Skip to content

History Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12201613 pages

Grade 12 History addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 GESKIEDENIS V1 ADDENDUM Hierdie addendum bestaan uit 13 bladsye.
2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 1A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE KRISIS BETREKKINGE TUSSEN DIE VSA EN DIE SOWJETUNIE TYDENS IN DIE 1960’s VERERGER? BRON 1A Hierdie bron verduidelik die redes waarom die Sowjetunie uiteindelik besluit het om ʼn muur te bou wat Oos-Berlyn van Wes-Berlyn geskei het. Die bestaan van Wes-Berlyn, ʼn opvallende kapitalistiese stad diep binne die kommunistiese Oos-Duitsland, “het soos ʼn been in die Sowjet-keel vasgesit,” soos die Sowjet-leier Nikita Khrushchev dit gestel het. Die Russe het pogings begin aanwend om die Verenigde State van Amerika, Brittanje en Frankryk uit die stad te verdryf vir eens en altyd. In 1948, het ʼn Sowjet-blokkade van Wes-Berlyn daarop gemik om die Westerse bondgenote uit die stad deur ʼn voedselblokkade te verdryf. In plaas daarvan om toe te gee het die Verenigde State en sy bondgenote hul sektore van die stad vanuit die lug voorsien. Hierdie poging, wat bekend gestaan het as die Berlynse Lugbrug, het vir meer as ʼn jaar geduur en meer as 2,3 miljoen ton voedsel, brandstof en ander goedere in Wes-Berlyn afgelewer. Die Sowjetunie het die blokkade in 1949 afgelas. Na ʼn dekade van relatiewe kalmte, het spanning weer in 1958 opgevlam. Vir die volgende drie jaar, het die Sowjetunie, aangemoedig deur die suksesvolle bekendstelling van die Sputnik-satelliet die vorige jaar en die verleentheid van die skynbaar eindelose stroom vlugtelinge van oos na wes (byna 3 miljoen sedert die einde van die blokkade, baie van hulle jong geskoolde werkers soos dokters, onderwysers en ingenieurs) -getier en gedreig, terwyl die Geallieerdes dit weerstaan het. Berade, konferensies en ander onderhandelinge het gekom en gegaan sonder resolusie. Intussen het die vloed van vlugtelinge voortgegaan. In Junie 1961 het byna 19 000 mense die DDR deur Berlyn verlaat. Die volgende maand, het 30 000 gevlug. In die eerste 11 dae van Augustus, het 16 000 Oos-Duitsers die grens na Wes-Berlyn oorkruis, gevolg deur byna 2 400 op 12 Augustus – die grootste getal oorlopers wat Oos-Duitsland in ʼn enkele dag verlaat het. [Bron: www.history.com/topics/cold-war/berlin-wall. Toegang op 29 Oktober 2015 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Hierdie bron gee besonderhede oor hoe die werklike konstruksie van die Berlynse Muur die toestand van spanning / vyandelikhede tussen die VSA en die USSR verhoog het. In die vroeë oggendure van 13 Augustus 1961 is tydelike versperrings opgesit by die grens wat die Sowjet-sektor van Wes-Berlyn geskei het, en die teerpad en keistene op die verbindingspaaie was opgelig. Die polisie- en vervoerpolisie-eenhede, saam met lede van “boogskutters werkers”, het wag gestaan en alle verkeer by die sektorgrense weggewys. Oor die volgende paar dae en weke, was die rolle doringdraad wat langs die grens na Wes-Berlyn gespan was vervang deur ʼn muur van betonblaaie en hol blokke. Dit is gebou deur Oos-Berlyn konstruksiewerkers onder die noukeurige toesig van die DDR grenswagte. Op 25 Oktober 1961 het Amerikaanse en Sowjet-tenks mekaar gekonfronteer by die Friedrich-grenskruising wat gebruik was deur buitelandse burgers (Checkpoint Charlie), want die DDR grenswagte het probeer om die verteenwoordigers van die Westerse- bondgenote te identifiseer soos hulle die Sowjet-sektor wou binnegaan. Volgens die Amerikaanse siening, is die geallieerdes se reg om vrylik in die hele Berlyn te beweeg, geskend. Vir sestien uur, het die twee kernmagte mekaar gekonfronteer op ʼn afstand van net ʼn paar meter, en die mense van daardie era het die dreigende gevaar van oorlog gevoel. Die volgende dag, het beide kante onttrek. Danksy ʼn diplomatieke inisiatief deur Amerika se president Kennedy, het die hoof van die Sowjet-regering en die Kommunistiese Party, Nikita Khrushchev, die vier-krag status van Berlyn bevestig, ten minste vir nou. [Bron: Aangepas van www.berlin.de/mauer/geschichte/index.en.htm. Toegang op 1 November 2015 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2016) BRON 1C Hierdie visuele bron wys hoe kinders bo-op die Berlynse Muur speel in die Wes-Berlynse distrik Kreuzberg in Maart 1972. [Bron: www.germany.info/Vertretung/usa/en/02-GIC. Toegang 1 November 2015 verkry.] Einigkeit und Freiheit für Berlin Eenheid en vrede vir Berlyn Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5 BRON 1D Dit is ʼn uittreksel uit ʼn toespraak deur president Kennedy van die VSA in reaksie op die bou van die Berlynse Muur in 1961 by die Rudolph Wilde Platz in Berlyn. ... Ons kan nie en sal nie die Kommuniste toelaat om ons uit Berlyn te verdryf nie, óf geleidelik of met geweld. Die vervulling van ons belofte aan daardie stad is noodsaaklik vir die moraal en sekuriteit van Wes-Duitsland, vir die eenheid van Wes-Europa, en aan die geloof van die hele vrye wêreld. Die Sowjet-strategie is lank reeds gemik, nie net op Berlyn nie, maar op die verdeling en neutralisering van die hele Europa, en om ons terug te dwing na ons eie gebied. Ons moet voldoen aan ons dikwels verklaarde belofte aan die vrye mense van Wes-Berlyn – en ons moet ons regte en hul veiligheid handhaaf, selfs in die aangesig van dwang – ten einde die vertroue van ander vrye volke in ons woord en ons vasberadenheid in stand te hou. Die sterkte van die alliansie op wie ons veiligheid afhang hang op sy beurt af van ons gewilligheid om ons verpligtinge aan hulle na te kom. So lank as wat die Kommuniste daarop aandring dat hulle hulself voor berei om ons regte in Wes-Berlyn en ons verbintenis tot die mense daar eensydig te beëindig, moet ons bereid wees om daardie regte en daardie verpligtinge te verdedig. Ons sal ten alle tye gereed wees om te praat, as praat sal help. Maar ons moet ook gereed wees om te weerstaan met geweld, indien geweld teen ons gebruik word. Elkeen op sy eie, sal misluk. Saam, kan hulle die saak van vryheid en vrede dien. Die aanvullende verdedigingsmagte opbou wat ek vanaf die Kongres aangevra het in Maart en Mei het al reeds ons laat beweeg in die rigting van hierdie en ons ander verdedigingsdoelwitte. Dit sluit in ʼn toename in die grootte van die Marinekorps, verbeterde gereedheid van ons reserwes, uitbreiding van ons lug en see ondersteuning, en ʼn verhoogde aanvraag van die nodige wapens, ammunisie, en ander items. [Bron: www.history.com/topics/berlin-wall;. Toegang op 30 Oktober 2015 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 2: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE BETROKKENHEID VAN BUITELANDSE MAGTE OP DIE ANGOLESE BURGEROORLOG? BRON 2A Hierdie bron gee agtergrondinligting oor die betrokkenheid van buitelandse lande in die Angolese konflik. Die Suid-Afrikaanse inval, Kubaanse ingryping en Sowjet en Amerikaanse hulp het die Angolese konflik geïnternasionaliseer. Alhoewel die FNLA opgehou het om te bestaan in 1976, het Unita – wat voordeel getrek het uit die uitgebreide Suid-Afrikaanse militêre bystand asook die Verenigde State se hulp en ʼn winsgewende diamant smokkelbedryf – ʼn gedugte gevegsmag van sowat 40 000 soldate opgebou. Vir bykans twee dekades was daar ʼn burgeroorlog tussen die Unita guerrilla en die MPLA-regering, wat gelei het tot die dood van meer as 1,1 miljoen burgerlikes, meestal in die landelike gebiede, waar meer as tagtig persent van die bevolking woon. Die MPLA, ʼn Marxisties-Leninistiese party sedert 1977, het opvoedkundige geleenthede en die gesondheidsorgstelsel uitgebrei en nywerhede wat deur Portugese setlaars en buitelandse maatskappye verlaat was, genasionaliseer. Maar sy staatsbeheerde plase en ondoeltreffende burokrasieë het net die lewe moeiliker gemaak op die platteland, waar paaie versleg het en waar kleinboere gelaat was sonder toegang tot markte of landbou- insette ... President Neto en Jose Eduardo dos Santos, wat Neto in 1979 opgevolg het, het pragmatiese ekonomiese beleide nagestreef, wat private eienaarskap en samewerking met die Westerse-oliemaatskappye in die ontginning van Angola se ryk olie- reserwes aan die kus van die Cabinda-enklave toegelaat het. Baie – indien nie alles – van die $400 miljoen van die jaarlikse olie-inkomste is aan die oorlogspoging bestee ... [Bron: Africana: The Encyclopaedia of the African and African American Experience, geredigeer deur Appiah KA en Gates HL Jnr.] BRON 2B Hierdie bron verduidelik in detail die redes vir die betrokkenheid van die VSA in die Angolese konflik. Dit fokus op die VSA se pogings om te herstel van die verleentheid van Viëtnam. Die VSA wou verhoed dat ʼn Sowjet-gesteunde kommunistiese regering aan bewind kom in Angola. Om hierdie rede, het sy wapens, geld en voorrade aan beide die FNLA en Unita verskaf. Dit is verskerp na die Amerikaanse onttrekking aan Vietnam. Die Amerikaanse regering was gretig om sy posisie in Afrika ná sy vernederende nederlaag teen die kommuniste in Viëtnam af te dwing. Hulle het dit gesien as ʼn manier om die magsbalans tussen die supermoondhede te herstel. Maar, na sy nederlaag in Viëtnam, was die VSA nie bereid om direk by die stryd betrokke te raak deur troepe te stuur nie. Hulle het in die geheim die inval van die Suid-Afrikaanse Weermag aangemoedig en daardeur gehoop dat dit die MPLA sou verhoed om aan bewind te kom. Die effek van die VSA se betrokkenheid was om die burgeroorlog te verleng. [Bron: In Search of History; Bottaro J et al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7 BRON 2C Hierdie bron stel twee standpunte teenoor mekaar, ʼn Kubaanse siening en ʼn Suid- Afrikaanse siening oor die Slag van Cuito Cuanavale. Een denkrigting (ondersteun deur die ANC, Kuba, ander bevrydingsbewegings en verskeie historici) is dat Suid-Afrika se besluit om sy aanval te loods beïnvloed was deur hul voorneme om Unita te red en hul begeerte om die dorp van Cuito Cuanavale oor te neem deur die inname/besetting van die lugmagbasis. Daar word aangevoer dat die optrede van die SAW voor 23 Maart 1988 ʼn duidelike bewys was van hul vasberadenheid om na die dorp deur te breek. Die SAW magte het Cuito aangeval met massiewe 155 mm G-5 gewere en aanvalle ná aanvalle gevoer gelei deur die knap 61ste gemeganiseerde bataljon, 32 Buffalo bataljon, en later die 4de SA Infanteriebataljon groep. Op die 23ste Maart het die stryd ʼn stilstand bereik. In die woorde van die 32ste Bataljon bevelvoerder, kolonel Jan Breytenbach. Hy skryf: “Die Unita soldate het baie dood gebring daardie dag’ en ‘die volle gewig van die defensiewe mag van die FAPLA was op die koppe van die [SAW] Regiment President Steyn en die reeds bloeiende Unita” geplaas. Volgens hierdie siening het die SAW misluk in hul sy voorneme en was suksesvol deur die gekombineerde Angolese magte in die wiele gery. Die tweede denkrigting volhou daarmee dat die SAW slegs beperkte doelwitte gehad het, naamlik om die vyand by Cuito te stop, om die gebruik van hul landingstrook te verhoed, en dan om terug te val. Verdere optrede sou die onderhandelinge tussen Kuba, Angola en Suid-Afrika ondermyn het, wat vroeg in 1988 in Londen begin was en voortgegaan het in Mei in Brazzaville, Kongo, en Kaïro Egipte. Teen hierdie tyd, het die Suid-Afrikaanse regering alreeds die politieke verandering in Rusland en die beëindiging van die Koue Oorlog erken. Gen. Jannie Geldenhuys, Hoof van die SAW, het gesê dat die mees belangrikste veldtog in die stryd was toe hulle die Kubane verslaan het by die Lomba- rivier en Cuito Cuanavale was bloot deel van die opruimingsoperasie na die stryd. Hierdie siening word ook ondersteun deur genl. Magnus Malan, Suid-Afrikaanse Minister van Verdediging op daardie oomblik. Opvolgend tot dit was die SAW se doelwit om die inname van Mavinga te voorkom en daardeur aanvalle op Jamba te voorkom. Dit is suksesvol bereik. Hierdie siening word ondersteun deur die SAW en verskeie historici soos Fred Bridgeland, W.M. James en ander. Daarbenewens weerspreek beide SAW en militêre ontleder statistieke die aansprake van ʼn oorwinning. Gen. Jannie Geldenhuys, Hoof van die SAW, het die volgende aangehaal ter ondersteuning van hierdie argument: KUBA/FAPLA tenks vernietig: 94, SAW tenks vernietig: 3, Kubaanse troepedraers vernietig: 100, SAW troepedraers vernietig: 5 logistieke voertuie vernietig: 389 vir Kuba en 1 vir SAW. [Bron: www.sahistory.org.za/tops/battle-cuito-cuanavale. Toegang op 26 Oktober 2015 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2016) BRON 2D Hierdie foto wys die Suid-Afrikaanse Weermag rekrute wat hulle wapens beveilig voordat hulle die basis by Ruacana in 1988 binnegaan het gedurende die Slag van Cuito Cuanavale. Hierdie bron is uit ʼn koerantartikel, The Mother of Liberation Battles aangepas. [Bron: ‘The Mother of Liberation Battles’, ʼn artikel deur Ronnie Kasrils, Sunday Independent, 24 Maart 2013] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9 VRAAG 3: HOE SUKSESVOL WAS DIE DESEGREGASIE VAN SKOLE IN LITTLE ROCK, ARKANSAS, GEDURENDE 1957? BRON 3A Hierdie bron is ʼn uittreksel vanuit dagboeknotas wat deur President Dwight Eisenhower op 8 Oktober 1957 opgestel na sy vergadering met Goewerneur Faubus. Dit het betrekking op die besoek van Goewerneur Faubus van Arkansas aan Little Rock op 14 September 1957. Die vergadering het in Newport plaasgevind. Goewerneur Faubus het herhaaldelik geprotesteer dat hy ʼn wetsgehoorsame burger was, dat hy ʼn veteraan was, geveg het in die oorlog, en dat almal erken dat die Federale wet hoër as die staatswet was. Ek het toe aan hom voorgestel dat hy huis toe moet gaan en nie noodwendig die troepe van die Nasionale Wag moet onttrek nie, maar eerder net hul bevele verander deur te sê dat hy die versekering gegee het dat daar geen poging was om iets te doen, behalwe om die howe te gehoorsaam en dat die federale regering nie iets sou probeer wat alreeds ooreengekom was deur die Skoolraad en opdragte wat deur die howe gegee was; dat hy die Wag moes vertel om voort te gaan met die handhawing van orde, maar die Negro kinders moes toelaat word om Sentraal Hoërskool by te woon. Ek het daarop gewys op die tydstip toe hy die volgende Vrydag, die 20ste voor die hof moes verskyn om te bepaal of ʼn hofbevel uitgereik moes word ... Ek het verder gesê dat ek glo nie dit was vir enigiemand om ʼn verhoor van mag tussen die president en ʼn goewerneur te hê nie want in enige gebied waar die federale regering jurisdiksie aanvaar het en dit deur die Hooggeregshof bevestig was, kan daar net een uitkoms wees ... dit is, die staat sal verloor, en ek wou nie sien dat enige goewerneur verneder word nie. Hy was skynbaar baie dankbaar vir hierdie houding en ek het ʼn besliste verstandhouding gekry dat hy na Arkansas terug sou gaan om binne ʼn paar ure die bevele wat aan die Nasionale Wag gegee was om die Negro kinders se hertoelating tot die skool te verhoed, sou herroep. Hy het my vertel van sy oorlogservarings en het sy diep gevoel van lojaliteit en toewyding aan die federale regering kragtig bevestig, en verskeie kere die respek wat hy getoon het vir die wet in al sy optredes, herhaal. [Bron: www.mhunt.weebly.com . Toegang op 13 November 2015 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2016) BRON 3B Dit is ʼn verklaring deur die goewerneur van Arkansas, Orval Faubus, ná sy ontmoeting met die Amerikaanse president Dwight Eisenhower in September 1957 met betrekking tot die voorval by Sentraal Hoërskool, Little Rock, Arkansas. ... Ek het die President verseker van my begeerte om saam met hom te werk in die uitvoering van die pligte wat op beide van ons rus onder die Federale Grondwet. Daarbenewens moet ek my optrede kragtens die Grondwet van Arkansas harmoniseer met die vereistes van die Grondwet van die Verenigde State van Amerika. Ek het nog nooit enige persoonlike mening uitgespreek met betrekking tot die Hooggeregshof besluit van 1954 [Brown v Raad van Onderwys] wat integrasie aanbeveel het nie. Dit is nie relevant nie. Die besluit is die wet van die land en moet gehoorsaam word. Terselfdertyd is dit duidelik uit die taal van die besluit self dat die veranderinge wat die hofbevele in die vooruitsig stel nie oornag bereik kan word nie. Die mense van Little Rock is wetsgehoorsamig en ek weet dat hulle verwag om geldige hofbevele te gehoorsaam. In dit, sal hulle my ondersteuning het. Deur dit te doen dit is my verantwoordelikheid om die mense te beskerm teen enige vorm van geweld. Soos ek die president se openbare verklarings interpreteer, het die Nasionale Administrasie geen begeerte om hierdie feit uit te daag nie. Om hierdie verpligting na te kom, is dit noodsaaklik dat, in die proses van die uitvoering van die bevele van die Hof, die kompleksiteit van integrasie geduldig verstaan moet word deur almal wat onder Federale gesag is. Toe ek die president verseker ... dat ek verwag om die besluit van die howe te aanvaar, het ek hoop uitgespreek dat die Departement van Justisie en die Federale Regbank sal optree met begrip en geduld in die uitvoering van hul pligte. [Bron: www.ourdocuments.gov. Toegang op 14 November 2015 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11 BRON 3C Hierdie uittreksel beskryf die swaarkry van die Afro-Amerikaanse studente en hul gesinne wat die ‘net wit’ Sentraal Hoërskool bygewoon. Dit fokus ook op hoe hulle families geteister was. Alhoewel sommige van die studente, onderwysers en administrateurs probeer het om ʼn gevoel van normaliteit voor te hou, was dit vir die nege studente wat Sentraal Hoërskool geïntegreer het soos om na ʼn oorlog toe te gaan elke dag. Een van die Little Rock Nege, Melba Pattilo Beals, beskryf hul ervarings in haar boek Warriors Do not Cry: “My agt vriende en ek het betaal vir die integrasie van Sentraal Hoërskool met ons onskuld. Gedurende dié jaar toe ons dringend die goedkeuring van ons eweknieë benodig het, was ons die slagoffers van die mees harde verwerping denkbaar. Die fisiese en sielkundige straf wat ons verduur het, het ons lewens diep geraak. Dit het ons verander in krygers wat nie eens kon waag om te huil toe ons aan ondraaglike pyn gely het nie.” Integrasie het beide hul lewens by die skool en by die huis beïnvloed. Op skool was hierdie studente met die elmboog geloop, gesteek, geskop, geslaan en gestoot. Hulle het verbale mishandeling vanaf voorstaanders van segregasie in die gesig gestaar asook doodsdreigemente teen hulself, hul families en lede van die swart gemeenskap. Tuis, het hul families dreigoproepe verduur; sommige van die ouers het hul werk verloor, en die swart gemeenskap as ʼn geheel is geteister deur bomdreigemente, geweerskote, en bakstene wat deur vensters gegooi was. Terwyl die studente ʼn mate van ondersteuning van hul gemeenskap ontvang het, was hulle ook vervreemd van diegene wat gevoel het dat hul optrede ʼn gevaar was vir die veiligheid van ander. [Bron: www.nps.gov/history/nr/twhp/wwwlps/lessons. Toegang op 14 November 2015 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2016) BRON 3D Hierdie foto wys sommige swart Afro-Amerikaanse en wit Amerikaanse studente wat sosiaal by Sentraal Hoërskool in 1957 verkeer. [Bron: www.history.com. Toegang op 15 November 2015 verkry.] Minnie-Jean Brown Federale troepe Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 13 ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse was geneem vanuit die volgende: Appiah, KA and Gates, HL Jr (Editors), Africana: The Encyclopaedia of African en African American Experience, (Oxford University Press) Bottaro J, et al, 2013, In Search of History, (Oxford University Press) Kasrils R, “The Mother of Liberation Battles” – Sunday Independent, Maart 24, 2013 www.berlin.de/mauer/geschichte/index.en.htm www.germany.info/Vertretung/usa/en/02-GIC www.germany.infor/Vertreting/usa/en/02-GIC www.history.com/black-history/central-high-school-integration www.history.com/topics/cold-war/berlin-wall www.sahistory.org.za/tops/battle-cuito-cuanavale www.mhunt.weebly.com www.nps.gov/history/nr/twhp/wwwlps/lessons Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all