Skip to content

History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 Addendum (Afr)

AddendumHistoryGrade 12201513 pages

Grade 12 History Paper 1 addendum from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or get the free PDF download.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 GESKIEDENIS V1 ADDENDUM *HISTA3* Hierdie addendum bestaan uit 13 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2015) AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE BLOKKADE DIE KOUE OORLOG SPANNING TUSSEN DIE VSA EN DIE SOWJETUNIE VERSKERP? BRON 1A Hierdie bron fokus op die Amerikaanse redes vir die Marshall-plan en die Russiese reaksie daarop. Die Marshall-plan was nog ʼn gedeelte van die inperkingsbeleid. Truman het geglo dat meer as net militêre hulp nodig was om te verhoed dat kommunisme versprei. Hy het die Amerikaanse sekretaris-generaal, George Marshall, na Europa toe gestuur om die na-oorlogse ekonomiese situasie daar te ondersoek. Marshall het gerapporteer dat ʼn groot gedeelte van Europa verwoes was deur die oorlog en dat mense daar gely het. Die eindresultaat van hierdie besoek was ʼn plan van ekonomiese hulp, genoem die Marshall-plan. Die doel was om die na-oorlogse Europese ekonomieë op te bou en op dié wyse die toestande wat Truman as die aantrekkingskrag vir die verspreiding van kommunisme beskou het, te vernietig. Tussen 1948 en 1952, het die VSA $17 miljard as Marshall Hulp aan lande van Wes-Europa gegee om hulle te help om hul ekonomieë op te bou. Dit het voormalige bondgenote soos Frankryk en België ingesluit, sowel as voormalige vyande soos Duitsland. Marshall Hulp het ʼn merkwaardige ekonomiese herstel in Wes-Europa teweeg gebring. Die Sowjet-leier, Stalin, was agterdogtig oor die doelstellings agter die Marshall- plan. Hy het dit gesien as ʼn vorm van “dollar diplomasie”. Hy wou nie enige van die Sowjet-satellietstate toelaat om dit te aanvaar nie. Die Marshall-plan het die verdeling tussen Oos- en Wes-Europa laat toeneem. Aan die Sowjet-kant het Stalin die Kommunistiese Buro van Inligting of Cominform in 1947 gestig om die kommunistiese partye van Oos Europa in die naoorlogsjare te koördineer. Hy het dit gebruik om ʼn ferm beheer oor die Sowjet-satellietstate te behou. Leiers met hul eie selfstandige denkwyses was vervang met diegene wat lojaal teenoor Stalin was ... In 1949 het die kommunistiese blok nog ʼn organisasie, die Comecon (Council for Mutual Economic Aid), gevorm en was ook deur die USSR gedomineer. Kommunistiese lande buite Europa soos Kuba en Viëtnam was later ook in die Comecon opgeneem. [Vanuit: historytoday.com. Toegang op 21 Mei 2015 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 3 BRON 1B Die bron bestaan uit ʼn geskrewe bron en ʼn visuele bron. Geskrewe bron: Hierdie bron fokus op die rede vir Stalin se instelling van die Berlynse Blokkade en die reaksie van die Weste daarop. Die blokkade van Berlyn was die eerste ernstige krisis van die Koue Oorlog. Teen 1948 het die Westerse Geallieerdes begin beweeg na die vereniging van hul besette sones in Wes-Duitsland na ʼn enkele onafhanklike Duitse staat. As deel van hierdie proses het die VSA, Frankryk en Brittanje stappe geneem om die geldeenheid in hul besette gebiede te hervorm om ekonomiese herstel te bevorder. Die nuwe geldeenheid, waaroor die Russe geen beheer gehad het nie, het ook die wettige betaalmiddel in die Westerse sektore geword. Die USSR wat twee maal deur Duitsland binnegeval was, was verontrus deur die vooruitsig van ʼn sterk Duitsland. Die Russiese leierskap het op die Westerse geldeenheidhervorming gereageer deur hul eie geldeenheid in te stel in Oos- Berlyn slegs 24 uur voordat die Weste se mark in sirkulasie sou kom. Hulle het ook ʼn blokkade van Wes-Berlyn ingestel, waar hulle alle land en spoorroetes na die Westerse sones afgesny het. Lucius Clay, die militêre goewerneur van die Amerikaanse sone van die besette Duitsland het geskryf: “Toe die bevel van die Sowjet Militêre Administrasie om alle spoorverkeer vanaf die Westerse sones af te sny in werking gestel was teen 6:00 vm. op die oggend van 24 Junie 1948, het die drie Westerse sones van Berlyn, met ʼn burgerlike bevolking van omtrent 2,500,000 mense, afhanklik geraak van reserwe voorraad en lugbrugvervangingsvoorraad. Dit was een van die mees genadelose pogings in moderne tyd om massa hongersnood te gebruik vir politieke druk (intimidasie) ...” Die Sowjet-owerheid het aanvanklik geglo dat die plan gewerk het. “Ons beheer- en beskermingsmaatreëls was ʼn gevoelige knou vir die Amerikaanse en Britse prestige in Duitsland,” was die verslag vanaf die Sowjet-owerhede. Maar die Westerse Geallieerdes het onmiddellik gereageer deur die instelling van ʼn ontsaglike lugbrug. Onder die leierskap van Generaal Curtis LeMay, het tien-ton kapasiteit C-54s begin om die stad te voorsien op 1 Julie. Teen herfs het die lugbrug, kodenaam “Operation Vittles” en dikwels na verwys as "LeMay se voedsel- en steenkoolmaatskappy" ʼn gemiddelde voorraad van 5,000 ton per dag voorsien. [Vanuit: www.pbs.org; Toegang op 1 Augustus 2014 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2015) Visuele bron Hierdie visuele bron beeld vliegtuie uit wat besig is om voorraad na die stad van Wes-Berlyn te bring as deel van die Berlynse Lugbrug. [Vanuit:www.google.co.za –search-the berlin airlift verkry. Toegang op 1 Augustus 2014 verkry] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 5 BRON 1C ʼn Uittreksel vanuit ʼn toespraak deur President Kennedy van die VSA aan die mense van Wes-Berlyn op 26 Junie 1963. Dit beklemtoon die belangrikheid van die konsep van vryheid vanuit ʼn Amerikaanse perspektief. Twee duisend jaar gelede was Civis Romanus Sum [‘Ek is ʼn Romeinse burger’] die trotste spoggery ter wêreld. Vandag, in die wêreld van vryheid is Ich bin ein Berliner [‘Ek is ʼn Berlyner’] die trotste spoggery. Daar is baie mense in die wêreld wat nie verstaan wat die belangrikste kwessie tussen die vrye wêreld en kommunisme is nie. Laat hulle na Berlyn toe kom. En daar is sommige wat sê in Europa en elders anders dat ons met die kommuniste kan werk. Laat hulle na Berlyn toe kom. Vryheid het baie probleme en demokrasie is nie perfek nie; maar ons het nooit ʼn muur opgerig om ons mense binne te hou nie. Ek ken geen stad wat beleër (omsingel) was vir 18 jaar en nog steeds leef met die lewenskrag, mag, hoop en vasberadenheid soos die stad Wes-Berlyn nie. Terwyl die muur die mees vanselfsprekende en duidelike vertoning van die mislukkings van die kommunistiese stelsel demonstreer, vind ons nie voldoening daarin nie want dit is nie net ʼn misdaad teen die geskiedenis nie, maar teen die mensdom. In 18 jare van vrede en goeie hoop, het hierdie generasie van Duitsers die reg verdien om vry te wees, insluitende die reg om met hul familie en hul nasie te herenig in blywende vrede met die toegeneentheid van al die mense ... [Vanuit: The Cold War deur E G Rayner] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2015) VRAAG 2: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE OP BEIDE SUID-AFRIKA EN ANGOLA? BRON 2A Hierdie bron gee inligting oor hoe die slag van Cuito Cuanavale in Angola in 1988 plaasgevind het. In November 1987 het ʼn geveg by Cuito Cuanavale ontwikkel, ʼn stad in suid-oos Angola. Suid-Afrikaanse troepe, ter ondersteuning van UNITA, het die stad, wat deur Angolese regeringsmagte beskerm was, aangeval. Dit was deur Kubaanse vlieëniers wat Sowjet MIG 23-vliegtuie gebruik het verdedig. Dit was die grootste geveg in Afrika sedert die Tweede Wêreldoorlog. Die Suid-Afrikaners het hul lugsuperioriteit teen die Kubane verloor en na ʼn mislukte poging om die stad oor te neem, was hulle gedwing om te onttrek. Die slag was ʼn keerpunt in die oorlog in Angola en in die ontwikkelinge in Namibië. Dit het die oorlog tot ʼn einde gebring en tot vredesonderhandelinge gelei. Dié het gelei tot die onttrekking van die Suid-Afrikaanse en Kubaanse magte uit Angola. En die onafhanklikheid van Namibië. Die onttrekking van die Suid-Afrikaanse magte het die mite van Suid-Afrika se superieure militêre mag vernietig en die regering gedwing om die situasie te heroorweeg. Alhoewel sommige lede van die Suid-Afrikaanse regering en weermag beweer het dat dit ʼn strategiese onttrekking eerder as ʼn nederlaag was, het meeste historikusse geglo dat dit die Suid- Afrikaanse regering gedwing het om hul militêre mag te heroorweeg en om saam te stem op ʼn onderhandelde skikking vir Namibië. [Vanuit: In Search of History, deur J. Bottaro et al] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 7 BRON 2B Hierdie bron is ʼn uittreksel vanuit ʼn artikel genaamd Cuito Cuanavale Revisited wat gepubliseer was in die Mail and Guardian op 11 Julie 2007. Dit was geskryf deur Piero Gleijeses, ʼn professor aan die John Hopkins Universiteit in Washington DC in die VSA. Teen vroeë 1987 was die Suid-Afrikaanse bronne en die Westerse diplomate oortuig dat die val van Cuito Cuanavale ophande was. Dit sou ʼn verwoestende slag vir die Angolese regering wees. Maar op 15 November 1987, het die Kubaanse President Fidel Castro besluit om meer troepe en wapens na Angola te stuur, sy beste vliegtuie met sy beste vlieëniers, sy gevorderdste lugafweergeskut en sy modernste tenks. Castro se doel was nie net om Cuito te verdedig nie; dit was om die SAW vir eens en altyd uit Angola te verdryf. Kubaanse vliegtuie en 1500 Kubaanse soldate het die Angolese versterk en Cuito het nie geval nie. Op 23 Maart 1988 het die SAW hul laaste groot aanval op die stad geloods. Soos Kolonel Jan Breytenbach geskryf het, die Suid-Afrikaanse aanslag ‘was tot ʼn knersende en definitiewe stop gebring’ deur die gekombineerde Kubaanse en Angolese magte. Nou het magtige Kubaanse kolomme deur suid-wes Angola gemarsjeer oppad na die Namibiese grens. Die dokumente wat ons vertel hoe die Suid-Afrikaanse leiers oor hierdie bedreiging gevoel het, is nog steeds geklassifiseerd (geheime inligting). Maar ons weet wat die SAW gedoen het: hulle het padgegee. [Vanuit: historytoday.com/cuito] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2015) BRON 2C Hierdie bron beeld die terugkeer uit van ʼn regiment van die Suid-Afrikaanse Weermag vanuit Angola in 1988. Die skrif op die banier lees soos volg: ‘Welkom Wenners’. [Vanuit: historytoday.com. Toegang op 6 Junie 2014 verkry.] BRON 2D Die bron fokus op die rol wat die VSA in die Angolese konflik gespeel het. Onlangs gedeklassifiseerde (bekend gemaak vir algemene publiek) dokumente het die Amerikaanse regering se bloedige rol in die dekade-lange burgeroorlog in Angola blootgestel. Meer as ʼn half miljoen Angolese was gedood en ongeveer 4 miljoen – bykans ʼn derde van die land se bevolking – was gedwing om van hul huise te vlug. Die Amerikaanse regering het die weg gebaan deur petrol op die vuur te gooi. Die VSA het miljoene gespandeer om UNITA ‘rebelle’ teen die nuwe regering te ondersteun ... wat gesien was as ‘kommunisties’ omdat dit beperkte ondersteuning van Kuba en die voormalige USSR ontvang het. Die VSA het lankal erken dat hulle geheime operasies in Angola befonds het, maar het altyd aanspraak gemaak dat hulle gereageer het op die invlieg van Kubaanse soldate in die land wat die MPLA ondersteun het. Maar die VSA dokumente wat verlede maand vrygestel is, wys die waarheid – dat die Ford- administrasie ingemeng het in Angola lank voordat die Kubaanse soldate geland het. [Vanuit:‘ They Fuelled a Savage War: US Operation in Angola exposed’ deur Elizabeth Schulte] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 9 VRAAG 3: HOE SUKSESVOL WAS DIE DESEGREGRASIE VAN SKOLE IN LITTLE ROCK, ARKANSAS, GEDURENDE DIE 1950’s? BRON 3A Hierdie bron behandel die krisis wat ontwikkel het nadat die hof ʼn bevel uitgedien het dat Sentraal Hoërskool in Little Rock, Arkansas, die Afro-Amerikaanse studente moes toelaat. Drie jaar nadat die Hooggeregshof se Brown vs. Raad van Onderwys-besluit segregasie in publieke skole amptelik beëindig het, het ʼn federale hof Little Rock beveel om die besluit na te kom. Op 4 September 1957, het Goewerneur Orval Faubus die hof uitgedaag deur die Arkansas Nasionale Wag in te roep om die nege Afro-Amerikaanse studente, die sogenaamde ‘Little Rock Nine’, te verhoed om die gebou binne te gaan. Tien dae later in ʼn vergadering met President Eisenhower, het Faubus ingestem om die Nasionale Wag te gebruik om die Afro- Amerikaanse studente te beskerm, maar met sy terugkeer na Little Rock, het hy die troepe ontslaan en die Afro-Amerikaanse studente aan ʼn woedende blanke skare blootgestel. Binne ure het die spottende, klipgooiende skare verskeie verslaggewers geslaan en baie van die skool se vensters en deure gebreek. Teen die middag was die plaaslike polisie verplig om die nege studente te ontruim. Toe Faubus nie orde kon herstel nie, het President Eisenhower die 101 Lugmag Afdeling-valskermsoldate na Little Rock ontplooi en die Arkansas Nasionale Wag onder federale bevel geplaas. Teen 3 vm., het die soldate die skool omsingel met gefelde bayonette. Die Little Rock Nine het hul skooljaar beëindig onder federale beveiliging. Die volgende jaar het Faubus al die hoërskole gesluit en die Afro-Amerikaanse studente is gedwing om korrespondensie-kursusse te neem of om na skole buite die staat te gaan. Die skoolraad het alle skole oopgestel in die herfs van 1959, en ten spyte van meer geweld, byvoorbeeld die bombardering van een van die studente se huise, het vier van die nege studente teruggekeer en hierdie keer was hulle deur die plaaslike polisie beskerm. [Vanuit: www.nps.gove/nr/travel/civil rights/ak1.htm. Toegang op 10 Augustus 2014 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2015) BRON 3B Hierdie foto wys lede van die Arkansas Nasionale Wag wat besig is om Afro- Amerikaanse studente te verhoed om die Sentraal Hoërskool binne te gaan, in Little Rock, Arkansas in 1957. [Vanuit: www.google.co.za/google images. Toegang op 13 Augustus 2014 verkry.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 11 BRON 3C Hierdie foto wys hoe konserwatiewe blanke Amerikaners betoog teen rasse- integrasie van skole in die VSA in die 1950’s. [Vanuit: www.google.co.za/search=little+rock+nine. Toegang op 13 Augustus 2014 verkry] RASVERMENGING IS KOMMUNISME STOP DIE RASVERMENGING Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2015) BRON 3D Hierdie bron beklemtoon die prestasies van die Little Rock Nine ten spyte van die pogings deur konserwatiewe blanke Amerikaners om die integrasie van skole te verhoed. September 25, 1957, het ʼn historiese dag geword vir die Nasie toe nege dapper kinders hul lewens in gevaar gestel het om die Sentraal Hoërskool, Little Rock, Arkansas by te woon. Gekonfronteer deur ʼn vyandelike skare en begelei deur die “Screaming Eagles” van die 101 Lugmag Afdeling, het hulle die las van die integrasie van ʼn toe-gesegregreerde openbare skoolstelsel opgeneem. Alhoewel die Hooggeregshof se mylpaal 1954-besluit in die Brown vs. Raad van Onderwys rassesegregrasie in skole verwyder het, was dit die dapper aksies van hierdie nege jong kampioene van skoolintegrasie wat die mag van die besluit beproef het. Hul aksies het nie net die Nasie gemobiliseer om te verseker dat toegang tot gehalte onderwys aan alle Amerikaners beskikbaar gestel is nie, maar hulle het gehelp om die burgerregtebeweging te definieer. Hulle het as die Little Rock Nine bekend geword. Vir meer as vyftig jaar het die Little Rock Nine gewerk om die beginsels van voortreflikheid in onderwys vir jong mense te bevorder, spesifiek vir diegene van kleur, deur die Little Rock Nine®-stigting, ʼn nie-winsgewende, 501(c)(3) organisasie wat in Februarie 1999 gestig is. Deur die hoë prys ag te neem wat hulle moes betaal om ʼn publieke skool by te woon, is die kampioene van die Little Rock Nine®-stigting tot die versekering van toegang tot gehalte onderwys vir toekomstige generasies verbind. Sedert 1999, het die Stigting en sy nege lede hulself verbind tot die nastreef van hul doel deur finansiële ondersteuning aan behoeftige en waardige studente te voorsien; om plaaslike en nasionale regeringsafdelings aan te moedig om hoë gehalte stelsels van opvoeding te handhaaf; byeenroeping van forums om vrae rakende opvoedkundige afleweringstelsels te bespreek en te debatteer; en die koördinering van die publikasie van materiaal wat ontwerp is om die publiek in te lig oor die behoeftes in hierdie veld. Die Little Rock Nine se menige bydraes tot die samelewing en tot die Amerikaanse geskiedenis, is deur baie toekennings en erkennings wat hulle ontvang het erken, insluitende die gesogte “Congressional” Goue Medalje in 1999. [Vanuit:littlerock9.com/History.aspx. Toegang op 14 Augustus 2014 verkry] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM) 13 ERKENNINGS Visuele bronne en ander historiese bewyse was geneem vanuit die volgende: Bottaro, J. et al 2013. In Search of History. Oxford University Press. historytoday.com – Toegang op 4 Augustus 2014 verkry. littlerock9.com/History.aspx; Toegang op 14 Augustus 2014 verkry. Rayner, E.G. The Cold War. www.google.co.za – search-the berlin airlift – Toegang op 1 Augustus 2014 verkry. www.pbs.org; Toegang op 1 Augustus 2014 verkry. www.historytoday.com/gary-baines/replaying-cuito-cuanavale; Toegang op 10 Augustus 2014 verkry. www.nps.gov/enr/travel/civil rights/ak.htm; Toegang op 10 Augustus 2014 verkry. www.google.co.za/google images/ ; Toegang op 13 Augustus 2014 verkry. www.google,co.za/search=little+rock+nine; Toegang op 14 Augustus 2014 verkry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 History

View all