Skip to content

History Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220249 pages

Grade 12 History Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 NOVEMBER 2024 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: DIE KOUE OORLOG: DIE OORSPRONG VAN DIE KOUE OORLOG VRAAG 2: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – ANGOLA VRAAG 3: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE AMERIKAANSE BURGERREGTEBEWEGING AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE SWARTMAGBEWEGING 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om EEN uur per vraag te bestee. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat gebruik moet word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE IS DIE LEWENS VAN BERLYNERS IN 1961 DEUR DIE OPRIGTING VAN DIE BERLYNSE MUUR GEAFFEKTEER? Nov Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Verwys na Bron 1A. 1.1.1 Wanneer, volgens die bron, het die oprigting van die Berlynse Muur begin? (1 x 1) (1) 1.1.2 Gee EEN rede in die bron waarom die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) die Berlynse Muur opgerig het. (1 x 1) (1) 1.1.3 Definieer die konsep kommunisme in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.1.4 Verduidelik waarom jy dink die oorloop (vlug) van mense na die Weste in 1961 uiteindelik die volgende skade berokken het: (a) 'die geloofwaardigheid van die DDR' (1 x 2) (2) (b) 'die arbeidsmag van die DDR' (1 x 2) (2) 1.1.5 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat aandui dat 'die Weste van Berlyn binne een dag heeltemal van die Ooste afgesluit is'. (2 x 1) (2) 1.2 Lees Bron 1B. 1.2.1 Identifiseer DRIE insidente in die bron waarvan Hans Peters om 2.20 vm. (13 Augustus 1961) getuie was, terwyl hy grensdiens in die Franse Sektor van Wes-Berlyn verrig het. (3 x 1) (3) 1.2.2 Lewer kommentaar op die implikasie van die woorde: 'Alle ritte na Berlyn is verby', in die konteks van wat op 13 Augustus 1961 gebeur het. (2 x 2) (4) 1.2.3 Verduidelik waarom 'n historikus hierdie bron as betroubaar sou beskou wanneer 'n beskrywing van wat die oggend van 13 Augustus 1961 gebeur het, nagevors word. (2 x 2) (4) 1.3 Bestudeer Bron 1A en Bron 1B. Verduidelik hoe inligting in Bron 1A die bewyse in Bron 1B ondersteun rakende gebeure wat op 13 Augustus 1961 in Berlyn plaasgevind het. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.4 Gebruik Bron 1C. 1.4.1 Waarom, volgens die bron, was Noffke die aand voor die oprigting van die Berlynse Muur in Wes-Berlyn? (1 x 2) (2) 1.4.2 Verduidelik die konsep kapitalistiese in die konteks van Wes-Berlyn. (1 x 2) (2) 1.4.3 Watter gevolgtrekkings kan gemaak word oor die feit dat Noffke en 'n groep bereid was om 'n tonnel van 200 jaart te grawe om hulle families na die Weste te smokkel? (2 x 2) (4) 1.4.4 Hoe, volgens die bron, was die Oos-Duitse (Stasi) geheime polisie in staat om met die volgende af te reken nadat die tonnelgrawers hulle werk afgehandel het: (a) Noffke (1 x 1) (1) (b) Noffke se kollegas (1 x 1) (1) (c) Noffke se vrou (1 x 1) (1) 1.5 Raadpleeg Bron 1D. 1.5.1 Verduidelik of jy die woorde: 'Die manne is besig om al hoe meer senuagtig ("jumpy") te raak soos wat die Berlynse Krisis verdiep, Kameraad …', as 'n geskikte onderskrif vir die spotprent sou beskou. (1 x 2) (2) 1.5.2 Lewer kommentaar op die implikasie van die boodskap op die naambord in die Westerse Sektor: '… OORLOPERS WELKOM'. (1 x 2) (2) 1.5.3 Tot watter gevolgtrekking kan jy kom oor die lyftaal van die twee generaals op die voorgrond, in die konteks van oorlopery wat besig was om plaas te vind? (1 x 2) (2) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe die lewens van Berlyners in 1961 deur die oprigting van die Berlynse Muur geaffekteer is. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 2: HOE HET DIE NEDERLAAG VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WEERMAG (SAW) BY DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE IN ANGOLA IN DIE LAAT 1980's TOT VREEDSAME ONDERHANDELINGE IN SUIDELIKE AFRIKA GELEI? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Lees Bron 2A. 2.1.1 Maak 'n lys van VIER militêre magte in die bron wat by die finale konfrontasie by die Slag van Cuito Cuanavale betrokke was. (4 x 1) (4) 2.1.2 Definieer die term soewereiniteit in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik die belangrikheid van Angola se lugoormag gedurende die Slag van Cuito Cuanavale. (1 x 2) (2) 2.1.4 Lewer kommentaar op die implikasie van die stelling: 'dit in suidelike Afrika belangrik (was) dat wit Suid-Afrikaners deur koeëls doodgemaak kon word wat deur swart Afrikane en swart Kubane afgevuur is', in die konteks van die Angolese oorlog. (1 x 2) (2) 2.1.5 Verduidelik die beperkings van die bron vir 'n historikus wat die uitkoms van die Slag van Cuito Cuanavale navors. (2 x 2) (4) 2.2 Bestudeer Bron 2B. 2.2.1 Gee TWEE redes in die bron waarom die Amerikaanse regering 'n geheime plan in Angola geïmplementeer het. (2 x 1) (2) 2.2.2 Verduidelik waarom Amerika Mobutu en Suid-Afrika gebruik het om gedurende die Slag van Cuito Cuanavale in te gryp. (1 x 2) (2) 2.2.3 Lewer kommentaar op waarom Castro geglo het: 'Daar het geen moontlikheid van 'n suksesvolle uitkoms in Angola bestaan sonder die politieke en logistieke ondersteuning van die Sowjetunie … nie.' (1 x 2) (2) 2.2.4 Haal TWEE bewyse uit die bron aan wat daarop dui waarom Suid-Afrika 'om die onderhandelingstafel (moes) sit'. (2 x 1) (2) 2.3 Gebruik Bron 2C. 2.3.1 Verduidelik waarom jy dink hierdie foto geneem is. (1 x 2) (2) 2.3.2 Wat, dink jy, was die belangrikheid van die teenwoordigheid van die Verenigde Nasies se Sekretaris-generaal gedurende die ondertekening van die Driesydige Verdrag? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.4 Verwys na Bron 2A en 2C. Lewer kommentaar op hoe die inligting in Bron 2A die bewyse in Bron 2C ondersteun met betrekking tot die ondertekening van die Driesydige Verdrag. (2 x 2) (4) 2.5 Raadpleeg Bron 2D. 2.5.1 Identifiseer, in die bron, enige TWEE magte/partye wat gedurende die Angolese Burgeroorlog 'n gekombineerde aanval op die Angolese (MPLA) uitgevoer het. (2 x 1) (2) 2.5.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer kommentaar op die implikasie van Mandela se stelling: '… julle magte by die Slag van Cuito Cuanavale was waarlik van groot historiese belang.' (2 x 2) (4) 2.5.3 Hoe, volgens die bron, het die volgende gereageer toe Mandela hulle vir hulp genader het om wapens op te neem? (a) Westerse regerings (1 x 1) (1) (b) Kuba (1 x 1) (1) 2.5.4 Verduidelik die term internasionalisme in die konteks van Kuba se buitelandse beleid. (1 x 2) (2) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe die nederlaag van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) by die Slag van Cuito Cuanavale in Angola in die laat 1980's tot vreedsame onderhandelinge in suidelike Afrika gelei het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 3: WAAROM HET BURGERREGTE-OPTOGGANGERS IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) DIE OPMARS NA WASHINGTON OP 28 AUGUSTUS 1963 GEORGANISEER? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Haal bewyse uit die bron aan wat daarop dui dat organiseerders die Opmars na Washington as meer as net 'n betoging beskou het. (1 x 1) (1) 3.1.2 Noem enige TWEE maniere in die bron waarop die organiseerders wou hê die Opmars 'n gedissiplineerde en doelgerigte betoging moes wees. (2 x 1) (2) 3.1.3 Na wie, dink jy, word as 'bose mense vasbeslote … om hierdie Opmars swart te smeer en om die saak van gelykheid in onguns te bring (twyfel daaroor te laat ontstaan) deur doelbewuste pogings', verwys met betrekking tot die voorbereidings vir die Opmars na Washington in 1963? (1 x 2) (2) 3.1.4 Lewer kommentaar op die implikasie van die stelling: 'Ons versoek almal wat … aanwesig is om die saak (Opmars na Washington) bo alles te stel.' (2 x 2) (4) 3.2 Gebruik Bron 3B. 3.2.1 Definieer die term burgerregte in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.2.2 Wat, volgens die bron, het die burgerregte-optoggangers geëis toe hulle by die Lincoln Memorial saamgekom het? (1 x 2) (2) 3.2.3 Verduidelik die belangrikheid van die teenwoordigheid van baie leiers op verskillende gebiede wat die geleentheid gekry het om die optoggangers toe te spreek. (2 x 2) (4) 3.2.4 Lewer kommentaar op waarom die 'Ek Het 'n Droom'-toespraak as histories betekenisvol beskou kan word. (2 x 2) (4) 3.3 Lees Bron 3C. 3.3.1 Noem enige TWEE eise in die bron wat deur die optoggangers gestel is wat op 28 Augustus 1963 aan die Opmars na Washington deelgeneem het. (2 x 1) (2) 3.3.2 Waarom, dink jy, het die fotograaf besluit om hierdie foto te neem? (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 3.4 Verwys na Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3B die bewyse in Bron 3C ondersteun met betrekking tot die aktiwiteite op die dag van die Opmars na Washington op 28 Augustus 1963. (2 x 2) (4) 3.5 Bestudeer Bron 3D. 3.5.1 Gee TWEE redes in die bron wat daarop dui dat President Kennedy die Opmars na Washington ondersteun het. (2 x 1) (2) 3.5.2 Volgens die bron, gee TWEE redes waarom die President geglo het dat die organiseerders van die Opmars die waardering van die VSA se regering verdien het. (2 x 1) (2) 3.5.3 Verduidelik die term diskriminasie in die konteks van die Burgerregtebeweging in die VSA. (1 x 2) (2) 3.5.4 Haal enige wet/programme uit die bron aan wat deur die Kongres verorden (aangeneem) moes word om diskriminasie in indiensneming te elimineer. (1 x 1) (1) 3.5.5 Lewer kommentaar op waarom 'n historikus hierdie bron bruikbaar sou vind wanneer die reaksie van die VSA-regering op die Opmars na Washington bestudeer word. (2 x 2) (4) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik waarom burgerregte-optoggangers in die VSA die Opmars na Washington op 28 Augustus 1963 georganiseer het. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar NIE meer as TWEE vrae in hierdie afdeling NIE. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM Verduidelik tot watter mate die tegnologiese superioriteit van die Amerikaanse weermag nie kon help om 'n klein weermag van Viëtkong-guerrillas in die Viëtnamese Oorlog tussen 1962 en 1973 te verslaan nie. Ondersteun jou antwoord met relevante historiese bewyse. [50] VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO Mobutu Sese Seko se politieke, ekonomiese, maatskaplike en kulturele beleide, wat hy na onafhanklikheidswording in die 1960's in die Kongo ingestel het, was anti-koloniaal van aard. Stem jy met hierdie stelling saam? Ondersteun jou argument met relevante historiese bewyse. [50] VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE SWARTMAGBEWEGING Die Swartmagbeweging het in die 1960's 'n militante benadering aangeneem om diskriminasie teen swart Amerikaners in die VSA uit te daag. Bespreek hierdie stelling krities in die konteks van die Swartmagfilosofie. Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all