SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
MUSIEK V1
MEI/JUNIE 2024
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 120
Hierdie nasienriglyn bestaan uit 36 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Skip to contentAll 2024 papers 





View all





Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2024 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2024 (Afrikaans), 36 pages. Read online or download the free PDF.
Music · Grade 12 · NSC June Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 36 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Music
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2024
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 36
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 36
This exam
NSC June Exam 2024
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Musiek/V1 2 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute)
Beantwoord AFDELING A op die VRAESTEL.
Beantwoord VRAAG 1
EN VRAAG 2.1 OF 2.2
EN VRAAG 3.1 OF 3.2
EN VRAAG 4.1 OF 4.2.
VRAAG 1 (25 minute)
1.1 Voeg die korrekte tydmaattekenverandering in onder elke asterisk (*).
Antwoord:
OF
1x2 (2)
1.2 Skryf die enharmoniese ekwivalent van die gegewe toonsoortteken hieronder.
Antwoord:
1 punt
Geen ½ punte (1)
1.3 Skryf die vergrote drieklank wat diatonies in die harmoniese mineur met die
gegewe toonsoortteken aangetref word. Skryf die drieklank in eerste omkering.
Antwoord:
1 punt
Geen ½ punte
Enige nootwaarde is aanvaarbaar (1)
1.4 Skryf 'n mineur drieklank wat in 'n G majeur pentatoniese toonleer aangetref
word.
Antwoord:
1 punt
Geen ½ punte
Enige nootwaarde is aanvaarbaar (1)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 3 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
1.5 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
1.5.1 Skryf die omkering van die interval by (M) sonder toonsoortteken.
Antwoord:
1 punt
Geen ½ punte
Enige nootwaarde is aanvaarbaar (1)
1.5.2 Verander die interval by (N) na 'n saamgestelde vergrote 2de.
Antwoord:
1 punt
Geen ½ punte
Enige nootwaarde is aanvaarbaar (1)
1.5.3 Noem die ritmiese middel wat in maat 1 en 2 gebruik word.
Antwoord: Sinkopasie 1 punt (1)
1.5.4 Noem die artikulasieteken wat op die laaste noot gebruik word.
Antwoord: Tenuto 1 punt (1)
1.6 Skryf die volgende toonlere volgens die gegewe instruksies:
1.6.1 'n Opgaande heeltoon-toonleer wat op die gegewe noot begin.
Antwoord:
OF
Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte (2)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 4 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
1.6.2 'n Afgaande Eoliese modus wat op F begin.
Antwoord:
Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte
(Kandidate hoef nie halftone aan te dui nie) (2)
1.6.3 'n Opgaande harmoniese mineur toonleer waarin die gegewe tritonus
(vergrote 4de) aangetref word.
Antwoord:
Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte
(Kandidate hoef nie halftone aan te dui nie) (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 5 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2 (25 minute)
Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2.
2.1 Voltooi die aanvang hieronder in solfanotasie OF in balknotasie om 'n
twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir stem te vorm. Voeg dinamiek-
aanduidings op geskikte plekke by. Moet NIE lirieke byvoeg NIE. Gebruik slegs
EEN notasiesisteem.
Konsepantwoord:
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 6 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3
Notasie
Solfa-notasie: ritme- en
toonhoogteaanduidings
Balknotasie: polse per Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte 2
maat, nootstele,
groepering, spasiëring en
skuiftekens
Uitstekend
Samehangend en musikaal; frases definieer vorm
verbeeldingryk; aanvangsmotief innoverend voortgesit;
9–10 suksesvolle gebruik van tonaliteit; melodiese kontoer
meesterlik hanteer; kreatiewe benadering tot die keuse
van toonhoogtes en ritme
Goed
Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan;
Kwaliteit 7–8 aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele tonaliteit;
- Toepaslikheid van melodiese kontoer bevredigend; keuse van toonhoogtes
omvang en ritme akkuraat 10
- Voordragaanwysings en Gemiddeld
musikaliteit Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik;
4–6 aanvangsmotief nie goed gebruik; tonaliteit onstabiel;
melodiese kontoer onder verdenking; keuse van
toonhoogtes en ritme verbeeldingloos
Onaanvaarbaar
Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie;
0–3 aanvangsmotief geïgnoreer; geen tonale sin; geen
melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme
onsamehangend
TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15 [15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 7 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
2.2 Skryf 'n oorspronklike twaalfmaat-melodie in drieledige vorm vir enige enkellyn-
melodiese instrument of stemtipe van jou keuse. Noem die instrument of
stemtipe en verskaf 'n geskikte tempo-aanduiding. Voeg voordragaanduidings
op geskikte plekke in.
Gebruik die volgende om 'n samehangende melodie te skep:
• Diskant- OF bassleutel
• G majeur toonsoortteken
• Balknotasie OF solfanotasie (Moet NIE lirieke byvoeg NIE)
• Ritmiese motief:
Konsepantwoord:
Instrument/Stemtipe:
• Diskantsleutel: Sopraan/Alt/Tenoor/Saksofoon/Klarinet/Fluit/Trompet/Viool, ens.
• Bassleutel: Bariton/Bas/Tjello/Fagot/Tromboon/Eufonium, ens.
Tempo: Moderato/Allegretto, ens.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 8 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
Die melodie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3
Notasie
Solfanotasie: ritme- en
toonhoogteaanduidings
Balknotasie: polse per Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte 2
maat, nootstele,
groepering, spasiëring en
skuiftekens
Uitstekend
Samehangend en musikaal; frases definieer vorm
verbeeldingryk; oorsprinklike aanvangsmotief
9–10 innoverend voortgesit; suksesvolle gebruik van
tonaliteit; melodiese kontoer meesterlik hanteer;
kreatiewe benadering tot die keuse van toonhoogtes en
gegewe ritmiese motief
Goed
Kwaliteit Korrek en musikaal; frases dui die vorm duidelik aan;
- Toepaslikheid van 7–8 oorspronklike aanvangsmotief sinvol voortgesit; stabiele
tonaliteit; melodiese kontoer bevredigend; keuse van
omvang toonhoogtes en gegewe ritmiese motief akkuraat
- Voordragaanwysings, 10
Gemiddeld
gebruik van gegewe Musikaal nie oortuigend; nie alle frases duidelik;
ritmiese motief en oorspronklike aanvangsmotief nie goed gebruik;
musikaliteit 4–6 tonaliteit onstabiel; melodiese kontoer onder
verdenking; keuse van toonhoogtes en gegewe ritmiese
motief verbeeldingloos
Onaanvaarbaar
Maak geen musikale sin; frases maak nie sin nie; geen
oorspronklike aanvangsmotief; geen tonale sin; geen
0–3 melodiese kontoer; toonhoogtes en ritme
onsamehangend met geen gebruik van gegewe ritmiese
motief
TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15 [15]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 9 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3 (10 minute)
Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2.
3.1 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
Antwoord:
3.1.1 Besyfer die akkoorde by (a) tot (g) met Romeinse syfers op die
partituur, bv. viio6/viiob.
Antwoord: Sien partituur
1 punt per akkoord = 7 punte
de
Minus ½ punt indien omkering of 7 weggelaat of foutief is (7)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 10 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
3.1.2 Noem die kadens wat by (Z) gevorm word en besyfer die akkoorde op
die partituur.
Antwoord:
Volmaakte kadens Kadens = 1 punt
V-I Akkoorde = 2 punte (3)
3.1.3 Lewer kommentaar op die gebruik van toonsoort(e) in maat 9 tot 12.
Antwoord:
• Die toonsoort moduleer van Ab majeur (tonika) na Eb majeur
(dominant)
• Die herhaalde gebruik van D herstel impliseer die leitoon van Eb
majeur
• Gebruik van die tussendominant van die dominant (Bb) in die nuwe
toonsoort (Eb majeur) in maat 10
Enige EEN (1)
3.1.4 Noem die tipe nie-harmoniese note by (i) en (ii).
Antwoord:
(i) Deurgangsnoot
(ii) Terughouding 1x2 (2)
3.1.5 Skryf die volgende nie-harmoniese note by (iii) en (iv) op die partituur.
Gebruik 'n agstenootwaarde vir jou antwoord.
Antwoord: Sien partituur
(iii) Bo-wisselnoot
(iv) Vooruitneming 1x2 (2)
[15]
OF
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 11 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae.
Antwoord:
3.2.1 Identifiseer die akkoorde by (a) tot (g). Skryf die akkoordsimbole in die
ruimtes wat bokant die notebalke verskaf is, bv. G/B.
Antwoord: Sien partituur
1 punt per akkoord = 7 punte
Minus ½ punt indien omkering of 7de weggelaat of foutief is (7)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 12 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
3.2.2 Noem die kadens wat by (Z) gevorm word en skryf die akkoordsimbole
by (m) en (n).
Antwoord:
Plagal cadence Kadens = 1 punt
Eb – Bb Akkoorde = 2 punte (3)
3.2.3 Lewer kommentaar op die Eb-noot in maat 8.
Antwoord:
• Dit is die verlaagde 7de van die F-akkoord
• Dit dui 'n modulasie aan deur 'n dominant 7de-akkoord in Bb majeur
te vorm
Enige EEN (1)
3.2.4 Noem die tipe nie-harmoniese note by (i) en (ii).
Antwoord:
(i) (Onder-)wisselnoot
(ii) Vooruitneming 1x2 (2)
3.2.5 Skryf die volgende nie-harmoniese note by (iii) en (iv) op die partituur.
Gebruik 'n agstenootwaarde vir jou antwoord.
Antwoord:
(iii) Terughouding
(iv) Deurgangsnoot 1x2 (2)
[15]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 13 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4 (30 minute)
Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2.
4.1 Voltooi die vokale vierstemmige harmonisasie hieronder deur die alt-, tenoor- en
baspartye by te voeg. Sluit die volgende by jou harmonisasie in:
• Kadensiële kwartsekst- ( ) progressie 2)
• Dominantsewende-akkoord (1)
• Harmoniese realisering van die aangeduide besyfering (1)
Konsepantwoord:
Die harmonisasie sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Akkoordkeuse 15
Notasie en stemvoering Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 8 punte 8
Kwaliteit Algehele indruk en kreatiwiteit 7
Nota aan die nasiener: Punt uit 30 moet nie 'n ½ punt bevat nie (30 ÷ 2)
TOTAAL 15 [15]
Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte harmonisasie wat nie in hierdie
nasienriglyn vervat is nie. Besyfering dien as 'n riglyn, maar geen punte word vir die simbole
as sodanig toegeken nie.
OF
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 14 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
4.2 Voltooi die agtmaatstuk hieronder deur toepaslike harmoniese materiaal in
halfnootwaardes by te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die
aanvangsakkoord in maat 1 voorgestel word en gee aandag aan stemvoering.
Sluit die volgende in:
• Harmoniese realisering van die aangeduide akkoordsimbole (2)
• ii – V – I-progressie (3)
• Ten minste EEN 'sus-akkoord' (akkoord met 'n terughouding) (1)
• 'n 11de-akkoord by die asterisk (*) (1)
Konsepantwoord:
Die antwoord sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
BESKRYWING PUNTETOEKENNING
Akkoordkeuse 15
Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 8
Notasie en stemvoering 8
punte
Kwaliteit Algehele indruk en kreatiwiteit 7
Nota aan die nasiener: Punt uit 30 moet nie 'n ½ punt bevat nie (30 ÷ 2)
TOTAAL 15 [15]
Kandidate moet krediet kry vir 'n ander/kreatiewe en korrekte akkoordsimbole wat nie in
hierdie nasienriglyn vervat is nie. Akkoordsimbole dien as 'n riglyn, maar geen punte word
vir die simbole as sodanig toegeken nie.
TOTAAL AFDELING A: 60
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 15 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute)
Beantwoord AFDELING B, C, D en E in die ANTWOORDEBOEK.
AFDELING B: MUSIEKBEDRYF (VERPLIGTEND)
Nota aan die nasiener: Een punt word toegeken vir elke korrekte feit. Kandidate moet
krediet ontvang vir enige korrekte feit wat nie in hierdie nasienriglyn vervat is nie.
VRAAG 5
5.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.4) neer,
bv. 5.1.5 E.
5.1.1 SAMRO samel voordragtantieme in wanneer 'n musiekwerk …
Antwoord: D Al die bogenoemde 1 punt
5.1.2 Kopiereg word geskend wanneer …
Antwoord: A iemand 'n album wat deur 'n vriend gekoop is kopieer.
1 punt
5.1.3 Watter EEN van die volgende maak 'n musiekwerk geskik vir kopiereg in
Suid-Afrika?
Antwoord: D Al die bogenoemde 1 punt
5.1.4 Watter EEN van die volgende is NIE 'n funksie van die platemaatskappy
NIE?
Antwoord: C Bring komponiste en liriekkrywers bymekaar om 'n
kommersiële produk te skep 1 punt
1x4 (4)
5.2 Gee EEN woord of term vir elke beskrywing hieronder, bv. 5.2.4 Musiekbedryf.
Antwoord:
5.2.1 Waardeketting/Verskaffingsketting
5.2.2 Aanlyn stroming ('streaming')
5.2.3 Skending van kopiereg/Musiekroof
1x3 (3)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 16 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
5.3 Wie word deur naaldtydregte bevoordeel en wanneer word dit toegepas?
Antwoord:
Wie
• Al die rolspelers (voordraers/kunstenaars en platemaatskappy) wat betrokke
is by 'n klankopname
Wanneer
• Wanneer die klankopname aanlyn gestroom/uitgesaai/op lug gespeel word
1x2 (2)
5.4 Watter reg sal 'n eienaar van 'n musiekwerk in staat stel om tantieme te ontvang
wanneer iemand anders 'n gedeelte daarvan gebruik deur middel van
monstersameling ('sampling')?
Antwoord: Verwerkingsregte/reproduksieregte 1 mark (1)
TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 17 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
Beantwoord AFDELING C (IAM)
OF AFDELING D (JAZZ)
OF AFDELING E (WKM).
AFDELING C: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM)
Nota aan die nasiener: Alhoewel hierdie nasienriglyne puntsgewys is, mag die
leerders die vrae in volsinne beantwoord.
VRAAG 6
6.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (6.1.1 tot 6.1.5) neer,
bv. 6.1.6 E.
6.1.1 Ukucothoza is 'n …
Antwoord: B 'n sagte kat-agtige dans. 1 punt
6.1.2 Watter feit is WAAR oor die lied Melodi Yalla Pitseng?
Antwoord: B Dit begin met slegs stemme 1 punt
6.1.3 Watter van die volgende sou jy in 'n uitvoering van Afrika-musiek
verwag?
Antwoord: D Al die bogenoemde 1 punt
6.1.4 Watter EEN van die volgende instrumente is 'n chordofoon?
Antwoord: D Umakhweyana 1 punt
6.1.5 G Eoliese modus staan ook ook as … bekend.
Antwoord: C G natuurlike mineur toonleer 1 punt
1x5 (5)
6.2 Kies VIER items in KOLOM A en pas ELKEEN by 'n stelling in KOLOM B.
Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (6.2.1 tot 6.2.5) neer,
bv. 6.2.6 H.
Antwoord:
KOLOM A KOLOM B
Simon 'Mahlathini' and the Mahotella
6.2.1 Melodi Yalla Pitseng G
Queens
6.2.2 Roep en antwoord C vorm in isicathamiya
6.2.3 Kitaar E leierinstrument in maskandi
vokale effekte wat gebruik word om
6.2.4 Krepitasie F opwinding te skep of goedkeuring in 'n
uitvoering te toon
6.2.5 Isishameni A 'n dans en styl van kitaar stem
1x4 (4)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 18 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
6.3 Beskryf die lied Wamuhle.
Antwoord:
Betekenis van die lied
• 'n Liefdeslied wat handel oor 'n beeldskone vrou met aantreklike voorkoms
en 'n uitdrukking van liefde op haar gesig
• Humoristiese elemente kom voor wanneer die vrou se rug met dié van 'n
olifant vergelyk word
Kenmerke van die musiek
• Die lied is in die styl van mbaqanga
• Dit is herhalend met 'n sikliese akkoordprogressie
• Orrelklank word ruim aangewend
• Die sterk gedrewe pols van die bastrom is tipies van mbaqanga
• Die lied bevat invloede van Amerikaanse soul-musiek
Enige DRIE (3)
6.4 Verduidelik hoe die volgende terme in isicathamiya gebruik word:
Antwoord:
6.4.1 Ukwakha
Die skep van 'n lied word in 'n groep gedoen, net soos wanneer 'n hut
gebou word
6.4.2 Ivulindlela
Die leier onderrig die melodie van 'n nuwe komposisie aan die groep
6.4.3 Izigqi
Die partye wat deur die groep geskep word nadat die leier die melodie
uitgelê het
6.4.4 Ukubasa
Die skep van ritmes vir die nuwe lied
1x4 (4)
6.5 Watter groep instrumente sou jy tipies in die volgende style verwag? Skryf die
groepnommer langs die vraagnommers (6.5.1 en 6.5.2) neer, bv. 6.5.3
Groep 4.
Antwoord:
6.5.1 Mbaqanga
Groep 1 1 punt
6.5.2 Kwêla
Groep 2 1 punt
1x2 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 19 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
6.6 Identifiseer die kunstenaar/groep van die uittreksel hieronder.
Antwoord: Mfaz' Omnyama 1 punt (1)
6.7 Identifiseer die lied waaruit die volgende uittreksel geneem is.
Antwoord: Wena Wedwa 1 punt (1)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 20 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 7
7.1 Beskryf die kwêla-musiekstyl.
Antwoord:
• Dit is 'n marabi-gebaseerde styl wat tussen 1954 en 1964 ontwikkel het
• Die saksofoon het uiteindelik die penniefluit as hoofinstrument vervang
• Dit word gewoonlik teen 'n matige tot lewendige tempo gespeel
• Dit het 'n swing-polsslag waardeur gunsteling jazz-ikone kreatief deur
kunstenaars/kinders nageboots is
• Die kitaar/banjo speel 'n skiffle-agtige polsslag
• 'n Kort harmoniese siklus vorm die basis vir 'n reeks melodieë (gewoonlik so
lank soos die siklus) wat herhaal en gevarieer word
Die harmoniese siklus maak gebruik van die volgende akkoordprogressies:
I–IV–I64–V of I–IV–V–I
• Die musiek word gekenmerk deur eenvoudige en aansteeklike wysies
Enige VIER (4)
7.2 Verduidelik EEN manier waarop die woord 'kwêla' in die verlede gebruik kon
gewees het.
Antwoord:
• Die woord is dikwels geskree gedurende 'n voordrag om die gehoor aan te
moedig om op te staan en te dans
• Kunstenaars het die woord 'kwêla!' gebruik om 'n lid van die groep aan te
moedig om 'n solo te speel
• Die woord is deur die polisie gebruik om iemand te beveel om in 'n polisie-
vangwa te klim
• Die woord 'Kwêla-Kwêla' is gedurende die apartheidsjare gebruik om na die
berugte polisievangwaens te verwys
Enige EEN (1)
[5]
VRAAG 8
Motiveer waarom die lied Umama 'n tipiese voorbeeld van maskanda is.
Antwoord:
• Die kitaar is die leierinstrument
• Die styl van spel is ukupika (pluk van snare) op 'n akoestiese kitaar
• Inkunz' Emdaka gebruik 'n kitaar met staalsnare om 'n perkussiewe klank te skep
o Hy gebruik ook standaard isiZulu maskanda stemming om die snare op
EADGBD te stem
• Die inleiding word op die kitaar gespeel (isihlabo)
• Die stemming/atmosfeer ('groove') van die lied word deur die bastrom aangegee
• Die agtergrondsangers (abavumayo) sing die respons op die leier se roep
• Die sangers gebruik vokale glissandi of toonhoogte-buigings
• Die hoofsanger gebruik vinnige izibongo/ukubonga (lofdigte) in die middel van die
lied
Enige VYF [5]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 21 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 9
Bespreek die rol van die meester-tromspeler tydens 'n tromuitvoering.
Antwoord:
• Die meester-tromspeler staan in die middel van die groep en lei die voordrag as 'n
geheel
• Sy rol is om verskeie gebeurlikhede gedurende die voordrag aan te dui:
o Hy wys aan die ander spelers wanneer hy gereed is om te begin, bv. deur
middel van 'n vokale uitroep gevolg deur 'n kort ritmiese solo om die stemming
en tempo van die musiek daar te stel
o Hy dui aan individuele spelers aan wanneer om 'n solo (bestaande uit 'n variasie
van die oorspronklike ritmiese patroon) te speel
o Hy dui die begin van kontrasterende seksies deur die loop van die voordrag aan
o Hy dui ook enige veranderings aan die struktuur van die voordrag aan deur
middel van tekens aan die dansers en groep tromspelers
• Daar is gewoonlik 'n roep en antwoord tussen die meester-trompspeler en die res
van die groep
• Die meester-tromspeler speel dikwels 'n vaste en aanhoudende pols (ook bekend
as die 'time-line'). Klokke (beesklokke of agogo klokke) kan bygevoeg word om die
pols te versterk
• Die spanning in die musiek sal toeneem deur die loop van die voordrag en dit is die
verantwoordelikheid van die meester-tromspeler om die veranderinge te beheer
sodat die musiek interessant bly
Enige VYF [5]
VRAAG 10
Philip Tabane het die inheemse rituele malombo ontwikkel tot 'n gewilde musikale
domein.
Brei oor hierdie stelling uit deur Philip Tabane se kontemporêre malombostyl te
bespreek. Verwys na konteks, instrumentasie, vokale styl, tegnieke en lofdigte.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou
opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Konteks 2
Instrumentasie 6
Vokale style, tegnieke en lofdigte 4
Logiese aanbieding en struktuur van die opstel 3
TOTAAL 15
Antwoord:
Voorbeeld van 'n inleiding
Philip Tabane se musiek ontstaan uit die inheemse malombo van Suid-Afrika en
ontwikkel met sy persoonlike geestelike reis tot by 'n unieke nuwe malombo-klank.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 22 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
Konteks
• Malombo is 'n vhaVenda woord wat spirituele genesing beteken en kom algemeen voor
in Afrika genesingspraktyke
• Tabane se musiek kan beskou word as 'n herinterpretasie van die elemente van 'n
inheemse kunsvorm deur die gebruik van Westerse instrumente bykomend tot die
Afrika-tromme en stem
• Alhoewel sy musiek uit die inheemse malombo genesingsrituele ontwikkel, gebruik hy
elektriese ghitaar, Afrika-tromme en 'n fluit
• Elemente van die oorspronklike malombo/malopo word in sy musiek geïnkorporeer, bv.
outentieke tromme en herhalende materiaal wat die spirituele aspek versterk
Enige TWEE
Instrumentasie
• Tabane het met die epifoon-kitaar geëksperimenteer en het die instrument in sy opname
van die suksesvolle Malombo album, Pepelepe, gebruik
• Hy leer om harmonika te speel by die 'Malaeta' groepe van die multikulturele Mamelodi
• In sy latere internasionale opnames vermeng hy kitaar, harmonika, tromme en stem
• Hy eksperimenteer met die trom-dialek van die sangoma trom repertoire
o Die snit Sangoma van die album Malombo (1976), gee erkenning aan die tipiese
sangoma styl van tromspel
• Seksies sonder tromme is wanneer Tabane kitaar speel terwyl die mbira en perkussie 'n
ondersteunende vermenging van teksture skep om die melodie te dra
• Hy gebruik tromme om 'n meloritmiese timbre wat ʼn tekstuurvermenging met die
oorkoepelende harmonie van die stem en kitaar skep
• Die malombo-tromme skep die dansritme en stemming van die musiek
• Die atmosfeer van die lied, wat deur die perkussie ondersteun word, word verder deur
Tabane se kitaar en die tromspeler se meloritme omlyn
• Tabane benut 'n wye reeks perkussiewe klanke en timbres:
o Hy betrek dikwels 'n derde groepslid om perkussieklanke sowel as ander natuurlike
klanke (bv. voëls, eekhorings en ander natuurklanke) na te boots
o Die perkussie skep geaksentueerde, gladde en growwe klankteksture om
verskillende klankspektrums en atmosfere in verskillende liedere te skep vanaf
reënklanke (d.m.v. 'n reënbuis) tot by die klank van 'n skoolklok
o Klanke word geskep deur die gebruik van eenvoudige hand- en voetratels, kalbasse,
voëlfluitjies, koedoehorings, klokke en kalbasratels
o Hierdie perkussie-instrumente word ook gebruik om mens-gemaakte klanke na te
boots, bv. die klank van 'n motor wat verbyry, die toet van 'n treinfluit of 'n perd wat
galop, soos in Pelepele en Mirengo
Enige SES
Vokale style, tegnieke en lofdigte
• Tabane se falsetto sang wek 'n melancholiese en nostalgiese stemming op
• Hy gebruik 'n vrolike ritmiese ('lilting') manier om die malombo-wysies te sing
o Klankeffekte soos 'ilili lalala, ila holalal, hila lalalala, hi hao lalalalala, lile lelalala,
welele le walala' word spontaan aangewend as deel van die vloei, soos in Ngwana O
Ya Lela
• Hy gebruik krepitasie, wat 'n tipe lalsang ('scat') en onomatopee is, in sy sang om die
klank van die kitaar te ego
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 23 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
• Hy sing dieselfde melodie wat hy op kitaar speel terwyl hy klankeffekte gebruik – soms in
harmonie en soms in unisoon met die kitaar
• Hy boots die bastone van sy kitaar sowel as interessante gedeeltes van die melodie na
deurdat hy op plekke woorde uitroep soos 'Dzzz! Mm! Tl! Tla tl
• Sy natuurlike stemklank stem ooreen met die tradisionele malombo timbre
• In sommige liedere, soos Ngwana O Ya Lela, stop Tabane die musiek en gaan oor in
lofdigte wat hy leen uit bestaande tekste van sy voorvaders se lofdigte sowel as dié van
ander Suid-Afrikaanse kulture
• Tabane skep 'n nostalgiese timbre en gevoel met sy stem en 'sing-praat'-tegniek
('chanting') om 'n prentjie te skilder of om soms 'n ernstige stemming te skep, soos in
Ngwana Wa Kgaetsedi
• Sy lirieke word gekenmerk deur herhaling van frases en enkelwoorde wat in die
spreektaal van gewone Sepedi gebruik word
Enige VIER
Voorbeeld van 'n afsluiting
Die verhoog is vir Philip Tabane 'n heilige verbintenis tussen musiek en die moderne
aanhoorder terwyl hy gelykertyd die tradisionele malombo tradisie-gees behou.
Die opstel sal volgens DIE riglyne hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Konteks 2
Instrumentasie 6
Vokale style, tegnieke en
4
lofdigte
Uitstekend
'n Inleiding, afsluiting en stewige
= 3 punte
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig
Goed
'n Inleiding, afsluiting en redelike
= 2-2½ punte
argument in die middeldeel van die
opstel teenwoordig
Redelik
'n Inleiding, afsluiting en vae argument in
Logiese aanbieding en = 1½ punte
die middeldeel van die opstel 3
struktuur van die opstel teenwoordig
Ondergemiddeld
'n Inleiding, afsluiting en swak argument
= 1 punt
in die middeldeel van die opstel
teenwoordig
Swak
'n Enkel paragraaf: swak poging met die = ½ punt
skryf van 'n opstel
Nie aanvaarbaar
= 0 punte
Feite puntsgewys aangebied
[15]
TOTAAL 15
TOTAAL AFDELING C: 50
GROOTTOTAAL: 120
OF
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 24 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING D: JAZZ
Nota aan die nasiener: Alhoewel hierdie nasienriglyne puntsgewys is, mag die
leerders die vrae in volsinne beantwoord.
VRAAG 11
11.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 11.1.6 E.
11.1.1 Watter instrument hoort NIE by die ritme-seksie van 'n tipiese big band
nie?
Antwoord: B Baritonsaksofoon 1 punt
11.1.2 'n Toonleer sonder enige halftone is ʼn …
Antwoord: B pentatoniese toonleer. 1 punt
11.1.3 Watter van die volgende style word met Afrika-jazz geassosieer?
Antwoord: D Al die bogenoemde 1 punt
11.1.4 Zim Ngqawana se musiek …
Antwoord: D Al die bogenoemde 1 punt
11.1.5 'n Suid-Afrikaanse jazz-styl wat uit ragtime ontstaan het, is …
Antwoord: C marabi. 1 punt
1x5 (5)
11.2 Kies VYF items oor vorm in KOLOM A en pas ELKEEN by die korrekte term in
KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers
(11.2.1 tot 11.2.5) neer, bv. 11.2.6 H.
Antwoord:
KOLOM A KOLOM B
11.2.1 Herhalende motief B riff
Nuwe materiaal teenoor 'n
11.2.2 D improvisasie
vasgestelde progressie
11.2.3 Herhalende progressie A I–IV–I64 –V
11.2.4 Liedvorm C AABA
11.2.5 Kadensiële progressie E ii–V–I
(1 x 5) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 25 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
11.3 Motiveer waarom Chris McGregor se musiek as progressive jazz beskou kan
word.
Antwoord:
• Avant-garde verwerkings in die big band-styl (Brotherhood of Breath) wat
wegbeweeg van die georganiseerde aspek van 'n tradisionele big band
• 'n Mengsel van kragtige blues en wilde eksperimentering
• Eksperimentele klank op die rand van atonaliteit
• Nie bedoel as dansmusiek nie
• Inkorporeer beskikbare spelers in 'n dinamiese big band-ensemble
• Vrye improvisatoriese karakter in kontras met die tradisionele big band/Vrye
en soepel melodiese uitvoering
Enige TWEE (2)
11.4 Beskryf die musiekstyl van The Flying Jazz Queens.
Antwoord:
• Word gekenmerk vir hul onmiskenbare vokale klank in digte harmonieë
• Liedjies is altyd opgewek/jive-musiek
• Musiek bestaan uit 'n herhalende enkeltema
• Inkorporeer 'n marabi-styl in 'n vroegontwikkelde mbaqanga-klank
• 'n Vermenging van amaZulu tradisionele musiek met township-musiek
• Lirieke is soms geïmproviseer/spontaan uitgedink
Enige TWEE (2)
11.5 Noem EEN kunstenaar wat 'n tipiese Cape jazz-klank ontwikkel het deur die
Kaapse Klopse-saksofoonklank na te boots.
Antwoord:
Robbie Jansen/McCoy Mrubata/Basil 'Manenberg' Coetzee 1 punt (1)
11.6 Identifiseer TWEE melodie-kenmerke in tipiese Cape jazz-musiek.
Antwoord:
• Gesangagtige melodieë gebaseer op volksliedjies en blues
• Beïnvloed deur Kaapse-Maleisiese en Khoi en San vokale tradisies met 'n
melismatiese melodiese styl
• Saksofoongedrewe melodiese lyn met 'n improvisatoriese karakter
Enige TWEE (2)
11.7 Watter groep instrumente sou jy verwag om in Cape jazz te vind? Skryf die
groepnommer langs die vraagnommer neer, bv. 11.7 Groep 4.
Antwoord:
Cape jazz
Groep 1 1 punt (1)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 26 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
11.8 Identifiseer die liedjie waaruit die volgende uittreksel geneem is.
Antwoord: Lakutshon'ilanga 1 punt (1)
11.9 Identifiseer die orkes waarmee jy die uittreksel hieronder assosieer.
Antwoord: Brotherhood of Breath 1 punt (1)
[20]
VRAAG 12
The Jazz Epistles het gedurende die 1950's 'n belangrike bydrae tot die Suid-
Afrikaanse jazz-veld gelewer. Beskryf die eienskappe van hulle styl. Noem EEN
album/liedjie en EEN lid van die groep.
Antwoord:
Styleienskappe
• Speel 'n voortstuwende hoekige bop in plaas van die gewone populêre swing
• Vinnige tempo's en virtuose uitvoerings sowel as dralende stadige ballades
• Komplekse verwerkings
• Kragtige musiektemas en breë swing-gevoel
• Uitgebreide gebruik van revolusionêre harmoniese idees
• Ontwikkel 'n moderne avant-garde Suid-Afrikaanse jazz-klank
• Stewige ensemble-spel ten spyte van individuele lede wat in afsonderlike style
speel
• Vermeng hul Afrika-wortels (tradisionele dansmusiek) met 'n
Europese/Amerikaanse styl
• Beïnvloed deur swart Amerikaanse bebop-kunstenaars, bv. Thelonious Monk,
Dizzy Gillespie en Charlie Parker
• Invloede van Manhattan Brothers word in hul styl gfeïnkorporeer: insluitend gospel,
afro-jazz, jive, doo-wop, swing, ragtime
Album/Liedjie
• Jazz Epistle, Verse 1
• Scullery Department
• Dollar Moods
• Blues for Hughie
• Vary-oo-vum
Lid
• Dollar Brand (Abdullah Ibrahim)
• Kippie Moeketsi
• Jonas Gwangwa
• Hugh Masekela
• Johnny Gertze
• Early Mabuza
• Makaya Ntshoko
Enige DRIE stylkenmerke
Enige EEN album/liedjie
Enige EEN lid [5]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 27 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 13
Bespreek Feya Faku se agtergrond en die eienskappe van sy musiek. Sluit die titel van
EEN album/liedjie in.
Antwoord:
Agtergrond
• Studeer onder Darius Brubeck
• Tree plaaslik en internasionaal op met bv. Thandi Klaasen, Basil Coetzee en
Abdullah Ibrahim, Paul Hanmer, Dave Young en Larry Ridley
Eienskappe
• Hoë vlak van tegniese vaardigheid en improvisatoriese bekwaamheid op trompet
en Flügelhorn
• Warm en sielvolle klank
• Moderne jazz met 'n eklektiese styl
• Progressiewe harmonie met tradisionele ritmiese elemente
• Kombineer Xhosa musikale wortels met moderne jazz
Album/Liedjie
• Homage
• Tacit
• The Colours They Bring
• Hope and Honour
Enige EEN feit oor agtergrond
Enige DRIE eienskappe
Enige EEN album/liedjie [5]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 28 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 14
Bespreek die oorsprong en die instrumentasie van mbaqanga. Verwys na Umjomela
deur Makgonatsohle Band in jou antwoord.
Antwoord:
Oorsprong
• 'n Samesmelting van kulture (toe plattelandse mense na die stede verhuis het)
o Dansmusiek waarin tradisionele en Westerse musiek gekombineer word
o 'n Samesmelting van Amerikaanse jazz, mbube, kwêla en marabi
o amaZulu tradisionele musiek gekombineer met township-musiek
• Maak gebruik van instrumente wat in die populêre musiek van die dag beskikbaar
was
• Begin as 'n instrumentale genre (soos in Umjomela) maar verwerf later meer
gewildheid deur die byvoeging van stemme
• Die kitaarinleiding wat kenmerkend van hierdie styl is, is deur die Afrika-kalbasboog
beïnvloed
• Saksofoon is die leier melodiese instrument (vervang die penniefluit wat in kwêla-
musiek gebruik is)
Instrumentasie
• Umjomela gebruik baskitaar, elektriese kitaar en saksofoon
Enige VYF
Ten minste EEN feit per item
Al die instrumente moet genoem word vir EEN punt [5]
VRAAG 15
Kwêla is 'n musiekstyl wat in die 1950's ontwikkel het met sy wortels in verskeie style.
Brei op hierdie stelling uit deur die tipiese eienskappe van kwêla te bespreek. Verwys
na Banana ba Rustenburg deur Spokes Mashiyane in jou bespreking.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese aanbieding van feite en die struktuur van jou
opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Eienskappe van kwêla 6
Banana ba Rustenburg 6
Aanbieding en struktuur 3
TOTAAL 15
Voorbeeld van 'n inleiding
Kwêla ontwikkel in Sophiatown gedurende die 1950's vanuit die destydse dominante
musiekstyl, marabi. Beide van hierdie style deel soortgelyke eienskappe en vind hul
oorsprong in dansmusiek.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 29 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
Kwêla-eienskappe
Instrumentasie
• Tradisionele inheemse fluitagtige musiek, bv. die gebruik van die penniefluit
• 'n Bekostigbare en maklik bekombare instrument op straat
• Tipiese instrumentasie sluit die penniefluit, kitaar, baskitaar en tromstel in, Banana
ba Rustenburg vervang die penniefluit met 'n saksofoon en voeg 'n banjo by
Akkoordstruktuur
• 'n Tipiese marabi-agtige akkoordprogressie word gebruik, bv. I–IV–I64–V of I–IV–V–
I terwyl Banana ba Rustenburg IV–I64–V–I gebruik
• Herhalende kort harmoniese siklus wat in marabi en verskeie ander Suid-
Afrikaanse tradisionele musiek gevind word
Tempo
• Matig tot opgewekte tempo
Ritme
• Skiffle-agtige maatslag wat hoofsaaklik op die kitaar/banjo gespeel word
• Amerikaanse jive/swing-ritme
o Skoffel-ritme:
• Zoeloe-dansritme
o Indlamu-dans-stampritme:
Melodie
• Meeste kwêla-komposisies bestaan uit motiewe wat met solodele afgewissel word
of 'n ostinato agtergrondfiguur waaroor 'n solis improviseer, Banana ba Rustenburg
maak gebruik van kort herhalende motiewe in 'n sikliese struktuur, bv. beginseksie
o Eerste motief herhaal vier keer
o Tweede motief herhaal drie keer
o Eerste motief herhaal weer drie keer
o Tweede motief herhaal twee keer, ens.
• Banana ba Rustenburg maak gebruik van gesinkopeerde ritme in 'n spitsagtige,
motiwiese melodie
• Kwêla-musiek ontwikkel gewoonlik melodiese materiaal deur improvisasie terwyl
Banana ba Rustenburg eerder die melodiese motiewe versier
• Voortstuwende ritme verskaf deur die kitaar/banjo met ondersteuning deur die
tromstel
Enige SES eienskappe
Enige SES verwysings na die werk
Voorbeeld van 'n afsluiting
Die vroeë klanke en ritme van die marabi-styl is nogal kenmerkend en die kwêla-styl
ontwikkel hieruit tot 'n ander unieke en herkenbare musiekstyl met 'n
verteenwoordigende Suid-Afrikaanse musiekkarakter.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 30 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
Die opstel sal volgens die riglyne hieronder nagesien word:
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Kwêla-eienskappe 6
Banana ba Rustenburg 6
Uitstekend
'n Inleiding en afsluiting met 'n
= 3 punte
substansiële argument as inhoud van
die opstel, is te bespeur.
Goed
'n Inleiding en afsluiting met 'n
= 2-2½ punte
gangbare argument as inhoud van die
opstel is te bespeur.
Gemiddeld
'n Inleiding en afsluiting met 'n
= 1½ punte
Aanbieding en struktuur onbenullige argument as inhoud van die 3
opstel, is te bespeur.
Ondergemiddeld
'n Inleiding en afsluiting met 'n swak
= 1 punt
argument as inhoud van die opstel, is te
bespeur.
Swak
'n Enkel paragraaf: 'n opstelpoging wat = ½ punt
nie werklik slaag nie.
Onaanvaarbaar
= 0 punte
Net die feite puntsgewys aangebied.
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING D: 50
GROOTTOTAAL: 120
OF
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 31 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
AFDELING E: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM)
Nota aan die nasiener: Alhoewel die nasienriglyn puntsgewys gegee word, mag
die kandidate in vol sinne antwoord.
VRAAG 16
16.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.5) neer,
bv. 16.1.6 E.
16.1.1 Rondo is 'n stuk …
Antwoord: B met 'n refrein wat ná elke kontrasterende
seksie terugkeer. 1 punt
16.1.2 Watter inligting is NIE waar oor Beethoven se Pastorale Simfonie nie?
Antwoord: B Simfonie Nr. 6 in F majeur Op. 86 1 punt
16.1.3 Fermata is 'n musiekterm wat gebruik word vir ...
Antwoord: D Geeneen van die bogenoemde nie 1 mark
16.1.4 Houtblasers is instrumente wat klank produseer deur middel van…
Antwoord: D 'n vibrerende lugkolom. 1 punt
16.1.5 'n Minuet en trio word dikwels in die … beweging van 'n Klassieke
simfonie aangetref.
Antwoord: C derde 1 punt
1x5 (5)
16.2 Kies VYF items oor vorm in KOLOM A en pas ELKEEN by die korrekte term in
KOLOM B. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers
(16.2.1 tot 16.2.5) neer, bv. 11.2.6 H.
Antwoord:
KOLOM A KOLOM B
16.2.1 'n Afsluitingseksie in sonatevorm B koda
16.2.2 Die einde van 'n frase D kadens
16.2.3 Die kleinste komposisie-eenheid A motief
16.2.4 Openingseksie voordat die hoofmelodie verskyn C inleiding
'n Passasie wat een tema met ʼn ander een
16.2.5 E brug
verbind
1x5 (5)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 32 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
16.3 Beantwoord die volgende vrae oor Die Towerfluit.
16.3.1 Wat is die funksie van 'n koorgedeelte in 'n opera?
Antwoord:
• 'n Koorgedeelte kan as die finale van 'n bedryf dien
• Dit verdiep die emosionele diepte van 'n aria
• Dit rond 'n toneel af deur al die ekstra karakters te betrek
• Verenig die karakters in 'n storielyn
Enige EEN (1)
16.3.2 Noem die titel van die aria wat 'n koorgedeelte bevat en die karakter
wat hierdie aria sing.
Antwoord:
Aria: O Isis und Osiris
Karakter: Sarastro
O Isis und Osiris = 1 punt
Sarastro = 1 punt (2)
16.4 Definieer die term programmusiek.
Antwoord:
• Instrumentale musiek wat 'n non-musikale idee oordra of wat 'n verhaal
deur middel van musikale elemente vertel
• Dit bevat beskrywende titels/verduidelikende tekste/programnotas deur die
komponis om die bedoelde program te verduidelik
TWEE punte (2)
16.5 Verduidelik TWEE wyses waarop Beethoven programmatiese elemente in sy
Pastorale Simfonie gebruik het.
Antwoord:
• Al vyf bewegings het titels wat die hoorder voorberei op die klanke en
emosies wat in 'n plattelandse landskap ervaar word
o Die vierde beweging (Storm) boots donderweer en reën na deur
instrumente van die standaard Klassieke orkes op nuwe maniere te
gebruik, asook deur nuwe instrumente by te voeg
o Tremolo in lae strykers stel die gerommel van donderweer voor
o Instrumente (piccolo en trombone) word bygevoeg in die vierde
beweging (Storm) om die ervaring van 'n storm te verhoog
• Die scherzo en trio is 'n skets van 'n eenvoudige byeenkoms van boere,
met 'n humoristiese uitbeelding van die plaaslike orkes
Any TWO (2)
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 33 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
16.6 Noem EEN houtblaasinstrument wat in 'n Klassieke orkes maar NIE in 'n
Barokorkes aangetref word NIE.
Antwoord: Klarinet 1 punt (1)
16.7 Gee die vormtipe en toonsoort van Die Hebrides deur Mendelssohn.
Antwoord:
Vorm: Sonatevorm
Toonsoort: B mineur
1x2 (2)
[20]
VRAAG 17
Beskryf die uiteensetting soos wat dit in sonatevorm gebruik word.
Antwoord:
• Dit is die eerste seksie in sonatevorm
• Dit mag 'n stadige inleiding in die tonika- of dominanttoonsoort bevat
• Die eerste tema is in die tonikatoonsoort en het 'n energieke karakter
• Ná die eerste tema is daar 'n modulerende brugpassasie
• Die tweede tema is in 'n verwante toonsoort (dominant of verwante majeur) en is
gewoonlik meer liries van aard
• Die uiteensetting eindig met 'n kort kodetta in die toonsoort van die tweede tema
• Die uiteensetting word altyd herhaal
Enige VYF [5]
VRAAG 18
18.1 Beskryf die struktuur van Beethoven se Pastorale Simfonie.
Antwoord:
• Die Pastorale Simfonie bevat vyf bewegings in plaas van die gewone vier
bewegings van 'n Klassieke simfonie
• Die ekstra beweging is tussen die tradisionele derde en vierde bewegings
van 'n Klassieke simfonie ingevoeg
• Die laaste drie bewegings is verbind en word sonder onderbreking gespeel,
asof dit een beweging is. Dit skep die indruk van 'n drie-beweging simfonie.
• Elke beweging het 'n beskrywende titel
Enige VIER (4)
18.2 Wat is die tempo-aanduiding van die laaste beweging Beethoven se Simfonie
Nr. 6 in F majeur?
Antwoord: Allegretto 1 punt (1)
[5]
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 34 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 19
Mendelssohn word as 'n Klassiek-Romantiese komponis beskou wie se styl elemente
van formele balans en beeldskepping bevat.
Bespreek hoe hierdie elemente in Die Hebrides geïllustreer word deur te verwys na die
instrumentasie en hoe die atmosfeer oorgedra word.
Antwoord:
Instrumentasie
• Standaard Klassieke orkes
• Geen instrumente is bygevoeg nie
Orkestrasie en atmosfeer
• Innoverende orkestrasie stel 'n seetoneel met wisselende atmosfeer voor
• Ongewone kombinasie van instrumente en kreatiewe timbres skep variasie in
atmosfeer:
o Beide temas word deur lae-register-nstrumente gespeel om sodoende 'n donker
atmosfeer te skep
o Tremolo's in die hoë strykers verteenwoordig 'n ligter atmosfeer
o 'n Kragtige atmosfeer word deur volle orkes sforzando-akkoorde geskep
o Crescendo's en decrescendo's in die twee hooftemas deur die volle orkes help
om 'n gevoel van verlange en nostalgie daar te stel
o 'n Energieke atmosfeer word deur die trompetfanfare voorgestel
o Die laaste paar mate met klarinet- en fluitsolo's skep 'n atmosfeer van serene
kalmte
Enige VYF
Ten minste EEN feit oor instrumentasie [5]
VRAAG 20
Die Towerfluit deur Mozart is 'n opera in tipiese Klassieke styl.
Brei op hierdie stelling uit deur die operatipe sowel as die Klassieke eienskappe van
hierdie opera te bespreek, soos in die aria Der Vogelfänger bin ich ja aangetref.
Jy sal krediet ontvang vir die logiese uiteensetting van feite en die struktuur van jou
opstel.
Die opstel sal volgens die kriteria hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Operatipe 5
Klassieke eienskappe in Der Vogelfänger bin ich ja 7
Aanbieding en struktuur 3
TOTAAL 15
Antwoord:
Voorbeeld van 'n inleiding
Mozart word deur talle beskou as die bepalende Klassieke komponis. In sy laaste
opera, Die Towerfluit, sien ons die opkoms van 'n nuwe operatipe en die kulminasie
van Klassieke eienskappe.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 35 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
Operatipe
• 'n Nuwe sub-genre van opera, die Singspiel, ontstaan met elemente van musiek en
elemente van drama (teater)
• Dit is in die spreektaal, Duits
• Die libretto bevat gesproke dialoog sowel as resitatief om die verhaal te dra.
• Die intriges is komies of romanties van aard en sluit in:
o magiese elemente (towerfluit en towerklokkies)
o denkbeeldige diere (draak)
o karakters waarvan die eienskappe van goed en kwaad oordryf word ter wille van
komiese elemente
• Verskillende style van opera word versmelt, bv. opera seria, bel canto en opera
buffa
o ernstige en dramatiese temas teenoor lighartige en komiese temas
• Sluit 'n verskeidenheid musiektipes in:
o eenvoudige, volksagtige, strofiese liedere
o uitspattige, dramatiese en teatrale arias
o duette, ensembles en koorgedeeltes
Enige VYF
Klassieke eienskappe in Der Vogelfänger bin ich ja
• Gebruik duidelike sillabiese woorde twee keer meer as die melismas in hierdie aria.
• Eenvoudige strofiese vorm met drie verse
• Homofoniese tekstuur; duidelike vokale melodie met orkesbegeleiding
• Eenvoudige begeleiding deur 'n klein orkesensemble ondersteun die melodie
• Diatoniese melodie met 'n volkse aard en 'n vokale omvang van 'n 9de
• Duidelike, gebalanseerde frases wat met volmaakte kadense eindig
• Eenvoudige harmoniese struktuur wat hoofsaaklik tonika- en dominant-
akkoorde/harmonieë/funksies bevat
• Funksionele harmonie met naby-verwante modulasie na die dominant (D majeur)
• Beperkte/Klein dinamiese omvang (p, cresc., f)
Enige SEWE
Voorbeeld van 'n afsluiting
Wanneer mens na hierdie innoverende opera luister is dit is duidelik dat Mozart die
tipiese Klassieke eienskappe op nuwe maniere manifesteer het in Die Towerfluit.
Kopiereg voorbehou Blaai asseblief om
Musiek/V1 36 DBE/Mei/Junie 2024
SS/NSS – Nasienriglyne
Die opstel sal volgens die riglyne hieronder nagesien word.
KRITERIA PUNTETOEKENNING
Operatipe 5
Klassieke eienskappe in Der
7
Vogelfänger bin ich ja
Uitstekend
'n Inleiding, afsluiting en
stewige argument in die = 3 punte
middeldeel van die opstel
teenwoordig
Goed
'n Inleiding, afsluiting en
redelike argument in die = 2-2½ punte
middeldeel van die opstel
teenwoordig
Redelik
'n Inleiding, afsluiting en vae
Aanbieding en struktuur = 1½ punte 3
argument in die middeldeel van
die opstel teenwoordig
Ondergemiddeld
'n Inleiding, afsluiting en swak
= 1 punt
argument in die middeldeel van
die opstel teenwoordig
Swak
'n Enkel paragraaf: swak
= ½ punt
poging met die skryf van 'n
opstel
Nie aanvaarbaar
= 0 punte
Feite puntsgewys aangebied
TOTAAL 15 [15]
TOTAAL AFDELING E: 50
GROOTTOTAAL: 120
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo (English)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Music Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Memo (Afrikaans)

Question paper
Music Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)
More from Grade 12 Music

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC November 2025 Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (English)

Question paper
Music Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paper
Music Grade 12 P1 NSC June 2023 Question Paper (Afrikaans)

Question paper
Music Grade 12 P2 NSC June 2023 Question Paper (English)

Question paper