Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS
SKOOLGEBASEERDE
ASSESSERING
VOORBEELDE – KABV
GRAAD 12
LEERGERGIDS
Skip to contentSBA exemplar 








%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)


View all





History LG ENG AFR
Grade 12 History SBA exemplar (Afrikaans), 44 pages. Read online or get the free PDF download.
Publisher: Learner guide
History · Grade 12 · Afrikaans. SBA exemplar, 44 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- SBA exemplar
- Publisher
- Learner guide
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 44
- File size
- 981.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 44
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS
SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING
VOORBEELDE – KABV
GRAAD 12
LEERDERGIDS
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – iii KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – iv KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
INHOUDSOPGAWE BLADSY
1. Inleiding 3
2. Doelwitte en Doelstellings van Skoolgebaseerde Assessering 3
3. Assesseringstake soos uiteengesit in die KABV 4
4. Riglyne vir Skoolgebaseerde Assessering 5
5. Bibliografie 37
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 1 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 2 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
1. INLEIDING
Assessering is 'n aaneenlopende, beplande proses om inligting oor die prestasie van
leerders te identifiseer, in te samel en te interpreteer, deur die gebruik van
verskillende vorms van assessering. Skoolgebaseerde assessering (SGA) is 'n
doelmatige insameling van leerders se werk wat die verhaal van hulle pogings,
vooruitgang of prestasie in 'n gegewe area vertel. Die gehalte van SGA-take is
integraal tot leerders se voorbereiding vir die finale eksamens.
Hierdie boekie dien as 'n hulpbron met voorbeeld-SGA-take vir leerders wat
Geskiedenis neem. SGA-punte word formeel aangeteken vir die doel van vordering
en sertifisering. Die SGA-komponent is verpligtend vir alle leerders. Leerders wat nie
kan voldoen aan die vereistes soos in die beleid uiteengesit nie, sal nie in
aanmerking kan kom om vir die vak vir die finale Nasionale Senior
Sertifikaateksamen (NSS) in te skryf nie.
Hierdie publikasie bestaan uit verskeie take wat die eise van die graad 12-
Geskiedeniskurrikulum hanteer. Daar word verwag dat hierdie boekie as 'n
waardevolle hulpbron vir graad 12-leerders sal dien. Dit verskaf nuttige inligting wat
jou in jou voorbereiding vir die NSS-eksamens in Geskiedenis sal help.
2. DOELSTELLINGS EN DOELWITTE VAN SKOOLGEBASEERDE
ASSESSERING
Die doel van hierdie hulpbronboekie is om jou te help met jou voorbereiding vir die
graad 12-eksamen vanaf 2014. Dit bevat noodsaaklike inligting oor hoe om te werk
met die voorgeskrewe inhoud soos in die Kurrikulum en Assesserings-
Beleidsverklaring (KABV) vervat.
Die boekie bevat inligting oor hoe om 'n navorsingstaak aan te pak, te werk met
bronne, en om 'n samehangende opstel te skryf. 'n Stap-vir-stap-benadering tot die
onderneem van 'n navorsingsopdrag word gegee. Die navorsingopdrag vorm 'n
belangrike deel van jou SGA-punt vir Geskiedenis. Jy word dus aangemoedig om
hierdie riglyne te gebruik wanneer jy voorberei om jou take vir finale assessering in
te dien. Daarbenewens, word voorbeelde van brongebaseerde vrae en opstelle ook
verskaf. Dit skets duidelik die formaat, styl en denkvlakke van vrae wat van leerders
in hulle SGA-take in graad 12-Geskiedenis verwag word.
Ons doelwit is om leerders te help om sukses te behaal in graad 12-Geskiedenis. Jy
word dus aangemoedig om hierdie hulpbronboekie te gebruik om jou vaardighede in
Geskiedenis te slyp om 'n goeie punt te behaal.
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 3 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
3. ASSESSERINGSTAKE SOOS UITEENGESIT IN DIE KABV
Die finale graad 12-punt word bereken uit die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamen
(NSS) wat leerders skryf (uit 300 punte) en skoolgebaseerde assessering (uit
100 punte). Die kurrikulumbeleidsdokument bepaal SEWE formele take wat
skoolgebaseerde assessering in Geskiedenis uitmaak. Die tabel hieronder sit die
assesseringsprogram uiteen wat in jou graad 12-jaar voltooi moet word.
Kwartaal 1 Kwartaal 2 Kwartaal 3 Kwartaal 4
3 take 2 take 2 take
• Brongebaseerde • Opsteltaak (of • Gestandaardis
taak (of opstel; bron-gebaseerde eer-de toets,
leerders moet een taak; leerders moet wat 'n
van elk doen) een van elk doen). brongebaseerd
e afdeling en
• Navorsingstaak • Halfjaareksamen 'n opstel insluit
(kan ook in die (2 vraestelle van (verkieslik
tweede kwartaal 2½ uur) moet albei
gedoen word) (2 onderwerpe van afdelings
elke vraestel moet gelyktydig • Finale
• Gestandaardiseerd teen Junie gedek getoets word). eksterne
e toets wat 'n wees; vier vrae eksamen
brongebaseerde moet in elke • September-
afdeling en 'n vraestel gestel eksamen
opstel insluit. word: 2 opstelle en (2 vraestelle).
(Verkieslik moet 2 brongebaseerde
albei afdelings vrae; leerders
terselfdertyd moet 2 vrae
getoets word.) beantwoord, 1
opstel en 1 bron-
gebaseerde vraag
in elke vraestel.
25% van totale jaarpunt = 100 punte 75% van
totale
jaarpunt = 300
punte
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 4 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
4. RIGLYNE VIR SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING
4.1 NAVORSINGSWERKOPDRAG: GRAAD 12
Om te verseker dat daar aan die vereistes van SGA in Geskiedenis voldoen word,
word 'n voorbeeld van hoe om navorsing te onderneem hieronder verskaf.
Inleiding
Die navorsingswerkopdrag in graad 12 dra 20% van die totale skoolgebaseerde
assessering (SGA) by. Dit is dus noodsaaklik dat dit 'n betekenisvolle stuk werk moet
wees. Hierdie werkopdrag bied aan leerders die geleentheid om hulle vaardighede,
kennis en begrip van Geskiedenis wat hulle tydens die VOO-fase opgedoen het, te
demonstreer.
Die navorsingswerkopdrag kan oor enige deel van die graad 12-kurrikulum geskryf
word. Daar is egter twee afdelings van die kurrikulum wat nie formeel in die finale
graad 12-eksamen geëksamineer word nie. Dit is:
• 'n Oorsig van burgerlike protesoptrede
• Onthou die verlede: Gedenktekens.
Daar word aanbeveel dat een van hierdie onderwerpe as 'n navorsingsprojek
ondersoek word.
Punte wat oorweeg moet word wanneer 'n navorsingswerkopdrag beplan
word:
• Die keuse van 'n navorsingsonderwerp moet die konteks van jou skool en die
beskikbare bronne waartoe leerlinge toegang het in ag neem.
• Hierdie werkopdrag gee aan leerders 'n geleentheid om met 'n proses van
historiese ondersoek te begin. Die uitvoer van oorspronklike navorsing verg die
versameling, organisering en evaluering van inligting, en die konstruksie van
kennis.
• Duidelike, geskrewe instruksies met vervaldatums en die assesseringskriteria
moet aan die begin van die skooljaar aan leerders gegee word om voldoende tyd
vir die voorbereiding en die afhandeling van die werkopdrag toe te laat.
• Die vordering van leerders met betrekking tot die navorsingswerkopdrag moet op
'n deurlopende basis gemoniteer word.
• Dit is noodsaaklik dat leerders oorspronklike werk moet indien. Om die
moontlikheid van plagiaat te beperk, moet die sleutelvraag of
navorsingsonderwerp elke jaar verander word.
Daar word van leerders verwag om die volgende vereistes na te kom in hulle
navorsingswerkopdrag:
• Ontleed en beantwoord die sleutelvraag.
• Identifiseer 'n verskeidenheid geskikte bronmateriaal om te help om die
sleutelvraag te beantwoord.
• Selekteer toepaslike voorbeelde uit die bronmateriaal wat gebruik kan word om
die argument te staaf.
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 5 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
• Organiseer die toepaslike inligting om 'n samehangende en logiese antwoord op
die sleutelvraag te skryf.
• Skryf 'n oorspronklike stuk werk, met gebruik van jou eie woorde.
• Kontekstualiseer alle bronne korrek, met inbegrip van illustrasies en kaarte wat
ingesluit is.
• Besin oor die proses van navorsing en oorweeg wat geleer is.
• Sluit 'n bibliografie in van al die bronne wat tydens die navorsing raadgepleeg is
en skryf van die werkopdrag.
Voorstelle vir wat met die navorsingswerkopdragte gedoen kan word wanneer
dit voltooi is:
• Die navorsingsopdragte kan by die skool, gemeenskapsaal of plaaslike biblioteek
uitgestal word. Dit is baie belangrik dat die leerders se werk uitgestal word. Dit
gee leerders 'n doelwit om na te streef, en wys hulle dat hulle idees en harde
werk van waarde is vir hulle skool en gemeenskap.
• Leerders kan 'n mondelinge aanbieding van hulle navorsingsprojekte vir die klas,
graad, skool of plaaslike gemeenskap doen. Dit gee leerders die geleentheid om
oor hulle navorsing te praat en hulle 'nuutgevonde' kennis te deel.
• Organiseer 'n klasdebat oor die sleutelvraag.
• Hou 'n Geskiedenisaand waartydens leerders 'n geleentheid gegee word om
hulle werk vir vriende, familie en lede van die gemeenskap aan te bied. Dit is
verder 'n ideale platform om die werk van die skool se Geskiedenisdepartement
uit te stal in 'n poging om die vak Geskiedenis op VOO-vlak te bevorder.
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 6 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
TABEL WAT WYS HOE OM NAVORSING TE STRUKTUREER EN UIT TE VOER
SLEUTELVRAAG: Hoe was die rol wat vroue in die stryd teen apartheid gespeel het anders as die rol wat deur mans
gespeel is?
STRUKTUUR VAN
'N NAVORSINGS- VOORSTELLE OOR HOE OM NAVORSING UIT TE VOER
WERKOPDRAG
Wenk 1: ü Ontleed die sleutelvraag en maak seker dat jy volledig verstaan wat gevra word.
Voordat jy met jou ü In hierdie geval moet jy besluit of vroue wel 'n verskillende rol gespeel het as mans in die
navorsing begin stryd teen apartheid, of nie.
ü Dit is aanvaarbaar om te argumenteer dat in sommige gevalle vroue 'n ander rol as mans
gespeel het in die stryd teen apartheid, terwyl in ander gevalle hulle soortgelyke rolle gespeel
het.
Voorblad ü Gebruik die 'Voorblad vir 'n Navorsingswerkopdrag' en 'Moniteringslys'. [Aanhangsel A, bl. 9
en Aanhangsel B, bl. 10]
Inleiding ü Verduidelik die benadering wat in jou navorsingswerkopdrag gevolg word.
(Skryf ongeveer ½–1 bladsy) ü Dui op die lyn van die argument wat geneem word om die sleutelvraag te beantwoord.
Agtergrond ü Verduidelik die historiese konteks van die vraag.
ü
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE –
(Skryf ongeveer 1–2 bladsye) Gee agtergrondinligting oor die beleid van apartheid, en hoe dit tot in die 1980's
geïmplementeer is.
7 ü Gebruik die inligting uit jou graad 11- en graad 12-handboeke om jou te help met die skryf van
hierdie gedeelte van die werkopdrag.
Wenk 2: ü Maak seker dat jy 'n plan het sodat jy jou tyd effektief benut om aan jou spertye te voldoen.
Gedurende die ü Verwys na die lys van bronne wat gebruik kan word. [Aanhangsel C, bl. 11]
navorsingsproses ü Hou die sleutelvraag ten alle tye in gedagte. Bly jouself afvra of die inligting wat jy versamel
relevant tot die vraag is.
Downloaded from hlayiso.com
ü Gebruik die meester/patroon om jou te help om die neerskryf van jou notas te struktureer.
[Aanhangsel D, bl.14]
KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Liggaam van die opstel ü In hierdie afdeling moet jy jou argument aanbied en motiveer.
(Skryf ongeveer 2–3 bladsye) ü Soek bewyse in jou leeswerk wat gebruik kan word om jou argument te motiveer wanneer jy die
sleutelvraag beantwoord.
ü Onthou dat die stryd teen apartheid verskillende vorms aangeneem het. Jy kan byvoorbeeld die rol
wat vroue gespeel het in enige van die volgende bespreek:
- Polities: Jy kan vroue se lidmaatskap aan politieke organisasies (bv. ANC Vroueliga of die Black
Sash) bespreek, en hulle betrokkenheid by veldtogte wat probeer het om 'n einde aan apartheid
te maak (bv. 1956 Vroue se antipasveldtog). Jy kan die impak wat apartheidsbeleid, soos die
Groepsgebiedewet, op vroue gehad het, ondersoek (bv. Vroue wat met geweld uit Crossroads in
Kaapstad verwyder is en na die Transkei en Ciskei geneem is).
- Ekonomies: Jy kan die werk bespreek wat vroue gedoen het, en hoe hulle geleenthede beperk
was onder apartheid (bv. Vroue se ondervindings as huishulpe, die rol wat vroue in die
vakbondbeweging gespeel het; of die swaarkry en armoede wat vroue in die Bantoestans
ondervind het.)
Gevolgtrekking ü In hierdie paragraaf moet die deurlopende argument wat in die liggaam van jou
(Skryf ongeveer ½–1 bladsy) navorsingswerkopdrag ontwikkel is, opgesom word.
Besinning ü In hierdie afdeling moet jy bespreek wat jy uit hierdie navorsingswerkopdrag geleer het.
(skryf ongeveer ½–1 bladsy) ü Verduidelik watter insigte, vaardighede en kennis jy bekom het terwyl jy hierdie navorsing gedoen
het.
Bibliografie ü Noem AL die hulpbronne wat jy tydens die voorbereiding van jou navorsingswerkopdrag gebruik het.
ü 'n Voorbeeld van hoe om 'n bibliografie in die regte formaat op te stel is ingesluit. [Aanhangsel E,
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 8
bl.15].
Wenk 3: ü Kyk dat jy aan die volgende vereistes voldoen het:
Voordat jy jou o Voorblad
navorsingswerkopdrag o Inleiding
indien o Agtergrond
o Bewyse
o Gevolgtrekking
Downloaded from hlayiso.com
o Besinning
o Bibliografie
ü Proeflees jou werk deeglik om te kyk na samehangendheid, spelling en taalfoute.
KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
AANHANGSEL A: VOORBEELD VAN 'N VOORBLAD VIR 'N
NAVORSINGS-WERKOPDRAG:
GRAAD 12-NAVORSINGSWERKOPDRAG: GESKIEDENIS
NAAM VAN SKOOL
NAAM VAN LEERDER
ONDERWERP
NAVORSINGSONDERWERP
SLEUTELVRAAG
VERKLARING VAN EGTHEID:
Ek verklaar hiermee dat ALLE skryfwerk wat in hierdie navorsingswerkopdrag
voorkom, my eie oorspronklike werk is, en dat waar ek enige bronne gebruik
het, ek dit dienooreenkomstig erken het.
LEERDER SE HANDTEKENING: _______________________________________
DATUM: ___________________________________________________________
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 9 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
AANHANGSEL B: 'N VOORBEELD VAN 'N MONITERINGSLYS
DATUM AKTIWITEIT OPMERKING
Januarie Aanvang Leerders word die instruksies,
riglyne en sleutelvraag vir die
navorsingswerksopdrag gegee.
Maart 1ste KONSEP:
Leerders moet bewys dat hulle
die onderwerp ontleed het en die
fokus van die sleutelvraag
verstaan het.
'n Voorlopige bibliografie moet
voorgelê word.
April 2de KONSEP:
Leerders moet bewys dat
hulle hul navorsingswerkopdrag
beplan het.
Navorsingsaantekeninge uit die
bronne geraadpleeg, moet
beskikbaar wees.
'n Oorsig van die hoofargument
moet voorgelê word.
Mei Finale kopie moet ingedien word
Julie Terugvoering
Onderwyser se naam:_______________________
SKOOLSTEMPEL
Onderwyser se handtekening:________________
Leerder se handtekening:____________________
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 10 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
AANHANGSEL C: LYS VAN VOORGESTELDE BRONNE MET 'N OORSIG
(IN SKUINSDRUK)
BOEKE:
Berger, I., Threads of solidarity. Women in South African industry, (Indiana
University Press, 1991).
Hierdie boek verskaf besonderhede van vroue se veranderende plek in formele en
tydelike werk. Dit ondersoek die verhouding tussen vroue oor kleurlyne heen as
werkers en lede van vakbonde.
Bernstein, H., For their triumphs and for their tears. Women in Apartheid South
Africa. (IDAF, 1985).
Hierdie boekie gee heelwat nuttige inligting oor hoe vroue gelewe, gewerk, gestry en
oorleef het in apartheid-Suid-Afrika.
Bozzoli, B. met Nkotsoe, M., Women of Phokeng (Ravan Press, 1991).
Hierdie boek volg die lewensgeskiedenis en ervarings van 22 swart vroue van die
klein dorpie van Phokeng.
Cock, J., Colonels and cadres. War and gender in South Africa, (OUP, 1991).
Hierdie boek bevat onderhoude met vroue wat in beide die SAW en MK gedien het,
en ontleed hulle ondervindings.
Cock, J., Maids and madams. A study in the politics of exploitation, (Ravan Press,
1989).
'n Ondersoek na die ondervindings van vrouehuishulpe gedurende apartheid.
Du Preez Bezdrob, A.M. Winnie Mandela: a life. (Paarl: Paarl Printers, 2003).
Gordon, S., A talent for tomorrow. Life stories of South African servants (Ravan
Press, 1985).
Die boek bevat die lewensverhale van 23 mense, waarvan die meeste vroue was,
wat tydens apartheid as huiswerkers gewerk het.
Human, M.; Mutloatse, M. & Masiza, J. The Women's Freedom March of 1956. (Pan
McMillan Pty Ltd, 2006).
Luthuli, A., Let my people go, The autobiography of Albert Luthuli. (Paarl Printers,
2006).
Mashinini, E., Strikes have followed me all my life (The Women's Press, 1989).
Die outobiografie van Emma Mashinini wat sekretaris was van een van Suid-Afrika
se grootste swart vakbonde, die CCAWUSA (die Winkel- en Verspreidingswerkers-
unie).
Naidoo, P., Footprints in Grey Street. (Ocean Jetty Publishing, 2002).
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 11 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Platzky, L. & Walker, C. The surplus people. Forced removal in South Africa (Ravan
Press, 1985).
Die skepping van rasverdeelde gebiede was die hoeksteen van die apartheidsbeleid.
Die meeste mense wat met geweld verskuif is om hierdie kunsmatige apartheid te
skep, was vroue en kinders. Hierdie boek dokumenteer hulle ondervindings en hulle
stryd om te oorleef.
Vahed, G. & Waetjen,T., Gender modernity and Indian delights. The Women's
Cultural Group of Durban 1954-2010 (HSRC, 2010).
Deels sosiale geskiedenis, deels biografie, toon hierdie boek hoe die vroue in die
Durban Cultural Group 'n identiteit vir hulself geskep het in die konteks van
apartheid.
Walker, C., Women and gender in Southern Africa to 1945. (New Africa Books,
1990).
Gee waardevolle agtergrondinligting oor die ervarings van vroue in Suid-Afrika. Dit
dek die tafel vir 'n bespreking van die 1950's–1970's.
Walker, C., Women and resistance in South Africa. (Onyx Press, 1991).
Hierdie bly die mees gedetailleerde historiese verslag van vroue se weerstand
gedurende apartheid. Walker het hoofstukke oor die Federasie van Suid-Afrikaanse
vroue, Antipasprotesoptrede, die Women's Charter van 1954, onder andere.
South African History Online, 'For freedom and equality', celebrating women in South
African history (DBE, geen datum).
Hierdie boekie bevat inligting oor vroue se betrokkenheid in die bevrydingstryd. Daar
is 'n aantal biografiese profiele van groot Suid-Afrikaanse vroue. Dit kan afgelaai
word van die Suid-Afrikaanse Geskiedenis aanlyn-webtuiste by:
http://www.sahistory.org.za/aids-resources/freedom-and-equality-celebrating-
women-south-african-history-booklet.
Malibongwe Igama Lamakhosikama. Praise be to Women. Remembering the role of
women in South Africa through dialogue (Nelson Mandela Foundation, 2007).
Die teks in hierdie boekie is die geredigeerde weergawe van die Malibingwe-Dialoog
wat plaasgevind het op 30 Mei 2007 by die Nelson Mandela Stigting.
Dit kan afgelaai word van die volgende webtuiste:
http://www.nelsonmandela.org/uploads/files/Malibongwe_WEB.pdf
WEBTUISTES:
www.blacksash.org.za
Volle digitale teks van die Black Sash-publikasie, Sash, is beskikbaar van 1960-
1990.
http://www.sahistory.org.za/topic/womens-struggle-1900-1994
Suid-Afrikaanse Geskiedenis Aanlyn. Hierdie webtuiste het 'n wye reeks van inligting
aangaande vroue se stryd in Suid-Afrika 1900-1994.
http://www.anc.org.za/themes.php?t=Women`s%20Struggles
Hierdie webtuiste, deur die ANC in stand gehou, het dokumente met betrekking tot
vroue in die bevrydingstryd.
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 12 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
MONDELINGE ONDERHOUDE
Daar is 'n gesegde in Mosambiek, dat 'Ons ou mense ons biblioteke is'. Indien jy
woon in 'n gebied waar dit moeilik is om toegang tot die Internet te verkry, of daar nie
'n plaaslike biblioteek is nie, onthou dan dat die mense wat in jou gemeenskap woon
'n magdom inligting in hulle geheues is. Jy kan dit ook oorweeg om onderhoude te
voer met vroue en mans in jou gemeenskap, en hulle stories op te teken as bewyse
om jou sleutelvraag te beantwoord.
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 13 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
AANHANGSEL D: VOORBEELD VAN 'N MEESTER VIR DIE NEEM VAN AANTEKENINGE GEDURENDE NAVORSING
VOLLE VERWYSING VAN BRON BEWYSE (Dit kan gebruik word om jou argument te ondersteun)
Bv.: 'Gedurende die 1980's is honderde duisende swart vroue gedwing om te verskuif, en is
South African History Online, For sonder heenkome afgelaai in landelike areas wat Bantoestans of tuislande genoem is.
freedom and equality, celebrating Hierdie gedwonge verskuiwings het hoofsaaklik vroue geaffekteer.' (bl. 23)
women in South African history (DBE, Hierdie uittreksel kan gebruik word as bewys dat vroue se rol in die stryd teen apartheid
geen datum). verskil het van die rolle van mans.
http://www.sahistory.org.za/aids- 'Emma Mashinini, 'n aktiewe vakbondleier in die 1940's, was 'n dryfkrag om die
resources/freedom-and-equality- verskillende vakbonde onder COSATU te verenig.' (bl. 21) Hierdie bewyse kan gebruik
celebrating-women-south-african- word om te toon dat die rol van vroue soortgelyk was aan die rol van mans in die stryd
history-booklet teen apartheid, omdat beide mans en vroue betrokke was by die Vakbondbeweging.
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 14
Downloaded from hlayiso.com
KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
AANHANGSEL E: RIGLYNE OM 'N BIBLIOGRAFIE TE SKRYF
• Vir 'n boek:
Outeur (van, voorletters). Titel van boek (Uitgewers, Datum van publikasie).
Voorbeeld:
Dahl, R. The BFG. (Farrar, Straus & Giroux, 1982).
• Vir 'n ensiklopedie:
Titel van ensiklopedie, Datum van uitgawe. Volume Nommer, 'Titel van artikel',
bladsy nommers.
Voorbeeld:
Encyclopaedia Britannica. 1997. Volume 7, 'Gorillas', pp 50-51.
• Vir 'n tydskrif:
Outeur (van eerste), 'Titel van artikel'. Naam van tydskrif. Volume nommer, (Datum):
bladsy nommers.
Voorbeeld:
Jordan, Jennifer, 'Filming at the top of the World'. Museum of Science Magazine.
Volume 47, No 1, (Winter 1998): bl. 11.
• Vir 'n koerant:
Outeur (van eerste), 'Titel van artikel'. Naam van koerant. Stad, staat van publikasie.
(Datum): uitgawe indien beskikbaar, seksie, bladsynommer(s).
Voorbeeld:
Powers, Ann, 'New Tune for the Material Girl'. The New York Times. New York, NY.
(3/1/98): Atlantic Streek, Seksie 2, bl. 34.
• Vir 'n persoon:
Volle naam (van eerste). Beroep, datum van onderhoud.
Voorbeeld:
Smeckleburg, Sweets. Busbestuurder. 1 April 1996.
• Vir 'n film:
Titel, Regisseur, Verspreider, Jaar.
Voorbeeld:
Braveheart, Regisseur Mel Gibson, Icon Productions, 1995.
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 15 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
4.2 BRONGEBASEERDE VRAE
VRAAG 1
WAAROM HET SUID-AFRIKA IN DIE 1980's BY DIE BURGEROORLOG IN
ANGOLA BETROKKE GERAAK?
BRON 1A
Die volgende uittreksel is deur Joseph Hanlon, 'n joernalis, in die middel-1980's
geskryf. Dit beskryf waarom Suid-Afrika by die Angolese burgeroorlog betrokke
geraak het, en uiteindelik besluit het om terug te trek.
Suid-Afrika se aggressie teen Angola is op 'n groter skaal as teen enige ander land
in suidelike Afrika. Dit het nie net die effektiefste opposisiebeweging in die streek
herbou en ondersteun nie, die Nasionale Unie vir die Algehele Onafhanklikheid van
Angola (UNITA) nie, maar Angola is ook die enigste land waar die Suid-Afrikaanse
Weermag (SAW) besig is om 'n konvensionele oorlog te voer … Ekonomiese
aanlegte is spesiale teikens vir beide UNITA en die SAW. Olie is Angola se
belangrikste bron van inkomste, dus is olie-aanlegte herhaaldelik aangeval. Die
Benguela-spoorlyn wat Zambië bedien, is sedert 1980 afgesny; plaaslike hawe- en
spoorwegaanlegte is dikwels aangeval. Damme, brûe, kragdrade, die ysterertsmyne,
fabrieke, ensovoorts, is almal getref … Die Angolese ekonomie is dus verpletter deur
'n dekade van oorlog …
Angola is ongetwyfeld 'n bedreiging vir apartheid. Dit is polities gevaarlik omdat
dit veelrassig en Marxisties is; indien Angola toegelaat sou word om sukses
te behaal, sou dit die ideologiese fondasies van apartheidskapitalisme in Suid-Afrika
vernietig. Dit is ook 'n bedreiging vir veiligheid. Angola laat openlik ANC-
opleidingskampe toe. En Angola grens aan die kontinent se laaste oorblywende
kolonie, Namibië, en ondersteun die South West African People's Organisation
(SWAPO) bevrydingsbeweging …
Die Suid-Afrikaners het begin om voorrade vir UNITA te stuur, en opleidingskampe
vir UNITA op te rig. Uiteindelik, op 16 Oktober 1975, het die Suid-Afrikaanse
Weermag Angola ingeval … Teen 15 November was die Suid-Afrikaanse weermag
700 km noord en slegs 200 km van die hoofstad af … In Desember het nog twee
Suid-Afrikaanse gepantserde kolomme Angola binnegeval … Waar die Suid-
Afrikaanse magte ookal 'n dorp verower het, het UNITA inbeweeg om plaaslike
administrasie in te stel.
… Onder hierdie omstandighede het die MPLA die Oosblok om hulp gevra. Kuba en
die Sowjetunie was nie bereid om toe te laat dat die VSA en Suid-Afrika die MPLA
oorwin nie, en hulle het ondersteuning gedurende Januarie en Februarie (1976) laat
invloei.
[Uit: Beggar Your Neighbours: Apartheid Power in Southern Africa deur J Hanlon]
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 16 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
BRON 1B
Die volgende is 'n spotprent deur die Britse spotprenttekenaar, Leslie Gilbert.
Dit beeld die Sowjetunie as Kersvader op sy slee uit, wat geskenke in die vorm van
wapens wat in die burgeroorlog teen UNITA en die FNLA gebruik is, aan die MPLA
uitdeel. Die spotprent het die titel 'Slay Bells'. 'Slay' beteken om dood te maak.
[Internetwebtuiste: http://www.cartoons.ac.uk/search/cartoon_item/angola.
Uit die Britse Spotprentargief, 13 Mei 2013.]
'n GESKENK AAN ANGOLA
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 17 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
BRON 1C
Hierdie is deel van 'n onderhoud wat op 13 Februarie 1976 met die voormalige Suid-
Afrikaanse Eerste Minister, BJ Vorster, deur Clarence Rhodes van UPITN-TV
(United Press International Television News) gevoer is.
Rhodes: President Kaunda van Zambië het die Sowjet en Kubaanse ingryping in
Angola beskryf. Ek dink die aanhaling is ' 'n plunderende (stelende) tier en sy
dodelike welpie'. … Sou u sê dat dit dan 'n groter gevaar inhou as die opkoms van
nog 'n onafhanklike swart Afrika-nasie op die grense van Suid-Afrika?
Eerste Minister Vorster: Ja, want hier het jy nie 'n onafhanklike swart Afrikaland
wat op Suid-Afrika se grense tot stand kom nie. Jy het 'n Kubaanse mag van
duisende – op hierdie stadium beraam op tussen 10 en 13 duisend – wat deelneem
aan 'n burgeroorlog in Suidelike Afrika, en as dit die einde daarvan was, kon mens
maar jou skouers ophaal en sê goed, hulle sal more weer teruggaan. Maar soos ons
die kommuniste ken, en die Kubane ken, is daar niemand wat op hierdie stadium vir
jou kan sê dat hulle huis toe gaan as hulle eers die MPLA in die saal gesit het nie.
Ek dink daar moet aanvaar word dat hulle hier is om te bly, en ek dink daar moet
aanvaar word dat sover as wat hulle Anglo ondermyn (gedestabiliseer) het, of ten
minste, so ver as wat hulle probeer om Angola te ondermyn [deur kommunisme te
versprei] sal hulle probeer om ander Suider-Afrika lande te ondermyn.
Want, maak geen fout nie … wêreldoorheersing was nog altyd en is nog tot vandag
toe, die doelwit van die kommuniste. En ek is een van die wat glo … dat hulle besig
is om vir daardie konvensionele oorlog voor te berei. Kyk maar na hulle
konvensionele wapentuig in vergelyking met dit van die vrye wêreld, van die
Westerse lande … indien hulle die suidelike punt van Afrika kan beheer, het hulle 'n
geweldige voorsprong in enige konvensionele oorlog; afgesien van die grondstowwe
wat hulle van Angola en ander Suid-Afrikaanse lande kan kry, sal hulle die seeroete
om die Kaap beheer, wat die lewenslyn van Europa is.
[Internetwebtuiste: http://www.sahistory.org.za/archive/interview-south-african-prime-minister-mr-b-j-
vorster-mr-clarence-rhodes-upitn-tv-13-february. Toegang op 13 Mei 2013.
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 18 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
BRON 1D
Die volgende is 'n transkripsie van 'n nuusberig wat op 10 Augustus 1982 deur die
Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) uitgesaai is.
Goeienaand. Nog 113 SWAPO-terroriste het gesneuwel in voortgesette
Veiligheidsmagbedrywighede wat op SWAPO-basisse in suidelike Angola gemik is.
Die Eerste Minister en die Minister van Verdediging het die regering se meegevoel
met die families van die vyftien Suid-Afrikaanse lugmaglede en soldate wat
omgekom het, uitgespreek. Hulle sê dat gebeure soos hierdie die mense van Suid-
Afrika geruk het, maar dat hulle getroos kan word deur die feit dat die sterftes in die
stryd om die behoud van beskawing gebeur het. Hulle het hulle lewens opgeoffer vir
die behoud van die norme en waardes van 'n Christengemeenskap. In die moderne
wêreld is die barbaar* wat by die hekke is, die terroris** …
Deur die meegevoel wat aan vriende en familie uitgespreek is, loop 'n algemene
tema: die vyftien het vir 'n saak gesterf … Die Suid-Afrikaanse en Suidwes-
Afrikaanse mense en hulle leiers het vasgestaan teen die barbaarse* aanslag wat
oor hulle grense ingesypel het … SWAPO-basisse op die Angolese grens moet
vernietig word.
[Uit: South Africa: A Different Kind of War deur J Frederikse]
* Barbaar: 'n negatiewe woord wat deur die apartheidsregime gebruik is
om na aktiviste van die bevrydingsbewegings wat in ballingskap
bedrywig was, te verwys.
** Terroris: 'n woord wat deur die apartheidsregime gebruik is om na
vryheidsvegters te verwys.
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 19 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
VRAAG 2
HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
(WVK) MET DIE GENESING VAN ONS VERLEDE?
BRON 2A
Hierdie is 'n foto van die eerste Waarheids-en-Versoeningskommissie-verhoor wat
op 15 April 1996 in Oos-Londen plaasgevind het.
[Internetwebtuiste: http://qu301southafrica.com/tag/recon. Toegang op 3 Mei 2013]
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 20 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
BRON 2B
Die volgende uittreksel fokus op die sluipmoord van anti-apartheidsaktivis en
prokureur, Griffiths Mxenge, op 20 November 1981.
Mnr. Griffiths Mxenge is op 20 November 1981 dood gevind in 'n fietsrystadion by
Umlazi. Drie Vlakplaas-agente, naamlik Kommandeur Dirk Coetzee en askaris
(spioene/verraaiers) Almond Nofemela en David Tshikilange, is aangekla en skuldig
bevind aan die moord. Coetzee, Nofemela en Tshikilange het om amnestie aansoek
gedoen vir die moord op Mxenge.
Nofemela het aan die Kommissie gesê dat die vier mans Mxenge op die aand van
20 November 1981 onderskep (gevang) het op sy pad huis toe van die werk af.
Hulle het om uit sy motor gesleep en hom na die nabygeleë Umlazi-stadion geneem
waar hulle hom geslaan en herhaaldelik met 'n mes gesteek het. Nofemela het aan
die Kommissie gesê dat Mxenge sy aanvallers verwoed teengestaan het totdat hy
met 'n wielsleutel op die kop geslaan is. Hy het op die grond geval en die
messtekery het voortgegaan totdat hy dood was … Hulle het toe sy motor, beursie
en ander besittings geneem om dit na 'n rooftog te laat lyk. Mxenge se voertuig is
later, uitgebrand en verlate, naby die Golela-grenspos tussen Suid-Afrika en
Swaziland gevind.
Coetzee, Nofemela en Tshikilange is op 15 Mei 1997 aan die moord op Mxenge
skuldig bevind. Op versoek van die Kommissie se Amnestiekomitee, is
vonnisoplegging uitgestel tot die Komitee 'n uitspraak op die aansoeke bereik het ...
1.
[Internetwebtuiste: www.justice.gov.za/trc/report/. Toegang op 3 Mei 2013]
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 21 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
BRON 2C
Die volgende verklaring is deur die Amnestiekomitee van die WVK uitgereik.
Dit fokus op die redes vir die toestaan van amnestie aan Dirk Coetzee, Almond
Nofemela en David Tshikilange vir die moord op Griffiths Mxenge.
Die Amnestie-komitee van die Waarheids-en-Versoeningskommissie het vandag
amnestie toegestaan aan Dirk Coetzee, David Tshikalange en Butana Almond
Nofomela vir die moord op die Durbanse prokureur, mnr. Griffiths Mxenge, in
November 1981.
Die Komitee het gesê dat terwyl 'daar nog 'n mate van twyfel bestaan' oor die identiteit
van diegene wat Coetzee opdrag gegee het of beveel het om mnr. Mxenge dood te
maak, was daar geen twyfel daaroor dat Coetzee opgetree het op 'die advies, bevel of
opdrag van een of meer van die senior lede van die Veiligheidstak' van die Suid-
Afrikaanse Polisie nie.
Die Komitee plaas op rekord sy 'sterk afkeur' van die optrede van die polisie vir die
'reël van die sluipmoord van 'n prokureur wat besig was om niks meer as net sy plig te
doen deur voldoende verteenwoordiging te verskaf aan mense wat voor kriminele
aanklagte te staan gekom het nie'.
In sy bevindings het die Komitee gesê: 'Gebaseer op die bewyse voor ons, is ons
tevrede dat geeneen van die Applikante die oorledene, Mxenge, geken het nie, of
enige rede of begeerte gehad het om sy dood te bewerkstellig nie, voordat hulle
opdrag gekry het om dit te doen nie. Ons is tevrede dat hulle gedoen het wat hulle
gedoen het omdat hulle dit as hulle plig beskou het as polisiemanne wat in die stryd
teen die ANC en ander bevrydingsbewegings betrokke was. Dit is, dink ons, duidelik
dat hulle op hulle seniors staatgemaak het om akkuraat en regverdig die vraag
te oorweeg het of die sluipmoord nodig was, en of ander stappe gedoen kon geword
het ...'
Die drie amnestie-applikante is skuldig bevind aan die moord van mnr. Mxenge tydens
'n verhoor in Durban nadat hulle amnestie-aansoek verhoor is. As gevolg van die
toestaan van amnestie, sal dit nie nodig wees dat die hof voortgaan met die vraag van
vonnisoplegging nie.
[Internetwebtuiste: www.info.gov.za/speeches/1997/08050w13297.html. Toegang op 3 Mei 2013]
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 22 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
BRON 2D
Die volgende verslag van die Suid-Afrikaanse Pers-Assosiasie (SAPA) sit die redes
vir die Mxenge-familie se opposisie teen die amnestieproses uiteen.
DURBAN 5 November 1996 — SAPA
MXENGE-FAMILIE STAAN COETZEE SE AMNESTIE-AANSOEK TEEN
Die familie van die menseregteprokureur, Griffiths Mxenge, het Dinsdag gesê dat
die toestaan van amnestie aan die voormalige polisieman, Dirk Coetzee, wat erken
het dat hy opdrag gegee het vir Mxenge se moord, 'n bespotting van geregtigheid
is …
Mxenge se broer, Mhleli, 54, het gesê dat Coetzee en sy medebeskuldigdes nie aan
die kriteria vir amnestie, soos in die Wet op die Bevordering van Nasionale
Versoening vervat is, voldoen nie.
Mxenge het die Kommissie gekap en gesê, 'Wat ons kwaad maak is hierdie
inmenging met die regsproses. Ons het hard geveg om Coetzee aan te kla. Nou
kom die mense vorendag met hierdie … amnestieverhoor.'
In antwoord op Coetzee se verklaring dat hy op daardie tydstip op bevel opgetree
het, het Mxenge gesê: 'Daar is geen bewyse dat die doodmaak van hulle politieke
opponente binne die loop en omvang van hulle pligte as lede van die
veiligheidspolisie geval het nie. Ek is derhalwe, heeltemal gekant teen die toestaan
van amnestie aan Dirk Coetzee, Tshikilange en Almond Nofomela omdat dit 'n
bespotting is ...'
[Internetwebtuiste: www.justice.gov.za/trc/media/1996/9611/s961105h.html. Toegang op 3 Mei 2013]
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 23 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
BRON 2E
Die volgende is deel van 'n onderhoud wat Shaun de Waal, verslaggewer van die
Mail and Guardian, met Mahmood Mamdani gevoer het oor Suid-Afrika se
WVK-proses. Mamdani is 'n Afrika-akademikus en tans direkteur van die Makerere-
Instituut van Maatskaplike Navorsing.
Shaun de Waal: U sê dus dat die WVK die uitvoerende uitbreiding was van die
ooreenkoms wat by Kodesa bereik is, en gehelp het om 'n politieke oplossing te
bereik ...
Mamdani: … Tog het die WVK slagoffers gedefinieer asof apartheid nooit bestaan
het nie – slegs as individue wie se liggaamlike integriteit geskend was. Dit is om
apartheid op dieselfde vlak as enige diktatorskap op enige plek in die wêreld te
plaas. Maar apartheid het die hele samelewing geaffekteer, nie net geïsoleerde
individue nie. Die voorpunt daarvan was wetgewing wat die hele bevolking in
groepe, wat hulle rasse genoem het, gedefinieer het, en toe het dit wetgewing
goedgekeur wat 'n minderheid bemagtig het, en die meerderheid ontmagtig het …
Die WVK het slegs individuele skenders van menseregte hanteer, wat baie eng
verstaan is: sy reg oor jou persoon. Dit het gefokus op persone wat die wet in
hierdie opsig oortree het. Indien dit homself vir die toekoms meer relevant wou
gemaak het, kon die WVK die wit bevolking, in besonder, geleer het om te verstaan
dat alhoewel die meeste van hulle nie oortreders was nie, hulle begunstigdes was.
Maar dan sou dit die kollig moes wegneem van die marteling ensovoorts, en dit
herfokus het op wie daarby gebaat het – waar jy gewoon het, watter skole jy
bygewoon het, vir watter werk jy kon meeding …
Ek het die verhore in Kaapstad waar FW de Klerk gepraat het, bygewoon. Dit was
buitengewoon, want hy het verskoning gevra vir apartheid, en hy het gepraat oor
apartheid in dieselfde terme waarin ek dit beskryf. Maar die WVK het net
belanggestel in, 'Het jy die opdragte gegee in hierdie saak, daardie saak?' ...
[Uit: Mail and Guardian, 3–9 Mei 2013]
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 24 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
VRAAG 3
WATTER IMPAK HET GLOBALISERING OP DIE NUWE WÊRELDORDE
GEHAD?
BRON 3A
Die volgende uittreksel fokus op die verskynsel van globalisering.
Globalisering is die stelsel van interaksie tussen die lande van die wêreld om die
wêreldekonomie te ontwikkel. Globalisering verwys na die integrasie van ekonomieë
en gemeenskappe oor die hele wêreld. Globalisering behels tegnologiese,
ekonomiese, politieke en kulturele uitruiling wat hoofsaaklik deur vooruitgang in
kommunikasie, vervoer en infrastruktuur moontlik gemaak word.
Daar is twee soorte integrasie, negatief en positief. Negatiewe integrasie is die
afbreek van handelsbeperkings of beskermende beperkings, soos tariewe en
kwotas … Die verwydering van beperkings kan vir 'n land voordelig wees indien dit
voorsiening maak vir produkte wat belangrik of noodsaaklik is vir die ekonomie.
Byvoorbeeld, deur beperkings te verwyder, sal die koste van ingevoerde
grondstowwe daal en die verskaffing sal styg, wat dit goedkoper maak om die finale
produkte vir uitvoer te vervaardig (soos elektronika, motoronderdele en klere).
Aan die ander kant is die standaardisering van internasionale ekonomiese wette en
beleid die doelwit van positiewe integrasie. Byvoorbeeld, 'n land wat sy eie
belastingbeleide het, dryf handel met 'n land met sy eie stel tariefbeleide.
Eweneens, het hierdie lande hulle eie tariefbeleide. Met positiewe integrasie (en die
voortdurende groei van die invloed van globalisering), sal hierdie lande daaraan
werk om soortgelyke of identiese beleid oor tariewe te hê …
[Internetwebtuiste: http://hubpages.com/hub/Definition-of-Globalization. Toegang op 3 Mei 2013]
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 25 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
BRON 3B
Die volgende bron is 'n diagrammatiese voorstelling van die verskillende kenmerke
van globalisering.
GLOBALISERING
[Internetwebtuiste: http://globalisation.pen.io. Toegang op 3 Mei 2013]
Vertaling van byskrifte – kloksgewys van bo:
Integrasie van ekonomieë
Gelykheid/Ongelykheid
Kommunikasie
Erkenning
Handel versus Hulp
Uitkontraktering
Handelsname
Uitbuiting
Groei
Armoede
Omgewing
Monopolie-krag
Kapitalisme
Kultuur
Vrye handel
Tegnologie/Die Internet
Krimpende wêreld
Terrorisme
Verantwoordbaarheid
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 26 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
BRON 3C
Die volgende artikel deur die World Economic Forum Survey fokus op hoe mense
van 25 lande globalisering beskou het.
Mense van oor die wêreld heen is meer ten gunste van globalisering,
maar bekommer hulle oor werk, armoede en die omgewing
Die Wêreld Ekonomiese Forum-opname van 25 000 burgers in 25 lande
New York, 1 Februarie 2002
Die grootste openbare meningspeiling ooit oor globalisering, in lande wat saam
67 persent van die wêreld se bevolking verteenwoordig, toon dat mense toenemend
ten gunste is van ekonomiese globalisering, maar hulle het hoë verwagtings oor
sommige gebiede wat moeilik sal wees om te bevredig. Burgers is ook bekommerd
oor wat hulle as die skadelike gevolge van globalisering beskou.
Die navorsing wat in laat 2001 gedoen is as deel van die eerste algehele globale
opname van die wêreld na September 11, het aan die lig gebring dat:
• Die meerderheid mense in die meeste lande waar die opname gedoen is, verwag
dat meer ekonomiese globalisering positief vir hulle en hulle gesinne sal wees.
Regoor die wêreld beskou meer as ses in tien burgers globalisering as voordelig,
terwyl een in vyf dit as negatief beskou.
• Positiewe beskouings oor globalisering het die afgelope jaar gegroei, veral in
Noord-Amerika en Europa.
• Burgers, veral dié in armer lande, het hoë verwagtings dat globalisering voordelig
sal wees op 'n aantal ekonomiese en nie-ekonomiese gebiede.
• Burgers glo egter ook dat globalisering omgewingsprobleme en armoede in die
wêreld sal vererger, en die aantal werkgeleenthede in hulle land sal verminder.
• Veral in G7-lande, glo die meeste burgers nie dat die arm lande soveel by vrye
handel en globalisering as ryk lande sal baat nie. Die teenoorgestelde is egter
waar in lae-BBP-lande.
Die Wêreld Ekonomiese Forum-meningsopname het 25 000 persoonlike of
telefoononderhoude in hoofsaaklik 'Groep van 20'-lande behels, en dit is tussen
Oktober en Desember 2001 gedoen ... Die meerderheid mense in 19 uit 25 lande wat
aan die opname deelgeneem het, verwag dat meer ekonomiese globalisering positief
vir hulle en hulle families sal wees. Terwyl meer as ses in tien burgers wêreldwyd
(62 persent) globalisering as positief beskou ... Die sterkste ondersteuners is in
noord-Europa, Noord-Amerika, en die armer lande in Asië gevind ...
[Internetwebtuiste: www.globescan.com/news_archives/press_inside.htm. Toegang op 3 Mei 2013]
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 27 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
BRON 3D
Die titel van die volgende artikel deur Prabhakar Pillai is 'Die Negatiewe Gevolge van
Globalisering'. Dit fokus op sy sienings oor globalisering.
Om koste te besnoei, het baie ondernemings in ontwikkelde lande hulle
vervaardiging- en witboordjie-werk na 'Derde-wêreld'-lande soos Indië en China,
waar die arbeidskoste laag is, uitgekontrakteer. Die prominentste hiervan is werk in
die kliëntediensveld omdat baie ontwikkelende lande 'n groot Engelssprekende
bevolking het – bereid om te werk teen een-vyfde van wat iemand in die
ontwikkelde wêreld as 'lae besoldiging' sou bestempel …
Daar is verskillende denkrigtings wat argumenteer dat globalisering tot 'n toename
in aktiwiteite soos kinderarbeid en slawerny gelei het. In lande met min of geen
aanspreeklikheid, kan korporasies wat kinders in diens neem sonder probleme werk
deur die beamptes om te koop, wat 'n toename in onwettige aktiwiteite tot gevolg
kan hê …
Globalisering het moontlik terroriste en kriminele onopsetlik (onbewustelik) gehelp.
Midde-in globalisering is die idee dat mense, materiaal, voedsel, ens., toegelaat
word om vrylik oor grense heen te beweeg, maar 9/11 was 'n afgryslike
(verskriklike) herinnering daaraan dat mense met kwade bedoelings dit as 'n
geleentheid kan gebruik en skade veroorsaak.
Dit is nie net die ontwikkelde nasies wat kla oor die negatiewe gevolge nie, mense
in ontwikkelende nasies, waar die meeste van die nywerhede opgestel is, het hulle
eie stel redes teen globalisering. Hulle kla dikwels dat hulle stede tot
stortingsterreine verval het waar al die nywerheidsafval opgegaar word en
besoedelingsvlakke hemelhoog is.
Kitskoskettingwinkels, soos McDonald's en KFC, versprei vinnig in die
ontwikkelende wêreld. Mense eet meer gemorskos, wat 'n nadelige gevolg op hulle
gesondheid het …
Terwyl die rykes ryker word, sukkel die armes om 'n voedsame maaltyd te bekom.
Indien die huidige Beset Wall Street-protesoptogte 'n herinnering is aan hoe
woedend mense oor die huidige stelsel is, dan moet dié wat ons regeer daarvan
kennis neem, en daaraan werk om armoede te verlig (verwyder). Onder Ideale
omstandighede behoort globalisering die skep van rykdom en vooruitgang tot
gevolg gehad het, maar korporatiewe gulsigheid en korrupte regering het verseker
dat die geld nie eweredig versprei word nie.
[Internetwebtuiste: http://www.buzzle.com/articles/negative-effects-of-globalization.html.
Toegang op 3 Mei 2013]
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 28 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
BRON 3E
'n Foto wat aktiviste toon wat in 1999 teen die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) in
Washington protesteer.
[Internetwebtuiste: http://content.lib.washington.edu/wtoweb/images/wto-protest.jpg.
Toegang op 3 Mei 2013]
MARSJEER TEEN WHO
GLOBALE ONGEREGTIGHEID
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 29 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
VRAAG 1
WAAROM HET SUID-AFRIKA BY DIE ANGOLESE BURGEROORLOG
BETROKKE GERAAK?
Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D om die vrae wat volg te beantwoord.
1.1 Verwys na Bron 1A.
1.1.1 Watter organisasie het die apartheidsregering tydens die burgeroorlog
in Angola ondersteun? (1 x 1) (1)
1.1.2 Noem VIER Angolese ekonomiese installasies wat deur die Suid-
Afrikaanse Weermag geteiken is. (4 x 1) (4)
1.1.3 Gebruik die inligting in die bron, en verduidelik DRIE redes waarom die
apartheidsregering deur die MPLA-leierskap in Angola bedreig gevoel
het. (3 x 2) (6)
1.1.4 In die konteks van die Angolese burgeroorlog, verduidelik waarom die
MPLA hulp by Kuba en die USSR gevra het. (1 x 3) (3)
1.2 Bestudeer Bron 1B.
1.2.1 Watter boodskap dra die spotprent oor met betrekking tot die
Sowjetunie se ondersteuning vir die MPLA in Angola? Verduidelik jou
antwoord met gebruik van die visuele leidrade in die spotprent.
(2 x 2) (4)
1.2.2 Verduidelik tot watter mate hierdie spotprent as bevooroordeeld
beskou kan word. (2 x 2) (4)
1.3 Raadpleeg Bron 1C.
1.3.1 Volgens Kaunda, watter TWEE kommunistiese lande het die MPLA
ondersteun? (2 x 1) (2)
1.3.2 Definieer kommunisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
1.3.3 Verduidelik waarom Eerste Minister Vorster nie Angola as ' 'n
onafhanklike swart Afrika-land' beskou het nie. (2 x 2) (4)
1.3.4 Lewer kommentaar op Eerste Minister Vorster se verwysing na die
woord 'kommuniste' in die konteks van die Angolese burgeroorlog.
(1 x 2) (2)
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 30 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
1.4 Gebruik Bron 1D.
1.4.1 Haal TWEE negatiewe woorde aan wat gebruik is om die South West
Africa People's Organisation (SWAPO) in die SABC nuusberig te
beskryf. (2 x 1) (2)
1.4.2 Hoe het die SABC die dood van die 15 SAW-lugmaglede en soldate
wat in Angola gesterf het, geregverdig? (2 x 2) (4)
1.4.3 Verduidelik tot watter mate die inligting in Bron 1D bruikbaar sou wees
vir 'n geskiedkundige wat die gebruik van propaganda tydens Suid-
Afrika se deelname aan die Angolese burgeroorlog wil navors. Gebruik
relevante voorbeelde uit die bron om jou antwoord te motiveer.
(2 x 2) (4)
1.5 Gebruik die inligting in die relevante bronne, en jou eie kennis, om 'n
paragraaf van ongeveer 8 reëls te skryf (ongeveer 80 woorde), om te
verduidelik waarom Suid-Afrika by die Angolese burgeroorlog betrokke geraak
het. (8)
[50]
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 31 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
VRAAG 2
HOE SUKSESVOL WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE
(WVK) OM GENESING TE BRING VIR ONS VERLEDE?
Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die vrae wat volg te beantwoord.
2.1 Bestudeer Bron 2A.
2.1.1 Wanneer en waar het Suid-Afrika se eerste WVK-verhoor plaasgevind?
(2 x 1) (2)
2.1.2 Definieer die konsep versoening in jou eie woorde. (1 x 2) (2)
2.1.3 Verduidelik waarom die WVK gekies het om die slagspreuk, 'Genesing
van ons Verlede' tydens sy verhore te gebruik, soos in die foto getoon
word. (1 x 2) (2)
2.1.4 Lewer kommentaar op waarom jy dink die WVK as 'n belangrike
gebeurtenis In die geskiedenis van Suid-Afrika beskou is. (1 x 3) (3)
2.2 Verwys na Bron 2B.
2.2.1 Noem die DRIE apartheidsagente wat van die moord op Griffiths
Mxenge aangekla is. (3 x 1) (3)
2.2.2 Hoe, volgens Nofemela, is Griffiths Mxenge vermoor? (2 x 2) (4)
2.2.3 Waarom dink jy is die drie apartheidsagente skuldig bevind aan die
moord op Mxenge, maar nie gevonnis nie? Motiveer jou antwoord met
relevante bewyse. (2 x 2) (4)
2.3 Verwys na Bron 2C.
2.3.1 Verduidelik waarom amnestie aan die DRIE apartheidsagente
toegestaan is. (1 x 2) (2)
2.3.2 'Dit sal nie vir die hof nodig wees om voort te gaan met
vonnisoplegging nie.' Waarom, dink jy, is hierdie stelling gemaak?
(1 x 2) (2)
2.4 Verwys na Bron 2B en 2C. Verduidelik tot watter mate 'n geskiedkundige die
inligting in Bron 2B en 2C bruikbaar sou vind wanneer daar oor die toestaan
van amnestie aan dié wat vir die dood van Griffiths Mxenge verantwoordelik
was, geskryf word. (2 x 2) (4)
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 32 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
2.5 Raadpleeg Bron 2D.
2.5.1 Hoe het Griffiths Mxenge se familie op die aansoek vir amnestie deur
die drie apartheidsagente gereageer? (1 x 2) (2)
2.5.2 Verduidelik waarom die Mxenge familie op hierdie manier op die
toestaan van amnestie aan die drie apartheidsagente gereageer het.
(2 x 2) (4)
2.6 Raadpleeg Bron 2E.
2.6.1 Hoe beskou Mamdani die manier waarop die slagoffers van apartheid
deur die WVK hanteer is? (1 x 2) (2)
2.6.2 Mamdani stel voor dat die WVK-proses gebrekkig was. Watter
verandering het hy voorgestel wat die WVK meer suksesvol kon
gemaak het in sy pogings om die verlede te 'genees'? (1 x 2) (2)
2.6.3 Lewer kommentaar op die betekenis van Mamdani se verklaring dat
'Die WVK het slegs belanggestel in 'Het jy die opdragte gegee in
hierdie saak, daardie saak?' ' (2 x 2) (4)
2.7 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf 'n
paragraaf van ongeveer 8 reëls (omtrent 80 woorde), waarin jy verduidelik tot
watter mate die WVK suksesvol was met die genesing van ons verlede. (8)
[50]
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 33 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
VRAAG 3
WATTER IMPAK HET GLOBALISERING OP DIE NUWE WÊRELDORDE
GEHAD?
Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C, 3D en 3E om die vrae wat volg te beantwoord.
3.1 Gebruik Bron 3A.
3.1.1 Definieer die term globalisering in jy eie woorde. (1 x 2) (2)
3.1.2 Haal die TWEE soorte integrasie aan wat in die bron genoem word in
die konteks van globalisering. (2 x 1) (2)
3.1.3 Volgens die inligting in die bron, wat kan die negatiewe effekte daarvan
wees om tariewe op die ekonomieë van ontwikkelende lande wat op
die Afrika-kontinent geleë is te verwyder? (2 x 2) (4)
3.2 Bestudeer Bron 3B.
3.2.1 Deur die inligting in die bron te gebruik, identifiseer DRIE kenmerke
van globalisering. (3 x 1) (3)
3.2.2 Verduidelik of jy dink dat hierdie veranderings (soos in VRAAG 3.2.1
geïdentifiseer) 'n positiewe of 'n negatiewe impak op die verskillende
lande van die wêreld gehad het. Motiveer jou antwoord met relevante
bewyse. (3 x 2) (6)
3.3 Verwys na Bron 3C.
3.3.1 Volgens die inligting in die bron, waarom was 'n toenemende getal
mense ten gunste van ekonomiese globalisering? (1 x 2) (2)
3.3.2 Haal enige TWEE positiewe aspekte aan wat die wêreldwye opname
oor globalisering blootgestel het. (2 x 1) (2)
3.3.3 As 'n geskiedkundige, verduidelik die beperkings van die gebruik van
hierdie bron wanneer die gevolge van globalisering nagevors word.
(1 x 3) (3)
3.4 Raadpleeg Bron 3D.
3.4.1 Identifiseer VIER negatiewe gevolge van globalisering. (4 x 1) (4)
3.4.2 Verduidelik hoe globalisering bygedra het tot die negatiewe gevolge
(soos in VRAAG 3.4.1 geïdentifiseer). Motiveer jou antwoord met 'n
geldige rede. (1 x 2) (2)
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 34 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
3.5 Verwys na Bron 3C en 3D. Verduidelik hoe die inligting in hierdie bronne
bruikbaar sou wees vir 'n geskiedkundige wat globalisering bestudeer.
(2 x 2) (4)
3.6 Verwys na Bron 3E.
3.6.1 Watter TWEE faktore, dink jy, het aktiviste aangemoedig om met
protesaksie te begin? (2 x 1) (2)
3.6.2 Lewer kommentaar op die betekenis van die woorde, 'Globale
ongeregtigheid' soos dit op die banier gewys word, in die konteks van
globalisering. (1 x 2) (2)
3.7 Raadpleeg Bron 3D en Bron 3E en verduidelik hoe die inligting in hierdie
bronne mekaar ondersteun met betrekking tot die negatiewe gevolge van
globalisering. (2 x 2) (4)
3.8 Gebruik die inligting van die relevante bronne en jou eie kennis, en skryf
'n paragraaf van ongeveer 8 reëls (omtrent 80 woorde), om te verduidelik hoe
globalisering vanaf 1989 tot nou 'n nuwe wêreldorde geskep het . (8)
[50]
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 35 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
6. ASSESSERINGSTAKE: OPSTELVRAE
1. ONDERWERP 1: CHINA OF VIËTNAM
VRAAG 1A: CHINA
Bespreek tot watter mate Mao China tussen 1949 en 1976 van 'n onderontwikkelde
land tot 'n supermoondheid getransformeer het. [50]
VRAAG 1B: VIËTNAM
' ... Al die militêre mag van 'n supermoondheid kon die klein nasie van kleinboere nie
verslaan nie.'
Bespreek hierdie verklaring krities in die lig van die Verenigde State van Amerika se
betrokkenheid in Viëtnam tussen 1965 en 1975. Gebruik relevante voorbeelde om
jou antwoord te staaf. [50]
2. ONDERWERP 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA
VRAAG 2A: KONGO EN TANZANIË
Skryf 'n vergelykende opstel oor die politieke suksesse wat behaal is en die
uitdagings wat post-koloniale leiers van beide die Kongo en Tanzanië tussen die
1960's en die 1980's in die gesig gestaar het. [50]
3. ONDERWERP 4: BURGERLIKE WEERSTAND IN SUID-AFRIKA:
1970's TOT 1980's
VRAAG 4A: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's
Verduidelik hoe interne massa burgerlike weerstand en internasionale druk tot die
ondergang (val) van die apartheidsregime in die 1980's bygedra het. [50]
4. ONDERWERP 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE IN SUID-AFRIKA EN DIE
VERWERKING VAN DIE VERLEDE
VRAAG 5A: DIE ONDERHANDELDE SKIKKING EN DIE REGERING VAN
NASIONALE EENHEID
Allister Sparks redeneer dat die onderhandelingsproses 'altyd 'n krisis-gedrewe
proses' was.
Assesseer Allister Sparks se stelling krities met verwysing na die
onderhandelingsproses in Suid-Afrika tussen 1990 en 1994. [50]
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 36 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
5. BIBLIOGRAFIE
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
BOEKE:
Angier, K. (et al), Viva History Grade 12: Learner's Book. (Johannesburg: Vivlia, 2013).
Frederikse, J. South Africa: A different kind of war. (London: James Currey, 1987).
Hanlon, J. Beggar your neighbours: Apartheid power in Southern Africa. (London: James
Currey, 1986).
Pillay, G. (et al), New Generation History Grade 12: Learner's book. (Durban: Interpak
Printers, 2013).
INTERNETWEBTUISTES:
http://www.cartoons.ac.uk/search/cartoon_item/angola.
http://www.sahistory.org.za/archive/interview-south-african-prime-minister-mr-b-j-vorster-
mr-clarence-rhodes-upitn-tv-13-february.
http://qu301southafrica.com/tag/recon.
www.justice.gov.za/trc/report/ .
www.info.gov.za/speeches/1997/08050w13297.html.
www.justice.gov.za/trc/media/1996/9611/s961105h.html.
http://hubpages.com/hub/Definition-of-Globalization.
http://globalisation.pen.io.
www.globescan.com/news_archives/press_inside.htm.
http://www.buzzle.com/articles/negative-effects-of-globalization.html.
http://content.lib.washington.edu/wtoweb/images/wto-protest.jpg.
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 37 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
GESKIEDENIS SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE – 38 KABV GRAAD 12 LEERGERGIDS
Downloaded from hlayiso.com
Downloaded from hlayiso.com
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 History.
- Grade 12 History notes
CAPS revision notes with worked examples.
- History questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 History quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 History past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 SBA exemplars
More History and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Question paper
History Grade 12 Paper 2 NW June 2025 Question Paper (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Addendum (Afrikaans)
Related documents

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Question Paper (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 2024 Addendum (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper
History Grade 12 Paper 2 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 Addendum (Afrikaans)
More from Grade 12 History

Addendum
History Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Addendum

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 Eastern Cape June 2023 Memo (Afrikaans)

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2023 Question Paper (Afr)

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2023 Memo (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 Paper 2 NSC November 2023 Addendum

Question paper