Downloaded from hlayiso.com
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2024
NASIENRIGLYNE
GEOGRAFIE (VRAESTEL 1) (10781)
21 bladsye
Skip to contentAll 2024 papers %20June%202025%20Question%20Paper--a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79/v1-a9ef6866fc707402ff5a/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Addendum_hlayiso.com_--508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a/v1-46dc3ffd82c74a6c4407/card.webp)




View all





Geography Grade 12 P1 Gauteng Prelim 2024 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Geography Paper 1 memorandum from the Gauteng Prelim Exam 2024 (Afrikaans), 24 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · Gauteng Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 24 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- Gauteng Prelim Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 24
- File size
- 1.4 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 24
This exam
Gauteng Prelim Exam 2024
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
NASIENRIGLYNE VIR GEOGRAFIE – JUNIE 2024
Die volgende nasienriglyne is ontwikkel om nasienprosesse te standardiseer.
NASIEN
• ALLE vrae moet nagesien word, ongeag of dit korrek of verkeerd is.
• Waar die maksimum punte vir ʼn bepaalde vraag toegeken is, plaas ʼn M oor die res
van die teks om aan te dui dat die maksimum punte behaal is.
• ʼn Duidelike, netjiese regmerkie moet gebruik word:
o As EEN punt toegeken word, moet EEN regmerkie gebruik word.
o As TWEE punte toegeken word, moet TWEE regmerkies gebruik word.
o Die regmerkie moet geplaas word by die FEIT waarvoor die punt toegeken word.
o Regmerkies moet KLEIN gehou word, aangesien verskillende lae van moderering
gaan plaasvind.
• Verkeerde antwoorde moet nagesien word met ʼn duidelike, netjiese kruis: X
o Gebruik MEER as een kruis oor ʼn paragraaf/besprekingstylvrae om aan te dui dat
alle feite oorweeg is.
o MOENIE ʼn streep deur ʼn verkeerde antwoord trek NIE.
o MOENIE die verkeerde feite onderstreep NIE.
LET OP DIE VOLGENDE
• As die nommering verkeerd is of uitgelaat is, kan kandidate gekrediteer word, solank
die volgorde van die antwoorde korreleer met die nommering van die vrae.
• Spelfoute – as die woord/term herkenbaar is, ken die punte toe, mits die betekenis
korrek is.
• Wees sensitief vir die betekenis van ʼn antwoord, wat op ʼn ander manier gesê kan
word.
• In ʼn vraag waar die letter die aanvaarbare antwoord is maar die leerder die woord
neergeskryf het, moet die antwoord reggemerk word.
TOTALE EN OORDRAG VAN PUNTE
• Elke subvraag moet opgetel word.
o Vrae in Afdeling A het vyf subafdelings, dus word vyf subtotale per vraag vereis.
Afdeling B het drie onderafdelings en dus drie subtotale.
o Subafdeling totale moet aan die einde van die subafdeling in die regterkantste
kantlyn geskryf en onderstreep word.
o Subtotale moet leesbaar geskryf word.
o Laat ruimte oop om die gemodereerde punte op verskillende vlakke te skryf.
• Tel subtotale bymekaar en dra die totaal oor na die boonste linkerhandse kantlyn langs
die vraagnommer.
• Dra die finale totaal oor na die omslag van die antwoordboek.
2
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
MODERERING
Moderering word op dieselfde manier as die aanvanklike nasien gedoen. Alle riglyne vir
nasien moet nagekom word.
As ʼn punt vir ʼn subvraag na moderering verander word, moet die moderator die
nasiener se punt doodtrek en die nuwe punt neerskryf.
Die totaal vir die vraag moet weer bereken word, en die vorige totaal moet doodgetrek
word, en die nuwe totaal moet neergeskryf word.
VOORBEELD VIR NASIEN
VRAAG 1 22
1.1 1.1.1 A (Suid-Atlantiese Hoog)
1.1.2 B (Kalahari Hoog)
1.1.3 B (Suid-Indiese) X (2)
1.2 1.2.1 Smeltende sneeu
1.2.2 Mond X
1.2.3 Derde orde (2)
1.3 1.3.1 Katabaties X
1.3.2 1 vind plaas gedurende die dag terwyl 2 in die nag voorkom
1.3.3 Koue lug rol in die vallei af en vorm ʼn inversie
Lug vloei helling afwaarts
(6)
1.4 1.4.1 Vorm van voorste konkaaf X
Steil gradiënt van front
1.4.2 Warm lug onderskep die koue lug X
1.4.3 Lug agter die kouefront is kouer as die lug voor dit. Koue lug beweeg
vinniger as die warm lug voor dit. Koue front haal die warm front in. (5)
3
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
1.5 1.5.1 (a) ʼn Rivier wat die hele jaar deur vloei. X
(b) Die rivierkanaal is wyd. X
(c) Gereeldheid van reënval en die grondtipe waaroor die strome vloei.
x
1.5.2 Gauteng en die Oos-Kaap
1.5.3 Die koste van voedselproduksie sal daarmee toeneem, dis duur om
gesuiwerde water te koop. Boere sal meer chemikalieë moet koop om
water te suiwer. Chemikalieë kos baie, en dit sal produksiekoste verhoog.
Dit sal duur wees om water vir gebruik in elektrisiteitsopwekking te suiwer.
M
Hierdie koste sal in die elektrisiteitspryse ingesluit wees. Koste sal die
prys van elektrisiteit tydens produksie verhoog. Daar sal minder skoon
water wees om hidroëlektrisiteit te genereer. (7)
4
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
AFDELING A: KLIMAAT EN WEER EN GEOMORFOLOGIE
VRAAG 1: KLIMAAT EN WEER
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1.1 tot 1.1.7) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.8 A.
1.1.1 C (1)/stedelike gebiede wat warmer is as landelike gebiede.
1.1.2 D (1)/groter kunsmatige oppervlaktes.
1.1.3 A (1)/Albedo
1.1.4 A (1)/(i) en (iii)
1.1.5 C (1)/anabatiese
1.1.6 B (1)/snags
1.1.7 A (1)/ophoping van koue lug. (7 x 1) (7)
1.2 Lees die stellings hieronder en kies die toepaslike woord(e) tussen hakies wat die
stelling WAAR sal maak. Skryf slegs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) en die
antwoord in jou ANTWOORDBOEK neer. bv. 1.2.9 Afgeneem.
1.2.1 polêre oostewinde (1)
1.2.2 ontwikkelingsfase (1)
1.2.3 familie (1)
1.2.4 warm (1)
1.2.5 Cumulonimbus (1)
1.2.6 warm (1)
1.2.7 koue (1)
1.2.8 vinniger (1) (8 x 1) (8)
5
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
1.3 Verwys na die skets hieronder wat lyndonderstorms toon.
Suid-
Indiese
HD sel
Suid-
Atlantiese
HD sel
[Bron: https://www.theanswer.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Gr-12-
Geography-3-in-1-Extracts.pdf]
1.3.1 Wat is ʼn vogfront?
Die sone tussen twee lugmassas met verskillende voginhoud. (2)
[KONSEP] (1 x 2) (2)
1.3.2 Gee EEN bewys uit die skets wat aandui dat lyndonderstorms voorkom.
Voorkoms van donderstorms langs die vogfront/in ʼn lyn. (1) (1 x 1) (1)
1.3.3 Gebruik inligting uit die skets en verduidelik hoekom daar meer wolke in die
oostelike deel, in plaas van die westelike deel van Suid-Afrika, geleë sal wees.
Koue droë lug van die SW (Suid Atlantiese Hoogdruk) dwing warm
vogtige lug vanaf die NE (Suid-Indiese Hoogdruk) om te styg en
kondensasie vind plaas. (2)
Warm vogtige lug uit die ooste (Warm Mosambiekstroom/aanlandige
winde) bereik die binneland en kondensasie vind plaas. (2)
Warm vogtige lug aan die oostekant van die land is meer onstabiel
omdat dit gedwing word om teen die platorand op te styg. (2)
OF
Lug wat vanaf die SW (Koue Benguela-stroom) instroom, is koud en
droog. (2)
Lug aan die westekant van die land is meer stabiel en kondensasie kan
nie plaasvind nie. (2)
[ENIGE TWEE. KANDIDATE KAN NA DIE OOSTELIKE OF WESTELIKE
KANT VERWYS.] (2 x 2) (4)
6
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
1.3.4 Verduidelik in ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls hoe die somerligging
(posisie) van die hoogdrukselle (antisiklone) die ontwikkeling van lyn
donderstorms bevorder.
ʼn Verswakte Kalahari-hoogdruksel laat vertikale styging van lug bo die
binneland toe. (2)
Dit moedig verhoogde konvergensie van lugmassas uit goed
ontwikkelde hoogdrukselle aan. (2)
Die Suid-Indiese hoogdruk word in die somer verder oos en verder suid
van die land aangetref. (2)
Dit laat warmer vogtige lug afwyk van die Suid-Indiese hoogdruksel na
die binneland. (2)
In die somer strek die Suid-Atlantiese hoogdruk langs die suidooskus
van die land. (2)
Koue en droë lug divergeer van die Suid-Atlantiese Hoogdruksel om die
warm vogtige lugmassa van die Suid-Indiese hoogdruksel in die
binneland van die land te ontmoet. (2)
[ENIGE VIER] (4 x 2) (8)
[15]
7
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
1.4 Verwys na die infografika oor die tropiese sikloon Freddy.
BEWEGING VAN TROPIESE SIKLOON FREDDY
Baie Intense Tropiese Sikloon
KATEGORIE 5
KATEGORIE 4
KATEGORIE 3
FEBRUARIE 15 FEBRUARIE 11
FEBRUARIE 19
[Aangepas uit: https://watchers.news/2023/03/06/tropical-cyclone-freddy-the-longest-
lived-and-one-of-a-kind-tropical-cyclone-in-history/]
SIKLOON FREDDY SATELLIETBEELD VAN
TROPIESE SIKLOON
Die Tropiese Sikloon Freddy was ʼn buitengewoon FREDDY
langlewende, kragtige en dodelike storm wat die
suidelike Indiese Oseaan in Februarie en Maart 2023
vir meer as vyf weke deurkruis het.
Freddy het sy eerste kontak met die land naby
Mananjary, Madagaskar, gemaak. Die storm het
vinnig oor die land verswak, maar weer versterk in
die Mosambiekkanaal.
Die sikloon het die suidooste van Madagaskar getref
en baie huise beskadig. Die impak in Mosambiek
was erger as in Madagaskar en het swaar reënval in
die suidelike helfte van die land ingesluit. [Bron: https://en.wikipedia.org/
wiki/Cyclone_Freddy]
Malawi is die swaarste getref, waar onophoudelike
reën katastrofiese kitsvloede veroorsaak het, met
Blantyre wat die swaarste daarvan afgekom het. Die
land se kragnetwerk is amper vernietig, met sy
hidroëlektriese dam wat onbruikbaar gelaat is.
Voedselsekerheid was veral kommerwekkend, met
miljoene mense wat in gevaar gelaat is.
[Bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Cyclone_Freddy]
8
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
1.4.1 Volgens die infografika, wat was die lewensduur van Tropiese Sikloon
Freddy?
Meer as 5 weke. (1) (1 x 1) (1)
1.4.2 Haal ʼn voorbeeld aan van infrastruktuurskade, veroorsaak deur tropiese
sikloon Freddy, soos in die artikel hierbo genoem.
“Skade aan huise” (1)
“kragnetwerk amper vernietig” (1)
“hidroëlektriese dam onbruikbaar gelaat is” (1)
[ENIGE EEN] (1 x 1) (1)
1.4.3 Beskryf die rotasie van winde soos in die satellietbeeld uitgebeeld
(getoon).
Kloksgewys (1) (1 x 1) (1)
1.4.4 Stel TWEE moontlike redes voor waarom die Tropiese Sikloon Freddy
tussen 11 Februarie 2023 en 19 Februarie 2023 van ʼn kategorie 3 na ʼn
kategorie 5-sikloon versterk het.
Warm oseaan-oppervlaktemperature in die Indiese Oseaan (meer as
26.5 °C). (2)
LD versterk as gevolg van warm die seetemperatuur. (2)
Verhoogde verdamping (oor die Indiese Oseaan). (2)
Toename in die latente hitte. (2)
Voldoende afstand weg van die ewenaar vir Coriolis-krag om in
werking te tree. (2)
Beperkte wrywing op die wateroppervlak. (2)
[ENIGE TWEE] (2 x 2) (4)
1.4.5 Wat kon die vinnige verswakking van Tropiese Sikloon Freddy veroorsaak
het toe dit naby Mananjary die land bereik het?
Gebrek aan vog (bron). (2)
Wrywing met die landoppervlak. (2)
Verminderde latente hitte. (2)
[ENIGE EEN] (1 x 2) (2)
9
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
1.4.6 Stel DRIE strategieë voor wat die plaaslike owerhede in Mosambiek kon
implementeer om vir die vernietiging wat deur Tropiese Sikloon Freddy
veroorsaak is, voor te berei.
Opgradering van hul vroeë waarskuwingstelsels/ opsporing/
kommunikasiestelsels. (2)
Ontruiming van inwoners uit die kusstreek. (2)
Mobiliseer noodpersoneel. (2)
Berei gesondheidsfasiliteite voor. (2)
Getybrekers / seemure om oorstroming/skade van huise te voorkom.
(2)
Vloedvoorkomingsmetodes (aanvaar voorbeelde). (2)
Versoek bystand van buurlande/internasionale gemeenskap. (2)
Gemeenskapsbewusmakingsprogramme om inwoners op te voed oor
die impak van tropiese siklone. (2)
[ENIGE DRIE] (3 x 2) (6)
[15]
1.5 Verwys na sketse A en B hieronder, wat die inversielaag toon.
[Aangepas vanaf: https://www.theanswer.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Gr-12-
Geography-3-in-1-Extracts.pdf]
1.5.1 Definieer die term temperatuurinversie.
ʼn Styging/toename in temperatuur met toename in hoogte (2)
[KONSEP] (1 x 2) (2)
1.5.2 Watter van die sketse, A of B, verteenwoordig die winterseisoen?
A (1) (1 x 1) (1)
1.5.3 Verskaf bewyse uit die skets om jou antwoord op VRAAG 1.5.2 te
ondersteun.
Dominerende Kalahari hoogdruk 'verhoed' vogtige lug om die
binneland te bereik. (2)
Die inversielaag is onder die platorand geleë. (2)
Vogtige lug word verhoed om na die plato te beweeg. (2)
[ENIGE EEN] (1 x 2) (2)
10
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
1.5.4 Verduidelik die waarskynlike stabiele toestande wat in skets A in die
binneland van Suid-Afrika ervaar word.
Lug oor die binneland daal. (2)
Lug oor die binneland is koud/Koue lug is stabiel. (2)
Die lug verhit adiabaties soos dit daal. (2)
Die Kalahari Hoëdruk verhoed dat warm klam lug die binneland
bereik. (2)
Geen kondensasie sal in die binneland voorkom nie. (2)
[ENIGE TWEE] (2 x 2) (4)
1.5.5 ʼn Boer in die Vrystaat wil gewasse plant wat groot hoeveelhede water
benodig. Verduidelik waarom die klimatologiese toestande wat in skets B
uitgebeeld word geskik sal wees hiervoor.
Diagram B verteenwoordig somertoestande wanneer daar meer
neerslag voorkom. (2)
Die inversielaag is bo die platorand gelee wat meer vogtige lug laat
vloei. (2)
Kalahari Hoogdruk op 'n hoër hoogte geleë wat toelaat dat vogtige lug
die binneland binnedring. (2)
Warm, vogtige lug (van die Indiese Oseaan) sal die binneland bereik,
wat tot verhoogde neerslag lei. (2)
Hoër humiditeit sal teenwoordig wees en kan kondensasie en
verhoogde neerslag tot gevolg hê. (2)
Sterker konveksiestrome ontwikkel wat kan lei tot verhoogde
kondensasie en neerslag. (2)
Verhoogde kondensasie sal gedurende die somer oor die binneland
voorkom. (2)
Meer wolke sal oor die binneland vorm wat tot verhoogde neerslae
kan lei. (2)
[ENIGE DRIE – MOET NA SOMERTOESTANDE VERWYS] (3 x 2) (6)
[15]
[60]
11
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
VRAAG 2: GEOMORFOLOGIE
2.1 Verwys na die diagram hieronder. Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies
in KOLOM B. Skryf slegs Y of Z langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.7) in die
ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.1.8 Y.
2.1.1 Z (1)/Ongegradeerd
2.1.2 Y (1)/Boloop
2.1.3 Y (1)/Vertikale
2.1.4 Y (1)/Waterval
2.1.5 Y (1)/Terugwaarts
2.1.6 Z (1)/Konkaaf
2.1.7 Y (1)/Laminêr (7 x 1) (7)
2.2 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae verskaf. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
(2.2.1 tot 2.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 2.2.9 A.
2.2.1 D (1)/ontwrigte
2.2.2 D(1)/geërfde
2.2.3 D (1)/(i) en (iv)
2.2.4 A (1)/antesedente
2.2.5 A (1)/radiaal
2.2.6 B (1)/ʼn koepel en ʼn sentrale bekken
2.2.7 D (1)/D ; E ; C
2.2.8 A (1)/steiler; lae (8 x 1) (8)
12
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
2.3 Bestudeer die skets hieronder van ʼn gevlegte rivierkanaal.
A
B
[Bron: Aangepas uit https://people.uwec.edu/jolhm/NZ/Below/Home.html]
2.3.1 Definieer die konsep gevlegte rivierkanaal.
ʼn Gevlegte rivier bestaan uit ʼn netwerk van rivierkanale wat geskei
word deur klein, dikwels tydelike eilande. (2)
[KONSEP] (1 x 2) (2)
2.3.2 Identifiseer die fluviale kenmerke gemerk A en C.
A – Vloedvlakte (1)
C – Eiland (1)/alluvium neerslae / sandbank /sandafsettings (2 x 1) (2)
13
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
2.3.3 (a) Die (boonste/middel/benede) fluviale (rivier) loop word in die skets
uitgebeeld.
Benedeloop (1) (1 x 1) (1)
(b) Verskaf DRIE bewysstukke uit die skets om jou antwoord in
VRAAG 2.3.3 (a) te ondersteun.
Sagte gradiënt (1)
Alluviale afsettings / sandbanke (1)
Gevlegte kanaal (1)
Kronkelende rivier (1)
Wye vloedvlakte (1)
[ENIGE DRIE] (3 x 1) (3)
2.3.4 Teken ʼn benoemde vryhand deursnee skets langs lyn B – C.
B (1)
(1) C (1)
1 punt vir aanduiding van helling B
1 punt vir aanduiding van helling C
1 punt vir die aanduiding van die eiland (alluvium/sediment) (3 x 1) (3)
2.3.5 Verduidelik waarom ʼn toeris nie ʼn kampeerterrein by punt C moet oprig nie?
C bestaan uit fluviale neerslae wat onstabiel is. (2)
Die grond by C is onstabiel en sal maklik erodeer. (2)
C sal geneig wees tot oorstromings wat gevaarlik kan wees. (2)
Dit is geleë in die rivierkanaal wat geneig is tot oorstromings. (2)
Dit sal onveilig wees om toegang tot gebied te verkry/verlaat. (2)
[ENIGE TWEE] (2 x 2) (4)
[15]
14
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
2.4 Bestudeer die volgende inligting oor stroomroof.
STROOMROOF IN WILDERNIS
ʼn Stroomroof-terrein kan nege kilometer langs die Georgesvalleipad, by die
afdraai na die Wolkberg-wildernisgebied gevind word, ʼn punt aan die
Lethabarivier waar ʼn prehistoriese daad van “stroomroof” tydens die proses
van terugwaartse erosie plaasgevind het. Dit was hier, baie lank gelede dat die
Groot Lethabarivier terugwaarts in die heuwels geërodeer het en die bolope
van die Mohlapitserivier gesteel het. Vandag vloei die Lethabarivier vinnig en
helder op hierdie plek, terwyl die Mohlapitse, ontneem van die voorheen sterk
vloei, nou ʼn deurweekte en ontwrigte vleiland is wat onseker is oor hoe dit krag
sal versamel en afvloei in die verre Olifantsrivier.
[Bron:https://www.iinfo.co.za/content/river-capture-site-georges-valley]
Lethaba Rivier Mohlapitse B
Rivier
C
Voor Stroomroof Na stroomroof
[Bron: Examiner’s own sketch]
2.4.1 Definieer die konsep stroomroof.
Stroomroof vind plaas wanneer een rivier (meer energiek/laerliggende)
deur die waterskeiding sny en 'n ander (minder energiek/hoërliggende)
rivier onderskep wat dit van sy boloop beroof. (2)
[KONSEP] (1 x 2) (2)
2.4.2 Verskaf die geomorfologiese terme vir kenmerke wat aangedui word as:
(a) Die hoogliggende gebied A
Waterskeiding (1) (1 x 1) (1)
(b) ʼn Gevolglike kenmerk van stroomroof aangedui as B
Roofelmboog (1) (1 x 1) (1)
2.4.3 Haal bewyse uit die gevallestudie aan dat die verarmde stroom in gebied C
voorkom.
“deurweekte en ontwrigte vleiland is.” (1)
“Ontneem van die voorheen sterk vloei” (1) (1 x 1)
[Enige EEN] (1)
15
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
2.4.4 Bespreek hoe die vloei-eienskappe in die Groot Lethabarivier sal verander na
stroomroof.
Die volume van die water in die rivier het toegeneem. (2)
Drakapasiteit van stroom neem toe (2)
Rivier se snelheid/spoed neem toe. (2)
Rivier het meer energie/turbulente vloei. (2)
Rivier sal verjonging ondergaan as gevolg van meer energie. (2)
Rivier het meer vertikale erosiewe krag. (2)
Rivier sal minder neerslag ervaar. (2)
[ENIGE TWEE] (2 x 2) (4)
2.4.5 Beskryf die impak op boerderybedrywighede langs die Mohlapitserivier ná
stroomroof.
Tekort aan water lei tot die verwelking (dood) van gewasse en lewende
hawe. (2)
Boere word gedwing om gewasse te kweek wat droër toestande kan
oorleef. (2)
Boere sal na alternatiewe waterbronne moet kyk, bv. boorgate en
windpompe. (2)
Afname in produksie (2)
Nuwe vaardigheidsopleiding van boere oor die kweek van minder
gewasse wat minder water benodig. (2)
Meer befondsing as gevolg van beperkte waterbronne. (2)
Nuwe boerderymetodes moet ingestel word. (2)
Wateroordragskemas vanaf gebiede met oortollige water. (2)
Nuwe saadgewasvariëteite vir droogtebestande gewasse. (2)
[ENIGE DRIE] (3 x 2) (6)
[15]
16
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
2.5 Bestudeer die artikel hieronder oor rivierbestuur in KwaZulu-Natal..
KZN-RIOOLLEKKASIE 'N TEELAARDE VIR SIEKTES, WAARSKU KENNER.
Die Westbrook, Bronze, Umhlanga, Umdloti, Isipingo, Reunion, Pipeline, Toti Main,
Warner, Baggies, Winklespruit, Garvies en Ansteys strande is gesluit vanaf 7 Oktober.
Nie net is strande gesluit nie, skrikwekkende E-coli-monsterresultate, 'n verdoemende
Bloudruppelverslag en rioollekkasies het die provinsie se gebrek aan voldoende
infrastruktuur vererger. Paaie en kritieke infrastruktuur, waaronder 'n aantal
watersuiweringsaanlegte en pype, is in die laaste seisoen van oorstromings beskadig en
is nog nie herstel nie. Beeldmateriaal van rou riool wat van die Port Shepstone-hospitaal
na 'n nabygeleë uMzimkhulurivier vloei, het weereens die kollig op KwaZulu-Natal se
haglike waterbehandelingskrisis geplaas.
Volgens Mxolisi Kaunda, burgemeester van eThekwini, was Johannaweg en Ohlange
rioolpompstasies en die Noordelike Afvalwaterbehandelingswerke.
grootliks verantwoordelik vir die hoë E-coli-lesings en kommer oor watergehalte.
In ʼn onderhoud met The Citizen, het professor Anthony Turton van die Universiteit van
Vrystaat se Sentrum vir Omgewingsbestuur, 'n somber prentjie van KZN se
waterprobleme geskets. Turton het gesê rioolrisiko's in KZN hou verband met hepatitis A,
wat 'n watergedraagde patogeen is. "Dit beteken dat ons patogene in vleilande en
akwatiese ekosisteme aan 'n wye verskeidenheid middels blootstel" het Turton
gewaarsku.
[Bron: Aangepas van https://www.citizen.co.za/news/south-africa/kzn-sewage-leaks-disease-warning-
10-october-2022]
2.5 2.5.1 Definieer die konsep van rivierbestuur.
'n Proses om waterbronne en dreineringsbakke te onderhou of in
stand te hou om die beskikbaarheid van skoon en veilige water vir
verbruik en waterlewe te verseker. [KONSEP] (2) (1 x 2) (2)
2.5.2 Wat was die hoofbron van besoedeling wat gelei het tot die sluiting van die
strande in KwaZulu Natal?
Rou riool lekkasie (wat in 'n nabygeleë rivier vloei) (1) (1 x 1) (1)
2.5.3 Haal bewyse uit die artikel aan wat daarop dui dat die gebrek aan
instandhouding tot die besoedeling van riviere gelei het.
"Paaie en kritieke infrastruktuur, waaronder 'n aantal
watersuiweringsaanlegte en pype, is in die laaste seisoen van
oorstromings beskadig en is nog nie herstel nie” (2) (1 x 2) (2)
2.5.4 Watter impak kan die besoedeling wat in VRAAG 2.5.2 geïdentifiseer is, op
die natuurlike omgewing hê?
Besoedel vleilande. (2)
Eutrofikasie. (2)
Vernietig ekosisteme. (2)
Vernietig natuurlike plant- en dierelewe. (2)
Vernietig biodiversiteit. (2)
Veroorsaak dat water vuil/stinkend is. (2)
[Enige EEN] (1 x 2) (2)
17
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
2.5.5 Bespreek in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls volhoubare strategieë wat
deur die eThekwini-munisipaliteit geïmplementeer kan word om die
besoedeling van die riviere in KwaZulu-Natal te verminder.
Bewusmakingsveldtogte / opvoeding van die gemeenskappe. (2)
Bufferskepping van riviere om toegang tot riviere te beperk. (2)
Swaar boetes vir mense en maatskappye wat rommel
strooi/besoedeling. (2)
Die instandhouding van die vleilande terwyl hulle help om water te
suiwer. (2)
Gereelde toetsing van waterkwaliteit. (2)
Omgewingsimpakstudie gedoen. (2)
Vermy nedersettings en ontwikkelings nader aan riviere. (2)
Gereelde instandhouding van afvalwaterbehandelingswerke en
rioolpompe (2)
Gereelde instandhouding van infrastruktuur (2)
Verbetering van afvalbestuur. (2)
Wetgewing om besoedeling te voorkom. (2)
Verminder die gebruik van (anorganiese) bemestingstowwe. (2)
Verskaf aansporings om besoedeling te verminder. (2)
Bekwaam boere om swak boerderymetodes te verminder. (2)
Aanplanting van natuurlike plantegroei langs die rivieroewers. (2)
[Enige VIER] (4 x 2) (8)
[15]
[60]
TOTAAL AFDELING A: 120
18
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
AFDELING B
VRAAG 3: GEOGRAFIESE VAARDIGHEDE EN TEGNIEKE
ALGEMENE INLIGTING OOR ALIWAL-NOORD
Aliwalnoord
Koördinate: 30°42′S ; 26°42′O
Aliwal-Noord (amptelik Maletswai) is ʼn dorp in sentraal Suid-Afrika aan die oewer
van die Oranjerivier in die Oos-Kaapprovinsie. Die nedersetting is oorkant die
Oranjerivier geleë, net onderkant sy samevloeiing met die Kraairivier. In die
suidweste van die dorp styg die Kramberg tot 2 000 m bo seespieël. In Aliwal-
Noord is die somers warm, die winters is kort, koud en droog. Die maand met die
natste dae in Aliwal-Noord is Februarie, met gemiddeld 9,1 dae met minstens
1 mm neerslag.
[Aangepas uit https://en.wikipedia.org/wiki/aliwal noorde]
Die volgende Engelse terme en hulle Afrikaanse vertalings word op die topografiese
kaart getoon.
AFRIKAANS ENGLISH
Rivier River
Oranje Orange
Voor Furrow
Ontspanning Recreation
Kerk Church
Vallei Valley
19
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
3.1 KAARTVAARDIGHEDE EN BEREKENINGE
3.1.1 B (1)/Oos-Kaap (1 x 1) (1)
3.1.2 Breedtegraad (1) (1 x 1) (1)
3.1.3 Verwys na die begraafplaas in blok D1 op die topografiese kaart.
Bereken die oppervlakte in m² van die begraafplaas in blok D1 as die
lengte 1,1 cm en die breedte 0,7 cm is.
Formule: Lengte x Breedte
= (1,1 cm x 500 m) x (0,7 cm x 500 m)
= 550 m (1) x 350 m (1)
= 192 500 m² (1) (3 x 1) (3)
3.1.4 Verwys na die topografiese kaart.
(a) Bereken die ware peiling vanaf trigonometriese stasie 56 in blok C2 tot
hoogtepunt 1398 in blok E2.
178° (1) Reeks (177° – 179°) (1 x 1) (1)
(b) Bereken die magnetiese peiling vanaf trigonometriese stasie 56 in blok
C2 tot hoogtepunt 1398 in blok E2 as die huidige magnetiese deklinasie
24°43’ wes van ware noord is.
Magnetiese peiling = Ware peiling + Magnetiese deklinasie
= 178’ + (1) 24° 43’
= 202° 43’ (1)
Reeks (201° 43’ - 203° 43’) (2 x 1) (2)
(c) Waarom is dit belangrik om die huidige magnetiese peiling te bereken?
Dit is die mees akkurate manier om rigting van een plek na ʼn ander
te gee. (2) (1 x 2) (2)
[10]
3.2 KAARTINTERPRETASIE
Verwys na die topografiese kaart.
3.2.1 (a) B (1)/Tralie. (1 x 1) (1)
(b) Vergelyk die dreineringsdigtheid by R in blok A3, en S in blok B3
onderskeidelik.
R – Laer digtheid as S (2)
OF
S – Hoër digtheid as R(2)
[ENIGE EEN] (2 x 1) (2)
20
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
(c) Lewer bewyse vanaf die topografiese kaart om jou antwoord in
VRAAG 3.2.1 (b) te regverdig.
R – Daar is minder strome sigbaar (2)
S – Daar is meer strome sigbaar (2)
Die totale lengte van strome is hoër in blok B3 (S) as in blok A3 (R).
(2)
[ENIGE EEN] (1 x 2) (2)
21
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
3.2.2 (a) Verwys na sytak T in blok B4 en B5, op die topografiese kaart. In watter
rigting vloei die sytak?
Suid-oostelik (1)
OSO (1)
[ENIGE EEN] (1 x 1) (1)
(b) Verskaf bewyse vanaf die topografiese kaart om jou antwoord vir
VRAAG 3.2.2 (a) te ondersteun.
Die damwalle wys SO, daarom vloei die rivier in die rigting waarin
die damwal kyk. (2)
Die hoogtes op kaart dui SO-vloei aan – sytak vloei van ʼn
hoogtepunt na ʼn laagtepunt. (2)
Sytakke sluit teen 'n skerp hoek vanaf noordwestelike rigting aan.
(2)
Kontoerlyn wat in 'n noordwestelike rigting buig. (2)
[ENIGE EEN] (1 x 2) (2)
3.2.3 Verwys na lyne 6 – 7 in blok A3 – B3 op die ortofotokaart.
(a) Teken ʼn benoemde vryhand-deursnit vanaf punt 6 tot punt 7 op die
ortofotokaart. (2 x 1) (2)
(b) Verwys na punt 7 op die ortofotokaart. Verduidelik waarom afsetting die
hoofsaaklike proses is wat op hierdie punt plaasvind.
Water wat stadig beweeg, het nie die drakrag nie. (2)
Riviersnelheid is laag en groter fluviale deeltjies word neergelê. (2)
Aan die binnekant van die draai, waar die riviervloei stadiger is,
word materiaal neergelê, aangesien daar meer wrywing is. (2)
[ENIGE EEN] (1 x 2) (2)
[12]
22
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
3.3 GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
Lees die uittreksel hieronder om VRAAG 3.3.1 te beantwoord.
Die nuwe eienaar van die plaas (Waaiplaas), in blok A5 (op die topografiese kaart)
wil die beste plek identifiseer om sy beeste te laat wei.
3.3.1 Identifiseer EEN van die GIS-prosesse wat die boer sal gebruik om die beste
plek te identifiseer om sy beeste te laat wei.
Datamanipulasie/data-integrasie/buffering/navraag/
Datalaag/afstandswaarneming (1)
[Enige EEN] (1 x 1) (1)
Verwys na Waaiplaas in blok A5 op die topografiese kaart.
3.3.2 (a) Noem EEN mensgemaakte puntkenmerk in blok A5, wat gebruik word
om grondwater te onttrek.
Windpomp (1) (1 x 1) (1)
(b) Noem EEN mensgemaakte lynkenmerk in blok A5, wat gebruik word om
die vloei van water te beheer.
Lyn – damwal (1) (1 x 1) (1)
Verwys na beeld A en beeld B van blok D3, op die ortofotokaart.
A en B is beelde van die nedersetting in blok D3.
A B
(Bron: Eksaminator se aangepaste brokkie)
3.3.3 (a) Watter beeld A of B, illustreer ʼn hoë resolusiebeeld?
Beeld B (1) (1 x 1) (1)
23
Downloaded from hlayiso.com
10781/24
(b) Motiveer jou antwoord in VRAAG 3.3.3 (a).
Dit is duideliker/het meer duidelikheid. (2)
Daar is meer/kleiner pixels/beelde in prent B. (2)
Daar is minder/groter pixels/beelde in prent A. (2)
[ENIGE EEN] (1 x 2) (2)
(c) Verduidelik waarom beelde A en B voorbeelde van rasterdata is.
Inligting word as pixels/roosterselle vertoon. (2) (1 x 2) (2)
TOTAAL AFDELING B: 30
TOTAAL: 150
24
Study this subject
Recommended for this subject
%20June%202025%20Question%20Paper--a52dca5e-efc4-4060-84c3-24f7269a2a79/v1-a9ef6866fc707402ff5a/card.webp)
Question paper
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Question Paper (Afr)
%202020%20Preparatory%20Addendum_hlayiso.com_--508a9280-b61b-4bd4-bb68-f8ded76eef8a/v1-46dc3ffd82c74a6c4407/card.webp)
Addendum
Geography Grade 12 P1 Gauteng Mock 2020 Addendum (Afrikaans)

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Addendum
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Addendum (Afr)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 WC Prelim 2023 Memo
More from Grade 12 Geography

Question paper
Geography Grade 12 Paper 1 KZN Mock 2025 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Paper 2 KZN Mock 2025 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Eastern Cape June 2023 Question Paper

Question paper
Geography Grade 12 Eastern Cape June 2023 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 GAU June 2023 Question Paper

Question paper