Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
SEPTEMBER 2015
GESKIEDENIS V1
PUNTE: 150
TYD: 3 uur
*HISTA1*
Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
Skip to contentAll 2015 papers 





View all





History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP (Afr)
Grade 12 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015 (Afrikaans), 9 pages. Read online or download the free PDF.
History · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2015
- Exam period
- Eastern Cape Mock Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 9
- File size
- 227.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 9
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die
voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is.
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE
OORLOG
VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA
VRAAG 3: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s –
BURGERREGTEBEWEGING
AFDELING B: OPSTELVRAE
VRAAG 4: UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE –
VIËTNAM
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: VERGELYKENDE GEVALLESTUDIE
– DIE KONGO EN TANZANIË
VRAAG 6: BURGERLIKE PROTES VANAF DIE 1950’s TOT DIE 1970’s:
DIE SWARTMAGBEWEGING
2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat
benodig word om brongebaseerde vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM
gevind word.
3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae.
4. Beantwoord DRIE vrae soos volg:
4.1 Ten minste EEN (1) moet ʼn brongebaseerde vraag wees, en ten minste
EEN (1) moet ʼn opstelvraag wees.
4.2 Die DERDE vraag kan ʼn brongebaseerde vraag of ʼn opstelvraag wees.
5. Leerders word aangeraai om nagenoeg ʼn uur op elke vraag te spandeer.
6. In die beantwoording van vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en insig
gebruik.
7. Blote oorskryf van die bronne as antwoorde sal tot nadeel van kandidate wees.
8. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer word met
behulp van dieselfde nommeringstelsel as in die vraestel gebruik word.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V1 3
AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag maar nie meer as TWEE vanuit hierdie afdeling.
Bronmateriaal wat gebruik word om die vrae te beantwoord kan in die ADDENDUM
gekry word.
VRAAG 1: HOE HET DIE BERLYNSE BLOKKADE DIE KOUE OORLOG
SPANNING TUSSEN DIE VSA EN DIE SOWJETUNIE VERSKERP?
Bestudeer bronne 1A, 1B en 1C en beantwoord die volgende vrae.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Omskryf die konsep inperkingsbeleid, in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.1.2 Wat, volgens die bron, het George Marshall omtrent die na-oorlogse
omstandighede in Europa uitgevind? (1 x 2) (2)
1.1.3 Waarom, dink jy, was Truman gewillig om Oos-Europese state met
ekonomiese hulp te ondersteun? (2 x 2) (4)
1.1.4 Volgens die bron, hoe het Stalin op die Marshall-plan gereageer?
(3 x 1) (3)
1.1.5 Verduidelik of Stalin se reaksie teenoor die Marshall-plan geregverdig
was. (2 x 2) (4)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Waarom, volgens die geskrewe bron, was die Berlynse Blokkade as ʼn
belangrike gebeurtenis in die Koue Oorlog beskou? (1 x 2) (2)
1.2.2 Verduidelik waarom Stalin besluit het om die blokkade van Berlyn te
implementeer. (2 x 2) (4)
1.2.3 Lewer kommentaar oor hoe die bewyse in die visuele bron die
inligting in die geskrewe bron met betrekking tot die Berlynse Lugbrug
ondersteun. (2 x 2) (4)
1.2.4 Gee DRIE voorbeelde van bewyse vanuit die geskrewe bron wat
aandui dat die Berlynse Lugbrug suksesvol was. (3 x 1) (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
1.3 Gebruik Bron 1C.
1.3.1 Wat, volgens die geskrewe bron, was die DRIE hoofkwessies waaroor
die wêreld met betrekking tot Berlyn mislei is? (3 x 1) (3)
1.3.2 Verduidelik waarom Kennedy na die Berlynse Muur verwys het as ʼn
oortreding teen die mensdom. (2 x 2) (4)
1.3.3 Verduidelik waarom, volgens Kennedy, die wêreld vir die stad Berlyn
respek het. (1 x 3) (3)
1.4 Lewer kommentaar oor hoe die inligting in Bron 1C die bewyse in Bron 1B
ondersteun met betrekking tot die VSA se ingryping in Duitsland. (2 x 2) (4)
1.5 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde)
waarin jy verduidelik hoe die Berlynse Blokkade die Koue Oorlogspanning
tussen die Verenigde State van Amerika en die Sowjetunie verskerp het. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V1 5
VRAAG 2: WAT WAS DIE IMPAK VAN DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE
OP BEIDE SUID-AFRIKA EN ANGOLA?
Bestudeer bronne 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die volgende vrae.
2.1 Verwys na Bron 2A.
2.1.1 Noem die TWEE gewapende groepe wat, volgens die bron by die Slag
van Cuito Cuanavale, betrokke was. (2 x 1) (2)
2.1.2 Waarom, volgens die bron, was die Suid-Afrikaanse troepe gedwing
om uit Angola te onttrek? (1 x 2) (2)
2.1.3 Waarom was die Slag van Cuito Cuanavale na verwys as ʼn keerpunt
in die Angolese oorlog? Gee TWEE redes. (2 x 1) (2)
2.1.4 Lewer kommentaar oor waarom jy dink sommige lede van die Suid-
Afrikaanse regering die onttrekking uit Angola beskou het as ʼn
“strategiese onttrekking eerder as ʼn nederlaag”. (2 x 2) (4)
2.2 Gebruik Bron 2B.
2.2.1 Waarom, volgens die bron, het Fidel Castro besluit om troepe en
wapens na Angola te stuur? (3 x 1) (3)
2.2.2 Wat was die finale uitslag van die Slag van Cuito Cuanavale
volgens die inligting in die bron? (1 x 2) (2)
2.2.3 Kies VIER stukke bewyse vanuit die bron wat aandui waarom die
Suid-Afrikaanse weermag nie in staat was om die Kubaanse militêre
magte te verslaan nie. (4 x 1) (4)
2.3 Verwys na bronne 2A en 2B. Verduidelik hoe die inligting in hierdie bronne die
siening ondersteun dat die SAW hul magte onttrek het. (2 x 2) (4)
2.4 Bestudeer Bron 2C.
2.4.1 Watter boodskappe word deur die foto oorgedra? (2 x 2) (4)
2.4.2 Verduidelik of die bewyse in die bron as betroubaar beskou kan word
vir ʼn geskiedkundige wat die Slag van Cuito Cuanavale navors. (2 x 2) (4)
2.4.3 Lewer kommentaar oor waarom jy die bron as bevooroordeeld sou
beskou. (1 x 3) (3)
2.5 Verwys na Bron 2D.
2.5.1 Waarom was Amerika se betrokkenheid in die Angolese konflik
blootgestel? (2 x 2) (4)
2.5.2 Die VSA het beweer dat hulle slegs in die Angolese konflik betrokke
geraak het nadat die Kubaanse soldate daar ontplooi was. Verduidelik
of hierdie bewering geldig is. (2 x 2) (4)
2.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde)
waarin jy die impak van die Slag van Cuito Cuanavale op beide Suid-Afrika en
Angola verduidelik. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
VRAAG 3: HOE SUKSESVOL WAS DIE DESEGREGRASIE VAN SKOLE IN
LITTLE ROCK, ARKANSAS, GEDURENDE DIE 1950’s?
Bestudeer bronne 3A, 3B,3C en 3D en beantwoord die volgende vrae.
3.1 Bestudeer Bron 3A.
3.1.1 Wat, volgens die bron, was die betekenisvolheid (belangrikheid) van
die Hooggeregshof se besluit in die Brown v Raad van
Onderwyssaak? (1 x 2) (2)
3.1.2 Verduidelik hoe Orval Faubus op skool desegregrasie gereageer het.
(1 x 2) (2)
3.1.3 Waarom, dink jy, het Faubus besluit om die Hooggeregshof se bevel
van 1957 te verontagsaam? (2 x 2) (4)
3.1.4 Verduidelik tot watter mate President Eisenhower se besluit om
federale troepe na Little Rock te stuur, geregverdig kan word.
Verduidelik jou antwoord. (2 x 2) (4)
3.1.5 Lewer kommentaar op die redes wat Faubus gemotiveer het om alle
hoërskole in 1958 te sluit. (2 x 2) (4)
3.2 Verwys na Bron 3B.
3.2.1 Hoe dink jy sou Afro-Amerikaanse studente, soos uitgebeeld in die
foto, met hul aankoms by Sentraal Hoërskool gevoel het? (2 x 2) (4)
3.2.2 Waarom was die Nasionale Wag by Sentraal Hoërskool in 1957
ontplooi? (1 x 2) (2)
3.3 Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse in Bron 3A met betrekking
tot die aksies van Faubus ondersteun. (2 x 2) (4)
3.4 Bestudeer Bron 3C.
3.4.1 Watter bewyse in die bron suggereer dat die deelnemers in dié
betoging teen rasse-integrasie van skole gekant was?
Gebruik visuele leidrade in die bron om jou antwoord te ondersteun.
(3 x 1) (3)
3.4.2 Lewer kommentaar op die gemoedstoestand van die skare met
betrekking tot die integrasie van skole. (1x 2) (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015) GESKIEDENIS V1 7
3.5 Raadpleeg Bron 3D.
3.5.1 Waarom, volgens die bron, was die Little Rock Nege beskou as
kampioene van skoolintegrasie? (1 x 2) (2)
3.5.2 Watter werk, volgens die bron, doen die Little Rock Nege-stigting?
(2 x 1) (2)
3.5.3 Wat is die kernboodskap van die bron met betrekking tot die Little
Rock Nege-insident? (2 x 2) (4)
3.5.4 Verduidelik die belangrikheid van die Little Rock Nege-insident in die
konteks van die stryd om gelyke onderwys in die 1950’s. (1 x 3) (3)
3.6 Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie
kennis, skryf ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde)
waarin jy verduidelik tot watter mate rasse-integrasie van skole in Little Rock,
Arkansas in die 1950’s suksesvol was. (8)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 GESKIEDENIS V1 (EC/SEPTEMBER 2015)
AFDELING B: OPSTELVRAE
Beantwoord ten minste EEN vraag vanuit hierdie afdeling.
VRAAG 4: DIE KOUE OORLOG
Al die militêre mag en finansiële oorheersing van die VSA kon nie die
vasbeslotenheid van ʼn patriotiese Vietnam in hul stryd tot vryheid en eenheid demp
nie.
Stem jy saam met hierdie stelling? Ondersteun jou antwoord deur na die VSA se
betrokkenheid in die oorlog in Vietnam te verwys. [50]
VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA – TANZANIȄ
Bespreek krities die uitdagings en die suksesse wat post-onafhanklike Tanzanië en
Kongo in die politieke en ekonomiese sfere in die gesig gestaar het. Gebruik
relevante voorbeelde om jou antwoord te ondersteun. [50]
VRAAG 6: BURGERLIKE SAMELEWING PROTES IN DIE VSA, 1950’s TOT
1960’s
“Rewolusies word nooit geveg deur die ander wang te gee nie. Rewolusies is nooit
gebaseer op die beginsel dat jy jou vyand moet liefhê en bid vir diegene wat jou
geniepsig gebruik nie. En rewolusies word nie gevoer deur ‘Ons sal oorkom’ te
sing nie. Rewolusies is gebaseer op bloedvergieting.’’ (Malcolm X, 8 April 1964)
Deur na hierdie stelling te verwys, bespreek die strategieë van die
Swartmagbeweging in hul stryd vir politieke regte vir Afro-Amerikaners in die
1960’s. [50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P1 NSC June 2015 Question Paper (English)

Question paper
History Grade 12 P1 NSC Supplementary 2015 QP (Afr)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Eng)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2020 QP (Sesotho)

Question paper
History Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afr)

Addendum