Skip to content

Economics Grade 12 P2 Gauteng Mock 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12201920 pages

Grade 12 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng Mock Exam 2019 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2019 NASIENRIGLYNE EKONOMIE (10732) 20 bladsye
Downloaded from hlayiso.com 10732 / 19 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN EKONOMIE (Vraestel 2) NASIENRIGLYNE AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 B – gemiddelde veranderlike koste  1.1.2 A – sigarette  1.1.3 D – gedifferensieerd  1.1.4 B – bokant  1.1.5 C – kerninflasie  1.1.6 C – arbeids  1.1.7 A – klimaatsverandering  1.1.8 D – water  (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 D  (wanneer gemiddelde inkomste die gemiddelde koste oorskry) 1.2.2 F  (die minimum verdienste wat die entrepeneur daarvan weerhou om die mark te verlaat) 1.2.3 I (wanneer ʼn firma uitsette lewer wat nie aan verbruikersvoorkeure voldoen nie) 1.2.4 B  (Waar dit onmoontlik is om die welvaart van een persoon te vermeerder sonder om iemand anders te benadeel) 1.2.5 H  (besoeke aan ʼn land deur ʼn nie-inwoner van die land) 1.2.6 A  (ʼn verhoging in loonvlakke) 1.2.7 G  (om die omgewing te bewaar tot voordeel van die toekomstige geslag) 1.2.8 C  (wêreld-erfenis gebied) (8 x 1) (8) 2
Downloaded from hlayiso.com 10732/19 1.3 GEE DIE TERME 1.3.1 Mededingingstribunaal  1.3.2 Sosiale koste  1.3.3 Niemeriete  1.3.4 Stagflasie  1.3.5 Kulturele toerisme  1.3.6 Inheemse kennisstelsels  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 3
Downloaded from hlayiso.com 10732/19 AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Noem enige TWEE items wat as eksplisiete koste beskou kan word.  Lone   Verhuring van grond / geboue   Rente op geleende kapitaal   Huur of die aankoop van insette  (2 x 1) (2) 2.1.2 Wat sal die effek wees op ʼn individuele mielieboer indien hy die prys van sy mielies verhoog in ʼn volmaakte mark?  Die individuele mielieboer sal nie sy produkte verkoop nie omdat hy baie mededingers het in die tipe mark.   Die individuele mielieboer sal baie kliënte / kopers verloor.   Die mielieboer se pryse sal deur mededingers afgedwing word.   Die mielieboer is ʼn prysnemer in die volmaakte mark.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) Enige (1 x 2) (2) 2.2 Data Respons 2.2.1 Identifiseer die letter wat die elastiese gedeelte van die grafiek voorstel.  F (1) 2.2.2 Gee EEN voorbeeld van ʼn industrie wat onder die tipe markstruktuur handel dryf.  Motors   Staal   Film   Televisie   Sellulêre fone   Gas   Banke  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (1 x 1) (1) 4
Downloaded from hlayiso.com 10732/19 2.2.3 Beskryf kortliks die konsep van openlike (eksplisiete) samespaning.  Is ʼn ope ooreenkoms wat plaasvind indien oligopolieë formeel bymekaar kom om oor pryse en produksie te besluit   Die tipe van samespanning is onwettig en word gewoonlik deur die Mededingings Kommissie ondersoek.   Swaar strawwe word opgelê op oligopolieë wat skuldig bevind is aan samespanning.   ʼn Kartel is ʼn uitdruklike samesmeltingsooreenkoms waar oligopoliste saamwerk om pryse vas te stel en markaandeel te bepaal  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord) (2) 2.2.4 Hoekom is ondernemings in die markstruktuur huiwerig om in prys-mededinging deel te neem? Dit sal ander oligopolieë dwing om hulle pryse en winste te verlaag / Hulle sal poog om hulle markaandeel te vergroot sodat hulle meer produkte kan verkoop en hulle winste kan vermeerder.  (2) 2.2.5 Verduidelik hoekom die oligopolie nie pryse sal verlaag ten einde sy markaandeel te vergroot nie, deur gebruik van bogenoemde grafiek.  Oligopolieë is inter-afhanklik omdat elke verkoper deur die optrede van ander verkopers beïnvloed word.   Indien ʼn oligopolie sy pryse verlaag sal die mededingers dieselfde doen.   Enige winste sal vinnig verdwyn weens mededinging in die mark.   Bogenoemde sal daartoe lei dat die vraagkurwe onelasties is, omdat die prysverlaging tot ʼn kleiner persentasie verandering in die hoeveelheid gevra sal lei.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2 x 2) (4) 2.3 Data Respons 2.3.1 Wat is die effek op totale inkomste indien marginale inkomste positief is? Vermeerder  (1) 2.3.2 By watter uitsetvlak sal die firma wins maksimalisering bereik? 2 / 2 eenhede  (1) 2.3.3 Verduidelik kortliks die term marginale inkomste. Marginale inkomste verwys na die addisiondele inkomste ontvang uit die produksie van een addisionele uitset / eenheid.  (2) 5
Downloaded from hlayiso.com 10732/19 2.3.4 Bepaal die marginale koste (MK) in die bostaande tabel vir (A) 56 – 45 1 MC = 11  (2) 2.3.5 Hoe gebruik die monopolistiese mededinger nie-prys mededinging om sy markaandeel te vergroot? * Fokus op goeie gesondheid – die produseerders van vars koeldrank voeg versoeters by hulle produkte in plaas van suiker * Fokus op oorheersing – differensiasie kan slegs denkbeeldig wees, soos twee pynverdowers wat identiese bestanddele bevat (slegs handelsmerke verskil) * Produk differensiasie – hoe groter die produk differensiasie is, hoe minder pryselasties die vraag na die tipe produkte) (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2 x 2) (4) 2.4 Verduidelik met behulp van ʼn grafiek, die impak van staatsubsidies op die produksie van goedere en dienste. A V A1 subsidie Punte toekenning Prys Oorspronklike ewewig = 1 punt Nuwe ewewig = 1 punt Verandering in prys = 1 punt V Verandering in hoeveelheid = 1 A punt A1 Maks 4 punte Hoeveelheid  Die regering verskaf subsidies aan produseerders ten einde hulle aan te moedig om die produksie van goedere te vermeerder.   Produseerdersubsidies word heel dikwels aan die verskaffers van landbou produkte, soos melk, koring en mielies.   Subsidies verlaag die produksiekoste en ook die markprys van die goedere is dan laer.   Indien die regering die produksie, van goedere subsidieer sal die markprys daal na P1, wat ooreenstem met ʼn soortgelyke verhoging in die hoeveelheid vanaf Q na Q1.  (Maksimum van 4 punte vir bespreking) (8) 6
Downloaded from hlayiso.com 10732/19 2.5 Evalueer die suskses van die Mededingingswet in die bereiking van sy gestelde doelwitte.  Voorsien verbruikers met mededingende pryse en 'n verskeidenheid produkte bv. MTN en Vodacom  DSTV is skuldig bevind aan prysvasstelling en met R180 miljoen beboet deur die Mededingingskommissie  Tiger Brands is met R 1,8 miljoen beboet vir samespanning in die meulebedryf.  SA banke kry markboetes vir prysvasstelling en samespanning  Vrugte- en Groenteprodusente beboet vir prysvasstelling en samespanning  Moedig Suid-Afrikaners aan om op wêreldmarkte deel te neem en buitelandse kompetisie te aanvaar  Stel KMMO's in staat om deel te neem in die ekonomie   Stel voorheen benadeelde groepe in staat om hul eienaarskap in die sakesektor te verhoog (Enige ander relevante antwoord wat die sukses van die Mededingingswet aandui) (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (8) [40] VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES 3.1 Beantwoord die volgende vrae 3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van items wat herwin kan word.  Karton / papier   Tipes plastiek / plastiek   Glas   Blik / metaal   Elektroniese komponente  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) Enige (2 x 1) (2) 3.1.2 Hoe kan die ekonomie negatief beïnvloed word deur toerisme?  Toerisme skep omgewings-, sosiale en kulturele koste.   Toerisme veroorsaak die degenerasie van tradisionele en kulturele waardes.   Omgewingsbesoedeling word ook deur toerisme veroorsaak.   Toerisme het ook ʼn impak op landbou- / ontwikkelings projekte.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) Enige (1 x 2) (2) 7
Downloaded from hlayiso.com 10732/19 3.2 Data Respons 3.2.1 Noem die ekonomiese sektor waarin toerisme hoofsaaklik voorkom. Tersiêre sektor / informele sektor  3.2.2 Gee EEN rede vir die toenemende groei in toerisme.  Die reeks toeriste aantreklikhede het toegeneem in die land.  Ekonomiese groei en ontwikkeling het tot verhoogde inkomstevlakke gelei.   Verbeterde infrastruktuur soos mededingende lae-tarief lugdienste, verbeterde bus en minibus dienste en padnetwerke.   ʼn Groot aantal landsburgers kan nie bekostig om oorsee te reis nie, wat dan plaaslike toerisme bevorder.   Bemarkingsfaktore soos verminderde tariewe vir plaaslike inwoners in vergelyking met reise oorsee.   Sosio-ekonomiese faktore wat migrante werkers dwing om vanaf landelike gebiede na stedelike areas te beweeg.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (1) 3.2.3 Beskryf kortliks die konsep van ekotoerisme. Behels die toerisme aktiwiteite waarby mense plekke besoek waar hulle uiteenlopende natuurervarings kan ondervind.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (2) 3.2.4 Hoekom is dit belangrik om bio-diversiteit in Suid-Afrika te beskerm?  Biodiversiteit is belangrik aangesien baie mense afhanklik is van die natuur vir oorlewing / verskaffing van basiese voedsel.   Biodiversiteit is belangrik vir die beskerming van ons plant- en dierspesies.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2) 3.2.5 Wat is die grootste uitdagings vir toerisme in Suid-Afrika?  ʼn Gebrek aan infrastruktuur in sekere dele van die land, soos pad infrastruktuur in landelike gebiede.  Hoë vlakke van geweld in groot gedeeltes van die land.  Toerisme lei tot verhoogde ongelykheid tusen groepe, want landelike mense ontvang nie altyd die voordele daarvan nie.  Toerisme-bestuur word nie altyd doeltreffend toegepas nie, soos lae standaarde en ʼn gebrek aan kwaliteit dienslewering. (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2 x 2) (4) 8
Downloaded from hlayiso.com 10732/19 3.3 Data Respons 3.3.1 Gee EEN oorsaak van die kweekhuis-effek. Besoedeling  Vergiftiging van watervlakke  Chemiese afval  Verlies aan biodiversiteit  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (1) 3.3.2 Identifiseer die internasionale ooreenkoms wat spesifiek daarop gerig is om kweekhuisgasse te verminder.  Kyoto Protokol  (1) 3.3.3 Beskryf kortliks die konsep kweekhuis-effek? Die negatiewe effek van aardverwarming weens klimaatsverandering, as gevolg van gasbesoedeling.  (2) 3.3.4 Wat is die hoofdoelwit van CITES?  Die Konvensie oor Internasionale handel in bedreigde spesies verbied die internasionale kommersiële handel in ʼn lys van bedreigde spesies. (2) 3.3.5 Evalueer die effektiwiteit van die internasionale organisasies om die verlies aan biodiversiteit aan te spreek.  CITES was suksesvol in die vermindering in die handel in renosterhorings vanaf Suid-Afrika.   Daar is minder renosters wat huidiglik onwettig geskiet en gesteel word, weens die beskerming van CITES.   CITES was nie suksesvol gewees in die beskerming van bedreigde spesies nie, soos die renoster, wat nog steeds in sekere dele geskiet word.   Ten speite van alle pogings en bewusmakingspogings deur CITES en ander organisasies, bly renosterhorings ʼn gesogte kommoditeit in sekere lande.  (Aanvaar enige ander Positiewe of Negatiewe respons, wat die bio-diversiteit of die verlies aan bio-diversiteit korrek aandui) Enige (2 x 2) (4) 9
Downloaded from hlayiso.com 10732/19 3.4 Verduidelik kortliks bemarkbare permitte en omgewingsubsidies as maatstawwe om volhoubare ontwikkeling te verseker. Bemarkbare permitte  Die owerheid kan belasting hef op en dan ʼn lisensie uitreik aan ʼn onderneming wat die omgewing besoedel.   Indien die onderneming die lugbesoedeling verlaag kan die lisensie verkoop word, of gedeeltelik verkoop word, aan ʼn ander onderneming wat ʼn groter of toenemende besoedelingsvlak het.  (Maks. 4) Omgewingsubsidies  Die regering kan die inkomste vanaf die omgewingsbelasting gebruik om die aktiwiteite wat omgewingsvernietiging veroorsaak te verminder.   Die gebruik van verbeterde tegnieke of toerusting soos sonverhitters.   Die bekendstelling van omgewings-vriendelike alternatiewe, soos loodvrye brandstof.   Die bevordering van die herwinning van afvalstowwe, soos bottels, blikke, karton, ens.  (Ken ʼn maksimum van 4 punte toe vir slegs benoeming / voorbeelde / of sub-opskrifte) (Maks. 4) (8) 3.5 Evalueer die groei van die toerisme-industrie in Suid-Afrika. Toerisme is besig om in Suid-Afrika te groei, omdat:  werkers ʼn verhoging in hulle besteebare inkomste ondervind.   werkers ʼn vermindering in werksure ondervind / meer openbare vakansiedae.   Suid-Afrikaners is meer bewus van ontspanningstyd.   vervoer, paaie, kommunikasie en akkommodasiefasiliteite het verbeter.   Ondernemings verskaf meer reklame en promosies aan die publiek.  Suid-Afrika het ʼn groot verskeidenheid wildslewe / natuur om aan te bied, en is ook ʼn ekonomiese bestemming vir buitelanders.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (Ken slegs ʼn maksimum van 2 punte toe vir die blote lys van feite / onderafdelings.) (8) [40] 10
Downloaded from hlayiso.com 10732/19 VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE ASPEKTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem enige TWEE regstellende metodes wat deur die regering gebruik word om inkomsteverspreiding te verbeter.  SEB   Regstellende aksie   Grondrestitusie   Grondherverdeling   Eiendomsubsidies (vir HOP huise)  Enige (2 x 1) (2) 4.1.2 Wat is die effek van ontbossing op die omgewing?  Die grondgebied is nie meer bedek met bome nie en die natuurlike ekosisteem is vernietig.   Ons het minder grond beskikbaar vir bosbou / plantasies.  Enige (1 x 2) (2) 4.2 Data Respons 4.2.1 Wat word deur die geskakeerde driehoek E1CE voorgestel? Netto welvaartsverlies / eksterne koste  (1) 4.2.2 Identifiseer die nuwe markewewigsprys nadat die eksterne koste bygevoeg is? R1 500  (1) 4.2.3 Beskryf kortliks die term negatiewe eksternaliteit. Negatiewe eksternaliteit – behels ʼn koste aan ʼn derde party, wat dan nie by die markprys gevoeg is nie, bv. besoedeling.  (2) 4.2.4 Hoe word belasting deur die regering gebruik om negatiewe eksternaliteite te oorkom?  Die regering belas die produseerders wat besoedeling veroorsaak, soos die steenkool aangedrewe kragstasies.  (2) 11
Downloaded from hlayiso.com 10732/19 4.2.5 Gebruik die bostaande grafiek en verduidelik hoekom ʼn negatiewe eksternaliteit lei tot die wantoekenning van hulpbronne of die oorproduksie van goedere.  Die addisionele koste word nie deur die produseerders betaal nie, maar deur die verbruikers / gemeenskap.   Indien hulle die totale koste van hulle ekonomiese aktiwiteite (besoedeling) moes dra sal die aanbod kurwe verminder (na links skuif).   Die mark produseer dus te veel van die produk met negatiewe eksternaliteite en teen ʼn baie laer markprys.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (2 x 2) (4) 4.3 Data Respons 4.3.1 Noem die land met die voordeligste ekologiese voetspoor, volgens die bostaande inligting. Australië  (1) 4.3.2 Wat dra die meeste by tot Suid-Afrika se koolstof vrystellings? Die gebruik van fossiel brandstof as energiebron / steenkool.  (1) 4.3.3 Beskryf kortliks die konsep van omgewingsvolhoubaarheid.  Behels ontwikkeling wat voldoen aan huidige behoeftes, en sonder om die vermoëns van toekomstige geslagte te benadeel.   Dit behels ook die omgewingsvermoë om te oorleef vir die gebruik van toekomstige ekonomiese aktiwiteite.  (2) 4.3.4 Hoe dra gronderosie by tot ʼn ekologiese tekort?  Grond vrugbaarheid gaan verlore   Die vernietiging van landbougrond   Bio-kapasiteit, wat die vermoë van ʼn gegewe biologies- produktiewe gebied is om voortgesette reserwes van hernubare bronne te skep word verminder.  Enige (1 x 2) (2) 12
Downloaded from hlayiso.com 10732/19 4.3.5 Hoe implementeer die regering bevel en beheermaatreëls ten einde volhoubaarheid te verseker?  Dit behels die vasstelling van vlakke van omgewingskwaliteit   Soos bv. die maksimum toegelate vlakke van vrystellings of hulpbron-verbruik  (bv. visvang of koolstofdioksie)   Minimum toegelate vlakke van watervlakke of plantasies   Inspekteurs monitor die aktiwiteite, en pas boetes toe indien daar nie ag gegee word aan vasgesletde vlakke nie  (Aanvaar enige ander relevante korrekte respons) (2 x 2) (4) (10) 4.4 Met behulp van ʼn grafiek, verduidelik hoekom Marginale Koste gelyk aan Marginale Inkomste moet wees ten einde winsmaksimalisering te bereik. INDIVIDUELE PRODUSENT – VOLMAAKTE MARK P MK Maksimum wins Wins verlies (MI = MK) (A) (MI < MK) MK/P (MI > MK) 0 6 Q Maks wins: 2 punte MK: 1 punt MI: 1 punt (Maks 4)  In die bogenoemde diagram is die markprys vasgestel op R 80.   As MI < MK, sal WINS afneem, as MI > MK, sal wins toeneem.   Die individuele produsent kan nie die prys aanpas nie, omdat hy moet aanpas in lyn met die industrie / kompetise.   Wins maksimering vind plaas waar MK = MI / As MI = MK, en marginale profyt = nul (0)  (Maks 4) (4) (8) 13
Downloaded from hlayiso.com 10732/19 4.5 Evalueer die impak van inheemse kennisstelsels in die bevordering van toerisme in Suid Afrika.  Meer kulturele behuising kan verbeter word om toerisme to akkommodeer en te bevorder, bv. Shangana in Mpumalamga, Basotho in die Vrystaat en Simunye Zoeloe Lodge in Kwazulu-Natal, waar toergidse die IKS oorvertel asook die inheemse gebruiks-praktyke.   Reklame veldtogte op plaaslike en internasionale gebiede deur reisagente, hotelle en Bed en Ontbyt, lodges.   SA Toerisme, wat kan fokus op die bemarking van die erfenis-gebiede deur middel van brosjures en pamflette, asook die sosiale media. Die metodes sal toeriste meer bewus maak van die aantreklikhede.   Bevorder toeriste om die onderskeie kulturele en informele nedersettings te ervaar – om die lewenstoestande in landelike gebiede en lokasies saam met ʼn huishouding te ondervind of om by ʼn shebeen of informele restaurant te eet.   Die Wêreld Erfenis Gebiede van Suid-Afrika kan bevorder word deur hulle kulturele belangrikheid, bv. die Menslike Fossielgebiede van Sterkfontein, Mapungubwe Kulturele Landskap, Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap, Vredefort Koepel en Robben Eiland.   Wêreld Omgewings gebiede Van Suid-Afrika wat spesifiek geselekteer is vir hulle natuurlike belang behels die Kaapse Fynbos Streeks Beskermde Areas, Isimangaliso Vleiland Parke asook Ukhahlamba / Drakensberg Parke, wat gekies is vir hulle diverse betekenis.  (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80 14
Downloaded from hlayiso.com 10732/19 AFDELING C Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK. VRAAG 5: MAKROEKONOMIE  Ondersoek die monopolie as ʼn markstruktuur sonder die gebruik van ʼn grafiek. (26 punte)  Analiseer Suid-Afrika se anti-monopolie beleid. (10 punte) INLEIDING ʼn Monopolie bestaan indien daar slegs een verkoper van ʼn produk is, indien die produk geen onmiddellike substitute het nie, en daar ʼn algehele hindernis tot marktoetrede is.  (Aanvaar enige ander relevante definisie.) (Maks.2) HOOFDEEL  Aantal produseerders  - Die monopolis het volle beheer oor die verskaffing van produkte, omdat dit die enigste verkoper is.  - Die monopolie verteenwoordig ook die totale industrie, bv. De Beers, Eskom.   Aard van die produk  - Die produk is uniek en het geen verwante substitute nie.  - Bv. elektrisiteit en spoorvervoer   Ekonomiese wins  - Die monopolie maak ʼn korttermyn en ook langtermyn wins en verlies.   Tegniese oorheersing  - ʼn Monopolie het tegniese voordele oor voornemende mededingers en hulle toegang tot hulpbronne en tegniese oorheersing bemoeilik mededinging deur ander ondernemings.   Toegang tot skaars hulpbronne  - ʼn Enkele onderneming besit en beheer ʼn spesifieke skaars hulpbron, en sluit dus marktoetrede deur ander ondernemings uit.   Vraagkurwe  - Monopolieë word ook nog deur ʼn vraagkurwe gekonfronteer vir hulle produkte, maar omdat hulle die enigste verskaffer van die produk is kan hulle besluit in watter posisie van die vraagkurwe hulle wil wees  - Die monopolis is die enigste verskaffer van ʼn produk in die mark – die vraagkurwe waarmee die monopolis gekonfronteer word is die van die mark as ʼn geheel.  - Die mark-vraagkurwe loop dan skuins af van lings na regs, soos op die grafiek.  15
Downloaded from hlayiso.com 10732/19  Produksievlak  - As die monopolis eers op ʼn prys besluit het, sal die hoeveelheid verkoop aangedui word deur die markvraag – deur pryse te verlaag kan die monopolis meer eenhede van die produk verkoop, en omgekeerd.  - Monopolieë beïnvloed die produkprys kombinasie van die produk wat hulle verkoop sonder enige reaksie vanaf die ander markdeelnemers.  - Ander deelnemers kan nie onmiddellik optree nie, want ʼn basiese vereiste vir die voortbestaan van ʼn monopolie is juis dat marktoetrede geblok is.   Markkragte  - Alhoewel die monopolis die enigste verskaffer van ʼn produk is, word die produk steeds deur markkragte in die ekonomie beïnvloed.  - Verbruikers het ʼn beperkte begroting en ʼn monopolie kan derhalwe nie buitensporige pryse vir hulle produkte vra nie – die monopolis moet vir verbruikersvertroue meeding met al die ander produkte wat in die ekonomie beskikbaar is  - Bv. Transnet ding mee vir padruimte as vervoermiddel.   Prysbeheer  - ʼn Monopolis beskik oor aansienlike prysbeheer, maar die aanvraag beperk dit.  - ʼn Monopolie het geen beheer oor die aanvraag nie, en derhalwe sal aanvraag die finale markprys beïnvloed.  - ʼn Monopolis kan slegs besluit op watter posisie op die vraagkurwe dit wil produseer.   Substitute  - Daar is min produkte wat geen direkte substitute het nie.  - Vir baie jare het mense geen mededinging vir telefoondienste in Suid-Afrika gehad nie, maar verbruikers kon steeds alternatiewe vorme van kommunikasie soos briewe en telegramme gebruik.   Gunstige omstandighede  - Soms geniet entrepreneurs gunstige omstandighede in ʼn sekere geografiese gebied.  - Bv. daar kan slegs een verskaffer van melk in ʼn sekere dorp wees, ʼn hardewarewinkel of hotel.  - Daar kan selfs wette wees wat hulle beskerm, bv. Poskantoor-dienste in Suid-Afrika.  - Suiwer monopolieë is ʼn algemene skaarsheid in Suid-Afrika.  - Daar is nie net substitute beskikbaar nie, maar dikwels is daar niks wat entrepreneurs verhoed om tot die mark toe te tree nie – gevolglik word dit kwasie-monopolieë genoem.   Markinligting  - Alle kopers en die enkele verkoper het algehele kennis van die huidige marktoestande.  16
Downloaded from hlayiso.com 10732/19  Uitbuiting van die verbruikers  - Die monopolis mag minder produkte teen ʼn hoër prys produseer, in vergelyking met ander ondernemings onder volmaakte mededinging.  - Bv. Be Beers, omdat die monopolis die enigste produseerder van die produk in die mark is, bestaan die moontlikheid van verbruikersuitbuiting. (die meeste regerings neem stappe om te waak teen sulke praktyke en nuwe / huidige monopolieë word gewoonlik goed gemonitor.   Marktoetrede  - Die hindernisse verhoed ander produseerders van marktoetrede om dieselfde tipe produkte te verskaf.   Natuurlike monopolieë  - Hoë ontwikkelingskoste is dikwels ʼn rede – die verskaffing van elektrisiteit word heel dikwels as voorbeeld gebruik.  - Die aanbou van ʼn kernkrag-sentrale en verspreidingslyne om krag te versprei kos biljoene rande.  - Bv. Eskom as ʼn enkele onderneming in die land wat elektrisiteit verskaf, tree op as ʼn natuurlike monopolie en word beheer en gereguleer deur die regering.   Kunsmatige monopolieë  - Die toetree-hindernisse is nie ekonomies van aard nie, maar kunsmatig soos patenteregte, wat wettig is, asook eksklusiewe regte van die patenthouer om die produk te vervaardig en hulle eie unieke uitvinding te gebruik.  - Patente word ook dikwels in die farmaseutiese bedryf teëgekom.  - Lisensiëring is nog ʼn manier waar kunsmatige monopolieë toegepas word, bv. TV en radio-lisensies.  - Lisensies beskerm operateurs teen enige toetrede van ander mededingers.   Skaalekonomieë  - Dit bied voordele aan die groot bestaande ondernemings.  - Dit vind plaas wanneer die eenheidskoste daal indien die uitsette verhoog.  - Groot ondernemings se produksiekoste per eenheid is dan laer as die van die klein ondernemings, bv. Eskom.   Geografiese area  - Dit kan ook ʼn natuurlike hindernis bied, bv. slegs een vakansieoord wat ʼn see-uitsig kan hê op ʼn eksklusiewe strandgebied.  17
Downloaded from hlayiso.com 10732/19  Grootte van die mark  - ʼn Onderneming kan soms gunstige omstandighede geniet in ʼn sekere klein mark.  - Bv. Daar mag dalk slegs een hardewarewinkel in ʼn sekere klein dorp wees.  (Maks. 26) (Aanvaar enige ander korrekte relevante feite.) (Ken slegs ʼn maksimum van 8 punte toe vir die blote lys van feite / voorbeelde en onderafdelings.) ADDISIONELE GEDEELTE Hoekom het Eskom as monopolie, nog nie ekonomiese wins bereik nie, soos verwag van ʼn tipiese monopolie oor die langtermyn?  Eskom is nie in staat om sy skuld vanuit sy verdienste te delg nie – dit dwing *Eskom om meer te leen of om bystand vanaf die regering te ontvang.   Korrupsie, soos byvoorbeeld onreëlmatige tenders aan die verskaffers deur omkoopgeld te aanvaar in ruil vir sub-standaad steenkool.   Die algehele gebrek aan behoorlike leierskap en korporatiewe regering – die uitgebreide elektrifiserings-programme is nooit bereik nie, byvoorbeeld die aanbou van nuwe kragstasies.   Die gebrek aan instandhouding op die huidige infrastruktuur, byvoorbeeld die foutiewe masjinerie, wat koste behels as dit nie betyds herstel word nie.   Kabeldiefstal moet met groot kostes deur Eskom vervang word.   Eskom is in ʼn skuld-likiditeits situasie – werkers kos Eskom toenemende koste en die voortgesette nuwe bou-programme.   Nuwe kragstasies is nie ten volle funksioneel nie, en kos later baie duurder as gevolg van rente en inflasie.   Beurtkrag word dan ingestel want die finansiële druk om die verskaffers van steenkool betyds te betaal is te veel.   Beurtkrag verminder die inkomste heffings indien die krag af is.   Die kultuur van geen betaling vir dienste gelewer in sekere gebeide is onaanvaarbaar.   Die onwettige krag-verbindings lei tot onvoldoende inkomste insameling.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons) (10) (Maks. 10) (Ken slegs ʼn makaimum van 4 punte toe vir die blote lys van feite / onder- afdelings en voorbeelde.) (Aanvaar enige ander relevante korrekte respons.) Gevolgtrekking Daar bestaan geen plek vir monopolistiese ondernemings in ʼn gemengde ekonomie soos in Suid-Afrika nie, aangesien dit aanleiding gee tot verbruikersuitbuiting, onregverdige mededinging en buitengewone hoë pryse.  (Aanvaar enige ander relevante gevolgtrekking.) (Maks. 2) [40] 18
Downloaded from hlayiso.com 10732/19 VRAAG 6 Bespreek die oorsake van vraag-trek inflasie. (26 punte) Evalueer die impak van die inflasieteikenbeleid in Suid Afrika. (10 punte) Inleiding Vraag-trek-inflasie vind plaas wanneer totale vraag totale aanbod verbysteek, alhoewel die BBP toeneem en werkloosheid afneem.  (Aanvaar enige ander relevante definisie.) (Maks. 2) INHOUD HOOFDEEL Oorsake van vraag-trek inflasie  Toename in huishoudelike verbruik:  A.g.v. maklik bekombare krediet, word daar minder gespaar en is daar ʼn vermindering in belasting   Beleggersbesteding: Mag tot hoër winsverwagtinge in besighede lei. Hulle sal meer belê; dit kan lei tot ʼn styging in die vraag na goedere en dienste.   Staatsbesteding: ʼn Toename in staatsbesteding lei tot prysstygings. Meer geld word in omloop geplaas omdat daar meer geld aan infrastruktuur, verbruikersbesteding en sosiale besteding bestee word.   Uitvoerverdienste: Buitelandse groei kan ʼn groeiende vraag na plaaslik geproduseerde goedere skep sonder ʼn toename in produksie.   Die Monetaristiese verduideliking: Volgens monetariste, veroorsaak volgehoue hoë groeikoerse in die geldvoorraad hoë inflasie, terwyl lae groeikoerse lae inflasie veroorsaak.  Hul siening is gebaseer op die hoeveelheidsteorie van geld (MV = PT).  Hulle maak drie basiese aannames: Geldomloop vind teen ʼn stabiele spoed plaas; die hoeveelheid geld word eksogeen bepaal deur die monetêre owerhede; en reële uitset word bepaal deur die hoeveelheid en gehalte van verskeie produksiefaktore.   Verantwoordelike groepe:  Verbruikers, besighede, die regering.   Buitelandse bydrae:  Hulle veroorsaak ʼn verdere toename in die vraag na ons goedere en dienste deur ʼn toename in uitvoere.  Relatiewe toename in komponente van totale vraag:  V (verbruikersbesteding), I (investeringsbesteding), S (staatsbesteding), M (koste van invoere)  Minder besparings:  As verbruikers hul spaargewoontes verander en hulle begin om hul lopende en geakkummuleerde besparings te bestee, kan groei in totale vraag groter as groei in totale aanbod wees.   Belastingvermindering:  As persoonlike inkomstebelasting verminder, is meer geld beskikbaar vir private verbruikersbesteding.   Toegang tot krediet:  Groter beskikbaarheid van verbruikerskrediet (kredietkaarte) en goedkoper krediet – krediet vermenigvuldiger is van toepassing en meer krediet word geskep.  (Maks. 26) 19
Downloaded from hlayiso.com 10732/19 ADDISIONELE GEDEELTE Evalueer die effek van die inflasieteiken beleid in Suid Afrika.  Die SARB monetêre beleid bepaal die inflasieteiken tussen 3 % tot 6%.  Die SARB was suksesvol in die handhawing van die inflasievlak in die bogenoemde reeks.   Indien die inflasieteiken die perk oorskry sal die monetêre owerhede optree om die vraag na geld te verminder, soos om rentekoerse te verhoog.   Indien die inflasiesyfers verhoog bokant die inflasieteiken sal dit lei tot – loondruk-inflasie en moontlike stakings deur die werksmag.   Looneise word dan dikwels vereenselwig met gewelddadige stakings – werkgewers sal dikwels gehoor gee aan die werkers se eise, maar sal dan pryse verhoog om te vergoed vir die verhoogde arbeidskoste / verhoogde lewenskoste.   Indien die teikens oorskry word kan die land se kredietgradering negatief beïnvloed word.  Negatiewe effek op inflasie  Die beheer van inflasievlakke verhoed Suid-Afrikaanse burgers om te hoog te probeer leef, veral op krediet vanaf kommersiële banke.   Inflasie teikenbeleide beïnvloed veral mense wat staatmaak op ʼn vaste inkomste, want hulle bepaal hulle uitgawes op ʼn inkomste wat nie teen dieselfde tempo as inflasie verhogings toeneem nie.   Hoofstroom-inflasie behels al die kwesbare produkte soos brandstof en elektrisiteit, wat nie by die inflasie berekeninge bygevoeg word nie-mense betaal dus meer vir sekere goedere en dienste, maar dit word nie in berekening gebring nie.  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons.) (Maks. 10) GEVOLGTREKKING Die feit dat Suid-Afrikaanse verbruikers op krediet leef, is die belangrikste faktor wat tot vraag-drukinflasie bydra.  ʼn Toename in verbruikerskrediet verloop saam met ʼn styging in inflasie in dieselfde periode.  (Aanvaar enige ander relevante slot.) (Maks. 2) TOTAAL AFDELING C: 40 TOTAAL 150 20

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all