Skip to content

Tourism Grade 12 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paperTourismGrade 12202129 pages

Grade 12 Tourism question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2021 10870 TOERISME TYD: 3 uur PUNTE: 200 29 bladsye b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 2 10870 / 21 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies noukeurig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings en TIEN vrae. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE vraag op ’n NUWE bladsy. 4. Nommer jou vrae soos die nommeringstelsel in die vraestel. 5. Gebruik die puntetoekenning wat by elke vraag aangedui is om die lengte van jou antwoord te bepaal. 6. Jy mag ’n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Skryf netjies en leesbaar. 8. Die tabel hieronder is ’n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in te deel. AFDELING ONDERWERP PUNTE TYD A Kortvrae 40 20 Kaartwerk en Toerbeplanning; B 50 50 Buitelandse valutaverhandeling Toerismebesienswaardighede; C 50 50 Kultuur- en Erfenistoerisme; Bemarking Toerisme Sektore; Volhoubare en D 30 30 Verantwoordelike Toerisme Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme; E 30 30 Kommunikasie en Kliëntediens TOTAAL 200 180 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 3 10870 / 21 AFDELING A: KORT VRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.21 D 1.1.1 ’n Lae begroting vir akkommodasie sal moontlik geskik wees vir ... toeriste. A besigheid- en gapingsjaar B rugsakreis en aansporingsbonus C besigheid- en aansporingsbonus D gapingsjaar- en rugsakreis 1.1.2 Die dra van langmouhemde en langbroeke wanneer die Kruger Nasionale Park vir ’n vakansie besoek word, is ’n voorkomingsmaatrëel teen … A bilharzia. B cholera. C malaria. D MIV/VIGS. 1.1.3 Een tydsone verteenwoordig … grade. A 10 B 15 C 20 D 30 1.1.4 ’n Toeristeprofiel vir ’n … toeris sal moontlik Kosher-kos insluit as deel van die voedselvoorkeure. A Buddiste B Joodse C Islamitiese D Hindiese 1.1.5 Die tydsone (+3) vir Moskou is ... A 30˚ Oos. B 30˚ Wes. C 45˚ Wes. D 45˚ Oos. b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 4 10870 / 21 1.1.6 Kwart oor elf in die aand word internasionaal as … aangedui op ’n 24- uur horlosie. A 11:15 B 11h15 C 23:15 D 23h15 1.1.7 Die tipe toeris wat meer tyd-sensitief as begrotingsensitief is wanneer dit kom by die keuse van ’n reisplan. A Ontspanningstoeris B Besoek vriende en familie C Gesondheidstoeris D Besigheidtoeris 1.1.8 Een manier om die effek van die Suid-Afrikaanse somerson te verminder, sluit … in. A die dra van langmouklere wanneer in die buitelug B inenting teen velkanker C swem tussen 12:00 en 15:00 D die gebruik van ’n verwarmer binnenshuis 1.1.9 Die prent aan die regterkant, stel ’n … in die verhandelingspryse van die Euro en die Dollar voor. A verhoging B verlaging C stabiliteit D fluktuasie 1.1.10 Europa en Noord-Amerika staan bekend as die … markte van Suid-Afrika. A opkomende B bron C nuwe D land b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 5 10870 / 21 1.1.11 Die dokument wat help om ’n samewerking en samehorige atmosfeer in die werkplek te skep, is die ... A gedragskode. B dienskontrak. C kode vir globale etiek. D regverdige handelskontrak. 1.1.12 Die AVIS karverhuringsmaatskappy se personeel lyk professioneel in hulle uniforms. Hulle dra by tot die maatskappy se ... A tuinversorging. B korporatiewe beeld. C driedubbele-slotreël. D prysstruktuur. 1.1.13 Volhoubare en verantwoordelike bestuursplanne verwys na ... A etiese gedrag wanneer ’n opdrag uitgevoer word. B bemarkingsplanne om toerisme attraksies te bemark. C die bewaring en effektiewe gebruik van hulpbronne. D effektiewe kliëntediens in die werkplek. 1.1.14 TOMSA verwys na … A tien persent heffing wanneer aansoek vir ’n visum gedoen word. B twaalf persent heffing vir ’n luukse skip bespreking. C vyf persent heffing vir sommige Uber ritte in Gauteng. D een persent heffing vir bevestigde hotel bespreking. 1.1.15 ’n Voorbeeld van ‘n positiewe impak van volhoubare toerisme is ... A ’n verhoging in kriminele aktiwiteite by die attraksie. B uitsetting van die plaaslike gemeenskap vanuit hulle area. C ’n verhoging in die pryse van produkte en dienste. D plaaslike inwoners het werk en word in ag geneem. 1.1.16 Hierdie is Afrika se voorste leefstyl en avontuur bemarkings geleenthede. A Getaway-skou B TOMSA C Indaba reis handelskou D ITB b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 6 10870 / 21 1.1.17 As deel van hulle Korporatiewe Maatskaplike Belegging het ’n toerisme besigheid … A uniforms aan hulle personeel voorsien. B hulle webwerf en handelsmerk opgedateer. C beurse aan studente vir hulle studies aangebied. D hulle personeel opgelei oor dienslewering. 1.1.18 Uniforms wat by die werkplek gedra word, dra by tot (’n) ... A meer individualiteit in die werkplek. B vermindering in volhoubaarheid van die besigheid. C beter professionele beeld van die werknemers. D minder spanwerk onder werknemers. 1.1.19 Die tipe terugvoer metode wat deur hierdie hotel gebruik is om hulle kliente aan te moedig om hulle diens te evalueer is ’n ... A web-gebaseerde antwoord. B SMS boodskap. C terugvoerkaart. D opname. 1.1.20 Die laaste stap in ’n analise om die neiging in kliënteterugvoering te bepaal. A Bepaal die mees algemene klagtes. B Begin die intervensieproses. C Bestudeer en sleutel die terugvoering in. D Besluit op ’n aksieplan wat gebruik gaan word. (20 x 1) (20) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 7 10870 / 21 1.2 Kies ’n beskrywing vir die Wêrelderfenisterrein in KOLOM B wat die beste by ’n prent in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 H. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 A Dié terrein toon die oorblyfsels van die Ystertydperk wat die handel in goud en ivoor met China aandui. B Hierdie gemengde wêrelderfenisterrein bevat van die grootste rotskuns- versamelings van die Khoisan 1.2.2 mense. C Dié terrein toon ‘n groot krater wat die resultaat is van die impak van ‘n meteoriet wat baie jare gelede die aarde getref het. 1.2.3 D Die terrein is bekend vir die diversiteit van habitatte en ekosisteme wat mere, duine en sandstrande insluit. E Dié terrein was die tuiste van politieke gevangenes wat vir hoogverraad aangekla was. 1.2.4. F Die terrein toon fossiele wat Mev Ples insluit. G Hierdie terrein het agt beskermde gebiede wat 9600 spesies flora huisves insluitende die protea en 1.2.5. Fynbos. (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 8 10870 / 21 1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 Paspoort 1.3.1 Die presiese tyd vir ‘n bestemming of ’n land is bekend as die (plaaslike/somer) tyd. 1.3.2 Travel Wallet is ‘n voorbeeld van ’n voorafgelaaide buitelandse valuta (debiet/krediet) kaart. 1.3.3 DBT verwys na die tyd wanneer horlosies met 1 uur (vorentoe/agtertoe) verstel word. 1.3.4 Die gebruik van (telegrafiese oorplasings/reisigerstjeks) is stadig maar seker besig om uitgefaseer te word as betalingsmetode vir vakansies. 1.3.5 Protes opstande in ’n land oor ’n tekort aan dienslewering word as (onvoorsiene gebeurtenisse/politieke situasies) geklassifiseer. (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 9 10870 / 21 1.4 Identifiseer die internasionale ikone in die prente hieronder. Skryf slegs die naam van die ikoon langs die vraagnommer (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.4.6 Eiffeltoring 1.4.1 1.4.2 1.4.3 1.4.4 1.4.5 (5 x 1) (5) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 10 10870 / 21 1.5 Bestudeer die handelsmerke/prente van die organisasies in 1.5.1 tot 1.5.5. Kies die betrokke reisdokumente uit die lys hieronder wat ’n toeris by die genommerde organisasies kan verkry. Skryf slegs die naam van die reisdokument langs die vraagnommer (1.5.1 tot 1.5.5) in jou ANTWOORDBOEK byvoorbeeld 1.5.6 identiteitsdokument paspoort; instapkaart; internasionale bestuurspermit; visum; gesondheidsertifikaat 1.5.1 1.5.2 1.5.3 1.5.4 1.5.5 (5) TOTAAL AFDELING A: 40 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 11 10870 / 21 AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTAVERHANDELING VRAAG 2 2.1 Bestudeer die wêreldtydsonekaart hieronder tesame met die inligting op die volgende bladsy en beantwoord dan die vrae wat volg. New York -5 Los Angeles -8 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 12 10870 / 21 2.1 Mnr en Mev Gordon besoek hulle dogter, Roxy, wat in Los Angeles woon. Hulle vlieg vanaf Johannesburg na New York. In New York moet hulle oorstaan waarna hulle dan na Los Angeles sal vlieg. Sien die besonderhede van die reis in die tabel hieronder. Johannesburg Oorstaantyd New York na in na New York New York Los Angeles 16 ure vlugtyd 5 ure oorstaan 6 ure en 30 minute vlugtyd 2.1.1 Die vlug vertrek vanaf Johannesburg om 05:00 op die 4de Oktober 2021. Bepaal wat die arriveertyd en datum in New York is. (NOTA: New York gebruik DBT.) (5) 2.1.2 Mnr Gordon het Roxy belowe dat hy haar sal bel net voordat hulle New York verlaat. Bereken die tyd waarop Roxy die telefoonoproep in Los Angeles vanaf haar pa sal ontvang. (NOTA: Ignoreer DBT omdat beide stede DBT toepas) (4) 2.1.3 Bereken die totale duur van die reis vanaf die Gordon-egpaar se vertrek van Johannesburg tot hulle in Los Angeles arriveer. (2) 2.1.4 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Mnr en Mev Gordon sal vluguitputting ervaar wanneer hulle in New York arriveer. a) Evalueer die stelling hierbo krities. Verwys na die Oos-Wes vlugroete en bewys dat hulle NIE vluguitputting ervaar nie. (2) b) Noem EEN simptoom van vlugvoosheid. (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 13 10870 / 21 c) Bestudeer die prente hieronder. Kies TWEE prente en verduidelik hoe die Gordon-egpaar die uitwerking van vlugvoosheid gedurende en/of na afloop van die vlug, kan verminder. Skryf die letter van die gekose prente en jou verduideliking. (4) A B C D Tyd in New York 2.2 Die egpaar het ‘n oorstaantyd van 5 ure in New York. Gee advies aan hulle oor hoe om hulle bagasie veilig te hou gedurende die oorstaantyd op die lughawe. (4) 2.3 Die ouers wil graag ‘Trots Suid-Afrikaanse’ produkte vir hulle dogter saamvat. Hulle het al haar gunstelinge gekies. Die produkte sluit in:  3 x 750 ml wyn DOEANE  1 kg Biltong  2 x 500g SAFARI gedroogde vrugte  1 dosie Cadbury sjokolades 2.3.1 Verskaf raad aan die egpaar oor watter kanaal hulle by doeane moet gebruik as hulle arriveer. (1) 2.3.2 Motiveer die kanaal in jou antwoord tot VRAAG 2.3.1 deur ’n rede te gee vir elkeen van die produkte wat gelys is in die scenario. (4 x 2) (8) 2.3.3 Noem die organisasies op die OR Tambo Internasionale Lughawe wat verantwoordelik is vir uitvoering van die volgende aksies wanneer hulle na Suid-Afrika terugkeer: a) Nagaan van die reisdokumente (1) b) Invordering van doeanebelasting (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 14 10870 / 21 2.4 Bestudeer die kaart van Suid-Afrika en beantwoord die vrae wat volg. Oos-Londen Kaapstad Peter, sy vrou en hulle 2 kinders woon in Durban. Hy wil graag sy familie op ’n self-bestuur vakansie vat om hulle vriende in Kaapstad te besoek. Hulle wil eerste by hulle Ouma en Oupa in Johannesburg gaan kuier en dan die prag van die Namakwaland-blomme geniet in Garies voor hulle na Kaapstad reis. Peter wil van die nasionale paaie gebruik maak. 2.4.1 Noem die korrekte volgorde van die nasionale paaie wat Peter moet gebruik tydens die self-bestuur vakansie. (4) 2.4.2 Noem TWEE aspekte van die vervoerkoste wat Peter in gedagte moet hou wanneer hy ’n begroting vir die vakansie saamstel. (2) [40] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 15 10870 / 21 VRAAG 3 Bestudeer die valutaverhandelingstabel hieronder, saamgestel op 8 Julie 2021, en beantwoord die vrae wat volg.  Toon ALLE berekeninge.  Rond die antwoord af tot TWEE desimale plekke. Buitelandse Wisselkoerstabel Geldeenheid BAK BVK VSD 13.90 14.69 GBP 19.09 20.29 JPY 0.12 0.13 [Bron: www.nedbank.co.za] 3.1 Mnr Graham het R 45 500 begroot vir die reis na Texas. Bereken die bedrag, in VS Dollar. (3) 3.2 Verwys na die buitelandse wisselkoerstabel hierbo en vergelyk die geldeenhede se waarde. Skryf ’n paragraaf waarin die volgende inligting verskaf word:  Sterkste geldeenheid teenoor die Rand  Swakste geldeenheid teenoor die Rand  Vergelyk die koopkrag vir inkomende toeriste vir die geldeenhede wat geïdentifiseer is as die sterkste en die swakste teen die Rand. (4) 3.3 Lys DRIE maniere hoe inkomende toerisme tot voordeel is van die Suid- (3) Afrikaanse ekonomie. [10] TOTAAL AFDELING B: 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 16 10870 / 21 AFDELING C: TOERISME BESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS TOERISME; BEMARKING VRAAG 4 4.1 Bestudeer die kaart van Europa en Noord-Afrika hieronder waar die liggings van DRIE wêreld ikone aangedui is. Beantwoord die vrae wat volg. [Aangepas uit lahistoriaconmapas.com] 4.1.1 Identifiseer die DRIE wêreld ikone wat A, B en C gemerk is. Skryf die naam van die wêreld ikoon langs die letter A, B en C in die (3) ANTWOORDBOEK. 4.1.2 Teken en voltooi die tabel hieronder ten opsigte van die DRIE wêreld ikone op die kaart aangedui, in jou ANTWOORDBOEK. Wêreld ikoon Kort beskrywing A EEN feit wat na die struktuur verwys B EEN feit wat na die geskiedenis verwys C EEN feit wat na die geologie verwys (6) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 17 10870 / 21 4.2 Vergelyk die Berlynse Muur en die Groot Muur van China soos volg: 4.2.1 Gee EEN ooreenkoms tussen die Berlynse Muur en die Groot Muur van China. (2) 4.2.2 Gee EEN verskil tussen die Berlynse Muur en die Groot Muur van China. (2) 4.3 Bestudeer die infografika hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: mapsof the world.com] 4.3.1 Gee die volle naam van die wêreld ikoon in die infografika (1) hierbo. 4.3.2 Noem en bespreek TWEE karaktereienskappe wat van die ikoon genoem as die antwoord tot VRAAG 4.3.1 ’n suksesvolle (4) attraksie maak. 4.3.3 a) Identifiseer DRIE faktore wat kan bydra tot die sukses van die wêreld ikoon. (3) b) Gee ’n voorbeeld van die infografika hierbo vir elke faktor wat in VRAAG 4.3.3 a) genoem is. (3) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 18 10870 / 21 4.4. Verwys na die grafiek wat handel oor die monumente wat die meeste besoek word in die wêreld. Beantwoord die vrae wat volg. [Bron: statista.com] 4.4.1 Identifiseer die wêreld ikoon in Italië wat die meeste besoekers (2) ontvang het. 4.4.2 Gee EEN rede waarom die ikoon wat in Vraag 4.4.1 geïdentifiseer (2) is, so gewild is. [28] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 19 10870 / 21 VRAAG 5 Bestudeer die kaart hieronder en beantwoord die vrae wat volg. A Barberton Makhonjwa Berge B C Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap D Robben Eiland [Bron: whc.unesco.org] 5.1 Bestudeer die Wêrelederfenisterreine op die kaart wat A tot D gemerk is en identifiseer die volgende: 5.1.1 TWEE kulturele Wêrelderfenisterreine. (2) 5.1.2 EEN natuurlike Wêrelderfenisterrein. (1) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 20 10870 / 21 5.2 Teken en voltooi die tabel hieronder wat gebaseer is op Wêrelderfenisterreine wat in die tabel gelys is. Vir 5.2.1−5.2.3 noem die provinsie waar elk van die wêrelderfenisterreine geleë is. Vir 5.2.4−5.2.6 verduidelik hoe elkeen van hierdie terreine aan UNESCO se kriteria voldoen. Hoe die terrein aan Naam van die terrein Provinsie UNESCO se kriteria voldoen Barberton Makhonjwa Berge 5.2.1 (1) 5.2.4 (2) Richtersveld Kulturele en 5.2.2 (1) 5.2.5 (2) Botaniese Landskap Robben Eiland 5.2.3 (1) 5.2.6 (2) (9) [12] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 21 10870 / 21 VRAAG 6 6.1 Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. WTM Londen was virtueel – November 2020 VIRTUEEL LONDEN WTM Virtueel het plaasgevind vanaf 9 tot 11 November 2020. Dit het afgevaardigdes die geleentheid gebied om een-tot-een virtuele vergaderings te hou om besigheid te doen, sekere konferensie sessies by te woon en deel te neem aan vinnige netwerksessies (‘networking’), en vele meer. Die lewendige skou sou in Londen (2−4 November 2020) plaasgevind het; maar, die voortdurende reisbeperkings, kwarantyn regulasies wat volgehou word en plaaslike inperkings oor die hele Europa beteken dat die geleentheid ‘n volledige virtuele ondervindings was. [Bron: www.tourismupdate.co.za] 6.1.1 Skryf die akroniem WTM voluit. (2) 6.1.2 Verduidelik wat met WTM Virtueel bedoel word. (2) 6.1.3 Stel EEN rede voor vir die veranderinge by die WTM skou in (2) 2020. 6.1.4 SAToerisme stal gewoonlik by die WTM uit. Gee TWEE verantwoordelikhede van SAToerisme. (4) [10] TOTAAL AFDELING C: 50 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 22 10870 / 21 AFDELING D: TOERISME SEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME VRAAG 7 7.1 Verwys na die prent hieronder wat sekere aspekte van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes uitwys en beantwoord die vrae wat volg. Jaarlikse verlof 7.1.1 Noem VIER aspekte wat in ’n dienskontrak ingesluit moet word. (4) 7.1.2 Verduidelik hoe die volgende aspekte van die Wet of Basiese Diensvoorwaardes wat in die prent getoon word, van toepassing sal wees op ’n reisagent wat voltyds by ’n reisagentskap werk: a) Werksure (2) b) Siekverlof (2) c) Jaarlikse verlof (2) b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 23 10870 / 21 7.2 Bestudeer die tekenprent hieronder en beantwoord die vraag wat volg. [Aangepas van www.cartoonstock.com] Die tekenprent wys swak kliëntediens. Bespreek TWEE maniere hoe kliëntediens-beleide kan bydra tot die professionele beeld van hierdie toerisme besigheid. (4) [14] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 24 10870 / 21 VRAAG 8 8.1 Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Hotel Verde (Suid-Afrika: WesKaap) Hotel Verde, geleë by die Kaapstad Internasionale Lughawe, het onlangs Fair Trade Tourism sertifisering ontvang. Dit is ‘n gerespekteerde toekenning vir Hotel Verde asook vir die toerismebedryf in Suid-Afrika; dit toon leierskap in die groeiende ‘groen- ervaring’ toerismemark. Hotel Verde word geprys as ‘Afrika se groenste hotel’. Sedert die opening in 2013, het hulle bewys luuksheid en volhoubaarheid kan hand-aan-hand gedoen word. Die hotel het sy plek in die bedryf verdien as een van die mees volhoubare hotelle in die wêreld is. Die sertifisering deur Fair Trade Tourism gee nuwe gewig aan die toewyding wat Hotel Verde toon ten opsigte van verantwoordelike toerismebeginsels. Dit beklemtoon ook dat die volhoubare beginsels meer as net die uitleg van die hotel en bouregulasies is. Die sertifisering het gefokus op aspekte soos regverdige lone en werksomstandighede, regverdige aankope en bestuur, gelyke verspreiding van voordele en respek vir menseregte, die kultuur en die omgewing. Mario en Annemarie Delicio, die eienaars van Hotel Verde, het begin met ‘n plaaslike gemeenskap ‘Eko-uitstappies’ wat skoolkinders en universiteitstudente oplei. Hulle wys hulle is passievol oor volhoubaarheid. [Aangepas uit www.travindy.com] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 25 10870 / 21 8.1.1 Lys VIER kriteria waaraan Hotel Verde voldoen het om ’n Fair Trade Tourism sertifisering te ontvang. (4) 8.1.2 Verduidelik wat beteken die status as “Afrika se groenste hotel” vir hierdie hotel. (2) 8.1.3 Verduidelik hoe Fair Trade Tourism sertifisering die teikenmark van hierdie hotel kan beïnvloed. (2) 8.2 Verwys na die infografika hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 8.2.1 Verduidelik die term ‘plaaslik’ wat in die infografika gebruik is. (2) 8.2.2 Lys die drie pilare van volhoubare toerisme en langs elke pilaar skryf EEN element uit die infografika wat daarby sal pas. (6) [16] TOTAAL AFDELING D: 30 b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 26 10870 / 21 AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIëNTEDIENS VRAAG 9 Lees die uittreksel wat handel oor die 2019 / 2020 Australiese bosbrande hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Australiese bosbrande: 5 feite om te weet oor die krisis Duisende inwoners en toeriste word gedwing om te vlug of skuiling te soek teen die vuur wat dorpe in Australië verwoes. 1. Area wat gebrand het Vanaf die 2de Januarie het meer as 12 miljoen hektaar afgebrand – dis 'n oppervlakte ses keer groter as die oppervlak wat in die 2018 brande in Kalifornië verwoes is. 2. Verlies aan wilde diere 'n Studie het gevind dat 480 miljoen diere alreeds dood is, insluitende die bedreigde koalabeer, of deur die vuur of dalk na die brand as gevolg van 'n tekort aan kos, water en skuiling. 3. Verstikking aan rook Vir maande het gevaarlike rook van die bosbrande van tyd-tot-tyd oor hoë populasie areas (areas met 'n hoë inwonertal) soos Sydney, Melbourne en Canberra gehang. Rookwolke, stof en as kon vanuit die buitenste ruim gesien word. Wind het dit ook duisende kilometer ver gedra, tot sover as Nieu-Seeland waar die lug oranje verkleur het. 4. CO2 emissies (uitlatings) Daar word beraam dat die bosbrande ongeveer 350 miljoen ton CO2 in die atmosfeer ingepomp het. Dit sal woude omtrent 100 jaar of meer neem om die CO2 wat sover deur die seisoen se brande vrygestel is te absorbeer (bome neem dit op). 5. Hitte en droogte Die land ondervind een van die ergste droogtes in 10 jaar asook 'n hittegolf wat in Desember die rekord van 41,9˚C gebreek het as die hoogste gemiddelde temperatuur in die land. Wetenskaplikes het gewaarsku dat klimaatsverandering die voorkoms van veldbrande kan verhoog. [Aangepas uit www.weforum.org] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 27 10870 / 21 9.1 9.1.1 Klassifiseer die bosbrande as ’n tipe gebeurtenis van internasionale (1) belang. 9.1.2 a) Verwys na die vyf hoofaspekte van die bosbrande. Identifiseer die pilaar van volhoubaarheid wat die meeste deur die katastrofe geraak is. (1) b) Motiveer jou antwoord tot VRAAG 9.1.2 a). (2) 9.1.3 Kies en verduidelik TWEE gevolge (impakte) wat sal bly lank na die skade van die bosbrande. (4) 9.2 Verwys na die openingsparagraaf van die uittreksel: “Duisende inwoners ...” 9.2.1 Voorspel TWEE negatiewe uitwerkings van die bosbrande op die toerismebedryf van Australië. (4) 9.2.2 Bespreek TWEE impakte van die bosbrande op die ekonomie van Australië. (4) 9.3 Verwys na die statistieke vir Suid-Afrika hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Internasionale aankomste – Januarie tot Maart (22020 teen 2019) Kumulatiewe vergelyking Totale aankomste -10,2% Europa -13,4% Amerikas -16,9% Asië en -25,6% Australië Afrika – -23,6% Midde Ooste lug (MO) Nie gespesifiseer Afrika – land -7,3% nie [Bron: www.southafrica.net] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 28 10870 / 21 9.3.1 Lees die stelling hieronder tesame met die statistieke hierbo en beantwoord die vraag wat volg. Suid-Afrika het in die grendeltydperk ingegaan op 27 Maart 2020 as gevolg van die COVID-19 pandemie. Stel EEN rede voor waarom die internasionale aankomste statistieke vir Suid-Afrika so ’n merkbare vermindering (afname) wys VOOR einde van Maart 2020. (2) 9.3.2 a) Verduidelik waarom die statistieke vir Afrika gesplit is in Afrika land markte en Afrika lug markte. (2) b) Stel EEN rede voor waarom die totale aankomste in Afrika land markte hoër is in vergelyking met Afrika lug markte. (2) 9.3.3 Identifiseer die kontinent/streek wat die volgende toon: a) Die hoogste persentasie afname in aankomste in Suid-Afrika (nie Afrika nie) (1) b) Die kleinste persentasie afname in aankomste in Suid-Afrika (nie Afrika nie) (1) [24] b.o.
Downloaded from hlayiso.com TOERISME 29 10870 / 21 VRAAG 10 Verwys na die prent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. [Bron: www.ezeeabsolute.com] 10.1 Stel TWEE terugvoermetodes wat ’n toerismebesigheid kan gebruik voor, waar daar persoonlike kontak tussen die werknemer en die kliënt is. (2) 10.2 Skryf ’n kort paragraaf waarin verduidelik word hoe kliënteterugvoer tot uitstekende dienslewering in ’n toerismebesigheid, kan lei. (4) [6] TOTAAL AFDELING E: 30 TOTAAL 200 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 Tourism

View all