NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2018
LANDBOUWETENSKAPPE V1
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans
Agricultural Sciences · Grade 10 · National November Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- National November Exam
- Paper
- 1
- Pages
- 13
- File size
- 765.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 13
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik word.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Die betrokke boerdery behels die kommersialisering van wilde
diere deur privaat grondeienaars:
A Pluimvee-boerdery
B Wild-boerdery
C Vee-boerdery
D Bewaringsboerdery
1.1.2 Die aantal diere wat aan ʼn spesifieke area vir ʼn spesifieke tyd
toegestaan kan word:
A Diereverhouding
B Tropgrootte
C Weidingstempo
D Selektiewe beweiding
1.1.3 Wanneer waterdamp terug na ʼn vloeistof verander:
A Kondensasie
B Transpirasie
C Verdamping
D Sublimasie
1.1.4 Deel van die aarde waar lewende organismes voorkom,
insluitende die boonste deel van die grond, die waterliggame en
die onderste deel van die atmosfeer:
A Bioom
B Ekosisteem
C Gemeenskap
D Biosfeer
1.1.5 Hierdie trofiese vlak bevat die meeste energie:
A Eerste
B Tweede
C Derde
D Vierde
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
1.1.6 Die proses waardeur plaaslike ekonomieë, gemeenskappe en
kulture deur kommunikasie, vervoer en handel geïntegreerd
geraak het:
A Globale vraag
B Globale verwarming
C Globalisering
D Verstedeliking
1.1.7 Die weerstoestande wat oorheersed in ʼn area, in die algemeen
of oor ʼn lang tyd:
A Klimaat
B Weer
C Reën
D Sonlig
1.1.8 Die wette van ʼn land, soos bepaal deur die wetmaak-sektor
van die regering, soos die parlement:
A Groenskrif
B Witskrif
C Wetgewing
D Wetlike raamwerk
1.1.9 Dié kombinasie is ʼn voorbeeld van inheemse beesrasse:
(i) Afrikaner
(ii) Drakensberger
(iii) Brahmaan
(iv) Bonsmara
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (iii) en (iv)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.10 Hierdie is voorbeelde van vleisbokrasse, behalwe …
A Boerbok.
B Saanen.
C Savanna.
D Kalahari. (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.2 Dui aan of elk van die volgende stellings in KOLOM B van toepassing is
op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in
KOLOM A. Skryf Slegs A, Slegs B, Beide A en B of Geeneen langs
die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer,
byvoorbeeld 1.2.6 slegs B.
KOLOM A KOLOM B
A: Grondhervorming Om grond terug te gee aan mense wat
1.2.1
B: Grondrestitusie daarvan verwyder is
A: Staatsgrond Privaat grondeienaarskap
1.2.2 B: Gemeenskaplike
grond
A: El Niño See-oppervlaktemperature in die
1.2.3 B: La Niña ekwatoriale Stille Oseaan raak koeler
as gewoonlik
A: Groot wit Voorbeelde van spekrasse
1.2.4
B: Landras
A: Vee Biotiese faktore
1.2.5
B: Plantegroei
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK.
1.3.1 Die totale waarde van alle goedere en dienste wat in ʼn jaar deur
ʼn land vervaardig word
. 1.3.2 Die proses wat die opbring van kos vanaf die maag terug na die
mond behels, sodat dit herkou en weer gesluk kan word
1.3.3 Maatstaf van ʼn dier se doeltreffendheid om voedselmassa na
liggaamsmassa om te skakel
1.3.4 Rasse wat hoofsaaklik vir wol, vleis of beide aangehou word
1.3.5 ʼn Diagram wat die trofiese vlakke in ʼn ekosisteem toon (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Die verskeidenheid lewe op aarde of in ʼn spesifieke habitat of
ekosisteem word die biosfeer genoem.
1.4.2 Inkomste is die rykdom en hulpbronne van ʼn land of streek,
veral in terme van produksie en verbruik van goedere en
dienste.
1.4.3 Die vorm van grondeienaarskap waar mense, groepe of privaat
maatskappye ʼn stuk grond besit staan as ʼn huurkontrak bekend.
1.4.4 Die nasionale Waterwet, Wet nr. 36 van 1998, is ʼn voorbeeld
van grondwet.
1.4.5 Blaarvreters is diere wat gras en ander lae plantegroei vreet.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOU-EKOLOGIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Bestudeer die diagram onderaan en beantwoord die vrae wat volg.
2.1.1 Voorsien ʼn geskikte opskrif vir die diagram in VRAAG 2.1. (1)
2.1.2 Dui ʼn LETTER aan wat die volgende voorstel:
(a) Primêre verbruikers (1)
(b) Roofdiere (1)
2.1.3 Beskryf kortliks wat die veranderinge in die ekosisteem sal wees
indien organisme C verwyder word. (2)
2.1.4 Noem enige TWEE biotiese faktore vanuit die diagram in
VRAAG 2.1. (2)
2.2 Bosbiome is die kleinste bioom in Suid-Afrika en dek slegs 0,37% van die
land. Suid-Afrika het slegs gematigde bos. Hulle is die Knysna-bos, die
Tsitsikama-bos en dié in Kwazulu-Natal. Die oorblywende woudoppervlakte
in Suid-Afrika staan voor ʼn reeks algemene bedreigings soos boerdery
(skoonmaak van bosse) en verspreiding van indringerspesies.
2.2.1 Identifiseer EEN bedreiging vir die woudbioom vanuit die scenario in
VRAAG 2.2. (1)
2.2.2 Stel TWEE ander bedreigings voor wat nie in die scenario in
VRAAG 2.2 genoem word nie. (2)
2.2.3 Gee TWEE redes waarom die woudbioom in landbou belangrik is. (2)
2.2.4 Gee DRIE ander biome in Suid-Afrika. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
2.3 Die skematiese voorstelling hieronder illustreer ʼn voedingstofsiklus.
2.3.1 Identifiseer die tipe voedingstofsiklus in die diagram in VRAAG 2.3. (1)
2.3.2 Noem die hoofbron van koolstof. (1)
2.3.3 Voorsien byskrifte vir die prosesse genommer 1 en 6. (2)
2.3.4 Lei DRIE maniere af hoe koolstofdioksied terugkeer na die
atmosfeer. (3)
2.4 Bestudeer die illustrasies van twee boere se veldbestuurpraktyke en
beantwoord die vrae wat volg.
BOER A BOER B
2.4.1 Identifiseer die weidingstelsel deur BOER A en BOER B voorgestel. (2)
2.4.2 Dui die plaas aan met die minimum bestuursinsette. (1)
2.4.3 Lei af watter plaas die laagste dierelading het. Motiveer jou
antwoord. (2)
2.4.4 Gee DRIE praktyke wat tot swak veldtoestande lei. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.5 Die aarde se gemiddelde temperatuur het reeds sedert 1906 met
ongeveer 0,74 °C gestyg. Wetenskaplikes voorspel dat dit vir die
volgende twee dekades met 0,2 °C elke dekade sal bly styg. Daarna sal
aardverwarming afhang van die hoeveelheid kweekhuisgasse wat ons
voortgaan om vry te stel. Toenemende temperature word voorspel wat
stygings in seevlakke, meer uiterste weersomstandighede en
veranderinge in ekosisteme kan veroorsaak.
2.5.1 Verduidelik die onderstreepte term in die leesstuk hierbo. (2)
2.5.2 Identifiseer TWEE nadele van klimaatsveranderinge uit die
bostaande leesstuk. (2)
2.5.3 Gee enige landbou-voorsorgmaatreëls wat boere moet neem om
die impak van klimaatsverandering te verminder. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 3: LANDBOUBEDRYF
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die onderstaande diagram illustreer die klassifikasie en benuttingspatrone
van voedselprodukte in Suid-Afrika.
A B C
3.1.1 Klassifiseer die voedsel in die diagram A, B, en C, volgens
benuttingspatrone. (3)
3.1.2 Gee DRIE voordele van die tipe voedsel genommer C. (3)
3.1.3 Dui die letter aan wat die beste pas by die volgende beskrywings:
(a) Gewoonlik nie te duur nie (1)
(b) Rou vars produkte word verwerk na ʼn vorm wat deur mens
en dier verbruik kan word (1)
(c) Voedsel wat boere oes en dan net so verkoop (1)
(d) Voorsien aan die meeste energie-vereistes (1)
3.2 Suid-Afrika is ryk aan inheemse plante. Baie van hierdie plante het
tradisionele medisinale waarde en kan ook gebruik word om vee te
behandel. Volhoubare boere maak gebruik van hierdie plante as middels
om diere te behandel, omdat hulle goedkoop en maklik is om te versamel.
Ongelukkig kan baie van hierdie plante uitsterf as hulle nie op ʼn
volhoubare wyse gebruik word nie. Met ʼn toename in die vraag na hierdie
inheemse plante, moet beskermende maatreëls ingestel word.
Die peulvormende kruie genaamd Sutherlandia frutescens (kankerbos)
word ook welbekend as die ‘Vigsbos’. Hierdie bos is histories deur die
Nama en Khoi gebruik om room van poeiersmere te maak om infeksies te
genees. Dit word reeds honderde jare gebruik om kanker te behandel, en
word toegedien deur ʼn tee-aftreksel uit die blare te maak. Met onlangse
tegnologiese vooruitgang word die poeierblare nou in apteke in pilvorm
verkoop.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
3.2.1 Identifiseer DRIE verskillende vorme waarin die kankerbos
gebruik kan word. (3)
3.2.2 Benoem die streek waar die plant natuurlik voorkom volgens
die inligting wat in die scenario in VRAAG 3.2 gegee is. (2)
3.2.3 Lei die gemeenskaplike groente af wat familie is van die plant. (1)
3.2.4 Gee TWEE kenmerke van inheemse kennis. (2)
3.2.5 Dink jy die bos het ʼn ekonomiese waarde? Gee ʼn rede vir jou
antwoord. (2)
3.3 Die WNNR is in 1945 gestig. Dit is een van die voorste wetenskaplike en
tegnologienavorsings-, ontwikkelings- en implementerings-organisasies
in Afrika en word in die parlement verteenwoordig deur die Minister van
Wetenskap en Tegnologie. Dit streef daarna om wetenskaplike
oplossings te bied aan die uitdagende omgewings- en natuurlike
hulpbronkwessies wat tans en in die toekoms die bevolking in die gesig
staar. Dit verbeter ook mededinging in die globale mark.
3.3.1 Gee die volle naam van die onderstreepte afkorting. (1)
3.3.2 Identifiseer TWEE doelwitte van die WNNR uit die bostaande
leesstuk. (2)
3.3.3 Verskaf DRIE voordele van nasionaal erkende landbou-
organisasies vir individuele boere. (3)
3.4 Gemeenskaplik is grond in die voorheen genoemde ‘inheemse
reserwes’ en beslaan sowat 17% van die totale boerderygebied in
Afrika. Die grond is nie in besit van enige individu nie, maar word eerder
deur ʼn uitgebreide familie- of dorpsgemeenskap besit.
3.4.1 Stel TWEE gebruike voor vir gemeenskaplike grond. (2)
3.4.2 Gee DRIE probleme wat met gemeenskaplike grond
geassosieer kan word. (3)
3.4.3 Onderskei tussen staatsgrond en privaat grondeienaarskap. (4)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 4: DIERESTUDIES
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die onderstaande diagram toon iets aan van die ekonomiese
belangrikheid van mak diere.
4.1.1 Dui DRIE voorbeelde aan van die ekonomiese belangrikheid van
diere vanuit die skets in VRAAG 4.1. (3)
4.1.2 Meld TWEE voorbeelde van die tradisionele belangrikheid van
beeste in Suid-Afrika wat NIE in die skets getoon word NIE. (2)
4.2 Skaaprasse kan geklassifiseer word volgens hulle benutting of gebruike
deur die boer of verbruiker.
4.2.1 Klassifiseer die volgende skaaprasse volgens vleis-, pels- en
wolrasse:
(a) Karakoel (1)
(b) Merino (1)
(c) Dorper (1)
4.2.2 Tabuleer DRIE verskille tussen wol en bokhaar. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
4.3 Verskaf die korrekte term vir die dierspesies in die onderstaande tabel.
Skryf die vraagnommer en antwoord in jou ANTWOORDEBOEK neer.
Spesie Volwasse Gekastreerde Volwasse Jong Jonk
manlik manlik vroulik vroulik
Bees 4.3.1 4.3.2
Skaap 4.3.3
Hoeder 4.3.4
Vark 4.3.5
Bok 4.3.6
(6 x 1) (6)
4.4 ʼn Muil is die nageslag van ʼn kruising van twee spesies.
4.4.1 Gee die TWEE ouers van ʼn muil. (2)
4.4.2 Gee DRIE hoofeienskappe van ʼn muil. (3)
4.5 Die volgende tabel wys die gemiddelde melkproduksie van melkrasse.
Melk (𝓵) Bottervet (%)
Melkras
2000 2004 2008 2000 2004 2008
Friesland 9 200 8 700 12 400 7,16 6,80 5,90
Jersey 7 800 7 500 7 900 9,45 9,10 8,75
Bruin Swiss 8 100 8 100 9 800 8,85 6,29 6,29
Simmentaler 8 400 8 400 8 888 7,38 6,51 8,55
4.5.1 Teken ʼn kolomgrafiek wat die gemiddelde melkproduksie van
melkrasse in 2008 toon. (6)
4.5.2 Identifiseer die melkras wat die tweede hoogste volume melk
produseer oor die drie produksieseisoene. (1)
4.5.3 Dui die melkras wat die hoogste produksie melk, maar die
laagste persentasie bottervet het, aan. (1)
4.5.4 Noem die ras wat jy sou voorstel om room vir ʼn botterfabriek te
vervaardig. Motiveer jou antwoord. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
GR10 AGRICULTURAL SCIENCES QP P2 NW

Question paper
AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGRSC P2 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGRSC P2 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019 Eng D hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2018 Afrikaans

Question paper
AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans

Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans

Memorandum
AGRIC SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans
More from Grade 10 Agricultural Sciences
Explore more published documents in this catalogue.

Study guide
Gr10 Agricultural Sciences SG LR hlayiso.com

Annual teaching plan
Gr 10 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
