Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 Supplementary 2015 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220154 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 4 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 FEBRUARIE/MAART 2015 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 4 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik word. 5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke vraag toegeken is. 6. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 1 Lees die paragraaf hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'n Aantal ingrypingstrategieë, soos Love Life en My Life My Future, is bekendgestel om die kwessie van tienerswangerskappe te pak. Tienerswangerskappe bly egter steeds een van die grootste uitdagings in Suid-Afrika. 1.1 Verduidelik die negatiewe invloed wat tienerswangerskappe op die Suid- Afrikaanse ekonomie het. (20) 1.2 Met verwysing na die leringe van enige EEN godsdiens, bespreek die oplossings wat aangebied word om die probleem van tienerswangerskappe op te los. (10) 1.3 Bespreek die praktiese strategieë wat godsdienstige organisasies kan gebruik om die probleem van tienerswangerskappe in ons gemeenskappe te beveg. (10) 1.4 Dink jy dat die regering en godsdienstige organisasies tans met hulle veldtog teen tienerswangerskappe slaag? Gee redes vir jou antwoord. (10) [50] VRAAG 2 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Interne verskille soos tussen die Shia en die Sunni, of Katolieke en Protestante, is dikwels gevaarliker as verskille wat tussen verskillende godsdienste bestaan. 2.1 Met verwysing na enige EEN godsdiens, beantwoord die volgende vrae: 2.1.1 Noem VYF verskille met betrekking tot leringe. (10) 2.1.2 Noem VYF verskille met betrekking tot bestuur/beheer/leiding. (10) 2.1.3 Noem VYF verskille met betrekking tot praktyke. (10) 2.2 Bespreek die rol van mondelinge tradisie in enige TWEE godsdienste krities. (20) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS VRAAG 3 3.1 Ontleed die sentrale leringe van enige EEN godsdiens onder die volgende opskrifte: 3.1.1 Die aard van godheid (10) 3.1.2 Die plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld (10) 3.2 Volgens party godsdienste word menslike lyding deur boosheid veroorsaak. Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou antwoord deur na die leringe van enige EEN godsdiens te verwys. (10) 3.3 Spesifieke hermeneutiese beginsels vir elke godsdiens kan as 'n sinvolle instrument in die interpretasie van hulle normatiewe bronne gebruik word. Kies EEN sentrale lering uit enige EEN godsdiens en illustreer hoe die hermeneutiese beginsels daarop toegepas kan word. (20) [50] VRAAG 4 4.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die term 'humanisme' was oorspronklik 'n godsdienstige term. Dit was 'n beweging wat die droë, Middeleeuse manier om na heilige geskrifte te kyk, teengestaan het. Eers omstreeks die 19de eeu het die betekenis van 'humanisme' verander om 'ateïsme' te beteken. [Aangepas uit Religion Studies Grade 12, Steyn et al, bl. 201] Ontleed die redes vir die opkoms van sekulêre humanisme. (12) 4.2 Kies enige TWEE godsdienste en verduidelik hoe elk op die Oerknalteorie gereageer het. (20) 4.3 Na jou mening, is dit moontlik om in beide God en evolusie te glo? Gee redes vir jou antwoord. (10) 4.4 Verduidelik kortliks die oorsake wat tot die konflik tussen die Christendom en die vroeë moderne Westerse sterrekundiges gelei het. (8) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all