Downloaded from hlayiso.com
Province of the
EASTERN CAPE
EDUCATION
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2013
GEOGRAFIE V2
PUNTE: 100
TYD: 1½ uur
NAAM:
PUNTE MOD
V1 20
TOTALE
MOD
V2 20 PUNT
V3 40
100 100
*GEOGA2* V4 20
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Skip to contentAll 2013 papers 





View all%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)



%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 Question Paper
Grade 12 Geography Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Geography · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Geography
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2013
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 213.3 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Eastern Cape Mock Exam 2013
Questions in this paper
- Question 1.1Economic geography of South Africa
- Question 1.2Map work
- Question 1.3Map work
- Question 1.4Map work
- Question 1.5Map work
- Question 1.6Map work
Show all 32 questions
- Question 1.7Map work
- Question 1.8Map work
- Question 1.9Map work
- Question 1.10Map work
- Question 2.1Map work8 marks
- Question 2.2Map work5 marks
- Question 2.3Map work6 marks
- Question 2.4Map work1 marks
- Question 2.5Map work1 marks
- Question 2.6Map work1 marks
- Question 2.7Map work1 marks
- Question 2.8Map work1 marks
- Question 3.1Map work4 marks
- Question 3.2Map work4 marks
- Question 3.3Map work4 marks
- Question 3.4Map work2 marks
- Question 3.5Map work6 marks
- Question 3.6Map work2 marks
- Question 3.7Map work4 marks
- Question 3.8Rural and urban settlements8 marks
- Question 3.9Economic geography of South Africa6 marks
- Question 4.1Map work6 marks
- Question 4.2Map work4 marks
- Question 4.3Map work2 marks
- Question 4.4Map work4 marks
- Question 4.5Map work4 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GEOGRAFIE V2 (SEPTEMBER 2013)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Skryf jou NAAM in die spasie voorsien op die dekblad van hierdie vraestel.
2. Beantwoord AL die vrae in die spasies wat OP HIERDIE VRAESTEL
voorsien is.
3. Jy word van ʼn 1:50 000 topografiese kaart (2527CA RUSTENBURG-WES)
asook ʼn ortofotokaart (2527CA 20 RUSTENBURG) van ʼn deel van die
kaart voorsien.
4. Die topografiese kaart en ortofotokaart moet na afloop van die
eksamensessie aan die toesighouer oorhandig word.
5. NOTA: Die hulpbronmateriaal (topografiese kaart en ortofotokaart) moet
deur die skool vir toekomstige gebruik ingeneem word.
6. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word.
7. ʼn Woordelys van sommige van die Afrikaanse en Engelse woorde en hulle
vertalings verskyn op die volgende bladsy.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GEOGRAFIE V2 3
WOORDELYS
(SOMMIGE VAN DIÉ TERME MAG OP DIE KAARTE VERSKYN)
AFRIKAANS ENGLISH
Skag Shaft
Slykdam Slimes Dam
Uitgrawings Diggings
Natuurreservaat Nature Reserve
Beboste Gebied/Plantasie Woodland / Plantation
Begraafplaas Cemetery
Karavaanpark Caravan Park
Gholfbaan Golf Course
Voor Furrow
Hospitaal Hospital
Skietbaan Shooting Range
Modelvliegveld-klub Model Aircraft Club
Voetslaanpad Hiking Trail
Rioolverwerkingsaanleg Sewage Disposal Works
LIGGING VAN GEKARTEERDE GEBIED IN SUID-AFRIKA
Downloaded from hlayiso.com
4 GEOGRAFIE V2 (SEPTEMBER 2013)
AFDELING A
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Die volgende stellings is op die 1:50 000 topografiese kaart 2527CA
RUSTENBURG-WES, sowel as die ortofotokaart van ʼn gedeelte van die
gekarteerde gebied, gebaseer. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir
die volgende stellings gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter
(A–D) in die blokkie langs elke stelling neer.
1.1 Die belangrikste mineraal ontginning rondom die Rustenburg-gebied is ...
A platinum.
B steenkool.
C diamante.
D ystererts.
1.2 Die kontoerinterval op die ortofotokaart is …
A 5 m.
B 10 m.
C 20 m.
D 2 m.
1.3 By 5 op die ortofotokaart is die grondgebruik vir ʼn …
A park.
B hospitaal.
C gholfbaan.
D nywerheid.
1.4 Die fisiese verskynsel gemerk E in ruit F4 op die topografiese kaart is ʼn …
A mesa.
B rug.
C vallei.
D plato.
1.5 Die pad wat Rustenburg-Wes met Ventersdorp verbind is ʼn ...
A nasionale pad.
B hoofpad.
C hoofverkeersweg.
D ander pad.
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GEOGRAFIE V2 5
1.6 Die hang-element gemerk A in blok G5 op die topografiese kaart is die ...
helling.
A eskarp/krans
B kruin
C pediment
D talus/puinhang
1.7 Die skaal van die ortofotokaart is ...
A dieselfde as dié van die kaart.
B kleiner as dié van die kaart.
C groter as dié van die kaart.
D onmoontlik om af te lei van die beskikbare inligting.
1.8 Die verskynsel gemerk 1 op die ortofotokaart is, is ʼn ...
A dam.
B sportveld.
C reservoir.
D uitgrawing.
1.9 Die modelvliegveld-klub in blok F7 kom in die ... voor.
A SSK
B landelik-stedelike oorgangsone
C residensiële gebied
D krotbuurt-sone
1.10 Die dreineringspatroon, gemerk M in blok D2 op die topografiese kaart,
is ...
A sentripetaal.
B tralie.
C radiaal.
D reghoekig.
(10 x 2) (20)
TOTAAL AFDELING A: 20
Downloaded from hlayiso.com
6 GEOGRAFIE V2 (SEPTEMBER 2013)
AFDELING B
VRAAG 2: KAARTWERKTEGNIEKE EN BEREKENINGS
2.1 Teken vryhand ʼn dwarsprofiel, met byskrifte, vanaf punthoogte •241 (K3)
tot by punthoogte •666 (J5) om te illustreer dat die Magaliesberg ʼn goeie
voorbeeld van ʼn cuesta is.
(4)
2.2 Bereken die magnetiese deklinasie vir die jaar 2013.
Toon ALLE berekeninge aan.
(5)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GEOGRAFIE V2 7
2.3 Bereken die gemiddelde gradiënt vanaf punthoogte •1153 by (4) na
punthoogte •1162 by (5) op die ortofotokaart.
Toon ALLE berekeninge aan.
(6)
2.4 Is die gradiënt wat jy in VRAAG 2.3 bereken het, steil of geleidelik?
Antwoord: (1)
2.5 Verduidelik jou antwoord by VRAAG 2.4.
Rede:
(1)
2.6 Gee die rigting van die spoorwegstasie (blok F9) vanaf E op die
topografiese kaart.
Antwoord: (1)
2.7 Gee EEN rede waarom dit nie ekonomies sal wees om ’n aansluitingspad
tussen ruit H7 en ruit K5 te bou nie.
(1)
2.8 Verwys na trigonometriese stasie 228 (ruit J6) en trigonometriese stasie
217 (ruit K8):
Noem die verskil in hoogte tussen hierdie twee punte.
(1)
TOTAAL AFDELING B: 20
Downloaded from hlayiso.com
8 GEOGRAFIE V2 (SEPTEMBER 2013)
AFDELING C
VRAAG 3: KAART INTERPRETASIE EN ONTLEDING
3.1 “Reënval oor die gekarteerde gebied is seisoenaal en onbetroubaar.”
Gee TWEE bewyse vanaf die kaart, van maniere hoe die boere die
probleem van watertekort gedurende periode van lae reënval kan oplos.
(2 x 2) (4)
3.2 Voorspel TWEE maniere waarop watervoorsiening vir die toekoms in
hierdie gebied verseker kan wees.
(2 x 2) (4)
3.3 Kommersiële boerdery word op die groep plase (blok E5) op die
topografiese kaart bedryf. Gee TWEE redes om hierdie stelling te staaf.
(2 x 2) (4)
3.4 Gee EEN bewys vanaf die topografiese kaart om aan te toon dat
natuurbewaring ʼn prioriteit in die gekarteerde gebied is.
(1 x 2) (2)
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GEOGRAFIE V2 9
3.5 Vind die gebied gemerk 3 op die ortofotokaart.
3.5.1 Hierdie gebied is ʼn laekoste behuisingskema. Gee EEN bewys van
vanaf die ortofotokaart om hierdie stelling te ondersteun.
(1 x 2) (2)
3.5.2 Die plaaslike regering in beheer van die gebied gemerk 3 word voor
baie uitdagings gestel ten opsigte van dienslewering. Verskaf
TWEE moontlike uitdagings waarmee die owerhede gekonfronteer
sal word.
(2 x 2) (4)
3.6 Die uitbreiding van die dorp Rustenburg na die weste word beperk.
Verskaf EEN fisiese faktor vanaf die kaart, wat die uitbreiding van die dorp na
hierdie rigting beperk.
(1 x 2) (2)
3.7 Die menslike aktiwiteite (blok B9) op die topografiese kaart veroorsaak
omgewingsvernietiging (skade). Noem TWEE maatreëls wat getref kan
word om hierdie probleem te bekamp.
(2 x 2) (4)
Downloaded from hlayiso.com
10 GEOGRAFIE V2 (SEPTEMBER 2013)
3.8 Vind Rustenburg-Noord in blok G9 op die topografiese kaart en beantwoord
die vrae wat volg.
3.8.1 Identifiseer die straatpatroon in Rustenburg-Noord.
(1 x 2) (2)
3.8.2 Noem EEN voordeel van die tipe straatpatroon in Rustenburg-Noord.
(1 x 2) (2)
3.8.3 Noem TWEE nadele van die straatpatroon in Rustenburg-Noord.
(2 x 2) (4)
3.9 Verwys na die topografiese kaart.
3.9.1 Wat is die oorheersende (hoof) ekonomiese aktiwiteit wat in die
landelike gebiede van Rustenburg beoefen word? Gee ʼn rede vir
jou antwoord.
Aktiwiteit:
Rede:
(2 x 2) (4)
3.9.2 Wat is die produk wat geproduseer word deur die ekonomiese
aktiwiteit in VRAAG 3.9.1 hierbo genoem?
(1 x 2) (2)
TOTAAL AFDELING C: 40
Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013) GEOGRAFIE V2 11
AFDELING D
VRAAG 4: GEOGRAFIESE INLIGTINGSTELSELS (GIS)
4.1 Geografiese inligting kan op verskeie maniere bekom word.
4.1.1 Wat is ʼn databasis?
(1 x 2) (2)
4.1.2 Waarom is dit soms noodsaaklik om data in ʼn databasis te
manipuleer?
(2 x 2) (4)
4.2 Klassifiseer die volgende as ruimtelike- of attribuut-data.
4.2.1 ʼn Kaart wat behuisingsdigtheid toon.
(1 x 2) (2)
4.2.2 Die buitelynvorm van ʼn dam.
(1 x 2) (2)
4.3 Definieer die term afstandwaarneming.
(1 x 2) (2)
4.4 Noem enige TWEE natuurlike kenmerke op die topografiese kaart wat
bestudeer kan word met behulp van afstandwaarneming.
(2 x 2) (4)
Downloaded from hlayiso.com
12 GEOGRAFIE V2 (SEPTEMBER 2013)
4.5 Noem enige TWEE lae wat jy oor mekaar kan plaas om ʼn realistiese
datastel van die Rustenburg natuurreservaat te bekom.
(2 x 2) (4)
TOTAAL AFDELING D: 20
GROOTTOTAAL: 100
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 QP (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2019 QP (Afr)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)

Question paper
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Eng)
More from Grade 12 Geography
%20June%202025%20Possible%20Answers--164c2c1c-f5c3-4207-9e0d-0dc315f4a347/v1-3595c1d253b6030d1edc/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum
Geography Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo (English)

Memorandum
Geography Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--7e728632-059d-401a-ba75-fd45632f6091/v1-269fb55ac60eebf555e6/card.webp)
Memorandum
Geography Grade 12 Gauteng June 2024 Memo (English)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--f6778823-8699-4877-bfdd-c56c292e94c7/v1-bab67b102c5261c059a6/card.webp)
Memorandum