Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2013
GEOGRAFIE V1
PUNTE: 300
TYD: 3 uur
*GEOGA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye en ʼn aanhegsel van 13 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP (Afr)
Grade 12 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 286.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2013
Questions in this paper
- Question 1.1Climate and weather20 marks
- Question 1.2Climate and weather14 marks
- Question 1.3Climate and weather14 marks
- Question 1.4Climate and weather12 marks
- Question 1.5Geomorphology8 marks
- Question 1.6Geomorphology12 marks
Show all 24 questions
- Question 1.7Geomorphology23 marks
- Question 2.1Climate and weather20 marks
- Question 2.2Climate and weather24 marks
- Question 2.3Climate and weather16 marks
- Question 2.4Geomorphology16 marks
- Question 2.5Geomorphology10 marks
- Question 2.6Geomorphology14 marks
- Question 3.1Rural and urban settlements20 marks
- Question 3.2Rural and urban settlements18 marks
- Question 3.3Rural and urban settlements22 marks
- Question 3.4Economic geography of South Africa13 marks
- Question 3.5Economic geography of South Africa11 marks
- Question 3.6Geomorphology16 marks
- Question 4.1Rural and urban settlements20 marks
- Question 4.2Rural and urban settlements20 marks
- Question 4.3Rural and urban settlements20 marks
- Question 4.4Economic geography of South Africa24 marks
- Question 4.5Economic geography of South Africa16 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Die vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord DRIE vrae wat soos volg gekies moet word:
EEN vraag uit AFDELING A
EEN vraag uit AFDELING B
Die DERDE vraag uit AFDELING A of AFDELING B
(Wat nog NIE beantwoord is NIE)
3. Alle diagramme is in die bylaag ingesluit.
4. Laat ʼn reël oop tussen onderafdelings wat beantwoord word.
5. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Moet NIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.
8. Omring die nommer van die vrae wat jy beantwoord het jou antwoorde op
die voorkant van die ANTWOORDEBOEK.
9. Waar moontlik, illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme.
10. Skryf netjies en leesbaar.
11. Puntetoekenning: Indien die puntetoekenning soos volg aangedui word –
3 x 2 = 6, beteken dit dat DRIE feite gegee moet word
vir TWEE punte elk.
Indien die puntetoekenning soos volg aangedui word –
3 x 1 = 3, beteken dit dat DRIE feite gegee moet word
vir EEN punt elk.
Opsteltipe vrae moet in VOLSINNE beantwoord word.
Enige LYS van antwoorde sal veroorsaak dat punte
afgetrek word.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GEOGRAFIE V1 3
AFDELING A: FISIESE AARDYKSKUNDE: KLIMAAT EN WEER, FLUVIALE
PROSESSE EN STRUKTUURLANDSKAPPE
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.
VRAAG 1
1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die korrekte
antwoord en skryf slegs ‘waar ‘ of ‘onwaar’ teenoor die vraagnommer
(1.1.1 – 1.1.10), byvoorbeeld 1.1.11 Waar.
1.1.1 ʼn Sone wat die koue polêre winde skei van die warm tropiese
winde staan bekend as die poolfront. (2)
1.1.2 Bergwindtoestande langs die suidooskus van Suid-Afrika is die
gevolg van die interaksie tussen die Suid-Indiese hoogdruk en die
kuslaagdruk. (2)
1.1.3 ʼn Lyndonderstorm is reënval veroorsaak deur ʼn trog van laagdruk
oor die plato. (2)
1.1.4 Divergensie is die invloei van lug na ʼn hoogdruk. (2)
1.1.5 Die absorpsie van langgolf radiasie deur lugpartikels, gasse en
wolke staan bekend as kweekhuis-effek. (2)
1.1.6 ʼn Superponerende stroom het sy oorspronklike helling en rigting
behou en het nie by die bestaande rotsstruktuur aangepas nie. (2)
1.1.7 Gradering van riviere volgens ʼn hiërargie staan as stroomorde
bekend. (2)
1.1.8 Die tyd-interval tussen die spits reënval-intensiteit en die
maksimum riviervloei staan as die spitsvloei bekend. (2)
1.1.9 Stroomdigtheid is die belangrikste faktor wat stroomvloei
beïnvloed. (2)
1.1.10 Die V-vormige vallei is ʼn fluviale verskynsel wat oor die algemeen
in die boloop van ʼn rivier voorkom. (2)
Downloaded from hlayiso.com
4 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2013)
1.2 Bestudeer FIGUUR 1.2 wat die globale lugsirkulasie in die vorm van die
drieselrangskikking voorstel om die volgende vrae te beantwoord.
1.2.1 Identifiseer die selle gemerk A, B en C wat die globale
lugsirkulasie teweegbring. (3 x 1) (3)
1.2.2 Waarom is die lugbewegings geassosieer met hierdie drie selle
(VRAAG 1.2.1) belangrik? (1 x 2) (2)
1.2.3 Watter van die selle sal waarskynlik Suid-Afrika die meeste
affekteer? Verduidelik jou antwoord. (2 x 2) (4)
1.2.4 Wat veroorsaak die groot daling van lug in gebied B? (1 x 2) (2)
1.2.5 Stel EEN weerstoestand voor wat met sel A geassosieer word en
gee ʼn rede vir jou antwoord. (1 + 2) (3)
1.3 Bestudeer FIGUUR 1.3 wat ʼn weerkaart voorstel om die volgende vrae te
beantwoord:
1.3.1 Gee EEN rede om voor te stel waarom hierdie kaart van die winter
seisoen verteenwoordigend is. (1 x 2) (2)
1.3.2 Noem die lugdrukselle gemerk A, B, C en D. (4 x 1) (4)
1.3.3 Identifiseer die weerverskynsel wat deur F verteenwoordig word.
(1 x 1) (1)
1.3.4 Wat word die term genoem wanneer ʼn reeks aaneengeskakelde
laagdrukselle soos die in F oor ʼn gebied beweeg? (1 x 1) (1)
1.3.5 In watter algemene rigting beweeg die weerverskynsel by F?
(1 x 2) (2)
1.3.6 Identifiseer die ontwikkelingfase van die weerverskynsel gemerk F.
Gee ʼn rede om jou antwoord te ondersteun. (1 + 2) (3)
1.3.7 Noem die wind wat die weerverskynsel gemerk F stuur. (1 x 1) (1)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GEOGRAFIE V1 5
1.4 Bestudeer die diagramme (FIGUUR 1.4) wat winde illustreer wat algemeen
in bergagtige gebiede voorkom, om die volgende vrae te beantwoord.
1.4.1 Noem die tipe winde wat in vallei A en vallei B onderskeidelik waai.
(2 x 1) (2)
1.4.2 Stel ʼn rede voor vir die verskil in die rigting van lugbeweging in
valleie A en B. (1 x 2) (2)
1.4.3 Indien temperature oornag onder vriespunt daal, watter vorm van
neerslag sal by C vorm? (1 x 1) (1)
1.4.4 Verduidelik waarom nedersettings meer geredelik by punt D op ʼn
valleihang geleë sal wees. (1 x 1) (1)
1.4.5 Tabuleer EEN verskil tussen die winde wat by vallei A en vallei B
ondervind word. (1 x 2) (2)
1.4.6 Verwys na die diagram en verduidelik waarom temperatuur met
hoogte in vallei A toeneem. (1 x 2) (2)
1.4.7 Hoe word boerdery deur die temperature wat by C ondervind word
beïnvloed? (1 x 2) (2)
1.5 Bestudeer die hidrogramme (FIGUUR 1.5) wat die afloop van twee
verskillende riviere onder vier verskillende toestande voorstel om die
volgende vrae te beantwoord.
1.5.1 Verwys na diagram A en pas hierdie byskrifte (klein; groot) met die
hidrogramme genommer 1 en 2. (2 x 1) (2)
1.5.2 Verwys na diagram B en pas hierdie byskrifte
(kaal; plantbedekking) met die hidrogramme 1 en 2. (2 x 1) (2)
1.5.3 Verwys na diagram C en pas hierdie byskrifte (geleidelik; steil) met
die hidrogramme 1 en 2. (2 x 1) (2)
1.5.4 Verwys na diagram D en pas hierdie byskrifte
(deurlaatbaar; ondeurlaatbaar) met die hidrogramme 1 en 2. (2 x 1) (2)
Downloaded from hlayiso.com
6 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2013)
1.6 Bestudeer FIGUUR 1.6 wat stroomroof voorstel asook die onderstaande
aanhaling om die volgende vrae te beantwoord.
“Daar word aangevoer dat die ongewone loop van die Nigerrivier die
oorsaak is van stroomroof ...”
1.6.1 Verduidelik die term stroomroof. (1 x 2) (2)
1.6.2 Verduidelik hoe stroomroof tot verjonging van ʼn rivier kan lei.
(2 x 2) (4)
1.6.3 Verwys na die diagram en pas elk van die byskrifte (A, B en C) met
die onderstaande terme:
(a) Die rowerstroom (1)
(b) Die verarmde stroom (1)
(c) Die punt waar stroomroof plaasvind (1)
1.7 Verwys na FIGUUR 1.7 wat struktuurlandskappe en hangelemente voorstel
om die volgende vrae te beantwoord.
1.7.1 Noem die landvormverskynsels wat deur A tot E op die diagram
aangedui word. (5 x 1) (5)
1.7.2 Dui die tipe en aard van die onderliggende gesteentes wat met
verskynsel D geassosieer word. (2 x 1) (2)
1.7.3 Meld EEN verskil tussen verskynsels A en B. (1 x 2) (2)
1.7.4 Teken ʼn dwarssnit van verskynsel A en gee byskrifte van die VIER
elemente van die hang. (4 x 2) (8)
1.7.5 Beskryf die gesteentestruktuur wat onderskeidelik met verskynsels
B en C geassosieer word. (2 x 1) (2)
1.7.6 Noem EEN ekonomiese probleem wat verskynsel C vir
ontwikkeling inhou. (1 x 2) (2)
1.7.7 Noem die ekonomiese belangrikheid van verskynsel D. (1 x 2) (2)
[100]
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GEOGRAFIE V1 7
VRAAG 2
2.1 Vir elk van die volgende stellings, kies die korrekte woord(e) tussen hakies.
Skryf slegs die woord(e) teenoor die vraagnommer (2.1.1 – 2.1.10),
byvoorbeeld 2.1.11 aardverwarming.
2.1.1 Wanneer die isobare naby mekaar is, is die lugdrukgradiëntkrag
(geleidelik/steil). (2)
2.1.2 Lug styg (kloksgewys/anti-kloksgewys) by ʼn laagdruk in die
Suidelike halfrond. (2)
2.1.3 Corioluskrag deflekteer wind na (regs/links) in die Noordelike
halfrond. (2)
2.1.4 ʼn Geostrofiese wind beweeg (parallel/diagonaal) aan die isobare. (2)
2.1.5 ʼn Moesonwind waai vanaf die oseaan na die land in die
(winter/somer). (2)
2.1.6 Die erosie van ʼn rivier na sy oorsprong staan bekend as
(terugwaartse erosie/sywaartse erosie). (2)
2.1.7 Die (vloedvlakte/pedivlakte) is die geërodeerde basisvlak van ʼn
Karoolandskap. (2)
2.1.8 Die borrelende vloei van water in ʼn rivier word
(laminêre vloei/turbulente vloei) genoem. (2)
2.1.9 ʼn Rivier waarin daar meer afsetting as erosie plaasvind is
(oorgegradeerd/onder gegradeerd). (2)
2.1.10 ʼn (Lakkoliet/Lopoliet) is ʼn pieringvormige intrusie van massiewe
stollingsgesteentes. (2)
Downloaded from hlayiso.com
8 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2013)
2.2 FIGUUR 2.2 stel tropiese siklone voor. Bestudeer die diagram en
beantwoord die volgende vrae.
2.2.1 Dui die halfrond aan waar die tropiese sikloon voorkom. (1 x 2) (2)
2.2.2 In watter algemene rigting beweeg hierdie storms? Verklaar jou
antwoord. (2 x 2) (4)
2.2.3 Verwys na die sentrum van die sikloon om die volgende vrae te
beantwoord:
(a) Wat word die sentrum van die storm genoem? (1 x 2) (2)
(b) Verduidelik waarom dit windloos en wolkloos in die sentrum
van die storm is. (1 x 2) (2)
(c) Beskryf die lugdruk in die sentrum van die storm. (1 x 2) (2)
2.2.4 Dui DRIE toestande aan wat die ontwikkeling van tropiese siklone
begunstig. (3 x 2) (6)
2.2.5 Ondersoek die impak van ʼn tropiese sikloon op die volgende:
(a) Die omgewing (1 x 2) (2)
(b) Die ekonomie (2 x 2) (4)
2.3 Bestudeer die grafiek (FIGUUR 2.3) wat die rookkonsentrasie oor die stad
Tshwane vir ʼn periode van 24 uur in die winter voorstel en beantwoord die
vrae wat volg.
2.3.1 Teen watter tyd is die rookkonsentrasie die hoogste? Gee ʼn
moontlike rede vir jou antwoord. (2 + 2) (4)
2.3.2 Teen watter tyd is die rookkonsentrasie die laagste? Gee ʼn rede
vir jou antwoord. (2 + 2) (4)
2.3.3 Hoe sal die rook wat deur fabrieke veroorsaak word die
temperatuur oor Tshwane verhoog? (2 x 2) (4)
2.3.4 Waarom sal die temperatuur in die kern van Tshwane verskil van
die temperatuur in Faerie Glen? (ʼn Woonbuurt 10 km vanaf die
stadskern.) (1 x 2) (2)
2.3.5 Watter gesondheidsprobleme ondervind mense wat in die kern van
Tshwane werk as gevolg van besoedeling? (2 x 1) (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GEOGRAFIE V1 9
2.4 Bestudeer FIGUUR 2.4(A) en FIGUUR 2.4(B) wat dreineerbekkens en
dreineerpatrone voorstel om beantwoord die volgende vrae.
2.4.1 Noem die dreineerpatrone wat P, Q en R gemerk is in
FIGUUR 2.4(A). (3 x 1) (3)
2.4.2 Dui die onderliggende gesteentestruktuur aan wat met die
dreineerpatroon P geassosieer word en verduidelik waarom hierdie
gesteente-tipe tot hierdie stroompatroon gelei het. (1 + 2) (3)
2.4.3 Hoeveel dreineerbekkens is daar in diagram E? (1 x 2) (2)
2.4.4 Watter sytak, 1 of 2, in diagram D, toon ʼn hoër dreineerdigtheid?
(1 x 2) (2)
2.4.5 Dui TWEE faktore aan wat kan veroorsaak dat ʼn stroom ʼn baie lae
dreineerdigtheid het. (2 x 2) (4)
2.4.6 Watter effek sal ʼn hoë reënval by X het op die rivier by punt 3?
(1 x 2) (2)
2.5 Bestudeer FIGUUR 2.5 wat ʼn kronkelstroom voorstel en beantwoord die
volgende vrae.
2.5.1 Identifiseer die stroompatroon in X. (1 x 1) (1)
2.5.2 Watter loop van die rivier word in X aangetoon? Gee ʼn rede vir jou
antwoord. (1 + 1) (2)
2.5.3 Identifiseer die oewers (1 of 2) van die kronkelstroom in diagram X
waar:
(a) erosie plaasvind. (1 x 1) (1)
(b) afsetting plaasvind. (1 x 1) (1)
2.5.4 Identifiseer vanaf die gemerkte pyltjies (3 of 4) waar die rivier die
vinnigste vloei. Gee ʼn rede vir jou keuse. (1 + 1) (2)
2.5.5 Pas die gemerkte afdelings van die rivier (A-A, B-B en C-C) met
die dwarsprofiele (1, 2 en 3) soos in diagram Y aangetoon. (3 x 1) (3)
2.6 Verwys na FIGUUR 2.6 wat massaverplasings voorstel om die volgende
vrae te beantwoord.
2.6.1 Melt watter die soort massaverplasing wat in die diagram
voorgestel word. (1 x 2) (2)
2.6.2 Verwys na die diagram en noem TWEE faktore wat die
massaverplasing genoem in VRAAG 2.6.1 veroorsaak het. (2 x 2) (4)
2.6.3 Beskryf TWEE metodes om die effek van die bogenoemde
massaverplasing te verminder. (2 x 2) (4)
2.6.4 Bespreek enige TWEE gevolge van die massaverplasing genoem
in VRAAG 2.6.1 op mense en die omgewing. (2 x 2) (4)
[100]
Downloaded from hlayiso.com
10 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2013)
AFDELING B: MENSE EN PLEKKE, MENSE EN HUL BEHOEFTES, WATER-
EN VOEDSELSEKERHEID
Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling.
VRAAG 3
3.1 Verskillende moontlikhede word as antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
Kies die korrekte antwoord en skryf die letter (A – D) neer teenoor die
vraagnommer (3.1.1 – 3.1.10), byvoorbeeld 3.1.11 B.
3.1.1 Die fisiese groei van ʼn stad of dorp word ... genoem.
A stedelike uitbreiding
B stedelike groei
C verstedeliking
D ongebreidelde stedelike uitbreiding (2)
3.1.2 Stedelike ontwikkeling langs vervoerroetes staan bekend as:
A Stedelike uitbreiding
B Ongebreidelde stedelike uitbreiding
C Stedelike lintvormige ontwikkeling
D Stedelike hiërargie (2)
3.1.3 Die sy-aansig van ʼn stad word verwys na as:
A Stedelike morfologie
B Stedelike profiel
C Stedelike uitbreiding
D Ongebreidelde stedelike uitbreiding (2)
3.1.4 Die terugkeer van mense na grond wat onteien was gedurende die
apartheidsera word ... genoem.
A grondherverdeling
B grondrestitusie
C grondhervorming
D grondgebruik-vorme (2)
3.1.5 Waar baie plaasopstalle geleë is rondom ʼn waterpoel, vorm
sodanige nedersettings ʼn ...
A landelike nedersetting.
B verspreide nedersetting.
C stedelike nedersetting.
D kernnedersetting. (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GEOGRAFIE V1 11
3.1.6 Nywerhede wat metale en minerale in hul onmiddellike omgewing
prosesseer en verwerk word ... genoem.
A swaar nywerhede
B grondstofnywerhede
C ligte nywerhede
D brugnywerhede (2)
3.1.7 Die waterprojek wat water oordra vanaf die bo-loop van die
Oranjerivier in Lesotho na die Vaalrivier staan as die ... bekend.
A Tugela-Vaal projek
B Orange-Vaalrivier projek
C Lesotho Hooglandprojek
D Palmiet-Vaalrivier projek (2)
3.1.8 Die hoofhawe waardeur ystererts uitgevoer word is ...
A Durban.
B Port Elizabeth.
C Richardsbaai.
D Saldanhabaai. (2)
3.1.9 Voedsel wat geproduseer word vanaf plante wat aangepas is vanaf
uitheemse gene om oeste te verhoog en weerstand te bied teen
plae staan as ... bekend.
A inheemse gewasse
B kontantgewasse
C geneties gemodifiseerde gewasse
D uitheemse gewasse (2)
3.1.10 Suid-Afrika het ʼn tweeledige landbou-ekonomie wat uit ... bestaan.
A ekstensiewe en intensiewe boerdery
B kommersiële en bestaansboerdery
C veeboerdery en gewasboerdery
D rotasie en besproeiingsboerdery (2)
Downloaded from hlayiso.com
12 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2013)
3.2 Verwys na FIGUUR 3.2 wat ʼn riviervallei toon wat op 28°-suid geleë is en
beantwoord die volgende vrae.
3.2.1 Identifiseer die landelike nedersettingspatroon by A en B
onderskeidelik. (2 x 1) (2)
3.2.2 Gee TWEE voorbeelde van bestaansboerdery wat in die gebied
beoefen word. (2 x 1) (2)
3.2.3 Noem EEN sosiale en EEN ekonomiese voordeel wat deur die
inwoners van nedersetting A geniet word. (2 x 2) (4)
3.2.4 Verduidelik hoe die hoek van die sonstrale nedersetting A
affekteer. (2 x 2) (4)
3.2.5 Die riviervallei ondervind gronderosie. Dui TWEE faktore aan wat
die tempo van gronderosie verhoog het. (2 x 1) (2)
3.2.6 Stel enige TWEE faktore voor wat grondbewerking by C sal
bevoordeel. (2 x 2) (4)
3.3 Bestudeer FIGUUR 3.3 wat die grondgebruik in ʼn stad toon en beantwoord
die volgende vrae.
3.3.1 Die stad het heelwat buite-geleë winkelsentrums. Stel TWEE
voordele voor wat deur hierdie gebiede bo die SSK gemerk B
geniet word. (2 x 2) (4)
3.3.2 Beskryf die vorm van die stad. (1 x 2) (2)
3.3.3 Watter grondgebruikmodel pas op hierdie stad? (1 x 1) (1)
3.3.4 Noem die grondgebruik-sone by A. (1 x 1) (1)
3.3.5 Gebied D is ʼn nuwe hoë-inkomste residensiële gebied. Verduidelik
EEN faktor wat sy ligging bevoordeel. (1 x 2) (2)
3.3.6 Gebied C is ʼn industriële landgoed (groepering van
industrieë/nywerheidspark). Skryf ʼn paragraaf (ongeveer 12 reëls)
om die faktore wat die ligging van die nywerhede by C bevoordeel
te bespreek en stel ook probleme voor wat moontlik in die gebied
ondervind word kan. (6 x 2) (12)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GEOGRAFIE V1 13
3.4 Verwys na die inligting verskaf deur die Noord-Kaapse Departement van
Landbou oor sy voedsel-ondersteuningsprogram (FIGUUR 3.4) en
beantwoord die volgende vrae.
3.4.1 Definieer voedselsekerheid. (1 x 2) (2)
3.4.2 Gee redes vir die keuse van teikenbegunstigdes van die program.
(2 x 2) (4)
3.4.3. Beskryf TWEE hoof maniere waardeur die program poog om
voedselonsekerheid te verminder of te voorkom. (2 x 2) (4)
3.4.4 ʼn Tekort aan water dra by tot voedselonsekerheid in die Noord-
Kaap. Stel TWEE maniere waardeur die watertekort aangespreek
kan word. (3 x 1) (3)
3.5 Bestudeer die grafiek (FIGUUR 3.5) wat die werkloosheidsyfers van Suid-
Afrika vir die jare 2001 tot 2008 aantoon om die volgende vrae te
beantwoord.
3.5.1 In watter jaar was die werkloosheidsyfers die hoogste? (1 x 2) (2)
3.5.2 Dui EEN rede vir die lae werkloosheidsyfers gedurende 2008 aan.
(1 x 2) (2)
3.5.3 Werkloses vind ʼn manier om hulself en hul families te onderhou in
die informele besigheidsektor. Verduidelik die konsep informele
arbeidsektor. (1 x 2) (2)
3.5.4 Kan die informele arbeidsektor ʼn permanente oplossing vir
werkloosheid bied? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1 + 2) (3)
3.5.5 Gee TWEE voorbeelde van werksgeleenthede in die informele
arbeidsektor. (2 x 1) (2)
3.6 Bestudeer die uittreksel (FIGUUR 3.6) en beantwoord die volgende
vrae.
3.6.1 Noem TWEE van Suid-Afrika se waterbronne. (2 x 1) (2)
3.6.2 Lys TWEE faktore wat gelei het tot ʼn toename in die aanvraag vir
waterbronne in Suid-Afrika. (2 x 1) (2)
3.6.3 Skryf ʼn paragraaf (ongeveer 12 reëls) om die redes te bespreek vir
die watertekorte in Suid-Afrika en stel volhoubare maniere voor om
die land se waterbronne te bestuur. (6 x 2) (12)
[100]
Downloaded from hlayiso.com
14 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2013)
VRAAG 4
4.1 Kies die konsep/term uit die onderstaande lys om te pas by die beskrywing
wat gegee word. Skryf slegs die konsep/term neer teenoor die
vraagnommer (1.4.1 – 1.4.10), byvoorbeeld 1.4.11 Primêr.
LYS VAN KONSEPTE/TERME
Stervormig Natpunt Drempelbevolking Ligging
Vragverbrekingspunt Betalingsbalans Bruinstandplase
Invoervervanging Lynvormig Sosio-ekonomiese ongeregtigheid
Multinasionale korporasie Nywerheidsontwikkelingskorporasie
Droëpunt Reikwydte Landelike ontwikkeling Standplaas
Handelsbalans Groenstandplase Deurgangsdorp Vrye handel
4.1.1 ʼn Nedersetting wat naby ʼn permanente waterbron voorkom (2)
4.1.2 Die vorm van ʼn nedersetting langs die oewers van ʼn rivier opgerig (2)
4.1.3 ʼn Nedersetting waar een soort vervoer met ʼn ander vervang word (2)
4.1.4 Die maksimumafstand wat ʼn persoon bereid is om te reis na ʼn
dienssentrum (2)
4.1.5 Die presiese terrein wat deur ʼn nedersetting bedek word (2)
4.1.6 Die rekeningstaat wat die waarde van ʼn land se transaksies met
die res van die wêreld aantoon. (2)
4.1.7 Nuwe standplase vir nywerheidsontwikkeling geleë in die landelike-
stedelike oorgangsone (2)
4.1.8 Die vervanging van goedere wat voorheen ingevoer was met
plaaslik vervaardigde goedere (2)
4.1.9 Wanneer alle mense nie gelyke toegang het tot dienste, fasiliteite
en hulpbronne in ʼn bepaalde plek nie (2)
4.1.10 Groot maatskappye met takke wat in verskeie lande bedryf word (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GEOGRAFIE V1 15
4.2 Verwys na FIGUUR 4.2 wat ʼn landelike nedersetting 30 km buite Ladysmith
in KwaZulu-Natal aantoon en beantwoord die volgende vrae.
4.2.1 Verduidelik hoe reliëf die standplaas van die nedersetting
beïnvloed het. (1 x 2) (2)
4.2.2 Gee EEN ander rede, behalwe boerdery, waarom mense hulle in
landelike gebiede vestig. (1 x 2) (2)
4.2.3 ʼn Boer wil graag ʼn deel van sy plaasgrond in ʼn slaap-en-ontbyt
onderneming omskep. Dui EEN voordeel en EEN nadeel wat
hierdie verandering in grondgebruik op die nedersetting sal het.
(2 x 2) (4)
4.2.4 Skryf ʼn paragraaf (ongeveer 12 reëls) en voorspel die uitwerking
wat veesiektes en bosbrande sal het op die ekonomie van die
nedersetting en stel maniere voor wat die regering kan onderneem
om die boere te help wat deur veesiektes en veldbrande geraak
was. (6 x 2) (12)
4.3 Bestudeer FIGUUR 4.3 wat ʼn stedelike profiel aantoon en beantwoord die
volgende vrae.
4.3.1 Noem die grondgebruiksone gemerk A. (1 x 2) (2)
4.3.2 Dui TWEE kenmerke van die sone gemerk A aan soos vanaf die
diagram afgelei. (2 x 2) (4)
4.3.3 Gee die term wat gebruik word vir die beweging van kommersiële
funksies weg vanaf gebied A. (1 x 2) (2)
4.3.4 Skat die impak van hierdie neiging (verwys na jou antwoord in
VRAAG 4.3.3) op die invloedsfeer van grondgebruik in sone A.
(1 x 2) (2)
4.3.5 Gebied B is die oorgangsone. Gee EEN ander term wat gebruik
word om hierdie sone te beskryf. (1 x 2) (2)
4.3.6 Beskryf kortliks die stedelike omgewing by B. (2 x 2) (4)
4.3.7 Met verwysing na stedelike beplanning, stel ʼn moontlike rede voor
vir die toestand van gebied B. (1 x 2) (2)
4.3.8 ʼn Groengordel word by C gevind. Stel die rol voor wat die
groengordel speel om die toestand in die stedelike omgewing te
verbeter. (1 x 2) (2)
Downloaded from hlayiso.com
16 GEOGRAFIE V1 (SEPTEMBER 2013)
4.4 Bestudeer die tabel (FIGUUR 4.4) wat die bydrae tot die BBP in 2009 in
Suid-Afrika aantoon om die volgende vrae te beantwoord.
4.4.1 Watter ekonomiese aktiwiteit het in 2009 die grootste bydrae tot die
BBP gelewer? Gee TWEE redes om jou antwoord te ondersteun.
(2 + 2 x 1) (6)
4.4.2 Watter ekonomiese aktiwiteit het die minste bygedra tot die BBP in
2009? (2 x 1) (2)
4.4.3 Verduidelik waarom landbou, bosbou en vissery van groot
ekonomiese belangrikheid vir Suid-Afrika is. (2 x 2) (4)
4.4.4 Skryf ʼn paragraaf (ongeveer 12 reëls) en bespreek hoe sosio-
ekonomiese faktore die vervaardigingsektor in Suid Afrika bevorder
en beperk. (6 x 2) (12)
4.5 Verwys na die uittreksel (FIGUUR 4.5) en beantwoord die volgende vrae.
4.5.1 Beskryf die rol van die Trots Suid-Afrikaanse-veldtog. (1 x 2) (2)
4.5.2 Noem TWEE voordele van die Trots Suid-Afrikaanse-veldtog vir
die land. (2 x 2) (4)
4.5.3 Wat is die negatiewe gevolge van globalisering wat die Trots Suid-
Afrikaanse-veldtog probeer aanspreek? (2 x 2) (4)
4.5.4 Wat is die voordele van globalisering vir Suid-Afrika? (2 x 2) (4)
4.5.5 Vir ʼn maatskappy of ʼn produk om te kwalifiseer vir die Trots Suid-
Afrikaanse-logo moet dit aan sekere kriteria voldoen. Melt EEN van
hierdie kriteria. (1 x 2) (2)
[100]
GROOTTOTAAL: 300
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 QP (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2016 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP (Eng)

Addendum
Geography Grade 12 P1 NSC November 2013 Addendum (English)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum