Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
GESKIEDENIS V2
ADDENDUM
*HISTA4*
Hierdie addendum bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 Addendum (Afr)
Grade 12 History Paper 2 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Addendum, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 881.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2016)
VRAAG 1: WATTER IMPAK HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE OP
SUID-AFRIKAANSE STUDENTE IN DIE 1970’s GEHAD?
BRON 1A
Hierdie uittreksel fokus op die invloed wat die Swartbewussynsfilosofie gehad het op die
Soweto-opstand van 1976. Dit was in 1978 geskryf deur John Kane-Berman, wat ʼn lid van
die SR aan die Universiteit van die Witwatersrand was.
Een van die belangrikste faktore wat die nuwe gees van selfgelding (selfvertroue) wat so
duidelik onder die swart jeug in baie dele van die land was verduidelik, is die groei van
die Swartbewussynfilosofie. Dit is een van die belangrikste ontwikkelings in Suid-Afrika in
die afgelope jaar ... Omstreeks dieselfde tyd, het swart studente, ná baie selfondersoek,
weggebreek van die veelrassige maar wit-gedomineerde National Union of South African
Students (NUSAS) om die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie (SASO) te vorm.
Daarna is talle organisasies wat Swartbewussyn bevorder het, gevorm, insluitende die
Suid-Afrikaanse Studente beweging (SASM) onder skoolkinders en die Black People’s
Convention (BPC), ʼn politieke organisasie, waarvan Steve Biko die ere-president was tot
op daardie tydstip van sy dood...
Die mate van getrouheid (lojaliteit) aan SASM en die mate waarin skoolkinders in die
algemeen, met die Swartbewussyn identifiseer is nie geredelik meetbaar nie. Weereens,
wil dit voorkom asof die impak op beide Swart en Kleurlingskoolgangers, en veral op hul
leiers, baie groot was. ʼn Klein, maar beduidende voorbeeld van hoe swartes se
selfbeelde verander het en van hul groeiende gereedheid om op te tree is verskaf deur
leerlinge by ʼn Kleurling hoërskool in die Kaap. In November 1976 het meer as 100 van
die 180 leerlinge ʼn eksamen oor ʼn boek genaamd Swart Pelgrim deur FA Venter
geboikot. In die verlede het hulle nie beswaar gemaak teen hierdie boek nie, maar nou
het hulle gesê dat dit bevooroordeeld was omdat dit swartes in ʼn minderwaardige lig
gestel het, en dat dit frustrerend en vernederend was. Die enigste goeie ding oor dit was
dat dit gewys het hoe blankes die swartes uitgebuit het. Die studente het afskrifte van
die boek opgeskeur en verbrand.
[Vanuit: SOWETO Black Revolt, White Reaction deur J Kane-Berman]
BRON 1B
Die volgende is ʼn uittreksel van Steve Biko se kommentaar oor die rol van die filosofie
van Swartbewussyn tydens die Soweto-opstand.
Waar is die bewyse van steun onder die jonger geslag vir Swartbewussyn? In een woord:
Soweto! Die vrymoedigheid, toewyding, doelgerigtheid, en die duidelikheid van die
ontleding van die situasie – al hierdie dinge is beslis ʼn gevolg van die
Swartbewussynsidees onder die jong generasie in Soweto en elders. Maar dit kan nie
gemeet word. Die mag van ʼn beweging lê in die feit dat dit inderdaad die gewoontes van
mense kan verander. Hierdie verandering is nie die gevolg van dwang nie, maar van
toewyding, van morele oortuiging. Dit is wat deur gedring het tot die jong mense. Hulle
besef dat ons nie slegs die blote brood-en-botter kwessies hanteer nie.
[Vanuit: Steve Biko Speaks for Himself in News and Letters, November 1977]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3
BRON 1C
Hierdie foto toon aan hoe studente opmars in Soweto op 16 Junie 1976.
DO NOT WANT TO HELL WITH
AFFRIKAANS / AFRIKAANS /
WIL NIE AFRIKAANS HEL TOE MET
HÊ NIE AFRIKAANS
[Vanuit: South Africa 1948 – 1994 deur M Roberts]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2016)
BRON 1D
Hierdie is ʼn uittreksel uit ʼn toespraak deur president Nelson Mandela by die herdenking
van die twintigste herdenking van Steve Biko se dood in Oos-Londen op 12 September
1997.
Ons is hier vergader om hulde te bring aan een van die grootste seuns van ons nasie,
Stephen Bantu Biko. Sy hoop in die lewe, en sy lewe van hoop, is vasgevang in sy
klinkende woorde, 'In tyd, sal ons in staat wees om aan Suid-Afrika die grootste
moontlike geskenk te gee - ʼn meer menslike gesig.’
Geskiedenis het Steve Biko opgeroep op ʼn tyd toe die politieke pols van ons mense
verswak was deur verbanning, tronkstraf, ballingskap, moord en verbanning.
Onderdrukking het die land skoongevee van alle sigbare menslike organisasies.
Van die begin af, het swartbewussyn homself verwoord as ʼn “houding van gees, ʼn
manier van lewe’ ... dit het die vasberadenheid van beide leiers en die massas gevuur.
Die dryfkrag van Swartbewussyn was om trots en eenheid te bewerkstellig onder al die
verdruktes, om die strategie van verdeel-en-heers omver te werp, om trotsheid onder ons
mense voort te bring en vertroue in hul vermoë te bring om van hul onderdrukking
ontslae te raak. Een van die grootste nalatenskap van die stryd wat Biko gevoer – en
waarvoor hy gesterf het – was die ontploffing van trots onder die slagoffers van
apartheid.
... Dit is dan ʼn gelukkige sameloop van die geskiedenis dat Steve Biko vereer word met ʼn
brons standbeeld, deur Naomi Jacobson ... die finansiële koste van die standbeeld was
geanker deur mense in die kreatiewe veld, insluitend Denzel Washington, Kevin Kline
(Amerikaanse film-ikone) en Richard Attenborough, wat onthou sal word vir die film op
Biko, 'Cry Freedom’. Nog ʼn bydraer is Peter Gabriel, wie se liedjie “Biko” gehelp het om
die vlam van anti-apartheid solidariteit aan die lewe te hou.
Ons is vol vertroue dat deur die verkryging van ʼn nuwe en voorspoedige nasie, ons die
stryd sal voortsit waarin Steve Biko die hoogste prys betaal het. Ons hoop dat met die
onthulling van hierdie standbeeld, die herbenoeming die brug en die verklaring van sy
huis in Ginsberg tot nasionale monument, ons ons eie nederige bydrae tot die verewiging
van sy lewe ma.
[Vanuit: www.anc.org.za/show.phd?id=3148. Toegang verkry op 25 April 2016.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISIE (WVK)
MET DIE VERLEDE GEDEEL?
BRON 2A
Hierdie bron is geneem vanuit ʼn adres deur die voormalige president van Suid-Afrika,
Thabo Mbeki. Dit was gehou op die 10de herdenking van die WVK op Vryheidspark,
Tshwane.
In ons land val hierdie moeilike taak om die afgeweke elemente te versoen en hulle saam
te laat staan in ons samelewing op die skouers van die WVK.
Deur dit te doen, moes hulle self die verskrikkinge, die pyne, die ellendes, beroering
(bekommernisse) en lusteloosheid (toestand van fisiese of geestelike moegheid) ervaar
wat die slagoffers en die families van die slagoffers van die misdaad van apartheid deur
gegaan het. Hulle moes ook hulself in die posisie van die oortreders van growwe
menseregte skendings plaas, wat werklik berou en spyt betoon het en bereid was om
vergifnis te vra en sodoende ons samelewing help om vorentoe te beweeg.
Hierdie verskrikkinge, pyne en ellendes, wat vir ʼn vergewende gees blyk asof dit lank
gelede gebeur het, het ʼn dekade gelede plaasgevind. Gelukkig, omdat ons mense
toegerus is met die gees van Ubuntu sal ons voortgaan met die moontlikheid om ʼn
verenigde, nie-rassige en nie-seksistiese samelewing te bou …
Soos ons bewus is oor die afgelope jaar, het die regering stappe geneem om die
aanbevelings van die WVK te implementeer. Dit sluit in vergoeding aan slagoffers, in die
vorm van:
• Toekennings en beurse
• Die skepping van herdenking simbole en monumente soos die Vryheidspark
• Die waardige herbegrafnisse van slagoffers van apartheid
• Maatskaplike pensioen en behuising
[Vanuit: www.dfa.gov.za/docs/speeches/2005/mbeki1216.htm. Toegang verkry op 27 April 2016.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2016)
BRON 2B
Hierdie is ʼn foto van Joyce Mtimkulu, die moeder van Siphiwo Mtimkulu. Sy het ʼn gedeelte
van Siphiwo se hare vir meer as 20 jaar gehou.
SIPHIWO SE HARE
Vanuit: Truth and Lies: Stories from the Truth and Reconciliation Commission in South Africa, deur
J Edelstein]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7
BRON 2C
Dit is ʼn uittreksel vanuit ʼn koerantartikel wat in die Daily Dispatch (ʼn koerant in die Oos-
Kaap wat bekend was vir sy anti-apartheid sieninge). Dit was geskryf tydens die tyd van
die amnestieverhore van die veiligheidspolisie-amptenare wat betrokke was by Siphiwo se
moord.
Familie stort ineen by WVK verhoor
Port Elizabeth – Chaos het gister uitgebreek by Die verhoor het sowat 15 minute later hervat
die WVK verhoor in New Brighton toe die toe Mev. Mtimkulu en Aleuta – wie uitgeput en
moeder, dogter en seun van die vermoorde moeg voorgekom het – herverskyn en in die
aktivis Siphiwo Mtimkulu in een gestort het toe voorste ry gaan sit het. Daar word geglo dat ʼn
ʼn voormalige veiligheids polisieman getuienis lid van die verdediging klaarblyklik gesê het dat
gelewer het. “ dit was 15 jaar en nou eers wil hulle f*kken
Polisie moes ʼn woedende skare terug druk toe huil”.
hulle die verhoog, waar die bejaarde Gen. Van Rensburg het aan die
Mev. Joyce Mtimkulu en tieners Aleuta en amnestiekomitee gesê dat hy blatant gelieg het
Sikumbuzo op die vloer gelê en huil het, wou voor die Harmskommissie in 1990 toe hy
bestorm. Dit het gebeur toe Generaal Nic van ontken het dat hy geen kennis gedra het van die
Rensburg die WVK vertel het hoe Mnr. dood van Mnr. Mtumkulu in 1982 nie. Mev.
Mtimkulu in die agterkop geskiet was en op ʼn Mtimkulu het verlede jaar getuig oor haar seun,
stapel gesit was om te brand. Die hard huilende en gepleit dat sy oorskot oorgegee moes word
Sikumbuzo moes van die verhoor af gedra vir ʼn ordentlike begrafnis. Haar hare het
word. sneeuwit geraak sedert haar laaste verskyning.
Die rustelose gehoor in die Centenary-saal het Kol. Du Plessis en Gen. van Rensburg het
sirkels gevorm, getoi-toi en vryheidsliedere skuldig gepleit op die ontvoering en skiet van
gesing terwyl Gen. Van Rensburg, wie gister Mnr. Madaka en Mnr. Mtimkulu op 14 April
erken het dat hy vir die Harms Kommissie 1982 op die bevel van Gen. Erasmus.
gelieg het in 1990 oor die moorde op Mnr. Kol. Nieuwoudt het ook erken dat hy betrokke
Mtimkulu en Mnr. Topsy Madaka, die verhoog was by die moorde.
verlaat het.
Hy het getuienis gelewer oor die skietery op die
aktiviste in die Cradock-distrik in 1982.
[Vanuit: The Sowetan, 23 Augustus 1996
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2016)
BRON 2D
In Graeme Simpson se artikel, Tell No Lies, Claim No Easy Victories: A brief evaluation
of South Africa’s Truth and Reconciliation Commission, praat hy oor twee mense wat
voor die WVK getuig het.
Mev Mlangeni – die moeder van Bheki Mlangeni
– wie se seun doodgemaak was deur ʼn bom wat geplant was deur die Suid-Afrikaanse
Veiligheidstak in die oortoestel van sy Walkmankassetspeler. Ten spyte van haar status
as ʼn oorlewende het Mev Mlangeni haarself as dood beskryf toe sy sê: ‘Julle het een lid
van my familie doodgemaak en nou is die hele familie dood …. Soos ons nou dood is.’
Mnr. Sithole – die vader van ʼn ANC-guerrilla wat gedood is tydens diens/aksie
– het terselfdertyd geen melding gemaak van vergifnis nie. Hy het erken dat sy seun ʼn
voormalige vegter was – en hy het geen verrassing of woede uitgebeeld teenoor die feit
dat hy vermoor was nie: ‘Ek verstaan waarom hy vermoor was. Hy het geveg vir dit wat
ons vandag het, demokrasie, verandering.’ Maar Mnr Sithole het verder gesê: ‘Wat ek wil
hê, is dat die wêreld moet weet dat die mense waarvoor hy geveg het nou in posisies van
ware mag is en dat ek niks is nie. Wat sal hulle nou vir my doen’
[Vanuit: http://www.csvr.org.za/wits/articles/artcyal.htm. Toegang verkry op 27 April 2016.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9
VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN GLOBALISASIE OP DIE LEWENS VAN
GEWONE MENSE IN DIE NUWE WÊRELD-ORDE?
BRON 3A
Hierdie bron verduidelik die voordele van globalisasie deur handel wat ʼn manier vir lande
was om goedere en hulpbronne te verruil.
Globalisering kan alle lande, ryk of arm, bevoordeel indien daardie land bereid is om oop
te wees vir internasionale handel. Hulle moet nie net oop wees vir wêreldmarkte nie,
maar hulle moet dit op ʼn strategiese manier doen gebaseer op hoe hulle land regeer
word ten einde voordeel daaruit te trek vanuit handel. Deur globalisering presies op
dieselfde manie te praktiseer, deur ʼn stel regulasies kan tot die ekonomiese ondergang
van ʼn land lei. Deur die beste manier te kies om met internasionale handel betrokke te
raak, kan ʼn land ekonomies sowel as sosiaal groei. Deur gebruik te maak van ʼn land se
vergelykende voordeel, of wat hulle kan produseer teen ʼn laer geleentheidskoste as
ander lande, kan hulle al die voordele van handel kry. As elke land ʼn vergelykende
voordeel sou hê beteken dit dat almal kan voordeel trek uit handel. Daar is merkwaardige
bewyse dat globalisering lande help ʼn hoër inkomste of ʼn hoër BBP uit te brei en te
bereik. Navorsing was gedoen op nasionale inkomste regoor die wêreld gedurende die
1990’s en resultate het getoon dat die inkomste van ʼn ryk geglobaliseerde lande met 2%
per jaar vermeerder het. Die resultate toon ook dat swak, meer geglobaliseerde lande ʼn
hoër styging in inkomste per jaar het as arme, minder geglobaliseerde lande. Eintlik,
volgens hierdie navorsing, het die arme, meer geglobaliseerde lande ʼn toename in
inkomste van 5% per jaar, terwyl die arme, minder geglobaliseerde lande ʼn afname van
1% per jaar het. Aan die ander kant, word daar voorgestel dat daar ʼn groot gaping tussen
die rykes en die armes is. In 1960 was die gemiddelde inkomste van die rykste 20 lande
15 keer hoër as die armste 20 lande. Vandag is die inkomste van die rykste 20 lande 30
keer hoër.
[Vanuit: http://www.edu-mthong/benefits of globalisation.htm#. Toegang verkry op 27 April 2016.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2016)
BRON 3B
Hierdie foto wys ʼn demonstrasie wat in November 2006 gehou was teen die IMF en die
Wêreldbank.
Gaan na die hel met julle hulp
Vanuit: http://1123.photobucket.com/albums/o319/vegan0wer/S2010133.ipg&ipg&imgrefurl=http:news.inf
oshop.org/article.php. Toegang verkry op 27 April 2016.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 11
BRON 3C
Die bron beskryf die impak van globalisering van lande regoor die wêreld. Dit verduidelik
die verhouding tussen die IMF, Wêreldbank en die WHO, en hoe hulle die ekonomies
van die lande regoor die wêreld beïnvloed het.
Die IMF, Wêreldbank en die WTO werk saam in ʼn ysterdriehoek om die korporatiewe
plan van privatisering, deregulering (verwydering van beheer), en “vrye”-handel uit te
voer. Hoewel die Wêreldbank en die IMF oorspronklik gestig was om deel te wees van
die Verenigde Nasies, was hulle altyd beheer deur bankiers en ekonome van die
Verenigde State van Amerika en Europa.
Terwyl hulle uiterlik ekonomiese groei, finansiële stabiliteit en ontwikkeling bevorder, het
die Wêreldbank en die IMF meer as 60 lande gedwing om hul woude, minerale, visserye,
landbougrond, arbeidsmag en finansiële markte vir buitelandse beleggers oop te stel.
Hulle het binnelandse behoeftes soos plaaslike gemeenskappe en binnelandse sake, die
beskerming van werkers, vroue, gemarginaliseerde mense geïgnoreer, asook die
beperkings op die vermoë om die natuur te ontgin en te besoedel.
Lande word gedwing om hul ekonomieë te erken om te produseer vir uitvoere ten einde
die harde valuta te genereer wat nodig is om lenings af te betaal van onverantwoordelike
leners soos die Wêreldbank en die IMF. In plaas daarvan om voedsel te verbou vir
plaaslike verbruik, byvoorbeeld, voer lande nou luukse gewasse uit soos sneeu-ertjies in
tye van hongersnood en voedseltekorte. Beskerming vir inheemse mense, werkers en
die omgewing word opgeoffer om buitelandse beleggings te lok.
[Vanuit: History for all, Grade 12, deur E Brink, M Malinga et al]
BRON 3D
Hierdie bron beklemtoon die lewensomstandighede in Mumbai, Indië. Dit was in Julie 2011
gepubliseer.
[Vanuit: www.poverties.org/poverty-in India.html. Toegang verkry op 27 April 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2016)
ERKENNINGS
Brink, E et al 2012 Solutions for all History Grade 12 Macmillan SA
Daily Dispatch 25 September 1995
Dlamini N et al 2007 Shuter’s History. Shuter & Shooter Publishers LTD
Edelstein, J 2005 Truth and Lies: Stories from the Truth and Reconciliation Commission in South
Africa
http://1123.photobucket.com/albums/o319/vegan0wer/S2010133.ipg&ipg&imgrefurl
http://www.csvr.org.za/wits/articles/artcyal.htm
http://www.edu-mthong/benefitsofglobalisation.htm#The Benefits of Globalisation
http://www.toonpool.com/cartoons/Globalisation_30593#img9
http://yaleglobal.yale.edu/content/globalization-you-cant-stop-life
Kane-Berman, 1978.Soweto Black Revolt, White Reaction
Steve Biko Memorial Lectures 2000-2008. 2009,Macmillan SA
www.anc.org.za/show.phd?id=3148
www.dfa.gov.za/docs/speeches/2005/mbeki1216.htm
www.poverties.org/poverty-in India.html
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)

Addendum
History Grade 12 Paper 2 EC June 2016 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2016 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2016 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Addendum
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper