Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2016
GESKIEDENIS V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*HISTA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye en ʼn addendum van 12 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 



_hlayiso.com_--eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9/v1-97da7a9c61df59efec3c/card.webp)
_hlayiso.com_--10436d74-809f-4784-abf1-aa645bca6c60/v1-7e1798aee978ba1e3c0b/card.webp)
View all





History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 8
- File size
- 359.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 8
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is:
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ʼn NUWE WÊRELD
ORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ʼn NUWE WÊRELD
ORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste
EEN moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan of ʼn brongebaseerde vraag wees of ʼn
opstelvraag wees.
5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede
en insig gebruik.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
8. Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae in hierdie
afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in
die ADDENDUM verkry word.
VRAAG 1: WATTER IMPAK HET DIE SWARTBEWUSSYNSFILOSOFIE
OP SUID-AFRIKAANSE STUDENTE IN DIE 1970’s GEHAD?
Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C en 1D om die volgende vrae te beantwoord.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Omskryf die begrip Swartbewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.2 Lys TWEE organisasies wat, volgens die bron, die
Swartbewussynsfilosofie onder swart Suid-Afrikaanse studente
bevorder het. (2 x 1) (2)
1.1.3 Waarom dink jy het meer as 100 tot 180 leerlinge die eksamen op
die boek Swart Pelgrim deur FA Venter geboikot? (1 x 2) (2)
1.1.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie
kennis, verduidelik hoe die Swartbewussynsfilosofie Swart en
Kleurling skoliere in die Kaap in 1976 beïnvloed het. (2 x 2) (4)
1.1.5 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn
geskiedkundige wat die impak van die SASB op Swart en Kleurling
studente in die Kaap in 1976 bestudeer. (2 x 2) (4)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Haal VIER stukke bewyse vanuit die bron aan wat aantoon dat die
jeug van Soweto deur die idees van Swartbewussyn beïnvloed
was. (4 x 1) (4)
1.2.2 Gebruik die bron en jou eie kennis om die ‘brood-en-botter’-sake
wat die inwoners van Soweto in die gesig gestaar het, te
verduidelik. (2 x 2) (4)
1.3 Raadpleeg Bron 1C.
1.3.1 Waarom, volgens die visuele bron, het die studente van Soweto op
ʼn protesaksie besluit? (1 x 2) (2)
1.3.2 Wat, dink jy, was die intensie van die fotograaf met die publisering
van hierdie foto? (1 x 2) (2)
1.3.3 Verduidelik die betroubaarheid van hierdie foto vir
geskiedkundiges wat die oorsake van die Soweto Opstand
bestudeer. (2 x 2 ) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
1.4 Lees Bron 1D.
1.4.1 Deur gebruik te maak van die inligting in die bron en jou eie
kennis, verduidelik wat Biko bedoel het toe hy gesê het dat hy
Suid-Afrika ‘ʼn meer menslike gesig’ wou gee. (2 x 2) (4)
1.4.2 Verduidelik waarom die apartheidsregering Biko se invloed as ʼn
politieke leier probeer verhoed het. (2 x 2) (4)
1.4.3 Wat was Biko se grootste nalatenskap wat hy tydens die stryd
(struggle) beveg het? (1 x 2) (2)
1.4.4 Wat, volgens die bron, het die regering gedoen om Biko se lewe te
vereer? (2 x 1) (2)
1.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (80 woorde) waarin jy
die impak van die Swartbewussynsfilosofie op Suid-Afrikaanse studente in
die 1970’s bespreek. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 5
VRAAG 2: HOE HET DIE WAARHEID-EN-VERSOENINGSKOMMISIE
(WVK) MET DIE VERLEDE GEDEEL?
Bestudeer bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Kwoteer TWEE probleme wat die WVK tydens sy verhore
ondervind het. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom, volgens die bron, was die oortreders bereid om vergifnis
te vra? (1 x 1) (1)
2.1.3 Deur gebruik te maak van jou eie kennis, lewer kommentaar op die
relevansie van die stelling ‘ons mense is baie goed bedeeld met
die gees van Ubuntu’. (2 x 2) (4)
2.1.4 Wat verstaan jy onder die konsep ‘reparasies’ binne die konteks
van die WVK? (1 x 2) (2)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom Mev.
Mtimkulu voor die WVK verskyn het. (2 x 2) (4)
2.2.2 Waarom dink jy, het Mev Mtimkulu die menslike hare vir 20 jaar
lank bewaar? (1 x 2) (2)
2.3 Lees Bron 2C.
2.3.1 Hoe, volgens die bron, het Siphiwo Mtimkulu gesterf? (1 x 1) (1)
2.3.2 Identifiseer die TWEE sekuriteitspolisie-beamptes wat by die dood
van Siphiwo Mtimkulu betrokke was. (2 x 1) (2)
2.3.3 Verduidelik waarom jy dink dat Gen. Van Rensburg blatant voor
die Harmskommissie gelieg het. (2 x 2) (4)
2.3.4 Identifiseer bewyse in die bron wat aandui dat die
apartheidsregering Mnr. Mtimkulu dood gemaak het. (1 x 2) (2)
2.3.5 Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, verduidelik
wat bedoel word met die stelling dat ‘haar hare het sneeuwit
geraak sedert haar laaste verskyning’. (2 x 2) (4)
2.4 Hoe ondersteun Bron 2A vir Bron 2C met betrekking tot die doelwitte van
die WVK? (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
2.5 Bestudeer Bron 2D.
2.5.1 Identifiseer die manier hoe Bheki Mlangeni gedood was. (1 x 2) (2)
2.5.2 Volgens die bron, wat word bedoel met Mev. Mlangeni se
verklaring ‘… soos ons dood is nou’? (1 x 2) (2)
2.5.3 Haal bewyse vanuit die bron aan wat aandui dat Mnr. Sithole
verwag het dat die ANC-regering hom een of ander vorm van
kompensasie sou toestaan. (1 x 2) (2)
2.5.4 Verduidelik die bruikbaarheid van hierdie bron vir ʼn
geskiedkundige wat die WVK bestudeer. (2 x 2) (4)
2.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis, skryf ʼn paragraaf van omtrent AGT reëls (80 woorde) waarin jy
verduidelik hoe die Waarheid-en-Versoeningskommissie daartoe in staat
was om met die verlede te deel. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016) GESKIEDENIS V2 7
VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN GLOBALISASIE OP DIE
LEWENS VAN GEWONE MENSE IN DIE NUWE WÊRELD-
ORDE?
Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Definieer die konsep globalisasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Identifiseer enige DRIE voordele van globalisasie soos vervat deur
internasionale handel. (3 x 1) (3)
3.1.3 Gebruik die inligting vanuit die bron en jou eie kennis om die
bruikbaarheid van hierdie bron aan geskiedkundiges wat
internasionale handel bestudeer te verduidelik. (2 x 2) (4)
3.1.4 Verduidelik waarom daar, volgens die bron, ʼn groot gaping tussen
die rykes en die armes’ is. (2 x 2) (4)
3.2 Raadpleeg Bron 3B.
3.2.1 Gebruik die bron en jou eie kennis om die rol van die IMF en die
Wêreldbank binne die konteks van globalisering te verduidelik.
(2 x 2) (4)
3.2.2 Verduidelik wat bedoel word met die slagspreuk op die plakkaat
‘GO TO HELL WITH YOUR AID’. (2 x 2) (4)
3.3 Bestudeer Bron 3C.
3.3.1 Lys DRIE organisasies wat saamwerk in ʼn yster driehoekplan om
die korporatiewe plan van vrye handel deur te voer. (3 x 1) (3)
3.3.2 Wat, volgens die bron, was die werk van die yster driehoek?
(2 x 1) (2)
3.3.3 Verduidelik hoe die arm lande geforseer was om hul skuld aan die
IMF en WHO af te betaal. (2 x 2) (4)
3.3.4 Watter afleiding kan jy maak van lande wat meer aandag skenk
aan die uitvoer van voedsel vergeleke met die verbouing van
voedsel vir plaaslike verbruik? (1 x 2) (2)
3.3.5 Waarom, volgens die bron, was veiligheid vir die inheemse
bevolking, werkers en omgewing prysgegee? (1 x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2016)
3.4 Gebruik Bron 3D.
3.4.1 Identifiseer TWEE negatiewe gevolge van globalisasie soos vervat
in die bron. Gebruik die visuele leidrade in die bron om jou
antwoord te ondersteun. (2 x 1) (2)
3.4.2 Waarom, dink jy, het globalisasie armoede en ongelykhede onder
arm lande veroorsaak? (1 x 2) (2)
3.5 Verwys na Bronne 3C en 3D. Lewer kommentaar op hoe hierdie bronne
mekaar met betrekking tot die impak van globalisasie op gewone mense
ondersteun. (2 x 2) (4)
3.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis, skryf ʼn paragraaf van omtrent AGT reëls (80 woorde) waarin jy die
impak van globalisasie op die lewens van gewone mense in die Nuwe
Wêreld-orde bespreek. (8)
[50]
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae vanuit hierdie
afdeling.
Jou opstel moet ten minste DRIE bladsye in lengte wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
In 1980, het PW Botha verklaar dat ‘die strategiese posisie van Suid-Afrika het
verander met betrekking tot apartheid. Ons moet aanpas of sterf.’
Verduidelik tot watter mate Botha se aanpassing van die apartheidsbeleid deur
die interne versetsbewegings in die 1980’s uitgedaag was. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
‘Die verskeie rolspelers het saam ʼn belangrike rol gespeel om te verseker dat
Suid-Afrika ʼn nie-rassige demokratiese land in 1994 geword het.’
Stem jy saam met die stelling? Gebruik relevante bewyse om jou gedagtegang te
ondersteun. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ʼn NUWE WÊRELD-
ORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
‘Die val van die USSR het Suid-Afrika se toekoms positief geaffekteer.’
Evalueer hierdie stelling krities deur gebruik te maak van relevante historiese
bewyse om jou gedagtegang te ondersteun. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2016 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)
_hlayiso.com_--eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9/v1-97da7a9c61df59efec3c/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)
_hlayiso.com_--10436d74-809f-4784-abf1-aa645bca6c60/v1-7e1798aee978ba1e3c0b/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum