GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V1
FEBRUARIE/MAART 2015
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2015 papers _hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)





View all





Religion Studies Grade 12 P1 Supplementary 2015 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · Supplementary Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Supplementary Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 318.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Supplementary Exam 2015
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Religiestudies/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
3. LET WEL: Die vrae in AFDELING A tel EEN punt per feit, tensy anders
aangedui.
4. Lees AL die vrae aandagtig deur.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 Versoening is …
A die gevoel van eenheid wanneer heilige rituele beoefen word.
B die wedergeboorte van die siel of gees.
C begrip en vergifnis tussen mense wat 'n slegte verhouding
gehad het.
D die gevoel van behoort by daardie mense wat in dieselfde
gebied woon. (1)
1.1.2 In 'n godsdienstige konteks is 'n verbond …
A 'n manier om te regeer en te beheer.
B 'n geheime plan om iets skadeliks te doen.
C beskikbaar vir mense om te gebruik hoe hulle ook al wil.
D 'n diep en plegtige waarborg of belofte. (1)
1.1.3 Konserwatisme is …
A wanneer mense twee of meer gelowe/oortuigings in een
stelsel wil integreer.
B die vermoë om te besluit wat om te doen sonder
oorleg/omsigtigheid.
C om los van godsdienstige instellings en simbole te leef.
D om aan tradisionele, konvensionele waardes vas te hou. (1)
1.1.4 Watter EEN van die volgende verduidelik die term ideologie?
A Wat godsdiens in die samelewing doen en wat sy rol in die
wêreld is, word gelees en geïnterpreteer
B 'n Godsdienstige oortuiging dat die samelewing in vier
afsonderlike klasse ingedeel kan word volgens die werk wat
mense doen
C 'n Situasie waar lede van baie gelowe in dieselfde gebied
woon
D Het te make met die heersende wêreldbeskouing wat die
betekenis van bestaan vorm. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.1.5 Watter EEN van die Pilare van Islam word dikwels slegs een keer
in 'n persoon se lewe uitgevoer?
A Verklaring van geloof
B Rituele gebede
C Vastydperk
D Pelgrimstog na Mekka (1)
1.1.6 Die doelwit waarna alle Boeddhiste streef, word … genoem.
A Nirvana
B Samsara
C karma
D moksha (1)
1.1.7 Hierdie is 'n vorm van Christelike lering wat fokus op die regstelling
van sosiale/maatskaplike en politieke ongeregtigheid:
A Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika
B Bevrydingsteologie
C Wêreldraad van Kerke
D Kaapstadse Intergeloof-inisiatief (1)
1.1.8 Watter EEN van die volgende is die Hindoe-geleerde wat die
aanbidding/verheerliking in die tempel lei?
A Monnik
B Imam
C Geleerde ('Pundit')
D Rabbi (1)
1.1.9 Hierdie godsdiens se begrip van die lewe is gebaseer op die
ingewikkelde, komplekse verhoudings tussen alle lewende wesens:
A Boeddhisme
B Islam
C Judaïsme
D Afrika Tradisionele Godsdiens (1)
1.1.10 'n Volgeling glo dat slegs sy/haar siening/beskouing van godheid
reg is:
A Funksionalisme
B Humanisme
C Eksklusivisme
D Kommunisme (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.2 In die konteks van godsdiens, skryf TWEE sinne oor elk van die volgende
konsepte/terme:
1.2.1 Boeddha (2)
1.2.2 Doopbediening (2)
1.2.3 Kalief (2)
1.2.4 Bar Mitzvah (2)
1.2.5 Reïnkarnasie (2)
1.3 Kies die woord wat NIE in elke groep woorde hieronder pas NIE. Skryf
slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
Voorbeeld: verassing; ubuntu; voorvaders; Modimo
Antwoord: 1.3.6 verassing
1.3.1 kardinaal; pastoor; monnik; non (2)
1.3.2 Vaishnavisme; Smartas; Soefisme; Shaktisme (2)
1.3.3 inkarneer; opstanding; evolusie; saligmaking (2)
1.3.4 Upanishads; Vedas; Tanag; Bhagavad Gita (2)
1.3.5 waarsêers; voorvaders; Mpumalanga; inyanga (2)
1.4 Dui aan of elk van die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Kies die
antwoord en skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Gee 'n rede indien die
antwoord ONWAAR is.
1.4.1 Dharma is die geloof dat elke daad 'n gevolg het wat óf goed óf
sleg is. (2)
1.4.2 Hindoeïsme leer nie oor 'n god/gode nie, maar moedig 'n
lewenswyse aan om lyding wat deur onvervulde menslike
begeertes veroorsaak is, te beëindig. (2)
1.4.3 Die Afrika Tradisionele Godsdiens is slegs in die landelike gebiede
algemeen. (2)
1.4.4 Taoïste glo dat daar in die begin God en niks anders was nie.
God het die skepping uit niks gemaak. (2)
1.4.5 Volgens Islamitiese leringe kan alle godsdienste as verskillende
stadiums van die mensdom se geestelike ontwikkeling, soos wat
ons na een wêreldgeloof beweeg, beskou word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
1.5 Kies 'n item uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf
slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.5.1–1.5.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM A KOLOM B
1.5.1 Stellings of stel godsdienstige A mantra
oortuigings
B Taoïsme, Confucianisme
1.5.2 Leef vir altyd, ewig, onverganklik
C pluralisme
1.5.3 'n Vers, sillabe of frase wat
vermoedelik van goddelike D onsterflik
oorsprong is en wat in rituele
gebruik word E Hindoeïsme, Boeddhisme
1.5.4 Die daad om die verstand/ F geloofsbelydenis
bewussyn as 'n geestelike
oefening te kalmeer en rustig te G meditasie
maak
1.5.5 Alle godsdienste is paaie na die
waarheid, hulle is ewe waar
1.5.6 Mense moet lewe volgens hoe
die heelal werk
(6 x 1) (6)
1.6 Verduidelik die verskil tussen die konsepte lering en oortuiging/geloof. (4)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BESKOU DIE GODSDIENSTIGE LANDSKAP AS 'N GEHEEL
Elkeen van die godsdienste is uniek. Dit sou 'n ernstige fout wees om hulle almal gelyk
te stel deur te sê, 'Op stuk van sake sê hulle almal dieselfde ding!'
Daar is belangrike verskille tussen hulle.
[Aangepas uit The Human Search for Meaning deur JS Kruger, GJA Lubbe en HC Steyn]
2.1 Identifiseer VIER unieke kenmerke van enige EEN godsdiens. (8)
2.2 Verduidelik hoe die godsdiens wat jy in VRAAG 2.1 gekies het, sy eie
identiteit skep. (4)
2.3 Noem TWEE ooreenkomste wat deur die verskillende takke van die
godsdiens in VRAAG 2.1 gedeel word. (8)
2.4 Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
In 1997 het die destydse President van Suid-Afrika, Nelson Mandela, 'n
beroep op godsdienstige gemeenskappe gedoen om hulle verskille tersyde te
stel en saam te werk om 'n vrye en regverdige Suid-Afrika te bou.
[Bron: Focus on Religion Studies]
2.4.1 Watter stappe het die Suid-Afrikaanse regering gedoen om
intergodsdienstige harmonie in Suid-Afrika te verseker? (10)
2.4.2 Bespreek en evalueer die werk wat deur enige EEN
intergodsdienstige organisasie in Suid-Afrika gedoen word. (10)
2.4.3 Stem jy saam dat nouer bande tussen godsdienste nodig is om 'n
regverdiger en vreedsamer wêreld te verseker? Gee redes vir jou
antwoord. (6)
2.4.4 Wat is die hoofverskil tussen interkerklik en intergodsdienstig? (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 3
3.1 Lees die gedeelte hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GELOOFSKWESSIES
Die moderne media gee mense inligting oor gebeurtenisse van oor die wêreld
heen soos wat dit gebeur. Mense kyk na hierdie inligting en vorm menings oor
wat besig is om te gebeur. Die menings wat hulle vorm kan dan die wyse
waarop hulle reageer en optree, beïnvloed.
[Aangepas uit Shuters Religion Studies Grade 12]
3.1.1 Bespreek die negatiewe en positiewe invloed van die media op
mense se godsdienstige oortuigings. (12)
3.1.2 Is sepies op TV, soos Generations en Scandal, 'n doeltreffende
manier om mense te help om godsdienstige kwessies te verstaan?
Gee VIER redes vir jou antwoord. (8)
3.1.3 Noem VYF verskillende maniere waarop godsdienste op negatiewe
mediadekking van godsdienstige kwessies kan reageer. (10)
3.2 Bespreek die praktiese stappe wat godsdienste kan doen om menseregte en
verantwoordelikhede te bevorder of te beskerm. (10)
3.3 Wat is die voordele daarvan om in 'n multigodsdienstige samelewing te leef? (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015
NSS
VRAAG 4
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BLOEDIGE MOSLEM-CHRISTEN-SKERMUTSELINGE DUUR VOORT
IN SENTRAAL-AFRIKAANSE REPUBLIEK
In 'n naweek van geweld in Bangui, hoofstad van die Sentraal-Afrikaanse Republiek
(SAR), is ten minste 10 mense dood, het 'n beampte van 'n humanitêre agentskap
gister gesê.
Gevegte het weer Saterdag tussen Christene en Moslems in die weste van die
hoofstad uitgebreek waar baie geboue geplunder en aan die brand gesteek is.
Christene het nog 'n Moslem doodgemaak en een van die aanranders is deur 'n
vredesbewaarder van die Afrika-unie doodgeskiet, het getuies gesê.
Die voormalige Franse kolonie word al amper 'n jaar in geweld verswelg. Moslems en
buitelanders vlug al vir verskeie maande uit Bangui om van die konflik weg te kom.
[Aangepas uit The Times, 10 Februarie 2014]
4.1 Dink jy die bogenoemde is godsdienstige konflik? Gee redes vir jou antwoord. (10)
4.2 Watter rol kan godsdienstige organisasies speel om sulke konflikte te
voorkom? (12)
4.3 Konflik tussen Moslems en Christene is meer algemeen in Afrika as op ander
kontinente. Gee TIEN moontlike redes hiervoor. (20)
4.4 Alle godsdienste bepleit vrede eerder as oorlog. Oorlog is egter onder sekere
omstandighede toelaatbaar.
Noem en brei kortliks uit oor TWEE voorwaardes waaronder 'n godsdienstige
oorlog as geregverdig of toelaatbaar beskou kan word. (8)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--b5961a34-7ca4-4da1-80ed-83d065039e32/v1-1b73cf9670bd53d4cc28/card.webp)
Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2015 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Eng)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper