Skip to content

Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2020 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11202014 pages

Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2020 GRAAD 11 EKONOMIE VRAESTEL 1 TYD: 2 uur PUNTE: 150 14 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Lees die vrae aandagtig deur. 5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 6. Laat 2 – 3 reëls tussen die onderafdelings van die vrae oop. 7. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 8. Gebruik slegs blou of swart ink. 9. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik. 10. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 3 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskillende opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer. 1.1.1 Hulpbronne word … genoem in die produksie-proses. A insette B uitsette C intermediêre goedere D finale goedere 1.1.2 In ʼn ekonomie waar inspuitings die lekkasies oorskry, sal … A produksie van goedere en dienste afneem. B nasionale inkomste verminder. C nasionale inkomste vermeerder. D bruto waarde toegevoeg tydens produksie toeneem. 1.1.3 ʼn Ekonomiese stelsel waar individue vry is om aan aktiwiteite deel te neem volgens hul vermoë, staan bekend as ʼn … A gemengde ekonomiese sisteem. B mark ekonomie. C sentrale beplande sisteem. D sosiale sisteem. 1.1.4 Suid-Afrika se energie opwekking is afhanklik van … A sonkrag. B kernkrag. C steenkool. D hidro-elektrisiteit. 1.1.5 Veranderinge in die repokoers word aangekondig deur die … A President. B Minister van Handel en Industrie. C Minister van Finansies. D Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank. b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 4 1.1.6 Verwydering van onnodige reëls en regulasies om die funksionering van die ekonomie te verbeter. A Ontwikkeling B Deregulasie C Nasionalisering D Desentralisering 1.1.7 ʼn Beleid wat die inflasieteiken bepaal en rentekoerse beheer staan bekend as die … A monetêre beleid. B fiskale beleid. C industriële beleid. D loonbeleid. 1.1.8 Die rentekoers wat banke hef op kliënte word die … genoem. A repokoers B inflasiekoers C ekonomiese groeikoers D primêre koers (8 x 2) (16) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 5 1.2 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Reële BBP A Die regering maak alle besluite ten opsigte van produksie en verdeling van hulpbronne. 1.2.2 Primêre Sektor B Vind plaas wanneer daar ʼn toename in die land se vaste bates is. 1.2.3 Sentraal C ʼn Algemene toename in pryse en die afname in beplande die koopkrag van geld. D Bestaan uit visvang, bosbou, landbou en 1.2.4 Bruto vaste mynwese. kapitaalvorming E Die vermoë van ʼn persoon om in al hulle behoeftes en begeertes te voorsien met hul 1.2.5 Minimumloon gegewe inkomste. F Die kleinste bedrag wat betaal kan word as 1.2.6 Lewens- vergoeding aan ʼn werknemer vir werk wat verwagting gedurende ʼn bepaalde tydperk verrig is. G Die aantal goedere en dienste wat ʼn persoon kan 1.2.7 Inflasie koop met ʼn nominale loon. H Die gemiddelde ouderdom wat ʼn persoon sal 1.2.8 Lewens- bereik. standaard I Die meet van groei nadat die effek van inflasie verwyder word. (8 x 1) (8) 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal nie aanvaar word nie. 1.3.1 Die totale waarde van alle goedere en dienste geproduseer binne die grense van ʼn land binne ʼn spesifieke tydperk. 1.3.2 Groepe mense wat as slegter af gesien word as gevolg van beperkte toegang tot inkomste en nie-monetêre dienste wat deur die regering verskaf word. 1.3.3 Die ekonomiese sektor wat verantwoordelik is vir die verspreiding van goedere en lewering van dienste. 1.3.4 Algemeen aanvaar as ʼn betalingsmetode en dien as ʼn ruilmiddel. 1.3.5 Die doel is om eiendom terug te gee aan diegene wat dit verloor het as gevolg van rasdiskriminerende wette en praktyke. 1.3.6 Ekonomiese sisteem waar inwoners alle produksiefaktore besit en regerings inmenging is beperk tot die handhawing van wet en orde. (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 6 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE metodes wat gebruik kan word om die hoofaggregate te bereken. (2 x 1) (2) 2.1.2 Watter impak het die sosiale verligtingstoelae gehad op huishoudings tydens die Covid-19 inperking? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. President Cyril Ramaphosa kondig R500 biljoen Covid-19 pakket aan vir Suid-Afrika In April van dié jaar het President Cyril Ramaphosa die “buitengewone coronavirus begroting” aangekondig wat bydra tot die R500-biljoen inspuiting in die ekonomie. Die finansiering van die begroting sal vanaf verskeie interne en eksterne bronne verkry word. Die R500-biljoen maak 10% op van die nasionale bruto binnelandse produk (BBP). Gesondheid sal ʼn prioriteit wees, waar die arm en mees kwesbares van die bevolking versorg gaan word met ʼn wye verskeidenheid ingrypings soos ʼn toename in die sosiale toelaag asook biljoene rande in subsidies vir besighede en lone. R20-biljoen is eenkant gesit vir die verligting van honger- en sosiale nood. [Mail & Guardian April 21, 2020] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 7 2.2.1 Watter sosiale diens sal die hoogste prioriteit van die “buitengewone” coronavirus begroting gegee word? (1) 2.2.2 Noem EEN bron wat gebruik word om die “buitengewone” begroting te finansier. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term begroting. (2) 2.2.4 Hoe sal lone deur hierdie fonds ondersteun word? (2) 2.2.5 Beskryf kortliks die omvang van regerings inmenging om ekonomiese ongelykhede aan te spreek, veral tydens die pandemie. (2 x 2) (4) 2.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Sasol Organisasie ondersteun die voorsiening van gratis aanlynklasse aan leerders tydens inperking Johannesburg, Suid-Afrika – Die Sasol Organisasie is in vennootskap met die Departement van Basiese Onderwys (DBO) en Africa Teen Geeks, om die voorsiening van aanlynklasse tydens Suid-Afrika se nasionale inperking te ondersteun. Die inperking was Suid-Afrika se reaksie op die coronavirus (Covid-19) uitbraak. Africa Teen Geeks is ʼn nie-winsgewende en onderwys- gefokusde organisasie. Sedert die begin van die inisiatief, is daar meer as 45 000 Graad R tot 12 leerders wat toegang verkry het tot die aanlynlesse. Die meeste van die leerders vind die klasse stimulerend en boeiend. [https://society.sasol.com/sasol-foundation-online-classes/march 2020] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 8 2.3.1 Noem ENIGE EEN vorm van kommunikasie-tegnologie. (1) 2.3.2 Lys EEN voordeel van aanlynonderrig en leer. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term infrastruktuur. (2) 2.3.4 Hoe effektief is die gebruik van aanlynonderrig as ʼn oplossing vir die verlies van skooldae? (2) 2.3.5 Analiseer die belangrikheid van kommunikasie in die ekonomie. (2 x 2) (4) 2.4 Vergelyk die voordele van ʼn mark ekonomie met dié van ʼn sentraal beplande ekonomie. (2 x 4) (8) 2.5 Evalueer die ekonomiese belangrikheid van energie as deel van Suid-Afrika se infrastruktuur. (4 x 2) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 9 VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE van Suid-Afrika se ontwikkelingspogings. (2 x 1) (2) 3.1.2 Wat is die impak van die Covid-19 inperking op geldvoorraad. (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKA SE WERKLOOSHEIDSKOERS VERWAG OM 50% TE BEREIK Kaapstad – Die werkloosheidkoers sal heel waarskynlik toeneem tot 50%, terwyl daar 1.9 miljoen WVF aansoeke was in die eerste twee weke van die nasionale inperking. Gedurende Mei, het Minister Nkosazana Dlamini Zuma die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) toegespreek oor die maatreëls wat die verspreiding van Covid-19 kan keer. “Hierdie word ook ʼn ekonomiese krisis en beklemtoon hoe diep die foutlyne in Suid-Afrika loop. Ons sien hongersnood, armoede en werkloosheid asook die omstandighede waarin ons mense leef,” het Dlamini Zuma gesê. “Veral die toerismebedryf, sal die hardste getref word omdat die land se grense toe is en toerisme gesluit is in Suid-Afrika. Sekere besighede sal dit nie oorleef nie en kwesbare huishoudings het reeds baie inkomste verloor,” het sy bygevoeg. [Cape Argus/News: Deur Marvin Charles Mei 27, 2020] 3.2.1 Noem EEN rede vir die verwagte toename in werkloosheid. (1) 3.2.2 Watter bedryf sal die hardste getref word volgens die uittreksel? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term werkloosheid. (2) 3.2.4 Verduidelik die negatiewe impak van werkloosheid op die jeug. (2) 3.2.5 Bespreek die maatreëls wat die regering kan toepas om werkloosheid in die ekonomie te verminder. (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 10 3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Kumulatiewe % van huishoudings A Kumulatiewe % van inkomste 3.3.1 Watter ekonomiese konsep word in die grafiek hierbo verteenwoordig? (1) 3.3.2 Verskaf die naam vir lyn A. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term welvaart. (2) 3.3.4 Hoekom het Suid-Afrika een van die hoogste ongelykheidskoerse in die wêreld? (2) 3.3.5 Verduidelik die verhouding tussen die Gini koëffoesiënt en die Lorenz kurwe. (4) 3.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling. (2 x 4) (8) 3.5 Hoe bevorder en ontwikkel die Suid-Afrikaanse regering die inheemse kennisstelsels? (4 x 2) (8) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 11 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van inspuitings. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan tegnologie ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika versnel? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUID-AFRIKAANSE RENTEKOERS Suid-Afrikaanse Reserwebank Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die repokoers gesny met 50 basispunte na 3.75% tydens hul vergadering in Mei. Die besluit volg ʼn 100 basispunt koers afname in April se noodvergadering. Dit bring leenkoste tot sy laagste vlakke op rekord tydens die coronaviruskrisis. Beleidmakers het genoem dat die monetêre beleid finansiële omstandighede kan vergemaklik, en die veerkragtigheid van huishoudings en ondernemings ten opsigte van die ekonomiese gevolge van die coronavirusuitbraak kan verbeter. [https://tradingeconomics.com/south-africa/interest-rate. Mei, 21 2020] 4.2.1 Wat het gelei tot die drastiese afname in die repokoers? (1) 4.2.2 Noem EEN risiko verbonde aan te veel lenings in die banksektor. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term repokoers. (2) 4.2.4 Hoe sal ʼn afname in die repokoers produsente beïnvloed? (2) 4.2.5 Watter monetêre beleidsinstrumente kan gebruik word om die hoeveelheid geld in die ekonomie te beïnvloed? (2 x 2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 12 4.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. FINALE VERBRUIKERSBESTEDING DEUR HUISHOUDINGS TEEN HUIDIGE PRYSE 2010 2015 2017 (R miljoene) Duursame goedere 136 049 199 971 209 997 Semi-duursame goedere 133 323 203 082 231 668 Nie-duursame goedere 625 989 962 467 1 124 170 Dienste 726 476 1 051 760 1 199 221 TOTAAL 1 621 836 2 417 271 2 764 397 [Aangepas uit: Quarterly Bulletin, South African Reserve Bank – Maart 2018] 4.3.1 Gee EEN voorbeeld van ʼn nie-duursame produk. (1) 4.3.2 Noem ENIGE EEN ander ekonomiese deelnemer wat verantwoordelik vir besteding is. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term duursame goedere. (2) 4.3.4 Hoekom is die getalle hierbo NIE ʼn ware weerspieëling van BBB groei NIE? (2) 4.3.5 Bereken die persentasie bydrae van dienste tot die finale verbruikersbesteding deur huishoudings vir 2017. TOON ALLE BEREKENINGE. (4) 4.4 Bespreek die eienskappe van ʼn gemengde ekonomiese sisteem. (4 x 2) (8) 4.5 Ondersoek die impak van hoë bevolkingsgroei op ʼn ontwikkelende ekonomie soos Suid-Afrika. (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE (Vraestel 1) GRAAD 11 13 AFDELING C Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord.  ʼn Goeie begin is om ʼn sleutelkonsep wat in die vraag voorkom, te definieer of te omskryf. Maks. 2  Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.  Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit nie.  Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/ Maks. 26 Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe Maks. 10 grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/ Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/ Debatteer kortliks/Hoe?/ Stel voor Slot Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:  ʼn Kort samevatting van wat bespreek is, sonder herhaling van enige feite wat reeds genoem is.  Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is. Maks. 2  Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk.  ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra.  Aanbevelings. TOTAAL 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com EKONOMIE 14 (Vraestel 1) GRAAD 11 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die volgende produksiefaktore vir die produsente van goedere en dienste. - Natuurlike hulpbronne (8) - Arbeid (8) - Kapitaal (10) (26 punte)  Omlyn die ekonomiese impak van Covid-19 inperking op die Suid-Afrikaanse entrepreneurs. (10 punte) [40] VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek ten volle die metodes wat gebruik word om die ekonomiese groei te verhoog. (26 punte)  Hoe kan menslike- en natuurlike hulpbronne gebruik word om ekonomiese ontwikkeling te verseker. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all