Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 Supplementary 2015 Memo (Afr)

MemorandumReligion StudiesGrade 12201512 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the Supplementary Exam 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 FEBRUARIE/MAART 2015 MEMORANDUM PUNTE: 150 Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum VRAAG 1 1.1 Negatiewe invloed • Die regering gebruik belastingbetalers se geld om swanger tieners te onderhou. • Die regering ken spesifieke bedrae toe vir elke swanger tiener in skole, wat lei tot nuttelose uitgawes as gevolg van leerders wat hulle studies staak. • Dit kos ook groot bedrae geld aangesien openbare gesondheidsorg in Suid-Afrika baie duur is. • Minder as 2% van tienerma's het 'n graad teen die tyd wat hulle 30 is. • Dit lei tot 'n betekenisvolle bedrag aan verlore inkomste/verdienste wat weer 'n negatiewe invloed op die ekonomie van die land het. • Tienerswangerskappe lei tot 'n hoë koers van seksueel oorgedraagde siektes. • Die regering spandeer meer geld aan veldtogte teen seksueel oorgedraagde siektes. • Tienerswangerskappe lei verder tot 'n hoër misdaadkoers. • Die meeste kinders wat uit onstabiele huise kom, word straatkinders wat die regering dwing om hulle te versorg en onderhou. • Tienerswangerskappe lei ook tot 'n toename in kindgeleide huishoudings en middelmisbruik. • Die ekonomie van die land word negatief beïnvloed aangesien die regering vir al hierdie onvoorsiene omstandighede moet beplan. LET WEL: Enige ander relevante punte moet punte kry. (20) 1.2 VOORBEELD: CHRISTENSKAP • Jy mag nie egbreuk pleeg nie: In Christenskap word seks voor die huwelik verbied. • Tieners moet nie aan enige seksuele aktiwiteite deelneem nie. • Jou liggaam is die tempel van die Heilige Gees. Dit beteken jy moet verantwoordelik wees vir enige seksuele optrede aangesien jou liggaam aan God behoort. • Daar word van jongmense verwag om hulleself te bewaar en onaangeraak te bly tot hulle trou. • Dit is sonde om seksueel aktief te wees en babas te hê voordat jy getroud is. VOORBEELD: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS • Die gemeenskapslewenswyse is sentraal tot die Afrika Tradisionele Godsdiens. • Daar word van die jeug verwag om hulleself te gedra volgens die gewoontes en waardes van die gemeenskap. • Dit is taboe vir 'n tiener om swanger te raak buite die huwelik. • Om die gesin/familie te reinig, moet die seun vir die skade wat die swangerskap veroorsaak, betaal. • As 'n manier om te straf, moet die seun se familie 'n koei aan die stamhoof (Inkosi) betaal. LET WEL: Enige ander godsdiens moet krediet kry. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 1.3 Praktiese strategie: • Godsdienstige organisasies moet seksonderrig met jongmense begin. • Debatteer die ABC-benadering en vergelyk dit met hulle godsdienstige leringe oor seksualiteit. • Onderrig oor regte en verantwoordelikhede asook respek vir mans en vroue. • Seks voor die huwelik moet ontmoedig word en as 'n groot sonde in hulle godsdienste beskou word. • Godsdienstige inisiasie (deurgangsrites) moet onder jongmense aangemoedig word. • Godsdienstige organisasies moet hulle jongmense aanmoedig om aan gesondheids- en sportjeugprogramme deel te neem. LET WEL: Enige geldige punte moet punte kry. (10) 1.4 NEE • Volgens mediaverslae neem tienerswangerskappe selfs in skole toe. • Ten spyte van verskillende ingrypingsprogramme deur die regering en godsdienstige organisasies is daar geen teken van 'n afname nie. • Statistiek wat deur die Departement van Onderwys vrygestel is, toon dat die aantal swanger leerders in die vorige jaar gestyg het. • Volgens Love Life-statistiek in 2006 het tienerswangerskappe slegs in Gauteng van 1 169 tot 2 336 gestyg. • Een in drie meisies het teen 20 'n baba gehad. • Volgens die Mediese Navorsingsraad is 16% swanger tienermeisies MIV-positief. JA • Die jongste statistiek toon 'n afname in die tienerswangerskapkoers, veral in landelike gebiede. • Slegs in Gauteng was 201 graad 3-leerders in 2010 swanger. Die getal het egter die volgende jaar tot 74 afgeneem. • Die ingrypingsprogramme wat deur die Departement van Onderwys saam ander regeringsdepartemente gedryf word, is besig om vrugte te begin dra… • Programme soos Love Life, The Baby Project en My Life My Future is geïmplementeer om die probleem van tienerswangerskappe op te los. • Die Rietdans in KwaZulu-Natal moedig meisies aan om hulle maagdelikheid te bewaar. • In die Islamitiese gemeenskap is die tienerswangerskapkoers laag aangesien daar sterk morele leringe oor seksuele gedrag is. • Die Christen-godsdiens bied 'n verskeidenheid jeugprogramme aan waar jongmense oor verskeie aspekte van die regte lewenswyse, soos seksualiteit en seksuele gedrag, geleer word. Hierdie programme speel 'n belangrike rol in die afname in tienerswangerskappe. • Tienerswangerskappe is min of bestaan nie in gemeenskappe wat sterk godsdienstige oortuiginge het nie. (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum VRAAG 2 2.1 2.1.1 VOORBEELD: CHRISTENSKAP Katolisisme • In Katolisisme en Protestantisme word geglo dat God uit drie gelyke maar aparte entiteite bestaan. • Hierna word as Drie-eenheid verwys. • In Katolisisme is verlossing op rituele soos die doop, skuldbelydenis, ens. gegrond. • Die Katolieke Kerk beskou homself as die enigste oorspronklike Christelike kerk, gestig deur Christus. Oosterse Ortodokse Kerk • In die Oosterse Ortodokse Kerk word die byvoeging van die 'Seun' verwerp want hulle glo dat die Heilige Gees superieur is. • Die Oosterse Ortodokse Kerk glo dat dit die enigste oorspronklike kerk is, gestig deur Christus en sy dissipels. Protestantisme • Protestante glo in die Drie-eenheid. • In Protestantisme word geloof as die sleutel tot redding/ verlossing beskou. VOORBEELD: ISLAM Sunni-Islam • Die Sunni-sekte glo dat alle leringe wat in die Boeke van Hadith vervat is ewe belangrik is. • Sunni's volg die leringe van geleerdes uit die 7de en 8ste eeue. • Sunni's aanvaar nie dat 'n kalief uitsluitlik uit die Profeet se familie hoef te kom nie. Shia-Islam • Vir die Shia is dit wat in die Hadith deur Ali en die Profeet se dogter Fatima meegedeel word, van groter belang. • Die Shia volg slegs die leringe en menings van 'n lewende geleerde. • Die Shia glo dat die laaste kalief uit die Profeet se familie in 'n grot weggesteek is en dat hy weer eendag as leier sal verskyn. (10) 2.1.2 VOORBEELD: CHRISTENSKAP Katolisisme • Politieke beheer is tradisioneel en in Rome gesetel. • Die hoof van die Katolieke Kerk is die Pous. • Die eerste Pous was glo Sint Peter. • Die Katolieke Kerk het baie ordes soos monnike, priesters, klooster-/ordebroeders en nonne. • Alle katolieke word deur die Vatikaan regeer. • Die gemeente ('parish') is 'n area of distrik met 'n spesifieke kerk en priester. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum Oosterse Ortodokse Kerk • Politieke beheer was tradisioneel in Konstantinopel. • Hulle word in die Midde-Ooste, dele van Afrika, Griekeland en Rusland. • Die kerkstruktuur bestaan uit priesters en biskoppe. • Daar is nie 'n enkele leier nie. • Gesag in die kerk is in die hande van 'n groep biskoppe. • 'n Bisdom is 'n groepe gemeentes onder die leierskap van 'n biskop. Protestantisme • Hierdie beweging is in 1517 deur 'n Duitse monnik, Martin Luther, begin. • Die kerke word deur ingewyde dominees en biskoppe of verkose ouderlinge regeer. • Die algehele gesag/beheer is deur 'n hoër gesag soos 'n sinode of algemene vergadering, onder voorsitterskap van 'n biskop. • In Protestante kerke is elke kerk onafhanklik. • Die kerke is nie aan enige hoër gesag as die gemeente verantwoordelik nie. VOORBEELD: ISLAM Sunni-Islam • Daar is geen geestelike leraars in Sunni-Islam nie. • Enige Moslem kan op die gemeenskapsrade dien. • Die regering is gemeenskapsgebaseerd. • Die geleerdes van Islam en gemeenskapsleiers dien op die beheerrade van moskees, madrassas en skole. • In gesag word die voorbeeld van die Sunnah of Profeet nagevolg. Shia-Islam • Die Shia-Moslems vereer die afstammelinge van die Profeet Muhammad. • Hulle glo dat die afstammelinge 'n goddelike reg het om die Moslems te lei. • Hulle reserveer die titel Imam vir sekere vorige leiers wat geglo word deur God gekies is. • Die gesag is in die hande van mollas ('mullahs'). • Die mollas het ook heelwat politieke invloed. LET WEL: Ander verskille met betrekking tot bestuur/ beheer/leiding moet ook krediet kry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 2.1.3 VOORBEELD: CHRISTENSKAP Katolisisme • Seksuele onthouding onder geestelike leiers is verpligtend. • Praktyke sluit in vas gedurende die Vastydperk ('Lent'), om die kruisiging van Christus te gedenk. • Boetedoening is die betaal van 'n boete vir sonde wat gepleeg is. • Hierdie boetedoening word bepaal wanneer skuld bely word. • Pelgrimstogte na heilige lande (bv. die Vatikaan) en meditasie is sleutelpraktyke vir Katolieke. • Die belangrikste praktyk is die ontvang van Nagmaal. Oosterse Ortodokse Kerk • Geestelike leiers is nie selibaat nie en word toegelaat om te trou. • Toewyding word as belangriker as die regte leerstelling beskou. • Doop vind plaas deur onderdompeling. • Dit word deur salwing gevolg ('chrismation'). Protestantisme • Inseëning van vroue is 'n Protestantse praktyk. • Hulle doen heling deur profesieë. • Priesters en dominees hoef nie selibaat te wees nie en mag trou. LET WEL: Ander verskille met betrekking tot praktyke moet ook krediet kry. VOORBEELD: ISLAM Shia-Islam • Hulle word toegelaat om die vyf daaglikse gebede in drie te kombineer. • Hulle beoefen 'mut'a' (tydelike huwelike). • Hulle beoefen selfskending met verering van die marteldood van Hussein, kleinseun van die Profeet Muhammad. • Hulle onderneem pelgrimstogte na Karbala in Irak. Sunni-Islam • Sunni's word nie toegelaat om die vyf gebede te kombineer nie. • Mut'a word nie toegelaat nie. • Alle praktyke is volgens die voorbeeld (praktyke) van die Profeet. LET WEL: Ander verskille met betrekking tot praktyke moet ook krediet kry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 2.2 VOORBEELD: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENSTE • Mondelinge tradisie in ATG is belangriker as in enige ander godsdiens aangesien daar geen heilige geskrifte is nie. • Die leringe word mondelings van een generasie na die volgende deurgegee. • Mondelinge tradisie word as 'n normatiewe bron in ATG gebruik. • Sulke tradisies kan vir honderde of duisende jare getrou oorgedra word. • Dit word in mites, legendes, stories, volksverhale, sang en danse gereflekteer. • Dit kan ook in rituele, spreuke, sêgoed en raaisels gereflekteer word. • Party mondelinge tradisies is bewaar in kuns en kultuur, simbole en embleme, altare en heilige plekke. • Mondelinge tradisie word gebruik om gelowe en dogma deur te gee. • Alhoewel die ATG 'n mondelinge tradisionele godsdiens is, het sommige geleerdes begin om basiese gelowe van die godsdiens neer te skryf. • 'n Boek genoem Masiphakule is geskryf alhoewel dit nog ontwikkel word. • Die boek sluit die oortuigings, deurgangsrites en die geskiedenis van godsdiens onder koloniale en apartheidsonderdrukking. • Die boek bevat ook vryheidstrydgedigte en sedelesse van die ATG. VOORBEELD: HINDOEÏSME • In alle godsdienste is die oorspronklike boodskap mondelings oorgedra. • Skryf is 'n onlangse uitvinding wat die plek van mondelinge tradisie in Hindoeïsme oorgeneem het. • Mondelinge tradisie speel 'n belangrike rol in Hindoeïsme. • Skryf loop steeds parallel met mondelinge tradisie. • Vedas is versamelings van tradisionele kennis. • Die tradisionele kennis het geestelike vryheid of moksha bereik. • Rig-Veda is 'n bloemlesing van godsdienstige gedigte en lofsange wat by offerandes deur die diensdoenende priesters en families voorgedra word. • Die versamelings (Samhitas) verskaf uitstekende illustrasies van antieke mense se vermoë om komplekse idees te konseptualiseer. • Upanishads wat letterlik beteken om voor 'n onderwyser te sit en na sy leringe te luister, is ook 'n goeie voorbeeld van 'n mondelinge tradisie. • Die Mahabharata vertel basies die verhaal van konflik tussen twee families, koning Barata en die Pandava-broers, wat in Delhi plaasgevind het. • Die Mahabharata is 'n goeie voorbeeld van die rol van mondelinge tradisie aangesien dit 'n rekord is van konflik wat baie jare voor die uitvinding van skryf plaasgevind het. LET WEL: Enige ander feit oor ander godsdienste moet krediet kry. (20) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum VRAAG 3 3.1 3.1.1 VOORBEELD: TAOÏSME • Taoïsme het 'n baie gesofistikeerde idee oor die aard van wat godheid genoem word. • Tao beteken pad deur sterre beweeg en uiteindelik die pad van die heelal. • In Taoïsme is alles wat daar is, die heelal, so alles wat daar is, is goddelik. • Die werkverrigting van die heelal is goddelik. • Taoïste sê dat die Tao nie beskryf kan word nie. • Die dinge wat gesien en aangeraak kan word, bestaan ('being'). • Onbeperkte goddelikheid word as 'nie-bestaan' ('non-being') beskryf. • Die nie-bestaan is die beginpunt van alles. • Goddelikheid is groot en ruim aangesien alles wat geskep is, in 'n groot kom leegheid/betekenisloosheid gehou word. • Volgens Taoïste bestaan alles in die skepping uit twee soorte kragte: die yang is aktief, lig, kragtig/sterk, manlik en die yin is passief, lig, sterk/kragtig en vroulik. VOORBEELD: CHRISTENSKAP • Volgens die Christenskap was daar in die begin niks nie. • Hulle glo aan die bestaan van 'n opper- en goddelike wese, bekend as God. • God manifesteer as drie persone. • God die vader as die Skepper van die heelal. • God die Seun, die Verlosser en Bevryder van die mens. • God die Heilige Gees as Raadgewer en Vertrooster in Christenskap. LET WEL: Enige ander feite oor ander godsdienste moet krediet kry. (10) 3.1.2 VOORBEELD: TAOÏSME • Mense is slegs 'n klein, mikrokosmiese neweproduk van die Tao se kreatiewe aktiwiteit. • Mense is nie spesiaal of in beheer van die wêreld nie. • Ons word nie benodig om na die wêreld om te sien nie. • Die wêreld en die heelal sal voortgaan of die mens daar is of nie. • Die wêreld sal die vorm aanneem wat Tao dit gee. • Die mens het die potensiaal om slegs 'n baie klein deel van die skepping te vernietig. • Selfs al word die deel vernietig, sal die mildadige skeppende aktiwiteit van Tao voortduur. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum VOORBEELD: CHRISTENSKAP • Mense is na die beeld van God geskape. • Adam en Eva is beveel om na die Tuin van Eden en die hele skepping om te sien. • Mense is God se verteenwoordigers op aarde. • Hulle is aangestel om na Sy eiendom om te sien. • Hulle is aan God verantwoordelik. LET WEL: Enige ander feit(e) oor ander godsdienste moet krediet kry. (10) 3.2 VOORBEELD: TAOÏSME Nee • Volgens Taoïsme is die mens self verantwoordelik vir enige lyding. • Om lyding te vermy moet mense hulleself met Tao vereenselwig. • Mense is goed en perfek om in harmonie met Tao, ander mense en in hulleself te wees. • Mense moet ook inskiklik wees vir die manier van die Tao. • Daar word van mense verwag om hulle begeertes en planne om lyding te vermy, na te jaag. VOORBEELD: CHRISTENSKAP Ja • In die Boek Job vind ons die verhaal van 'n regverdige man wat 'n vreeslike lyding moes deurstaan as gevolg van bose geeste (Satan). • Jesus maak siek mense gesond wat gely het as gevolg van bose geeste. • Party Christenkerke beoefen duiweluitdrywing waar bose geeste uitgedryf word. • As gevolg van die hoë koers wat bose geeste (Satanisme) voorkom, word priesters tans na skole uitgenooi vir ondersteuning. • Volgens Christelike leringe word boosheid en lyding deur die duiwel veroorsaak. LET WEL: Relevante leringe oor ander godsdienste moet krediet kry. (10) 3.3 VOORBEELD: ISLAM • 'n Sentrale lering van Islam is 'Daar is geen ander god as Allah nie, en Muhammad is Sy boodskapper'. • In terme van die 'duidelikste betekenis' het hierdie lering 'n reguit, ondubbelsinnige betekenis. • Die 'betekenis van woorde' is ook onveranderd en sonder enige spesifieke konteks. • Die woord 'ila' in Arabies verwys nie slegs na gode nie, maar ook na enige voorwerp, filosofie of gier – dit alles is genegeer. • Die vertolking van die leringe soos in die Koran vervat is aanvanklik deur Profeet Muhammad self gedoen. • Hy het die onderskeie eienskappe van God, bv. god is alwetend, alwys, mees genadig, verduidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum • Hy beklemtoon dat sy profesieë en sy wonderwerke deur God se genade en wat God aan hom onthul het, te danke is. Die Profeet self is nie alwetend nie. • Selfs toe die Profeet op die (nagreis) geneem is, word daar na as God se dienaar verwys. • Geloof in die Eenheid van God is nie-onderhandelbaar en moet volledig wees. • Die 'Meccans' het die Profeet gevra of hulle hulle afgode slegs op een dag van die jaar kon aanbid en God op al die ander dae van die jaar. • Hy het geantwoord dat dit nie aanvaarbaar is nie. Dit is 'n voorbeeld van 'historiese konteks' wat die eenheid van God verduidelik. • Die Profeet het verder beklemtoon dat die Vyf Pilare slegs vir God se plesier was. • Gebede wat aangebied word met die bedoeling om mense te beïndruk is 'n teken van geveinsdheid/skynheiligheid. • Net so moet liefdadigheid slegs wees vir God se behae. • Na die heengaan van die Profeet is die interpretasie van die Koran-tekste deur sy metgeselle gedoen. • Hulle het verse verduidelik deur na ander Koran-verse asook die leringe van die Profeet te verwys. VOORBEELD: CHRISTENSKAP • God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, (Johannes 3:16) • Duidelikste betekenis hiervan: • Christene glo dat God Sy liefde vir die mensdom wys sodat hulle hulle sondes kan agterlaat en na Hom sal kom. • Plan, doel en konteks hiervan: • Om te wys dat Jesus Christus die Seun van God is wat gestuur is om vir die mensdom te sterf vir die vergifnis van hulle sonde. • Die doel is om God se liefde vir die wêreld te wys. • Betekenis van woorde hiervan: • Die woord 'eniggebore' beteken dat Jesus God se eienskappe in Hom gehad het. • God gee die enigste Seun wat Hy het om sy liefde te wys. • Figuurlike taal beteken: • Die woord 'wêreld' beteken nie die aarde nie, maar mensdom. • Ander heilige tekste is: • In die laaste gebed wat Jesus voor Sy kruisiging gemaak het, sê Hy dat Hy na die vader gaan (Johannes 17:2–5). Hy het van God af gekom. Hy is die Seun van God. • 'Hy sal genoem word Ewige Vader, Vredevors.' (Jes. 9:5) • Die profeet het gesê dat Jesus die Ewige Vader is, so Hy is die Seun van God. (Jes. 9:5) LET WEL: Hermeneutiese beginsels spesifiek aan enige ander godsdiens moet gekrediteer word as dit op 'n sentrale lering van daardie godsdiens toegepas word. (20) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum VRAAG 4 4.1 • Sekularisme is die geloof dat die regering en moraliteit nie eksklusief op godsdiens gebaseer moet wees nie. • Dit verkondig dat daar 'n skeiding tussen die kerk en die staat moet wees. • Die meeste lande in Europa is deur keisers, konings, koninginne of ander adel regeer wat aan God onderdanig was. • Die feit dat die kerk beide polities en maatskaplik invloedryk was, het tot die opkoms van sekulêre humanisme gelei. • Oorloë het tussen state uitgebreek wat verskillende geloofstelsels gehad het. • Mense was moeg vir oorloë en het na alternatiewe regeringsvorme begin kyk. • Onder die invloed van die verligte filosowe, soos Hobbes en Hume, het sekulêre humanisme vinnig in Europa en Amerika versprei. • Hulle het met voorstelle gekom dat daar 'n behoefte was om godsdienstige oortuigings te toets, om dit nie net te aanvaar nie. • Redenering, bewyse en wetenskaplike metodes om navraag te doen, is aangemoedig. • Sekulêre wêreldbeskouings soos humanisme, materialisme, agnostisisme en ateïsme het na vore gekom. (12) 4.2 VOORBEELD: HINDOEÏSME • Hindoeïsme het nie 'n probleem met die Oerknalteorie nie. • Vir die Hindoe-godsdiens is die heelal die skepper. • Die skepper het nog altyd bestaan en sal vir altyd bestaan. • Die skepper het geen beperkings en is daarom nie 'n 'hy' of 'n 'sy' of enigiets anders nie. • Die skepper is eenvoudig 'n skepper. • Die skepper bestaan in 'n aktiewe of passiewe toestand. • Die passiewe toestand is 'n toestand van rus waar niks gebeur nie. • In 'n rustende toestand het die heelal geen vorm nie en is ongedifferensieer en is oral soort van 'plat'. • Na 'n lang tydperk raak die skepper aktief. • Dit is wanneer dele van die heelal anders lyk en is as ander dele en die skepping begin. • Mense is 'n neweproduk van die dans. OF (20) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2015 NSS – Memorandum 4.2 VOORBEELD: MIDDEL-OOSTERSE GODSDIENSTE • Daar word gesê dat die heilige geskrifte van die Middel-Oosterse godsdienste – Judaïsme, Christenskap en Islam – deur God geïnspireer is. • Hulle glo dat hulle geskrifte die direkte woord van God is. • Hulle deel eenderse beskouings van die skepping. • Daar is een almagtige, alwetende perfekte skepper. • Hy het die mens as die middelpunt van die skepping geskep. • Die skepping het in ses dae plaasgevind soos dit in hulle geskrifte gestel word. • Dit het begin met die skeiding van lig en donker. • Dit is uit niks gemaak nie en daar was slegs twee mense aan die begin wat uit klei gemaak is. • God het die wêreld deur die krag van Sy woord geskep. • Alles wat God geskep het, was perfek; daarom aanvaar hulle nie die Oerknalteorie nie. LET WEL: Die leerder kan enige van die Abrahamitiese gelowe kies. (20) 4.3 JA • Gelowiges wat evolusioniste is, redeneer dat die wetenskap en godsdiens tot verskillende tipes kennis bydra. • Godsdiens en die wetenskap beantwoord verskillende vrae en gebruik verskillende metodes en taal om dinge te verduidelik. • Wetenskaplike kennis verduidelik die prosesse waarvolgens die skepping plaasgevind het, gebaseer op bewyse en waarnemings. • Godsdiens hanteer die vrae van doel en betekenis van bestaan. • Heilige geskrifte moet as 'n mite oor die skepping gelees word eerder as feitelike weergawes. NEE • Daar is geen twyfel dat God die heelal as deel van Sy goddelike plan vir die mensdom geskep het nie. • Kreasioniste glo in die Genesis-weergawe van die skepping. • Adam en Eve is perfek geskep en was die hoogtepunt van God se skepping. • Daar is geen plek vir evolusie in kreasionisme nie. • Dit is in ooreenstemming met 'n literalistiese vertolking van die heilige geskrifte. (10) 4.4 • Westerse astronome/sterrekundiges het die oortuiging dat die aarde die middelpunt van die heelal is, wat perfek pas by die Christelike beskouing van die skepping, uitgedaag. • Die Ortodokse Kerk kon nie glo dat God die mens op die planeet sou plaas wat nie perfek is nie. • Sterrekundiges, soos Copernicus, het met die heliosentriese teorie vorendag gekom wat stel dat die aarde om die son wentel. • In die Bybel was dit die son wat beweeg het, nie die aarde nie. • Dit het gelyk asof die sterrekundiges die letterlike woord van die Bybel weerspreek. (8) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all