Downloaded from hlayiso.com
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
2017
10831
LEWENSWETENSKAPPE
EERSTE VRAESTEL
TYD: 2½ uur
PUNTE: 150
16 bladsye
M
b.o.
Skip to contentAll 2017 papers %20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
%20%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512/v1-c12e41683d7a4be332af/card.webp)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--846bf94c-4e3c-4745-a5fe-37416d2bc053/v1-b62a65a6fc5398637791/card.webp)

%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
View all





Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2017 QP (Afr)
Grade 12 Life Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.
Life Sciences · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- Gauteng Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 16
- File size
- 543.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 16
This exam
Gauteng Mock Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)14 marks
- Question 1.2HUMAN REPRODUCTION9 marks
- Question 1.3MEIOSIS8 marks
- Question 1.4RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)5 marks
- Question 1.5MEIOSIS13 marks
- Question 2.1HUMAN REPRODUCTION10 marks
Show all 14 questions
- Question 2.2HUMAN REPRODUCTION9 marks
- Question 2.3HUMAN REPRODUCTION13 marks
- Question 2.4HUMAN REPRODUCTION8 marks
- Question 3.1RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (Humans)12 marks
- Question 3.2HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS7 marks
- Question 3.3HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS8 marks
- Question 3.4HUMAN ENDOCRINE SYSTEM AND HOMEOSTASIS IN HUMANS7 marks
- Question 3.5RESPONDING TO THE ENVIRONMENT (PLANTS)9 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 2
(Eerste Vraestel) 10831/17
GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
VOORBEREIDENDE EKSAMEN
LEWENSWETENSKAPPE
(Eerste Vraestel)
TYD: 2½ uur
PUNTE: 150
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK neer.
3. Begin die antwoorde vir ELKE vraag bo-aan ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.
6. Maak ALLE sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink.
7. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.
8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
NIE.
9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE.
10. Jy mag ʼn nie-programmeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.
11. Skryf netjies en leesbaar.
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 3
(Eerste Vraestel) 10831/17
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1.1 – 1.1.7) in die ANTWOORDBOEK neer.
1.1.1 Die voortplantingstrategie waar die uitbroei van ʼn bevrugte eier binne die
liggaam van ʼn vroulike dier, sodat die kleintjies “lewendig” gebore word,
word ... genoem.
A uitwendige bevrugting
B ovipaar
C ovovivipaar
D vivipaar
1.1.2 Een van die funksies van die amnion is om ...
A te dien as ʼn reserwe voedselbron.
B oorsprong te gee aan die plasenta.
C te verhoed dat die ontwikkelende fetus rondbeweeg.
D die vloeistof wat die embrio beskerm teen besering, te omsluit.
1.1.3 Watter van die volgende pare liggaamsfunksies is gewoonlik ʼn
onwillekeurige aksie, maar kan ook beheer word deur willekeurige aksies
vir ʼn kort tydperk?
A Hartklop en bloeddruk
B Knip van die oog en asemhalingsmeganisme
C Sametrekking van die skeletspiere en pupilgrootte
D Beheer van liggaamstemperatuur en bewe
1.1.4 Die funksie van die pinna is om ...
A die klankgolf te versterk.
B die timpaniese membraan klam te hou.
C klankgolwe na die timpaniese membraan te lei.
D klankgolwe in meganiese vibrasies te verander.
1.1.5 Watter van die volgende is funksies van adrenalien?
A Beïnvloed die pupilgrootte en beheer die hoeveelheid water wat verlore
raak deur die niere
B Verhoog die bloedglukosevlakke en bloeddruk
C Afname in metaboliese tempo en bloedglukosevlakke
D Affekteer groei en toename in spiertonus
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 4
(Eerste Vraestel) 10831/17
1.1.6 Eutrifikasie in damme word veroorsaak deur...
A oortollige nitrate en fosfate van riviere.
B ʼn toename in die hoeveelheid vis spesies in die dam.
C warm water wat in riviere vrygestel word.
D die vermindering in beskikbaarheid van water toevoer van riviere.
1.1.7 Die korrekte wyse waarop kernafval verwyder moet word is om dit ...
A diep onder die grond in verseëlde houers te begrawe.
B in stortingsterreine te stort.
C in groot verbrandingsoonde te verbrand.
D in die see te stort.
(7x2) (14)
1.2 TERMINOLOGIE
Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.9) in die ANTWOORDBOEK neer.
1.2.1 ʼn Plantgroeistof wat se hoofeffek op plante is om die ontkieming van sade
te stimuleer
1.2.2 Buis wat ovariums aan die uterus verbind in vrouens
1.2.3 Die tydperk van bevrugting tot geboorte
1.2.4 Die deel wat die fetus aan die plasenta heg
1.2.5 Die plek waar jong onvolwasse spermselle tydelik gestoor word tot hulle
volwassenheid bereik het
1.2.6 Die hormoon wat die konsentrasie water in die bloed beheer
1.2.7 Die hormoon wat die hoeveelheid sout in die bloed reguleer
1.2.8 Term wat gebruik word vir ʼn menslike baba in die eerste sewe weke van
bevrugting
1.2.9 Die proses waar die blastosist in die endometrium anker en vasheg
(9x1) (9)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 5
(Eerste Vraestel) 10831/17
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A,
SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf
slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.3.1 – 1.3.4) in die ANTWOORDBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II
1.3.1 Uitgebroeides kan beweeg A. Vroegselfstandig
direk na geboorte B. Altrisiële
1.3.2 Hipertiroïdisme A. Onderafskeiding van ADH
B. Toename in metaboliese tempo
1.3.3 Die menslike testis word A. Skrotum
beskerm hierdeur B. Prostaatklier
1.3.4 Die voordeel van die A. Verskaf voeding
amniotiese eier B. Beskerm teen dehidrasie
(4x2) (8)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 6
(Eerste Vraestel) 10831/17
1.4 Bestudeer die onderstaande diagramme en beantwoord daaropvolgende vrae.
C
B
D
E
A F
G
Struktuur van ʼn deel van die menslike oor en ʼn
deel van die mens se sentrale senuweestelsel
1.4.1 Skryf die LETTER neer van die deel van die brein / oor wat ...
(a) asemhaling beheer. (1)
(b) lugdruk tussen die uitwendige en inwendige oor balanseer. (1)
1.4.2 Gee EEN funksie van die byskrif ...
(a) B. (1)
(b) C. (1)
1.4.3 (a) Noem die endokrieneklier wat gevind word by die basis van die (1)
brein, byskrif G.
(b) Noem die hormoon wat dié endokrieneklier afskei, genoem in
VRAAG 1.4.3. (a), wat die leë Graafse follikel in ʼn geel massa
weefsel laat verander. (1)
(6)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 7
(Eerste Vraestel) 10831/17
1.5 Die onderstaande diagramme stel twee verskillende fases van meiose in
dieselfde sel voor.
A B
C
Diagram 1 Diagram 2
1.5.1 Voorsien die name van die dele met byskrifte:
(a) A (1)
(b) B (1)
(c) C (1)
1.5.2 Identifiseer die fase wat voorgestel word in:
(a) Diagram 1 (1)
(b) Diagram 2 (1)
1.5.3 Gee die getal chromosome in die oorspronklike moedersel. (1)
1.5.4 Benoem die proses in profase 1 wat verantwoordelik is vir die
voorkoms van die chromosome wat in Diagram 1 geïllustreer word. (1)
1.5.5 Hoeveel chromosome sal in elke sel voorkom aan die einde van dié
seldeling wat in Diagram 1 getoon word? (1)
1.5.6 Watter fase het voor die fase wat in Diagram 2 geïllustreer word,
plaasgevind? (1)
1.5.7 Gee TWEE maniere, behalwe vir genetiese variasie, waarom meiose
belangrik is. (2)
1.5.8 Noem EEN plek waar meiose plaasvind in ...
(a) vrouens. (1)
(b) mans. (1)
(13)
TOTAAL AFDELING A: 50
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 8
(Eerste Vraestel) 10831/17
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 Die onderstaande grafiek toon die konsentrasie van estrogeen, progesteroon,
FSH en LH in die bloed van ʼn volwasse vrou in ʼn 28 dae siklus.
Die hormoonvlakke van ʼn volwasse vrou in ʼn 28 dae siklus
Progesteroon
Hormoonvlakke
Estrogeen
Level
LH
FSH
2 4 6 8 10 12 14 16 18 20 22 24 26 28
Dae
2.1.1 Op watter dag vind ovulasie plaas volgens die grafiek? (1)
2.1.2 Gee EEN sigbare rede vanaf die grafiek vir jou antwoord in VRAAG
2.1.1. (2)
2.1.3 Wat het die toename in estrogeenvlakke veroorsaak, soos getoon in
die grafiek van dag 8 tot 14? (2)
2.1.4 Wat is die funksie van estrogeen in die uterus van dag 8 tot 14 van
dié siklus? (2)
2.1.5 (a) Het bevrugting gedurende dié 28-dag siklus soos in die grafiek
geïllustreer, plaasgevind? (1)
(b) Gee EEN verduideliking vir jou antwoord in VRAAG 2.1.5 (a) (2)
(10)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 9
(Eerste Vraestel) 10831/17
2.2 Bestudeer die onderstaande diagram van ʼn menslike spermsel.
C Nukleus
B
A
2.2.1 Gee ʼn funksie van die ensieme wat voorkom in die struktuur wat deel
C omsluit. (1)
2.2.2 Verskaf ʼn naam vir byskrif A. (1)
2.2.3 Verduidelik hoe die struktuur A, aangepas is vir sy funksie. (2)
2.2.4 Gee die naam en funksie van die organel wat in deel B gevind word. (2)
2.2.5 Hoe verseker die manlike liggaam dat die spermselle nie vernietig
word deur suur uriene wat deur die uretra vervoer word nie? (2)
2.2.6 Watter temperatuur is die gunstigste vir die produksie van sperm?
(1)
(9)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 10
(Eerste Vraestel) 10831/17
2.3 Die onderstaande tabel toon die hoeveelheid vaste-afval wat deur ʼn dorp
gegenereer is oor ʼn tydperk van 6 jaar. Bestudeer die onderstaande tabel en
beantwoord die vrae wat volg.
Jaar Totale Vaste-afval (ton)
1999 255
2000 276
2001 300
2002 330
2003 388
2004 428
2.3.1 Teken ʼn lyngrafiek om die data in die bogenoemde tabel voor te stel. (6)
2.3.2 Wat is die verskil in die hoeveelheid afval wat gegenereer is in die
dorp tussen 2001 en 2003? Toon alle berekeninge. (3)
2.3.3 Noem TWEE strategieë wat die dorp kan implementeer om die
toename in vaste afvalstowwe te bestuur en verduidelik hul impak
op die omgewing. (4)
(13)
2.4 2.4.1 Verduidelik hoe ʼn oortollige koolstofdioksiedkonsentrasie in die
atmosfeer kan lei tot klimaatsverandering. (3)
2.4.2 Beskryf hoe akwatiese indringerplante beide die beskikbaarheid van
water en die watergehalte kan verminder. (5)
(8)
(40)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 11
(Eerste Vraestel) 10831/17
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die onderstaande diagram van die oog.
A
J
B I
H
C
G
D
F
E
3.1.1 Skryf die LETTER en die NAAM van die deel waar die duidelikste
beeld gevorm word. (2)
3.1.2 Noem die dele in die korrekte volgorde waardeur lig beweeg om
struktuur H te bereik. (Noem die letter van die diagram en die
naam van elke struktuur in jou antwoord.) (3)
3.1.3 Beskryf die veranderinge wat plaasvind in strukture E, G en J
wanneer dit fokus op ʼn voël wat in die verte in vlieg. (7)
(12)
3.2 3.2.1 Definieer ʼn negatiewe terugvoermeganisme. (2)
3.2.2 Beskryf hoe die menslike liggaam tiroksienkonsentrasie in die
bloed kan herstel, wanneer dit bo normale vlakke styg. (5)
(7)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 12
(Eerste Vraestel) 10831/17
3.3 Die onderstaande skets is ʼn diagramatiese voorstelling van die vel. Dit toon ʼn
dwarsnit deur die bloedvate onder verskillende omgewingstoestande.
veloppervlak
bloedvate bloedvate
3.3.1 Wat sal die omgewingstoestande wees soos in B geïllustreer? (1)
3.3.2 Beskryf die proses wat plaasvind in A om ʼn konstante
liggaamstemperatuur te handhaaf. (3)
(4)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 13
(Eerste Vraestel) 10831/17
3.4 Die onderstaande grafiek wys die effek van glukosekonsentrasie op
insulienproduksie, voor en na ʼn maaltyd, gemeet vir ʼn gesonde persoon oor
ʼn tydperk van 2½ uur.
Effek van glukose verbruik op die
insulienkonsentrasie oor ʼn tydperk
100
Konsentrasie van glukose/ insulien
90
80
70
60
50
in bloed (mg per 100ml)
40
30
20
10
0
07:00 07:15 07:30 07:45 08:00 08:15 08:30 08:45 09:00 09:15 09:30
Glukose
Glukose Insulin
Insulien
3.4.1 Gedurende watter tydperk was die persoon se bloedglukosevlakke
konstant? (1)
3.4.2 Wat sal die glukosevlakke in die bloed wees, teen 09:00? (1)
3.4.3 Verduidelik die effek van insulien na ontbyt wat teen 08:00 geëet is. (4)
3.4.4 Beskryf die verwagte veranderinge in insulienvlakke, indien die
persoon ʼn diabeet is en nie behandeling ontvang nie. (1)
(7)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 14
(Eerste Vraestel) 10831/17
3.5 Graad 12 leerders het ʼn ondersoek gedoen om vas te stel wat die effek van
swaartekrag op die groeirigting van jong wortels (kiemworteltjies) van jong
saailinge is. Die ondersoek is volgens die onderstaande metode opgestel.
• Ses ontkiemende saailinge is op die roterende skyf van die klinostaat
geplaas, soos getoon in diagram A.
• Hulle het die saailinge op die klinostaat met ʼn wye-mond glasbeker (A)
bedek.
• Hulle het ses ontkiemende saailinge op die kurkskyf geplaas, soos getoon in
diagram B.
• Hulle het die kurkskyf op sy kant neergesit en toegemaak met ʼn wye-mond
glasbeker (B).
• Die saailinge in B was nie geroteer nie.
• Hulle het die klinostaat in A aangeskakel, sodat die saailinge aanhoudend
kan draai.
• Hulle het die saailinge vir twee dae gelos.
3.5.1 Identifiseer die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlike (1)
3.5.2 Noem TWEE maniere hoe die leerders kan verseker dat die ondersoek
geldig is, anders as wat alreeds in die ondersoek aangedui word. (2)
3.5.3 Noem EEN manier hoe die leerders die betroubaarheid van die
ondersoek kan verhoog. (1)
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 15
(Eerste Vraestel) 10831/17
3.5.4 Hoekom het die leerders die draaiende klinostaat in diagram A
opgestel? (2)
3.5.5 Wat kan waargeneem word ten opsigte van die groei van die
kiemworteltjies in diagram B? (2)
3.5.6 Stel ʼn gevolgtrekking voor wat gebasseer is op die waarnemings in
VRAAG 3.5.5. (1)
(10)
(40)
TOTAAL AFDELING B: 80
b.o.
Downloaded from hlayiso.com
LEWENSWETENSKAPPE 16
(Eerste Vraestel) 10831/17
AFDELING C
VRAAG 4
OPSTELVRAAG
ʼn Persoon loop kaalvoet en trap in ʼn doring met sy linkervoet. Hy het onmiddelik sy
linkervoet teruggetrek en hy balanseer homself op sy regtervoet. Beskryf die refleks-
aksie wat plaasvind en ook hoe die persoon sy balans en liggaamsposisie kon
handhaaf.
Inhoud: (17)
Sintese: (3)
(20)
LET WEL: Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme of diagramme nie.
TOTAAL AFDELING C: 20
TOTAAL: 150
EINDE
Study this subject
Recommended for this subject
%20X05%202019%20Preparatory%20Examination%20Question%20Paper_hlayiso.com_--6ca916a7-2250-4497-9409-7188154ce36b/v1-8d481fe1862c72e0df7e/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2019 QP (Afr)
%20Preperatory%202016%20Question%20Paper_hlayiso.com_--f3d96818-aad0-4820-91c5-b7b9cea1287f/v1-56d3891adc8c940b0d70/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2016 QP (Afr)
%20%20Preparatory%202018%20Possible%20Answer_hlayiso.com_--47d1fae5-b964-4653-aaa6-a3b2ad4a2512/v1-c12e41683d7a4be332af/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2018 Memo (Afrikaans)
%202015%20Preparatory%20Examination%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--846bf94c-4e3c-4745-a5fe-37416d2bc053/v1-b62a65a6fc5398637791/card.webp)
Memorandum
Life Sciences Grade 12 P1 Gauteng Mock 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--4c141cfe-8e69-4401-8dd4-97d64de4938a/v1-bcbc4cd3f6b03143ac28/card.webp)
Question paper
Life Sciences Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)
More from Grade 12 Life Sciences

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Eastern Cape Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2025 Memo (Afr)

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 1 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Free State Mock 2025 Memo

Memorandum
Life Sciences Grade 12 Paper 2 Gauteng Mock 2025 Memo

Memorandum