Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN
NOVEMBER 2020
GRAAD 11
EKONOMIE
VRAESTEL 1
NASIENRIGLYNE
19 bladsye
1
Skip to contentAll 2020 papers %20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7/v1-246dcbadc0627dabf2f5/card.webp)
%20%20November%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676/v1-0909dc7bc84ae94600fe/card.webp)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8/v1-8d81f297706ac096eb7c/card.webp)

%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393/v1-101a17ac4ecbcc9755fb/card.webp)
View all


%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)


Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2020 Memo (Afrikaans)
Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.
Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Economics
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2020
- Exam period
- Gauteng November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 19
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 19
This exam
Gauteng November 2020
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
AFDELING A: VERPLIGTEND
VRAAG 1
1.1
1.1.1 A – insette
1.1.2 C – nasionale inkomste vermeerder.
1.1.3 B – mark ekonomie ( OF A – gemengde ekonomiese sisteem.)
1.1.4 C – steenkool
1.1.5 D – Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.
1.1.6 B – Deregulasie
1.1.7 A – monetêre beleid.
1.1.8 D – primêre koers (8 x 2) (16)
1.2
1.2.1 I – Die meet van groei nadat die effek van inflasie verwyder word.
1.2.2 D – Bestaan uit visvang, bosbou, landbou en mynwese.
1.2.3 A – Die regering maak alle besluite ten opsigte van produksie en verdeling van
hulpbronne.
1.2.4 B – Vind plaas wanneer daar ʼn toename in die land se vaste bates is.
1.2.5 F – Die kleinste bedrag wat betaal kan word as vergoeding aan ʼn werknemer vir
die werk wat gedurende ʼn bepaalde tydperk verrig is.
1.2.6 H – Die gemiddelde ouderdom wat ʼn persoon sal bereik.
1.2.7 C – ʼn Algemene toename in pryse en die afname in die koopkrag van geld.
1.2.8 E – Die vermoë van ʼn persoon om in al hulle behoeftes en begeertes te
voorsien met hul gegewe inkomste. (8 x 1) (8)
1.3
1.3.1 Bruto Binnelandse Produk. (NIE BBP NIE)
1.3.2 Gemarginaliseer
1.3.3 Tersiêre
1.3.4 Geld
1.3.5 Land Restitusie
1.3.6 Vrye mark ekonomie/kapitalisme (6 x 1) (6)
[30]
2
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
AFDELING B
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1 2.1.1 Noem enige TWEE metodes wat gebruik kan word om die hoofaggregate te
bereken.
Produksie.
Besteding.
Inkomste.
(Enige TWEE) (2 x 1) (2)
2.1.2 Watter impak het die sosiale verligtingstoelae gehad op huishoudings
tydens die Covid-19 inperking?
Huishoudings se inkomste het toegeneem met ‘n klein bedrag, daarom was
dit moontlik vir hulle om hul basiese behoeftes en begeertes te bevredig.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
2.2 2.2.1 Watter sosiale diens is die hoogste prioriteit van die “buitengewone”
begroting?
Gesondheid. (1)
2.2.2 Noem EEN bron wat gebruik word om die “buitengewone” begroting te
finansier.
Werkloosheidsversekeringsfonds.
Wêreldbank.
Internasionale Monetêre Fonds.
Huidige begroting.
Internasionale lenings.
Donasies ontvang deur die Solidariteitsfonds.
(Enige EEN) (1)
2.2.3 Beskryf kortliks die term begroting.
ʼn Begroting is ʼn dokument wat die verwagte inkomste en moontlike uitgawes
opsom.
(Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)
2.2.4 Hoe sal lone ondersteun word deur hierdie fonds?
Fondse sal beskikbaar gemaak word aan besighede wat nie hul werknemers
kan betaal nie as gevolg van die verlies aan inkomste en afnames in
verkope.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2)
3
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
2.2.5 Beskryf kortliks die omvang van regeringsinmenging om ekonomiese
ongelykhede aan te spreek, veral tydens die pandemie.
Die regering kan lopende water en elektrisiteit voorsien in landelike gebiede
waar daar ʼn tekort aan basiese dienste is.
Die regering kan die kwaliteit van onderwys en gesondheidssorg verbeter.
Onderwys kan verbeter word deur elektroniese hulpbronne beskikbaar te
maak asook radio en TV lesse.
Die regering kan behuising aan die gemarginaliseerdes en armes voorsien
deur HOP projekte en behuisingsubsidies.
Die regering kan sosiale sekuriteit verskaf deur oordragbetalings of toelae in
die vorm van staatspensioene, kindertoelaes ens.
Die regering kan inkomste voorsien deur middel van Covid-19 toelae.
Voorsiening en onderhoud van algemene en noodsaaklike infrastruktuur soos
paaie en kommunikasie.
Voorsiening van kospakkies vir die behoeftiges en armes.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
4
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
2.3
2.3.1 Noem ENIGE EEN vorm van kommunikasie-tegnologie.
Televisie
Internet dienste
Selfone
Draadlose tegnologie
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (1)
2.3.2 Lys EEN voordeel van aanlynonderrig en leer.
Leerders ontvang al die ondersteuning wat hul benodig in die gemak van hul
eie huis.
Onmiddellike toegang tot onbeperkte hulpbronne om leer te bevorder.
Alle informasie kan elektronies gestoor word wat die verlies van notas ens.
voorkom.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (1)
2.3.3 Beskryf kortliks die term infrastruktuur.
Infrastruktuur is die ekonomiese goedere en dienste voorsien deur die staat
om die ekonomie te steun bv. paaie en hawens.
Basiese fisiese en organiserende strukture wat benodig word vir die bedryf
van die samelewing.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2)
2.3.4 Hoe effektief is die gebruik van aanlynonderrig as ʼn oplossing vir die verlies
van skooldae?
Nie effektief nie omdat daar nog steeds ʼn groot aantal leerders in afgeleë
gebiede is, met geen konneksie vir internet of televisie nie.
Sommige leerders het nie slimfone of data om toegang te kry tot aanlynklasse
nie.
Effektief omdat leerders op hulle eie pas kan leer terwyl hulle by die huis is.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)
(Aanvaar beide negatiewe en positiewe antwoorde) (2)
5
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
2.3.5 Analiseer die belangrikheid van kommunikasie in die ekonomie
Die gebruik van vinnige internet, satellietkommunikasietegnologie en
goedkoop, betroubare mobiele fone het dit moontlik gemaak om besigheid te
doen vanaf enige plek in die wêreld – sonder om fisies by die punt van
onderhandeling of verkoop te wees.
Onlangse ekonomiese analise het getoon dat opkomende ekonomieë wat hul
internet infrastruktuur met 10% verbeter, ʼn toename in BBP per kapita van
1,2% kan verwag.
Kommunikasie verseker dat die regte informasie by die regte persoon uitkom
op die regte tyd.
Kommunikasie is noodsaaklik vir sukses in die besigheidswêreld.
Gedrukte media, sowel as elektroniese media byvoorbeeld koerante, televisie
en internetdienste, word gebruik deur die besigheidswêreld om die korrekte
inligting te verkry en versprei.
Selfone en draadlose tegnologie het entrepreneurs in staat gestel om in
afgeleë en landelike gebiede van die land klein besighede te begin.
Kennis word verkry deur kommunikasie, wat entrepreneurs help om die
korrekte besigheidsbesluite te neem.
Kennis help ook die verbruiker om die regte produk aan te koop om hul
behoeftes en begeertes te bevredig.
Die sektor maak ʼn belangrike bydrae tot die bruto binnelandse produk van die
land.
Dit dien as ʼn bron van indiensname vir alle vlakke van arbeid.
Behalwe vir die hoogsgeskoolde arbeid benodig om infrastruktuur op te rig,
word semi- en ongeskoolde arbeid benodig om torings en antenne op te sit,
kabels in te sit en om die infrastruktuur te onderhou.
Suid-Afrika is besig om ʼn besigheidsproses uitkontrakteringsbestemming te
word vir groot oorsese besighede.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
6
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
2.4 Vergelyk die voordele van ʼn mark ekonomie met dié van ʼn sentrale beplande
ekonomie.
ʼn Mark ekonomie het private eienskap en inisiatief word aangemoedig terwyl in ʼn
sentrale beplande ekonomie moet private individue slegs op hulle daaglikse taak
fokus omdat hulpbronne deur die staat gebruik en beheer word.
Verbruikerbehoeftes word optimaal bevredig omdat hulle self besluit wat
geproduseer word in ʼn mark ekonomie terwyl die behoeftes van die gemeenskap as
ʼn geheel bevredig word in ʼn sentraal beplande ekonomie.
ʼn Mark ekonomie sal hoë vlakke van ekonomiese groei ervaar wat deur die mark-
sisteem geskep word terwyl ʼn sentrale beplande ekonomie se ekonomiese
groeivlakke hoër sal wees omdat produksie meer effektief is.
Verbruikers word beskerm teen uitbuiting omdat daar mededinging bestaan tussen
firmas in ʼn mark ekonomie terwyl werkers nie uitgebuit word deur die regering nie en
werkloosheid skaars is in ʼn sentraal beplande ekonomie.
In ʼn mark ekonomie, spesialiseer produsente in die goedere en dienste wat hul die
beste kan produseer terwyl in ʼn sentraal beplande ekonomie die verdeling van
inkomste meer regverdig is teenoor almal.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 x 4) (8)
2.5 Evalueer die ekonomiese belangrikheid van energie as deel van Suid-Afrika se
infrastruktuur.
Die meeste mense se energiebehoeftes word bevredig deur die voorsiening van
elektrisiteit, wat gegenereer word vanaf steenkoolkragstasies.
Koeberg, ʼn kernkragstasie naby Kaapstad, lewer ook ʼn beduidende bydrae by tot die
totale elektrisiteit benodig in die ekonomie, wat werksgeleenthede skep in ʼn nuwe
industrie.
As gevolg van die toename in afhanklikheid op internet konnektiwiteit en mobiele
toestelle het elektrisiteit ʼn noodsaaklikheid geword.
Energie is noodsaaklik vir die funksionering van ʼn moderne samelewing omdat
energie op ʼn groot skaal verbruik word in ons moderne leefstyl.
Dit sluit in die energie vir industrieë, huishoudelike verbruik (soos ligte, elektroniese
toestelle in huise, verhitting en kookdoeleindes) en in die besigheidswêreld (soos
rekenaars en telekommunikasie).
Die energievoorsieningsprobleem in Suid-Afrika sedert 2005, het bewys hoe
besighede, huishoudings en die regering afhanklik is van energie.
Die hoë vraag van SA se groeiende middelklas, sowel as die energie honger
vervaardigingsindustrie, het gelei tot grootskaalse kragonderbrekings deur die
staatsonderneming Eskom, hulle is ook die enigste elektrisiteitsverskaffer.
Die verlies van krag vir ʼn paar ure ʼn dag terwyl vraag en aanbod in ewewig probeer
bly, het tot die verlies van biljoene rande gelei vir besighede in alle sektore van die
ekonomie.
Energie neem verskeie vorms aan insluitend die verbranding van hout en steenkool,
die verbranding van olie en gas, kernkrag en hidro-elektrisiteit, en dit lei tot meer
diverse indiensnemingsgeleenthede vir alle vaardigheidsvlakke.
Die gebruik van moderne tegnologie om energie te genereer vanaf hernubare bronne
soos wind, son en golfenergie is geïdentifiseer as een van die groeisektore deur die
regering en kan lei tot ʼn toename in werksgeleenthede.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8)
[40]
7
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1
3.1.1 Noem enige TWEE van Suid-Afrika se ontwikkelingspogings.
Heropbou en Ontwikkelings Program (HOP). (RDP)
Groei, Indiensname en Herverdeling (GIEH). (GEAR)
Gesamentlike inisiatief oor die verkryging van prioriteitsvaardighede (GIVPV).
(JIPSA)
Versnelde en gedeelde groei inisiatief vir Suid-Afrika (VGGISA). (ASGISA)
Nasionale Vaardigheidsontwikkelings Strategie (NVOS). (NSDS)
Regeringsfinansierings-organisasies soos KULA Enterprises.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 x 1) (2)
3.1.2 Wat is die impak van die Covid-19 inperking op geld aanbod (voorraad).
Geldvoorraad het afgeneem omdat besighede nie geld gemaak het tydens die
inperking nie wat gelei het tot verminderde salarisse/lone (Afname in M1)
Werknemers het minder geld gekry as gevolg van verminderde werksure/skofte/
verwydering van aansporingsbonusse wat die aantal note en munte in sirkulasie
verminder. (Afname in M1)
WVF eise het uitbetaal, alhoewel die betalings kleiner as normale salarisse/lone is
wat lei tot die afname in geldvoorraad. (Afname in M1)
Verbruikers kon moontlik hulle spaargeld onttrek het om te oorleef, wat lei tot minder
gedeponeerde fondse. (Afname in M3)
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
3.2
3.2.1 Noem EEN rede vir die verwagte toename in werkloosheid.
As gevolg van die inperking sal daar verminderde ekonomiese aktiwiteite wees. (1)
3.2.2 Watter bedryf sal die hardste getref word volgens dié uittreksel?
Toerisme. (1)
3.2.3 Beskryf kortliks die term werkloosheid.
Werkloosheid verwys na die aantal mense wat deel is van die ekonomiese aktiewe
bevolking wat bereid is om te werk maar nie werk kan kry nie.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2)
3.2.4 Verduidelik die negatiewe impak van werkloosheid op die jeug.
Dit beperk hul toekomstige groei en ontwikkeling.
Dit maak hul mismoedig om verder te studeer of om vir ordentlike werk te soek.
Dit sal hul menswees en algemene welstand negatief beïnvloed.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2)
8
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
3.2.5 Bespreek die maatreëls wat die regering kan gebruik om werkloosheid in die
ekonomie te verminder.
Die regering kan die vlakke van werkloosheid verminder deur:
Die toepassing van vaardigheidsontwikkelingsprogramme om beter betaling te
verseker wat verhoogde vraag en produksie sal stimuleer.
Finansiële aansporings aan besighede om die jeug te absorbeer en hulle met
relevante opleiding en vaardighede/internskappe te voorsien sodat hulle die nuutste
tegnologie benodig in produksieprosesse kan aanwend.
Aansporings aanbied vir jeugdeelname in die ekonomie deur middel van
belastingskorting en belastingsvermindering.
Voorsiening van tydelike indiensname deur die Uitgebreide Publieke
Werksprogramme. (UPWP/EPWP)
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
3.3
3.3.1 Watter ekonomiese konsep word in die grafiek hierbo verteenwoordig?
Lorenz kurwe. (1)
3.3.2 Verskaf die naam vir lyn A.
Lyn van gelykheid (gelykheidslyn)/Lyn van gelyke verdeling (1)
3.3.3 Beskryf kortliks die term welvaart.
Welvaart is die bates wat deur individue, firmas en die regering besit word. (2)
3.3.4 Hoekom het Suid-Afrika een van die hoogste ongelykheidskoerse in die wêreld?
Die nalatenskap van apartheid het rasse-ongelykheidhede veroorsaak in terme van
inkomste en welvaart. (2)
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)
3.3.5 Verduidelik die verhouding tussen die Gini koëffoesiënt en die Lorenz kurwe.
Wiskundig, word die Gini koëffoesiënt afgelei van die Lorenz kurwe af deur om die
oppervlak van ongelykheid te deel deur die totale oppervlak van die Lorenz
kurwe.
As die oppervlak van ongelykheid vermeerder, sal die Gini koëffoesiënt in verhouding
toeneem omdat die Gini koëffoesiënt inkomste ongelykheid meet en die Lorenz
kurwe die grafiese voorstelling van inkomste verspreiding is.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
9
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
3.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.
Ekonomiese groei is die toename in die produktiewe kapasiteit van die ekonomie
terwyl ontwikkeling ʼn toename is in die lewensstandaard van die mense in ʼn
land.
Groei word gemeet as die persentasie verandering in die reële BBP terwyl
ontwikkeling kwessies soos onderwys, geletterdheid, gesondheidssorg, werkloosheid
en omgewingsonderhoubaarheid hanteer.
Groei is gefokus op goedere en dienste terwyl ontwikkeling gefokus is op mense en
menslike ontwikkeling.
Groei kan onafhanklik plaasvind terwyl ontwikkeling groei nodig het om plaas te
vind.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 x 4) (8)
3.5 Hoe bevorder en ontwikkel die Suid-Afrikaanse regering inheemse kennisstelsels?
Die Suid-Afrikaanse regering het benaderings en praktyke bekendgestel sedert 1994
wat inheemse kennisstelsels geleidelik akkommodeer en gebruik.
Plaaslike gemeenskappe word benader vir hulle insigte en idees voor ontwikkeling
en kommersiële projekte geïmplementeer word.
Plaaslike gemeenskappe word meer deel van bewaringspogings (Richtersveld in die
Noordkaap) asook nasionale parke (Kruger Nasionaal).
Inheemse genesers en medisyne word erken en die toetsing en patentering van
tradisionele medisyne word aangemoedig.
Plaaslike gemeenskappe vind baat by hul gemeenskaplike welvaart, byvoorbeeld
tantieme (royalties) ontvang vanaf myne en die huur van grond.
Inheemse kennisstelsels word al hoe meer beskerm as intellektuele eiendom,
byvoorbeeld, die Nasionale Omgewingsbestuur van Biodiversiteitswet in April 2008
stipuleer die “beskerming en gebruik van inheemse biologiese bronne wat
geassosieer word met tradisionele kennis”
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8)
[40]
10
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1
4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van inspuitings.
Uitvoere.
Regeringsbesteding.
Investering.
(Enige TWEE) (2 x 1) (2)
4.1.2 Hoe kan tegnologie ekonomiese ontwikkeling versnel in Suid-Afrika?
Tegnologiese ontwikkelings lei tot kostevoordele en maak dit makliker vir lande om
meer kompeterend te wees wat lei tot laer pryse, meer uit te voer en ʼn toename in
werksgeleenthede.
Tegnologiese industrieë soos telefone en rekenaars kan ʼn aansienlike verbetering in
produktiwiteit verseker in ontwikkelende lande.
Bestuursopleiding is noodsaaklik om bestuurders te skep wat moderne tegnologie
kan gebruik en die beste praktyktegnieke kan toepas.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (1 x 2) (2)
4.2
4.2.1 Wat het gelei tot die drastiese afname in die repokoers?
Om finansiële omstandighede van verbruikers wat skuld het tydens die inperking te
verbeter.
Om die weerstandigheid van huishoudings en firmas teen die ekonomiese impak van
die coronavirus uitbraak te bevorder. (1)
4.2.2 Noem EEN risiko verbonde aan te veel lenings in die banksektor.
ʼn Kredietrisiko, waar die persoon of besigheid wat die lening ontvang nie kan
terugbetaal nie, wat lei tot ʼn verlies vir die bank.
ʼn Likiditeitsrisiko, waar banke te veel langtermynlenings toeken en as gevolg
daarvan, nie onverwagte kontant eise kan bevredig nie.
ʼn Rentekoers risiko, waar veranderinge in die rentekoers laer winste kan
veroorsaak.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (1)
4.2.3 Beskryf kortliks die term repokoers.
Die koers waarteen die Reserwebank geld leen aan die land se kommersiële
banke. (2)
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)
11
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
4.2.4 Hoe sal ʼn afname in die repokoers produsente beïnvloed?
Laer terugbetalings op lenings sal veroorsaak dat produsente meer inkomste het om
op bedryfskoste te spandeer soos lone/salarisse.
Toename in beleggingsbesteding omdat geld wat voorheen aan skuld betaal was,
nou gebruik kan word om besighede te groei.
Dit vermeerder die skuld van firmas omdat die vraag na lenings sal toeneem as
gevolg van laer rentekoerse.
Produsente sal skuld inkomste verloor omdat verbruikers wat hulle geld skuld, kleiner
terugbetalings sal maak.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2)
4.2.5 Watter monetêre beleidsinstrumente kan gebruik word om die hoeveelheid geld in
die ekonomie te beïnvloed?
Die SARB kan die hoeveelheid geld beheer deur die volgende:
Toename in die geld aanbod deur om meer geld tot die ekonomie by te voeg.
Afname in die geld aanbod deur die onttrekking van geld uit die ekonomie.
Inkrimping van ekonomiese aktiwiteite sal plaasvind tydens ʼn resessie of
depressie.
Die ekonomie kan gestimuleer word deur die totale aanbod van geld te verhoog.
Die ekonomie kan afgekoel word deur die vermindering van die totale geldaanbod
tydens tye van hoë inflasie.
Die SARB kan die repokoers verlaag wat sal lei tot die verlaging van die
rentekoers.
Dit sal lei tot ʼn toename in lenings en geldvoorraad sal toeneem.
Die geldvoorraad kan beïnvloed word deur die minimum persentasie kontantreserwe
vereis deur die SARB.
Geldvoorraad kan beperk word deur die verkoop van sekuriteite aan banke of die
teenoorgestelde as dit die aanbod van geld wil verhoog.
Morele oortuiging kan gebruik word om die banke aan te maan om meer versigtig te
wees met die toestaan van lenings of om lenings aan te moedig.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 x 2) (4)
4.3
4.3.1 Gee EEN voorbeeld van ʼn nie-duursame produk.
Kos
Gas
Petrol
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (1)
4.3.2 Noem ENIGE EEN ander ekonomiese deelnemer wat bydra tot besteding.
Regering
Firmas
Buitelandse Sektor
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (1)
12
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
4.3.3 Beskryf kortliks die term duursame goedere
Goedere met ʼn lewensverwagting van meer as een jaar. (2)
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)
4.3.4 Hoekom is die getalle hierbo NIE ʼn ware weerspieëling van BBB groei NIE?
Want die huidige pryse is nie aangepas vir die invloed van enige inflasie of deflasie
nie. (2)
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)
4.3.5 Bereken die persentasie bydrae van dienste tot die finale verbruikersbesteding
deur huishoudings vir 2017. TOON ALLE BEREKENINGE.
𝐷𝑖𝑒𝑛𝑠𝑡𝑒 100
Bydrae van dienste tot verbruikersbesteding (in persentasie) = ×
𝑇𝑜𝑡𝑎𝑎𝑙 1
1199221 100
= ×
2764397 1
= 43, 38 %
(SLEGS KORREKTE ANTWOORD – 2 PUNTE) (4)
4.4 Bespreek die eienskappe van ʼn gemengde ekonomiese sisteem.
(a) Goedere en dienste word geproduseer deur die publieke en privaat sektor.
In ʼn gemengde ekonomie, besit en bestuur die staat besighede wat hoofsaaklik
infrastruktuurdienste produseer of verskaf.
Voorbeelde: Eskom, SAA, Transnet ens.
(b) Hulpbronne vir produksie word meestal privaat besit
Besighede wat deur individue besit word (of groepe individuele aandeelhouers),
besit die meeste van die natuurlike hulpbronne.
(c) Winsmotief word beheer deur die staat se aksies
Winsmotief domineer in ʼn gemengde ekonomie. Selfs regeringsmaatskappye
moet wins maak.
Die regering beskerm werkers deur die instelling van minimumlone, wettiging van
vakbonde en basiese voorwaardes vir indiensname.
(d) Die regering het ʼn invloed op die bedryf van die ekonomie.
Die staat implementeer sekere wette om die manier wat besighede in die mark
funksioneer, te reguleer. Voorbeelde: Arbeidsverhoudings Wet 66 van 1995,
Maatskappye Wet 11 van 2008, ens.
Die staat stel ook fiskale en monetêre beleide op om ʼn meer regverdige verdeling
van inkomste te bereik; soos byvoorbeeld, die progressiewe belastings-
stelsel, voorsiening van meriete goedere, sosiale toelaes ens.
(e) Mededinging onder besighede word aangemoedig.
Besighede ding mee om ʼn verskeidenheid goedere en dienste te produseer en
verkoop en dit verseker beter produkte teen laer pryse.
13
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
(f) Verbruikersvryheid
Verbruikers is vry om te kies wat hulle wil verbruik en hulle kan ook besluit op die
tipe eienaarskap wat hulle verkies.
(g) Privatisering en nasionalisering
Beide privatisering en nasionalisering kan beoefen word in ʼn gemengde
ekonomie.
Privatisering is die verkoop van regeringsbesighede aan die privaatsektor.
Nasionalisering is die verkoop van private besighede aan die regering.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (4 x 2) (8)
4.5 Ondersoek die impak van hoë bevolkingsgroei op ʼn ontwikkelende ekonomie soos
Suid-Afrika.
Wanneer ʼn ontwikkelende land hoë toenames in bevolkingsgroei ervaar, sit dit druk
op die bestaande regeringsinkomste en bestedingskapasiteit wat reeds beperk
is. soos die aanbou van gesondheidssorgfasiliteite of om die aantal toelaes of
die bedrag van die toelae te verhoog
Toenames in bevolking beteken dat oor die langtermyn, meer werksgeleenthede
geskep moet word en toenames in werksgeleenthede is alreeds beperk in
ontwikkelende lande.
As die toenemende bevolking nie tot die ekonomie bydra nie, word hulle ʼn finansiële
las vir hul werkende familielede of vir die belastingbetalers omdat belasting
verhoog sal word sodat die regering meer inkomste kan invorder vir die versorging
van die armes.
Hoë bevolkingsgroei kan lei tot ʼn toename in besoedeling en nedersettings wat
onderbrekings in produksie of afname in uitvoere tot gevolg kan hê as gevolg van die
verwoesting van die omgewing/natuurlike hulpbronne.
(Aanvaar enige korrekte relevante antwoord) (2 x 4) (8)
[40]
[80]
14
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:
STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTETOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ʼn laerorde-antwoord.
ʼn Goeie begin is om ʼn sleutelkonsep wat in die vraag voorkom,
te definieer of te omskryf.
Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie. Maks. 2
Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit
nie.
Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan
bespreek.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande
bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/ Maks. 26
Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer
Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe Maks. 10
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/
Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/ Debatteer kortliks/Hoe?/
Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:
ʼn Kort samevatting van wat bespreek is, sonder herhaling van
enige feite wat reeds genoem is.
Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is. Maks. 2
Addisionele ondersteuningsinligting wat die
bespreking/ontleding versterk.
ʼn Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra.
Aanbevelings.
TOTAAL 40
15
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die volgende produksiefaktore vir die
produsente van goedere en dienste:
- Natuurlike hulpbronne (8)
- Arbeid (8)
- Kapitaal (10)
(26 Punte)
Omlyn die ekonomiese impak van Covid-19 inperking op die Suid-Afrikaanse
entrepreneurs (10 Punte)
INLEIDING
Produksiefaktore staan ook bekend as insette. Geen produksie sal plaasvind sonder die faktore
nie.
(Aanvaar enige ander korrek en relevante antwoord) (Maks. 2)
LYF
HOOFDEEL
Die ekonomiese belangrikheid van natuurlike hulpbronne
Dien as ʼn voedselbron
Dien as insette vir die vervaardiging van goedere en dienste: Geen produksie is
moontlik sonder die hulpbronne wat van die natuur af kom nie, soos grond, water, diere
en plante. Soos byvoorbeeld, olie word gebruik om petrol en gas te produseer.
Om internasionale handelsgeleenthede te skep: Internasionale handel sal ontwikkel
wanneer een land hul oortollige goedere uitvoer en nodige goedere invoer. Suid-
Afrika sal, byvoorbeeld, oortollige minerale na Japan toe uitvoer en dan weer die finale
produk vervaardig met die minerale invoer. Lande verdien ʼn inkomste van uitvoere en
moet vir invoere betaal. (Maks 8)
Die ekonomiese belangrikheid van arbeid
Produksie kan nie plaasvind sonder fisiese en verstandelike pogings nie.
ʼn Ekonomie moet produksie vermeerder om ekonomiese groei te behaal.
Daarom, is dit noodsaaklik vir die ekonomie om ʼn toepaslike arbeidsmag te hê met die
regte aantal geskoolde en semi-geskoolde arbeid in ʼn land.
Die tekort aan geskoolde arbeid, veral tegnies-geskoolde arbeid, is vandag een van die
grootste probleme in Suid-Afrika se arbeidsmark.
Onderwys speel ʼn belangrike rol in die ontwikkeling van arbeid.
Indien die arbeidsmag opgelei is, sal hul meer produktief wees.
Die Vaardigheidsontwikkelingsheffing Wet van 1998 maak voorsiening vir 1% van ʼn
werkgewer se loonrekening wat oorbetaal word aan die Nasionale Inkomste Fonds.
Die geld word dan deur die Sektor Opvoeding en Opleiding Owerhede (SOOO/SETA’s)
gebruik om die arbeidsmag op te lei. (Maks 8)
16
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
Die ekonomiese belangrikheid van kapitaal
Ekonomiese groei is ʼn direkte gevolg van die toename in die kapitaalbates van ʼn
land.
Besparing skep kapitaal en ʼn hoër vlak van belegging in kapitaalgoedere.
Die besparings kan dan aangewend word vir vaste beleggings.
Finansiële institusies sal meer geld beskikbaar hê om uit te leen aan besighede wat hul
uitbreidings wil finansier.
Dit sal lei tot meer werksgeleenthede en minder werkloosheid.
Die verhoogde inkomste van individue sal weer besparings laat toeneem en so sal die
siklus van ekonomiese groei aanhou.
Die kapitaal vertaal in masjinerie en toerusting wat gebruik word om hoë kwaliteit
produkte te produseer.
Goedere kan ook uitgevoer word wat buitelandse valuta verdien en ons afhanklikheid op
invoere van ander lande word verminder. (Maks 10)
26 Punte
ADDISIONELE GEDEELTE
Tydens die vlak vyf en vier inperking kon slegs noodsaaklike besighede handel dryf wat
beteken nie-noodsaaklike besighede het nie ʼn inkomste verdien nie.
Werkgewers moes werkers afdank as gevolg van laer inkomste ontvang.
Entrepreneurs was afhanklik op regeringstoelae vir oorlewing.
Klein, medium en groot besighede het ʼn geleentheid raakgesien vir die produksie van
Persoonlike Beskermings Toerusting (PBT/PPE’s) soos maskers, ontsmetmiddels ens.
wat hoop geskep het in die ekonomie.
Die meeste besighede het nie die inperking oorleef nie en daarom is die werkloosheid en
armoede koers baie hoog.
Baie vryskutwerkers was negatief beïnvloed.
Jong en opkomende besighede kon nie oorleef nie.
Baie toekomstige entrepreneurs het negatief geword indien hulle beplan het om nie-
noodsaaklike besighede te begin, wat lei tot ʼn verlies in moontlike indiensname.
Die sukses van entrepreneurs was beperk of verminder as gevolg van die beperkings op
verbruikersinkomste.
Geleenthede in die swartmark met die handel van verbode goedere soos
alkohol/sigarette het tot stand gekom.
(Aanvaar enige ander relevante hoërorde antwoord.)
(Aanvaar beide positiewe en negatiewe antwoorde.) (Maks. 10)
SLOT
Die regering moet maatreëls gebruik wat verseker dat die produksiefaktore nie verminder
of opgebruik word nie omdat die ekonomie afhanklik is van die produksiefaktore.
(Aanvaar enige relevante hoërorde slot) (Maks. 2)
[40]
17
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE – 40 MINUTE
Bespreek ten volle die metodes wat gebruik word om die ekonomiese groei te
verhoog. (26 Punte)
Hoe kan menslike en natuurlike hulpbronne gebruik word om ekonomiese ontwikkeling te
verseker? (10 Punte)
INLEIDING
Ekonomiese groei dui op ʼn toename in die produksie van goedere en dienste in ʼn land (oor een
jaar) in fisiese terme (in getalle).
Ekonomiese groei word gemeet en uitgedruk in terme van reële BBP.
(Aanvaar enige ander korrek en relevante antwoord) (Max. 2)
LYF
HOOFDEEL
Metodes om die ekonomie te groei:
a. Toename in produktiwiteit
Produktiwiteit kan beskryf word as die verhouding tussen reële uitset (die aantal goedere
en dienste vervaardig) en een eenheid van faktor inset.
Produktiwieteitstoenames kan in vyf verskillende maniere voorkom:
1. Uitset neem toe terwyl inset dieselfde bly.
2. Uitset vermeerder vinniger as die inset.
3. Uitset vermeerder terwyl inset afneem.
4. Uitset bly konstant terwyl inset afneem.
5. Uitset neem af teen ʼn stadiger koers as inset.
b. Beskikbaarheid en gebruik van die produksiefaktore
In terme van die arbeidsmag sal groei gebeur wanneer die verhouding van die werkende
bevolking teenoor die totale bevolking toeneem.
In terme van grond en natuurlike hulpbronne is ʼn toename selde moontlik. Maar grond,
byvoorbeeld kan gebruik word vir nuwe doeleindes wat beter opbrengs kan lewer
(byvoorbeeld, die groei van canola in plaas van graan)
In terme van kapitaal moet kapitaalverbreding en verdieping nagejaag word om
ekonomiese groei te verseker.
c. Tegnologiese verandering
Tegnologie is enige instrument of tegniek, produk of proses, fisiese toerusting of metode
waar iets gemaak of gedoen word wat menslike kapasiteit uitbrei.
Indien nuwe maniere ontdek word sodat meer goedere en dienste geproduseer kan word
met dieselfde insette, dan het tegnologie verbeter. In die meeste gevalle word
tegnologie verkry deur kapitaalbeleggings.
18
Downloaded from hlayiso.com
EKONOMIE
MEMORANDUM
(Vraestel 1) GRAAD 11
d. Effektiewe regeringsbeleid en administrasie
Effektiewe beleide beteken dat die beleid verseker dat voorafbepaalde uitkomstes sal
behaal word. Die regering moet beleide in plek hê wat, byvoorbeeld, meer uitvoere
behaal, groei in die toerismebedryf verseker en die uitbreiding van
vervaardigingsnywerhede.
Die gebruik van effektiewe fiskale en monetêre beleide.
Effektiewe administrasie beteken dat die beleide uitgevoer word op so ʼn manier dat dit
tydmors, ongerief en kostes minimaliseer. Nepotisme (begunstiging), korrupsie (die
gebruik van openbare ampte vir privaat gewin) en onverskilligheid of luiheid vermeerder
transaksiekostes vir firmas.
e. Beleggings
ʼn Toename in kapitaal per werker sal oor die algemeen uitset vermeerder. Met ander
woorde, hoe meer toerusting gebruik word, hoe hoër is die kans dat die werkers meer
produseer. Om kapitaal te vermeerder, moet beleggings gemaak word en beleggings
benodig besparings.
(Opskrifte en voorbeelde maksimum van 8 punte) (Maks 26)
ADDISIONELE GEDEELTE
Natuurlike hulpbronne word ontgin deur primêre sektor aktiwiteite, wat werksgeleenthede en
inkomste skep vir die ongeskoolde en semi-geskoolde werkers, wat die meerderheid van
die Suid-Afrikaanse arbeidsmag opmaak.
Globale produksie is afhanklik van natuurlike hulpbronne, wat uitvoergeleenthede skep
asook indiensname en inkomste wat lei tot ʼn verbetering in lewensomstandighede.
Suid-Afrika ontvang die meerderheid van hul inkomste vanaf die toerismebedryf as gevolg
van die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne wat eenkant gesit word vir toeriste-
aantrekkings, wat die lewensomstandighede van die individue (die wat in die toerisme-
bedryf werk) verbeter.
Mense wat geskool is, sal maklik werk vind, wat die inkomste en lewensstandaard sal
verbeter; dus kan die verbetering van menslike hulpbronne deur onderwys en opleiding
ekonomiese ontwikkeling bevorder.
Verhoogde gesondheidsbesteding en opgegradeerde publieke gesondheidsorg sal ʼn
gesonder arbeidsmag verseker (gesonder menslike hulpbronne) wat lei tot beter
werksbywoning en verseker dat werkers nie verlies aan inkomste ly as gevolg van swak
gesondheid nie.
(Aanvaar enige korrekte en relevante hoërorde antwoord) (Maks 10)
SLOT
Om die lewensstandaard van alle mense in Suid-Afrika te verbeter, moet hoër groeivlakke
bereik word.
Onder die Versnelde en Gedeelde Groei inisiatief vir Suid-Afrika (AsgiSA) program, is ʼn
minimum van 6% groeivlak geïdentifiseer om werkloosheid doeltreffend te verminder. Die
jongste teiken van die regering in terme van die NGP, is om ʼn groeikoers te behaal wat
werkloosheid met vyf miljoen teen 2020 sal verminder.
(Enige relevante hoërorde slot) (Maks 2)
[40]
[40]
TOTAAL: 150
19
Study this subject
Recommended for this subject
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344/v1-aa38986945842df6d9dd/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)
%20November%202018%20Question%20Paper_hlayiso.com_--eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7/v1-246dcbadc0627dabf2f5/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2018 QP (Afr)
%20%20November%202016%20%20Question%20Paper_hlayiso.com_--91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676/v1-0909dc7bc84ae94600fe/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2016 QP (Afr)
%20November%202015%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8/v1-8d81f297706ac096eb7c/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2015 QP (Afr)

Memorandum
Economics Grade 11 P2 National Exemplar November 2020 Memo
%20November%202019%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393/v1-101a17ac4ecbcc9755fb/card.webp)
Memorandum
Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)
More from Grade 11 Economics

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2025 QP (Afr)

Question paper and memo
Economics Grade 11 Limpopo March Test 2025 Paper & Memo

Question paper
Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e/v1-d5ff446b5035b70da9db/card.webp)
Question paper
Economics Grade 11 P2 Gauteng June 2024 Question Paper (Afr)

Question paper
Economics Grade 11 P2 North West November 2024 QP (Afr)

Question paper