Skip to content

History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220169 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2016 10792 GESKIEDENIS TWEEDE VRAESTEL TYD: 3 uur PUNTE: 150 9 bladsye + ʼn addendum van 13 bladsye 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 2 (Tweede Vraestel) 10792/16 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN GESKIEDENIS (Tweede Vraestel) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe raamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ʼn NUWE WÊRELDORDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord die DRIE vrae soos volg: 4.1. Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet ʼn opstelvraag wees. 4.2. Die DERDE vraag kan of ʼn brongebaseerde vraag of ʼn opstelvraag wees. 5. Dit word aanbeveel dat jy minstens EEN uur aan elke vraag spandeer. 6. In die beantwoording van die vrae moet kandidate hulle kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal die kandidaat benadeel. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 9. Skryf netjies en leesbaar. b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 3 (Tweede Vraestel) 10792/16 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE HET DIE FILOSOFIE VAN DIE SWART BEWUSSYN SUID- AFRIKAANSE STUDENTE BEÏNVLOED IN DIE 1970’s? Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Wat, volgens Ramphele, was die doel van die “vormingskole” ? (1x1) (1) 1.1.2 Lys enige TWEE plekke in Suid-Afrika, genoem in die bron, waar SASO takke gevestig was. (2x1) (2) 1.1.3 Lewer kommentaar oor die impak wat die vormingskole gehad het op swart Suid-Afrikaanse jeug in die 1970’s. (2x2) (4) 1.1.4 Noem enige TWEE leiers, geïdentifiseer in die bron, wat van die vormingskole gegradueer het. (2x1) (2) 1.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoekom ʼn geskiedkundige hierdie inligting bruikbaar sou vind indien hy / sy die rol van SASO in die 1970’s ondersoek. (2x2) (4) 1.2 Bestudeer Bron 1B. 1.2.1 Definieer die term Swart Bewussyn in jou eie woorde. (1x2) (2) 1.2.2 Haal TWEE bewysstukke aan, uit die bron, wat aandui dat die getal swart Suid-Afrikaanse studente by sekondêre skole gestyg het tussen 1950 en 1975. (2x1) (2) 1.2.3 Lys TWEE uitdagings wat swart Suid-Afrikaanse studente uit Soweto ondervind het. (2x1) (2) 1.2.4 Lewer kommentaar oor die rol wat Onkogopotse Tiro gespeel het, in die verspreiding van idees van die Swart Bewussyn tussen die studente in die 1970’s. (2x2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 4 (Tweede Vraestel) 10792/16 1.3 Verwys Bron 1C. 1.3.1 Verduidelik watter boodskap oorgedra word deur die foto. (2x2) (4) 1.3.2 Lewer kommentaar oor hoekom die foto deur Sam Nzima so wyd versprei was. (2x2) (4) 1.4 Gebruik Bron 1D. 1.4.1 Lys enige TWEE simbole, genoem in die bron wat die apartheidsregering verteenwoordig het, wat aan die brand gesteek was, deur die studente na die 16 Junie 1976 opstand. (2x1) (2) 1.4.2 Hoe, volgens die bron, het die apartheidspolisie gereageer op die aksies van die studente van Soweto? (1x1) (1) 1.4.3 Verduidelik hoekom jy dink dat die studente-opstand wat plaasgevind het in Soweto na ander dele uit Suid-Afrika versprei het. (2x2) (4) 1.5 Bestudeer Bronne 1C en 1D. Verduidelik hoe die bronne mekaar ondersteun in terme van die metodes wat die apartheidspolisie gebruik het teen die swart Suid- Afrikaanse studente in 1976. (2x2) (4) 1.6 Gebruik die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer agt reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die filosofie van die Swart Bewussyn Suid-Afrikaanse studente beïnvloed het in die 1970’s. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 5 (Tweede Vraestel) 10792/16 VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) SUKSESVOL IN SY POGING OM VERSOENING TE BRING IN SUID- AFRIKA? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Hoekom, volgens die bron, is die WVK gestig? (2x1) (2) 2.1.2 Hoe het die komitee oor die Skending van Menseregte hulle werk gedoen? (1x1) (1) 2.1.3 Definieer die volgende konsepte in jou eie woorde: (a) Rehabilitasie (1x2) (2) (b) Herstellende Geregtigheid (1x2) (2) 2.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoekom die meeste van die getuienisse wat gehoor was, die van vroue was. (1x2) (2) 2.2 Bestudeer Bron 2B. 2.2.1 Hoekom dink jy het die Daily Dispatch koerant besluit om hierdie artikel te publiseer? (1x2) (2) 2.2.2 Wat, volgens die bron, was die hoofrede vir die chaos wat by die WVK- verhoor uitgebreek het in New Brighton? (1x2) (2) 2.2.3 Hoe, volgens die bron, het Mev Mtimkulu en haar twee kinders gereageer toe Generaal van Rensburg sy getuienis gegee het by die WVK verhoor in New Brighton? (2x1) (2) 2.2.4 Volgens die bron, watter DRIE lede van die veiligheidspolisie was verantwoordelik vir die ontvoering en moord van Siphiwo Mtimkulu? (3x1) (3) 2.2.5 Verduidelik hoe Generaal van Rensburg se getuienis by die WVK-verhoor in 1997 verskil van die een wat hy in 1991 by die Harms Kommissie gegee het. (2x2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 6 (Tweede Vraestel) 10792/16 2.3 Gebruik Bron 2C. 2.3.1 Hoekom was F.W. de Klerk onseker oor Desmond Tutu se aanstelling as die voorsitter van die WVK? (1x2) (2) 2.3.2 Gebruik die inligting van die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoekom jy dink F.W. De Klerk nie aansoek gedoen het vir amnestie nie. (2x2) (4) 2.3.3 Lewer kommentaar oor die bruikbaarheid van die inligting in die bron vir ʼn geskiedkundige wat die WVK se poging om versoening te bring, ondersoek. (2x2) (4) 2.4 Raadpleeg Bron 2D. 2.4.1 Verduidelik die boodskap wat deur die spotprent oorgedra word. Gebruik die visuele leidrade om jou antwoord te ondersteun. (2x2) (4) 2.4.2 Hoekom, dink jy, het die Nasionale Party geweier om ʼn volle bekendmaking te gee by die WVK-verhore? (1x2) (2) 2.5 Bestudeer Bronne 2A en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2C die bewyse in Bron 2D ondersteun in terme van F.W. de Klerk se siening oor die WVK. (2x2) (4) 2.6 Gebruik die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer agt reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik of die Waarheid- en Versoeningskommissie (WVK) suksesvol was in sy poging om versoening te bring in Suid-Afrika. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 7 (Tweede Vraestel) 10792/16 VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISERING GEHAD OP SUID-AFRIKA NA 1994? Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en antwoord die vrae wat volg. 3.1 Bestudeer Bron 3A. 3.1.1 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, en definieer die konsep globalisering. (1x2) (2) 3.1.2 Wat, volgens die bewyse in die bron, was die TWEE resultate van globalisering? (2x1) (2) 3.1.3 Hoe dink jy het internasionale besighede soos McDonald’s en Starbucks ... (a) minder ekonomiese ontwikkelende lande kon help? (1x2) (2) (b) minder ekonomiese ontwikkelende lande kon uitbuit? (1x2) (2) 3.1.4 Verduidelik hoekom jy dink McDonald’s is ʼn voorbeeld van ʼn multi-nasionale korporasie. (1x2) (2) 3.1.5 Haal bewyse uit die bron aan wat die rol van ʼn minder ekonomies ontwikkelende land beklemtoon in ʼn geglobaliseerde ekonomie. (2x1) (2) 3.2 Konsulteer Bron 2B. 3.2.1 Wat, volgens die bron, was verantwoordelik vir Suid-Afrika se ekonomiese en sosiale chaos? (1x1) (1) 3.2.2 Lys enige TWEE redes uit die bron wat voorstel dat Internasionale Finansiële Institusies besluit het om betrokke te raak in Suid-Afrika se ekonomie na 1989. (2x1) (2) 3.2.3 Gee die name van die TWEE Internasionale Finansiële Institusies wat gebaat het by die globalisering van Suid-Afrika se ekonomie na die 1990’s. (2x1) (2) 3.2.4 Lewer kommentaar oor hoekom jy dink die Suid-Afrikaanse regering besluit het om die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) in te stel na 1994. (2x2) (4) 3.2.5 Gebruik die inligting in die bron asook jou eie kennis om te verduidelik hoekom die Suid-Afrikaanse regering besluit het om die HOP te verruil vir GEAR (Groei, Werkverskaffing en Herverdeling). (2x2) (4) b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 8 (Tweede Vraestel) 10792/16 3.3 Gebruik Bron 3C. 3.3.1 Lys TWEE alliansievennote wat in die spotprent uitgebeeld word. (2x1) (2) 3.3.2 Verduidelik die boodskap wat oorgedra word in die spotprent. Gebruik die visuele leidrade in die spotprent om jou antwoord te ondersteun. (2x2) (2) 3.4 Verwys na Bronne 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B en Bron 3C mekaar ondersteun ten opsigte van die ANC se ekonomiese beleid na 1996. (2x2) (4) 3.5 Lees Bron 3D. 3.5.1 Verduidelik hoe Mark Malloch Brown ongelykheid beskryf. (1x2) (2) 3.5.2 Wat, volgens die bron, was die inkomstegaping tussen die ryk en arm lande? (1x1) (1) 3.5.3 Lewer kommentaar oor hoekom ʼn geskiedkundige die inligting in die bron as bruikbaar sou vind indien hy / sy die effek van globalisasie op ontwikkelende lande bestudeer. (2x2) (4) 3.6 Gebruik die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer agt reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik wat die impak van globalisering op Suid- Afrika is na 1994. (8) [50] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS 9 (Tweede Vraestel) 10792/16 AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling. Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees. VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's PW Botha se skepping van die Driekamerparlementregeringstelsel het gedien as die vonk vir ʼn nuwe vlaag van massaverset in Suid-Afrika in die 1980’s. Stem jy saam met die stelling? Staaf jou argumentslyn deur te fokus op die opkoms van interne massaweerstand teen PW Botha se hervormings. [50] VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE Dit is baie raar om mag vrywilliglik prys te gee en vir ʼn groep om hulleself uit mag uit te onderhandel. Nietemin is dit wat gebeur het tussen 1990 en 1994 in Suid-Afrika. In die konteks van die bogenoemde stelling, bespreek krities die proses van onderhandelinge in Suid-Afrika tussen 1990 en 1994. [50] VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 Verduidelik tot watter mate die disintegrasie van die Sowjet-Unie bygedra het tot die politiese veranderinge wat in Suid-Afrika plaasgevind het na 1989. Ondersteun jou argumentslyn met relevante bewyse. [50] TOTAAL: 150 EINDE

Study this subject

More from Grade 12 History

View all