Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
GESKIEDENIS V1
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 


_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)


View all



%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)

History Grade 12 Eastern Cape Mock 2016 Memo (Afrikaans)
Grade 12 History memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 716.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2016
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
1. BRONGEBASEERDE VRAE
1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te
ontwikkel.
KOGNITIEWE HISTORIESE VAARDIGHEDE GEWIGS-
VLAKKE TOEKENNING
VAN VRAE
Onttrek inligting uit bronne.
Selektering en organisasie van 30%
VLAK 1
relevante inligting uit bronne. (15)
Definieer historiese begrippe/terme.
Interpretasie van bewyse uit
bronne.
40%
VLAK 2 Verduidelik inligting verkry uit
(20)
bronne.
Analiseer bewyse uit bronne.
Interpreteer en evalueer bewyse uit
bronne.
Skakel met bronne om
bruikbaarheid, betroubaarheid,
eensydigheid en beperkings vas te 30%
VLAK 3
stel. (15)
Vergelyk en kontrasteer
interpretasies en perspektiewe in
die bronne en kom tot onafhanklike
gevolgtrekkings.
1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer
word:
By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir
enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of
voorbeelde.
Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar
aan die vereistes van die vraag voldoen is.
In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede
waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in
kursiefgedrukte skrif aangedui.
1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae
Gebruik ʼn regmerk () vir elke korrekte antwoord
Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee
redes en word twee punte elk toegeken ( ); (1 x 2) wat neerkom
op een rede en twee punte toegeken word ()
Indien ʼn vraag 4 punte tel word 4 regmerke () aangedui.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 3
Paragraafvraag
Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die
inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word
wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word
wanneer ʼn antwoord op ʼn paragraafvraag geassesseer word:
Lees die paragraaf en plaas ʼn kolpunt ( . ) by elke punt binne-in die teks
waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te
beantwoord.
Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in
staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te
beantwoord.
Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf
aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos
aangedui in die holistiese rubriek en gee ʼn kort kommentaar bv.
___________ . __________________________ . __________________
_________________ . ____________________________ . __________
√√√√
Vlak 2
Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf.
Tel al die regmerke vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt
aan die regterkantse onderste kantlyn, bv. 32
50
Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die
antwoordeboek oorgedra word.
2. OPSTELVRAE
2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate:
In staat sal wees om hul argument op ʼn logiese en samehangende wyse
te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en
bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om ʼn redelike reeks
feite of ʼn effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde
vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat ʼn opstel ʼn inleiding, ʼn
samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en ʼn slot het.
2.2 Nasien van opstelvrae
Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word
deur die handboeke wat by ʼn spesifieke sentrum gebruik is.
Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as
dit wat ingesluit is by ʼn riglyn vir nasien van ʼn spesifieke opstel.
By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate
krediet kry vir enige ander relevante antwoord.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
2.3 Globale assessering van ʼn opstel
Die opstel skryfwerk sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie
benadering vereis dat die onderwyser die totale produk as 'n geheel
sal bepunt sonder om die samestellende dele individueel te bepunt.
Hierdie benadering moedig die leerder aan om ʼn individuele mening
aan te bied deur gebruik te maak van geselekteerde feitelike bewyse
om ʼn argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag
word om slegs ‘feite’ neer te skryf om ʼn beter punt te behaal nie.
Hierdie benadering sal leerders ook ontmoedig om ‘model-antwoorde’
voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van
die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet
aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by
inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering
nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem
op die volgende val:
Die konstruksie/daarstelling van ʼn argument
Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse om sodanige argument
te ondersteun
Die leerder se interpretasie van die vraag.
2. Assesseringsprosedures vir die opstel
2.4 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die skryfwerk nagesien
word.
2.4.2 Tydens die deurlees van die skryfwerk moet regmerkies
toegeken word vir ʼn relevante inleiding (aangedui met ʼn
kolpunt (‘bullet’) in die nasienriglyne/memorandum), vir elke
hoofmoment/aspek wat volledig gekontekstualiseer is en ʼn
relevante slotopmerking (aangedui met ʼn kolpunt in die
nasienriglyn/memorandum) bv. ʼn antwoord waar daar 5
hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees.
2.4.3 Die volgende addisionele simbole kan ook gebruik word:
• Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik
gekontekstualiseer nie ^
• Verkeerde stelling _________________
• Irrelevante stelling |
|
|
• Herhaling R
• Analise A√
• Interpretasie 1√
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 5
2. Die matriks
2.5 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle.
By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word
wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering
van ʼn opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag
geneem word. ʼn Punt word toegeken by die snypunt van
die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe
vaardigheidvlakke.
(a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot
watter mate die hoofmomente gedek is om en die
inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel.
I VLAK 4
(b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die
matriks) van die aanbieding bepaal.
I VLAK 4
A VLAK 3
(c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks.
I VLAK 4 }26–27
A VLAK 3
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
NASIEN-MATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50
VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1
Baie goed beplande
en gestruktureerde Baie goed Goed beplande en Argument beplan en Toon soms bewys Poging aangewend Weinig of geen
AANBIEDING
opstel. Goeie sintese beplande en gestruktureerde gestruktureer. van 'n om antwoord te poging om die opstel
van inligting. Het 'n gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n sekere gestruktureerde en struktureer. te struktureer nie.
goed gebalanseerde, opstel. 'n Relevante Poog om 'n duidelike mate gebruik om beplande argument.
Grootliks
oorspronklike argument is gevolg. argument te argument te Poog om 'n
Bewyse gebruik om ondersteun. Slotsom argument vol te hou. beskrywend of poog
argument ontwikkel ontwikkel.
die argument te bereik op grond van Gevolgtrekking nie om argument te
met bewyse. Gevolgtrekking
Argument deurgaans verdedig. Poog om 'n bewyse. duidelik ondersteun ontwikkel. Geen
onafhanklike gemaak uit bewyse poging om 'n
volgehou en deur bewyse nie.
verdedig. gevolgtrekking uit om die argument te gevolgtrekking te
Onafhanklike die bewyse te maak ondersteun. maak nie.
gevolgtrekking om die argument te
gemaak uit bewyse ondersteun.
INHOUD
om die argument te
ondersteun.
VLAK 7
Vraag is ten volle
beantwoord.
47–50 43–46
Inhoudskeuse ten volle
relevant tot argument
wat gevolg is.
VLAK 6
Vraag is beantwoord.
Inhoudseleksie relevant 43–46 40–42 38–39
tot argument wat gevolg
is
VLAK 5
Vraag grotendeels
38–39 36–37 34–35 30–33 28–29
beantwoord. Inhoud
toereikend en relevant.
VLAK 4
Vraag herkenbaar in
antwoord. Sommige 30–33 28–29 26–27
weglatings of irrelevante
keuse van inhoud.
VLAK 3
Keuse van inhoud hou
verband met vraag, maar
beantwoord dit nie. Hou 26–27 24–25 20–23
soms nie verband met
die vraag nie.
Weglatings.
VLAK 2
Vraag ontoereikend
20–23 18–19 14–17
beantwoord. Inhoud
skraal.
VLAK 1
Vraag ontoereikend
beantwoord of glad nie. 14–17 0–13
Ontoereikend of
irrelevante inhoud.
*Riglyne vir die toekenning van ʼn punt in Vlak 1:
Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0
Vraag sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6
Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 7
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG – DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG
HOE HET DIE BERLYNSE KRISIS DIE KOUE OORLOG SPANNING TUSSEN
DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA EN DIE SOWJETUNIE IN DIE 1960’s
VERERGER?
1.1 1.1.1 [Definisie van ʼn historiese begrip uit Bron 1A – V1]
Ekonomiese stelsel waarin die produksiefaktore deur private
eienaars vir private wins beheer word.
Staat speel ʼn baie beperkte rol in die ekonomie.
Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1]
Om die VSA, Brittanje en Frankryk uit Wes-Berlyn te verdryf.
(1 x 2) (2)
1.1.3 [Gebruik bewyse uit Bron 1A – V1]
Die Weste het gereageer deur die implementering van die
Berlynse Lugbrug.
Wes-Berlyn was vanuit die lug voorsien.
Voedsel, brandstof en ander voorrade is daagliks in Wes Berlyn
afgelewer. (1 x 2) (2)
1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2]
Die Berlynse Lugbrug was ʼn weghol sukses.
Die blokkade het nie sy voorgestelde doelwitte bereik nie
In plaas van hongersnood het Wes-Berlyn ʼn oorvloed van
voorrade, ten afguns van Oos-Berlyn gehad.
Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.1.5 [Interpretasie, analise en evaluasie van bewyse vanuit Bron 1A om ʼn
mening te formuleer – V2]
Ekonomiese ontwikkeling van Oos-Duitsland sou nadelig
beïnvloed word.
Die verskaffing van belangrike dienste aan mense sal nadelig
geraak word.
Industrialisasie sou ʼn pypdroom geword het.
Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4)
1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1]
Tydelike versperrings is opgesit.
Teergedeeltes en keistene is opgehaal.
Betonblaaie en hol blokke was gebruik.
Verkeer is by sektorgrense weggewys. (3 x 1) (3)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
1.2.2 [Interpretasie en vergelyking van bewyse vanuit Bron 1B en – V2]
Die wêreld was op die rand van ʼn derde wêreldoorlog.
Werklike en wesentlike oorlog tussen die twee supermoondhede
was op hande.
Die vernietiging van die wêreld was onvermydelik omdat die twee
lande kern vermoëns op daardie stadium gehad het.
Die eskalasie van konflik was ʼn wesentlike bedreiging vir die
wêreld.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
1.2.3 [Onttrekking vanuit Bron 1B – V1]
Kennedy en Khrushchev het die universele toegang tot Berlyn vir
die vier supermoondhede weer bevestig. (1 x 2) (2)
1.3 [Vergelyking en interpretasie van bewyse uit Bron 1A en 1B – V3]
Bron 1A verwys na die behoefte om die vlugtelingprobleem op te los en
Bron 1B verwys na die werklike bou van die muur om te verhoed dat
mense na Wes-Berlyn oorloop.
Toe die blokkade misluk in Bron 1A, het die bou van die muur begin in
Bron 1B.
Beide bronne deel met die spanning wat tussen die USSR en die Weste
wat uit die verdeling van Berlyn voorgespruit het.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
1.4 1.4.1 [Interpretasie van inligting vanuit Bron 1C – V2]
Die mense van Wes-Berlyn eis eenheid vir Berlyn.
Klem op die regte van die mense om vry te wees om keuses te
maak om in Oos-Berlyn te bly of om oor te gaan na Wes-Berlyn.
Die muur word beskou as ʼn belediging vir die menseregte van
Berlyners.
Wes-Berlyners het hul teenkanting teen die Berlynse Muur
uitgedruk. (2 x 2) (4)
1.4.2 [Interpretasie, evaluering en ontleding van bewyse vanuit Bron 1C –
V2]
Die owerhede in Wes-Berlyn het nie strenge nakoming afgedwing
ten opsigte van die muur nie, in teenstelling met Oos-Berlyn.
Daar was geen dreigende gevaar vir die jeug wat op muur aan die
Wes-Berlynse kant speel nie.
Daar was geen risiko van mense wat Wes-Berlyn verlaat het vir
Oos-Berlyn nie, maar diegene wat Oos-Berlyn verlaat het na Wes-
Berlyn was in gevaar soos met die doringdraad gesien kan word.
Die muur skei gewone mense van familie, vriende en werk.
Die menseregte van mense was geskend.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 9
1.5 1.5.1 [Onttrekking van inligting uit Bron 1D – V1]
Om die moraal van Wes-Duitsland te versterk.
Om sekuriteit in Wes-Berlyn te verbeter.
Eenheid van Europa.
Om die vertroue van die wêreld in demokrasie en kapitalisme in stand
te hou. (3 x 1) (3)
1.5.2 [Interpretasie, evaluering en ontleding van die nut van bewyse uit Bron 1D
– V3]
Die kandidaat moet aandui of die bron is BRUIKBAAR of nie en dan
gebruik relevante historiese bewyse om hulle antwoord te
ondersteun.
BRUIKBAAR
Die Sowjetunie was as ʼn bedreiging vir wêreldvrede gesien.
Die sekuriteit van Wes-Duitsland moes gewaarborg word.
Die bronne verbind die geallieerde magte om hul beloftes wat hulle aan
die mense van die wêreld gemaak het, nl. dat hulle demokrasie en
vryheid sal bewaar, na te kom.
Daar word verwys na die verdediging van die regte van die mense van
Berlyn.
Om die kommuniste te konfronteer en basiese vryhede van die mense
van Berlyn en die wêreld te verdedig.
Die VSA was versterk en het sy militêre mag gemobiliseer.
Enige ander relevante antwoord.
OF
NIE-BRUIKBAAR
Bevat ʼn eensydige siening (Kennedy).
Die bewerings teen die Sowjetunie was nie onafhanklik bevestig nie.
Die bron bevorder kapitalisme en beeld kommunisme uit as ʼn slegte
ideologie en dit word nie teengestaan deur diegene wat ten gunste van
kommunisme was nie.
Enige ander relevant antwoord (2 x 2) (4)
1.5 [Paragraaf – interpretasie, analise en sintese van bewyse/inligting vanuit relevante
bronne – V3]
Die Berlynse krisis het inderdaad die verhouding tussen die VSA en die USSR
vererger.
Die Sowjetunie was bedreig deur die Amerikaanse indringing in Oos-Europa.
(Bron 1A)
Khrushchev het op ʼn geleentheid gesê dat Wes-Berlyn “soos ʼn been in die
Sowjet-keel vassit.” (Bron 1A)
USSR wou demonstreer dat hulle in beheer in Berlyn was.
USSR het die Berlynse Blokkade ingestel (Bron 1A)
Dit was die eerste ernstige krisis van die Koue Oorlog en die wêreld was op
die rand van die oorlog. (Bron 1A)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
Die VSA beskou die blokkade as ʼn daad van growwe skending van
menseregte.
Die USSR het gedink dat hulle ʼn strategiese oorwinning oor die VSA behaal
het. (Bron 1A)
VSA het voorrade deur middel van ʼn lugbrug voorsien
Die lugbrug het die wêreld aan die rand van oorlog gehad. (Bron 1A)
Die blokkade was opgehef en ʼn muur was gebou om Berlyn te verdeel.
(Bron 1B)
Op 25 Oktober 1961 het VSA en die USSR teenoor mekaar gestaan en die
wêreld het hul kollektiewe asem opgehou. Oorlog was op hande. (Bron 1B)
Beide lande het kern vermoëns gehad.
Kennedy en Khrushchev ingestem om die beginsel van vier-krag toegang
tot Berlyn te herbevestig. (Bron 1B)
Die VSA het sy magte begin mobiliseer en die Kongres versoek vir
bykomende militêre hulp. (Bron 1D)
Die VSA het begin om meer wapens op te bou in afwagting van ʼn Sowjet-
offensief. (Bron 1D)
Die wêreld was weer op die rand van ʼn kernoorlog.
Die delikate balans van mag is nogtans gehandhaaf.
Enige ander relevante antwoord. (8)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken.
VLAK KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse.
Gedeeltelike gebruik van bewyse om te
reageer op die vraag.
Min of geen begrip van hoe die Berlynse
Vlak 1 0–2
krisis die verhouding tussen die VSA en die
Sowjetunie vererger het.
Kan nie reageer op die vraag gevra nie.
Vraag nie beantwoord nie.
Bewyse meestal relevant en hou tot ʼn groot
mate met die onderwerp verband.
Gedeeltelike begrip van hoe die Berlynse
Vlak 2 krisis die verhouding tussen die VSA en die 3–5
Sowjetunie vererger het.
Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse, maar dit
het betrekking op die vraag.
Gebruik bewyse wat relevant en toepaslik is.
Demonstreer ʼn deeglike begrip van hoe die
Berlynse krisis die verhouding tussen die
Vlak 3 VSA en die Sowjetunie vererger het. 6–8
Bewyse hou baie goed met die vraag verband.
Bewyse is baie effektief gebruik in ʼn
georganiseerde paragraaf.
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 11
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA
WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE BETROKKENHEID VAN BUITELANDSE
MAGTE IN DIE ANGOLESE BURGEROORLOG OP ANGOLA NA
ONAFHANKLIKHEID?
2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2A – V1]
Suid-Afrika
Kuba
Rusland
VSA (2 x 1) (2)
2.1.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2A – V1]
UNITA ontvang monetêre hulp van Suid-Afrika.
Ontvang hulp vanaf die VSA.
Het diamante gesmokkel om sy oorlogspoging te ondersteun.
(1 x 2) (2)
2.1.3 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2A – V1]
Wanneer ʼn regering die beheer van die belangrikste sektore van
die ekonomie oorneem.
Verbod op private eienaarskap van sekere strategiese middele
van produksie.
Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
2.1.4 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2A – V2]
Wou die Angolese ekonomie vinniger herbou.
Wou die beskikbare ervaring in die private sektor tot voordeel van
die opkomende mynbousektor in Angola gebruik.
Om ʼn stewige basis vir ʼn sterk sosialistiese bedeling te bou.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
2.1.5 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2A – V3]
BRUIKBAAR
Buitelandse magte het in Angola ingegryp.
Suid-Afrika en die VSA het baie ondersteuning aan Unita gegee
sodat hulle die oorlog kon volhou.
Die betrokkenheid van verskeie buitelandse magte het die
regering genoodsaak om die soewereiniteit van Angola te
beskerm.
Die onwettige diamanthandel was vir Unita voordelig.
Die MPLA het ʼn program van nasionalisering van die belangrikste
sektore in die ekonomie begin.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2B – V1]
Om te verhoed dat ʼn kommunistiese regering in Angola aan
bewind kom.
Wou Amerikaanse gesag in Afrika laat geld.
Wou Angola gebruik om te herstel van die vernedering van
Viëtnam.
Om dat magsbalans tussen die supermoondhede-magte te
herstel. (3 x 1) (3)
2.2.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2B – V1]
Die burgeroorlog was verleng. (1 x 1) (1)
2.2.3 [Interpretasie en evaluering van bewyse vanuit Bron 2B – V3]
Om Sowjet invloed in Angola te beperk.
Die VSA se beleid was in ooreenstemming van sy
inperkingsbeleid.
Die VSA se betrokkenheid in die oorlog het UNITA ondersteuning
gegee om die stryd voort te sit en daardeur die pogings van die
kommunistiese ondersteunde MPLA te frustreer.
Die VSA was verneder in Vietnam en het ʼn geleentheid gesoek
om sy aansien te herstel.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
2.3 2.3.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2C – V1]
Om Unita van ʼn nederlaag te red.
Om die dorp Cuito te verower. (2 x 1) (2)
2.3.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2C – V1]
“Die Unita soldate het baie gesterf op daardie dag.” (1 x 1) (1)
2.3.3 [Evaluering en vergelyking van twee standpunte vanuit Bron 2C – V2]
Standpunt 1 verwys na die mislukking van die SAW om Cuito
Cuanavale oor te neem, terwyl Standpunt 2 verklaar dat dit nooit
die doel was om Cuito oor te neem nie.
In die eerste standpunt blyk dit dat die SAW glo swaar militêre
masjinerie gebruik het om die dorp aan te val, terwyl die SAW in
die tweede standpunt sê dat hulle nie die delikate
onderhandelings wat begin was in gevaar wou stel nie.
In standpunt 1 dui die Kubane aan dat die SAW klaaglik misluk het
terwyl standpunt 2 statistiese data vanaf die SAW gee om te staaf
dat hulle die oorhand gehad het.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 13
2.3.4 [Interpretasie en ontleding van bewyse vanuit Bron 2C – V2]
Om hul argument dat hulle nie verloor het nie te ondersteun.
Om die Kubaanse standpunt oor Cuito te ontluister.
Om die publiek te laat glo dat die SAW op eie inisiatief onttrek
het.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
2.4 2.4.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 2D – V1]
Namibië (1 x 1) (1)
2.4.2 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 2D – V2]
Kasrils, soos baie ander in die ANC, het geglo dat Cuito
Cuanavale die katalisator was in die demokratiese deurbraak in
Suid-Afrika.
Die bevryding van Namibië was ook moontlik gemaak deur die
SAW se onttrekking uit Angola na die Slag van Cuito.
Die bevryding van Suider-Afrika was na die slag van Cuito voltooi.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
2.4.3 [Interpretasie en ontleding van bewyse vanuit Bron 2D – V2]
Die SAW het baie jong manne gewerf om in Angola te veg.
Daar was ʼn onderneming aan die kant van die SAW om in Angola
aan te bly.
Die joviale gemoedsrus van die troepe (visuele leidrade) wil
voorstel dat hulle gedink het dat die oorlog in Suid-Afrika se guns
sou eindig.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
2.5 [Paragraaf – interpretasie, analise en evaluasie van bewyse/inligting vanuit
relevante bronne – V3]
Buitelandse betrokkenheid in die burgeroorlog het ʼn negatiewe impak op
Angola gehad.
Die deelname van SA, Kuba, die VSA en die USSR het die Angolese
burgeroorlog internasionale status gegee. (Bron 2A)
Met die VSA en SAW ondersteuning het Unita ʼn sterk gevegsmag.
geword. (Bron 2A)
Meer as 1,1 miljoen burgerlikes is dood en miljoene is vermink. (Bron 2A)
Angola het die hoogste aantal verminktes as gevolg van die oorlog.
Inkomste uit olie is gebruik vir die oorlogspoging (Bron 2A) ten koste van
die bevoordeling van die gewone mense.
Die VSA het by die oorlog vir selfsugtige redes betrokke geraak. Sy wou
die vernedering van Viëtnam besweer. (Bron 2B)
As gevolg van die VSA se betrokkenheid is die burgeroorlog verleng.
(Bron 2B)
Kuba het die skaal in die guns van die Angolese regeringsmagte geswaai.
(Bron 2C)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
Kuba het hoogs gevorderde tegnologiese wapens tydens die Cuito
Cuanavale stryd ontplooi. (Bron 2C)
SAW was in die verleentheid gestel was en verslaan. (Bron 2C)
Die militêre swakhede van die SAW was deur die Kubaanse regimente
blootgestel.
Cuito Cuanavale was die laaste strooi vir die SAW. (Bron 2C)
Cuito het die vryheid van die hele Suider-Afrika ingelui. (Bron 2D)
Suid-Afrika se invloed het afgeneem.
Enige ander relevante antwoord. (8)
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken.
VLAK KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse.
Gedeeltelike gebruik van bewyse om te
reageer op die vraag.
Min of geen begrip van die impak van die
Vlak 1 0–2
buitelandse magte se betrokkenheid in
Angola na onafhanklikheid
Kan nie reageer op die vraag gevra.
Vraag nie beantwoord nie.
Bewyse meestal relevant en hou tot 'n groot
mate verband met die onderwerp.
Gedeeltelike begrip van die impak van die
Vlak 2 buitelandse magte se betrokkenheid in 3–5
Angola na onafhanklikheid
Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse, maar dit
het betrekking op die vraag.
Gebruik bewyse wat relevant en toepaslik is.
Demonstreer ʼn deeglike begrip van die
impak van die buitelandse magte se
betrokkenheid in Angola na
Vlak 3 onafhanklikheid 6–8
Bewyse hou baie goed verband met die
vraag.
Bewyse is baie effektief gebruik in ʼn
georganiseerde paragraaf.
[50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 15
VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET IN DIE VSA, 1950’s TOT 1970’s
HOE SUKSESVOL WAS DIE DESEGREGASIE VAN SKOLE IN LITTLE ROCK,
ARKANSAS, GEDURENDE DIE 1950’s?
3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3A – V1]
ʼn Wetsgehoorsame burger.
Oorlogsveteraan.
In die Tweede Wêreldoorlog geveg.
Hy erken die oppergesag van die Federale wet. . (Enige 3 x 1) (3)
3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1]
Om die Wag te vertel om voort te gaan met die handhawing
van orde.
Om die Wag te vertel dat hulle die Afro-Amerikaanse kinders
moet toelaat om Sentraal Hoërskool by te woon. (2 x 1) (2)
3.1.3 [Interpretasie van en betrokkenheid by bewyse vanuit Bron 3A – V2]
Faubus het die integrasie van onderwys by Little Rock weerstaan.
Faubus het die Nasionale Wag gemobiliseer om te verhoed dat
die Afro-Amerikaanse studente Sentraal Hoërskool moet binne
gaan.
Eisenhower wou ʼn resolusie vir die dooiepunt bereik deur middel
van onderhandelinge/dialoog.
Eisenhower wou die oppergesag van die Federale wette en die
bevele van die Hooggeregshof op Faubus afdwing.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
3.1.4 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3A – V1]
Die staat van Arkansas sou die hofsaak verloor het.
Faubus, as goewerneur, sou verneder word.
ʼn Stryd om mag tussen die president en die goewerneur was nie
raadsaam nie. (1 x 2) (2)
3.1.5 [Interpretasie en ontleding van bewyse vanuit Bron 3A – V3]
Kandidate moet aandui of Eisenhower se aksie nie geregverdig
kan word of nie en moet dan relevante historiese bewyse gebruik
om hul antwoord te ondersteun.
GEREGVERDIG
Wet en orde moes in Little Rock herstel word.
Hy verdedig die regte van die swart studente.
Die regering het ʼn ondubbelsinnige verbintenis gemaak dat hulle
nie rassisme sou duld nie.
Hy het federale wetgewing en die besluit van die howe ten
opsigte van gelyke onderwys, gehandhaaf.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
16 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
Faubus het ʼn wettige opdrag van die president verontagsaam.
Enige ander relevante antwoord.
OF
Faubus maak aanspraak dat hy ʼn wetsgehoorsame burger is.
Dit kan beskou word as inmenging deur die federale regering.
Faubus het op ʼn besluit vanaf die hof gewag.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
3.2 3.2.1 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3B – V1]
Saambring van mense van verskillende rassegroepe om te
verenig en mekaar te aanvaar.
Oopstelling van onderwysfasiliteite om alle rasse te
akkommodeer.
Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
3.2.2 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3B – V2]
Faubus het nie opgetree in ooreenstemming met die verklaring
wat hy gemaak het nie.
Faubus probeer om regverdiging te kry vir sy verontagsaming
van die hof se besluit oor die integrasie van skole.
Hy voer aan dat die besluit van die hof slegs geïmplementeer kan
word met die verloop van tyd, en nie onmiddellik nie.
Hy het geglo dat integrasie tot geweld sou lei.
Hy was van mening dat die federale regering state wou dwing om
saam te stem oor integrasie, selfs al was dit teen hul grondwette.
Enige ander relevante antwoord.
Faubus het opgetree in ooreenstemming met sy verklaring.
Hierdie antwoord kan toegelaat word, selfs al sou dit beweeg
vanaf ʼn eng basis.
Hy het geglo dat die belange van die individuele state beskerm
moet word.
Faubus wou die magte wat ʼn staat in ʼn federale stelsel gehad
het, uitbuit.
Hy het aangevoer dat hy moes uiting gegee het aan die
uitvoering van die grondwet van die staat van Arkansas.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
3.2.3 [Interpretasie van en betrokkenheid by inligting vanuit Bron 3B – V2]
Dat die staat van Arkansas nie oorhaastig moet voortgaan met die
integrasie van skole nie.
Hy was nie gekant teen integrasie in beginsel nie.
Hy het sy pligte ingevolge die Grondwet van Arkansas uitgevoer.
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 17
Hy wou dit duidelik stel dat hy ʼn openbare mandaat gehad het en
dat dit sy plig was om die mense van Arkansas se belange te
beskerm.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
3.3 [Vergelyking, interpretasie en evaluering van inligting vanuit Bronne 3A en 3B
– V3]
In Bron 3A verbind Faubus hom tot die handhawing van die Federale
Grondwet, maar in Bron 3B argumenteer hy vir die respek van die
Grondwet van Arkansas.
In Bron 3A Faubus skep Faubus die indruk dat hy die Nasionale Wag
onmiddellik opdrag sal gee om die Afro-Amerikaanse studente toegang tot
Central High School te gee, terwyl Bron 3B argumenteer dat die federale
regering moet verstaan dat integrasie nie onmiddellik bereik kan word nie.
In Bron 3A bely hy lojaliteit aan die federale regering, terwyl hy in Bron 3B
verdeelde lojaliteit toon.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
3.4 3.4.1 [Interpretasie van bewyse vanuit Bron 3C – V1]
Hulle was elke dag onderwerp aan verwerping deur wit studente.
Hulle was daagliks gemartel en het geen gelukkigheid gekry nie.
Die skoolomgewing het nie hul reg om te leer by Sentraal
Hoërskool bevestig nie.
Enige ander relevante antwoord. (2 x 2) (4)
3.4.2 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3C – V1]
Ge-elmboog
Gesteek
Geskop
Geslaan
Gestoot (3 x 1) (3)
3.4.3 [Onttrekking van bewyse vanuit Bron 3C – V1]
Gesinne moes dreigoproepe verduur.
Sommige ouers het hul werk verloor.
Swart gemeenskap was geteister met bomdreigemente,
geweerskote en bakstene wat deur hul vensters gegooi was.
(2 x 1) (2)
3.5 3.5.1 [Interpretasie van en betrokkenheid by inligting vanuit Bron 3D – V2]
Daar is bewyse van ʼn ontspanne atmosfeer.
Daar is ʼn mate van aanvaarding vir Brown soos uitgebeeld deur
die glimlagte rondom haar.
Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
18 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
3.5.2 [Interpretasie van bewyse (visuele leidrade) vanuit Bron 3D – V2]
Die situasie was nog steeds gespanne en wisselvallig.
Daar was ʼn ongemaklike vrede wat geheers het.
Integrasie was steeds belaai met uitdagings.
Enige ander relevante antwoord. (1 x 2) (2)
3.6 [Interpretasie, analise en sintese van inligting vanuit relevante bronne om die
omvang van die sukses van desegregasie van skole te evalueer – V3]
Die integrasie van skole het tot ʼn groter mate geslaag al was dit met talle
uitdagings.
Die Little Rock Nege voorval het die staat van Arkansas teenoor die
federale regering gesag gestel. (Bronne 3A en 3B)
President Eisenhower het Goewerneur Faubus ontmoet om oor Faubus
se reaksie teenoor integrasie van Sentraal Hoërskool te bespreek.
(Bron 3A)
Eisenhower het verkies om op te staan en die regte van alle Amerikaners
te handhaaf en dit was aan Faubus gekommunikeer. (Bron 3A)
Eisenhower het die belangrikheid van die Nasionale Wag om die regte
van almal in Little Rock te beskerm; benadruk. (Bron 3A)
Faubus het probeer om die instruksies van die president te ignoreer.
(Bron 3B)
Faubus wou ʼn geleidelike beweging na integrasie hê en nie ʼn spoedige
implementering van integrasie soos vereis deur die federale regering nie
(Bron 3B)
Faubus wou die belange van die konserwatiewe en reaksionêre elemente
binne die staat van Arkansas beskerm. (Bron 3B)
Alhoewel die nege studente uiteindelik by die skool ingeskryf was, het
hulle konstante teistering en bevooroordeeldheid, selfs vanaf die skool
owerhede ervaar. (Bron 3C)
Selfs die hele swart gemeenskap was negatief beïnvloed deur die
voorval. (Bron 3C)
Ten spyte van al die verskillende uitdagings was die desegregasie van
die skool behaal. Melba Pattilo Beals het uiteindelik ʼn professor in
joernalistiek geword. (Bron 3C)
Bron 3D toon tekens van ʼn positiewe omgewing wat kan tel as ʼn
suksesverhaal van integrasie.
Maar daar was nog 'n element van ongemak en spanning soos wat
uitgebeeld word deur die teenwoordigheid van soldate in die agtergrond.
(Bron 3D)
Enige ander relevante antwoord. (8)
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 19
Gebruik die volgende rubriek om ʼn punt toe te ken.
VLAK KRITERIA PUNTE
Gebruik bewyse op ʼn elementêre wyse.
Vraag nie beantwoord nie.
Gedeeltelike gebruik van bewyse om te reageer op
Vlak 1 die vraag. 0–2
Min of geen begrip van die suksesse van die
desegregrasie van skole in Little Rock.
Kan nie reageer op die vraag gevra nie.
Bewyse meestal relevant en hou tot ʼn groot mate
verband met die onderwerp.
Gedeeltelike begrip van die suksesse van
Vlak 2 3–5
desegregrasie van skole in Little Rock.
Gebruik bewyse op ʼn basiese wyse, maar dit het
betrekking op die vraag.
Gebruik bewyse dat relevante en toepaslike is.
Demonstreer ʼn deeglike begrip van die suksesse
van desegregrasie van skole in Little Rock.
Vlak 3 6–8
Bewyse hou baie goed verband met die vraag
Bewyse is baie effektief gebruik in ʼn georganiseerde
paragraaf. [50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
20 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG – VIËTNAM
SINOPSIS
Die kandidaat moet ʼn standpunt inneem oor die vraag of die VSA suksesvol was in die
voorkoming van die verspreiding van kommunisme in Viëtnam . Die kandidaat moet fokus
op die konflik tussen Viëtnam en die VSA as ʼn poging van die VSA om kapitalisme af te
dwing en die verwerping daarvan deur Viëtnam tussen die 1960’s en 1970’s. Die kandidaat
moet verwys na die militêre strategieë van beide oorlogvoerendes, die militêre mag,
finansiële invloed van die VSA teen die veggees en vasberadenheid van die mense van
Viëtnam.
HOOFASPEKTE
INLEIDING
Inleiding moet fokus op die betrokkenheid van die VSA in Viëtnam en die verwerping
daarvan deur die Viëtnamese mense. Die kandidaat moet in die inleiding verwys na die
sterk punte van die twee lande. Kandidate moet kortliks hul gedagtegang uitwys – of die
VSA suksesvol was of nie.
UITBREIDING
Na die Frans Viëtnamese Oorlog, was Viëtnam verdeel, langs die 17 Parallel, in Noord-
en Suid-Viëtnam
Noord-Viëtnam was onder ʼn kommunistiese regime, terwyl Suid-Viëtnam onder ʼn
kapitalistiese stelsel was. Die VSA het onvoorwaardelike steun aan Suid-Viëtnam gegee
Suid-Viëtnam is deur die korrupte en ongewilde Ngo Dinh Diem regeer
Die Nasionale Vryheidfront was gestig en het ʼn guerrilla-leer gehad, die Vietkong
Ngo Dihn Diem was omvergewerp – onstabiliteit in Suid-Viëtnam
Die Vietkong begin met ʼn uitgerekte veldtog om Viëtnam te verenig
China en Noord-Viëtnam ondersteun die Vietkong
VSA het betrokke geraak – om die verspreiding van kommunisme na Suid-Oos Asië te
verhoed, die “domino-effek”
Veilige dorpe – Strategiese ‘Hamlet’ Program
Vietkong ontvang voorrade vanaf die kommunistiese Noord-Viëtnam deur die Ho Chi
Minh Trail
Die VSA se Operasie Rolling Thunder
Tet Offensief – “Khrushchev Offensief”
VSA se gebruik van chemiese oorlogvoering – napalm
WHAM – Wen Hart en gedagtes van die Viëtnamese
My Lai-massamoord – oorlogsmisdade
Amerikaanse openbare teenkanting teen die oorlog
VSA se swaar verliese
Amerikaanse onttrekking
Val van Saigon
Amerikaanse perspektief van die oorlog
Viëtnamese perspektief van die oorlog.
SLOT
Kandidate moet die argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V1 21
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
TANZANIË EN DIE KONGO
SINOPSIS
Kandidate moet fokus op die suksesse wat bereik was asook op die uitdagings wat beide
Tanzanië en die Kongo in die gesig gestaar het met spesiale verwysing na die
ekonomiese ontwikkeling van beide lande. ʼn Behoorlike kontekstualisering van die
kandidaat se antwoord word verwag . Die kandidate moet gedetailleerde vergelyking van
die twee lande gee met ondersteunende relevante voorbeelde.
HOOFASPEKTE
INLEIDING
Inleiding moet fokus op die vergelykende aard van die opstel waar die verskillende
ekonomiese prestasies en uitdagings van die twee lande bespreek word.
UITBREIDING
Tanzanië: Verdorping/Ujamaa
Nyerere het in Afrika-sosialisme geglo
TANU het die Arusha Verklaring in 1967 aangeneem
Aanvaarding van ujamaa as inhoud vir Arusha-Verklaring
Implementering van ujamaa
Verpligte beweging na ujamaa dorpe
Weerstand teen ujamaa deur die kleinboere
Die konsep van familieskap en kommunale boerdery.
Beperkte ekonomiese prestasies
Beperkings – mislukkings van ujamaa en die ekonomiese impak
Die impak van die IMF en die Wêreldbank-lenings op Tanzanië
Afhanklikheid van kontant-gewasse en afname in voedselsekuriteit
Nyerere se erkenning van die mislukkings van ujamaa.
Kongo: Nasionalisering van die ekonomie
Kongo verkry onafhanklikheid vanaf België in 1960
Vervanging van buitelanders met onervare Kongo burgers
Gebrek aan vaardighede het gelei tot verwaarlosing en verval van sleutel-
infrastruktuur
Die Kongo het aansienlike natuurlike hulpbronne – bly ʼn arm land
Wanbestuur van die ekonomie onder Mobutu
Korrupsie en diefstal van die staat se hulpbronne
Een-produk ekonomie nie lewensvatbaar nie
Regering nie in staat om sy buitelandse skuld te diens nie
In die 1970’s bereik die inflasiekoers 100%
Swak infrastruktuur
Ontwikkeling van elite klasse
Kleptokrasie – regering deur diewe
SLOT
Kandidate moet die argument saamvat met ʼn relevante slot. [50]
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
22 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET IN DIE VSA 1950’s TOT 1960’s – DIE SWARTMAG
BEWEGING
SINOPSIS
Kandidate moet die noodsaaklike filosofie van die Swartmagbeweging bespreek, sy taktiek
soos dit verskil van dié van die Burgerregtebeweging en die spesifieke rolle wat deur Malcolm
X en Stokely Carmichael gespeel was.
HOOFASPEKTE
INLEIDING
Inleiding moet fokus op die filosofie van die Swartmagbeweging, sy taktiek en die rolle van
Malcolm X en Stokely Carmichael. Dit kan ook relevant en aanvaarbaar wees wanneer
die kandidaat die Swartmagbeweging teen die Burgerregtebeweging opweeg.
UITBREIDING
Segregasie in die VSA – kortliks
Ongelykhede tussen swart en wit Amerikaners
Verwerping van niegewelddadige protes deur Swartmagbeweging
Afro-Amerikaners wat Swartmagbeweging ondersteun – het geglo dat die gebruik van
geweld geregverdig was – om gelykheid vir alle rasse te kry
Verwerping van die taktiek van die Burgerregtebeweging omdat hulle niegewelddadige
protes ondersteun het
Die verskerping van die stryd om burgerregte na ʼn stryd om menseregte
Swartmagbeweging het Afro-Amerikaners aangemoedig om trots te wees op hul Swart
Erfenis
Hierdie beweging het Malcolm X as die hoof proponent
Malcolm X was ʼn lid van die Nasie van Islam – en is beïnvloed deur die leerstellinge van
Elia Mohammad
Malcolm X se politieke filosofie het ʼn beroep op die jeug gemaak
Hy het gesê die stryd om burgerregte moet verander word na ʼn stryd om menseregte
VSA moet gerapporteer word aan die VVO vir sy skending van menseregte
Beïnvloed deur sy pelgrimstog na Mekka, het Malcolm X ʼn nuwe benadering tot rasse-
integrasie aanvaar
Hy is uit die Nasie van Islam geskors
Vorm die Organisasie van Afro-Amerikaanse Eenheid in 1964
Minder militant – nie gewild onder swart nasionaliste nie
Sluipmoord op Malcolm X, 21 Februarie 1965
Stokely Carmichael was ʼn voormalige voorsitter van die SNCC
Hy het geglo dat swartes nie hulself moet assosieer met wit radikale rewolusionêrs nie
Carmichael in die leierskap van die Black Panther Party – Tien punt plan van die SMB.
Sy standpunte oor vrede en geweld
“Eerste Minister” van die Black Panther Party
Die impak van die Black Panther Party
SLOT
Kandidate moet die argument met ʼn relevante slot saamvat. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorgehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 Memo (Afrikaans)
_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 Paper 2 EC June 2016 Addendum (English)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Question Paper (Eng)

Addendum