Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2025 Memo (Afr)

MemorandumReligion StudiesGrade 12202512 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
ATIONAL SENIOR NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V1 NOVEMBER 2025 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 12 bladsye Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 2 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 C√ (1) 1.1.2 A√ (1) 1.1.3 B√ (1) 1.1.4 C√ (1) 1.1.5 C√ (1) 1.1.6 A√ (1) 1.1.7 D√ (1) 1.1.8 A√ (1) 1.1.9 A√ (1) 1.1.10 A√ (1) 1.2 1.2.1 Politeïsme√ (1) 1.2.2 Afkoms/Stamboom/Nakomelinge√ (1) 1.2.3 Joga √ (1) 1.2.4 Theravada √ (1) 1.2.5 Panteon/Godedom√ (1) 1.2.6 Kosmologie √ (1) 1.3 1.3.1 Sudra√ Die ander is Islamitiese konsepte.√ Die ander is die Vyf Pilare van (2) Islam 1.3.2 Mikvah√ Die ander is konsepte in Boeddhisme.√ (2) 1.3.3 Ateïsme√ Die ander het te doen met geloof/oortuigings in 'n God of gode.√ (2) 1.3.4 iSangoma√ Die ander is name wat na 'n Opperwese verwys. / Die ander is gode√ (2) 1.3.5 Karma√ Die ander is uit die vier klasse van Hindoeïsme/Die ander is die kaste/klasstelsel volgens Hindoeïsme.√ (2) LET WEL: Gee die kandidate krediet indien die korrekte woord in plaas van die letter verskaf is. 1.4 1.4.1 G√ (1) 1.4.2 F√ (1) 1.4.3 D√ (1) 1.4.4 A√ (1) 1.4.5 C√ (1) 1.4.6 B√ (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 3 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 1.5 1.5.1 Waar √√ (2) 1.5.2 Onwaar√ • Dogma verwys na 'n stel oortuigings wat as absoluut waar en gevestig beskou word. √ • 'n Leerstelling/Doktrine is 'n stel oortuigings/beginsels.√ (2) 1.5.3 Onwaar√ • In Afrika Tradisionele Godsdiens, toe die eerste geslag gesterf het, het hulle geeste by die geesteswêreld waar die Skepper woon, aangesluit / hulle het voorouers en boodskappers van God geword. √ • Die leerstelling/doktrine van die hemel word in die Abrahamitiese godsdienste gevind.√ (2) 1.5.4 Onwaar√ • Die hervorming in die kerk is deur Martin Luther, die Duitse priester, begin. √ • Martin Luther King Jnr. was 'n Amerikaanse menseregteaktivis.√ (2) 1.5.5 Onwaar√ • Kosjer is dit wat in Judaïsme toelaatbaar is.√ (2) 1.5.6 Onwaar√ • Bahá'u'lláh is die stigter van die Bahá'i-geloof. √ • Siddhartha Gautama is die stigter van Boeddhisme. √ (2) 1.6 1.6.1 Verskille • Dit beteken kenmerke wat godsdienste of mense onderskei. √ • Dit beteken 'om nie dieselfde te wees nie', 'andersheid' tussen godsdienste. √ • 'n Punt waar godsdienste nie dieselfde is nie. √ (2) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Relevante voorbeelde wat die term illustreer, moet gekrediteer word. 1.6.2 Eenheid • Waar twee of meer godsdienste saambestaan. √ • Harmonie/Ooreenstemming/Eenstemmigheid onder godsdiens- tige mense. √ • 'n Godsdienstige persoon vind eenheid met God/Opperwese deur gebed. √ (2) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry Relevante voorbeelde wat die term illustreer, moet gekrediteer word. 1.6.3 Onsterflikheid • Die oortuiging dat mense bedoel is om vir ewig te lewe. √ • Die oortuiging dat die siel van 'n mens na die dood bestaan. √ • 'n Oortuiging dat mense nie geskep is om te sterf nie, maar om vir ewig te leef. √ (2) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry Relevante voorbeelde wat die term illustreer, moet gekrediteer word . TOTAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 4 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne AFDELING B VRAAG 2 2.1 2.1.1 • Hulle glo dat hulle die nasie is wat deur God uitverkies is. • God het Homself en Sy Wet aan die Jode onthul/bekend gemaak. • Hulle glo dat die Messias sal kom en die wêreld saam met hulle sal regeer. (4) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 2.1.2 • Hindoeïsme verkondig dat mense die oorsaak van alle boosheid is. • By Hindoeïsme word die siel as ewigdurend en onveranderlik beskou. • Hindoeïsme is die enigste godsdiens wat verklaar: 'Jy kan God wees.' • Geloof in die siklus van dood en weergeboorte, d.i. reïnkarnasie. (4) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry 2.2 2.2.1 • Boeddhisme en Taoïsme glo nie aan die konsep van God(gode) of 'n Opperwese nie. • Boeddhisme en Taoïsme glo nie aan lewe ná die dood nie. • Hulle is beide godsdienste van die Verre Ooste. • Hulle het beide heilige boeke. (4) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry 2.2.2 • Hulle glo beide aan die bestaan van 'n Opperwese. • Hulle glo beide daar is lewe ná die dood. • Hulle glo beide dat ons respek en empatie aan mense moet toon en diegene wat fisies, emosioneel en geestelik behoeftig is, moet help. (4) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 2.3 2.3.1 • Dit beteken dat die godsdienste wat vergelyk word, eenders genoeg is om 'n regverdige vergelyking te maak. • In 'n godsdienstige konteks het die godsdienste kenmerke wat algemeen is/ooreenkom. • Bv. godheid kan in die Christendom en Afrika Tradisionele Godsdiens vergelyk word. (4) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 2.3.2 • Dit is die nastreef van sosiale geregtigheid in Hervormde Judaïsme. • Bv. mans en vroue wat saam bid in die sinagoge sonder afsondering. Daar is geslagsgelykheid. (4) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 2.3.3 • Dit is 'n storie wat 'n morele/sedelike punt demonstreer. • Hierdie stories is ontwerp om geestelike waarhede te onderrig. • Bv. Die blinde man en die olifant in Boeddhisme. (4) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 5 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 2.4 • Inkarnasie is die geloof dat God mens geword het. • Bv. Jesus Christus is die inkarnasie van God in die Christendom. • Opstanding is die handeling van iemand wat uit die dood opstaan/lewendig word. • Bv. Jesus is dood en het ná drie dae uit die dood opgestaan. (8) 2.5 • Boeddha het geen goddelike eienskappe gehad nie. • Hy het slegs die weg na nirvana getoon. • Elke persoon is vir sy/haar eie geluk/ongeluk verantwoordelik. • Daar is geen ingryping/intervensie (soos vergifnis, goddelike straf) deur 'n Opperwese nie. (6) 2.6 Die studente-stadium • Om respek aan die onderwyser te toon. • Om toegewyd/pligsgetrou/fluks/hard te studeer. • Om nie seks voor die huwelik te hê nie en om nie alkohol, dwelmmiddels of tabak te gebruik nie. Die getroude, familie-stadium • Om jou huweliksmaat, kinders, bejaarde ouers en siek familielede te ondersteun. • Om geld eerlik te verdien. • Om rituele uit te voer en om feeste te vier. Die aftrede-stadium • Om tyd te bestee om geskrifte te bestudeer. • Om te bid en jou kleinkinders op te lei. Die opsionele stadium • Die toegewyde persoon onttrek uit die samelewing. • Gee alle besittings op en swerf. LET WEL: Enige TWEE van die bogenoemde moet krediet kry. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 6 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 3.1 3.1.1 • Dit was om te identifiseer hoe groot die globale aptyt vir 'n uitgebreide bespreking van geloof op media-gebied is. • Dit was om wêreldwye mediadekking van godsdiens te identifiseer. (2) 3.1.2 • Sy bedoel dat dekking van godsdienstige kwessies nie daarin slaag om werklike godsdienstige kwessies aan te pak/te oorbrug nie. In plaas daarvan fokus dit op sensasionalisme. • Mediadekking misluk om aandag te gee aan die behoeftes van mense wat tot godsdienstig toegeneent (neig na) is nie. (2) 3.1.3 • Daar is 'n groeiende gaping tussen die dekking van godsdiens en die behoeftes van gelowiges. • Daar is 'n wêreldwye begeerte na beter dekking, begrip en verteenwoordiging van geloofskwessies in die hoofstroommedia. • Wêreldwye digitale nuus is van *clickbait en omstredenheid afhanklik. (6) 3.1.4 • Dit verwys na tradisionele vorme van massakommunikasie wat 'n groot gehoor bereik. (2) 3.1.5 • Harde stories kry meer belangstelling by die publiek as sagte stories. • Die mediabedryf is 'n winsgedrewe besigheid en harde stories is meer winsgewend. • Die gebrek aan kennis en vertroudheid van joernaliste met onderwerpmateriaal veroorsaak dat hulle kontroversiële/ omstrede stories verkies. • Daar is beperkte ekonomiese hulpbronne vir joernaliste beskikbaar om godsdienstige kwessies te dek. • Joernaliste is bang om godsdiensdekking in 'n sekulêre nuuskantoor 'reg' te kry. (8) 3.1.6 • Daar is min redaksionele steun vir verslaggewing oor godsdienstige sake. • Hulle moet 'n balans kry tussen die behaag/bevrediging van redakteurs en die behaag/bevrediging van die godsdienstige gemeenskap. • Daar word net oor godsdiens verslag gedoen as dit winsgewend is. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 7 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 3.1.7 • Negatiewe verslaggewing oor godsdiens lei tot paniek of onnodige vrees onder die publiek. • Voortdurende blootstelling aan omstrede en skandalige stories kan die mate van angstigheid en depressie in die samelewing verhoog. • Negatiewe verslaggewing kan geloof en ingesteldheid/houding teenoor godsdiens beïnvloed. • Deur op omstredenheid te fokus, kan die media samelewingsverdelings skep. • Godsdiens kan ondersteuning en vertroue deur die samelewing verloor. • Voortdurende blootstelling aan skandale of ontstellende nuus kan die samelewing ongevoelig maak en dit kan hulle meer verdraagsaam teenoor skandale maak. • Negatiewe verslaggewing oor godsdiens kan 'n pessimistiese of angstige wêreldbeskouing van godsdiens skep. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) 3.2 VOORDELE • Wanneer godsdienstige organisasies sosiale media gebruik, help dit die organisasie om 'n groter gehoor te bereik. • Dit is 'n bekostigbare en doeltreffende bemarking- en promosiestrategie vir die organisasie. • Die organisasie kan plasings deur die publiek monitor en ooreenkomstig reageer. NADELE • Die organisasie kan te staan kom voor uitdagings soos die verspreiding van waninligting, skending van privaatheid en probleme om geloofwaardigheid te behou. • Negatiewe publisiteit kan die organisasie se reputasie skaad. • Dit kan sosiale ontwrigting in godsdienstige gemeenskappe veroorsaak aangesien verskillende menings en perspektiewe teenstrydig kan wees. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) 3.3 • Dit sal help as 'n godsdiens sterk beleide en prosedures het wat riglyne verskaf oor hoe daar opgetree (gedrag) moet word. • 'n Woordvoerder moet aangestel word wat kennis van die media het en wat weet hoe om die media te hanteer. • Lidmate van die godsdiens moet mediaprotokol ken en volg. • Godsdienste moet konfrontasie vermy en bewus wees dat daar gewoonlik verskillende kante van 'n saak is, 'Joune, myne en die waarheid'. • 'n Oop en objektiewe benadering is beter as 'n woedende en aanvallende reaksie. • Godsdienste kan konfronteer waar hulle voel dat hulle te na gekom is. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 8 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4 4.1 • Birma (2) 4.2 • Hulle het godsdiens uitgebuit om gewildheid te verkry. • Die militêre regering wou die saak van Boeddhisme as die enigste godsdiens in Mianmar bevorder. • Hulle sou ondersteuning by die Boeddhistiese priesters kry. • Boeddhistiese monnike sou hulle invloed gebruik om ondersteuning vir die militêre regering te vergroot. • Hulle het die Rohingya as 'n 'gesamentlike vyand' geïnkrimineer en hulleself as kampvegters van Boeddhisme uitgebeeld. (8) 4.3 • Dit is die uitdrywing of doodmaak van 'n ras of godsdiensgroep om 'n nuwe gemeenskap te vorm. • Dit is 'n stelselmatige verwydering van 'n ras of godsdiensgroep. • Dit is om 'n sekere etniese groep burgerskap te ontsê, of die reg tot burgerskap in hulle geboorteland. (4) 4.4 • Dit is tot 'n groot mate 'n godsdienstige konflik. • Dit is omdat Boeddhisme deur die militêre regering gebruik is om hulle regmatigheid te versterk. • Mianmar is 'n Boeddhistiese land met Rohingya-Moslems as 'n minderheidsgroep. • Boeddhistiese monnike het teen die Rohingya-mense gedraai en blokkeer humanitêre hulp en doen 'n beroep op sosiale en politieke uitsluiting. • 'n Boeddhistiese aktivistegroep wat bestaan uit monnike en leke, stook die geweld op. • Die internasionale media stem saam dat die Rohingya as 'n Moslem- minderheid onder godsdienstige vervolging gebuk gaan deur die toedoen van die Boeddhistiese meerderheid. OF • Godsdiens dra in 'n mindere mate by. • Dit is ook 'n politieke en etniese konflik. • Die regering het teen ander groepe soos Kokang en Panthay gediskrimineer. • Die Rohingya was vir generasies geduldig, maar die vervolging het eers met die militêre regering begin. • Dit is duidelik omdat die militêre regering Rohingya-burgerskap geweier het. • Boeddhisme leer verdraagsaamheid. Die politieke veranderinge het die konflik veroorsaak. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 9 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 4.5 • Ingryping deur internasionale gemeenskappe is noodsaaklik om menseregte te eerbiedig. • Internasionale organisasies kan enige menseregteskendings beter blootlê, waar plaaslike organisasies dalk vergelding van die militêre regering kan vrees. • Hierdie konflik het gelei tot die vervolging en ontworteling van minderheids- godsdienstige groepe wat fundamentele menseregte skend. Internasionale ingryping kan help om te verseker dat menseregte beskerm word. • Internasionale ingryping kan help om vrede en stabiliteit te bevorder aangesien hierdie konflik verreikende gevolge gehad het, hele streke gedestabiliseer het en toestande vir verdere geweld geskep het. • Internasionale gemeenskappe het 'n morele en wetlike plig om in te gryp om die gruweldade te stop. • Die internasionale gemeenskap het toegang tot 'n groot aantal hulpbronne om die Rohingya-Moslems te help om hul lewens te herbou. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) 4.6 • Alle faksies (groepe) wat oorlog maak, moet ontwapen word. • Hulle moet 'n regering van nasionale eenheid (RNE) stig wat alle groepe van die samelewing moet insluit. • Grondwetlike beskerming vir almal. • Alle korrupsie en vooroordeel deur regeringsamptenare moet blootgestel en gestraf word. • Regsmiddele teen diskriminasie en haatspraak. • Die staat moet 'n sekulêre benadering aanneem en alle godsdienste ewe veel beskerm. • ’n Forum vir godsdienstige leierskap moet gestig word sodat alle godsdienste met die regering kan kommunikeer. • 'n Onafhanklike regstelsel moet gestig word. • Stigting van 'n Waarheids en Versoeningskommissie LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10) 4.7 • JA • Die regering van Mianmar diskrimineer teen minderheidsgroepe in hulle land. • Daar is is menseregteskendings wat gepleeg word wat deur die militêre regering volgehou word. • Die regering moedig burgerlike onrus in die land aan deur 'n groep te ondersteun wat mense in minderheidsgroepe aanval en doodmaak. • Die regering het nie daarin geslaag om sommige van hulle burgers te beskerm en te erken nie. • Meer as 1 miljoen mense is ontwortel as gevolg van diskriminasie en vervolging en die regering het niks gedoen om te help nie. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 10 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5 5.1 5.1.1 • Dit beteken dat mense in staat moet wees om verskillende godsdienste en hulle oortuigings as geldig moet aanvaar en verstaan. • Dit is die vermoë om geestelike waardes, oortuigings en praktyke, wat anders as jou eie is, te waardeer. (2) 5.1.2 • Volgens die uittreksel het moderne menseregte in Europa begin in reaksie op die konflik deur die Protestantse Hervorming en die Katolieke Teenhervorming veroorsaak. • Menseregte is aangeneem as 'n grondslag vir vrede, lewe en wette wat konvensionele godsdiens uitgesluit het. (4) 5.1.3 • Die Hervorming het tot die vestiging van Protestantisme gelei, 'n nuwe vertakking van die Christendom. • Dit het tot verdeling van Westerse Christenskap gelei wat op godsdienstige, politieke en sosiale strukture oor die hele Europa en die wêreld in die algemeen 'n impak gehad het. • Die Hervorming het die godsdienstige eenheid van Westerse Christendom beëindig wat tot godsdienstige diversiteit en konflik gelei het. • Dit het ook gelei tot die opkoms van sekulêre wêreldbeskouings LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry (4) 5.2 VOORBEELDE: Vryheid van diskriminasie • Jy het 'n verantwoordelikheid om hierdie reg vir beide jouself en ander te handhaaf/onderhou. • Jy mag nie teen ander op die basis van ras, kleur, geslag, taal of politieke opinie diskrimineer nie. Die reg op onderwys/onderrig • Jy het die verantwoordelikheid om klasse by te woon. • Jy het die verantwoordelikheid om 'n hardwerkende leerder/student te wees wat die werk en studie doen wat vereis word. Die reg op 'n huwelik en gesin • Jy het die verantwoordelikheid om gesinslewe te ondersteun en te bevorder, veral jou eie. • Jy het die verantwoordelikheid om nie op enige wyse op te tree wat tot die opbreek van 'n gesin sal lei nie. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 11 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 5.3 • Godsdienstige organisasies kan werkswinkels hou om mense oor menseregte bewus te maak. • Neem aktief deel aan aktiwiteite wat die skending van menseregte voorkom, bv. xenofobie. • Hou intergodsdienstige konferensies om vryheid van aanbidding te bevorder. • Beplan en organiseer aktiwiteite wat menseregteskending uitlig, bv. vroue- en kindermishandeling. • Vorm forums wat as waghonde in gemeenskappe sal optree om te verseker dat geweld aan die relevante mense gerapporteer word. • Werk saam met die media om menseregte te bevorder. • Veroordeel dade van haatspraak, geweld en diskriminasie in die naam van godsdiens in die openbaar. • Maak plekke van aanbidding toeganklik en verwelkomend vir almal. • Daag tradisies uit wat menseregte skend, soos kinderhuwelike, vroulike genitale verminking of kaste-gebaseerde diskriminasie. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10) 5.4 5.4.1 Voorbeeld 1: Christenskap • 'Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met jou hele verstand.' • Hierdie lering dien as die kernbeginsel om 'n regverdige lewe te lei, wat liefde vir beide God en ander prioritiseer. • 'Jy moet jou naaste liefhê soos jouself'. • Dit is opgesom as die Goue Reël met die klem op vergifnis en diens aan ander. Voorbeeld 2: Afrika Tradisionele Godsdiens • 'Die voorouers is die bewaarders van goedheid en moraliteit.' • Mense moet streef na goeie handelinge, met sterk klem op gemeenskapsharmonie. • 'Umuntu ngumuntu ngabantu.' • Hierdie lering lê klem op eenheid en onderlinge verbondenheid van mense in die gemeenskap en moedig harmonie en respek onder mekaar aan. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) 5.4.2 Voorbeeld 1: Boeddhisme • Boeddhisme onderrig die Agtvoudige Weg om Nirwana te bekom. • Die Agtvoudige Weg moedig almal aan om vir geestelike vervulling te werk, ongeag die spesifieke godsdiens. Dit is godsdiensvryheid in praktyk. • Boeddhisme verwerp nie ander godsdienste nie. • Dit beteken dat onder alle godsdienste in die wêreld daar klein verskille in hulle onderskeie leringe en praktyke is, dus word godsdiensvryheid bevorder. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 12 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne Voorbeeld 2: Islam' • Laat hy wat wil glo, so doen en laat hy wat nie wil glo nie, so doen.' • Dit moedig burgers aan om die reg op vryheid van denke en uitdrukking uit te oefen. • Die Koran sê: 'Daar is geen dwang in godsdiens nie.' • Mense het vryheid van oortuiging omdat dit onmoontlik is om mense te dwing om in iets te glo. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (8) 5.5 • Die doel van die Heilige Kantoor was om te probeer om Katolieke oortuigings en praktyke suiwer te hou deur mense wat nie 'n ortodokse weg gevolg het nie, te vervolg. • Die hof is deels gestig om te verseker dat bekeerlinge tot Katolisisme uit Judaïsme en Islam werklik so was. • Indien daar 'n vermoede was dat 'n persoon nie werklik 'n Katoliek is nie, is hulle deur die Spaanse Inkwisisie verhoor. (6) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all