Skip to content

Economics Grade 11 P2 North West June 2024 QP (Afr)

Question paperEconomicsGrade 11202412 pages

Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the North West June Exam 2024 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
GRAAD 11 EKONOMIE V2 JUNIE 2024  PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 2 NW/Junie 2024 Graad 11 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK: AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae. 2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien word NIE. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Skryf die vraagnommer van elke vraag boaan elke antwoord. 5. Lees die vrae aandagtig deur. 6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 3 NW/Junie 2024 Graad 11 AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE - 20 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer bv. 1.1.9 D. 1.1.1 Wanneer ondernemings in staat is om hul eie pryse te bepaal, staan hulle bekend as ... A prysmakers. B volmaakte markte. C prysnemers. D nie-prys mededingers. 1.1.2 Wanneer verbruikers die … van 'n produk sien, weet hulle presies hoeveel hulle sal betaal. A. strepieskode B relatiewe prys C waarde D absolute prys 1.1.3 Kapitaal word in die … mark verkoop. A produkte B buitelandse C faktor- D kleinhandel- 1.1.4 … is die verskil tussen totale inkomste uit verkope en eksplisiete koste. A Normale wins B Ekonomiese wins C Natuurlike wins D Ekonomiese verlies 1.1.5 Wins sal gemaksimeer word wanneer TI bo die ... is. A GI. B TK. C MI. D MK. 1.1.6 As … 'n verhoging in hulle pryse aankondig, sal ander kleiner maatskappye volg. A reguleerders B kapitaliste C verliesleiers D prysleier Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 4 NW/Junie 2024 Graad 11 1.1.7 Alle verbruikers het 'n … van hulpbronne. A skaarste B oorvloed C onbeperkte aanbod D winsgewende hoeveelheid 1.1.8 'n Negatiewe inkomste-elastisiteitskoëffisiënt sê vir ons dat die produk 'n … goed is. A beperkte B onbeperkte C minderwaardige D normale (8 x 2) (16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK, bv. 1.2.9 J. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Homogeen A betalings van geld gemaak vir die produksiefaktore en ander insette wat in 1.2.2 Onderhandel die produksieproses gebruik word 1.2.3 Gemiddelde koste B 'n markstruktuur met 'n groot enkele verkoper en baie kopers 1.2.4 Totale nut C wanneer inkomste styg, word groter 1.2.5 Eksplisiete koste hoeveelhede gevra 1.2.6 Relatief elasties D die waarde is meer as een, maar minder as oneindig 1.2.7 Normale goed E produkte is gestandaardiseerd 1.2.8 Plaasvervangers F totale bevrediging verkry deur al die nutseenhede bymekaar te tel G kopers en verkopers bespreek pryse H totale koste gedeel deur die totale aantal eenhede geproduseer I positiewe kruiselastisiteit van vraag (8 x 1) (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 5 NW/Junie 2024 Graad 11 1.3 Gee EEN term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings, akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE. 1.3.1 Die produksie van een produk lei tot die produksie van ander produkte in dieselfde proses 1.3.2 Produksieprosesse het gefokus op handearbeid deur mense 1.3.3 Die inkomste wat 'n besigheid verdien uit die verkoop van goedere en dienste 1.3.4 Die koste om nog een eenheid van 'n produk te vervaardig 1.3.5 Prysdaling in een produk lei tot 'n verhoogde vraag na 'n ander produk 1.3.6 Die impak van veranderinge in pryse op die vraag na goedere (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 6 NW/Junie 2024 Graad 11 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van komplimentêre produkte. (2 x 1) (2) 2.1.2 Verduidelik die verband tussen die produkte en die faktore markte. (1 x 2) (2 ) 2.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Miljoene spandeer op nuwe embleem–verslag [Van: https://www.dailymaverick.co.za] 2.2.1 Identifiseer die markstruktuur in die spotprent hierbo. (1) 2.2.2 Noem die diens wat deur die staatsonderneming in die spotprent hierbo verskaf word. (1) 2.2.3 Beskryf kortliks die term markstruktuur. (2) 2.2.4 Verduidelik hoe prys in volmaakte mededinging bepaal word. (2) 2.2.5 Hoe kan mededinging gebruik word om lewenstandaarde te verhoog? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 7 NW/Junie 2024 Graad 11 2.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Apple Phone Apple-foon Android-foon Android Phone A1 P A2 P A1 P1 P2 V V1 V2 H H1 H H2 H1 H 1 [Bron: https://www.economicshelp.org] 2.3.1 Noem die TWEE produkte wat in die grafiek hierbo vergelyk word. (1) 2.3.2 Identifiseer die tipe verwantskap tussen die produkte in die grafiek hierbo. (1) 2.3.3 Beskryf kortliks die term relatiewe pryse. (2) 2.3.4 Hoekom sal die prys van produkte styg as die prys van brandstof styg? (2) 2.3.5 Verduidelik wat gebeur met die vraag na Apple-fone wanneer daar 'n daling in die prys van Android-fone is? (2 x 2) (4) 2.4 Bespreek met behulp van 'n grafiek hoe oligopolieë pryse in die mark bepaal. (2 x 4) (8) 2.5 Evalueer die belangrikheid van die beskikbaarheid van inligting as 'n kenmerk van markte. (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 8 NW/Junie 2024 Graad 11 VRAAG 3: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae. 3.1.1 Noem die TWEE bydraers tot totale koste. (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe baat besighede by veranderinge op die lang termyn? (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Mark Penetrasie Ekonomiese Maksimalisering Opskaling van Wins “Mik ek te hoog?” [Aangepas van: https://za.pinterest.com] 3.2.1 Wat word deur die aantekeninge op die spieël in die spotprent hierbo aangedui? (1) 3.2.2 Wat is die hoofdoelwit van enige private besigheid? (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die term maksimalisering van verkope. (2) 3.2.4 Wat is die grootste bepaler van 'n besigheid se doelwitte of oogmerke? (2) 3.2.5 Hoe sal groot sakeondernemings enige TWEE Smart-doelwitte implementeer. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 9 NW/Junie 2024 Graad 11 3.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TOTALE INKOMSTESKEDULE Totale Gemiddelde Marginale Hoeveelheid Prys inkomste inkomste inkomste 0 R0 R0 R0 R0 10 R290 R2 900 R290 R290 30 R240 R7 200 R240 R215 70 R200 R14 000 R200 R170 90 R180 R16 200 R180 A 110 R130 R14 300 R130 -R95 120 R110 R13 200 R110 -R110 3.3.1 Wat word in die tabel hierbo uitgebeeld? (1) 3.3.2 Hoeveel eenhede lewer die grootste totale inkomste in die tabel hierbo? (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die term normale wins. (2) 3.3.4 Wat is die hoofbepalers van veranderinge in inkomste? (2) 3.3.5 Bereken A, toon AL die berekeninge. (2 x 2) (4) 3.4 Onderskei tussen skaalbesparings en skaalverspillings. (2 x 4) (8) 3.5 Hoe beinvloed die huidige Suid-Afrikaanse ekonomiese landskap die koste van produksie? (4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 10 NW/Junie 2024 Graad 11 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 30 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige twee produkte waar vraag nie sal verander wanneer pryse daal nie (2 x 1) (2) 4.1.2 Wat beïnvloed die brandstofprys in Suid-Afrika? (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ELASTISITEIT VAN VRAAG Goeie Vergeet dit! prys! [Bron: https://oppysportsblog.wordpress.com] 4.2.1 Wat laat die verbruiker besluit om NIE die produk te koop wat in die spotprent hierbo geadverteer word nie? (1) 4.2.2 Noem die belasting wat die prys van koeldranke kan verhoog. (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term pryselastisiteit van aanbod. (2) 4.2.4 Wat sal gebeur wanneer die aanbod van 'n produk onelasties is tot veranderinge in pryse? (2) 4.2.5 Hoe kan veranderinge in inkomste die elastisiteit van vraag beïnvloed? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 11 NW/Junie 2024 Graad 11 4.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. JOHN BATES CLARK, MARGINALE NUT Gee vir 'n man een eenheid van artikel A, en dan nog een en nog een, totdat hy tien van hulle het. Alhoewel elkeen van die artikels in die reeks hom 'n bietjie goed kan doen, sal die bedrag van die voordeel geleidelik verminder, soos die aantal artikels meer word, en die tiende een sal hom die minste van almal bevoordeel. Om sy voorraad van A by te voeg, sal die man nooit meer opoffer as wat na sy mening 'n billike verrekening is vir die voordeel wat hy uit die tiende en laaste eenheid daarvan sal kry nie. Ten einde 'n artikel enigsins rykdom te kan gee, moet elke eenheid van die aanbod daarvan, soos ons gesien het, van 'n mate van belang wees vir sy eienaar. Die wet wat ons sopas aangehaal het, merk die laaste eenheid van die aanbod as die minste belangrike eenheid uit. [Bron: https://www.econlib.org] 4.3.1 Noem die ekonomiese konsep wat in die uittreksel hierbo verduidelik is. (1) 4.3.2 Wat word beskou as die minste belangrike eenheid wat in die uittreksel hierbo verskaf word? (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die term verbruikersewewig. (2) 4.3.4 Wat is die verband tussen skaarste en nut? (2) 4.3.5 Verduidelik die wet van afnemende marginale nut. (2 x 2) (4) 4.4 Bespreek die faktore wat die pryselastisiteit van aanbod beïnvloed. (4 x 2) (8) 4.5 Ondersoek faktore wat monopolieë kan beïnvloed wanneer pryse vasgestel word. (4 x 2) (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Ekonomie/V2 12 NW/June 2024 Graad 11 AFDELING C Beantwoord enige EEN van die drie vrae in hierdie afdeling van die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word: PUNTE TOE- STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL KENNING Inleiding Die inleiding is die laer-orde antwoord.  'n Goeie beginpunt is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou, te definieer of omskryf. Maks. 2  MOENIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.  MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.  Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan bespreek. Liggaam Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek Maks. 26 krities/Vergelyk/Onderskei/Differensieer/Verduidelik/Teken 'n grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Assesseer/Debatteer. 'n Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken word. Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer Maks. 10 krities/Debatteer/lei af/Vergelyk/Interpreteer/Hoe/Stel voor/Analiseer 'n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word. Slot Enige hoër-orde slot behoort die volgende intesluit:  'n Kort samevatting van wat bespreek is sonder om feite wat reeds genoem is te herhaal  Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is Maksimum: 2  Bykomende ondersteunende ingsinligting wat die bespreking/analise te versterk  'n Teenstrydige standpunt met motivering  Aanbevelings TOTAAL: 40 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in besonderhede die vraag – en aanbodverhouding van komplimente met behulp van grafieke. (26 punte)  Hoe kan die private voorsiening van elektrisiteit help om die impak van beurtkrag te verlig? (10 punte) [40] VRAAG 6: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 40 MINUTE  Bespreek in besonderhede die VYF pryselastisiteite van vraag (PEV). (26 punte)  Ontleed die impak van die prys van elektrisiteit op die vraag na goedere en dienste. (10 punte) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 11 Economics

View all