Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
GESKIEDENIS V2
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers _hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)




_hlayiso.com_--eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9/v1-97da7a9c61df59efec3c/card.webp)
View all





History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 237.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING AAN KANDIDATE
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A (drie brongebaseerde vrae) en
AFDELING B (drie opstelvrae) wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in
die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s: SUID-
AFRIKA
VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: BURGERLIKE WEERSTAND, 1970’s TOT 1980’s
SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
OOREENKOMS EN DIE RNE
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE
WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om hierdie vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM gekry
word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN vraag moet ʼn brongebaseerde vraag wees en ten
minste EEN moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan of ʼn brongebaseerde vraag of ʼn opstelvraag
wees.
5. In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en
insig gebruik.
6. Die blote oorskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.
7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V2 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN (1) vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, uit
hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te
beantwoord, is in die ADDENDUM.
VRAAG 1: HOE HET DIE FILOSOFIE VAN SWARTBEWUSSYN DIE SUID-
AFRIKAANSE JEUG IN DIE 1970s BEÏNVLOED?
Bestudeer Bronne 1A, 1B, 1C, 1D en 1E en beantwoord die vrae wat volg.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Haal ʼn sin uit die bron wat aandui dat Thenjiwe Mtintso die
Swartbewussynbeweging ondersteun het. (1 x 1) (1)
1.1.2 Omskryf die begrip Swartbewussyn in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.3 Wie, volgens Thenjime was die Nasionaliste? (1 x 2) (2)
1.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik wat
Thenjime met die volgende bedoel het met: ‘blanke mense moet
probeer om hul eweknieë te bevry’. (1 x 2) (2)
1.1.5 Verduidelik waarom jy dink die apartheidsregering aanvanklik die
Swartbewussynsbeweging ondersteun het. (2 x 2) (4)
1.2 Lees Bron 1B.
1.2.1 Hoe verstaan jy die begrip “bevryding”? (1 x 2) (2)
1.2.2 Waarom, volgens die bron, was Khotso so gretig om die stelsel van
apartheid te vernietig? (1 x 2) (2)
1.2.3 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die studente
vasbeslote was om apartheid te beveg. (1 x 2) (2)
1.3 Verduidelik hoe die inligting in Bron 1A die bewyse in Bron 1B ondersteun
ten opsigte van die doelwitte van die Swartbewussynsbeweging. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
1.4 Raadpleeg Bron 1C.
1.4.1 Wat, volgens die bron, het aanleiding gegee het tot die Soweto
Opstand? (1 x 2) (2)
1.4.2 Wie, volgens die bron, was die eerste om te reageer op die
instruksie wat deur die Bantoe Departement van Onderwys
uitgereik was? (1 x 2) (2)
1.4.3 Verduidelik die impak wat Bantoe Onderwys op swart Suid-
Afrikaanse leerders gehad het. (1 x 2) (2)
1.5 Raadpleeg Bron 1D.
1.5.1 Verduidelik hoe die invloed van Swartbewussyn in die visuele bron
uitgebeeld word. (1 x 2) (2)
1.5.2 Verduidelik die beperkinge van die visuele bron vir studente wat
die Soweto Opstand bestudeer. (2 x 2) (4)
1.5.3 Wie volgens die bron was verantwoordelik vir Biko se dood?
Gebruik ʼn visuele leidraad uit die bron om die vraag te beantwoord.
(1 x 2) (2)
1.6 Gebruik Bron 1E.
1.6.1 Hoe het die studente teenoor die polisiegeweld gereageer?
(1 x 2) (2)
1.6.2 Haal bewyse uit die bron aan wat aandui dat die verbanne ANC
trots was op die aksies wat deur die studente van Soweto geneem
was. (1 x 1) (1)
1.6.3 Waarom dink jy het die ANC die aksies van die Soweto studente
ondersteun? (2 x 2) (4)
1.7 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis, skryf ʼn paragraaf van omtrent AGT reëls (omtrent 80 woorde) waarin
jy die invloed van die filosofie van Swartbewussyn op die Suid-Afrikaanse
jeug in die1970’s verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V2 5
VRAAG 2: HET SLAGOFFERS VAN MENSEREGTE SKENDINGS AFSLUITING
DEUR DIE PROSES VAN DIE WAARHEIDS-EN-
VERSOENINGSKOMMMISSIE (WVK) GEVIND?
Bestudeer Bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Omskryf die begrip rekonsiliasie in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.2 Verduidelik waarom jy dink die WVK dit noodsaaklik gevind het om die
plakkaat te publiseer. (2 x 2) (4)
2.1.3 Lewer kommentaar oor die toepaslikheid van die woorde in die bron:
“Deur ons stories van die verlede te vertel, sodat ons die pad na
rekonsiliasie saam kan loop”. (2 x 2) (4)
2.2 Raadpleeg Bron 2B.
2.2.1 Waarom, volgens die bron het Jeffery Benzien amnestie ontvang?
(1 x 2) (2)
2.2.2 Hoe, volgens die bron het Jeffery Benzien sy slagoffers gemartel?
(2 x 1) (2)
2.2.3 Verduidelik hoe die inligting in die bron die doelwitte van die WVK
oordra. (2 x 2) (4)
2.3 Bestudeer Bron 2C.
2.3.1 Waarom was die betogers teen die toekenning van amnestie aan
Benzien gekant? Gebruik ʼn visuele leidrade vanuit die bron om die
vraag te beantwoord. (1 x 2) (2)
2.3.2 Verduidelik die boodskap wat in hierdie foto oorgedra word. (2 x 2) (4)
2.3.3 Verduidelik of die betogers in hul aksies geregverdig was. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
2.4 Lees Bron 2D.
2.4.1 Gee TWEE maniere wat daarop aandui dat die WVK na die Suid-
Afrikaanse publiek uitgereik het. (2 x 1) (2)
2.4.2 Verduidelik waarom die WVK verhore daagliks oor die radio en
nasionale televisie daagliks uitgesaai was. (2 x 2) (4)
2.4.3 Waarom het Herman die WVK proses as ʼn sukses beskou? (2 x 2) (4)
2.4.4 Verduidelik tot watter mate ʼn student die inligting in hierdie bron as
betroubaar in die konteks van die werk van die WVK sal beskou.
(2 x 2) (4)
2.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis, skryf ʼn paragraaf van AGT reëls (omtrent 80 woorde) waarin jy
verduidelik of die slagoffers van menseregte-skendings afsluiting deur die
prosesse van die WVK gevind het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V2 7
VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE BELEIDSRIGTINGE VAN DIE
INTERNASIONALE MONETÊRE ORGANISASIES OP
ONTWIKKELENDE LANDE?
Bestudeer Bronne 3A, 3B en 3C en beantwoord die vrae wat volg.
3.1 Lees Bron 3A.
3.1.1 Watter impak, volgens die bron, het die IMF, Wêreldbank en WHO op
gewone mense gehad? (4 x 1) (4)
3.1.2 Wat was die doelwit van die ‘yster-driehoek’? (1 x 1) (1)
3.1.3 Verskaf redes waarom die inligting in die bron as partydig teenoor die
IMF, Wêreldbank en die WHO beskou kan word. (2 x 2) (4)
3.1.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die
negatiewe effekte wat die IMF, Wêreldbank en WHO op
ontwikkellende lande gehad het. (2 x 2) (4)
3.2 Verwys na Bron 3B.
3.2.1 Haal ʼn sin uit die bron wat aandui dat die WHO sy doelwit van
handelsvryheid bereik het. (Standpunt 1) (1 x 1) (1)
3.2.2 Hoe volgens die bron, het die WHO die arm lande bevoordeel?
(Standpunt 1) (4 x 1) (4)
3.2.3 Vergelyk Standpunt 1 met Standpunt 2. Verduidelik hoe hierdie
bronne met betrekking tot die rol van die WHO verskil. Ondersteun
jou antwoord met bewyse uit die bron. (2 x 2) (4)
3.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis, verduidelik waarom
die beleidsrigting van die WHO gekritiseer was.
(Standpunt 2) (2 x 2) (4)
3.2.5 Verduidelik hoe die storting van gesubsidieerde voedsel plaaslike
produksie van ontwikkelende lande ondermyn het. (2 x 2) (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (EC/SEPTEMBER 2015)
3.3 Raadpleeg Bron 3C.
3.3.1 Watter lande was die meeste deur die voorwaardes van die
Strukturele Aanpassingsprogramme (SAP) geaffekteer? (2 x 1) (2)
3.3.2 Watter boodskappe word in hierdie spotprent aangaande die IMF en
Wêreldbank in ʼn globale konteks uitgebeeld? (2 x 2) (4)
3.3.3 Wat was die hoofrede waarom ontwikkellende lande armer geword
het? (1 x 2) (2)
3.3.4 Gebruik die visuele leidrade in die bron om die gevolge van die
Strukturele Aanpassingsprogramme (SAP) op ontwikkellende lande
te beskryf. (2 x 2) (4)
3.4 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis, skryf ʼn paragraaf van omtrent AGT reëls (omtrent 80 woorde) waarin
jy die impak van die beleidsrigtings van die Internasionale Monetêre
Organisasies op ontwikkelende lande verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V2 9
AFDELING B: OPSTELTIPE VRAE
Beantwoord ten minste EEN (1) vraag, maar nie meer as TWEE (2) vrae uit hierdie
afdeling.
Jou opstel moet omtrent DRIE bladsye lank wees.
VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970’s TOT 1980’s: SUID-AFRIKA:
DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980’s.
‘‘P.W. Botha se beleid van hervorming en onderdrukking was met intensiewe verset
te moet gekom.”
Evalueer hierdie verklaring krities deur te verwys na die rol wat interne verset in die
ondergang van P.W. Botha se apartheidsregering in die 1980’s gespeel het. [50]
VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN
AANVAARDING VAN DIE VERLEDE: ONDERHANDELDE
OOREENKOMS EN DIE RNE.
Verduidelik tot in watter mate die toename in geweld en konflik die
onderhandelingsproses in Suid-Afrika tussen 1990 en 1994 bespoedig het. [50]
VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN ’N NUWE WÊRELD-
ORDE: DIE GEBEURE VAN 1989.
“Gorbachev se hervorming in die Sowjetunie het ʼn betekenisvolle impak op Suid-
Afrika se politieke landskap gehad.”
Bespreek hierdie verklaring krities en ondersteun jou argument met relevante
bewyse. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)
_hlayiso.com_--eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9/v1-97da7a9c61df59efec3c/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum