Skip to content

Geography Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)

Question paperGeographyGrade 12202419 pages

Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2024 10781 GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) TYD: 3 uur PUNTE: 150 19 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 2 (VRAESTEL 1) 10781/24 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS. AFDELING A VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER (60) VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE (60) AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30) 2. Beantwoord AL DRIE vrae. 3. Alle diagramme is in die VRAESTEL ingesluit. 4. Laat ʼn reël oop tussen onderafdelings van vrae wat jy beantwoord. 5. Begin ELKE vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 7. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDBOEK skryf NIE. 8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word. 9. Antwoord in VOLSINNE, behalwe waar jy moet noem, identifiseer of ʼn lys moet maak. 10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa, 14 °C en 45 m. 11. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 12. Jy mag ʼn vergrootglas gebruik. 13. Skryf netjies en leesbaar. SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B 14. ʼn 1 : 50 000 topografiese kaart 3026 DA ALIWAL NOORD en ʼn 1 : 10 000 ortofotokaart 3026 19 DA DUKATHOLE word voorsien. 15. Die gebied wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is, stel die gebied voor wat deur die ortofotokaart gedek word. 16. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word. 17. Jy moet die topografiese kaart en die ortofotokaart aan die einde van hierdie eksamensessie by die toesighouer inlewer. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 3 (VRAESTEL 1) 10781/24 AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.8 A. 1.1.1 ʼn Stedelike hitte-eiland kan beskryf word as ... A stedelike gebiede wat kouer is as landelike gebiede. B stedelike gebiede wat meer insolasie as landelike gebiede ontvang. C stedelike gebiede wat warmer is as landelike gebiede. D ʼn toename in temperatuur soos jy van landelike tot stedelike gebiede beweeg. 1.1.2 Stedelike hitte-eilande kan ontwikkel as gevolg van ... A die verminderde aantal voertuie. B verminderde industriële aktiwiteit. C groter oopwaterbronne. D groter kunsmatige oppervlaktes. 1.1.3 Die volgende foto toon ... as gevolg van ʼn groot glasoppervlak in ʼn stedelike gebied. [Bron: https://www.mornglass.com/light-pollution-of-glass- curtain-wall.html] A Albedo B evapotranspirasie C insolasie D absorpsie b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 4 (VRAESTEL 1) 10781/24 1.1.4 ʼn Besoedelingskoepel wat oor ʼn stedelike gebied geleë is, sou ... en ... wees. (i) hoër gedurende die dag (ii) laer gedurende die dag (iii) laer gedurende die nag (iv) hoër gedurende die nag A (i) en (iii) B (i) en (iv) C (ii) en (iii) D (ii) en (iv) Verwys na sketse A en B hieronder, wat windrigting in valleie toon, om VRAAG 1.1.5 tot 1.1.7 te beantwoord. [Aangepas uit https://www.alamy.com/mountain-valley-river-graphic-black- white-landscape-sketch-illustration-vector-image416759737.html] 1.1.5 Die wind wat in skets A geïllustreer word, is ʼn ... wind. A katabatiese B Föhn C anabatiese D Berg 1.1.6 Die wind wat in diagram B geïllustreer word, kom die meeste ... voor. A in die namiddag B snags C voor die middag D op enige tyd van die dag 1.1.7 Rypholtes sal waarskynlik in diagram B vorm as gevolg van die … A ophoping van koue lug. B verspreiding van warm lug. C berghange. D ligging van die rivier. (7 x 1) (7) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 5 (VRAESTEL 1) 10781/24 1.2 Lees die stellings hieronder en kies die toepaslike woord(e) tussen hakies wat die stelling WAAR sal maak. Skryf slegs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) en die antwoord in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.2.9 Afgeneem. 1.2.1 Die globale windgordel wat verantwoordelik is vir die algemene beweging van siklone in die middelbreedte, is die (polêre oostewinde/ tropiese oostewinde). 1.2.2 Die diagram hieronder toon ʼn middelbreedte-sikloon in die (ontwikkelings/ontwikkelde-) stadium. [Bron: https://online.htseden.co.za/wp-content/uploads/ 2021/03/Geography-Grade-12-Term-1-Week-1_2021-1.pdf] 1.2.3 Die diagram hieronder beeld ʼn (opeenvolging/familie) van siklone uit. [Bron: https://learn.mindset.africa/sites/default/files/ resourcelib/emshare-show-note-asset/858_fdoc.pdf] 1.2.4 Die front by B hieronder is die (warm/koue) front. [Bron: https://learn.mindset.africa/sites/default/files/ resourcelib/emshare-show-note-asset/858_fdoc.pdf] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 6 (VRAESTEL 1) 10781/24 Verwys na die diagramme hieronder om VRAAG 1.2.5 tot 1.2.8 te beantwoord. B [Aangepas uit https://learntoflyblog.com/weather-fronts-2/] 1.2.5 (Nimbostratus/Cumulonimbus) wolke sal heel waarskynlik by A ontwikkel. 1.2.6 Sagte reën kan by B verwag word omdat (warm/koue) lug geleidelik bo die koeler lugmassas uitstyg. 1.2.7 Die okklusie front wat in diagram C uitgebeeld word, is ʼn (warm/koue) okklusie. 1.2.8 Die okklusie in diagram C is die gevolg van koue lug wat (vinniger/ stadiger) as warm lug beweeg. (8 x 1) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 7 (VRAESTEL 1) 10781/24 1.3 Verwys na die skets hieronder wat lyndonderstorms toon. Suid- Indiese HD sel Suid- Atlantiese HD sel [Bron: https://www.theanswer.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Gr-12- Geography-3-in-1-Extracts.pdf] 1.3.1 Wat is ʼn vogfront? (1 x 2) (2) 1.3.2 Gee EEN bewys uit die skets wat aandui dat lyndonderstorms voorkom. (1 x 1) (1) 1.3.3 Gebruik inligting uit die skets en verduidelik hoekom daar meer wolke in die oostelike deel, in plaas van die westelike deel van Suid-Afrika, geleë sal wees. (2 x 2) (4) 1.3.4 Verduidelik in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls hoe die somerligging (posisie) van die hoëdrukselle (antisiklone) die ontwikkeling van lyndonderstorms bevorder. (4 x 2) (8) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 8 (VRAESTEL 1) 10781/24 1.4 Verwys na die infografika oor Tropiese Sikloon Freddy. BEWEGING VAN TROPIESE SIKLOON FREDDY Baie Intense Tropiese Sikloon KATEGORIE 5 KATEGORIE 4 KATEGORIE 3 FEBRUARIE 15 FEBRUARIE 11 FEBRUARIE 19 [Aangepas uit https://watchers.news/2023/03/06/tropical-cyclone-freddy-the-longest- lived-and-one-of-a-kind-tropical-cyclone-in-history/] SIKLOON FREDDY SATELLIETBEELD VAN TROPIESE SIKLOON Die Tropiese Sikloon Freddy was ʼn FREDDY buitengewoon langlewende, kragtige en dodelike storm wat die suidelike Indiese Oseaan in Februarie en Maart 2023 vir meer as vyf weke deurkruis het. Freddy het sy eerste kontak met die land naby Mananjary, Madagaskar, gemaak. Die storm het vinnig oor die land verswak, maar weer versterk in die Mosambiekkanaal. Die sikloon het die suidooste van Madagaskar getref en baie huise beskadig. Die impak in Mosambiek was erger as in Madagaskar en het [Bron: https://en.wikipedia.org/ wiki/Cyclone_Freddy] swaar reënval in die suidelike helfte van die land ingesluit. Malawi is die swaarste getref, waar onophoudelike reën katastrofiese kitsvloede veroorsaak het, met Blantyre wat die swaarste daarvan afgekom het. Die land se kragnetwerk is amper vernietig, met sy hidroëlektriese dam wat onbruikbaar gelaat is. Voedselsekerheid was veral kommerwekkend, met miljoene mense wat in gevaar gelaat is. [Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Cyclone_Freddy] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 9 (VRAESTEL 1) 10781/24 1.4.1 Volgens die infografika, wat was die lewensduur van Tropiese Sikloon Freddy? (1 x 1) (1) 1.4.2 Haal ʼn voorbeeld aan van infrastruktuurskade veroorsaak deur Tropiese Sikloon Freddy, soos in die artikel genoem. (1 x 1) (1) 1.4.3 Beskryf die rotasie van winde soos in die satellietbeeld uitgebeeld (getoon). (1 x 1) (1) 1.4.4 Stel TWEE moontlike redes voor waarom Tropiese Sikloon Freddy tussen 11 Februarie 2023 en 19 Februarie 2023 van ʼn kategorie 3 na ʼn kategorie 5-sikloon versterk het. (2 x 2) (4) 1.4.5 Wat kon die vinnige verswakking van Tropiese Sikloon Freddy veroorsaak het toe dit naby Mananjary die land bereik het? (1 x 2) (2) 1.4.6 Stel DRIE strategieë voor wat die plaaslike owerhede in Mosambiek kon implementeer om vir die vernietiging wat deur Tropiese Sikloon Freddy veroorsaak is, voor te berei. (3 x 2) (6) 1.5 Verwys na sketse A en B hieronder, wat die inversielaag toon. [Aangepas uit https://www.theanswer.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Gr-12- Geography-3-in-1-Extracts.pdf] 1.5.1 Definieer die term temperatuurinversie. (1 x 2) (2) 1.5.2 Watter van die sketse, A of B, verteenwoordig die winterseisoen? (1 x 1) (1) 1.5.3 Verskaf bewyse uit die skets om jou antwoord op VRAAG 1.5.2 te ondersteun. (1 x 2) (2) 1.5.4 Verduidelik die waarskynlike stabiele toestande wat in die binneland van Suid-Afrika in skets A ervaar word. (2 x 2) (4) 1.5.5 ʼn Boer in die Vrystaat wil gewasse plant wat groot hoeveelhede water benodig. Verduidelik waarom die klimatologiese toestande wat in skets B uitgebeeld word hierdie tipe boerdery sal pas. (3 x 2) (6) [60] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 10 (VRAESTEL 1) 10781/24 VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE 2.1 Verwys na die diagram hieronder. Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.1.8 Y. 1 en 2 is toekomstige stroomprofiele X B 2 1 S Seevlak Weerstandbiedende rotslaag [Bron: http:www.google.comsearchq=temporary+base+level+diagram&tbm] KOLOM A KOLOM B 2.1.1 Die lengteprofiel in die diagram verteenwoordig ʼn Y gegradeerde ... rivier profiel. Z ongegradeerde 2.1.2 Die rivierloop wat deur X op die lengteprofiel Y boloop aangedui word, is in die ... stadium. Z middel-loop 2.1.3 … erosie is die dominante erosieproses by X. Y Vertikale Z Laterale 2.1.4 Die skerp daling in gradiënt wat by B op die Y waterval. diagram aangedui word, staan bekend as ʼn ... Z stroomversnelling. 2.1.5 … erosie kan lei tot die verwydering van die Y Terugwaartse tydelike basisvlak by B. Z Vertikale 2.1.6 Na die verwydering van die tydelike basisvlak by Y konvekse B, sal die rivierprofiel ʼn ... profiel vorm. Z konkawe 2.1.7 … vloei is oorheersend op die helling van die Y rivierprofiel aangedui as S. Z (7 x 1) (7) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 11 (VRAESTEL 1) 10781/24 2.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.2.9 A. 2.2.1 ʼn Dreineringspatroon wat gevorm het as gevolg van smeltende ys staan bekend as ... A dendrities. B tralie. C reghoekig. D ontwrigt. 2.2.2 ʼn ... dreineringspatroon pas nie by die geologie en topografie van die omliggende landskap nie. A Tralie B Ontwrigte C Antesedente D Geërfde 2.2.3 Die volgende eienskappe beskryf die dendritiese dreineringspatroon waar ... en ... (i) sytakke met skerp hoeke aansluit (ii) afwisselende harde en sagte rotslae voorkom (iii) sytakke kort is en reghoekig aansluit (iv) die vertakkingspatrone lyk soos die takke van ʼn boom A (i) en (ii) B (ii) en (iii) C (ii) en (iv) D (i) en (iv) 2.2.4 Die ... patroon ontstaan waar ʼn rivier sy loop behou selfs nadat die land opgehef is as gevolg van tektoniese beweging. A antesedente B geërfde C tralie D ontwrigte b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 12 (VRAESTEL 1) 10781/24 Verwys na die dreineringspatrone wat in sketse A en B hieronder geïllustreer word om VRAAG 2.2.5 en 2.2.6 te beantwoord. [Bron: Eksaminator se eie skets] 2.2.5 Die dreineringspatroon wat deur A voorgestel word, is … A radiaal. B sentripetaal. C reghoekig. D dendrities. 2.2.6 Dreineringspatrone A en B ontwikkel onderskeidelik op ... A homogene en reghoekige strata. B ʼn koepel en ʼn sentrale bekken. C bergagtige en rotsagtige streke. D skuins en horisontale strata. Verwys na die dreineringspatrone wat in sketse C, D en E hieronder geïllustreer word om VRAAG 2.2.7 en 2.2.8 te beantwoord. C D E [Bron: http://www.civil.northwestern.edu/people/dowding/airphoto/Air%20Photo% 20Elements.html] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 13 (VRAESTEL 1) 10781/24 2.2.7 Rangskik sketse C, D en E volgens die toename in dreineringsdigtheid. A C; E; D B E; D; C C D; C; E D D; E; C 2.2.8 Die dreineringsdigtheid in skets C verteenwoordig ʼn dreineringsbekken in ʼn streek met ... gradiënte en ... deurlaatbaarheid van die rotsstruktuur. A steiler; lae B steiler; hoë C sagte; lae D sagte; hoë (8 x 1) (8) 2.3 Bestudeer die skets hieronder van ʼn gevlegte rivierkanaal. A B [Aangepas uit https://people.uwec.edu/jolhm/NZ/Below/Home.html] 2.3.1 Definieer die konsep gevlegte rivierkanaal. (1 x 2) (2) 2.3.2 Identifiseer die fluviale (rivier) kenmerke gemerk A en C. (2 x 1) (2) 2.3.3 (a) Kies die korrekte antwoord uit die opsies tussen hakies. Die (boonste/middel/benede) fluviale loop word in die skets uitgebeeld. (1 x 1) (1) (b) Verskaf DRIE bewysstukke uit die skets om jou antwoord op VRAAG 2.3.3 (a) te ondersteun. (3 x 1) (3) 2.3.4 Teken ʼn benoemde, vryhand deursnee skets langs lyn B – C. (3 x 1) (3) 2.3.5 Verduidelik waarom ʼn toeris nie ʼn kampeerterrein by punt C moet oprig nie. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 14 (VRAESTEL 1) 10781/24 2.4 Bestudeer die volgende inligting oor stroomroof. STROOMROOF IN WILDERNIS ʼn Stroomroof-terrein kan nege kilometer langs die Georgesvalleipad, by die afdraai na die Wolkberg-wildernisgebied gevind word, ʼn punt aan die Lethabarivier waar ʼn prehistoriese daad van “stroomroof” tydens die proses van terugwaartse erosie plaasgevind het. Dit was hier, baie lank gelede dat die Groot Lethabarivier terugwaarts in die heuwels geërodeer het en die bolope van die Mohlapitserivier gesteel het. Vandag vloei die Lethabarivier vinnig en helder op hierdie plek, terwyl die Mohlapitse, ontneem van die voorheen sterk vloei, nou ʼn deurweekte en ontwrigte vleiland is wat onseker is oor hoe dit krag sal versamel en afvloei in die verre Olifantsrivier. [Bron: https://www.iinfo.co.za/content/river-capture-site-georges-valley] Lethabarivier Mohlapitserivier B A C D Voor Stroomroof Na stroomroof [Bron: Eksaminator se eie skets] 2.4.1 Definieer die konsep stroomroof. (1 x 2) (2) 2.4.2 Verskaf die geomorfologiese terme vir die kenmerke wat aangedui word as: (a) Die hoogliggende gebied A (1 x 1) (1) (b) ʼn Gevolglike kenmerk van stroomroof gemerk B (1 x 1) (1) 2.4.3 Haal bewyse uit die gevallestudie aan dat die ongeskikte stroom in gebied C voorkom. (1 x 1) (1) 2.4.4 Bespreek hoe die vloei-eienskappe in die Groot Lethabarivier sal verander na stroomroof. (2 x 2) (4) 2.4.5 Beskryf die impak op boerderybedrywighede langs die Mohlapitserivier ná stroomroof. (3 x 2) (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 15 (VRAESTEL 1) 10781/24 2.5 Bestudeer die artikel hieronder oor rivierbestuur in KwaZulu-Natal. KZ-N-RIOOLLEKKASIE 'N TEELAARDE VIR SIEKTES, WAARSKU KENNER Die Westbrook, Bronze, Umhlanga, Umdloti, Isipingo, Reunion, Pipeline, Toti Main, Warner, Baggies, Winklespruit, Garvies en Ansteys strande is gesluit vanaf 7 Oktober. Nie net is strande gesluit nie, skrikwekkende E-coli- monsterversamelingsresultate, 'n verdoemende Bloudruppelverslag en rioollekkasies het die provinsie se gebrek aan voldoende infrastruktuur vererger. Paaie en kritieke infrastruktuur, insluitend 'n aantal watersuiweringsaanlegte en pype, is in die laaste seisoen van oorstromings beskadig en is nog nie herstel nie. Beeldmateriaal van rou riool wat van die Port Shepstone-hospitaal na die nabygeleë uMzimkhulurivier vloei, het weereens die kollig op KwaZulu-Natal se haglike waterbehandelingskrisis geplaas. Volgens Mxolisi Kaunda, burgemeester van eThekwini, was Johannaweg en Ohlange rioolpompstasies en die Noordelike Afvalwaterbehandelingswerke. grootliks verantwoordelik vir hoë E-coli-lesings en kommer oor watergehalte. In ʼn onderhoud met The Citizen, het professor Anthony Turton van die Universiteit van Vrystaat se Sentrum vir Omgewingsbestuur, 'n somber prentjie van KZN se waterprobleme geskets. Turton het gesê rioolrisiko's in KZN hou verband met hepatitis A, wat 'n watergedraagde patogeen is. "Dit beteken dat ons patogene in ,vleilande en akwatiese ekosisteme aan 'n wye verskeidenheid middels blootstel," het Turton gewaarsku. [Aangepas uit https://www.citizen.co.za/news/south-africa/kzn-sewage-leaks-disease- warning-10-october-2022] 2.5 2.5.1 Definieer die konsep rivierbestuur. (1 x 2) (2) 2.5.2 Wat was die hoofbron van besoedeling wat gelei het tot die sluiting van die strande in KwaZulu-Natal? (1 x 1) (1) 2.5.3 Haal bewyse uit die artikel aan wat daarop dui dat die gebrek aan instandhouding van infrastruktuur tot die besoedeling van die riviere gelei het. (1 x 2) (2) 2.5.4 Watter impak kan die besoedeling wat in die artikel geïdentifiseer is op die natuurlike omgewing hê? (1 x 2) (2) 2.5.5 Bespreek in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls volhoubare strategieë wat deur die eThekwini-munisipaliteit geïmplementeer kan word om die besoedeling van die riviere in KwaZulu-Natal te verminder. (4 x 2) (8) [60] TOTAAL AFDELING A: 120 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 16 (VRAESTEL 1) 10781/24 AFDELING B VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE ALGEMENE INLIGTING OOR ALIWAL-NOORD Aliwal-Noord Koördinate: 30°42′S ; 26°42′O Aliwal-Noord (amptelik Maletswai) is ʼn dorp in sentraal Suid-Afrika aan die oewer van die Oranjerivier in die Oos-Kaapprovinsie. Die nedersetting is oorkant die Oranjerivier geleë, net onderkant sy samevloeiing met die Kraairivier. In die suidweste van die dorp styg die Kramberg tot 2 000 m bo seespieël. In Aliwal- Noord is die somers warm, die winters is kort, koud en droog. Die maand met die natste dae in Aliwal-Noord is Februarie, met gemiddeld 9,1 dae met minstens 1 mm neerslag. [Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/aliwal noorde] Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart getoon. ENGLISH AFRIKAANS River Rivier Orange Oranje Furrow Voor Recreation Ontspanning Church Kerk Valley Vallei b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 17 (VRAESTEL 1) 10781/24 3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE 3.1.1 In watter provinsie is Aliwal-Noord geleë? A Wes-Kaap B Oos-Kaap C Gauteng D Mpumalanga (1 x 1) (1) 3.1.2 Die koördinate vir Aliwal-Noord is 30°42′S ; 26°42′O. Die 30° S verwys na die (lengte-/breedtegraad). (1 x 1) (1) 3.1.3 Verwys na die begraafplaas in blok D1 op die topografiese kaart. Bereken die oppervlakte in m² van die begraafplaas in blok D1 as die lengte 1,1 cm en die breedte 0,7 cm is. Formule: Lengte x Breedte (3 x 1) (3) 3.1.4 Verwys na die topografiese kaart. (a) Bereken die ware peiling vanaf trigonometriese stasie 56 in blok C2 tot hoogtepunt 1398 in blok E2. (1 x 1) (1) (b) Bereken die magnetiese peiling vanaf trigonometriese stasie 56 in blok C2 tot hoogtepunt 1398 in blok E2 as die huidige magnetiese deklinasie 24° 43' wes van ware noord is. (2 x 1) (2) Formule: Magnetiese peiling = Ware peiling + Magnetiese deklinasie (c) Waarom is dit belangrik om die huidige magnetiese peiling te bereken? (1 x 2) (2) 3.2 KAARTINTERPRETASIE Verwys na die topografiese kaart. 3.2.1 (a) Verwys na R in blok A3. Die dominante dreineringspatroon in hierdie blok is ... A dendrities. B tralie. C parallel. D radial (1 x 1) (1) (b) Vergelyk die dreineringsdigtheid by R in blok A3, en S in blok B3. (2 x 1) (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 18 (VRAESTEL 1) 10781/24 (c) Lewer bewyse vanaf die topografiese kaart om jou antwoord op VRAAG 3.2.1 (b) te regverdig. (1 x 2) (2) 3.2.2 (a) Verwys na sytak T in blok B4 en B5, op die topografiese kaart. In watter rigting vloei die sytak? (1 x 1) (1) (b) Verskaf bewyse vanaf die topografiese kaart om jou antwoord op VRAAG 3.2.2 (a) te ondersteun. (1 x 2) (2) 3.2.3 Verwys na lyne 6 – 7 in blok A3 – B3 op die ortofotokaart. (a) Teken ʼn benoemde, vryhand-deursnit vanaf punt 6 tot punt 7 soos op die ortofotokaart getoon. (2 x 1) (2) (b) Verwys na punt 7 op die ortofotokaart. Verduidelik waarom afsetting die hoofsaaklike proses is, wat op hierdie punt plaasvind. (1 x 2) (2) 3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS) Lees die uittreksel hieronder om VRAAG 3.3.1 te beantwoord. Die nuwe eienaar van die plaas (Waaiplaas), in blok A5 (op die topografiese kaart) wil die beste plek identifiseer om sy beeste te laat wei. 3.3.1 Identifiseer EEN van die GIS-prosesse wat die boer kan gebruik om die beste plek te identifiseer om sy beeste te laat wei. (1 x 1) (1) Verwys na Waaiplaas in blok A5 op die topografiese kaart. 3.3.2 (a) Noem EEN mensgemaakte puntkenmerk in blok A5, wat gebruik word om grondwater te onttrek. (1 x 1) (1) (b) Noem EEN mensgemaakte lynkenmerk in blok A5, wat gebruik word om die vloei van water te beheer. (1 x 1) (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GEOGRAFIE 19 (VRAESTEL 1) 10781/24 Verwys na beeld A en beeld B van blok D3, op die ortofotokaart. A en B is beelde van die nedersetting in blok D3. A B [Bron: Eksaminator se aangepaste brokkie] 3.3.3 (a) Watter beeld, A of B, illustreer ʼn hoë resolusie beeld? (1 x 1) (1) (b) Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.3.3 (a). (1 x 2) (2) (c) Verduidelik waarom beelde A en B voorbeelde van rasterdata is. (1 x 2) (2) TOTAAL AFDELING B: 30 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Geography

View all