Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V2
NOVEMBER 2025
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 6 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 6
- File size
- 511.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 6
This exam
NSC November Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Religiestudies/V2 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae.
2. Beantwoord enige DRIE vrae.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Lees AL die vrae aandagtig deur.
5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
6. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat vir elke vraag
toegeken is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 1 2025
1.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
DONKER WOLK VAN DWELMMISBRUIK HANG OOR SKOOLKINDERS
IN SOWETO
Suid-Afrika staan voor 'n groeiende probleem van middelmisbruik en
verslawing, veral onder jongmense. Dit sluit alkohol en 'n groeiende reeks
dwelms in.
In Gauteng het Premier Panyaza Lesufi dit as 'n voorkeurkwessie
geïdentifiseer. Ten spyte hiervan, is daar verbasend min programme, mense
en geakkrediteerde fasiliteite om die probleem aan te pak. Met nuwer en
goedkoper dwelms algemeen op straat beskikbaar, word ouerskap al hoe
moeiliker. Seuns begin op die ouderdom van 12 dwelms te rook, maar niemand
weet wie dit aan hulle verkoop nie.
[Bron: Daily Maverick, 10 Mei 2023]
1.1.1 Noem en verduidelik TWEE oorsake wat tot middelmisbruik in
Suid-Afrikaanse skole bydra. (8)
1.1.2 Bespreek die impak van middelmisbruik in skole. (10)
1.2 Dink jy dat die wettiging van dwelms (bv. alkohol, dagga) in die samelewing sal
help om middelmisbruik te verminder? Gee redes vir jou antwoord. (10)
1.3 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die
leringe daarvan wat spesifiek aandag aan die probleem van middelmisbruik
gee. (12)
1.4 Stel praktiese strategieë voor wat godsdienstige organisasies kan gebruik om
die probleem van middelmisbruik te oorkom. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 2
2.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SENTRALE LERINGE
Ten einde verskillende godsdienste te verstaan, begin ons dikwels deur die
hoofleringe waaruit 'n spesifieke godsdienstige tradisie bestaan, te ondersoek.
Deur hulle leringe dra elke godsdiens aan hulle volgelinge oor waarom die
wêreld is soos dit is asook hulle plek en verantwoordelikheid daarin.
[Bron: FOCUS on Religion Studies, Grade 12]
Met verwysing na die sentrale leringe van enige EEN godsdiens wat jy
bestudeer het, beantwoord die volgende vrae:
2.1.1 Bespreek die konsep van beloning en straf. (10)
2.1.2 Bespreek die oorsprong en rol van boosheid. (10)
2.2 Bespreek krities die rol van rituele in verskillende godsdienste. (10)
2.3 Bespreek die verskillende rolle wat deur mondelinge tradisie gespeel word in
enige TWEE godsdienste wat jy bestudeer het. (2 x 4) (8)
2.4 In die konteks van godsdienste, verduidelik wat met inspirasie bedoel word. (12)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3
3.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
ORGANISASIES WAT INTERGODSDIENSTIGE DIALOOG BEVORDER
Die eerste Parlement van die Wêreld se Godsdienste is in 1893 in Chicago in
Amerika gehou met die doel om 'n wêreldwye dialoog van godsdienste te skep.
Sedert daardie gebeurtenis was daar verskeie verdere parlemente.
Godsdienstige organisasies in Suid-Afrika en in die hele Afrika werk tans saam.
[Bron: FOCUS on Religion Studies, Grade 12]
3.1.1 Die Parlement van die Wêreld se Godsdienste het multi-
godsdienstige samewerking deur verskillende strategieë
meegebring. Bespreek die werk van hierdie organisasie met
relevante voorbeelde. (12)
3.1.2 Noem enige VYF prestasies van die Interfaith Action for Peace in
Africa (IFAPA). (10)
3.2 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
INTERNE VERSKILLE
Alhoewel elke godsdiens nie-onderhandelbare oortuigings het, is dit
onvermydelik dat daar verskille ten opsigte van interpretasie en praktyk sal
wees.
[Bron: Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]
3.2.1 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, noem
TWEE van hulle vertakkings. (4)
3.2.2 Vergelyk die interne verskille van die vertakkings wat jy by
VRAAG 3.2.1 genoem het onder die volgende opskrifte:
(a) Leringe/Oortuigings (8)
(b) Praktyke (8)
(c) Bestuur/Beheer/Leiding (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GODSDIENS EN DIE NATUURWETENSKAPPE
Darwin se evolusieleer gee 'n alternatiewe verduideliking vir die oorsprong van die mens.
Alhoewel evolusie nie godsdienstige idees oor die skepping direk weerlê (teenspreek)
nie, is dit duidelik dat dit geen verduideliking as deel van 'n goddelike plan aanbied nie.
[Bron: FOCUS on Religion Studies, Grade 12]
4.1 Bespreek die wetenskaplike verduideliking van hoe mense ontstaan het. (10)
4.2 Bespreek die verskillende reaksies van die volgende godsdienste op Darwin
se evolusieleer:
4.2.1 Hindoeïsme (12)
4.2.2 Judaïsme (12)
4.3 Vergelyk die wetenskaplike en die godsdienstige verklarings van hoe die heelal
ontstaan het. (2 x 8) (16)
[50]
VRAAG 5
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
SEKULÊRE WÊRELDBESKOUINGS
Die meeste moderne Westerse demokrasieë is sekulêre state, dit is, hulle glo aan die
skeiding van kerk en staat. In die Verenigde State van Amerika, byvoorbeeld, is daar
geen amptelike godsdiens nie en godsdienstige instansies het geen konstitusionele reg
om 'n direkte rol in die ontwikkeling van siviele reg te speel nie.
[Bron: Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]
5.1 Wat is die faktore wat tot die ontwikkeling van sekularisme gelei het? (10)
5.2 Bespreek DRIE voordele en DRIE nadele van sekularisme vir die samelewing. (12)
5.3 Vergelyk die leringe van enige TWEE sekulêre wêreldbeskouings wat jy
bestudeer het. Tabuleer jou antwoord. (16)
5.4 Suid-Afrika is 'n sekulêre staat. Bespreek hoe die Suid-Afrikaanse regering
respek, verdraagsaamheid en begrip van alle godsdienste bevorder. (12)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2018 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper