Skip to content

History Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220169 pages

Grade 12 History question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 GESKIEDENIS V1 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s – BURGERREGTEBEWEGING AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s: DIE SWARTMAGBEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om brongebaseerde vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN (1) moet ʼn brongebaseerde vraag wees, en ten minste EEN (1) moet ʼn opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan ʼn brongebaseerde vraag of ʼn opstelvraag wees. 5. Leerders word aangeraai om nagenoeg ʼn uur op elke vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal tot nadeel van kandidate wees. 8. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer word met behulp van dieselfde nommeringstelsel as in die vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 3 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag maar nie meer as TWEE vrae vanuit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om die vrae te beantwoord is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE KRISIS DIE KOUE OORLOG SPANNING TUSSEN DIE VSA EN DIE SOWJETUNIE IN DIE 1960’s VERERGER? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Bestudeer Bron 1A. 1.1.1 Definieer die konsep kapitalisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.2 Wat, volgens die bron, was die hoof doelwit van die Sowjetunie-in Wes-Berlyn? (1 x 2) (2) 1.1.3 Onttrek bewyse vanuit die bron wat aandui hoe die Westerse moondhede op die Berlynse Blokkade gereageer het. (1 x 2) (2) 1.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom die Sowjetunie gedwing was om die Berlynse Blokkade in 1949 af te las. (2 x 2) (4) 1.1.5 Verduidelik waarom jy dink die verlies aan opgeleide personeel aan Wes-Berlyn so ʼn ernstige risiko vir Oos-Berlyn en Oos-Duitsland (DDR) was. (2 x 2) (4) 1.2 Verwys na Bron 1B. 1.2.1 Noem DRIE aktiwiteite vanuit die bron om te bewys dat die werklike konstruksie van die Berlynse Muur plaasgevind het. (3 x 1) (3) 1.2.2 Verduidelik op watter maniere die Amerikaanse- en Sowjettenke wat mekaar by die Friedrichstrass-grenskruising gekonfronteer het, ʼn hoë risiko vir die Koue Oorlog was. (2 x 2) (4) 1.2.3 Hoe, volgens die bron, was die moontlike konfrontasie tussen die VSA- en Sowjet-magte vermy? (1 x 2) (2) 1.3 Hoe ondersteun die bewyse in Bron 1B, vir Bron 1A rakend die Sowjetunie se begeerte om Wes-Berlyn te beheer? (2 x 2) (4) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2016) 1.4 Gebruik Bron 1C. 1.4.1 Verduidelik wat jy dink was deur die woorde geïmpliseer: ‘Eenheid en Vryheid vir Berlyn’ in die konteks van die Koue Oorlog. (2 x 2) (4) 1.4.2 Gebruik visuele leidrade in die foto en verduidelik hoe die Berlynse Muur die lewens van gewone burgers in Berlyn beïnvloed het. (2 x 2) (4) 1.5 Raadpleeg Bron 1D. 1.5.1 Volgens President Kennedy, noem DRIE redes waarom dit vir die VSA nodig was om Berlyn te ondersteun. . (3 x 1) (3) 1.5.2 Verduidelik of die inligting in die bron nuttig sal wees vir ʼn historikus om Kennedy se toewyding om ʼn kommunistiese oorname in Berlyn te voorkom, te verstaan. (2 x 2) (4) 1.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis; skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Berlynse Krisis die Koue Oorlog spanning tussen die VSA en die Sowjetunie in die 1960’s vererger het. (8) [50] Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 5 VRAAG 2: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE BETROKKENHEID VAN BUITELANDSE MAGTE OP DIE ANGOLESE BURGEROORLOG? Bestudeer bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Noem TWEE buitelandse magte vanuit die bron wat by die Angolese konflik betrokke geraak het. (2 x 1) (2) 2.1.2 Waarom, volgens die bron, het UNITA skielik ʼn sterk gevegsmag geword? (1 x 2) (2) 2.1.3 Definieer die konsep nasionalisering in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.4 Hoekom, na jou mening, het Neto en Dos Santos private eienaarskap en samewerking met Westerse-maatskappye toegelaat? (2 x 2) (4) 2.1.5 Lewer kommentaar of die bewyse in die bron bruikbaar sal wees vir ʼn historikus om die redes waarom die konflik in Angola begin het, te verstaan. (2 x 2) (4) 2.2 Bestudeer Bron 2B. 2.2.1 Haal DRIE redes uit die bron aan vir die VSA se betrokkenheid in die Angolese burgeroorlog. (3 x 1) (3) 2.2.2 Wat, volgens die bron, was die gevolge van die VSA se betrokkenheid by die Angolese burgeroorlog? (1 x 1) (1) 2.2.3 Verduidelik hoekom die VSA uit sy pad gegaan het om te verhinder dat ʼn kommunistiese regering in Angola aan bewind kom. (2 x 2) (4) 2.3 Gebruik Bron 2C. 2.3.1 Gee TWEE redes uit die bron waarom Suid-Afrika vir Unita tydens die Angolese konflik ondersteun het. (2 x 1) (2) 2.3.2 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat baie Unita soldate tydens die geveg gesterf het. (1 x 1) (1) 2.3.3 Lewer kommentaar oor hoe die inligting in die twee denkrigtings in die bron verskil, rakend die uitslag van die Slag van Cuito Cuanavale. (2 x 2) (4) 2.3.4 Wat was die bedoeling van die SAW in hul verskaffing van statistiese bewyse met betrekking tot die Slag van Cuito Cuanavale? (2 x 2) (4) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2016) 2.4 Raadpleeg Bron 2D. 2.4.1 Watter land het onafhanklik geraak na die nederlaag van die SAW tydens die Slag van Cuito Cuanavale? (1 x 1) (1) 2.4.2 Verduidelik waarom, na jou mening, die titel, Die Moeder van Bevrydingsgevegte vir die artikel geskik is. (2 x 2) (4) 2.4.3 Verduidelik watter boodskappe die foto oordra oor die SAW se betrokkenheid in die Angolese oorlog. Gebruik die visuele leidrade in die bron en jou eie kennis om jou antwoord te ondersteun. (2 x 2) (4) 2.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die impak van die betrokkenheid van buitelandse magte in die burgeroorlog op Angola verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 7 VRAAG 3: HOE SUKSESVOL WAS DIE DESEGREGASIE VAN SKOLE IN LITTLE ROCK, ARKANSAS, GEDURENDE DIE 1950’s? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat daarop volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Haal DRIE redes uit die bron aan waarom Goewerneur Faubus as ʼn goeie burger beskou kan word. (3 x 1) (3) 3.1.2 Wat, volgens die bron, was die TWEE instruksies wat aan Faubus deur President Eisenhower tydens hul vergadering gegee. (2 x 1) (2) 3.1.3 Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis verduidelik waarom daar 'n behoefte aan ʼn vergadering tussen Faubus en Eisenhower was. (2 x 2) (4) 3.1.4 Waarom, volgens die bron, het Eisenhower vir Faubus probeer ontmoedig om die Little Rock Nege kwessie hof toe te neem? (1 x 2) (2) 3.1.5 Lewer kommentaar op die vraag of Eisenhower geregverdig was om Faubus opdrag te gee om die bevele wat hy aan die Nasionale Wag gegee het, te verander met betrekking tot die gebeure by Sentraal Hoërskool. (2 x 2) (4) 3.2 Lees Bron 3B. 3.2.1 Definieer die konsep integrasie, binne die konteks van die Little Rock Nege voorval. (1 x 2) (2) 3.2.2 In die bron verklaar Faubus: “Die besluit is die wet van die land en dit moet gehoorsaam word.” Verduidelik of jy hierdie stelling as in ooreenstemming met die Little Rock Nege voorval sou beskou. (2 x 2) (4) 3.2.3 Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, verduidelik die boodskappe wat Faubus aan die publiek probeer oordra. (2 x 2) (4) 3.3 Verduidelik tot watter mate die inligting in Bron 3B en Bron 3A verskil met betrekking tot die beloftes wat Faubus aan President Eisenhower gemaak het. (2 x 2) (4) 3.4 Gebruik Bron 3C. 3.4.1 Verduidelik wat geïmpliseer word deur die stelling: “Dit was soos om elke dag oorlog toe te gaan.” (2 x 2) (4) 3.4.2 Noem DRIE maniere waarop Afro-Amerikaanse studente by die skool behandel was. (3 x 1) (3) 3.4.3 Die reaksie van konserwatiewe wit Amerikaners het ʼn negatiewe uitwerking op die Afro-Amerikaanse gemeenskap van Little Rock gehad. Haal TWEE bewyse uit die bron om hierdie stelling te staaf. (2 x 1) (2) Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2016) 3.5 Oorweeg Bron 3D. 3.5.1 Gebruik ʼn visuele leidraad in die bron om te verduidelik dat integrasie by Sentraal Hoërskool plaasgevind het. (1 x 2) (2) 3.5.2 Wat dui die teenwoordigheid van personeel in uniform in die bron oor die situasie by Sentraal Hoërskool aan? (1 x 2) (2) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die sukses van desegregrasie van skole in Little Rock, Arkansas, in die 1950’s verduidelik. (8) [50] Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 9 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag maar nie meer as TWEE vrae vanuit hierdie afdeling. VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM Die Verenigde State van Amerika was suksesvol in die voorkoming van die kommunistiese oorname van Viëtnam tussen 1962 en 1974. Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou antwoord met verwysing na die Verenigde State van Amerika se betrokkenheid in die oorlog. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE – DIE KONGO EN TANZANIË Evalueer die suksesse van Tanzanië en die Kongo se ekonomiese ontwikkelings- programme na onafhanklikheid. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET IN DIE VSA, 1950's TOT 1960's: DIE SWARTMAGBEWEGING Die relatiewe stadige tempo van die sukses en die filosofie van nie-geweld het nie universele steun onder die jong en militante afdelings van die Afro-Amerikaanse gemeenskap gevind nie. Bespreek hierdie stelling krities met verwysing na hoe die opkoms van die Swartmagbeweging, ʼn alternatief vir die filosofie van die Burgerregtebeweging gebied het. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all