Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2016
10791
GESKIEDENIS
EERSTE VRAESTEL
TYD: 3 uur
PUNTE: 150
9 bladsye + ʼn addendum van 11 bladsye
3
b.o.
Skip to contentAll 2016 papers %20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
%20P1%2010791%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f146720c-997d-4fdf-b249-92df2b2b1b96/v1-62a27980ef04f09bf308/card.webp)
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)


View all





History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 Question Paper (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2016 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 451.7 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Gauteng Mock Exam 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 2
(Eerste Vraestel) 10791/16
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
GESKIEDENIS
(Eerste Vraestel)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe
raamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’S TOT DIE 1970’S:
BURGERREGTEBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE –
DIE KONGO EN TANZANIË
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’S TOT DIE 1970’S: DIE
SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig
word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord die DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN
moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan óf ʼn brongebaseerde vraag óf ʼn opstelvraag wees.
5. In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en
insig gebruik.
6. Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal die kandidaat benadeel.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
8. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 3
(Eerste Vraestel) 10791/16
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit hierdie afdeling.
Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat.
VRAAG 1: HOE HET DIE SOWJET-UNIE EN DIE VERENIGDE STATE VAN
AMERIKA KOUE OORLOG SPANNING VERHOOG IN EUROPA NA
1945?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Definieër die term kommunisme in jou eie woorde. (1x2) (2)
1.1.2 Hoekom, volgens die bron, wou Stalin gehad het dat die Oos Europese
regerings “kommunisties en simpatiek” bly teenoor die Sowjet-Unie? (2x1) (2)
1.1.3 Lys die DRIE lande genoem in die bron wat geannekseer was deur die
Sowjet-Unie na die Tweede Wêreldoorlog. (3x1) (3)
1.1.4 Lewer kommentaar oor hoe die Weste gereageer het op die Sowjet-Unie se
uitbreiding in Oos-Europa. (2x2) (4)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Definieer die konsep Ystergordyn in jou eie woorde. (1x2) (2)
1.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoekom
Brittanje Griekeland en Turkye ondersteun het. (2x2) (4)
1.2.3 Haal DRIE bewysstukke uit die bron aan wat bevestig dat Brittanje se
ekonomie in ʼn krisis was na die Tweede Wêreldoorlog. (3x1) (3)
1.2.4 Verduidelik waarom ʼn geskiedkundige die inligting in hierdie bron as
bruikbaar sal beskou wanneer navorsing gedoen word oor die oorsprong van
die Trumanleerstelling en die Marshallplan. (2x2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 4
(Eerste Vraestel) 10791/16
1.3 Gebruik Bron 1C.
1.3.1 Hoe, dink jy, het die Sowjet-koerant, Izvestia die Truman-leerstelling en
Marshallplan beskou? (1x2) (2)
1.3.2 Wat, volgens die bron, was die vernaamste swakheid van die Truman-
leerstelling? (1x2) (2)
1.3.3 Noem enige TWEE lande, volgens die koerantartikel, wat die Verenigde
State van Amerika wou “verslaaf”. (2x1) (2)
1.4 Bestudeer Bronne 1B en 1C. Verduidelik hoe die inligting in beide die bronne verskil
ten opsigte van die Truman-leerstelling en Marshallplan. (2x2) (4)
1.5 Raadpleeg Bron 1D.
1.5.1 Verduidelik die boodskappe wat die spotprent oordra. Gebruik die visuele
leidrade van die spotprent om jou antwoord te staaf. (2x2) (4)
1.5.2 Lewer kommentaar op “Madam Molotov” se woorde “Neuse Links” in konteks
van die Sowjet-Unie se beleid van uitbreiding in Oos-Europa. (2x2) (4)
1.6 Gebruik die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer
agt reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik hoe die Sowjet-Unie en die Verenigde
State van Amerika die Koue Ooorlog spanning verhoog het in Europa na 1945. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 5
(Eerste Vraestel) 10791/16
VRAAG 2: WAT WAS DIE AARD VAN SUID-AFRIKA SE BETROKKENHEID IN DIE
SLAG VAN CUITO CUANAVALE IN ANGOLA TUSSEN 1987 EN 1988?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Hoekom, volgens Gleijeses, het die volgende lande besluit om troepe na
Angola te stuur in 1987?
(a) Suid-Afrika (1x2) (2)
(b) Kuba (1x2) (2)
2.1.2 Lys TWEE taktieke wat die Kubane teen die Suid-Afrikaanse Weermag
(SAW) gebruik het. (2x1) (2)
2.1.3 Lewer kommentaar oor hoekom Fidel Castro besluit het om meer
gesofistikeerde troepe en wapens Angola toe te stuur. (2x2) (4)
2.2 Lees Bron 2B.
2.2.1 Lys TWEE lande (brigades) wat verantwoordelik was vir die aanval op
UNITA in Augustus 1987. (2x1) (2)
2.2.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoekom
Suid-Afrika betrokke geraak het in die Angolese oorlog in 1987.
(2x2) (4)
2.2.3 Selekteer TWEE redes in die bron wat daarop dui dat die SAW onsuksesvol
was om Cuito Cuanavale te verower. (2x1) (2)
2.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoekom
die slag van Cuito Cuanavale as ʼn keerpunt in die geskiedenis van Suid-
Afrika beskou word. (2x2) (4)
2.3 Bestudeer Bron 2C.
2.3.1 Volgens die inligting vervat in die bron, hoeveel soldate van die volgende
weermagte het gesneuwel in die Angolese Oorlog?
(a) Kubaanse / FAPLA magte (1x1) (1)
(b) SAW (1x1) (1)
2.3.2 Gebruik die statistieke vervat in die bron om te verduidelik wie die slag van
Cuito Cuanavale gewen het. (2x2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 6
(Eerste Vraestel) 10791/16
2.3.3 Lewer kommentaar oor die tekortkominge, in terme van die inligting in die
bron, vir ʼn geskiedkundige wat die verliese gely in die slag van Cuito
Cuanavale bestudeer. (2x2) (4)
2.4 Bestudeer Bronne 2A en 2D. Verduidelik hoe hierdie bronne van mekaar verskil oor
die uitkoms van die slag van Cuito Cuanavale. (2x2) (4)
2.5 Lees Bron 2D.
2.5.1 Gee TWEE redes genoem deur Ronnie Kasrils in die bron wat stel dat
27 Junie 1988 “die einde vir die SAW te kenne gegee het”. (2x1) (2)
2.5.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om kommentaar te lewer
oor hoekom die Kubane besluit het om nie Namibië binne te val nie. (2x2) (4)
2.6 Gebruik die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer
agt reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik wat die aard van Suid-Afrika se
betrokkenheid in die slag van Cuito Cuanavale in Angola was tussen 1987 en 1988? (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 7
(Eerste Vraestel) 10791/16
VRAAG 3: WAT WAS DIE ROL VAN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA SE
REGERING MET BETREKKING TOT DIE INTEGRASIE VAN CENTRAL
HIGH SCHOOL IN 1957?
Bestudeer Bronne 3A, 3B, 3C en 3D en antwoord die vrae wat volg.
3.1 Verwys na Bron 3A.
3.1.1 Definieër die volgende konsepte in jou eie woorde:
(a) Segregasie (1x2) (2)
(b) Integrasie (1x2) (2)
3.1.2 Verduidelik hoekom “vyf verskillende swart gemeenskappe” hulle saak na die
Hooggeregshof geneem het. (1x2) (2)
3.1.3 Hoekom, volgens die bron, het Thurgood Marshall, aparte onderrig
teengestaan? (1x2) (2)
3.1.4 Wat was die beslissing van Chief Justice Earl Warren in die Brown vs Board
saak? (1x2) (2)
3.1.5 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoekom
die Brown vs Board beslissing ʼn oorwinning was vir die
Burgerregtebeweging. (2x2) (4)
3.2. Gebruik Bron 2B.
3.2.1 Hoekom het Elizabeth Eckford alleen aangekom by Central High School?
(1x2) (2)
3.2.2 Gebruik die inligting in die bron, asook jou eie kennis om te verduidelik
hoekom jy dink die foto van Elizabeth Eckford ʼn bewys is van “een van die
mees blywende beelde van daardie dag”. (2x2) (4)
3.2.3 Wat het Regter Davies aangemoedig om regstappe teen Goewerneur
Faubus te begin? (1x2) (2)
3.2.4 Verduidelik hoe President Dwight D Eisenhower verseker het dat Central
High School geïntegreerd was teen 1957. (2x2) (4)
3.3 Bestudeer Bron 3C.
3.3.1 Verduidelik hoekom jy dink hierdie foto geneem is. (1x2) (2)
3.3.2 Watter boodskappe dra die foto oor, oor die Federale regering se houding
teenoor integrasie van Central High School. (2x2) (4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 8
(Eerste Vraestel) 10791/16
3.4 Verwys na Bronne 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B bevestig wat in
Bron 3C (foto) gewys word met betrekking tot die ontplooing van federale troepe na
Central High School. (2x2) (4)
3.5 Konsulteer Bron 3D.
3.5.1 Lys TWEE redes wat die ouers van die Little Rock Nine gegee het ter
ondersteuning van die federale regering se besluit om in te gryp by Central
High School. (2x1) (2)
3.5.2 Verduidelik die bruikbaarheid van die inligting in die bron aan ʼn
geskiedkundige. Bespreek die reaksies en response van swart Amerikaanse
ouers oor die rol van die federale regering met verwysing na die integrasie
van Central High School. (2x2) (4)
3.6 Gebruik die relevante bronne en jou eie kennis en skryf ʼn paragraaf van ongeveer
agt reëls (80 woorde) waarin jy verduidelik wat die rol van die Verenigde State van
Amerika se regering was met betrekking tot die integrasie van Central High School
in 1957. (8)
[50]
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS 9
(Eerste Vraestel) 10791/16
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae nie, uit hierdie
afdeling.
Jou opstel behoort ongeveer DRIE bladsye lank te wees.
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
Die oorlog ter verdediging van vryheid en demokrasie waarvoor die Verenigde State van
Amerika geveg het in Viëtnam, het onverwagte uitkomste gehad vir die tegnologiese
gevorderde supermoondheid.
Verduidelik tot watter mate jy saamstem met die stelling. Maak gebruik van relevante
bewyse oor die oorlog in Viëtnam tussen 1965 tot 1975 om die argumentslyn te
ondersteun. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIES – DIE
KONGO EN TANZANIË
Bespreek krities of die ekonomiese beleide wat bekendgestel was in beide die Kongo en
Tanzanië die ekonomieë van die onderskeie lande verbeter het na die verkryging van
onafhanklikheid van koloniale bewind in die 1960’s. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKESAMELEWINGSPROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE
1970’s: SWARTMAGBEWEGING
Die Swartmagbeweging het ontstaan as gevolg van die stadige pas van verandering in
die Verenigde State van Amerika in die 1960’s.
Stem jy saam met die stelling? Ondersteun jou argumentslyn met relevante bewyse. [50]
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20X10%202019%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--4f3ebe5f-1e25-4b5d-9926-1cdd895d3995/v1-4bd7c3b8e18e806e9bbb/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 Addendum (Afrikaans)
)%202015%20Preparatory%20Examination%20Addendum_hlayiso.com_--46d03045-1812-4e23-a4c5-7192a662e955/v1-6ab5452db578d608b6e0/card.webp)
Addendum
History Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Addendum (Afrikaans)
%20P1%2010791%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f146720c-997d-4fdf-b249-92df2b2b1b96/v1-62a27980ef04f09bf308/card.webp)
Addendum
History Grade 12 Paper 1 Gauteng Mock 2016 Addendum
%202021%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--24930935-0ad6-40fc-af9d-2565f340cb01/v1-761b3c43efc668005293/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Gauteng Mock 2021 Question Paper (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 EC June 2016 Question Paper (English)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Memorandum