Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2024
10782
GEOGRAFIE
(VRAESTEL 2)
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
22 bladsye
b.o.
Skip to contentAll 2024 papers 

%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853/v1-245d41e84a7f24f2da21/card.webp)


%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8/v1-ad48fe9bc0f8232ebee3/card.webp)
View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)





Geography Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 QP (Afr)
Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 22 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng Prelim Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 22
- File size
- 4.9 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 22
This exam
Gauteng Prelim Exam 2024
Questions in this paper
- Question 1.1Rural and urban settlements8 marks
- Question 1.2Rural and urban settlements7 marks
- Question 1.3Rural and urban settlements15 marks
- Question 1.4Rural and urban settlements15 marks
- Question 1.5Rural and urban settlements15 marks
- Question 2.1Economic geography of South Africa7 marks
Show all 13 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 2
(VRAESTEL 2) 10782/24
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.
AFDELING A
VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTING (60)
VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA (60)
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE (30)
2. Beantwoord AL DRIE vrae.
3. ALLE diagramme is by die VRAESTEL ingesluit.
4. Laat 'n reël oop tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord is.
5. Begin ELKE vraag bo-aan 'n NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
7. MOENIE in die kantlyn van die ANTWOORDBOEK skryf NIE.
8. Teken volledig benoemde diagramme wanneer dit vereis word.
9. Beantwoord in VOLSINNE, behalwe wanneer jy moet noem, identifiseer of ʼn lys
moet maak.
10. Die maateenhede MOET in jou finale antwoord aangedui word, bv. 1 020 hPa,
14 °C en 45 m.
11. Jy mag 'n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
12. Jy mag ʼn vergrootglas gebruik.
13. Skryf netjies en leesbaar.
SPESIFIEKE INSTRUKSIES EN INLIGTING VIR AFDELING B
14. 'n 1: 50 000 topografiese kaart VANRHYNSDORP (VREDENDAL) 3118DA en 'n
1: 10 000 ortofotokaart VREDENDAL 3118 DA 11 en 16 word verskaf.
15. Die area wat met ROOI/SWART op die topografiese kaart afgebaken is,
verteenwoordig die area wat deur die ortofotokaart gedek word.
16. Punte sal vir stappe in berekeninge toegeken word.
17. Jy moet die topografiese en die ortofotokaart aan die einde van hierdie
eksamensessie by die toesighouer inhandig.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 3
(VRAESTEL 2) 10782/24
AFDELING A: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS EN EKONOMIESE
GEOGRAFIE VAN SUID-AFRIKA
VRAAG 1: LANDELIKE EN STEDELIKE NEDERSETTINGS
1.1 Verwys na die FIGUUR hieronder.
Verskeie opsies word as moontlike antwoord op die volgende vrae gegee. Kies die
antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8)
in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.
SLEUTEL
Pad
Huise
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.1.1 Die patroon van die nedersetting by A is …
A geïsoleerde plaasopstalle.
B verspreid.
C kernvormig.
D dorpie.
1.1.2 Die vorm van die nedersetting by B is …
A T-vormig.
B ʼn kruispad.
C kernvormig.
D rond.
1.1.3 Die vorm van die nedersetting by C is bepaal deur die …
A nabyheid aan die SSK.
B behoefte aan privaatheid.
C rivier.
D pad.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 4
(VRAESTEL 2) 10782/24
1.1.4 Verwys na die hiërargie van nedersettings hieronder om die vraag wat
volg te beantwoord.
Die nedersetting by D (in die figuur op bl. 3) is … op die hiërargie as
gevolg van … in die aantal dienste.
Hiërargie van nedersettings
hoofstad
konurbasie
toename in afname in
bevolking en stad hoeveelheid
gebied dienste
groot dorp
klein dorpie
dorpie
gehuggie
geïsoleerde geboue/plaasopstalle
hoeveelheid nedersettings
[Bron: https://www.buddinggeographers.com/rural-and-urban-settlement/]
(i) hoër
(ii) laer
(iii) ʼn toename
(iv) ʼn afname
A (i) en (iv)
B (i) en (iii)
C (ii) en (iv)
D (ii) en (iii)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 5
(VRAESTEL 2) 10782/24
1.1.5 In die diagram hieronder beoefen die … boer … boerdery.
[Bron: https://forestrypedia.com/difference-between-substance-farming-and-
subsistence-farming/#google_vignette]
(i) bestaans
(ii) kommersiële
(iii) monokultuur
(iv) gemengde
A (i) en (iii)
B (i) en (iv)
C (ii) en (iii)
D (ii) en (iv)
1.1.6 Die keuse van die ligging van 'n landelike nedersetting kan bepaal
word deur die ...
A aspek.
B nabyheid aan 'n spoorwegstasie.
C verbinding met ander nedersettings.
D bestaande infrastruktuur.
1.1.7 Verstedeliking verwys na die …
A beweging van mense vanaf landelike gebiede na stede vir beter
geleenthede.
B toenemende persentasie van die totale bevolking wat in
stedelike gebiede woon.
C afname in die aantal mense wat in landelike gebiede woon.
D aantal mense wat in 'n stedelike gebied woon.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 6
(VRAESTEL 2) 10782/24
1.1.8 'n Sentrale plek verskaf goedere en dienste aan die omliggende ...
A voorstede.
B dorpe.
C landelike gebiede.
D stede. (8 x 1) (8)
1.2 Kies 'n woord/term opsie uit KOLOM B wat by die prentjie in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter Y of Z langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.7) in die
ANTWOORDBOEK, bv. 1.2.8 Z.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Y Gespesialiseerde dorp
Z Sentrale plek
[Bron: https://www.hellogardenroute.co.za/about-
the-garden-route/about-plettenberg-bay/]
1.2.2 Y Poortdorp
Z Vragverbrekingsdorp
[Bron: https://www.gettyimages.com/detail/
photo/shipping-and-trucking-transportation-
industry-royalty-free-image/98154502?
adppopup=true]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 7
(VRAESTEL 2) 10782/24
1.2.3 Y Poortdorp
Z Aansluitingsdorp
[Bron: Google Earth]
1.2.4 Y Gespesialiseerde
dorp
Z Sentrale plek
[Bron: https://za.pinterest.com/pin/
732538695644573803/]
1.2.5 Y Aansluitingsdorp
Z Poortdorp
De Aar is 'n groot aansluiting waar die
Kaapstad-Kimberley-hooflyn 'n lyn van
Port Elizabeth en 'n ander lyn vanaf
Upington ontmoet.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 8
(VRAESTEL 2) 10782/24
1.2.6 Y Sentrale plek
Z Gespesialiseerde
dorp
Die eerste skool is in 1683 geopen, maar
onderwys op die dorp het in alle erns in 1859
begin met die opening van die oudste skool vir
meisies in Suid-Afrika.
[Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Stellenbosch]
1.2.7 Y Poortdorp
Z Handel- en
vervoerstad
[Bron: https://www.exportersec.co.za /2020/09/10/port-
of-pe-making-its-mark-in-the-bumper-fruit-season/]
(7 x 1) (7)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 9
(VRAESTEL 2) 10782/24
1.3 Verwys na die infografika hieronder oor grondhervorming in Suid-Afrika.
GRONDHERVERDELING KAN NUWE WERKSGELEENTHEDE IN LANDBOU
IN SUID-AFRIKA SKEP
Grondhervorming is nodig in post-apartheid Suid-Afrika om te help om oorgeërfde
historiese ongeregtighede aan te spreek, veral dié wat voortspruit uit die
grondonteiening van die swart meerderheid. Dit behels die terugbetaling van
grond aan individue en gemeenskappe wat hul huise en grond verloor het weens
gedwonge verskuiwings. Dit skep ook veilige regte op grond wat deur die swart
meerderheid besit word. Daarbenewens het die proses ten doel om 'n meer
regverdige patroon van grondbesit te skep.
[Bron: https://mg.co.za/news/2020-06-08-study-shows-land-redistribution-can-create-new-
jobs-in-agriculture-in-south-africa/]
[Bron: https://www.landreformfutures.org/]
1.3.1 Definieer die term grondherverdeling. (1 x 2) (2)
1.3.2 Haal uit die gedeelte hierbo aan, waarom grondhervorming nodig is in ʼn
post-apartheid Suid-Afrika. (1 x 1) (1)
1.3.3 Noem 'n voordeel van grondhervorming, wat sigbaar is in die prent.
(1 x 2) (2)
1.3.4 Stel uitdagings voor wat ondervind word in die implementering van
grondhervorming in Suid-Afrika. (2 x 2) (4)
1.3.5 Verduidelik die positiewe impak van grondhervorming op landelike
gemeenskappe in Suid-Afrika. (3 x 2) (6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 10
(VRAESTEL 2) 10782/24
1.4 Verwys na die diagram hieronder oor grondgebruiksones.
PARKERVILLESTAD
Winkelsentrum Swaar industrie
Kragstasie
spoorlyn
Middelinkomste
residensieel
Hoë-inkomste
residensieel OORGANGSONE
Gholfbaan
Ligte industrie Lae inkomste behuising
Lughawe
[Bron: Eksaminator se eie skets]
1.4.1 Identifiseer die grondgebruiksone wat deur A in die diagram aangedui
word. (1 x 1) (1)
1.4.2 Verskaf bewyse uit die skets om jou antwoord op VRAAG 1.4.1 te
staaf. (1 x 2) (2)
1.4.3 Identifiseer 'n kommersiële aktiwiteit in Parkervillestad wat
gedesentraliseer is. (1 x 2) (2)
1.4.4 Verduidelik waarom die aktiwiteit genoem in VRAAG 1.4.3
gedesentraliseer het. (1 x 2) (2)
1.4.5 Die grondgebruiksmodel wat in die skets hierbo uitgebeeld word,
stem baie ooreen met die (meervoudige nuklei/Derdewêreldstad).
(1 x 2) (2)
1.4.6 Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.4.5. (1 x 2) (2)
1.4.7 Bespreek TWEE faktore, sigbaar op die diagram, wat die ligging van
die hoë-inkomste residensiële sone beïnvloed het. (2 x 2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 11
(VRAESTEL 2) 10782/24
1.5 Verwys na die artikel oor dienslewering in stedelike gebiede en beantwoord die vrae
wat volg.
BASIESE WATERDIENSTE IN SUID-AFRIKA IS VERVALLE NA JARE VAN
VOORUITGANG
Die watersituasie in Suid-Afrika het versleg. Die betroubaarheid van waterdienste
en infrastruktuur, soos getoon deur gereelde watertoevoeronderbrekings was in 'n
afwaartse neiging.
Die agteruitgang van die land se waterinfrastruktuur en die werklike lewering van
betroubare en veilige watervoorsiening kan toegeskryf word aan onderinvestering
in infrastruktuurinstandhouding en vertragings in die hernuwing van ou
infrastruktuur. Ander bydraende faktore sluit in swak bestuur, beperkte begrotings,
swak inkomstebestuur deur plaaslike munisipaliteite, die wanbesteding van fondse,
en ʼn gebrek aan kapasiteit of nodige tegniese vaardighede wat verband hou met
waterdienste en sanitasiebedryf en instandhouding.
[Bron: https://theconversation.com/basic-water-services-in-south-africa-are-in-decay-after-
years-of-progress-185616]
1.5.1 Waarom word die watervoorsiening in stedelike gebiede as 'n onreg
beskou? (1 x 2) (2)
1.5.2 Identifiseer 'n rede, vanuit die leesstuk, vir die agteruitgang van die land se
waterinfrastruktuur en die werklike lewering van betroubare en veilige
water. (1 x 1) (1)
1.5.3 Verduidelik hoe verstedeliking bydra tot die swak watervoorsiening in
stedelike gebiede. (1 x 2) (2)
1.5.4 Beskryf die sosiale impak van swak watervoorsiening in stedelike gebiede.
(1 x 2) (2)
1.5.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, maak voorstelle hoe plaaslike
munisipaliteite 'n groot waterkrisis kan vermy en watersekerheid kan
verbeter. (4 x 2) (8)
[60]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 12
(VRAESTEL 2) 10782/24
VRAAG 2: EKONOMIESE GEOGRAFIE
2.1 Pas elke tipe nywerheid in die diagram hieronder by die beskrywings wat volg.
Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die
ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.1.8 H.
Geskoolde arbeidsmag SLEUTEL
Ru-olie
ontginning Woud Paaie
G Storing van olie
B
D Gevriesde kos Microchip
industrie
Secunda Ngodwana
Meule
F Kragstasie
A Papierfabriek
E Melkfabriek
C
Internet
[Bron:https://www.godigit.com/business-insurance/business-terms/different-types-of-industries,
https://www.dreamstime.com/illustration/paper-mill.html, https://www.freepik.com/free-photos-
vectors/milk-factory]
2.1.1 Hierdie bedryf verbind prosesse soos die verfyning en vervaardiging van
onderdele wat noodsaaklik is vir die finale produk.
2.1.2 Hierdie tipe bedryf verskaf kommunikasiedienste, insluitend mobiele en
internetverbinding.
2.1.3 Hierdie bedryf het sy ligging gebaseer op die toegang tot hoogs
geskoolde werkers.
2.1.4 Hierdie bedryf is naby die klante geleë aangesien hul produk bederfbaar is.
2.1.5 Nywerhede wat naby die natuurlike hulpbronne geleë is wat benodig
word vir vervaardiging
2.1.6 Hierdie bedryf kan omgewingsimplikasies hê as gevolg van
hulpbronontginning, afvalgenerering en uitlaatgasse (besoedeling).
2.1.7 Hierdie bedryf vervaardig produkte vir alledaagse gebruik.
(7 x 1) (7)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 13
(VRAESTEL 2) 10782/24
2.2 Verwys na die infografiek hieronder oor steenkoolmynbou in Suid-Afrika.
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.2.9 A.
Steenkoolmynbou vind hoofsaaklik in ELEKTRISITEITSPRODUKSIE
Mpumalanga en Limpopo plaas. Op
30 Junie 2023 is daar 'n geraamde Steenkool word hoofsaaklik as
5 106 Mt steenkoolreserwes van brandstof gebruik om elektrisiteit deur
operasionele myne. Ongeveer 48% van verbranding op te wek. Termiese
hierdie reserwes is in Mpumalanga steenkool word in kragstasies gebruik
gebaseer en 50% is in Limpopo geleë, om elektrisiteit op te wek.
grootliks gekonsentreer in een myn wat
reserwes van ongeveer 2 568 Mt verklaar
het.
[Bron: https://www.energy.gov.za/files/docs/SA-Mining-Sector-Performance-Quarter1of2023.pdf,
https://www.news24.com/fin24/economy/sa-still-heavily-reliant-on-coal-for-electricity-report-20220405,
https://www.energy.gov.za/files/docs/SA-Mining-Sector-Performance-Quarter1of2023.pdf]
2.2.1 Die meeste Suid-Afrikaanse steenkoolreserwes is in ... geleë
A Gauteng
B die Oos-Kaap
C Limpopo
D die Wes-Kaap
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 14
(VRAESTEL 2) 10782/24
2.2.2 Steenkoolmynbou dra by tot … armoede en lei tot die … van die
natuurlike omgewing.
(i) verminderde
(ii) verhoogde
(iii) agteruitgang
(iv) bewaring
A (i) en (iii)
B (ii) en (iii)
C (iii) en (iv)
D (i) en (iv)
2.2.3 Steenkoolmynbou word onder die … ekonomiese sektor geklassifiseer.
A primêre
B sekondêre
C tersiêre
D kwarternêre
2.2.4 Steenkool dra … % by tot die BBP van Suid-Afrika.
A 5
B 25
C 35
D 39
2.2.5 Skommelinge in steenkoolpryse beïnvloed Suid-Afrika se ekonomie op
die volgende maniere:
A Dit het geen noemenswaardige impak op die ekonomie nie.
B Hoër pryse lei tot verhoogde BBP, terwyl laer pryse BBP verminder.
C Laer pryse lei tot verhoogde BBP, terwyl hoër pryse BBP verminder.
D Skommelinge in steenkoolpryse raak net die mynbousektor.
2.2.6 'n Faktor wat die ontginning van steenkool in Suid-Afrika bevoordeel, is:
A Rotslae het hoër temperature
B Steenkoolreserwes is naby aan die oppervlak
C Fluktuasie in pryse
D Nasionalisering van myne
2.2.7 Steenkool in Suid-Afrika word hoofsaaklik gebruik vir die produksie van ...
A elektrisiteit.
B sement.
C staal.
D papier.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 15
(VRAESTEL 2) 10782/24
2.2.8 Die positiewe ekonomiese impak van steenkoolmyne sluit in:
A Stimuleer ekonomiese groei in omliggende gebiede
B Oorbenutting van bestaande infrastruktuur
C Stakings vir hoër lone
D Moedig onwettige mynbou aan
(8 x 1) (8)
2.3 Verwys na die infografika hieronder wat inligting oor Karan Beesvleis toon en
beantwoord die vrae wat volg.
KARAN BEESVLEIS IN SUID-AFRIKA
Ons beesvoerkrale is by die BEESVLEIS UITVOERE
Heidelberg-, Nigel- en Albert Karan Beesvleis uitvoere in ʼn jaar
Valle-beesplase geleë. Die
Heidelberg-plaas is die grootste
Kilogram
voerkraal ter wêreld met 2 330
hektaar.
Lande
Heidelberg en Nigel
Albert valle
[Bron: https://www.karanbeef.com/]
2.3.1 (a) Noem TWEE provinsies waarin Karan Beesvleis gevind word. (2 x 1) (2)
(b) Identifiseer EEN klimatologiese faktor wat beesvleisboerdery
bevoordeel in die provinsies wat in VRAAG 2.3.1 (a) geïdentifiseer is.
(1 x 2) (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 16
(VRAESTEL 2) 10782/24
2.3.2 Volgens die grafiek, hoeveel kilogram beesvleis voer Karan Beesvleis na China
uit? (1 x 1) (1)
2.3.3 Verduidelik hoe droogtetoestande beesvleisuitvoere negatief sal beïnvloed.
(2 x 2) (4)
2.3.4 Bespreek die sosiale en ekonomiese impak van beesvleisproduksie in
Suid-Afrika. (3 x 2) (6)
2.4 Bestudeer die beeld en artikel hieronder oor Saldanhabaai IDZ en beantwoord die
vrae wat volg.
SALDANHABAAI SE IOS HET MEER AS R3 MILJARD IN BELEGGINGS GELOK.
Beleggingsooreenkomste in die Saldanhabaai-nywerheidsontwikkelingsone (IOS) is
altesaam meer as R3 miljard. Die ekonomie van die Saldanhabaai IOS is gebaseer op
die vervaardiging, landbou/visvang, toerisme en hawe industrieë. Landgebaseerde en
sommige mariene infrastruktuur word gevestig, en samewerking met Transnet vir
bykomende hawefasiliteite is aan die gang. Die beleggings word beskou as die
onderskraging van industriële waardekettings en die bevordering van plaaslike
ekonomiese groei.
[Aangepas uit https://www.businesslive.co.za/bd/national/2019-02-19-saldanha-bays-idz--has-attracted-
more-than-r3bn-in-investments/#google_vignette]
2.4.1 Definieer die term Industriële Ontwikkelingsone. (1 x 2) (2)
2.4.2 Met verwysing na die beeld, identifiseer die infrastruktuur wat ontwikkel het
as gevolg van die ekonomiese aktiwiteite in die Saldanhabaai-IOS. (1 x 2) (2)
2.4.3 Verwys na die bron en identifiseer EEN nywerheidsaktiwiteit in die
Saldanhabaai-IOS. (1 x 1) (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 17
(VRAESTEL 2) 10782/24
2.4.4 Bespreek faktore wat die ontwikkeling van die Saldanhabaai-IOS
bevoordeel. (2 x 2) (4)
2.4.5 Verduidelik hoe die Saldanhabaai-IOS plaaslike gemeenskappe
beïnvloed. (3 x 2) (6)
2.5 Verwys na die infografika hieronder oor die informele sektor in 'n nywerheidstreek.
In die PWV-streek is 52,6% van die
ekonomies aktiewe bevolking werksaam,
met 77% in die formele sektor. Die
finansiële sektor loop voor met 26,1%,
gevolg deur handel en kleinhandel teen
22%. Gemeenskapsdienste het 17% in
diens, terwyl die landbou slegs 0,6%
verteenwoordig. Boonop werk 3,8% in die
groeiende informele sektor, veral in
handel en selfstandige ondernemings.
Plumber = Loodgieter Plaster = Pleister
Builder = Bouer Rhinolite
Welder = Sweiser Electrician = Elektrisiën
Tiler = Teëler
[Bron: https://www.statssa.gov.za/publications/P0211/P02112ndQuarter2022.pdf,
https://www.cfr.org/blog/south-africas-unemployment-grows and
https://link.springer.com/article/10.1007/s11356-019-07104-8]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 18
(VRAESTEL 2) 10782/24
2.5.1 Identifiseer die industriële streek wat in die infografika aangetoon word.
(1 x 1) (1)
2.5.2 Volgens die infografika, hoeveel mense is tans in die informele sektor
werksaam? (1 x 1) (1)
2.5.3 Watter indiensnemingsektor, van die nywerheidstreek genoem in
VRAAG 2.5.1, neem die meeste mense in diens? (1 x 1) (1)
2.5.4 Gee TWEE voorbeelde van poste in die informele sektor wat in die
infografika vertoon word. (2 x 1) (2)
2.5.5 Hoe kan die informele sektor help om die werkloosheidskoers in die
industriële streek wat in VRAAG 2.5.1 genoem word, te verminder?
(1 x 2) (2)
2.5.6 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek faktore wat die
ekonomiese ontwikkeling van die nywerheidstreek wat in die infografika
genoem word, bevoordeel.
(4 x 2) (8)
[60]
TOTAAL AFDELING A: 120
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 19
(VRAESTEL 2) 10782/24
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
ALGEMENE INLIGTING OOR VANRHYNSDORP (VREDENDAL)
Vanrhynsdorp
Vredendal
Koördinate: 31°39'3,6"S ; 18°29'9,6"O
Vredendal is 'n dorp in die noordelike Olifantsriviervallei in die Wes-Kaapse provinsie van Suid-
Afrika. Dit lê 250 kilometer noord van Kaapstad en 205 km vanaf die naaste hawe by
Saldanhabaai. Vredendal is verbind deur die N7 nasionale pad deur die R362 en R363 paaie.
Vredendal word bedien deur die Weskus-spoorlyn wat van Kaapstad na Bitterfontein loop.
Vredendal, met sy ontwikkelde infrastruktuur, is die tuiste van die grootste wynkelder in Suid-
Afrika, asook 'n aantal boetiekwynkelders en 'n droëvrugte-depot. Vredendal is ook bekend vir
die volgende landbouprodukte soos druiwe, aartappels, tamaties, uie, pampoene, waatlemoene
en soet spanspekke.
[Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/Vredendal]
Die volgende Engelse terme en hul Afrikaanse vertalings word op die topografiese kaart
getoon:
ENGLISH AFRIKAANS
Thorn swamp Doringvlei
Middel farm Middelplaas
River Rivier
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 20
(VRAESTEL 2) 10782/24
3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE
Verwys na die topografiese kaart en die ortofotokaart.
3.1.1 Wat is die naam van die naaste hawe aan Vredendal? (1 x 1) (1)
3.1.2 Van watter Ruimtelike Ontwikkelingsinisiatief (ROI) vorm die dorp
Vredendal deel?
A Weskus
B Maputo korridor
C Wildekus
D Visrivier (1 x 1) (1)
3.1.3 Vredendal is verbind met die Nasionale Pad (N7) deur die ...
A R361 en R362 paaie.
B R362 en R363 paaie.
C spoorlyn en die R361.
D Nasionale pad en die R361. (1 x 1) (1)
3.1.4 Verwys na die topografiese kaart.
Identifiseer die grondgebruik wat geleë is by 31°38’24’’S ; 18°31’19’’O.
(1 x 2) (2)
Verwys na die topografiese kaart
3.1.5 (a) Bereken die gemiddelde gradiënt tussen ∆167 in blok A1 en ∆ 217
in blok A4 op die topografiese kaart.
Gebruik die volgende inligting:
Vertikale interval: 110,8 m – 95,9 m = 14,9 m
Formule: Vertikale interval (VI)
Horisontale ekwivalent (HE) (3 x 1) (3)
(b) Hoe bevoordeel jou antwoord op VRAAG 3.1.5 (a) die ligging van die
landingstrook in blok A3, op die topografiese kaart? (1 x 2) (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 21
(VRAESTEL 2) 10782/24
3.2 KAARTINTERPRETASIE
Verwys na die topografiese kaart.
3.2.1 (a) Noem die straatpatroon by X in Blok A2, op die topografiese kaart.
(1 x 1) (1)
(b) Verskaf bewyse vanaf die topografiese kaart wat die konstruksie van
die straatpatroon wat in VRAAG 3.2.1 (a) genoem word, ondersteun.
(1 x 2) (2)
3.2.2 Verwys na die Rioolwerke 1 in Blok B4, op die ortofotokaart en blok B3, op
die topografiese kaart.
(a) Waarom verskyn hierdie grondgebruik groter op die ortofoto as die
topografiese kaart? (1 x 2) (2)
(b) In watter grondgebruiksone is die rioolwerke geleë? (1 x 1) (1)
(c) Verskaf bewyse vanaf die topografiese kaart om die stelling te
ondersteun dat die rioolwerke ideaal geleë is. (1 x 2) (2)
Verwys na die foto hieronder wat die Vredendal Sonkragpark in blok A1 op die
topografiese kaart wys.
Vredendal
Sonkragpark
[Bron: Google Earth]
3.2.3 (a) Wat is die faktore wat sonkragproduksie in hierdie gebied moontlik
maak? (1 x 2) (2)
(b) Stel 'n ekonomiese voordeel van die Sonkragpark voor
vir die besighede in Vredendal. (1 x 2) (2)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GEOGRAFIE 22
(VRAESTEL 2) 10782/24
3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
Verwys na die landingstrook in blok A3 op die topografiese kaart.
3.3.1 Die landingstrook is 'n voorbeeld van 'n (mensgemaakte/natuurlike)
lynkenmerk. (1 x 1) (1)
3.3.2 Watter GIS-proses beskryf die afbakening van die landingstrook?
A Buffer
B Manipulasie
C Sekuriteit
D Navrae (1 x 1) (1)
Verwys na die prent hieronder van oopgroefmyne in blokke C4 en C5 op die
topografiese kaart.
[Bron: Google Earth]
3.3.3 Is die prent hierbo 'n voorbeeld van ʼn (hoog of laag) skuins lugfoto? (1 x 1) (1)
3.3.4 Met verwysing na blok C4 en C5 op die topografiese kaart, identifiseer
EEN infrastruktuurdatalaag wat deur GIS-spesialiste oorweeg is tydens die
ontwikkeling van die myne. (1 x 1) (1)
3.3.5 Waarom was dit belangrik vir GIS-spesialiste om die datalaag wat in
VRAAG 3.3.4 geïdentifiseer is, te oorweeg? (1 x 2) (2)
3.3.6 Die prent hierbo is 'n voorbeeld van afstandwaarneming. Hoe kan
afstandwaarneming gebruik word om die impak van die myn op die
omgewing te monitor? (1 x 2) (2)
TOTAAL AFDELING B: 30
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)
%20SEP%202022%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4d239679-2288-4e40-8882-b8e27f965853/v1-245d41e84a7f24f2da21/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Question Paper (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)
%20Preparatory%202017%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4ad8597c-c5bb-4d9d-9fae-73ba178541c8/v1-ad48fe9bc0f8232ebee3/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P2 Gauteng Mock 2017 Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 KZN Prelim 2023 Memo

Question paper
Geography Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2023 Question Paper

Question paper