Vertroulik
NASIONALE
NATIONAL SENIOR
SENIOR CERTIFICATE
SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V1
NOVEMBER 2025
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2025 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2025 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2025. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2025
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 610.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
NSC November Exam 2025
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Religiestudies/V1 2 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
vraag toegeken is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 3 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING A (VERPLIGTEND) 2025
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Die sentrale leringe van die Bahá'i-geloof is in die … vervat.
A Agtvoudige Weg
B Koran
C Kitáb-i-Aqdas
D Misjna Tora (1)
1.1.2 Die hoof van die Katolieke vertakking van die Christendom is …
A die Pous.
B Moses.
C die Dalai Lama.
D die Aartsbiskop van Canterbury. (1)
1.1.3 'n Staat van perfekte geluk en vrede:
A Ubuntu
B Nirvana
C Evolusie
D Reïnkarnasie (1)
1.1.4 Godsdienstige wette wat deur Ortodokse Jode gehoorsaam word,
word … genoem.
A geloof in die Tora
B Genesis
C Halakhah
D leringe oor Jahweh (1)
1.1.5 Om aan tradisionele, konvensionele waardes vas te hou, word …
genoem.
A Confucianisme
B dwaalleer/kettery
C Konserwatisme
D Sekularisme (1)
1.1.6 Alle godsdienste is weë tot die waarheid; hulle is almal ewe waar:
A Pluralisme
B Sinkretisme
C Eenheid
D Ideologie (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 4 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.1.7 'n Abrahamitiese godsdiens:
A Boeddhisme
B Taoïsme
C Bahá'i-geloof
D Judaïsme (1)
1.1.8 Nie-aksie of moeitelose aksie in Taoïsme:
A Wu wei
B Pad/Weg
C Neijia
D Ghoeroe (1)
1.1.9 Die persoon wat die Profeet Mohammed ná sy dood in 632 AE
opgevolg het, was …
A Abu Bakr.
B Hussein.
C Umar.
D Ismael. (1)
1.1.10 Die Nan Hua-tempel is die grootste Boeddhistiese tempel in …
A Afrika.
B Noord-Asië.
C die Verre Ooste.
D Tibet. (1)
1.2 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Om baie gode te aanbid, word … genoem. (1)
1.2.2 Die afstammingslyn vanaf 'n voorouer tot by 'n persoon of familie word
… genoem. (1)
1.2.3 Hierdie geestelike en fisiese oefening, wat spesifieke
liggaamshoudings en asembeheer gebruik, word … genoem. (1)
1.2.4 Die oudste vertakking van Boeddhisme is … (1)
1.2.5 'n Aantal gode in 'n spesifieke godsdienstige tradisie staan as ...
bekend. (1)
1.2.6 Om die evolusie van die heelal te bestudeer, staan as … bekend. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 5 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.3 Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Gee 'n rede waarom die antwoord NIE pas NIE.
VOORBEELD: Rooi, Geel, Sirkel, Blou
Antwoord: Sirkel
Rede: Die ander drie is kleure.
1.3.1 Hadj; Sudra; Zakat; Salat (2)
1.3.2 Anatman; Shunyata; Mikvah; Bodhidharma (2)
1.3.3 Monoteïsme; Politeïsme; Ateïsme; Teïsme (2)
1.3.4 uNkulunkulu; isangoma; Jahweh; Allah (2)
1.3.5 Kshatriya; Brahmaan; Karma; Waisja (2)
1.4 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer. MOENIE 'n antwoord meer as een keer gebruik
NIE.
KOLOM A KOLOM B
1.4.1 Verbond/Gelofte A iemand wat tot die diens van die
verligting van ander is
1.4.2 Heilsleër
B ander godsdienste is geldig, maar die
1.4.3 Evolusie volle waarheid kan slegs in sy of haar eie
godsdiens gevind word
1.4.4 Bodhisattva
C hierdie ritueel word uitgevoer om
1.4.5 Paai teëspoed/onheil te verwyder
1.4.6 Inklusiwisme D 'n proses van ontwikkeling of groei
E hoe die heelal ontstaan het
F 'n organisasie wat skuiling aan
haweloses bied
G 'n diep, plegtige belofte
(6 x 1) (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 6 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
1.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar'
langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Gee
'n rede indien die antwoord ONWAAR is.
1.5.1 Getuig van die geloof dat daar geen God behalwe Allah is nie en dat
Mohammed, die boodskapper van Allah, Ash-Shahada genoem
word. (2)
1.5.2 'n Leerstelling/Doktrine is 'n stel oortuigings wat as absoluut waar en
gevestig beskou word. (2)
1.5.3 Volgens Afrika Tradisionele Godsdiens het die geeste van die eerste
geslag hemel toe gegaan toe hulle gesterf het. (2)
1.5.4 Die hervorming in die kerk is deur Martin Luther King Jr. begin. (2)
1.5.5 Iets wat in Hindoeïsme toelaatbaar is, word Kosjer genoem. (2)
1.5.6 Bahá'u'lláh is die stigter van Boeddhisme. (2)
1.6 In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite oor ELK van die volgende
terme:
1.6.1 Verskille (2)
1.6.2 Eenheid (2)
1.6.3 Onsterflikheid (2)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 7 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 Noem enige TWEE unieke kenmerke van die volgende godsdienste:
2.1.1 Judaïsme (4)
2.1.2 Hindoeïsme (4)
2.2 Noem enige TWEE ooreenkomste van die volgende godsdienste:
2.2.1 Boeddhisme en Taoïsme (4)
2.2.2 Die Christendom en Afrika Tradisionele Godsdiens (4)
2.3 In die konteks van godsdiens, verduidelik en gee 'n voorbeeld van ELK van die
volgende konsepte:
2.3.1 Vergelykbaarheid (4)
2.3.2 Tikkun Olam (4)
2.3.3 Gelykenis (4)
2.4 Verduidelik die verskil tussen inkarnasie en opstanding. Gee 'n voorbeeld van
ELK. (8)
2.5 'Die Boeddha was menslik, nie God nie.'
Brei uit oor die stelling hierbo. (6)
2.6 Noem en verduidelik ten minste TWEE Ashramas (stadiums) van Hindoeïsme. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 8 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 3
3.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
MEDIADEKKING VAN GODSDIENS IS 'GEBROKE' – WÊRELDWYE
OPNAME BEVESTIG DIT
Veteraan-godsdiensverslaggewer, Julia Bicknell, het 'n belangrike wêreldwye
opname oor die mediadekking van godsdiens, wat in 2022 gedoen is,
geanaliseer. Die doelwit van die studie was om te identifiseer hoe groot die
globale aptyt vir 'n uitgebreide bespreking oor geloof in die media-spasie is.
Die navorsing is in twee dele gedoen. Eerstens is meer as 30 onderhoude met
joernaliste in 17 lande gevoer. Die tweede deel het 'n aanlyn opname behels
met meer as 9 000 volwassenes in 17 lande, Suid-Afrika ingesluit.
Die joernaliste met wie onderhoude gevoer is, het gevoel dat dekking van
geloof en godsdiens swak en inkonsekwent is en meer gemarginaliseerd word.
Hulle was bang om godsdienstige dekking 'reg' te kry, veral in grootliks sekulêre
nuuskantore. Hulle het gesê dat daar 'n siening is dat 'godsdienstige' stories
nie goed by 'harde' nuus pas nie. Dit is maklik om 'sagte' dekking te doen,
byvoorbeeld van feeste, en dat die fokus van 'harde' nuus net kom op tye
wanneer godsdiensleiers by omstredenheid of skandale betrokke is.
Onder die mense wat die aanlyn opname beantwoord het, het dit geblyk dat
daar 'n groeiende gaping tussen godsdiensdekking en die behoeftes van die
gelowiges was. Daar is 'n wêreldwye begeerte na beter dekking, begrip en
verteenwoordiging van geloofkwessies in die hoofstroommedia.
Volgens Julia Bicknell is die huidige wêreldwye digitalenuus-ekosisteem, wat
van *clickbait en omstredenheid afhanklik is, gebroke en het dit radikale
opknapping nodig.
*Clickbait: inhoud waarvan die hoofdoel is om aandag te trek en besoekers aan te moedig om
op 'n skakel na 'n spesifieke webblad te klik
[Aangepas uit www.premierrunbelievable.com, 1 Oktober 2022]
3.1.1 Volgens die artikel, wat was die hoofdoelwit van die opname? (2)
3.1.2 In jou eie woorde, verduidelik wat Julia Bicknell bedoel wanneer sy
sê dat mediadekking van godsdiens 'gebroke' is. (2)
3.1.3 Noem DRIE bevindings van die aanlyn opname met betrekking tot
godsdienstige dekking in die media. (6)
3.1.4 Verduidelik wat hoofstroommedia is. (2)
3.1.5 Stel VIER redes voor waarom die media eerder 'harde' stories as
'sagte' stories verkies wanneer daar oor godsdienstige kwessies
berig word. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 9 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
3.1.6 Verduidelik wat joernaliste bedoel met 'om godsdienstige dekking
"reg" te kry, veral in grootliks sekulêre nuuskantore'. (6)
3.1.7 Godsdienstige stories is nuuswaardig wanneer dit negatief of
skandalig is. Analiseer die gevolge wat sulke verslaggewing op die
samelewing sal hê. (8)
3.2 Bespreek TWEE voordele en TWEE nadele van die gebruik van sosiale media
deur godsdienstige organisasies. (4 x 2) (8)
3.3 Brei uit oor die verskillende maniere waarop godsdienste op negatiewe dekking
in die media kan reageer. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 10 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 4
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
KONFLIK IN MIANMAR
Die militêre regering wat gedurende die 1980's tot die 2000's Mianmar regeer het, het
Birmaans en nasionalisme met Theravada-Boeddhisme gemeng en dit as 'n middel
gebruik om hulle regmatigheid te versterk. Hulle het ook ernstig teen
minderheidsbevolkings in Mianmar, soos die Rohingya-, Kokang- en Panthay-mense,
gediskrimineer.
Die Rohingya is 'n Moslem- etniese minderheidsgroep wat al vir eeue in hoofsaaklik
Boeddhistiese Mianmar (voorheen as Birma bekend) leef. Ten spyte daarvan dat hulle
al vir baie generasies in Mianmar leef, erken die militêre regering nie die Rohingya as 'n
amptelike etniese groep nie en sedert 1982 word hulle burgerskap geweier, wat hulle
die wêreld se grootste staatlose bevolking maak. Zeid Ra'ad Al Hussein, die VN se Hoë
Kommissaris vir Menseregte, het dit as ' 'n kenmerkende voorbeeld van etniese
suiwering' beskryf.
Oproere het in 2012 tussen Rohingya-Moslems en Boeddhistiese Rakhines uitgebreek.
Die Mianmar-regering het daardie oproere aangemoedig aangesien daar bewyse is dat
Rakhine-mans van Sittwe met busse aangery is en messe en gratis kos gekry het om
aan die oproere deel te neem.
Baie mense sê dat godsdiensverskille die skuldige party van die huidige krisis is. Die
meeste Rohingya is Moslem in 'n land waar Boeddhiste in die meerderheid is. Baie
prominente Birmese monnike het teen die Rohingya-mense gedraai. Hulle blokkeer
humanitêre hulp en doen 'n beroep op sosiale en politieke uitsluiting volgens beginsels
wat sommige mense met apartheid in Suid-Afrika vergelyk. 'n Boeddhistiese
aktivistegroep, genoem '969', wat uit monnike en leke bestaan, speel die leidende rol in
die aanslag teen die Rohingya. Baie van die internasionale media beskryf die Rohingya
as 'n Moslem-minderheid wat deur die toedoen van 'n onverdraagsame Boeddhistiese
meerderheid onder godsdienstige vervolging gebuk gaan (swaar kry).
Die Rohingya ly onder dekades van geweld, diskriminasie en vervolging in Mianmar.
Meer as 1,3 miljoen mense is in 2023 in Mianmar ontwortel as gevolg van toenemende
geweld ná die militêre oorname in Februarie 2021. Nog vlugtelinge en asielsoekers van
Mianmar word in ander lande geakkommodeer, onder meer byna 1 miljoen staatlose
Rohingya-vlugtelinge wat in Bangladesj woon.
[Aangepas uit www.unrefugees.org]
4.1 Wat is die vorige naam van Mianmar? (2)
4.2 Waarom, dink jy, het die militêre regering belangstelling in godsdiens getoon? (8)
4.3 Wat verstaan jy onder 'etniese suiwering'? (4)
4.4 Tot watter mate is dit 'n godsdienstige konflik? Gee redes vir jou antwoord. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 11 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
4.5 Gee redes waarom dit nodig is dat internasionale gemeenskappe by konflikte
soos dié ingryp. (8)
4.6 Suid-Afrika is vry van godsdienstige konflik. Watter les kan ons land Mianmar
leer om die konflik te beëindig? (10)
4.7 Dink jy dat die Mianmar-regering vir die konflik verantwoordelik gehou moet
word? Gee redes vir jou antwoord. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Religiestudies/V1 12 DBE/November 2025
NSS Vertroulik
VRAAG 5
5.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
WESTERSE IDEES OOR GODSDIENSTIGE VERDRAAGSAAMHEID
Moderne menseregte het in Europa ontwikkel in reaksie op die konflik orals in
Europa wat deur die Protestantse Hervorming en die Katolieke
Teenhervorming veroorsaak is. Diepsinnige Europeërs, onder andere baie diep
godsdienstige mense, het tot die gevolgtrekking gekom dat die samelewing
vreedsaam sou wees as mense en hulle leiers die beginsel van godsdienstige
verdraagsaamheid sou aanneem. Dit het gelei tot die idee dat elke persoon vry
moet wees om te glo wat hulle wil en om hulle standpunte openlik te stel sonder
die bekommernis dat hulle vervolg sou word.
Dit was nie 'n proses wat oornag gebeur het nie. Terwyl baie mense in Europa
dus besig was om te leer om meer verdraagsaam te wees, het ander uit Europa
gevlug om aan vervolging te ontsnap. Hulle het in Amerika en die vorige Britse
kolonies Suid-Afrika, Kanada en Australië beland. Veral in Amerika het die
nuwe koloniste begin om 'n samelewing te vestig wat gebaseer was op meer
godsdienstige verdraagsaamheid as wat hulle in Europa ervaar het. Ons kan
hieruit aflei dat daar twee magte was wat Europeërs beïnvloed het om die idee
van godsdienstige verdraagsaamheid voor te stel:
Wanneer jy deel is van 'n vervolgde minderheid, sal jy geneig wees om die idee
van vryheid van godsdienskeuse en verdraagsaamheid te ondersteun.
Wanneer jy ernstige godsdienskonflik ervaar, met geen wenner nie, sal jy
geneig wees om die idee van godsdienstige verdraagsaamheid en vryheid van
keuse te ondersteun.
[Bron: Shuters Top Class Religion Studies Grade 12]
5.1.1 Verduidelik wat met godsdienstige verdraagsaamheid bedoel word. (2)
5.1.2 Volgens die uittreksel, hoe het moderne menseregte in Europa
ontstaan? (4)
5.1.3 Wat was die gevolg van die Hervorming? (4)
5.2 Godsdiensvryheid is 'n mensereg. Noem enige TWEE ander menseregte en
bespreek die verantwoordelikhede wat met ELK geassosieer word. (8)
5.3 Bespreek praktiese stappe wat jy dink verskillende godsdienste kan volg om te
verseker dat menseregte nie geskend word nie. (10)
5.4 Met verwysing na enige van die godsdienste wat jy bestudeer het, bespreek
TWEE leringe wat ELK van die volgende bevorder:
5.4.1 Moraliteit (8)
5.4.2 Godsdiensvryheid (8)
5.5 Brei uit oor die doel van die Heilige Kantoor van die Spaanse Inkwisisie
van 1478. (6)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper