NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2018
LANDBOUWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
You're offline
Skip to contentQuestion paper 











View all





AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2018 Afrikaans
Agricultural Sciences · Grade 10 · National November Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Exam period
- National November Exam
- Paper
- 2
- Pages
- 15
- File size
- 880.5 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Lees AL die vrae korrek en antwoord wat gevra word.
4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Wys ALLE bewerkings, insluitend formules, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die korrek antwoord en skryf SLEG die letter (A–D) langs die
vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld
1.1.11 D.
1.1.1 Een van die volgende is kenmerkend van primêre minerale.
A Gevorm deur oksidasie
B Gevorm deur die kristallisering van rots
C Teenwoordig in kleipartikels
D Gevorm met vrye suurstof
1.1.2 Identifiseer die tipe voer wat onderaan getoon word.
A Hooi
B Kuilvoer
C Weiding
D Droë pille
1.1.3 Die boustene van lewe is …
A selle.
B weefsels.
C organe.
D stelsels.
1.1.4 Een van die volgende is nie ʼn kenmerk van topografie nie.
A Hoogte
B Hoek van die helling
C Tyd
D Aspek
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
1.1.5 Ovaal of skyfvormige organel wat karetinoïede bevat.
A Chloroplast
B Chlorofil
C Chromoplast
D Leukoplast
1.1.6 … is nie ʼn beheermaatreël vir gronddegredasie nie.
A Toediening van kompos
B Agterlaat van gewas(oes)oorblyfsels op die veld
C Toediening van plaasmis
D Verwydering van gewas(oes)oorblyfsels vanaf die veld
1.1.7 Wortelgroente benodig die volgende grondtoestande:
(i) Diep, ligte sanderige leemgrond
(ii) Hoë watertafel, aangesien hulle nie droë toestande kan
hanteer nie
(iii) Goed gedreineerde grond
(iv) Donker kleigrond
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (ii), (iii) en (iv)
1.1.8 Een van die volgende is nie ʼn bewerkingseienskap van grond wat
vanaf metamorfiese gesteente gevorm het nie.
A Taai en moeilik om te bewerk
B Geskik om wintergrane te verbou
C Grond is suur
D Maklik kompakteerbaar
1.1.9 Watter van die volgende is nie ʼn volhoubare manier om water te
gebruik nie?
A Minimum hoeveelheid water word vir besproeiing gebruik
B Vang reënwater op
C Plant plante met breë blare wat evapotranspirasie versnel
D Groei droogtebestande gewasse
1.1.10 … is ʼn voorbeeld van ʼn tropiese vrug.
A Piesang
B Appel
C Druiwe
D Tamatie (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5
1.2 Kies ʼn woord/term/konsep/frase vanuit KOLOM B wat die beste by die
verduideliking in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–J) langs die
vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.2.6 K
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Kom oorspronklik van Kenia in Oos-Afrika A Metafase
en word as ʼn weidingsgras gebruik
1.2.2 Die soliede dop van die aarde B Mineraal
1.2.3 C Roggras
Koning Protea
1.2.4 Chromosome vasgeheg aan die spoel by D Hidrosfeer
die sentromeer gaan lê langs die ewenaar
1.2.5 Soliede anorganiese stof wat in rotse en E Kikoejoe-gras
grond gevind word
F Fynbosblom
G Magma
H Anafase
I Litosfeer
J Bladwisselende
vrug
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer.
1.3.1 Hoeveelheid vog in die atmosfeer
1.3.2 Aanplant van dieselfde gewas op dieselfde stuk grond seisoen na
seisoen
1.3.3 Gewasse wat gebruik word om vee te voer
1.3.4 Beweging van lug in die grond
1.3.5 Kapsules wat sade in boontjieplante bevat (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Inheemse plante is nie oorspronklik van ʼn gegewe area nie.
1.4.2 Humifikasie is ʼn grond met ʼn hoë anorganiese en lae organiese
inhoud.
1.4.3 Die verharding van die grondoppervlakte word kompaksie
genoem.
1.4.4 Weefsel is ʼn deel van die liggaam wat ʼn spesifieke funksie verrig.
1.4.5 Suurheid is die teenwoordigheid van oortollige sout in die grond.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7
AFDELING B
VRAAG 2: GRONDKUNDE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Grond bestaan uit ʼn mengsel van rotsdeeltjies, organiese materiaal, minerale,
lewende organismes, lug en water. Goeie landbougrond moet al hierdie
komponente in die korrekte verhoudings bevat. Die grootte van gronddeeltjies
en hul verhoudings sal op sy beurt die tekstuur van grond bepaal.
2.1.1 Identifiseer die grondkomponent uit die bostaande leesstuk wat
verantwoordelik is vir elk van die volgende:
(a) Ontbind en meng dooie plantmateriaal met die grond (1)
(b) Beïnvloed die kleur van die grond (1)
(c) Bewerkstellig respirasie van plantwortels en grondmikrobes (1)
(d) Bewerkstellig vervoer van voedingstowwe en is by chemiese
prosesse soos fotosintese betrokke (1)
2.1.2 Klassifiseer die bakterieë wat in die wortels van peuldraende gewasse
voorkom wat verantwoordelik is vir die omskakeling van stikstof na
anorganiese komponente wat deur plante opgeneem kan word. (1)
2.1.3 Verduidelik die invloed wat grond met ʼn fyn tekstuur op die beweging
van grondlug sal hê. (2)
2.1.4 Verduidelik DRIE funksies van grond in ʼn ekosisteem. (3)
2.2 ʼn Geoloog het ʼn navorsingstudie uitgevoer op TWEE verskillende plase, een
wat in die Noorde en die ander een in die Suidelike deel van die distrik geleë
is. Die volgende grondeienskappe was geïdentifiseer:
PLAAS A PLAAS B
Lae grondtemperatuur Hoë grondtemperatuur
Minerale gevind is sagter, fyner Die chemiese samestelling van
en het ʼn gelaagde struktuur minerale wat in sand, slik en
Illiet- en vermikulietminerale is in ouergesteentes voorkom, is
die grond teenwoordig soortgelyk
Velspar- en apatietminerale is in
die grond teenwoordig
2.2.1 Klassifiseer die minerale wat op Plaas A gevind is as primêre of
sekondêre minerale. (1)
2.2.2 Gee enige TWEE voorbeelde van die tipe mineraal genoem in
VRAAG 2.2.1, anders as dié wat in die tabel genoem is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
2.2.3 Gee EEN fisiese eienskap van die mineraal by plaas B gevind. (1)
2.2.4 Na aanleiding van die funksie, gee die verskil tussen kosbare minerale
en grondvoedingstowwe. (2)
2.3 Klassifiseer die minerale se identifiseringseienskap wat met die volgende
geassosieer word:
2.3.1 Krap ʼn mineraal met ʼn glassnyer (1)
2.3.2 Kap en breek ʼn montmorilloniet-mineraal met ʼn hamer om die lyne te
sien waarlangs die mineraal sal breek (1)
2.4 Diagramme A en B wys voorbeelde van chemiese reaksies wat tot die
chemiese verwering van gesteentes bydra.
DIAGRAM A
KAISI3O8 + H2O → HAISI3O8 + KOH
Muskoviet + water → suursilikaat + kaoliniet
(minder oplosbaar) (hoogs oplosbaar)
DIAGRAM B
CO2 + H2O → H2CO3
Koolstofdioksied + water → koolsuur
2.4.1 Identifiseer die tipes chemiese verwering wat in diagram A en B elk
gewys word. (2)
2.4.2 Verduidelik hoe die chemiese reaksie in diagram A die
verweringsproses aanhelp. (2)
2.4.3 Identifiseer die eindproduk van grondmikrobiese respirasie vanaf
diagram B. (1)
2.4.4 Lys DRIE klasse van stollingsgesteentes. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9
2.5 Die onderstaande diagram wys meesterhorisonne in grond.
2.5.1 Identifiseer die bostaande diagram. (1)
2.5.2 Motiveer jou antwoord tot VRAAG 2.5.1. (2)
2.5.3 Identifiseer die horison vanaf die bostaande diagram waar illuviasie
plaasvind. (1)
2.5.4 Regverdig jou antwoord vir VRAAG 2.5.3 met EEN rede vanaf die
diagram. (1)
2.5.5 Gee TWEE agente wat biologiese verwering van gesteentes in die R
en C horison veroorsaak. (2)
2.6 Grondvorming kan voorgestel word deur die volgende vergelyking:
S=f(P,R,CL,O,T)
Voorsien LETTERS vanuit die vergelyking wat die volgende
grondvormingsfaktore voorstel.
(a) Biologie (1)
(b) Geologie en mineralogie (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 3: PLANTSTUDIES
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die onderstaande tabel wys DRIE voorbeelde van oesgewasse.
Mielies Sonneblomme Suikerriet
A B C
3.1.1 Klassifiseer die gewasse uit die bostaande prente onder industriële-, olie- of
graangewasse. (3)
3.1.2 Verduidelik hoekom die gewasse in die bostaande diagram as oesgewasse
beskou word. (2)
3.1.3 Mielies is een van die belangrikste gewasse wat in Suid-Afrika verbou word.
Regverdig hierdie stelling deur DRIE redes te gee. (3)
3.1.4 Beskryf enige DRIE faktore wat die sukses van ʼn gewasproduksie
onderneming kan beïnvloed. (3)
3.2 Limpopo is ʼn groot provinsie in Suid-Afrika. Dit is ʼn vrugbare streek met tropiese en
subtropiese landbou wat in ʼn gebied van 20 000 km2 plaasvind.
Die vallei van Limpopo lewer rooi appels en druiwe. Piesangs, avokadopere en
sitrusvrugte is ook algemene gewasse in die omgewing. Die provinsie produseer die
meerderheid van die land se mango’s, macadamia-neute, papajas, tee en koffie.
Die omliggende berghange is swaar bebos met denne- en bloekomplantasies,
gevolglik is daar naby aan 40 saagmeulens in die omgewing.
3.2.1 Verwys na die bostaande scenario en identifiseer die gewas wat elk van die
volgende beskrywings pas:
(a) Oorspronklik van ʼn tipe houtagtige wingerdstok van ʼn area genaamd
Turkye in Europa (1)
(b) Wonderlike bron van mono-onversadigde vette, baie proteïene en
swaar kalium (1)
(c) Het ʼn sponserige of leeragtige skil, sappige pulp en verdeel in afdelings (1)
(d) Sagtehoutboom met immergroen en naaldvormige blare (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11
3.2.2 Gee EEN klimaatsvereiste vir die groei van piesangs. (1)
3.2.3 Noem TWEE vitamiene wat piesangs bevat. (2)
3.3 Die staaf(kolom)-grafiek hieronder illustreer die hoeveelheid hooi wat uit
lusern geproduseer word, wat vanaf 2005 tot 2010 wat op 35 hektaar grond
deur ʼn melkboer verbou was.
4000
Lusern produksie (Kg)
3500
3000
2500
2000
1500
1000
500
0
2005/6 2006/7 2007/8 2008/9 2009/10
Jare van produksie
3.3.1 Noem die voedingstof wat deur lusern aan melkbeeste verskaf
word. (1)
3.3.2 Bied die inligting in die grafiek hierbo in die vorm van ʼn tabel aan. (5)
3.3.3 Lei die tendens af vir lusern-produksie vanaf 2005 tot 2010. (2)
3.3.4 Voorspel, deur te bereken, die hoeveelheid lusern wat in 2006/7
geproduseer sou word indien die boer 105 ha grond gehad het. (3)
3.4 Die bestuur van bome vorm deel van bewaring.
3.4.1 Noem die wetgewing wat handel oor indringerplantbestuur in Suid-
Afrika. (1)
3.4.2 Beskryf DRIE redes vir die bevordering vir die groei van beskermde
bome. (3)
3.4.3 Voorsien TWEE voorbeelde van beskermde woudbome in Suid-
Afrika. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
VRAAG 4: VOLHOUBARE NATUURLIKE HULPBRON BENUTTING EN
BIOLOGIESE KONSEPTE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die onderstaande prent wys die gevolge van swak grondbestuur.
4.1.1 Identifiseer die verskynsel voorgestel in die bostaande prent. (1)
4.1.2 Stel TWEE nadelige effekte voor wat die verskynsel in
VRAAG 4.1.1 vir die boer kan hê. (2)
4.1.3 Gee enige DRIE maatreëls wat deur die boer gebruik kan word om
die verskynsel te voorkom. (3)
4.1.4 Beskryf DRIE moontlike oorsake van die probleem in die prent
voorgestel. (3)
4.1.5 Gee enige DRIE negatiewe effekte van inkorrekte verwydering van
landbouafval op grondkwaliteit. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13
4.2 Analiseer die diagram onderaan en beantwoord die vrae wat volg.
4.2.1 Identifiseer die bron van water in die prent boaan. (1)
4.2.2 Klassifiseer die energie wat gebruik word om water vanuit die grond
te onttrek as hernubaar of nie-hernubaar. (1)
4.2.3 Beskryf DRIE bestuurs- en bewaringstrategieë van die Nasionale
Waterwet in Suid-Afrika. (3)
4.3 Die diagramme onderaan illustreer TWEE tipes seldeling.
DIAGRAM A DIAGRAM B
P
P
Seldeling
Seldeling
D D
D D D D
1
SLUITEL: P – moedersel
D – dogtersel
4.3.1 Identifiseer die tipes seldeling in diagramme A en B. (2)
4.3.2 Regverdig jou antwoord tot VRAAG 4.3.1. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018)
4.3.3 Wat is die naam wat aan selle gegee word wat deur die seldeling in
diagram B gevorm word? (1)
4.3.4 Verwys na die diagramme en identifiseer die tipe seldeling wat
diploïede selle vorm. (1)
4.3.5 Voorspel DRIE gevolge vir lewe indien daar geen meiose was nie. (3)
4.4 Die volgende is dele van ʼn plant- of diersel.
nukleus; sitoplasma; selmembraan; mitochondria; ribosome
4.4.1 Pas die seldele boaan by ELK van die volgende funksies:
A Beheer die werking van die sel
B Vervaardig proteïene vir die sel
C Beheer die stowwe wat die sel inkom en verlaat
D Gee die sel sy vorm
E Breek glukose-molekules af gedurende respirasie (5)
4.4.2 Onderskei met EEN voorbeeld elk, tussen meersellige en
eensellige organismes. (4)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Verified matching documents
The question paper, memo or addendum that belongs with this document.
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.

Question paper
GR10 AGRICULTURAL SCIENCES QP P2 NW

Question paper
AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGRSC P2 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGRSC P2 GR10 QP NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
AGR SCIENCES P1 GR10 QP NOV2019 Eng D hlayiso.com
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
AGRIC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2018 Afrikaans

Question paper
AGR SCIENCES P2 GR10 QP NOV2018 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
Agricultural Sciences P2 Grade 10 2017 Afrikaans

Memorandum
AGRIC SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans

Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2018 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
AGR SCIENCES P2 GR10 MEMO NOV2019 Afrikaans
More from Grade 10 Agricultural Sciences
Explore more published documents in this catalogue.

Study guide
Gr10 Agricultural Sciences SG LR hlayiso.com

Annual teaching plan
Gr 10 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
AGRSC P2 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
AGR SCIENCES P1 GR10 MEMO NOV2020 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
