You're offline
Skip to content
Question paper

Agricultural Sciences P2 Grade 10 2017 Afrikaans

Subject: Agricultural SciencesGrade 10201714 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NOVEMBER 2017 LANDBOUWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Lees AL die vrae korrek en antwoord wat gevra word. 4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringsisteem wat gebruik word in hierdie vraestel. 5. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word. 6. Wys ALLE bewerkings, insluitend formules, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A-D) langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D. 1.1.1 Vertikale lae grond wat in ʼn grondprofiel beskikbaar is, word ... genoem. A grondkors B grondkomponente C grondhorisonne D grondvormingsprosesse 1.1.2 Watter EEN van die volgende vrugte is ʼn voorbeeld van ʼn tropiese vrug? A Piesang B Lemoen C Appel D Druiwe 1.1.3 ... is ʼn beheermaatreël vir waterversadiging. A Bewerk vleilande B Gebruik swaar masjinerie C Installeer dreineringstelsels D Oorbesproeiing 1.1.4 … is groepe selle met soortgelyke strukture en funksies. A Weefsels B Organe C Stelsels D Voedingstowwe 1.1.5 Vermikuliet kan as ʼn … geklassifiseer word. A sekondêre mineraal B primêre mineraal C tersiêre mineraal D edelsteen 1.1.6 Watter van die volgende beskryf nie die eienskappe van mielies nie? A Kom oorspronklik van Mexiko in Suid-Amerika B Somergewas wat somerreënval van tussen 450 mm en 900 mm per jaar benodig C Stapelvoedsel vir die meeste Afrika-mense D Staan ook bekend as guineamielies Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 1.1.7 Identifiseer die tipe besoedeling wat in die diagram voorkom. A Grondbesoedeling B Lugbesoedeling C Waterbesoedeling D Landbesoedeling 1.1.8 Bioturbasie kan gedefinieer word as … A die uitwas van oplosbare stowwe uit die grond uit. B die styging van die watertafel. C die afwaartse beweging van opgeloste materiaal in die grond. D meng van grond deur organismes. 1.1.9 ʼn Wintergraan wat verbou word om koekmeel te maak is ... A koring. B gars. C hawer. D rog. 1.1.10 Sedimentêre gesteentes het die volgende eienskappe: (i) Kan grof of glad wees (ii) Is deursigtig (iii) Het ʼn gelaagde struktuur (iv) Is die sagste groep rots Kies die korrekte kombinasie: A (i), (ii) en (iii) B (ii), (iii) en (iv) C (i), (ii) en (iv) D (i), (iii) en (iv) (10 x 2) (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5 1.2 Kies ʼn woord/term/konsep/frase vanuit KOLOM B wat die beste pas by die verduideliking in KOLOM A. Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 K KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Teeldiere A Voergewas wat volume, energie en ru- voer verskaf 1.2.2 Lusern B Gewasse wat gewoonlik as stapelvoedsel gebruik word 1.2.3 Grond C Gebruik om gewasse te snoei, plant en oes 1.2.4 Graangewasse D Voorsien water vir plante wat deur die wortels opgeneem word 1.2.5 Mitose E Diere wat gekies word vir hul gunstige eienskappe F Chromosoomgetal bly dieselfde G Peulgewas wat as weidingsgewas dien met ʼn hoë proteïeninhoud H Chromosoomgetal word gehalveer I Word in substrata gevind J Bladwisselende gewas (5 x 2) (10) 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 ʼn Dubbele membraan wat die nukleus omsluit 1.3.2 Vrystel van minerale gedurende die ontbindingsproses by bakterieë en fungi 1.3.3 Plante wat vanaf ander lande ingebring is 1.3.4 Vrystel van skadelike stowwe in die omgewing 1.3.5 Mediumgrootte organismes wat in die grond woon, soos nematodes en myte (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 Die proses waardeur rotse in kleiner deeltjies opgebreek word om grond te vorm staan bekend as neerslag. 1.4.2 Somatiese selle het ʼn haploïede chromosoomgetal. 1.4.3 Hoek is die rigting waarin ʼn helling wys. 1.4.4 Groente, vrugte, blomme en struike word geklassifiseer as woud gewasse. 1.4.5 Fynbos soos rooibos en heuningbos, is klein bosse wat gekweek word vir die maak van tee en medisyne. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7 AFDELING B VRAAG 2: GRONDWETENSKAPPE Begin hierdie vraag op ʼn nuwe bladsy. 2.1 ʼn Graad 10-leerder het ʼn proefbuis halfvol gemaak met ʼn luggedroogde grondmonster. Die leerder het die proefbuis toe oor ʼn oop vlam gehou, soos getoon in die diagram hieronder. Na ʼn sekere tyd het daar water teen die boonste gedeelte van die proefbuis begin kondenseer. 2.1.1 Lei af watter tipe grondwater teen die proefbuis as druppels in bostaande diagram gekondenseer het. (1) 2.1.2 Motiveer jou antwoord vir VRAAG 2.1.1 hierbo. (2) 2.1.3 Lei af of die grondwater wat gewys word in die diagram hierbo, beskikbaar is vir plante of nie. Verduidelik jou antwoord. (2) 2.1.4 Identifiseer ʼn veiligheidsmaatreël wat deur die leerder geneem is en sigbaar is in die diagram. (1) 2.1.5 Noem die ander TWEE tipes grondwater wat nie in die diagram getoon word nie. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 2.2 Die volgende is van die belangrikste eienskappe wat gebruik word om minerale te identifiseer. kristalstruktuur; splyting; suiwerheid; glans; digtheid; taaiheid 2.2.1 Kies en pas die identifiseringseienskappe van minerale hierbo met die volgende: A Die definitiewe parallelle lyne waarlangs ʼn mineraal breek (1) B Hoe blink ʼn mineraal in die lig vertoon (1) C Verwys daarna of ʼn mineraal slegs uit een sekere tipe stof bestaan (1) Sterkte en hoe moeilik die mineraal uitmekaar val of buig of D gesny kan word (1) E ʼn Voorwerp se massa in verhouding tot sy volume (1) 2.2.2 Gee enige DRIE eienskappe van primêre minerale. (3) 2.3 Indien gesteentes afbreek, stel dit voedingstowwe vry wat deur plante benodig word vir groei. Dit kan voorkom as stollings-, sedimentêre of metamorfiese gesteentes. Die geskiktheid van ʼn grondsoort vir die verbouing van ʼn gewas hang dus af van die gesteente waaruit dit gevorm is. 2.3.1 Identifiseer ʼn grondvormingsfaktor wat in die leesstuk hierbo genoem word. (1) 2.3.2 Klassifiseer die volgende rotse in Stollings-, sedimentêre en metamorfiese gesteentes: A Sandsteen (1) B Marmer (1) C Dolomiet (1) 2.3.3 Gee enige DRIE verbouingseienskappe van grond wat uit sedimentêre gesteentes gevorm word. (3) 2.4 Stollingsgesteentes word verdeel in ekstrusiewe, intrusiewe en plutoniese gesteentes. 2.4.1 Onderskei tussen ekstrusiewe en intrusiewe gesteentes. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9 2.5 Die diagram hieronder toon verskeie eienskappe van ʼn grondvormingsfaktor. A.122 m bo seevlak B. Noordaansig C. Steil 45 m bo seevlak D. Geleidelik 2.5.1 Identifiseer die grondvormingsfakor wat in die diagram hierbo getoon word. (1) 2.5.2 Stel voor of die grond dieper sal wees by punt C of D. (1) 2.5.3 Verduidelik kortliks waarom daar ʼn verskil in gronddiepte sal wees tussen punt C en D. (2) 2.5.4 Gee die name van elk van die eienskappe A, B en C as grondvormingsfaktor soos in die diagram hierbo getoon. (3) 2.5.5 Noem enige DRIE menslike aktiwiteite wat ʼn direkte impak op grondvorming het. (3) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 3: PLANTSTUDIES Begin hierdie vraag op ʼn nuwe bladsy. 3.1 Hieronder is ʼn lys van die verskillende kategorieë van gewasse. graangewasse; oliesaadgewasse; industriële gewasse; voergewasse; woudgewasse 3.1.1 Pas die kategorie van gewasse hierbo by ELK van die volgende beskrywings: A Gewasse wat verwerk word voordat dit op die mark verkoop word (1) B Plante wat weiding vir vee voorsien en hooi produseer (1) C Sonneblom, canola en grondboontjies (1) D Hoofsaaklik gebruik om hout en papier te maak (1) 3.1.2 Gewasse speel ʼn belangrike rol in die ekonomie van Suid-Afrika. Bewys die geldigheid van hierdie stelling deur DRIE redes te gee. (3) 3.2 Die tabel hieronder toon die volumes veldgewasse wat in Suid-Afrika tussen 2005 en 2010 verbou is. Volume gewas produksie (t) Gewas 2005/6 2006/7 2007/8 2008/9 2009/10 Mielies 6 000 7 000 12 000 12 050 13 043 Koring 500 1 000 1 200 2 950 3 637 Sorghum 900 3 000 5 000 6 760 7 220 Sonneblomsaad 2 010 1 200 8 325 801 516 Sojabone 5 200 22 700 4 000 516 560 Lusern 25 000 525 000 3 250 2 260 21 780 Katoen 51 200 419 800 32 060 420 360 3.2.1 Gebruik die tabel hierbo om ʼn staafgrafiek te teken om die volumes koring verbou tussen 2005 en 2010 voor te stel. (6) 3.2.2 Lei af wat die tendens is van koringproduksie vanaf 2005 tot 2010. (2) 3.2.3 Bereken die totale volume graan wat in die 2005/6 seisoen verbou is. (2) 3.2.4 Verwys na die tabel hierbo en identifiseer EEN weidings-peulgewas wat ryk is aan proteïene. (1) 3.2.5 Verduidelik kortliks waarom peulgewasse ryk is aan proteïene. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11 3.3 LEMOENE Lemoene is vrugte wat al vir baie jare as voedsel en medisyne gebruik word. Hierdie vrugte kan op ʼn volhoubare basis gebruik word om inkomste vir beide landelike gemeenskappe en kommersiële boere te genereer. Die vrugtepulp van lemoene is ʼn uitstekende bron van vitamiene C wat die liggaam help om griepinfeksies te bestry. Die blare van lemoenbome het medisinale waarde en kan gebruik word om naarheid te behandel. Soos die meeste sitrusvrugte, groei lemoene goed by gemiddelde temperature tussen 15,5 - 29 ⁰C en benodig aansienlike hoeveelhede sonlig en water. Hulle is sensitief vir ryp en daarom groei hulle goed in Limpopo, Mpumalanga en die Noord-Kaap, provinsies van Suid-Afrika. Lemoene kan in die rou vorm of verwerk as vrugtesap bemark word. 3.3.1 Noem die vitamiene wat in lemoene gevind word. (1) 3.3.2 Beskryf enige TWEE gesondheidsvoordele van lemoene uit die leesstuk hierbo. (2) 3.3.3 Gee enige DRIE voordele om lemoene te verwerk na vrugtesap. (3) 3.4 Die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne van 1983 verdeel indringerspesies in drie kategorieë, naamlik: Kategorie 1, Kategorie 2 en Kategorie 3. 3.4.1 Identifiseer die indringerkategorie vanuit die leesstuk hierbo wat van toepassing is op elk van die volgende beskrywings: A Indringers wat geskik is as skaduwee- en ornamentele bome in stedelike areas (1) B Wattelbome kan in sekere afgebakende areas geplant word met toestemming van die regering (1) C Toon ʼn baie hoë risiko en mag nie aangeplant of enige plek in die land verkoop word nie (1) 3.4.2 Regverdig die uitroei van indringerspesies deur TWEE redes te gee. (2) 3.4.3 Onderskei met EEN voorbeeld van elk, tussen hardehout en sagtehout bome. (4) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017) VRAAG 4: VOLHOUBARE GEBRUIK VAN NATUURLIKE HULPBRONNE EN BIOLOGIESE KONSEPTE Begin hierdie vraag op ʼn nuwe bladsy. 4.1 Die diagramme hieronder is voorbeelde van hulpbronne wat deur boere in landbouproduksie aangewend word. A B C 4.1.1 Identifiseer EEN voorbeeld van ʼn nie-hernubare hulpbron vanuit die prente hierbo. (1) 4.1.2 Verduidelik kortliks waarom die hulpbron genoem in VRAAG 4.1.1 as nie-hernubaar beskou word. (2) 4.1.3 Kies tussen A en B, die grondbewerkingsmetode wat die mees omgewingsvriendelik is. (1) 4.1.4 Regverdig jou antwoord in VRAAG 4.1.3 met DRIE redes. (3) 4.2 Suid-Afrika ontvang ʼn gemiddelde reënval van 500 mm per jaar. Die beperkte watervoorraad maak dit ʼn waterskaars land. Die bruikbaarheid van die beskikbare water vir gebruik deur mense, diere en waterorganismes hang van die kwaliteit af. Soutkonsentrasie, gifstofkonsentrasie, troebelheid en die voorkoms van patogene is van die faktore wat waterkwaliteit beïnvloed. 4.2.1 Identifiseer EEN fisiese eienskap van water vanuit die leesstuk hierbo. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2017) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13 4.2.2 Definieer die fisiese eienskap van water soos genoem in VRAAG 4.2.1. (1) 4.2.3 Noem enige DRIE kwessies wat die beskikbaarheid en kwaliteit van water in Suid-Afrika beïnvloed. (3) 4.2.4 Gee EEN gepubliseerde wet wat die gebruik, beskerming en bewaring van waterbronne in Suid-Afrika reguleer. (1) 4.2.5 Verskaf enige DRIE gevolge van grondbesoedeling op natuurlike hulpbronne. (3) 4.2.6 Noem enige TWEE metodes wat deur boere gebruik kan word om ontslae te raak van nie-bioafbreekbare afval. (2) 4.3 Hieronder is ʼn diagram van ʼn plantsel. Beantwoord die vrae wat daaroor handel. A B C D E F G 4.3.1 Identifiseer die name van die dele genommer A, B, D en E. (4) 4.3.2 Gee enige TWEE funksies van deel E. (2) 4.4 Tabuleer die verskille tussen plant- en dierselle onder die volgende opskrifte: 4.4.1 Buitenste beskermende laag (2) 4.4.2 Vakuool (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2017) 4.5 Analiseer die fases van mitose in die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg. A B C D 4.5.1 Identifiseer die fases van mitose wat voorgestel word deur A, B, C en D. (4) 4.5.2 Gee enige DRIE funksies van mitotiese seldeling in lewende organismes. (3) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Verified matching documents

The question paper, memo or addendum that belongs with this document.

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 10 Agricultural Sciences

Explore more published documents in this catalogue.

View all