NASIONALE
SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2024
LEWENSWETENSKAPPE V2
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
*ILFSCA2*
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2024 QP
Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2024 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 11
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- Eastern Cape November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 788.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Eastern Cape November Exam 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. ALLE sketse MOET met potlood en die byskrifte met blou of swart ink gedoen
word.
7. Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.
9. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy moet ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik,
waar nodig.
11. Alle berekeninge moet tot TWEE desimale plekke afgerond word.
12. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) LEWENSWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies
die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.10 D.
1.1.1 ʼn Wortelstelsel wat hoofsaaklik in monokotiele (eensaadlobbiges)
voorkom, wat deur baie dun, effens vertakte wortels wat vanuit die
stingel groei, gevorm word.
A Vaskulêre wortels
B Lugwortels
C Bywortels
D Penwortels
1.1.2 ʼn Biologiese voorbereiding wat van beskadigde mikro-organisme
deeltjies gemaak word, wat gebruik word om ʼn immuunrespons deur
die liggaam se immuunstelsel te stimuleer.
A Antibiotika
B Entstof
C Antigeen
D Virus
1.1.3 Die diagram hieronder toon 'n broodskimmel.
Die korrekte byskrifte vir die diagram hierbo is:
A X-spore, Y-sporangiofoor, Z-sporangium
B X-sporangium,Y-spore, Z-sporangiofoor
C Z-sporangiofoor, Y-sporangium, X-spore
D Y-sporangium, X-sporangiofoor, Z-spore
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024)
1.1.4 ʼn Tegniek wat gebruik word om die olifantpopulasie op ʼn lugfoto te
bepaal:
A Kwadrant steekproefneming
B Direkte telling
C Merk-hervang
D Uitdunning
1.1.5 Die tabel hieronder toon die waterdamvlakke in die Nelson
Mandelabaai-munisipaliteit gedurende sekere maande van 2024.
Dam Kapasiteit Huidige vlak Beskikbare
wanneer dit vol is (%) water (mℓ)
(mℓ)
Churchill 32 249 mℓ 100% 32 597 mℓ
Impofu 105 757 mℓ 42,62% 27 642 mℓ
Loerie 3 026 mℓ 98,65% 2 410 mℓ
Kouga 125 910 mℓ 100% 121 755 mℓ
Groendal 11 638 mℓ 100% 11 149 mℓ
Watter dam het die minste beskikbare water?
A Impofu
B Groendal
C Kouga
D Loerie
1.1.6 ʼn Smal skag wat in die grond geboor word om water te onttrek.
A Waterdraer
B Boorgat
C Vleiland
D Suiwering
1.1.7 Bestudeer die lys hieronder.
(i) Hou op om medikasie te gebruik nadat jy beter voel
(ii) Gebruik verkeerde behandeling
(iii) Die patogeen ondergaan mutasies
(iv) Gebruik korrekte behandeling op ʼn gereelde basis
(v) Word besmet met ʼn ander siekte
Watter van die volgende kombinasies veroorsaak dat mense weerstand
teen ʼn siekte ontwikkel?
A (i) en (v)
B (ii), (iv) en (v)
C (iii) en (iv)
D (i) en (iii)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) LEWENSWETENSKAPPE V2 5
1.1.8 Die netto toename in ʼn bevolking kan bepaal word deur ...
A sterftes en immigrasies by te voeg en geboortes en emigrasies af
te trek
B geboortes en immigrasies by te voeg en sterftes en emigrasies af
te trek.
C geboortes en emigrasies by te tel en sterftes en immigrasies af te
trek.
D geboortes en sterftes by te tel en emigrasies en immigrasies af te
trek.
1.1.9 Die volgende diagram toon ʼn saad.
2
3
1
4
Watter gemerkte deel ontwikkel om die stingel en blare te vorm?
A 1
B 2
C 3
D 4 (9 x 2) (18)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf
slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.9) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Organismes van dieselfde spesie wat in dieselfde omgewing saamleef
en kan kruisteel
1.2.2 ʼn Plantliggaam wat nie in stingels en blare gedifferensieer word nie en
wat nie ware wortels het nie
1.2.3 Plant- en dierspesies wat stabiel in hul omgewing bly
1.2.4 Organiese komponent van grond, gevorm deur die ontbinding van blare
en ander plantmateriaal deur mikro-organismes
1.2.5 ʼn Stingel wat horisontaal groei
1.2.6 Faktore wat ʼn invloed op ʼn bevolking sal uitoefen, ongeag die grootte
daarvan
1.2.7 ʼn Proses van aanvanklike kolonisering van grond in ʼn voorheen
versteurde gebied
1.2.8 Groei van ʼn enkele spesie plantgewasse in groot gebiede vir baie
opeenvolgende jare
1.2.9 Elektrisiteit wat deur die krag van water opgewek word (9 x 1) (9)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024)
1.3 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM Ι, van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A en B, of GEENEEN van die items in KOLOM ΙΙ nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B, of geeneen langs die vraagnommers
(1.3.1 tot 1.3.3) in die ANTWOORDEBOEK.
KOLOM Ι KOLOM ΙΙ
1.3.1 Ontwikkel ʼn notokoord (rugkoord) A: Arthropoda
B: Chordata
1.3.2 Hemoseel A: Oop bloedstelsel
B: Geslote bloedstelsel
1.3.3 Outotrofies A: Groen alge
B: Amoeba
(3 x 2) (6)
1.4 Die filogenetiese diagram hieronder toon moontlike evolusionêre verwantskappe
in lewende organismes met vier afdelings.
A B C D
X
Sade
Vaatweefsel
Gemeenskaplike voorouer
1.4.1 Identifiseer die koninkryk wat deur die filogenetiese diagram hierbo
voorgestel word. (1)
1.4.2 Skryf die LETTER en NAAM neer van die afdeling wat:
(a) ʼn Dominante gametofietgenerasie het (2)
(b) Loofblare as blare het (2)
1.4.3 Noem die evolusionêre aanpassing by X in afdeling D wat dit moontlik
gemaak het om suksesvol te wees. (1)
1.4.4 Noem die vaskulêre-/vaatweefsel wat vervaardigde voedsel vervoer. (1)
1.4.5 Watter koninkryk het sessiele organismes wat verskil van die een hierbo
met betrekking tot hul voedingswyse? (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) LEWENSWETENSKAPPE V2 7
1.5 Die onderstaande grafiek toon die interaksie tussen die rooikat- en
haasbevolking oor tyd.
Drakrag
B
1.5.1 Noem die:
(a) Prooispesie (1)
(b) Roofdierspesie (1)
1.5.2 Wat is die drakrag van die haasbevolking in die bostaande roofdier-
prooigrafiek hierbo? (1)
1.5.3 In watter jare is die bevolkingsgrootte van die haas twee keer meer as
die rooikatbevolking? (2)
1.5.4 Identifiseer die fase wat … gemerk is:
(a) B (1)
(b) D (1)
1.5.5 Noem TWEE ander digtheidsafhanklike faktore wat ʼn negatiewe effek op
ʼn bevolking kan hê. (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024)
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die diagram hieronder toon ʼn proses in biotegnologie waardeur insulien vir
mense met diabetes mellitus geproduseer word.
Mikro-organisme X Menslike sel
Plasmied
DNS
Plasmied
word gesny
Geen
van DNS
Rekombinante DNS
2.1.1 Noem die:
(a) Biotegnologiese proses hierbo (1)
(b) Mikro-organisme X wat in hierdie proses gebruik word (1)
2.1.2 Verduidelik hoe mikro-organisme X genoem in VRAAG 2.1.1 (b)
voortplant om dit vir die bogenoemde proses geskik te maak. (2)
2.1.3 Beskryf die stappe wat betrokke is by die vervaardiging van insulien. (4)
2.1.4 Teken ʼn netjiese diagram met byskrifte van mikro-organisme X om die
struktuur daarvan te toon. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) LEWENSWETENSKAPPE V2 9
2.2 Lees die inligting hieronder.
MIV/Vigs is al jare lank ʼn wêreldwye gesondheidspandemie, met meer as 35
miljoen lewens wat wêreldwyd deur hierdie siekte verloor is. Alhoewel geen
geneesmiddel vir hierdie virus ontwikkel is nie, het wetenskaplikes
voorkomingsterapie ontwikkel om die verspreiding van MIV by mense te stop en
te verminder.
Een so ʼn voorkomingsterapie vir MIV/Vigs is Pre-Exposure Prophylaxis (PrEP).
PrEP werk deur die immuunstelsel te stimuleer om ʼn ensiem te blokkeer wat
deur MIV in die liggaam benodig word om te kan voortplant. Hierdie middels
word gewoonlik daagliks op dieselfde tydsinterval deur MIV-negatiewe mense
geneem.
Wetenskaplikes het ʼn ondersoek gedoen om die doeltreffendheid van PrEP-
middels te bepaal om MIV-infeksie by vroue te voorkom.
Die prosedure was soos volg:
x 5 338 vroue tussen 16–25 jaar oud het aan die ondersoek deelgeneem en is
in drie groepe verdeel (A, B en C).
x Groep A wat uit 2 134 vroue bestaan het, het twee keer per jaar (een keer elke
6 maande) die Lenacapavirmiddel gekry.
x Groep B het 2 136 vrouedeelnemers gehad wat daagliks vir ʼn jaar die
Descovymiddel geneem het.
x Groep C het 1 068 vrouedeelnemers gehad wat daagliks vir ʼn jaar die
Truvadamiddel geneem het.
Die resultate van die ondersoek word grafies hieronder getoon.
VOORKOMS VAN DIE ONTWIKKELING VAN MIV-
INFEKSIE MET VERSKILLENDE PrEP-MIDDELS
VOORKOMS VAN DIE 2,5
2
ONTWIKKELIG VAN
1,5
1
MIV INFEKSIE (PER 100)
0,5
0
Lenacapavir Descovy Truvada
PrEP-MIDDEL
2.2.1 Identifiseer die tipe immuniteit wat die PrEP-middels aan mense bied. (1)
2.2.2 Vir hierdie ondersoek, identifiseer die:
(a) Afhanklike veranderlike (1)
(b) Onafhanklike veranderlike (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024)
2.2.3 Gee EEN rede waarom hierdie ondersoek as betroubaar beskou kan
word. (1)
2.2.4 Meld TWEE faktore aan wat in ag geneem is by die keuse van vroue-
deelnemers aan hierdie ondersoek. (2)
2.2.5 Verduidelik watter PrEP-middel sterk aanbeveel sal word vir seksueel
aktiewe mense. (3)
2.2.6 Noem EEN ander MIV/Vigs voorkomende maatreël wat seksueel
aktiewe mense tydens seksuele omgang moet beoefen. (1)
2.3 Die diagram hieronder toon bestuiwing in blomplante.
A
C
Stuifmeel D
E
B
Ovarium
Blom 1 Blom 2
2.3.1 Identifiseer die:
(a) Bestuiwingsagens/-middels in die bogenoemde proses (1)
(b) Tipe bestuiwing verteenwoordig (1)
2.3.2 Skryf die LETTER en NAAM van die struktuur neer wat:
(a) Die bestuiwingsagente gelok het (2)
(b) ʼn Beskermende funksie het (2)
2.3.3 Beskryf die gebeure wat plaasvind wanneer stuifmeel op deel D land. (4)
2.3.4 Gee EEN eienskap in die nageslag, wat deur hierdie plante geproduseer
word, wat hulle in staat sal stel om in moeilike veranderende omgewings
te oorleef. (1)
2.3.5 Navorsing toon ʼn afname in die bevolkingsgrootte van die
bestuiwingsagens hierbo.
Verduidelik hoe dit die koste van saadgebaseerde voedsel kan
beïnvloed. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) LEWENSWETENSKAPPE V2 11
2.4 Die diagram hieronder toon ʼn seekat, ʼn triploblastiese mariene-organisme met
agt ledemate.
Seekat
ledemate
2.4.1 Hoeveel weefsellae het ʼn seekat? (1)
2.4.2 Gee EEN moontlike funksie van die agt ledemate op die seekatliggaam. (1)
2.4.3 Diagram 1 en 2 hieronder toon ʼn moontlike liggaamsplan vir ʼn seekat.
(a) Identifiseer weefsellaag Y. (1)
(b) Watter DIAGRAM (1 of 2) word in ʼn seekat aangetref? (1)
2.4.4 Meer ontwikkelde dierfilums het vloeistof X in weefsellaag Y ontwikkel.
Noem vloeistof X en verduidelik TWEE voordele van vloeistof X in
meer ontwikkelde filums. (5)
2.4.5 Noem die dierefilum wat die simmetrie in DIAGRAM 1 het. (1)
2.5 Beskryf TWEE maniere waarop ongewerweldes nuttig kan wees in die
landbou. (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024)
VRAAG 3
3.1 Die grafieke hieronder toon die bevolkingspiramides van China in die jare 1980
en 2020.
China 1980 China 2020
Bevolking: 982 372 466 Ouderdom Bevolking: 1 424 929 781
Mans Vroue Mans Vroue
8% 4% 0% 4% 8% 8% 4% 0% 4% 8%
3.1.1 Wat is die naam van die grafiek hierbo wat gebruik word om die
verspreiding van ʼn bevolking in ʼn land te illustreer? (1)
3.1.2 In watter jaar het China:
(a) Gebrek gehad aan basiese hulpbronne vir sy groeiende bevolking? (1)
(b) Die lewensverwagting van sy bevolking verbeter? (1)
3.1.3 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 3.1.2 (b) deur na die grafiek te
verwys. (2)
3.1.4 Bepaal die totale aantal mans in die Chinese bevolking van 2020 as die
persentasie mans 51,2% is. Wys ALLE bewerkinge. (2)
3.1.5 Die Chinese regering het die One Child Policy in 1980 en ander
ekonomiese hervormingsbeleide in die daaropvolgende jare ingestel.
Hierdie beleide is ontwerp om die vinnige bevolkingsgroei te vertraag en
die aantal mense van werkende ouderdom te verhoog. Ingevolge die
One Child Policy is egpare toegelaat om een kind te hê.
(a) Verduidelik hoe hierdie beleide die pre-reproduktiewe ouderdom en
die bevolkingspersentasies van die werkende ouderdom vanaf die
jaar 1980 tot die jaar 2020 beïnvloed het. (4)
(b) Gee TWEE ander strategieë wat regerings kan implementeer om
bevolkingsgroei in ʼn land te verminder. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) LEWENSWETENSKAPPE V2 13
3.2 Lees die inligting hieronder.
Plastiekbesoedeling hou verband met klimaatsverandering, veral plastiek wat
slegs een keer gebruik word, wat dikwels weggegooi en in sommige gevalle op
stortingsterreine van informele wonings verbrand word. Die verbranding van
plastiek dra negatief tot mense se gesondheid by. Talle pogings is deur sommige
munisipaliteite en ander organisasies aangewend om plastiek te herwin met min
sukses wat behaal is.
Die tabel hieronder toon die hoeveelheid plastiek wat in 2019 in miljoene ton
(Mt) vermors is deur verskillende soorte plastiekafval.
Tipe plastiekafval Hoeveelheid plastiek Hoeveelheid plastiek
(miljoene ton) (Persentasie %)
Vullisterreine 174 49,3
Verbranding 67 19
Vrygestel in die
omgewing 79 22,4
Herwinde 33 9,3
3.2.1 Noem die tipe plastiekafval wat die meeste tot klimaatsverandering
bygedra het. (1)
3.2.2 Verduidelik hoe gemeenskappe die tipe plastiekafval wat in VRAAG 3.2.1
genoem is tot hul voordeel kan gebruik. (2)
3.2.3 Beskryf hoe verbranding van plastiek ʼn negatiewe uitwerking op mense
se gesondheid kan hê. (3)
3.2.4 Stel TWEE moontlike redes voor vir die lae persentasie herwinde plastiek
afval. (2)
3.2.5 Teken ʼn sirkelgrafiek om die hoeveelheid plastiek, in persentasie gemeet,
van die verskillende tipes plastiekafval in 2019 voor te stel. (7)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2024)
3.3 Lees die uittreksel hieronder oor ʼn uitheemse indringerplant.
DIE BRASILIAANSE PEPERBOOM BEDREIG BIODIVERSITEIT
Brasiliaanse peperboom
Die Brasiliaanse peperboom (Schinus terebinthifolius) is ʼn indringerplant in dele
van Suid-Afrika wat inheems is aan Brasilië in Suid-Amerika. Hierdie plant wat
aanvanklik vir sier- en straatboomdoeleindes bekendgestel is, dring gewoonlik
voorheen versteurde landgebiede en rivierrande in.
Die Brasiliaanse peperboom het ʼn vinnige groeitempo wat dit in staat stel om
inheemse plantegroei uit te kompeteer deur ʼn digte blaredaklaag oor ander
plante te vorm. Hierdie plant het giftige bessies wat skadelik is vir wilde diere
soos voëls en ander diere wat hulle eet, wat veroorsaak dat hulle vrek. Die groei
van hierdie indringerplant kan tot 10 meter hoog word en dit absorbeer baie
koolstofdioksied uit die atmosfeer.
3.3.1 Wat word bedoel met uitheemse indringer? (2)
3.3.2 Hoekom is die Brasiliaanse peperboom in Suid-Afrika bekendgestel? (1)
3.3.3 Gee bewyse uit die uittreksel wat aandui dat die Brasiliaanse peperboom:
(a) ʼn Pionierspesie is (1)
(b) Giftig vir dierelewe is (1)
(c) Aardverwarming kan verminder (1)
3.3.4 Verduidelik hoe die vinnige groeikoers van die Brasiliaanse peperboom
plantbiodiversiteit kan beïnvloed. (3)
3.3.5 Beskryf hoe biologiese beheer kan help om die bevolking van die
Brasiliaanse peperboom te verminder. (2)
3.4 Kusprovinsies in Suid-Afrika het ongunstige weerpatrone ervaar, wat ernstige
skade aan gemeenskappe aangerig het.
Verduidelik die impak van aardverwarming op die weerpatrone. (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
(EC/NOVEMBER 2024) LEWENSWETENSKAPPE V2 15
3.5 Mededinging en simbiose bestaan in ekosisteme om organismes in staat te stel
om met mekaar mee te ding en met mekaar te kommunikeer en beperkte
omgewingshulpbronne te deel. Kompetisie veroorsaak dikwels dat sommige
organismes uitsterf as hulle uitkompeteer word terwyl ander oorleef.
Die diagramme hieronder toon organismes wat meeding.
DIAGRAM 1 DIAGRAM 2
3.5.1 Noem die tipe kompetisie wat plaasvind in:
(a) DIAGRAM 1 (1)
(b) DIAGRAM 2 (1)
3.5.2 Noem en beskryf TWEE simbiotiese verhoudings wat een organisme in
ʼn ekosisteem kan bevoordeel. (4)
[50]
AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Hosted by www.ecexams.co.za.
Hosted by www.ecexams.co.za.
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 Memo

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2018 QP

Question paper
Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 QP

Memorandum
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape November 2025 Memo (Afr)
More from Grade 11 Life Sciences

Annual teaching plan
Gr 11 Life Sci ATP 2023 24

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 KZN June 2025 Paper & Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 Eastern Cape June 2024 Paper & Memo

Question paper and memo
Life Sciences Grade 11 KZN June 2024 Paper & Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 Memo

Question paper and memo