Skip to content

Music Grade 12 P1 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Question paperMusicGrade 12202426 pages

Grade 12 Music Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 26 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN MUSIEK V1 MEI/JUNIE 2024 PUNTE: 120 TYD: 3 uur SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye en 1 vel manuskrippapier. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 2 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D en E. 2. AFDELING A en B is VERPLIGTEND. 3. AFDELING C: Inheemse Afrika-musiek (IAM), AFDELING D: Jazz en AFDELING E: Westerse Kunsmusiek (WKM) is keusevrae. Beantwoord slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C OF D OF E). 4. Skryf AL die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe teks met blou of swart ink op hierdie vraestel. 5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C OF D OF E met blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat verskaf is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Kandidate mag NIE hierdie bladsy verwyder NIE. 8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige musiekinstrument hê NIE. 9. Kandidate moet let op die puntetoekenning van elke vraag om genoeg inligting in hulle antwoorde te gee. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 3 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik NASIENROOSTER AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR A: MUSIEKTEORIE 1 15 (VERPLIGTEND) 2 15 3 15 4 15 SUBTOTAAL 60 EN B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS 5 10 (VERPLIGTEND) SUBTOTAAL 10 EN C: IAM 6 20 7 5 8 5 9 5 10 15 SUBTOTAAL 50 OF D: JAZZ 11 20 12 5 13 5 14 5 15 15 SUBTOTAAL 50 OF E: WKM 16 20 17 5 18 5 19 5 20 15 SUBTOTAAL 50 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 4 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord AFDELING A op die VRAESTEL. Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 3.1 OF 3.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2. VRAAG 1 (25 minute) 1.1 Voeg die korrekte tydmaattekenverandering in onder elke asterisk (*). (2) 1.2 Skryf die enharmoniese ekwivalent van die gegewe toonsoortteken hieronder. Antwoord: (1) 1.3 Skryf die vergrote drieklank wat diatonies in die harmoniese mineur met die gegewe toonsoortteken aangetref word. Skryf die drieklank in eerste omkering. (1) 1.4 Skryf die mineur drieklank wat in 'n G majeur pentatoniese toonleer aangetref word. (1) 2024 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 5 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 1.5 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1.5.1 Skryf die omkering van die interval by (M) sonder toonsoortteken. (1) 1.5.2 Verander die interval by (N) na 'n saamgestelde vergrote 2de. (1) 1.5.3 Noem die ritmiese middel wat in maat 1 en 2 gebruik word. (1) 1.5.4 Noem die artikulasieteken wat op die laaste noot gebruik word. (1) 1.6 Skryf die volgende toonlere volgens die gegewe instruksies. 1.6.1 'n Opgaande heeltoon-toonleer wat op die gegewe noot begin (2) 1.6.2 'n Afgaande Eoliese modus wat op F begin (2) 1.6.3 'n Opgaande harmoniese mineurtoonleer waarin die gegewe tritonus (vergrote 4de) aangetref word (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 6 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2. 2.1 Voltooi die aanvang hieronder in solfanotasie OF in balknotasie om 'n twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir stem te vorm. Voeg dinamiek- aanduidings op geskikte plekke by. Moet NIE lirieke byvoeg NIE. Gebruik slegs EEN notasiesisteem. Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING MAKS. PUNT Vorm en kadenspunte 3 Notasie Solfanotasie: ritme- en toonhoogte-aanduidings 2 Balknotasie: polsslae per maat, nootstele, groepering, spasiëring en skuiftekens Kwaliteit 10 Toepaslikheid van omvang, voordragaanwysings en musikaliteit TOTAAL 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 7 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 2.2 Skryf 'n oorspronklike twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument of stemtipe van jou keuse. Noem die instrument of stemtipe en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg voordragaanduidings op geskikte plekke by. Gebruik die volgende om 'n samehangende melodie te skep:  Diskant- OF bassleutel  G majeur toonsoortteken  Balknotasie OF solfanotasie (Moet NIE lirieke byvoeg NIE.)  Ritmiese motief: Instrument/Stemtipe: __________________________ Tempo: __________________________ Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING MAKS. PUNT Vorm en kadenspunte 3 Notasie Solfanotasie: ritme- en toonhoogte-aanduidings 2 Balknotasie: polsslae per maat, nootstele, groepering, spasiëring en skuiftekens Kwaliteit Toepaslikheid van omvang, voordragaanwysings, gebruik van 10 gegewe ritmiese motief en musikaliteit TOTAAL 15 [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 8 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. 3.1.1 Besyfer die akkoorde by (a) tot (g) met Romeinse syfers op die partituur, bv. viio6/viiob. (7) 3.1.2 Noem die kadens wat by (Z) gevorm word en besyfer die akkoorde op die partituur. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 9 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.1.3 Lewer kommentaar op die gebruik van toonsoort(e) in maat 9 tot 12. (1) 3.1.4 Noem die tipe nie-harmoniese note by (i) en (ii). (i) (ii) (2) 3.1.5 Skryf die volgende nie-harmoniese note by (iii) en (iv) op die partituur. Gebruik 'n agstenootwaarde vir jou antwoord. (iii) Bo-wisselnoot (iv) Vooruitneming (2) [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 10 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae. 3.2.1 Identifiseer die akkoorde by (a) tot (g). Skryf die akkoordsimbole in die ruimtes wat bokant die notebalke verskaf is, bv. G/B. (7) 3.2.2 Noem die kadens wat by (Z) gevorm word en besyfer die akkoorde by (m) en (n). (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 11 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 3.2.3 Lewer kommentaar op die Eb-noot in maat 8. (1) 3.2.4 Noem die tipe nie-harmoniese note by (i) en (ii). (i) (ii) (2) 3.2.5 Skryf die volgende nie-harmoniese note by (iii) en (iv) op die partituur. Gebruik 'n agstenootwaarde vir jou antwoord. (iii) Terughouding (iv) Deurgangsnoot (2) [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 12 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 4 (30 minute) Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2. 4.1 Voltooi die vokale vierstemmige harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Sluit die volgende by jou harmonisasie in:  Kadensiële tweede omkering ( ) progressie (2)  Dominantsewende-akkoord (1)  Harmoniese realisering van die besyfering gegee (1) Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING MAKS. PUNT Akkoordkeuse 15 Notasie en stemvoering 8 Kwaliteit 7 (30 ÷ 2) TOTAAL = 15 [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 13 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 4.2 Voltooi die agtmaatstuk hieronder deur toepaslike harmoniese materiaal in halfnootwaardes by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die aanvangsakkoord in maat 1 voorgestel word en gee aandag aan stemvoering. Sluit die volgende in:  Harmoniese realisering van die gegewe akkoordsimbole (2)  ii – V – I-progressie (3)  Ten minste EEN 'sus-akkoord' (akkoord met 'n terughouding) (1)  'n 11de-akkoord by die asterisk (*) (1) Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. BESKRYWING MAKS. PUNT Akkoordkeuse 15 Notasie en stemvoering 8 Kwaliteit 7 (30 ÷ 2) TOTAAL = 15 [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 14 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK. AFDELING B: MUSIEKBEDRYF (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) neer, bv. 5.1.5 E. 5.1.1 SAMRO samel uitvoertantième in wanneer 'n musiekwerk … A oor televisie of radio uitgesaai word. B in 'n film gesinchroniseer word. C in die openbaar uitgevoer word. D Al die bogenoemde (1) 5.1.2 Kopiereg word geskend wanneer … A iemand 'n album wat deur 'n vriend gekoop is, kopieer. B musiek by 'n private huispartytjie gespeel word. C 'n restaurant vir 'n lisensie betaal om agtergondmusiek te speel. D Geeneen van die bogenoemde nie (1) 5.1.3 Watter EEN van die volgende maak 'n musiekwerk geskik vir kopiereg in Suid-Afrika? A Dit moet oorspronklik wees en 'n wesenlike hoeveelheid lirieke of musiek insluit. B Die werk moet neergeskryf of opgeneem wees. C Die skepper van die werk moet 'n burger of inwoner van die Republiek van Suid-Afrika wees. D Al die bogenoemde (1) 5.1.4 Watter EEN van die volgende is NIE 'n funksie van 'n platemaatskappy NIE? A Verskaf die finansiering om 'n album te maak B Maak klankopnames C Bring komponiste en liriekskrywers bymekaar om 'n kommersiële produk te skep D Bemark beide die opname en handelsmerk van die kunstenaar (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 15 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 5.2 Gee EEN woord of term vir elke beskrywing hieronder, bv. 5.2.4 Musiekbedryf. 5.2.1 Die proses waardeur 'n musiekwerk ontwikkel met die betrokkenheid van verskeie rolspelers om uiteindelik vrylik beskikbaar te raak (1) 5.2.2 Wanneer musiek op 'n mobiele toestel teruggespeel word deur middel van digitale oordrag van klank en video (1) 5.2.3 Wanneer 'n musiekwerk met kopiereg verkoop word sonder toestemming van die eienaar (1) 5.3 Wie word deur naaldtydregte bevoordeel en wanneer word dit in werking gestel? (2) 5.4 Watter reg sal 'n eienaar van 'n musiekwerk in staat stel om tantième te ontvang wanneer iemand anders 'n gedeelte daarvan gebruik deur middel van monstersameling ('sampling')? (1) TOTAAL AFDELING B: 10 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 16 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik Beantwoord AFDELING C (IAM) OF AFDELING D (JAZZ) OF AFDELING E (WKM) in die ANTWOORDEBOEK. AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) VRAAG 6 6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) neer, bv. 6.1.6 E. 6.1.1 Ukucothoza is 'n … A harde, voet-stampende indlamu-dans. B sagte kat-agtige dans. C slangagtige vhaVenda-dans/Domba. D Geeneen van die bogenoemde nie (1) 6.1.2 Watter feit is WAAR oor die lied Melodi Yalla Pitseng? A Dit word deurgaans a cappella gesing. B Dit begin met slegs stemme. C Dit gebruik die I–V–IV–I-akkoordprogressie. D Orrelklank speel 'n belangrike rol. (1) 6.1.3 Watter van die volgende sou jy in 'n uitvoering van Afrika-musiek verwag? A Herhaling B Poliritmes C Improvisasie D Al die bogenoemde (1) 6.1.4 Watter EEN van die volgende instrumente is 'n chordofoon? A Mbira B Moropa C Lesiba D Umakhweyana (1) 6.1.5 G Eoliese modus staan ook as … bekend. A G Miksolidiese modus B G Doriese modus C G natuurlike mineur toonleer D G multi-modale toonleer (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 17 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 6.2 Kies VIER items in KOLOM A en pas ELKEEN by 'n stelling in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (6.2.1 tot 6.2.5) neer, bv. 6.2.6 H. KOLOM A KOLOM B 6.2.1 Melodi Yalla Pitseng A 'n dans en styl van kitaar stem 6.2.2 Roep en antwoord B kwêla sikliese progressie 6.2.3 Kitaar C vorm in isicathamiya 6.2.4 Krepitasie D Soul Brothers 6.2.5 Isishameni E leierinstrument in maskanda F vokale effekte wat gebruik word om opwinding te skep of goedkeuring in 'n uitvoering te toon G Simon 'Mahlathini' and the Mahotella Queens (4 x 1) (4) 6.3 Beskryf die lied Wamuhle. (3) 6.4 Verduidelik hoe die volgende terme in isicathamiya gebruik word: 6.4.1 Ukwakha (1) 6.4.2 Ivulindlela (1) 6.4.3 Izigqi (1) 6.4.4 Ukubasa (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 18 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 6.5 Watter groep instrumente sou jy tipies in die volgende style verwag? Skryf die groepnommer langs die vraagnommers (6.5.1 en 6.5.2) neer, bv. 6.5.3 Groep 4. 6.5.1 Mbaqanga GROEP 1 GROEP 2 GROEP 3 Tromstel Tromstel Tromstel Kitaar Tjello Uhadi Orrel Orrel Orrel Saksofoon Saksofoon Saksofoon (1) 6.5.2 Kwêla GROEP 1 GROEP 2 GROEP 3 Kitaar Kitaar Kitaar Orrel Penniefluitjie Penniefluitjie Saksofoon Saksofoon Trompet Djembe Tromstel Tromstel (1) 6.6 Identifiseer die kunstenaar/groep van die uittreksel hieronder. (1) 6.7 Identifiseer die lied waaruit die volgende uittreksel geneem is. (1) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 19 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 7 7.1 Beskryf die kwêla-musiekstyl. (4) 7.2 Verduidelik EEN manier waarop die woord 'kwêla' in die verlede gebruik kon gewees het. (1) [5] VRAAG 8 Motiveer waarom die lied Umama 'n tipiese voorbeeld van maskanda is. [5] VRAAG 9 Bespreek die rol van die meester-tromspeler tydens 'n tromuitvoering. [5] VRAAG 10 Philip Tabane het die inheemse rituele malombo tot 'n gewilde musikale domein aangepas. Brei op hierdie stelling uit deur Philip Tabane se kontemporêre malombostyl te bespreek. Verwys na konteks, instrumentasie, vokale styl, tegnieke en lofdigte. Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Konteks 2 Instrumentasie 6 Vokale style, tegnieke en lofdigte 4 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING C: 50 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 20 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING D: JAZZ VRAAG 11 11.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.1.6 E. 11.1.1 Watter instrument hoort NIE by die ritme-seksie van 'n tipiese big band NIE? A Bongotromme B Baritonsaksofoon C Elektriese tromstel D Akoestiese bas (1) 11.1.2 'n Toonleer sonder enige halftone is 'n … A sigeunertoonleer. B pentatoniese toonleer. C bebop-toonleer. D Geeneen van die bogenoemde nie (1) 11.1.3 Watter van die volgende style word met Afrika-jazz geassosieer? A Ghoema B Kwêla C Marabi D Al die bogenoemde (1) 11.1.4 Zim Ngqawana se musiek … A vermeng amaZulu- en amaXhosa-musiekelemente met moderne jazz. B het dikwels 'n atonale en vrye tonaliteit. C bevat invloede van funk, samba en Noorweegse volksmusiek. D Al die bogenoemde (1) 11.1.5 'n Suid-Afrikaanse jazz-styl wat uit ragtime ontstaan het, is … A bebop. B Cape jazz. C marabi. D mbaqanga. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 21 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 11.2 Kies VYF items in KOLOM A en pas ELKEEN by die korrekte item in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (11.2.1 tot 11.2.5) neer, bv. 11.2.6 H. KOLOM A KOLOM B 11.2.1 Herhalende motief A I–IV–I64 –V 11.2.2 Nuwe materiaal teenoor 'n B riff vasgestelde progressie C AABA 11.2.3 Herhalende progressie D improvisasie 11.2.4 Liedvorm E ii–V–I 11.2.5 Kadensiële progressie F ABACA G sekwens (5 x 1) (5) 11.3 Motiveer waarom Chris McGregor se musiek as progressiewe jazz beskou kan word. (2) 11.4 Beskryf die musiekstyl van The Flying Jazz Queens. (2) 11.5 Noem EEN kunstenaar wat 'n tipiese Cape jazz-klank ontwikkel het deur die Kaapse Klopse-saksofoonklank na te boots. (1) 11.6 Identifiseer TWEE melodie-kenmerke in tipiese Cape jazz-musiek. (2) 11.7 Watter groep instrumente sou jy verwag om in Cape jazz te vind? Skryf die groepnommer langs die vraagnommer neer, bv. 11.7 Groep 4. GROEP 1 GROEP 2 GROEP 3 Tromstel Tromstel Tromstel Bas Tjello Bas Klavier Orrel Klawerbord Saksofoon Saksofoon Tromboon (1) 11.8 Identifiseer die liedjie waaruit die volgende uittreksel geneem is. (1) 11.9 Identifiseer die orkes waarmee jy die uittreksel hieronder assosieer. (1) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 22 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 12 The Jazz Epistles het gedurende die 1950's 'n belangrike bydrae tot die Suid- Afrikaanse jazz-veld gelewer. Beskryf die eienskappe van hulle styl. Noem EEN album/liedjie en EEN lid van die groep. [5] VRAAG 13 Bespreek Feya Faku se agtergrond en die eienskappe van sy musiek. Sluit die titel van EEN album/liedjie in. [5] VRAAG 14 Bespreek die oorsprong en die instrumentasie van mbaqanga. Verwys na Umjomela deur Makgonatsohle Band in jou antwoord. [5] VRAAG 15 Kwêla is 'n musiekstyl wat in die 1950's ontwikkel het met sy wortels in verskeie style. Brei op hierdie stelling uit deur die tipiese kenmerke van kwêla te bespreek. Verwys na Banana ba Rustenburg deur Spokes Mashiyane in jou bespreking. Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Eienskappe van kwêla 6 Verwysing na Banana ba Rustenburg 6 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING D: 50 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 23 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM) VRAAG 16 16.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.5) neer, bv. 16.1.6 E. 16.1.1 Rondo is 'n stuk … A in drie seksies waarvan die eerste seksie aan die einde terugkeer. B met 'n refrein wat ná elke kontrasterende seksie terugkeer. C waar al die seksies in dieselfde toonsoort is. D wat 'n soortgelyke struktuur as 'n minuet and trio het. (1) 16.1.2 Watter inligting is NIE waar oor Beethoven se Pastorale Simfonie NIE? A Die eerste beweging is op 'n motiwiese tema gebou. B Simfonie Nr. 6 in F majeur Op. 86. C Die tweede beweging is in sonatevorm. D Die laaste beweging is in sonate-rondovorm. (1) 16.1.3 Fermata is 'n musiekterm wat vir ... gebruik word. A tempo B dinamiek C tekstuur D Geeneen van die bogenoemde nie (1) 16.1.4 Houtblasers is instrumente wat klank deur middel van … produseer. A 'n vibrerende membraan B vibrerende snare C kleppe D 'n vibrerende lugkolom (1) 16.1.5 Minuet en trio word dikwels in die … beweging van 'n Klassieke simfonie aangetref. A eerste B tweede C derde D Geeneen van die bogenoemde nie (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 24 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik 16.2 Kies VYF items oor vorm in KOLOM A en pas ELKEEN by die korrekte term in KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (16.2.1 tot 16.2.5) neer, bv. 16.2.6 H. KOLOM A KOLOM B 16.2.1 'n Afsluitingseksie in sonatevorm A motief 16.2.2 Die einde van 'n frase B koda 16.2.3 Die kleinste komposisie-eenheid C inleiding 16.2.4 Openingseksie voordat die D kadens hoofmelodie verskyn E brug 16.2.5 'n Passasie wat een tema met ʼn ander een verbind F maat G ontwikkeling (5 x 1) (5) 16.3 Beantwoord die volgende vrae oor Die Towerfluit. 16.3.1 Wat is die funksie van 'n koor in 'n opera? (1) 16.3.2 Noem die titel van die aria wat 'n koorgedeelte bevat en die karakter wat hierdie aria sing. (2) 16.4 Definieer die term programmusiek. (2) 16.5 Verduidelik TWEE wyses waarop Beethoven programmatiese elemente in sy Pastorale Simfonie gebruik het. (2) 16.6 Noem EEN houtblaasinstrument wat in 'n Klassieke orkes maar NIE in 'n Barokorkes aangetref word NIE. (1) 16.7 Gee die vormtipe en toonsoort van Die Hebrides deur Mendelssohn. (2) [20] VRAAG 17 Beskryf die uiteensetting soos wat dit in sonatevorm gebruik word. [5] VRAAG 18 18.1 Beskryf die struktuur van Beethoven se Pastorale Simfonie. (4) 18.2 Wat is die tempo-aanduiding van die laaste beweging van Beethoven se Simfonie Nr. 6 in F majeur? (1) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Musiek/V1 25 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik VRAAG 19 Mendelssohn word as 'n Klassiek-Romantiese komponis beskou wie se styl elemente van formele balans en beeldskepping bevat. Bespreek hoe hierdie elemente in Die Hebrides geïllustreer word deur te verwys na die instrumentasie en hoe die atmosfeer oorgedra word. [5] VRAAG 20 Die Towerfluit deur Mozart is 'n opera in tipiese Klassieke styl. Brei op hierdie stelling uit deur die operatipe sowel as die Klassieke eienskappe van hierdie opera te bespreek, soos in die aria Der Vogelfänger bin ich ja aangetref. Jy sal krediet ontvang vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou opstel. Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word. KRITERIA PUNTETOEKENNING Operatipe 5 Klassieke eienskappe in Der Vogelfänger bin ich ja 7 Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3 TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING E: 50 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou
Musiek/V1 DBE/Mei/Junie 2024 SS/NSS Vertroulik Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all