Skip to content

History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2016 Addendum (Afrikaans)

AddendumHistoryGrade 12201613 pages

Grade 12 History Paper 2 addendum from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN 2016 10792 GESKIEDENIS – ADDENDUM TWEEDE VRAESTEL TYD: 3 uur PUNTE: 150 13 bladsye 3 b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 2 (Tweede Vraestel) 10792/16 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS VOORBEREIDENDE EKSAMEN GESKIEDENIS (ADDENDUM) (Tweede Vraestel) VRAAG 1: HOE HET DIE FILOSOFIE VAN DIE SWART BEWUSSYN SUID-AFRIKAANSE STUDENTE BEÏNVLOED IN DIE 1970’s? BRON 1A Die volgende uittreksel beskryf die invloed wat die filosofie van Swart Bewussyn gehad het op die swart Suid-Afrikaanse jeug in die 1970’s. Oor een van die Swart Bewussyn Beweging se programme se blywende nalatenskap, skryf Ramphele: ‘Die program vir leierskapsontwikkeling het verskeie vlakke van opleiding betrek en dit was ʼn gesamentlike onderneming deur die South African Students Organisation (SASO) en die Black People’s Convention (BPC)… Vormingskole oor naweke is gehou om universiteitstudente op te lei in verskillende vaardighede. Daar was ook ʼn omvattende opleidingsprogram vir jeugleierskap onderneem om die behoeftes van hoërskool en lokasie-gebaseerde jeugklubs aan te spreek in al die provinsies van Suid-Afrika.’ Teen vroeg 1972 het SASO-takke wat voorsiening moes maak vir hoërskole al bestaan of was besig om te vorm in ver plekke soos Umtata, Kimberley en Port Elizabeth in die Kaap; Pietermaritzburg in Natal; Pretoria en Springs in die Transvaal en Bloemfontein in die Oranje-Vrystaat. In 1973 het SASO ʼn leierskapseminaar in Durban gehou, wat gelei het tot die stigting van die Natal Jeug Organisasie. Nog ʼn werkswinkel was in die Transvaal gehou met net so verblydende (aangename) resultate. By die vormingskole het die studente kritiese, analitiese vaardighede gekry en het hulle van ander politieke situasies geleer in ander dele van die kontinent… Hulle het kragtige (lewendige) debatte gevoer oor die gebeure in Suid-Afrika. Murphy Morobe, een van die produkte van die vormingskole, beskryf hulle belangrikheid in sy politiese onderrig soos volg: ‘Ons was voorgestel aan ʼn nuwe manier van dink, ʼn manier om verantwoordelikheid te neem, hoe om iniatief te neem… leierskap in sekere situasies waar ons betrokke was. Ander gegradueerdes van die vormingskole wat betekenisvolle leiers in die vryheidsbeweging geword het en wat Suid-Afrika getransformeer (verander) het was Amos Masondo, Mathe Diseko, Itumeleng Mosala, Khehla Mthembu en Cyril Ramaphosa. Opleidingsprogramme het ‘praktiese blootstelling aan gemeenskapsontwikkeling’ voorsien asook ‘vaardighede in administrasie, organiseringsdinamika, sosiale analise en redenaars (praat in die publiek)’. Hulle het ook vir studente geleer hoe om Bantoe onderrig teen te staan. [Vanuit: The Road to Democracy in South Africa deur M Mzamane et al.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 3 (Tweede Vraestel) 10792/16 BRON 1B Die volgende bron fokus op die impak wat SASO gehad het op swart Suid-Afrikaanse studente in die 1970’s. As universiteitstudente en skrywers die hart van Swart Bewussyn was, dan was skoliere die bewys dat hulle die effektiefste politiese voorhoede (mense op die voorgrond) was. Tussen 1950 en 1975, het die getal swart kinders by skole verhoog van omtrent een miljoen tot 3,5 miljoen en die verhouding by sekondêre skole het gestyg van 3 persent tot oor die 8 persent. Sekondêre uitbreiding was veral dramaties tussen 1965 en 1975 toe dit amper vervyfdubbel het tot omtrent 280 000. Klasgroottes was gemiddeld oor die 60 in Sowetoskole en het ʼn 100 bereik. Swakopgeleide onderrigpersoneel in skole met swak hulpbronne het dit moeilik gemaak om dit te hanteer en lyfstraf was algemeen. Die South African Students Organisation (SASO) was verantwoordelik om skoliere meer bewus te maak van die Swart Bewussynsbeweging se idees. Hulle was verantwoordelik vir die bewusmaking [politiese bewuswording] van hoërskoolleerders en swart universiteitstudente om ʼn direkte impak te maak deur onderwysposte te aanvaar in Soweto. Onkogopotse Tira, ʼn Swart Bewussynsleier wat voorheen geskors was uit Turfloop Universiteit, het ʼn Geskiedenis onderrigpos by Morris Isaacson Skool in Orlando, Soweto aanvaar. Skoliere was bewus gemaak van die geskiedenis van die vryheidstryd en Swart Bewussyn-idees by debatklubs en deur die Students Christian Movement, buitemuurse aktiwiteite is deur die skoolowerhede aangemoedig. [Vanuit: Twentieth Century South Africa deur W. Bienart] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 4 (Tweede Vraestel) 10792/16 BRON 1C Die volgende foto deur die foto-joernalis Sam Nzima wys dat Hector Pieterson deur Mbuyisa Makhubo gedra word. Dit was nadat hy deur die Suid-Afrikaanse Polisie geskiet is tydens die Soweto-Optog op 16 Junie 1976. [Vanuit: I Saw a Nightmare deur Helena-Pohlandt McCormick] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 5 (Tweede Vraestel) 10792/16 BRON 1D Die uittreksel gee ʼn beskrywing van hoe swart Suid-Afrikaners gereageer het na die 16 Junie 1976 Soweto-Slagting. Studente het begin om simbole van Apartheid aan die brand te steek, soos staatsgeboue, munisipale biersale en drankwinkels, PUTCO-busse en voertuie wat aan wit besighede behoort. Anti-oproer voertuie en lede van die Anti-Stedelike Terrorisme-Eenheid het gearriveer. Weermaghelikopters het traangas op die groepe studente gegooi. Padblokkades is opgerig by al die hoofingange tot Soweto. Die stryd tussen studente en die polisie het tot laatnag aangegaan. Die son het op 17 Junie opgekom oor uitgebrande karre en trokke en elke drankwinkel, biersaal en gemeenskapsentrum is tot op die grond afgebrand. Lyke het in die strate gelê. Die amptelike dodetal was 23, ander so hoog as 200. Honderde is beseer. Studente het weereens die strate ingevaar. Ouers het weggebly van die werk sodat hulle na hulle gesinne kon omsien. Polisie het die strate gepatrolleer. Teen die einde van die derde dag van die oproer, het die Minister van Bantoe Onderwys die skole in Soweto gesluit. Die oproer het gou versprei van Soweto na ander dorpe in die Witwatersrand, Pretoria, Durban en Kaapstad, en dit het in die grootste uitbarsting van geweld ontwikkel wat Suid- Afrika nog beleef het. Kleurling en Indiërstudente het by hulle swart kamerade aangesluit. [Vanuit: http://africanhistory.about.com/od/apartheid/Soweto-Uprising-pt2htm. Toegang verkry op 22 Maart 2016.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 6 (Tweede Vraestel) 10792/16 VRAAG 2: WAS DIE WAARHEID- EN VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) SUKSESVOL IN SY POGING OM VERSOENING TE BRING IN SUID- AFRIKA? BRON 2A Die uittreksel verduidelik die doelwitte van die Waarheids- en Versoeningskommissie wat in 1995 gestig is. Die Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) is gestig om onder meer die ‘rehabilitasie en herstel van die menslike en burgerlike waardigheid van slagoffers van menseregteskendings’ te fasiliteer. Hoofsaaklik deur die openbare verhore wat deur die Menseregteskendingskomitee gehou is, was die Kommissie se oogmerk om die stem en waardigheid van diegene wat voorheen uitgeskuif (gemarginaliseerd) is, te herstel en in die proses openbare erkenning daaraan te gee, wat algemeen beskou word as ʼn hoofbydraer tot die genesings (helings)-proses. Op daardie tydstip was die WVK die eerste proses van herstellende geregtigheid wat openbare verhore gehou het en oorlewendes die geleentheid gegee het om hul stories in hul eie woorde te vertel. Hierdie verhore het ʼn belangrike simboliese funksie gehad in ʼn land waar die regeringstelsel op die ontkenning en stilmaak van veral swart stemme gegrond was. … Die WVK het daarna gestreef om die kwessie van gemarginaliseerde stemme in die breër raamwerk van slagoffers aan te pak, en was bewus van geslagsvooroordele in die verloop en aanbieding van sy werk. Alhoewel die meerderheid van dié wat voor die Kommissie getuig het, vroue was, het hulle getuienis in die meeste gevalle op die ervarings van hulle mans, seuns en vaders gefokus. Vroue as slagoffers het slegs ʼn klein aantal van die sake wat voorgekom het, verteenwoordig. [Vanuit: www.wwl.wits.ac.za: Traces of Truth – The South African TRC. Toegand verkry op 25 Maart 2016.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 7 (Tweede Vraestel) 10792/16 BRON 2B Die volgende artikel is geneem uit die Daily Dispatch, 25 September 1997. Dit fokus op Generaal van Rensburg se getuienis oor die moord van die politiese aktivis, Siphiwo Mtimkulu. Familie stort in by WVK verhoor Daily Dispatch korrespondent PORT ELIZABETH – Chaos het uitgebreek by die WVK-verhoor in New Brighton gister toe die moeder, dogter en seun van die vermoorde aktivis Siphiwo Mtimkulu ineengestort het terwyl die voormalige veiligheidspolisie Generaal getuienis gelewer het. Polisie moes ʼn woedende skare terugforseer soos hulle vorentoe gebeur het na die verhoog, waar ʼn bejaarde Mev Joyce Mtimkulu en tieners Aleuta en Sikumbuzo huilend op die vloer gelê het. Dit het gebeur terwyl Generaal Nic van Rensburg die WVK vertel het hoe Mnr Mtimkulu in die agterkant van sy kop geskiet is en op ʼn brandstapel gesit is om te verbrand. In ʼn harde weeklag was Sikumbuzo van die verhoog afgedra. Die onrustige gehoor in Centenary Hall het sirkels gevorm en getoyi – toyi en vryheidsliedere gesing terwyl Gen. van Rensburg, wat gister erken het dat hy vir die Harms Kommissie gelieg het oor die moorde van Mnr. Mtimkulu en Mnr. Topsy Madaka in 1990, vinnig die verhoog verlaat het. Hy het getuienis gelewer oor die skietery van aktiviste in die Cradock-distrik in 1982. Die verhoor was 15 minute later hervat met Mev Mtimkulu en Aleuta se herverskyning, teruggetrokke en uitgeput, het hulle in die voorste ry gesit. Daar word geglo dat dat ʼn lid van die verdedigingspan opgemerk het: ‘Dit is 15 jaar later en nou huil hulle eers!’… Gen. Van Rensburg het die amnestiekomitee vertel dat hy blatant vir die Harmse Kommissie gelieg het in 1990, waar hy ontken het dat hy kennis het oor die dood van Mnr. Mtimkulu in 1982. Mev Mtimkulu het die vorige jaar getuig oor haar seun, gepleit vir sy oorskot, sodat sy hom ʼn behoorlike begrafnis kon gee. Haar hare het sneeuwit geword sedert haar vorige verskyning… Kol. du Plessis en Gen. van Rensburg het erken dat hulle Mnr. Madaka en Mnr. Mtimkulu ontvoer en geskiet het op April 4, 1982 op bevel van general Erasmus. Kolonel Nieuwoudt het ook skuld bely in die moorde. [Vanuit: Daily Dispatch, 25 September, 1997.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 8 (Tweede Vraestel) 10792/16 BRON 2C Die bron fokus op FW de Klerk se siening van die WVK. Volgens FW De Klerk hang die sukses van die WVK af van die onpartydigheid (om nie kant te kies nie) van sy lede. Hy was bekommerd dat Aartsbiskop Tutu voorgestel was as die voorsitter van die WVK, maar nie een lid van die Nasionale Party was gekies om op die kommissie te dien nie. Dit lyk onwaarskynlik dat President Mandela se kommissie dieselfde resultate in Suid-Afrika sou bereik soos reeds in ander lande. Die situasie was verder vererger deur bewerings dat FW De Klerk sekuriteitspolisie vryheid gegee het om dood te maak na eie wil. Die ondersoek deur die Goldstone-Kommissie om hierdie bewering te ondersoek het nie veel bewyse opgelewer nie, dat die skuldiges aangekeer (gearresteer), aangekla en gevonnis was. De Klerk was ook beskuldig van growwe skending van menseregte. In werklikheid tydens die verhoor het Boraine gesê dat hy (De Klerk) ‘n fout gemaak het om nie self vir amnestie aansoek te doen nie. ‘Ten spyte van my groeiende bedenkinge, het ek besluit om die kommissie my volle samewerking te gee’. [Vanuit: The Last Trek: A New Beginning deur FW de Klerk] BRON 2D Hierdie spotprent deur Zapiro fokus op die Nasionale Party se voorlegging aan die WVK. Dit het in die Sowetan koerant verskyn, 23 Augustus 1996. DIE HEILIGE WAARHEID NP VOOR- LEGGINS [Vanuit: Truth and Reconciliation in South Africa: 10 Years On deur F du Toit.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 9 (Tweede Vraestel) 10792/16 VRAAG 3: WATTER IMPAK HET GLOBALISERING GEHAD OP SUID-AFRIKA NA 1994? BRON 3A Hierdie bron fokus op die resultate wat globalisering gehad het op beide ryk en arm lande. Dit kom van ʼn BBC webwerfgids oor globalisering vir GCSE-student in Brittanje. Globalisering het gelei tot ʼn toename in internasionale handel, in maatskappye wat in meer as een land handel dryf; groter afhanklikheid van die globale ekonomie, vryer beweging van kapitaal (geld), goedere en dienste, erkenning van maatskappye soos McDonald's en Starbucks in ekonomies onderontwikkelde lande (EMOL). Alhoewel globalisering waarskynlik help om meer rykdom in ontwikkelende lande te skep, help dit nie om die gaping tussen die wêreld se armste lande en die wêreld se rykste lande te verklein nie. Globalisering het veroorsaak dat baie besighede in ander lande begin of gekoop is. Maatskappye wat in verskeie lande besigheid doen, word multinasionale maatskappye (MNM'e) of transnasionale maatskappye (TNM'e) genoem. Die Amerikaanse kitskoskettingwinkel, McDonald's, is ʼn groot MNM – dit het byna 30 000 restaurante in 119 lande. Globalisering word meestal bedryf in belang van die rykste lande, wat voortgaan om wêreldhandel ten koste van ontwikkelende lande te oorheers. Die rol van EMOL'e in die wêreldekonomie (wêreldmarkte) is hoofsaaklik om die Noorde en die Weste van goedkoop arbeid en grondstowwe te voorsien. Daar is geen waarborge dat die rykdom uit inwaartse belegging die plaaslike gemeenskap sal bevoordeel nie. Die wins word dikwels na die ekonomies meer ontwikkelde land teruggestuur waar die TNM gebaseer is. Transnasionale maatskappye kan plaaslike maatskappye laat toemaak. As dit goedkoper is om in ʼn ander land besigheid te doen, kan die TNM die fabriek toemaak en plaaslike mense werkloos laat. [Vanuit: http://www.bbc.co.uk/schools/gcsebitesize/geography/globalisation/globalisation_rev5.shtml. Toegang verkry op 22 Maart 2016.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 10 (Tweede Vraestel) 10792/16 BRON 3B Hierdie artikel deur A Nowiski het eerste verskyn in Z Magazine (ʼn onafhanklike maandelikse koerant gestig in 1988) in November 2004. Dit fokus op die Suid-Afrikaanse regering se besluit om ʼn neoliberale (markgerigte benadering) ekonomiese beleid na 1996. Die magte van die neomerkantilistiese (beleid wat uitvoere aanmoedig en invoere ontmoedig) globalisering verantwoordelik vir Suid-Afrika se voortgesette ekonomiese en sosiale chaos is verskans (vas) ʼn jaar voor apartheid in duie gestort het. Inderdaad, toe die apartheidsregering duidelik gedoem is, was hulle gekonfronteer deur ʼn oorweldigende internasionale protes en ʼn streng sanksies regime. Ten tye van die klimaks van die Koue Oorlog in 1989, het die Internasionale finansiële instellings (IFIs) ingetree. Hulle was vasbeslote om die magte van die sosiale invloed en ekonomiese verandering in belang van internasionale finansies en besigheid te beïnvloed. In die vroeë 1990’s het die Wêreldbank adviseurs na Suid-Afrika gestuur om neoliberale ideologieë en beleide aan te beveel wat belowende ekonomiese groei toon. In 1993 het die Internasional Monetêre Fonds (IMF) ʼn lening van 750 miljoen dollar aan Suid-Afrika toegestaan op voorwaarde dat ʼn neoliberale beleid aangeneem word. Ongelukkig het Nelson Mandela en die nuwe ANC vestiging in Suid-Afrika elemente van die neomerkantilistiese agenda met entoesiasme aangeneem in die eerste post-apartheid nasionale ekonomiese program genoem die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP). HOP het sommige herverdelende elemente gehou, maar dit was vinnig laat vaar ten gunste van die Groei, Werkverskaffing en Herverdelingsprogram (GEAR) in 1996, as gevolg van die groeiende invloed van die neoliberale binne die ANC. GEAR was opgestel byna uitsluitlik deur 15 ekonome van die Wêreldbank, neoliberale dinkskrums en verskeie Afrika-ontwikkelingsbanke. Die GEAR program het kommersialisering en dan privatisering van alle openbare maatskappye en dienste in Suid-Afrika beklemtoon. Dit het staatsbesteding drasties gesny en sekondêre belasting is op korporatiewe winste gehef. [Vanuit: http://www.thirdworldtraveler.com/Africa/SAfrica_WTO-Globalization.html. Toegang verkry op 22 Maart 2016.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 11 (Tweede Vraestel) 10792/16 BRON 3C Die spotprent hieronder deur Zapiro beeld die vestiging van die Groei, Werkverskaffing en Herverdelingsprogram (GEAR) beleid uit. DRIEPARTYALLIANSIE ... LAAT ONS HANDEKLAP VIR DIE VENNOOTSKAP! SAKP [Vanuit: Talk Left, Walk Right: South Africa’s Frustrated Global Reforms deur P Bond.] GEAR b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 12 (Tweede Vraestel) 10792/16 BRON 3D Hierdie is ʼn toespraak deur die voormalige President van Suid-Afrika, TM Mbeki, gelewer op 25 Mei 2007 by die Viëtnam Instituut vir Internasionale Betrekkinge. Die titel van sy toespraak was ‘Globalisasie en Verwante Sake’ Vandag word die rykes ryker en meer uitspatting (verkwistend) terwyl biljoene mense voortgaan om in ellende te leef, ʼn punt bondig gestel deur die destydse administrateur van die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP), Mark Malloch Brown toe hy gesê het: ‘In groot dele van die wêreld het ongelykheid toegeneem, beide binne en veral tussen ryk en arm lande. Ons Human Development Report beraam dat die inkomstegaping tussen die vyfde van die wêreld se mense wat in die rykste lande woon en die vyfde plek in die armste was 74 tot 1 in 1997, 60 tot 1 in 1990 en 30 tot 1 in 1960. Die rykes en die sterkes van die ontwikkelde wêreld wat ‘gemaklik moet raak oral, oral vestig, en oral verbindings maak’, kan die verskynsel van globalisering gesien word as ʼn belangrike platform vanwaar rykdom toeneem, verskans hulle krag en deur middel van hierdie voortbestaan die armes van die wêreld aanhoudend onderwerp (onderdruk). Vir diegene van ons uit ontwikkelende lande, moet globalisering duidelik vir ons lande ʼn geleentheid om vooruit te beweeg beteken, na die kritieke stadium van ontwikkeling en sodoende armoede en onderontwikkeling verslaan maar terselfdetyd buitelandse kulturele dominansie weerstaan asook die behoud van ons politieke en sosio-ekonomiese onafhanklikheid. [Vanuit: http://www.dirco.gov.za/docs/speeches/2007/mbeki0531.htm. Toegang verkry deur 22 Maart 2016.] b.o.
Downloaded from hlayiso.com GESKIEDENIS ADDENDUM 13 (Tweede Vraestel) 10792/16 ERKENNINGS Visuele bronne en ander geskiedkundige getuienis is uit die volgende geneem: Bienart, W. 2000 Twentieth Century South Africa. University of KwaZulu-Natal Press. Bond, P. 2006. Talk Left, Walk Right: South Africa’s Frustrated Global Reforms. University of KwaZulu-Natal Press. Daily Dispatch, 25 September 1997. Du Toit, F. 2003. Truth and Reconciliation in South Africa: 10 Years On. IJR Helena-Pohlandt McCormick. 2006. I Saw a Nightmare. McMillan. http://africanhistory.about.com/od/apartheid/Soweto-Uprising-pt2htm http://www.bbc.co.uk/schools/gcsebitesize/geography/globalisation/globalisation_rev5.shtml. http://www.dirco.gov.za/docs/speeches/2007/mbeki0531.htm. http://www.thirdworldtraveler.com/Africa/SAfrica_WTO-Globalization.html. http://www.wwl.wits.ac.za: Traces of Truth – The South African TRC Mzamane M et al. 2000 The Road to Democracy in South Africa. University of KwaZulu-Natal Press. EINDE

Study this subject

More from Grade 12 History

View all