Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2025 Memo (Afr)

MemorandumReligion StudiesGrade 12202517 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 NOVEMBER 2025 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 17 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 2 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VRAAG 1 1.1 1.1.1 • Portuurdruk • Kinders word maklik deur ander op 'n positiewe of 'n negatiewe manier beïnvloed. • Armoede • Kinders word maklik met geld verlei. As gevolg hiervan word hulle deur dwelmhandelaars gebruik om dwelms by die skool te verkoop. • Swak bestuurstelsels • Skole wat nie doeltreffende veiligheidsbeleide en gedragskodes het nie, ervaar meer probleme met middelmisbruik. • Vorm van vermaak • Kinders raak betrokke by dwelms as 'n vorm van vermaak. • Gebrek aan sekuriteit • Die meeste skole het nie streng sekuriteit nie. Dwelmhandelaars kry maklik toegang tot terreine. • Gebrek aan ouerleiding • Swak ouerskap dra by tot swak gedrag van kinders, middelmisbruik ingesluit. • Leerders uit huise met gesinsgeweld, verwaarlosing of afwesige ouers kan hulle tot dwelmmisbruik wend as 'n hanterings- meganisme. (8) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Indien die oorsake bloot genoem word, ken 'n maksimum van VIER punte toe. 1.1.2 • Dwelmverslaafdes word 'n las vir beide die skool en gesin. • Skoolprestasie word negatief beïnvloed as gevolg van 'n hoë koers van stokkiesdraai en afwesigheid. • Leerders wat by middelmisbruik betrokke is, word uitsakkers ('dropouts'). • Gevalle van diefstal, boelie en vandalisme word dikwels by skole aangemeld. Hierdie misdade word deur middelmisbruik aangevuur. • Sommige gevalle van tienerswangerskappe wat aangemeld word, word aan middelmisbruik gekoppel. • Die staat spandeer baie geld aan die regmaak en opknap van skole as gevolg van vandalisme veroorsaak deur dwelmverslaafdes. • Die meeste gevalle van konflik tussen onderwysers en leerders is as gevolg van middelmisbruik. • Leerders wat dwelms misbruik, kan gewelddadig teenoor ander leerders en onderwysers optree. (10) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 3 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 1.2 JA • Mense wat ander vorms van middels gebruik, sal na dagga draai want dit is gewettig en gereguleer. • Dit sal maklik wees om mense te identifiseer en te rehabiliteer wat die dwelm misbruik. • Gewettigde dwelms kan vir terapeutiese doeleindes onder streng toesig gebruik word. • Gewettigde dwelms kan ook vir persoonlike en industriële doeleindes gebruik word, in 'n gekontroleerde omgewing. • Wanneer 'n dwelm gewettig is, kan die verbruik daarvan gemoniteer word. • Misbruik van die dwelm kan makliker geïdentifiseer word en die persoon kan ondersteuning by die aangewese owerhede kry. • Dwelmgebruikers kan deur die owerhede vir berading geteiken word. • Die opwinding daarvan om die 'owerheid te minag' sal verwyder word. • Negatiewe portuurdruk sal weggeneem word aangesien die gebruik van dwelms nie meer onwettig sal wees nie. • Aangesien middelmisbruik streng gemonitor sal word, sal misbruik mettertyd afneem. • Belasting wat op die verkoop van dwelms gehef word, kan gebruik word om onthouding aan te moedig. NEE • Tabak en alkohol is beide dwelms wat gewettig is, tog duur verslawing en misbruik van hierdie middels steeds voort. • Verhoogde beskikbaarheid kan lei tot meer dwelmverwante ongelukke of voorvalle. • Dit kan gesondheidsorgstelsels belas met dwelmverwante gesondheidsprobleme. • Soos dagga is tabak en alkohol deurgangsdwelms na meer gevaarlike (10) dwelms. • As dit eers gewettig is, sal dwelms openlik geadverteer word en misbruik sal toeneem. • Dit sal 'cool' wees om dwelms te gebruik en meer mense sal verslaaf raak. • Jong kinders sal makliker toegang tot gewettigde dwelms hê. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 4 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 1.3 VOORBEELD 1: BOEDDHISME • Middelmisbruik meng in met meditasie wat baie belangrik in Boeddhisme is, want dit help jou om insig en wysheid te kry. • In Boeddhisme word soberheid van die verstand sterk bevorder. • Die Boeddha leer dat om 'n morele lewe te lei selfdissipline en selfbeheer sal meebring. Dit is nodig om die begeerte na dwelms te stop. • Die regte geestesinstelling is belangrik om verligting te bereik, wat die hoogste doel van Boeddhisme is. • Boeddhisme leer dat individue die waarheid oor die menslike ervaring wat binne hulleself lê, onthul en verbied mense om enige dwelms te gebruik wat die gemoed verander. • Middelmisbruik word streng afgekeur want dit voorkom dat jy verligting bereik. Op hierdie basis word middelmisbruik in Boeddhisme verbied. • Boeddhisme keur enige middel af wat die liggaam kan skade doen. • Die Boeddha het geleer dat slegs deur die Agtvoudige Weg te volg, kan mense onverbonde raak en hulle van die pynlike ervaring van hergeboorte bevry. Dwelmmisbruik is een voorbeeld van die pynlike ervaring van gebondenheid. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. VOORBEELD 2: CHRISTENSKAP • 'Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul'. (Ef. 5:18) • Dit beteken dat middelmisbruik veroorsaak dat jy kwesbaar vir enige vorm van swak gedrag is. • 'Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang en dat julle nie aan julself behoort nie? (I Kor. 6:19) • Dit beteken dat jy jou eie liggaam moet respekteer as 'n heilige tempel wat aan God gewy is. • 'Waarom weeg julle geld af vir wat geen brood is nie, en julle arbeid vir wat nie kan versadig nie?' (Jes. 55:2) • Dit beteken dat om geld te spandeer aan dwelms geen voordeel het nie, en dat dwelms nie 'n noodsaaklike uitgawe is nie. Almal wat hulle liggame heilig wil hou, moet wegbly van enige vorm van middelmisbruik. • '... onsedelikhid, onreinheid, losbandigheid, en al derglike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis kry nie.' (Gal. 5:21) • Niemand wat by middelmisbruik betrokke is, sal die koninkryk van God binnegaan nie. Middelmisbruik is sonde. 'Die wyn is 'n spotter, en sterk drank 'n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelm raak, is nie wys nie.' (Spr. 20:1) • Middelmisbruik is verbode wat dit veroorsaak dat die individu arrogant en gewelddadig raak. 'Wee hulle wat helde is om wyn te drink en wakker manne om sterk drank te meng.' (Jes. 5:22) • Die profeet waarsku mense teen die gevaar van sterk drank. (12) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 5 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 1.4 • Godsdienstige organisasies moet die jeug aanmoedig om aan gesondheids- en sportprogramme deel te neem. • Verslaafdes moet help word en vir rehabilitasie gestuur word indien dit onbeheerbaar raak. • Godsdienstige gemeenskappe moet werkswinkels hou oor bewustheid van middelmisbruik. • Gemeentelede/Volgelinge moet aangespreek word en die gevare van middelmisbruik moet uitgewys word. • Relevante godsdienstige leringe moet beklemtoon word. • Godsdienstige organisasies moet saam met die SAPD werk en onverwagte deursoekings in gemeenskappe doen, soos bv. by skole. • Hulle moet dwelmbase by die polisie aangee aangesien dwelmbase in die gemeenskap woon. • Die organisasies moet vorige verslaafdes na werkswinkels nooi sodat die gemeenskap eerstehandse inligting oor die skadelike gevolge van middelmisbruik kan bekom. • Moedig jeugdebatte in gemeenskappe aan waar die jeug die oplossings vir dwelmmisbruik kan debatteer. • Godsdienstige organisasies moet die plaaslike munisipaliteit en gesondheidsdepartement nader om 'n rehabilitasiesentrum te stig om diegene wat geaffekteer is, te help. • Dring aan dat daar by elke polisiestasie 'n toonbank is vir alkohol- en dwelmmisbruik, befonds deur die provinsiale en plaaslike regerings. (10) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. [50] VRAAG 2 2.1 2.1.1 VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATG) • Beloning en straf in ATG vind in die huidige lewe plaas, nie ná die dood nie. • Daar word geglo dat die lewende dooies/voorvaders boosdoeners kan straf en dié wat goed doen, kan beloon. • Straf vanaf die lewende dooies kom in verskillende vorms van teenspoed/lyding/smart/pyn voor. • Daar word gesê dat die persoon wat hierdie teenspoed ervaar 'slegte bloed' het. • Die teenmiddel vir slegte bloed is 'n gepaste vorm van reiniging, wat bedoel is om die lewende dooies te kalmeer/bevredig. • Die tradisionele geneser hou die ritueel vir die reiniging van slegte bloed. • Diegene wat die voorvaders vereer, word beloon met voorspoed en 'n goeie lewe. VOORBEELD 2: ISLAM • Islam leer dat beloning en straf in die huidige wêreld en ná die dood bestaan. • Op die Oordeelsdag sal mense opgewek word om deur Allah beoordeel te word. • Dié wat in Allah glo en aan hulle verpligtinge aan die Skepper en die mensdom voldoen het, sal beloon word en toegang tot die paradys kry. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 6 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne • Dié wat die bestaan van Allah ontken, sal gestraf word en hel toe gaan. • Dié wat glo, maar nie hulle verpligtinge nagekom het nie, sal óf vergewe word óf gestraf word volgens die aard van hulle sonde. • Om aalmoese aan armes te gee, bring 'n mens nader aan Allah en sal deur Allah se genade en goedheid beloon word. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Die kandidaat mag 'n maksimum van SES punte vir die bespreking van slegs beloning of straf ontvang. 2.1.2 VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATR) • In Afrika Tradisionele Godsdiens word boosheid beskou as die mishaag van die voorvaders of dat hulle by belangrike familiegeleenthede weggelaat is. • Daar word ook geglo dat daar mense is, soos towenaars en hekse, wat bomenslike magte het wat ander mense kwaad kan aandoen. • In Afrika Tradisionele Godsdiens is 'n heks 'n bose wese wat bomenslike magte het om ander kwaad aan te doen. • Boosheid veroorsaak dat mense op 'n wyse optree wat teen die etiese beginsels van die lewe beskerm en bevorder, ingaan. • Hierdie boosheid kan baie vorms aanneem, soos om die lewende dooies en hulle wense te ignoreer. • Om ander mense kwaad aan te doen, is die rol van boosheid, bv. die gebruik van toorkuns. • Die moedswillige versteuring en ontwrigting van die gemeenskaps- en kosmiese orde is ook die rol van boosheid. VOORBEELD 2: ISLAM • Boosheid word aan Satan, of die duiwel, gekoppel. • Allah het Adam, die eerste mens, geskep en die hele skepping beveel om voor hom neer te buig. • Satan het geweier om te buig; hy het beweer hy is beter as Adam omdat hy uit vuur geskep is terwyl Adam uit klei geskep is. • Hierdie trots het daartoe gelei dat Satan in sonde verval het en hy het hom voorgeneem dat hy vir ewig alles in sy mag sou doen om mense te mislei en hulle te oorreed om God nie te gehoorsaam nie. • Elke individu is verplig om te vermy wat haram (onwettig) is, want dit het ernstige wettige en morele gevolge. • Allah het mense met vrye wil geskep wat hulleself kan beoefen. • Ons gebruik van vrye wil bring óf die goeie óf kwaad voort. • Ons kan deur ons eie begeertes beïnvloed word om kwaad te doen of deur die duiwel in versoeking gebring word. • Indien ons ons bose dade berou en Allah se vergifnis soek, kan ons hoop op Sy genade en ontferming. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Die kandidaat mag 'n maksimum van SES punte vir óf oorsprong óf rol ontvang. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 7 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 2.2 • Rituele motiveer en besiel ons. Herhaling van die volgorde is 'n belangrike manier waarop die gemeenskap of groep hulle ingesteldhede en oortuigings by hulle volgelinge inprent. • Deur rituele bou ons godsdienstige families en gemeenskappe. Deur deelname aan seremonies leer mense hoe om op te tree en wat om met hulle liggame te doen. • Hulle verdiep hulle geestelike insig of begrip. • Rituele is 'n oorgangsrite wat 'n mens van een lewensfase na 'n ander laat beweeg. • Rituele gee 'n mens 'n gevoel dat jy aan iets behoort. • Rituele help ons om ons emosies te beheer sodat ons belangrike lewensgebeurtenisse kan hanteer, bv. die dood, inisiasie, die huwelik. • Rituele leer ons groepwaardes en optrede. Tydens 'n ritueel leer mense wie belangrik is en wie kan praat, bv. Intlabi. • Dit leer ons maniere waarop dinge gedoen moet word. Wanneer 'n kind gebore word, het elke godsdiens 'n spesifieke ritueel wat uitgevoer word. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Ken 'n maksimum van SES punte toe waar die kandidaat slegs oor een godsdiens geskryf het. (10) 2.3 AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS(ATR) • Mondelinge tradisie speel steeds 'n belangrike rol in Afrika Tradisionele Godsdiens. • In Afrika Tradisionele Godsdiens bly die heilige teks in die vorm van mondelinge tradisie. • Rituele word van een geslag na die volgende oorgedra. CHRISTENSKAP • Mondelinge tradisie loop parallel met die geskrewe teks. • Dit gee meer duidelikheid as geskrewe tekste as gevolg van die narratiewe styl. • Die leringe van Jesus Christus is eers mondelings van geslag tot geslag oorgedra. (2 x 4) (8) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Indien 'n kandidaat na slegs een godsdiens verwys het, ken 'n maksimum van VIER punte toe. 2.4 • Inspirasie is 'n belangrike normatiewe bron in baie godsdienste. • Dit is die ware oorsprong van alle godsdienste. • Inspirasie verwys na die mag of krag van 'n buitengewone wese wat 'n gekose wese oorneem. • Die stigtersfigure van baie godsdienste is deur 'n hoër mag of wysheid geïnspireer. • Sulke mense voel dat hulle 'openbaring' by 'n buitengewone wese ontvang het. • In Afrika Tradisionele Godsdiens ontvang die mediums of waarsêers inspirasie terwyl hulle in 'n beswyming is. • Inspirasie is 'n magtige motivering vir die volgelinge van 'n spesifieke godsdiens. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 8 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 2.4 • Daar is verskeie tipes inspirasie, naamlik: o Goddelike inspirasie is direk en onmiddellik en dit het die stigters van godsdienste geïnspireer. o Kontemporêre inspirasie is voortdurend en dien om aanbidders met hulle Skepper te verenig. • Mediums en waarsêers in ATR kommunikeer met die geestesryk deur inspirasie. (12) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. • [50] VRAAG 3 3.1.1 • Die stigting van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste het in 1893 in Chicago plaasgevind. • Die doel daarvan was om 'n wêreldwye/globale dialoog oor gelowe te skep. • In 1993 is die Parlement weer in Chicago gehou om saam te werk aan wêreldkwessies, asook die skep van 'n verklaring met die titel 'Towards a Global Ethic'. • In 1999 het die Parlement in Kaapstad die kwessie van MIV en Vigs uitgelig. • In 2004 het die Parlement in Barcelona, Spanje, bymekaar gekom en gefokus op godsdienstige geweld, veilige water, vlugtelinge en die eliminering van skuld in ontwikkelende lande. • In 2007 was die fokus op die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte om armoede uit te roei. • In 2009 het die Parlement in Melbourne, Australië bymekaar gekom en inheemse/oorspronklike versoening, volhoubaarheid en globale klimaats- verandering hanteer. • Die Parlement kies altyd algemene sosiale/maatskaplike uitdagings, wat godsdienste aanmoedig om saam te werk. (12) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 3.1.2 • Byeenbring van godsdienstige gemeenskappe, burgerlike samelewing, privaat sektor en regerings (parlementariërs). • Stuur intergodsdienstige afvaardigings na konflik-risiko-gebiede vir konflikoplossing. • Stigting en registrering van nasionale takke. • Vorming van die IFAPA Women's Network (Vrouenetwerk). • Stigting van streeks- Youth Networks (Jeugnetwerke). • Deelname aan die wetgewende verkiesing in Togo. • Deelname aan die Wêreld Sosiale Forum wat in Kenia (2007) gehou is. (10) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 3.2.1 VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATR) • AmaZulu • Aka (in Sentraal-Afrika) • Yoruba (Suidwes-Nigerië) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 9 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VOORBEELD 2: ISLAM • Soenni • Sjia (4) 3.2.2 A VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATG) AmaZulu • Hulle glo aan en erken die bestaan van 'n Opperwese wat uMvelinqangi genoem word. • Hulle glo dat Sy status so hoog is dat niemand Hom direk kan nader nie. • Kommunikasie met uMvelinqangi word deur die voorvaders gedoen. • Die AmaZulu glo ook dat daar 'n vroulike godin, genoem uNomkhubulwane/a, is. • Hulle glo ook in 'n seremonie genoem 'teruggebring', waar die lewende dooies as 'n voorvader bevestig word. Aka (in Sentraal-Afrika) • Die Aka glo aan 'n skeppergees, genoem Bembe. • Hulle glo dat Bembe na die skeppingsdaad afgetree het. • Hulle glo aan 'n woudgees, genoem Dzengi. • Hulle glo dat Dzengi hulle met die suksesvolle jag van olifante help. Yoruba (Suidwes-Nigerië) • Hulle glo dat Oludumare die skeppergees is. • Hulle glo dat elke mens 'n lot of bestemming het. • Hulle glo ook dat die lewe siklies (reïnkarnasie) binne hulle eie spesie is. • Die doelwit van reïnkarnasie is geestelike verbetering. • Hulle glo dat goeie geeste een word met Oludumare. VOORBEELD 2: ISLAM Soenni-Moslems • Die Hadith wat deur metgeselle van die Profeet vertel word, het gelyke status met dit wat deur sy familielede vertel is. • Die Soenni-vertakkoning glo dat alle leringe wat in die Boeke van die Hadith vervat is, ewe belangrik is. • Hulle volg die leringe van Islamitiese geleerdes uit die 7de en 8ste eeue. • Soenni's glo nie dat 'n kalief uitsluitlik uit die Profeet se familie kan kom nie. • Soenni's gebruik die term 'imam' om na die leier van 'n gemeentelike gebed te verwys. Sjia-Moslems • Hulle glo dat die Hadith wat deur metgeselle van die Profeet vertel word, minder belangrik is as dit wat deur sy familielede vertel is. • Hulle volg slegs die leringe en opinies van 'n lewendige geleerde. • Hulle glo dat die laaste kalief uit die Profeet se familie in 'n grot versteek is en eendag as leier sal herverskyn. Daar word na hom as 'imam' verwys. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 10 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne B VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATG) AmaZulu • Hulle brand wierook tydens kommunikasie met die voorvaders. • Wanneer daar siekte of teëspoed is, raadpleeg hulle die tradisionele geneser of waarsêer. • UNomkhubulwane word genader deur 'n pelgrimstog na die berge gedurende natuurrampe of droogtes. • Hulle beoefen 'n 'bring terug'-seremonie waar die dooie ná 'n jaar as voorvader bevestig word. Aka (Sentraal-Afrika) • Hulle dans en sing tot die eer van Dzengi. • Hulle slag diere in kommunikasie met die voorvaders. • Wanneer hulle gaan jag, voer hulle 'n ritueel uit wat diereslagting behels om met die dier se gees te kommunikeer. • Hulle raadpleeg ngangas wanneer moeilike besluite geneem word. • Wanneer daar 'n siekte of krisis in die familie of gemeenskap is, word die ngangas (tradisionele genesers) geraadpleeg. Yoruba • Godsdienstige praktyke fokus op Ori Orun (geestelike self). • Geestelike kontak word via verskillende tussengangers gemaak, onder andere Orishas (mindere godhede). • Elke dorp het sy eie Orisha, en 'n tempel wat daaraan gewy is. • Opregte meditasie en verering versterk jou bande met die geestesryk. VOORBEELD 2: ISLAM Soenni • Godsdienstige praktyke is streng volgens die sunnah van die Profeet, soos vervat in die Hadith. • In Soenni-Islam is 'n 'imam' eenvoudig die leier van 'n gemeentelike gebed. • Imam dui nie op formele opleiding in Soenni-Islam nie. • Muttah (tydelike huwelik) is verbode. Sjia • Imams is afstammelinge van die Profeet Mohammed, wat hulle glo goddelik aangestel is. • Die altaar/bedevaartplek van Hussein in Karbala is 'n belangrike pelgrimstog vir die Sjia's. • Muttah (tydelike huwelik) word toegelaat. • Hulle beoefen selfverminking, bv. om die tragedie van Karbala te herdenk. • Daar is twee skole van regsmening – Akbar en Usuli. (8) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 11 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne C VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS (ATG) AmaZulu • Bestuur/Beheer/Leiding is in 'n hiërargie gerangskik (rangorde van gesag met 'n bevelsorde van hoogste na laagste). • Die koning is die leier van die hele nasie. • Die gesag van die koning word gedelegeer na die laer range van die leiers/hoofde en die hoofmanne. • Die posisies van die koning en leiers/hoofde is op genealogie (afstam van een generasie na die volgende binne dieselfde familie) gebaseer. • Families is in clans (stamme/familiegroepe) gegroepeer. • Die clan (stam) lê die fondasie vir hoe om te aanbid en hoe om by mekaar aansluiting te vind. • Op clan-vlak is die bejaardes, beide mans en vroue (ogogo nomkhulu), die raadgewers van hulle onderskeie clans (stamme). • Tydens clan-dispute tree die oudstes as bemiddelaars (tussenpersone wat deur beide partye aanvaar word) op. Aka • Daar is min Aka-statusposisies. • Daar is nie 'n hoof in die sin van 'n persoon wat oppergesag het nie. • Daar is 'n kombeti (leier), wat gewoonlik meer invloedryk is ten opsigte van bestaans- en kampbewegingbesprekings. • Die nganga (top geneser) verskaf gemeenskapsdienste soos divinasie (voorspellings) oor jagtogte, genesing van toorkuns en genesing met kruie. • Die tuma (olifantjagter) is die leier van spiesjagtogte, seisoenale rituele en organiseer die opleiding van jong seuns in die mans se geheime vereniging. • Die status posisies word gewoonlik deur mans ingeneem. • Geen individu het die reg om 'n ander individu te dwing om 'n aktiwiteit teen sy/haar wil uit te voer nie. Yoruba • Daar is 'n hiërargiese koning, bekend as die Oba, wat regeer oor die raad van leiers/hoofde. • Die koning se gesag word na die hoofde/leiers gedelegeer. • Die hoofde/leiers delegeer hulle gesag verder na die gesag van die hoofman. • Paternale afstammelinge (afstammelinge van vaderskant) leef saam onder die gesag van 'n hoofman. • Konstituerende dorpe het hulle eie heersers wat aan die Oba ondergeskik is. • Daar is vrywillige assosiasies, onder andere die Egbe (humanitêre groep). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 12 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne VOORBEELD 2: ISLAM Soenni • Daar is geen geestelike leiers in Soenni-Islam nie. • Enige Moslem kan op die gemeenskapsrade dien. • Beheer/Bestuur/Leiding is gemeenskapsgebaseerd. • Geleerdes van Islam (ulema) en lede van die gemeenskap (vrywilligers) dien op beheerrade van moskees en madrassas en skole. Sjia • Sjia-Moslems vereer die afstammelinge van die Profeet Mohammed, en glo dat hulle die goddelike reg het om Moslems te lei. • So 'n leier staan as 'n 'imam' bekend. • Die finale sê in enige onsekerheid oor enige godsdienstige of politieke kwessies lê by die verteenwoordiger van die imam. • Beheer/Bestuur/Leiding is in die hande van mo(e)llas (priesters) wat deur godsdienstige verordening/bevel/besluit regeer. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. In 3.2.2 a, b en c, ken 'n maksimum van SES punte vir enige vertakking toe. (8) [50] VRAAG 4 4.1 • Die wetenskaplike verklaring word die evolusieleer genoem. • Dit is in 1859 deur Charles Darwin ontwikkel. • Die teorie/leer beweer dat alle lewe uit primitiewe vorme ontwikkel het en voortgaan om aan te pas en te ontwikkel. • Dit voer aan dat mense uit 'n voorouer, wat met ape gedeel word, ontwikkel het. Die evolusieleer, volgens Charles Darwin, bestaan uit die volgende idees: o Spesies bevat 'n groot verskeidenheid klein verskille. o In die geveg om oorlewing sal beter aangepaste variasies begunstig word terwyl dié wat nie geskik is nie, sal sukkel om te oorleef. o Dit is ook van toepassing op verandering in mense. o Terwyl mense en ape 'n gemeenskaplike voorouer deel, het albei in verskillende rigtings ontwikkel. o Die proses van verandering en aanpassing het oor 'n baie lang tydperk plaasgevind. o Hierdie leer/teorie noem nie ingryping/intervensie deur 'n goddelike wese nie. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 13 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 4.2 4.2.1 HINDOEÏSME • Hindoeïsme het nie 'n probleem met die evolusieleer nie. • Hulle glo dat die heelal op evolusie gebaseer is. • Hulle glo dat hulle 'n meer gevorderde evolusieleer as die wetenskaplike een het. • Die wetenskaplike teorie is beperk. • Dit fokus slegs op die fisiese perspektief van skepping. • Hindoes glo dat mense beheer het oor hulle geestelike en fisiese Ontwikkeling/evolusie. • Hindoes glo dat as jy 'n goeie lewe lei, sal jy deur baie hergeboortes ontwikkel tot jy fisies en geestelik gevorderd is. • Uiteindelik sal jy bevryding van die fisiese bestaan bereik en een word met God. • Hindoes glo dat daar 'n intelligente ontwerper agter alles is, soos evolusie/ontwikkeling van die mensdom en die heelal. (12) 4.2.2 JUDAÏSME • Alles in die heelal, mense ingesluit, is deur God geskep soos dit in die heilige boek geskryf staan. • Die verhaal van Genesis verduidelik hoe alles geskep is en moet as die letterlike waarheid aanvaar word. • Volgens Kreasionisme kan daar geen twyfel wees dat God die heelal as deel van Sy goddelike plan vir die mensdom geskep het nie. • Daar is 'n groep Jode wat geen teenstrydigheid tussen Judaïsme en evolusie sien nie. • Volgens hierdie groep word Genesis as 'n simboliese verhaal van die skepping beskou en in die lig van evolusie vertolk/geïnterpreteer. • God is steeds die skepper, maar evolusie onthul sommige van die wette wat die skepping regeer/bestuur. • Ortodokse Jode verwerp evolusie. • Hulle glo dit weerspreek die letterlike woord van die heilige geskrifte. • Die Ortodokse Joodse verwerping van evolusie is soortgelyk aan die konserwatiewe of fundamentalistiese Christen- verwerping daarvan. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 14 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 4.3 • Die Oerknalteorie verkondig dat daar 'n enorme ontploffing was waaruit die verskillende planete gevorm is. • Dit het 13,7 miljard jaar gelede gebeur. • Klein temperatuurverskilletjies tydens die aanvanklike ontploffing het tot uiteenlopende digthede oor die hele heelal gelei. • Dit het uiteindelik massa/bondels stof en energie gevorm. • Hierdie massa/bondels het voortgegaan om op 'n klonterige wyse te verdig en het die onmeetlike versameling sterre, genoem die sterrestelsel, gevorm. • Sommige van die massa/bondels in sterrestelsels het in 'n kombinasie van sterre en planete verdig. • Die Aarde is ongeveer 4,5 miljard jaar gelede gevorm. • Tradisionele godsdienste hou vol dat die heelal perfek geskep is. • In die Abrahamitiese godsdienste is die Skepper manlik. • Aan die begin het net die Skepper bestaan. • Die Skepper het toe die heelal uit niks gemaak nie. • Abrahamitiese godsdienste glo dat God/Allah/Jahwe die heelal in ses dae geskep het. • Vir Hindoes bestaan die Skepper in óf 'n aktiewe óf 'n passiewe toestand. • Die passiewe toestand is 'n staat van rus wanneer niks gebeur nie. • Tydens rus het die heelal geen vorm nie, is ongedifferensieerd en oral 'plat'. • Hindoeïsme glo aan beide fisiese en geestelike evolusie, maar die wetenskap is beperk tot fisiese evolusie/ontwikkeling. (2 x 8) (16) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Selfs al verwys die kandidaat slegs na een godsdiens, ken 'n maksimum van AGT punte toe vir die godsdiensaspek van die antwoord. [50] VRAAG 5 5.1 • Sekularisme beteken 'n magskeiding tussen die staat en godsdiens. • Martin Luther het in die 16de eeu sekere veranderinge begin wat gelei het tot die versplintering van die Christendom in Katolieke en Protestante groepe. • Die Kerk was op daardie stadium baie invloedryk, beide polities en maatskaplik. • Konings, keisers en die adel het die kerk gebruik om hulle mag te vestig. Godsdienstige leiers het op hulle beurt regeerders beïnvloed om hulle interpretasie van oortuigings/geloof te bevorder. • Godsdiens en politiek was verweef en oorloë het voortgeduur. • Mense het begin om 'n staat te soek waar daar godsdienstige verdraagsaamheid sou wees. • Intellektuele mense van daardie tyd het tot die gevolgtrekking gekom dat godsdiens eerder verdelend as saambindend was. • 'n Regering wat suiwer op beredenering en op begrip van die menslike aard gebaseer was, was toe die oplossing. • Die Prins van Oranje was een van die eerste mense wat 'n skeiding tussen kerk en staat bepleit het. • Die regering is geskei van godsdiens en Sekularisme het ontstaan. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 15 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 5.2 VOORDELE • 'n Sekulêre wêreldbeskouing lei tot die skeiding van godsdiens en staat. • Die meeste godsdienstige mense het die sekulêre beskouing aangeneem deur die skeiding van godsdiens en die staat te aanvaar. • Dit bevorder gewetensvryheid en geloof/oortuiging. • Die samelewing het die reg om die gesag van godsdienstige onderwysers te bevraagteken. • Dit voorkom die oorheersing van een godsdiens oor ander. • Dit verhoed die oorheersing van een godsdiens oor ander. • Almal het die reg om hul menings, idees of artistieke kreatiwiteit vrylik uit te spreek, solank dit nie haatspraak of aanhitsing tot geweld behels nie. NADELE • Mense kan die rol van godsdiens ondermyn. • Mense begin om godsdienste/godsdienstige praktyke/godsdienstige oortuigings vir sekulêre beskouings te los. • Godsdienstige leiers/owerhede verloor hulle invloed oor volgelinge. • Godsdienste raak minder belangrik wanneer wêreldbeskouings domineer. • Dit verskaf 'n alternatiewe stel norme en waardes. • Die teenstrydige waardes skep verwarring in die samelewing. • Godsdienste lyk verouderd en onaantreklik vir jonger geslagte. • Instellings soos die huwelik en gesinslewe word as minder belangrik beskou aangesien dit tradisioneel op godsdienstige leringe gebaseer is. • Mense het teen hulle oorspronklike oortuigings (godsdiens) gedraai. • Ekstremisme of onverdraagsaamheid: Sommige individue mag hierdie vryheid misbruik om ekstremistiese of diskriminerende sienings te bevorder. • Omgekeerde diskriminasie-eise: Pogings om gelykheid te bevorder (soos beleide oor gelyke indiensneming) kan deur sommige as onregverdig teenoor ander groepe beskou word. (2 x 6) (12) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 16 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 5.3 VOORBEELD 1 • ATEÏSME • AGNOSTISISME • Ateïsme ontken die bestaan van • Agnostisisme beweer dat dit 'n Opperwese. moontlik is om die bestaan van 'n Opperwese te bewys of nie te bewys nie. • Daar is verskillende grade van • Sommige agnostikusse glo aan ateïsme, sterk en sag. 'n Opperwese, maar is nie 'n aanhanger van enige godsdiens nie. • Sterk ateïste glo aan geen god • Hulle verwerp godsdienste wat nie. verklaar dat hulle eksklusiewe kennis van god(e) het. • Sagte ateïste is nog oop vir die • Die verskil tussen hulle lê in die idee van 'n god. mate van ontkenning van 'n Opperwese. VOORBEELD 2 • SEKULÊRE HUMANISME • MATERIALISME • Sekulêre humanisme gee • Materialisme is 'n wêreld- primêre belangrikheid aan beskouing wat glo dat mense in plaas van goddelike stof/materie die enigste sake. werklikheid is. • Daar is baie verskillende vorms • Materialisme is 'n konsep wat van humanisme, maar almal het gebruik word om die menslike in gemeen 'n oortuiging wat geskiedenis ten opsigte van primêre belangrikheid aan dialektiese materialisme en menslike intellek/beredenering historiese materialisme te gee. beskryf. • Sekulêre humanisme het in die • Materialisme is onversoenbaar rigting van 'n liberale beskouingmet godsdienstige van menseregte ontwikkel. wêreldbeskouings wat gegrond is op geloof in een of ander godheid óf in 'n geestelike werklikheid. • Sekulêre humanisme is nie • Materialisme ontken die besonder anti-godsdiens nie. bestaan van 'n geestelike of (16) bonatuurlike ryk/wêreld. (2 x 8) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V2 17 DBE/November 2025 NSS – Nasienriglyne 5.4 • Die land het ná 1994 van 'n Christen-staat in 'n sekulêre staat verander. • Die Handves van Menseregte in die Konstitusie waarborg vryheid van aanbidding (godsdiensvryheid). • Die grondwet bepaal ook dat niemand gediskrimineer mag word op grond van agtergrond, ras en godsdiens nie. • Die Interfaith Forum of South Africa (TIFSA) is in 1997 gestig om respek, verdraagsaamheid en begrip van alle godsdienste te bevorder. • Religiestudies, 'n nuwe vak wat alle godsdienste inkorporeer en samewerking tussen godsdienste aanmoedig, is ingestel. • Daar is 'n regverdige tydstoedeling in staatsmedia vir verskillende godsdienste. • Die opening van die parlement en regeringseremonies word deur verskillende godsdienstige leiers gedeel. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all