Skip to content

Economics Grade 11 P1 North West June 2024 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11202412 pages

Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 11 EKONOMIE P1 JUNIE 2024 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/P1 2 NW/June 2024 Graad 11 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/P1 3 NW/June 2024 Graad 11 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Wanneer die kapitaalvoorraad teen dieselfde tempo as die arbeidsmag groei. A Bruto vaste kapitaalvorming B Bruto wins C Kapitaalverdieping D Kapitaalverbreding 1.1.2 Die prys wat betaal word vir die gebruik van natuurlike hulpbronne word … genoem. A wins B huur C ruil waarde D geld 1.1.3 Die waarde van die finale produksie wat deur die burgers van 'n land geproduseer word, ongeag waar hulle geleë is, is die ... A bruto binnelandse produk. B bruto nasionale inkomste. C bruto binnelandse inkomste. D bruto nasionale produk. 1.1.4 Dubbeltelling is 'n probleem wat voorkom wanneer die ... metode gebruik word om BBP te bereken. A besteding B produksie C inkomste D verbruik 1.1.5 Markkragte van vraag en aanbod bepaal wat, hoe en vir wie geproduseer sal word. A Mark ekonomie B Sentrale beplande ekonomie C Gemengde ekonomie D Mark 1.1.6 Die volgende reëls en prosedures deur regeringsamptenare wat vertragings in die verskaffing van dienste veroorsaak, word … genoem. A aanspreeklikheid B hiërargie C burokrasie D regulasies Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/P1 4 NW/June 2024 Graad 11 1.1.7 SANRAL is verantwoordelik vir die instandhouding van die ... in Suid-Afrika. A spoorwegnetwerk B hawens C lughawens D nasionale paaie 1.1.8 Ekonomiese groei word gemeet en uitgedruk in terme van werklike ... A bruto nasionale produk. B bruto binnelandse besteding. C bruto binnelandse produk. D bruto nationale besteding. (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by ‘n term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Nominale loon A dit behels die vloei van goedere en dienste vanaf die produsente na die 1.2.2 Gemeenskapsforum verbruikers 1.2.3 Geldvloei B die bedrag geld in rande (geldeenheid) wat 'n werker vir sy arbeid ontvang 1.2.4 Residuele item C die meganismes wat gevolg word in die 1.2.5 Ekonomiese stelsel toekenning van hulpbronne, produksie en verspreiding van goedere en dienste 1.2.6 Privaat openbare vennootskap D regeringsektor werk saam vir wins en gemeenskapsontwikkeling 1.2.7 Landbousektor E die vloei van inkomste en uitgawes 1.2.8 Tersiêre sektor tussen deelnemers in die ekonomie F produseer 'n verskeidenheid gewasse en diereprodukte wat voedsel vir die land verska. G openbare vergadering waardeur regeringsamptenare en gemeenskapslede na mense se bekommernisse en idees rakende plaaslike ontwikkeling moet luister H word gebruik om foute en weglatings in die nasionale rekeninge vas te lê met behulp van die bestedingsmetode (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/P1 5 NW/June 2024 Graad 11 1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Goedere wat deur ander ondernemings as insette gebruik word 1.3.2 Geskenke van die natuur wat natuurlik voorkom 1.3.3 'n Regeringsinisiatief om korttermynwerkgeleenthede te skep om die gemarginaliseerde groep te bemagtig deur hulle toe te laat om vaardigheid te bekom en inkomste uit die werksgeleenthede te verdien 1.3.4 Dit is gebaseer op privaat besit en winsmotief en dit word ook kapitalisme genoem 1.3.5 Bestaan uit plantasie van hernubare hout soos denne 1.3.6 Goedere en dienste wat deur plaaslike sektore vervaardig word en dan verkoop word aan buitelandse lande (6 x 1) (6) TOTALE AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/P1 6 NW/June 2024 Graad 11 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van semi-duursame goedere. (2 x 1) (2) 2.1.2 Hoekom is dit belangrik dat markte doeltreffend in 'n ekonomie moet wees? (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'n Ekonomie is 'n stelsel van interverwante produksie en verbruiksaktiwiteite wat die toekenning van hulpbronne binne die gemeenskap bepaal. Daar is drie hooftipes ekonomieë: vryemark, bevel en gemengde ekonomie. Individue en besighede neem hul eie ekonomiese besluite. Die regering neem al die lande se besluite. [Aangepas uit www.sparknotes.com. Besoek op 12 Februarie 2023.] 2.2.1 Identifiseer 'n regeringsvlak uit die inligting hierbo. (1) 2.2.2 Noem die ekonomiese stelsel wat Suid-Afrika tans gebruik. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term Sentrale beplande ekonomie. (2) 2.2.4 Verduidelik eienaarskap as 'n kenmerk van 'n sentrale beplande ekonomie. (2) 2.2.5 Hoe bevoordeel vryheid van keuse die huishoudings as verbruikers van goedere en dienste? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/P1 7 NW/June 2024 Graad 11 2.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BBP EN BNI VIR SEELAND KOMPONENT RAND MILJARDE Verbruiksbesteding deur huishoudings 1473 Owerheidsbesteding 505 Beleggingsbesteding deur huishoudings 468 Uitvoere van goedere en dienste 657 Invoere van goedere en dienste (678) BBP 2425 Faktorinkomste wat oorsee deur Suid Afrikaners 34 verdien is Faktorinkomste wat in Suid Afrika deur buitelanders (87) verdien is BNI A [Bron:Suid-Afrikaanse Reserwebank kwartaallikse bulletin] 2.3.1 Identifiseer EEN lekkasie uit die tabel hierbo. (1) 2.3.2 Lys enige element van inspuitings in die ekonomiese kringloop? (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die konsep Bruto nasionale inkomste. (2) 2.3.4 Watter effek sal die inkomste wat buitelanders in Suid-Afrika verdien, op die ekonomiese kringloop hê? (2) 2.3.5 Bereken die BNI (A) vir Seeland. Wys ALLE berekeninge. (4) 2.4 Bespreek die voordele van 'n sentrale beplande ekonomie. (4 x 2) (8) 2.5. Hoe gaan 'n toename in staatsbesteding die ekonomie beïnvloed? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/P1 8 NW/June 2024 Graad 11 VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem enige TWEE nadele van 'n gemengde ekonomie. (2 x 1) (2) 3.1.2 Wat is die verband tussen finale verbruik deur huishoudings en ekonomiese ontwikkeling? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Vraag en aanbod van natuurlike hulpbronne Prys per s Hector P e Ekonomiese huur D 0 10 Hoeveelheid grond in hektore 3.2.1 Identifiseer die vorm van vergoeding vir natuurlike hulpbronne op die grafiek hierbo. (1) 3.2.2 Noem die eienskap van natuurlike hulpbronne wat verband hou met die hoeveelheid daarvan. (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term Produksie faktore. (2) 3.2.4 Wat is die verband tussen die vergoeding van natuurlike hulpbronne en hul nabyheid aan markte? (2) 3.2.5 Hoe dra natuurlike hulpbronne by tot die industrialisering van die Suid-Afrikaanse ekonomie? (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/P1 9 NW/June 2024 Graad 11 3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. REËLE BRUTO VASTE KAPITAALVORMING Die afname in die derde kwartaal is grootliks aangedryf deur verminderde belegging van rekenaarsagteware, rekenaartoerusting en konstruksiewerke. Die private sektor se aandeel in die totale nominale bruto vaste kapitaalvorming het egter effens toegeneem van 71,9% in die tweede kwartaal van 2023 tot 72,3% in die derde kwartaal. [Bron: StatsSA] 3.3.1 Identifiseer die kwartaal en jaar met die hoogste kapitaalvorming. (1) 3.3.2 Noem die vergoeding vir kapitaal. (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term kapitaalvorming. (2) 3.3.4 Verduidelik die belangrikheid van besparings vir die skepping van kapitaalgoedere. (2) 3.3.5 Waarom is kapitaalvorming belangrik vir die Suid-Afrikaanse ekonomie? (4) 3.4. Bespreek die produksie- en inkomstemetodes en hoe dit gebruik word om die bruto binnelandse produk te bepaal. (2 x 4) (8) 3.5. Evalueer die Suid-Afrikaanse regering se doeltreffendheid om sosio-ekonomiese dienste te lewer. (2 x 4) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/P1 10 NW/June 2024 Graad 11 VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Gee enige TWEE elemente van lekkasies in 'n ekonomiese kringloop. (2 x 1) (2) 4.1.2 Hoe kan die onbillike markpraktyke deur staatsbeheerde Monopolieë Suid-Afrikaanse verbruikers negatief beïnvloed? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SPERDATUM?!! MAAR EK HET REEDS SWAK NET DIE OPPERVLAK DIENSLEWERING, 'n GEKRAP… BEDREIGING VIR DIE KWALITEIT VAN MENSELEWENS [Bron: www.google.com/southAfrika-ekonomie/] 4.2.1 Identifiseer uit die gegewe spotprent, die rede vir die gebrek aan sosiale en ekonomiese dienste? (1) 4.2.2 Watter vlak van die regering is verantwoordelik vir die beheer en die bestuur van munisipaliteite? (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term regering. (2) 4.2.4 Verduidelik die impak van swak dienslewering op ekonomiese groei. (2) 4.2.5 Hoe beïnvloed korrupsie dienslewering? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/P1 11 NW/June 2024 Graad 11 4.3 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ROLSPELERS IN DIE SUID-AFRIKAANSE VERVAARDIGINGSBEDRYF MANUFACTURING INDUSTRY Ander 20% Voedsel en drank 26% Hout en drukwerk 11% Petroleum en chemiese Basiese yster produkte en staal 24% 19% [Bron:www.statssa.gov.za/] 4.3.1 Identifiseer uit die inligting hierbo produkte wat die meeste tot die Suid-Afrikaanse vervaardigingsbedryf bygedra het. (1) 4.3.2 Noem die ekonomiese sektor waarin vervaardiging gekategoriseer word. (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese struktuur. (2) 4.3.4 Hoe sal 'n afname in vervaardiging werkskepping beïnvloed? (2) 4.3.5 Waarom is die Primêre sektor belangrik in die wêreldmark? (4) 4.4 Bespreek die nadele van Suid-Afrika se gemengde ekonomie. (2 x 4) (8) 4.5 Evalueer die bydrae van Suid-Afrikaanse besighede in die ekonomie. (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/P1 12 NW/June 2024 Graad 11 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE- STRUKTUUR VAN OPSTEL TOEKENNING Inleiding Maks. 2 Die inleiding is 'n laerorde-antwoord .  'n Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of te omskryf.  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  MOENIE enige deel van die inleiding by die liggaam herhaal NIE.  Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam: Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/ Maks. 26 Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/ Vergelyk/Evalueer/ Onderskei/Verduidelik/Teken ‘n grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer ‘n Maksimum van 8 punte kan vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Bykomende deel: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor ‘n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken Maks. 10 word. Gevolgtrekking Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit: Maks. 2  'n Kort samevatting van wat bespreek is, sonder die herhaling van enige feite wat reeds genoem is  Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is  Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding versterk  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra  Aanbevelings TOTAAL 40 40 PUNTE – 40 MINUTE VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE  Bespreek in detail entrepreneurskap as ‘n produksiefaktor. (26 punte)  Hoe kan die gemeenskap deelneem aan die plaaslike ekonomiese beplanning van Suid-Afrika? (10 punte) [40] VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in detail Suid-Afrika se infrastruktuur en die ekonomiese belangrikheid daarvan. (26 punte)  Evalueer die sukses van internetgebruik as 'n vorm van kommunikasie in Suid-Afrika. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all