Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
GESKIEDENIS V2
ADDENDUM
*HISTA4*
Hierdie addendum bestaan uit 11 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers _hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)




_hlayiso.com_--eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9/v1-97da7a9c61df59efec3c/card.webp)
View all





History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 622.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 1: HOE HET DIE FILOSOFIE VAN SWARTBEWUSSYN DIE SUID-
AFRIKAANSE JEUG IN DIE 1970s BEÏNVLOED?
BRON 1A
Die volgende uittreksel was deur Thenjiwe Mtintso geskryf. Dit bespreek die
betekenis van Swartbewussyn in die 1970’s.
Wat ons ook al in hierdie land doen, of dit op ekonomiese, maatskaplike of
politieke vlak is, moet dit deur swartes vir swartes wees, punt. Dit maak nie saak
hoe goed die bedoeling van die wit mense mag wees nie … hulle kan my nie uit
die hande van die Nasionaliste verlos nie … wat hulle ook al doen, moet hulle
probeer om binne hulle eie gemeenskappe te werk en konsentreer op die
bevryding van hulle eweknieë. Ek sal dieselfde in die swart gemeenskap doen.
[Uit: Every Step of the Way: The journey to Freedom in South Africa deur M Morris]
BRON 1B
Hierdie is ʼn uittreksel vanuit ʼn toespraak deur Khotso Seatlholo, president van die
Soweto Studente Verteenwoordigingsraad. Dit fokus op die redes vir die Soweto
Opstand.
“Ons het die volste reg om op te staan, en die hele stelsel van apartheid te
verwerp. Ons kan dit nie aanvaar soos ons vaders nie. Ons is nie afskrifte van
ons vaders nie. Waar hulle misluk het, sal ons daarin slaag. Die foute wat hulle
gemaak het, sal nooit herhaal word nie. Hulle het die stryd opgeneem tot waar
hulle kon. Ons is baie dankbaarheid aan hulle verskuldig. Maar nou is die stryd
ons sin. Die bal van bevryding is in ons hande. Die swart studente sal opstaan,
vreesloos en wapens opneem teen ʼn politieke stelsel … Ons sal opstaan en ʼn
politieke ideologie vernietig wat ontwerp is om ons in ʼn ewige toestand van
onderdrukking en onderdanigheid te hou.”
[Uit: Making History deur J Pape et al]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 3
BRON 1C
Hierdie bron verduidelik die hoofredes vir die Soweto Opstand.
Die aangeleentheid wat massiewe ontevredenheid veroorsaak het en dit laat
oorloop het in die 1976 opstand was ʼn bevel wat deur die Bantoe Onderwys
Departement uitgereik was. Die adjunk-minister, Andries Treurnicht, het
instruksies na skoolrade, inspekteurs en prinsipale gestuur dat Afrikaans op ʼn
gelyke basis met Engels geplaas moet word, en dat dit as medium van onderrig in
alle skole gebruik moes word. Hierdie instruksie het onmiddellik negatiewe
reaksie uit verskeie oorde van die gemeenskap ontlont. Die eerste organisasie
wat hierop gereageer het was die Tswana Skoolraad, wat bestaan het uit
skoolrade van Meadowlands, Dobsonville en ander gebiede in Soweto. Die
notule van die vergadering van die Tswana Skoolraad, gehou op 20 Januarie
1976 het soos volg gelees:
“Die kring-inspekteur het die raad vertel dat die Sekretaris van Bantoe Onderwys
verklaar het dat alle direkte belasting wat deur die swart bevolking van Suid-
Afrika betaal word, na die verskillende tuislande vir opvoedkundige doeleindes
gestuur word. In stedelike gebiede word die opvoeding van ʼn swart kind deur die
blanke bevolking betaal, wat Engels- en Afrikaans-sprekende groepe is. Daarom
het die Sekretaris van Bantoe Onderwys ʼn verantwoordelikheid om die Engels- en
Afrikaans-sprekende mense tevrede te stel. Gevolglik, as die enigste manier om
beide groepe te bevredig, sal die medium van onderrig in alle skole op ʼn 50–50
basis geskied … In die toekoms, as ʼn skool onderrig in ʼn medium wat nie deur die
departement vir ʼn sekere vak voorgeskryf word nie, sal eksamenvraestelle slegs
in die medium, met geen ander keuse van die ander taal opgestel word.”
[Uit: http//www.sahistory.org.za/pages/governance-projects/black consciousness/biko-frameset.hmt.
Toegang op August 2014 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2015)
BRON 1D
Die foto wys studente van Soweto wat aan ʼn optog op 16 Junie 1976 deelneem.
[Uit: Soweto ’76 deur KA Hlongwana et al]
BRON 1E
Hierdie uittreksel fokus op die reaksie deur die verbande ANC op die Soweto
Opstand. Dit het verskyn in ʼn ondergrondse ANC nuusbrief, ‘Vukani – Awake’, in
Julie 1976.
“Ons jeug het verstaan dat hul protes deur massiewe polisie geweld ontmoet sou
word, maar hulle was nie geïntimideer nie. Hulle het ʼn groot politieke oorwinning
behaal – die Voster regering was verplig om die gebruik van Afrikaans in skole te
laat vaar. Meer belangrik, hulle het die mag van die mense getoon en bewys dat
massa-protes ʼn belangrike deel van die bevrydingsstryd bly.”
[Uit: In Search of History deur J Bottaro et al]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 5
VRAAG 2: HET SLAGOFFERS VAN MENSEREGTE SKENDINGS
AFSLUITING DEUR DIE PROSES VAN DIE WAARHEIDS-EN-
VERSOENINGSKOMMMISSIE (WVK) GEVIND?
BRON 2A
Hierdie bron is ʼn plakkaat wat ontwikkel was deur die Waarheids-en-
Versoeningskommissie in 1995. Dit was ʼn uitnodiging aan beide slagoffers en
oortreders om voor die WVK te verskyn.
[Uit: Via Afrika History deur S Grove et al]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2015)
BRON 2B
Hierdie bron fokus oor die toestaan van amnestie aan Jeffery Benzien, deur die
WVK op 17 February 1999.
Voormalige senior lid van die SAP anti-terroriste eenheid, Jeffery Theodore
Benzien was vandag amnestie deur die amnestie-komitee van die WVK
toegestaan vir die moord op bekende ANC, Kaapstad aktivis, Ashley Kriel, wie
voor sy huis in Athlone op die 15 Julie 1987 doodgeskiet was. Hy was ook
amnestie gegee vir die gebruik van sy ‘gunsteling’ martelingsmetode, bekend as
die ‘nat sak metode,’ gedurende die marteling en ondervraging van ʼn aantal
politieke aktiviste, insluitende vooraanstaande ANC, LP, Tony Yengeni. Benzien
het gespog tydens sy verhoor dat sy metode so effektief was dat hy altyd binne
dertig minute die verwagte resultate gekry het. Hy het ook amnestie verkry vir
die marteling van Peter Jacobs op wie hy sy ‘nat sak’-metode en elektriese
skokke aanhoudend vir meer as 3 uur tydens ondervraging gebruik het. Hy het
ook amnestie gekry vir die marteling en aanranding van ander aktiviste soos
Ashley Forbes, Bongani Jonas, Nico Pedro en Gary Kruser.
[Uit: www.justice.gov.za/trc/n. Toegang op August 2014 verkry.]
BRON 2C
Hierdie foto was in Kaapstad geneem en wys mense wat teen die toestaan van
amnestie aan Jeffery Benzien deur die WVK protesteer.
[Uit: ORYX Media Archives/ Gallo images/ Getty images]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 7
BRON 2D
Die volgende uittreksel deur Judith Lewis Herman (Amerikaanse psigiater,
navorser, onderwyser en skrywer wat gefokus het op die ontdekking van beter
maniere tot interaksie vir die slagoffers van misdade met wat sy as ʼn
‘opponerende’ sisteem van misdaad en vonnis in die VSA beskou het, beskryf die
suksesse van die Waarheids-en-Versoeningskommissie.
Onder die leierskap van sy voorsitter, aartsbiskop Desmond Tutu, het die WVK as
sy missie gekies om die wydste moontlike deelname te verkry. Anders as ander
waarheidskommissies in talle ander lande, wat agter geslote deure vergader het,
het die WVK na mense uitgereik. Kommissarisse het dwarsdeur die land gereis
en meer as 50 openbare verhore gehou en verklarings van meer as 20 000
oorlewendes van politieke geweld afgeneem. Die verhore is daagliks oor die radio
uitgesaai en hoogtepunte is weekliks oor die nasionale televisie gebeeldsaai …
Die resultaat was ongekend. Nie alleen het slagoffers in groot getalle getuig nie,
maar, in die aangesig van die omvang van die akkumulerende bewyse, het talle
misdadigers ook hulle stilswye verbreek. Die amnestie-komitee het oorspronklik
verwag om ongeveer 200 aansoeke te ontvang. Teen die tyd wat die afsnydatum
bereik is, het hulle reeds oor die 7 000 aansoeke ontvang. Gedetailleerde inligting
wat van die misdadigers ontvang is, het die WVK in staat gestel om ʼn
samehangende prentjie te vorm van georganiseerde doodseenhede en om ʼn
aantal berugte, politieke moorde op te los.
[Uit: The American Prospect, Volume 11 deur JL Herman]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 3: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE BELEIDSRIGTINGE VAN DIE
INTERNASIONALE MONETÊRE ORGANISASIES OP
ONTWIKKELENDE LANDE?
BRON 3A
Hierdie uittreksel beskryf die rol van die IMF, Wêreld Bank en WHO in die
globalisasie-proses.
Wat het die Asiatiese finansiële krisis, een miljard mense op die rand van
hongersnood, 2,5 biljoen in internasionale skuld, die agteruitgang van elke
vername ekostelsel op die planeet, en werkplekke wat hongerlone betaal, in
gemeen? Hulle is almal die gevolg van ’n globale ekonomie wat ontwerp is deur
die IMF, die Wêreldbank en die WHO wat omsien na die belange van
transnasionale korporasies ten koste van die belange van alle ander aspekte van
die lewe.
Die IMF, Wêreldbank en WHO werk saam in ʼn ysterdriehoek om die korporatiewe
plan van privatisering, deregulasie en ‘vryhandel’ uit te voer. Alhoewel die
Wêreldbank en IMF oorspronklik gestig was om deel van die Verenigde Nasies te
wees, was hulle nog altyd deur bankiers en ekonome van die Verenigde State en
Europa beheer. Terwyl hulle op die oog af ekonomiese groei, finansiële stabiliteit
en ontwikkeling bevorder, het die Wêreldbank en IMF meer as 60 lande gedwing
om hulle woude, minerale, vissery, landbougrond, arbeidsmag en finansiële
markte aan buitelandse beleggers oop te stel. Hulle ignoreer binnelandse
behoeftes soos voedselsekerheid, universele onderwys en gesondheidsorg, die
behoeftes van plaaslike gemeenskappe en binnelandse ondernemings,
beskerming vir werkers, vroue, gemarginaliseerde mense, en die beperking op
die natuur se vermoë om uitgebuit en besoedel te word.
Lande word gedwing om hulle ekonomieë te herskik om uitvoere te produseer ten
einde die harde valuta te genereer wat benodig word om lenings van
onverantwoordelike leners soos die Wêreldbank en IMF af te betaal. In stede
daarvan om voedsel vir plaaslike verbruik te kweek, voer lande nou luukse
gewasse uit in tye van hongersnood en voedseltekorte. Die beskerming van
inheemse volke, werkers, en die omgewing word opgeoffer om buitelandse
belegging te lok.
[Uit: History for All deur E Brink et al]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 9
BRON 3B
Hierdie bron bestaan uit twee standpunte oor die Wêreldhandelsorganisasie
STANDPUNT 1: DIE VOLGENDE IS ’N UITTREKSEL UIT ’N TOESPRAAK
GELEWER DEUR RENATO RUGGIERO ’N WHO
AMPTENAAR VAN OTTAWA OP 26 OKTOBER 2000.
Die Wêreldhandelsorganisasie en sy voorganger, die AOTH, het ʼn belangrike rol
gespeel in die skepping van ’n meer oop en welvarender wêreld. Sedert die
AOTH in 1948 geskep is, het wêreldhandel 15-voudig tot meer as $7 000 biljoen
(45 biljoen rand) per jaar toegeneem. Hierdie reuse styging in die
lewensstandaard het bykans elkeen toegelaat om die luukshede te geniet wat
voorheen slegs deur ʼn paar geniet was … Selfs in arm lande leef mense langer,
eet hulle beter, het hulle beter toegang tot skoonwater as wat hulle 50 jaar gelede
gehad het …
Die WHO is ʼn kragtige mag vir die voordeel van die wêreld … Mense verlang
globale reëls. Indien die WHO nie bestaan het nie, sou mense gepleit het vir ʼn
plek waar regerings onderhandel het oor reëls wat vryer handel sou bevorder…
Ons lê nie die wet neer nie. Ons handhaaf die oppergesag van die reg. Die
alternatief is die wet van die oerwoud waar mag reg maak sonder dat die klein
outjie ʼn kans kry.
[Uit: http//www/wto.org/English/news – e/spmm 30 – e htm. Toegang 24 Augustus 2014 verkry.]
STANDPUNT 2: HIERDIE UITTREKSEL (SKRYWER ONBEKEND) FOKUS
OP DIE WERK VAN DIE WÊRELDHANDELS-
ORGANISASIE.
Vryhandel werk nie vir die meerderheid in die wêreld nie. Gedurende die mees
onlangse periode van toenemende groei in globale handel en belegging (1960 tot
1998) het ongelykheid beide internasionaal en binne in lande vererger. Die VN
Ontwikkelingsprogram rapporteer dat die rykste 20% van die wêreld se bevolking
gebruik 86% van die wêreld se bronne terwyl die armste 80% slegs 14% verbruik.
Die WHO se reëls het hierdie neiging versnel deur hierdie lande oop te maak vir
buitelandse belegging, en daardeur dit makliker gemaak vir produksie om te gaan
waar die arbeid goedkoper en die meeste uitgebuit word en waar die
omgewingskoste laag is.
Die WHO se beleid het die neerstorting van hewige gesubsidieerde industriële
vervaardigde voedsel in arm lande toegelaat, en hierdeur plaaslike vervaardigde
produksie ondermyn en hongersnood verhoog.
[Uit: http;//www.globalexchange.org/resource/wto/oppose. Toegang op 24 August 2014 verkry.]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) (EC/SEPTEMBER 2015)
BRON 3C
Die spotprent handel oor die gevolge van die Strukturele Aanpassings-
programme (SAP) op ontwikkelende lande.
[Uit: In Search of History deur J Bottaro et al]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V2 (ADDENDUM) 11
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Bottaro, J. et al. 2007. In Search of History (Oxford University Press)
Brink. E. et al. 2007. History for All (Macmillan)
Herman, J.L. 2013. The American Prospect, Volume 11 (Vivlia Publishers)
Hlongwana, K.A. et al. 2006. Soweto ’76 (Macmillan)
Internet bron: http:///wto.org/English/news-e/spmm39- ehtm
Internet bron: http//:hemi.nyu.edu. Toegang Augustus 2014 verkry.
Internet bron: www.justice.gov.za/trc/n. Toegang Augustus 2014 verkry.
Internet bron: http:/www.globalexchange.org/resources/wto/oppose. Toegang
Augustus 2014 verkry.
Morris, M. 2004. Every Step of the way: The journey to Freedom in South Africa
(Ministry of Education)
ORYX Media Archives/ Gallo images/ Getty images: Toegang Augustus 2014
verkry.
Pape, J. et al. 1998. Making History (Heinemann Publishers)
South African History Online: Toegang Augustus 2014 verkry.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject
_hlayiso.com_--9b4b0c56-0d1c-480b-8ab5-b260d75b5222/v1-68278b92259dd5d25a89/card.webp)
Memorandum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2017 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP (Eng)
_hlayiso.com_--eed60833-7a75-4958-a8dd-2cab09ac22e9/v1-97da7a9c61df59efec3c/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP (Afr)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum