Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 Supplementary 2015 Memo (Afr)

MemorandumReligion StudiesGrade 1220159 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V1 FEBRUARIE/MAART 2015 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 C√ (1) 1.1.2 D√ (1) 1.1.3 D√ (1) 1.1.4 D√ (1) 1.1.5 D√ (1) 1.1.6 A√ (1) 1.1.7 B√ (1) 1.1.8 C√ (1) 1.1.9 D√ (1) 1.1.10 C√ (1) 1.2 1.2.1 Siddhartha Gautama is die stigter en eerste Boeddha van Boeddhisme. √ Boeddha beteken 'Verligte Een' in Boeddhisme. √ (2) 1.2.2 Dit is 'n Christen-seremonie waar iemand 'n lid van daardie kerkgemeenskap word. √ Water word tydens die seremonie as teken van reiniging en nuwe lewe gebruik. √ (2) 1.2.3 'n Moslemleier se gesag wat glo by die Profeet Mohammed gekry is. √ 'n Opvolger van die Profeet Mohammed. √ (2) 1.2.4 'n Joodse seun se mondigwording of inisiasie. √ Dit is 'n seremonie in 'n sinagoge wat deur 'n rabbi uitgevoer word. √ (2) 1.2.5 Dit is 'n geloof dat die siel na die dood weer in 'n ander liggaam gebore word. √ Dit is 'n oortuiging van Hindoeïsme en Boeddhisme. √ (2) LET WEL: Enige ander relevante feit moet krediet kry. 1.3 1.3.1 pastoor √√ (2) 1.3.2 Soefisme √√ (2) 1.3.3 evolusie √√ (2) 1.3.4 Tanag √√ (2) 1.3.5 Mpumalanga √√ (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 1.4 1.4.1 ONWAAR √ – Karma is die oortuiging dat elke daad 'n gevolg het wat of goed of sleg is. √ (2) 1.4.2 ONWAAR √ – Boeddhisme leer nie oor god/gode nie maar moedig 'n lewenswyse aan om lyding te beëindig. √ (2) 1.4.3 ONWAAR √ – Die Afrika Tradisionele Godsdiens word as 'n amptelike godsdiens in die wêreld erken./Dit is algemeen in stedelike en landelike gebiede. √ (2) 1.4.4 ONWAAR √ – Abrahamitiese gelowe glo dat daar in die begin God was en niks anders nie. God het die skepping uit niks gemaak. √ (2) 1.4.5 ONWAAR √ – Volgens Baha'i-leringe kan alle godsdienste as verskillende stadiums van die mensdom se geestelike ontwikkeling soos wat ons na een wêreldgeloof beweeg, beskou word. √ (2) 1.5 1.5.1 F√ (1) 1.5.2 D√ (1) 1.5.3 A√ (1) 1.5.4 G√ (1) 1.5.5 C√ (1) 1.5.6 B√ (1) 1.6 • 'Lering' kom van 'om iemand te leer/te onderrig', wat eenvoudig beteken om kennis of begrip op een of ander manier oor te dra. √ • Leringe hou verband met geloof in die sin dat 'n volgeling geloof in 'n spesifieke godsdiens sal hê omdat hulle 'n stel leringe geleer het wat hulle voel die waarheid is. √ • 'Oortuiging/Geloof' is soms 'n sinoniem vir 'godsdiens'. √ • Dis 'n vaste mening/opinie, hoe 'n persoon voel of dink oor 'n godsdienstige wêreldbeskouing. √ (4) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum AFDELING B LET WEL: In hierdie afdeling tel elke kolpunt ('bullet') TWEE punte. VRAAG 2 2.1 AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS • Hulle vereer die voorvaders. • Die gemeenskapslewenswyse is sentraal. • Dit is 'n clan-gebaseerde godsdiens. • Dit word deur die konsep 'ubuntu' gekenmerk. JUDAÏSME • Hulle glo dat hulle die nasie is wat deur God uitverkies is. • Hulle glo dat die Messias sal kom en die wêreld saam hulle sal regeer. • God het Homself en Sy wette aan die Jode geopenbaar. • Hulle glo dat daar slegs een God is wat regverdig is en wat in die natuurlike en sosiale orde werk. (8) 2.2 • Lede sluit by die organisasie aan en kry lidmaatskapstatus. • Aanbid saam in 'n spesifieke plek (gemeenskapsaanbidding/-verering). • Volg 'n gemeenskaplike kleredragkode wat 'n unieke identiteit skep. • Leringe van daardie spesifieke godsdiens word deur alle volgelinge aanvaar. (4) 2.3 AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS AMAZULU, DIE YORUBA en DIE AKA • Hulle vereer almal die voorvaders. • Die waarsêers of mediums is tussengangers tussen die voorvaders en die lewende dood. • Hulle voer almal rituele praktyke uit. • Hulle glo almal aan die Opperskepper. JUDAÏSME ORTODOKS, KONSERWATIEWE JUDAÏSME • Hulle glo almal dat die Tora die heilige skrif is. • Hulle leef hulle lewens volgens die Tien Gebooie. • Hulle kies een rabbi as hulle leier in 'n spesifieke area. • Hulle glo in een God, genoem YHWH of Elohim. LET WEL: Punte moet toegeken word vir enige TWEE geldige punte vir elke tak. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 2.4 2.4.1 • Die Suid-Afrikaanse Grondwet waarborg godsdiensvryheid. • Leiers uit diverse godsdienstige gemeenskappe in Suid-Afrika het saamgekom. • Die stigting van die Suid-Afrikaanse tak van die Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede ('WCRP'). • President Nelson Mandela se inisiatief: stigting van die Nasionale Godsdiensleiersforum (NGLF). • 'n Moraliteitsberaad is in Oktober 1999 gehou het verskeie godsdienstige en politieke leiers byeengebring. (10) 2.4.2 Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede ('WCRP') • Verskaf 'n forum vir dialoog tussen verskillende godsdienste, en vind gemeenskaplike oplossings. • Die dialoog het die Christelike kerkverbande gehelp om nie teen mekaar te diskrimineer nie. • Het godsdienstige gemeenskappe aangemoedig om in die verkiesing te stem. • Suid-Afrikaanse verkiesings het die suksesverhaal in Afrika geword. • Het geen diskriminasie tussen godsdienste bevorder. • Regeringsfunksies word deur leiers van verskillende gelowe uitgevoer. Nasionale Godsdiensleiersforum (NGLF) • Om die misbruik van kinders en vroue te stop. • Hulle veldtogte het nie geslaag nie aangesien statistieke toon dat daar 'n toename is in kinders en vroue wat misbruik word. • Om bewustheid van MIV en Vigs te verhoog en om mense met MIV en Vigs te help. • Dit het met die vermindering van die verspreiding van MIV en Vigs gehelp. • Om etiese en morele waardes te bevorder. • Om godsdiens in onderwys te bevorder. • Om vrede te bevorder. (10) 2.4.3 Ja • Dit sal vryheid van keuse bevorder. • Dit sal verdraagsaamheid en respek tussen godsdienste aanmoedig. • Godsdienstige organisasies sal die geleentheid kry om saam te staan om die uitdagings waarvoor die samelewing te staan kom, te beveg. Nee • Godsdienstige verskille is dikwels die bydraende faktore tot godsdienstige konflik. • Party godsdienste kan dit dalk misbruik as gevolg van hulpbronne om te dikteer, te beïnvloed en ander godsdienste te oorweldig. • Die vrees om lede te verloor as gevolg van aanpassing by die leringe van ander godsdienste. LET WEL: Enige ander geldige punte moet krediet kry. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 2.4.4 • Interkerklik – gemeenskap met verskillende kerkverbande van dieselfde godsdiens. • Intergodsdienstig – gemeenskap binne verskillende godsdienste ongeag hulle geloof. (4) [50] VRAAG 3 3.1 3.1.1 Negatiewe invloed • Mense kan maklik hulle rug draai op hulle godsdiens as gevolg van wat hulle in die media sien/hoor. • Hulle kan dalk verlei word om karakters wat hulle in die media sien, na te aap. • Mense kan mislei word en dink dat die media die antwoord op hulle probleme is. • Die meeste van die tyd is dit wat in die media gesien word, nie 'n ware weergawe van die lewens van daardie mense nie. • Mense raak verslaaf aan die media en hulle sosialiseer minder. Positiewe invloed • Die media kan gebruik word om mense wat onbereikbaar is wel te bereik, bv. Khumbulekhaya • Die media kan gebruik word om 'n bewustheidsveldtog by mense te bevorder. • Die media kan gebruik word om godsdienstige gebeurtenisse te bevorder en om mense oor onlangse gebeure op hoogte te bring. LET WEL: Kandidate moet krediet kry vir enige kombinasie van negatiewe en positiewe feite. (12) 3.1.2 Ja • Sepies hanteer baie morele kwessies soos lewe na die dood, gemengde huwelike en promiskuïteit. • Dit hanteer ook sensitiewe kwessies wat nie deur die meeste godsdienstige organisasies hanteer kan word nie. • Hierdie programme is gewild by jongmense en morele lesse in sepies kan na hulle oorgedra word. • Die morele lesse word in lewensgetroue situasies aangebied; die gehoor kan daarmee identifiseer. Nee • Die meeste van dit wat uitgebeeld word, is net vermaak. • Dit verteenwoordig nie die werklikheid uit nie. • Sepies wek sensasie met kontroversiële godsdienstige kwessies, bv. seks buite die huwelik, aborsie, rassisme, ens. • Jongmense boots dikwels die gevaarlike gedrag wat in sepies uitgebeeld word, na. • Arm gemeenskappe het nie toegang tot TV en radio nie en word dus nie deur die 'sedelesse' beïnvloed nie. LET WEL: Enige ander geldige antwoorde moet krediet kry. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 3.1.3 • Hulle kan teen die media protesteer. • Hulle kan organiseer dat hulle lede die media boikot. • Hulle kan dit op regsgronde aanpak. • Hulle kan in teenargumente betrokke raak en die media uitdaag om hulle kant van die storie te vertel. • Hulle kan betrokke raak by 'n gesamentlike antwoord deur interkerklike en intergodsdienstige organisasies. LET WEL: Enige ander geldige antwoorde moet krediet kry. (10) 3.2 • Godsdienstige organisasies moet die plek van godsdiens in die Suid- Afrikaanse Grondwet (Handves van Menseregte) verstaan. • Hulle moet die Universele Verklaring van Menseregte wat deur regerings van oor die wêreld heen aanvaar en onderteken is, eer. • Alle godsdienste stel egter beperkings vir hulle volgelinge in, en alhoewel hulle leerstellings hoë status aan mense gee, beperk hulle mense ook. • Sekulêre en party godsdienstige kritici dui daarop dat ten spyte van die idee van gelykheid voor God, baie godsdienste ernstige beperkings op sekere kategorieë mense plaas, soos vroue en slawe. Dit moet egter nie gebeur nie sodat menseregte bevorder kan word. • Vroueregte moet in alle godsdienste erken word. • Hulle kan die burgers van wêreld help om na te dink oor die behoefte aan sosiale gelykheid; om arm mense wêreldwyd toe te laat om die gaping tussen hulle lewenstandaard en dié van mense in ryk lande kleiner te maak. LET WEL: Enige ander geldige antwoorde moet krediet kry. (10) 3.3 • Alle godsdienste word gelyk behandel en heilige dae word op gelyke wyse waargeneem. • Daar is verdraagsaamheid en respek tussen al die godsdienste. • Die Konstitusie word deur alle godsdiensgroepe gerespekteer. • Mense word nie gedwing om by enige godsdiens aan te sluit nie, maar het die reg om hulle eie godsdiens te kies. • Die Konstitusie waarborg elke burger, gemeenskap en godsdienstige gemeenskap die reg om hulle godsdiens in vrede na hulle goeddunke te beoefen. • Die reg van 'n gemeenskap om hulle godsdiens te beoefen word ook beperk omdat hierdie reg nie op 'n wyse wat teenstrydig met die Handves van Menseregte is, beoefen mag word nie. • Baie godsdienstige mense is gemaklik met die humanistiese benadering tot menseregte, waar vryheid van gewete en geloof/oortuiging 'n dominante waarde is sonder verwysing na godsdiens. LET WEL: Enige VYF geldige antwoorde moet krediet kry. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum VRAAG 4 4.1 Ja • Die konflik is tussen Moslem en Christen. • Geen ander erde, behalwe godsdiens, word genoem nie. • Dit is 'n voorbeeld van 'etniese suiwering', gebaseer op godsdiens. • Christene dwing Moslems om te vlug en steek hulle eiendom aan die brand. • Daar is georganiseerde groepe gebaseer op godsdienstige standpunte. Nee • Nie net Moslems word geteiken nie, buitelanders vlug ook. • Die SAR-weermag of -regeringsmagte word nie genoem nie. • Dit dui daarop dat dit die val van die regering was wat die konflik veroorsaak het. • Die geplunder van eiendom dui daarop dat kriminele elemente dalk uit die konflik voordeel trek. (10) 4.2 • Hulle kan multigodsdienstige byeenkomste reël om godsdienstige verdraagsaamheid te skep. • Alle godsdienste moet saam met die regering werk sodat alle godsdienste gelyk deur die regering behandel sal word. • Alle godsdienste moet godsdiensvryheid bepleit. Mense sal dan godsdienste of wêreldbeskouings kies op grond van vrye wil. • Beide Christen- en Moslemleiers moet vredesinisiatiewe ondersteun. • Hulle moet wys dat hulle die vredesbewakers van die Afrika-unie ondersteun. • Hulle moet gesamentlik aan humanitêre gebeure deelneem om 'n werksverhouding te ontwikkel. (12) 4.3 • Armoede is dikwels die katalisator in godsdienstige konflik. • Dit gebeur want wanneer mense in 'n stryd om skaars hulpbronne gewikkel is (bewerkbare grond, water, ens.) kan 'n botsing nie vermy word nie. • Beide die Christendom en Islam het 'n sterk teenwoordigheid op die kontinent. • Elkeen het sy eie identiteit. • Mense leef in gemeenskappe wat 'n sterk godsdienstige identiteit het, óf Christen óf Moslem. • Beide godsdienste word aktief gepropageer. Dit lei tot konfrontasie. • Aangesien armes gewoonlik in die informele sektor werk, bly hulle binne hulle godsdienstige groeperings. • Dit versterk die godsdienstige skeiding selfs verder. • Regerings in Afrika is swak en dwing nie wet en orde af nie. • Hulle is ook soms bevooroordeeld teenoor een godsdiens. Dit lei tot godsdienstige konflik. • Afrika-lande het swakker grensbeheer. • Dit laat handel in onwettige wapens toe. (20) LET WEL: Alternatiewe relevante punte moet krediet kry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 4.4 • Evangeliese oorloë • Dit is oorloë wat deur 'n godsdiensstaat gevoer word om 'n naburige staat na die 'ware godsdiens' te bekeer. • Oorwinningsoorloë • Een staat oorwin 'n ander 'ter ere van God'. • Vergeldingsoorloë • Dit word gevoer as wraak vir een of ander 'sonde' of misdryf. 'n Misdryf wat teen 'n spesifieke godsdiens gepleeg word, kan gewreek word. • Selfverdedigingsoorloë • Sulke oorloë word beskou as dat dit ter wille van reg en geregtigheid gevoer word: boosheid moet teengestaan word en die goeie moet verdedig word. LET WEL: Alternatiewe relevante punte moet krediet kry. (8) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all