-stedelike
oorgangsone/SSK).
4.1.2 Geraasbesoedeling vererger in die (ligte/swaar)nywerheidsone.
4.1.3 Oorbesetting is 'n gevolg van stedelike (groei/uitbreiding).
4.1.4 Informele nedersettings in Suid-Afrika word gewoonlik (in die
stadskern/aan die buitewyke van stede) aangetref.
4.1.5 Verkeersopeenhopings in groot stedelike nedersettings kan opgelos
word deur die aantal (eenrigtingstrate/verkeersligte) te vermeerder.
4.1.6 Lugbesoedeling in 'n stad kan verminder word deur meer
(groen gordels/nywerheidsparke) te ontwikkel.
4.1.7 Die toenemende behoefte aan dienste en infrastruktuur is die
grootste in (informele nedersettings/hoë-inkomste residensiële
gebiede). (7 x 1) (7)
4.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(4.2.1–4.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.2.9 D.
4.2.1 Mynbou is 'n onttrekkingsaktiwiteit wat 'n voorbeeld van die ...
ekonomiese sektor is.
A primêre
B sekondêre
C tersiêre
D kwaternêre
4.2.2 Watter EEN van die volgende is kenmerkend van die tersiêre
sektor?
A Bosbou
B Vervaardiging
C Navorsing
D Vervoer
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 12 DBE/November 2016
NSS
4.2.3 Die buitelandse mark waar produkte buite Suid-Afrika verkoop word,
staan as die …-mark bekend.
A tuis
B invoer
C uitvoer
D streeks
4.2.4 'n Voorbeeld van 'n toegevoegdewaarde-produk:
A Mielies
B Sojabone
C Brood
D Sonneblomsaad
4.2.5 Die Maputo-ontwikkelingskorridor verbind die ...-nywerheidstreek
met die hawe in Maputo.
A PWV
B Durban-Pinetown
C Port Elizabeth-Uitenhage
D Suidwes-Kaap
4.2.6 Die hoofvervaardigingsnywerheid in die Port Elizabeth-Uitenhage-
gebied is …
A yster- en staalproduksie.
B motorvoertuigmontering.
C die inmaak van vis.
D suikerraffinering.
4.2.7 'n Nywerheid wat gevestig kan word waar die vervoerwyses
verander, staan as 'n … nywerheid bekend.
A alomteenwoordige
B grondstofgerigte
C brug-
D onafhanklike
4.2.8 ... moedig industrialisasie langs hoofroetes aan.
A Ruimtelike-ontwikkelingsinisiatiewe
B Nywerheidsontwikkelingsones
C Groeipunte
D Dekonsentrasiepunte (8 x 1) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 13 DBE/November 2016
NSS
4.3 FIGUUR 4.3 is op stedelike uitbreiding gebaseer.
4.3.1 Noem TWEE kenmerke van die SSK (A). (2 x 1) (2)
4.3.2 Gee 'n rede waarom die vinnigste groei langs die hoofpaaie
plaasvind. (1 x 2) (2)
4.3.3 Bespreek TWEE sentrifugale kragte wat ekonomiese aktiwiteite
vanaf die SSK na die hoofpaaie toe dryf. (2 x 2) (4)
4.3.4 Waarom word daar na die gebied met ou geboue rondom die SSK
as die oorgangsone verwys? (1 x 2) (2)
4.3.5 Stel TWEE redes voor vir die nuwe stedelike ontwikkeling wat in die
toekoms in gebied B aan die buitewyke van die stad sal plaasvind.
(2 x 2) (4)
4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4, wat ongebreidelde/onplanmatige stedelike uitbreiding
vanaf 1980 tot 2020 in 'n stedelike nedersetting toon.
4.4.1 Definieer die begrip ongebreidelde/onplanmatige stedelike
uitbreiding. (1 x 1) (1)
4.4.2 Beskryf die uitwerking van ongebreidelde/onplanmatige stedelike
uitbreiding op geboudigtheid in hierdie stedelike nedersetting. (1 x 1) (1)
4.4.3 Gee 'n moontlike rede waarom gebied A nie in 1980 vir stedelike
ontwikkeling gebruik is nie. (1 x 2) (2)
4.4.4 (a) Watter straatpatroon vir 2020 sal die geskikste vir gebied A
in die diagram wees? (1 x 2) (2)
(b) Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 4.4.4(a). (1 x 2) (2)
4.4.5 Evalueer, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, die uitwerking
wat ongebreidelde/onplanmatige stedelike uitbreiding in 2020 op die
natuurlike omgewing by A sal hê. (4 x 2) (8)
4.5 Bestudeer FIGUUR 4.5, wat huidige tendense in die Suid-Afrikaanse
landbouproduksie toon.
4.5.1 Watter gewas in Suid-Afrika toon sedert 2014 'n toename in
produksie? (1 x 1) (1)
4.5.2 Noem die gewas wat vanaf 2014 tot 2015 die grootste afname in
produksie getoon het. (1 x 1) (1)
4.5.3 Noem die verhouding tussen gewasopbrengs en hektaar beplant vir
die tydperk 2014 tot 2015. (1 x 2) (2)
4.5.4 Gee TWEE moontlike redes vir jou antwoord op VRAAG 4.5.3.
(2 x 2) (4)
4.5.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel maatreëls voor wat
toegepas kan word om gewasproduksie te verbeter om in die
behoeftes van die groeiende Suid-Afrikaanse bevolking te voorsien.
(4 x 2) (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Geografie/V1 14 DBE/November 2016
NSS
4.6 Die PWV/Gauteng-nywerheidstreek dra die meeste tot die Suid-Afrikaanse
BBP by. Dit is slegs moontlik gemaak deur die probleem van waterskaarste in
die streek te oorkom.
4.6.1 Waarvoor staan die afkorting PWV? (1 x 1) (1)
4.6.2 Watter mineraal se ontdekking het tot die ontwikkeling van die
PWV/Gauteng-nywerheidstreek gelei? (1 x 1) (1)
4.6.3 Noem EEN mineraal wat jy bestudeer het en verduidelik hoe dit tot
nywerheidsontwikkeling in hierdie gebied bygedra het. (2 x 2) (4)
4.6.4 Verduidelik hoe die probleem van waterskaarste in die PWV/
Gauteng-nywerheidstreek oorkom is. (2 x 2) (4)
4.6.5 Verduidelik die bydrae van hierdie nywerheidstreek tot die
ekonomiese groei van Gauteng. (2 x 2) (4)
[75]
TOTAAL: 225
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)
_hlayiso.com_--c036ea83-27f8-4d4e-9e3e-950ed2fc4fa7/v1-2b1daf39cf9f6db740ac/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2020 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 NSC November 2019 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum