Skip to content

History Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Memo (Afrikaans)

MemorandumHistoryGrade 12202429 pages

Grade 12 History Paper 2 memorandum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 29 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EXEMPLAR GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2024 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 29 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: Kognitiewe Gewigstoekenning Historiese vaardighede Vlakke van vrae • Onttrek inligting uit bronne • Selektering en organisasie van relevante inligting 30% VLAK 1 uit bronne (15) • Definieer historiese begrippe/terme • Interpretasie van bewyse uit bronne • Verduidelik inligting verkry uit bronne 40% VLAK 2 • Analiseer bewyse uit bronne (20) • Verduidelik historiese konsepte in konteks • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne • Skakel met bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas 30% VLAK 3 te stel (15) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui. • By die assessering van die oop brongebaseerde vrae moet kandidate krediet kry vir enige ander relevante antwoord. • Daar word van leerlinge verwag om 'n standpunt in te neem in die beantwoording van 'tot watter mate' vrae om enige punte te verdien 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik 'n regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord. • Gee aandag aan die puntetoekenning bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en word twee punte elk toegeken (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte toegeken word (✓✓). • Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies (✓✓✓✓) aangedui. Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is vir die paragraaf aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1,2, of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en gee 'n kort kommentaar bv. ___________ . __________________________ . _________________________ _____________________________________________ . _________________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om die paragraaf te skryf • Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op die kantlyn regs onder, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: • In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae • Nasieners moet daarop let dat die inhoud van die antwoord gelei sal word deur die handboeke wat by 'n spesifieke sentrum gebruik is. • Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel. 2.3 Globale assessering van 'n opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs inhoud (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die leerder se interpretasie van die vraag • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoudseleksie) • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en 'n onafhanklike argument) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word. 2.4.2 Tydens die eerste deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument ondersteun (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt 'bullet' in die nasienriglyne) Bv. In 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL struktuur in gedagte in die assessering van 'n opstel. P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met 'n argument/'n duidelike hoofpunt. Elke paragraaf moet 'n punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou. L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. 2.4.3 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van 'n opstel: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie 1√ • Argument LOA Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.5. Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 KOMMENTAAR Sommige weglatings in inhoud dekking. Pogings om 'n argument volte hou Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne NASIENMATRIKS VIR OPSTELLE: TOTAAL: 50 VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie. sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie. bewyse. Argument gevolgtrekking uit deurgaans die bewyse te volgehou en maak om die verdedig. argument te Onafhanklike ondersteun. gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten volle relevante tot argument wat gevolg 47–50 43–46 is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie relevante tot argument 43–46 40–42 38–39 wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud toereikend en 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 relevante. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30–33 28–29 26–27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit nie. Hou soms nie 26–27 24–25 20–23 verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17 skraal. VLAK 1* Vraag ontoereikend beantwoord of glad nie. Ontoereikend of 14–17 0–13 irrelevante inhoud. * Riglyne vir die toekenning van 'n punt in Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord ; klein poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE HET CIVIC-ORGANISASIES (BURGERLIKE ORGANISASIES) IN DIE 1980's PLAASLIKE GEMEENSKAPPE GEMOBILISEERER OM DIE APARTHEIDSREGERING SE STRUKTURE IN SUID- AFRIKA TEEN TE STAAN? 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • '… Wetsontwerp op Swart Plaaslike Owerhede …' (1 x 1) (1) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • '… vir die stigting van 'n reeks plaaslike regeringstrukture, voorsiening gemaak, soortgelyk aan dié wat in die wit gebiede bedryf is …' • '… [dit het] swart inwoners van stedelike lokasies iets soos outonomie (selfregering) gegee …' • ‘...het hulle nou ten minste plaaslike mag gehad deur plaaslike inwoners verkies’ • ‘Raadslede was verantwoordelik vir township-administrasie …' (enige 2 x 1) (2) 1.1.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • '… hoë huur …' • '… swak elektrifisering …' • '… swak behuising …' • '… die emmertoiletstelsel …' • '… misdaad' (enige 3 x 1) (3) 1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A – V2] • Civic-organisasies het nie meer slegs op plaaslike kwellings/bekommernisse van inwoners gefokus nie • Hulle is polities bewus gemaak om te begin om plaaslike regeringstrukture uit te daag • Hulle het begin om kritiese vrae te vra, bv. waarom strate vuil was en waarom hulle huur moes betaal • Hulle het begin om op bepalings van plaaslike regeringstrukture aan te dring/ apartheidswette uitdaag • Die uitdagings wat hulle in die gesig gestaar het kom oorspronklik van die apartheidstelsel af wat hulle gedwing het om aktief by die vryheidstryd aan te sluit • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 1.2 1.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Om inwoners van Kagiso en Munsieville na 'n gemeenskapsvergadering te nooi//te mobiliseer/ om teen die apartheidsregering strukture te protesteer/ om die inwoners van kagiso en Munsieville bewus te maak/in te lig van ‘n gemeenskapsvergadering om teen die apartheidsregering strukture te protesteer • Om die doel van die vergadering oor te dra – die gebrek aan basiese dienste in Kagiso en Munsieville • Om die belangrike sprekers/leiers en die onderwerpe wat behandel sou word te beklemtoon • Om besonderhede oor die vergadering te verskaf (onderwerpe, datum, tyd en plek) • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B – V2] • Om bewustheid van die rol van civic-organisasies by township-inwoners te skep omdat hulle (civic-organisasies) nuut was want hulle is vanaf die 1970's gestig en het begin om in die 1980's te vermeerder • Om inwoners te mobiliseer om civic-organisasies te steun • Om te verduidelik hoe die civic-organisasies die basiese behoeftes van die township-inwoners sou aanpak/hanteer • Dr Motlana was ‘n gerespekteerde professionele/politieke aktivis/gemeenskapsleier • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.3 1.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • '… Azanian Peoples' Organisation (AZAPO) …' (1 x 1) (1) 1.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Hy was 'n anti-apartheidsaktivis/ leier van die vryheidstryd • Hulle het vermoed dat hy die optog deur die Thembisa-inwoners ondersteun het • Om protesaksie in die toekoms te onderdruk • Om vrees by gemeenskapsleiers en ondersteuners (optoggangers) in te skerp • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C – V1] • '… het veertien dae se aanhouding toegelaat terwyl die polisie 'n aanklag uitgewerk het' • '… aangehoudene kon alleen opgesluit (geïsoleer) word …' • '… is nie toegelaat om gedurende daardie tyd toegang tot prokureurs te hê nie …' • '… is nie toegelaat om gedurende daardie tyd toegang tot dokters te hê nie' • 'Die veertien dae kon vir 'n onbepaalde tydperk (sonder einde) verleng word …' (enige 3 x 1) (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 1.3.4 [Definisie van ‘n term uit Bron 1C – V1] • Aksie deur inwoners om die betaal van huur te staak • Maatreëls geneem om mense aan te moedig om doelbewus huurgeld te ignoreer (nie ag slaan op nie) • Verset teen die betaal van huur • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.3.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C – V2] • Hulle het apartheid- plaaslike strukture/township-superintendent gesteun/beheer • Hulle het die apartheidwette aanvaar wat inwoners gedwing het om onbekostigbare huurgeld te betaal • Hulle was blind (het oogklappe aangehad) vir oorlewingskwessies wat township-inwoners beïnvloed het • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4 1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1D – V1] • '… vinnig stygende huur …' • '… 56 persent-huurverhoging …' • '… alreeds van die hoogste huur in die land betaal het …' • '… waarvan die helfte agterstallig was …' (enige 2 x 1) (2) 1.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Hulle was bang dat inwoners hulle sou aanval vir hulle rol in die implementering van huurverhogings in townships • Hulle is as pionne deur swart plaaslike owerhede gebruik – wat hulle ongewild by inwoners gemaak het • Hulle wou ontsnap van die stigma om as 'n uitbreiding van die apartheidsregering beskou te word • Was nie deur regering beskerm nie • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4.3 [Verduideliking van konsep in Bron 1D – V2] • Wrede en gewelddadige massamoord van 13 mense op 21 November 1985 deur die Suid-Afrikaanse Polisie gedurende die protesaksie • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 1.4.4 [Bepaal die bruikbaarheid van Bron 1D – V3] Die bron is BRUIKBAAR want: • Dit is geneem uit die WVK-verslag wat 'n amptelike regeringsdokument is wat die onregverdighede van die verlede onthul het • Die datum waarop die verslag verskyn het (29 Oktober 1998) kom ooreen met die werklike verskyning van die WVK-verslag • Die betrokke tydperk (tussen Januarie 1985 en Julie 1986) verwys na die hoogtepunt van die huurboikotte in baie townships in die PWV-gebied • Dit verskaf gedetailleerde inligting oor die gewelddadige reaksie van die regering in die middel 1980's op die protesaksies van civic-organisasies in townships uiteen • Die bron beaam(staaf) die inligting in Bron 1C ten opsigte van die huurboikotte • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.5 [Vergelyking van bewyse uit Bron 1B en 1D om hulle ooreenkomstighede te bepaal – V3] • Bron 1B toon township-inwoners wat in opstand kom en Bron 1D verwys na huurboikotte deur township-inwoners dwarsdeur die Vaalgebied / Beide bronne dui die belangrike rol aan wat burgerlike organisasies gespeel het om gemeenskapskwessies aan te spreek • Bron 1B toon betogers wat ongewapen is/vreedsame optog en Bron 1D verwys na ongewapende slagoffers wat in die rug deur die polisie geskiet is • Bron 1B verwys na die Krugersdorp Residents' Organisation wat mense uitnooi na 'n gemeenskapsvergadering om inwoners oor die rol van civic- organisasies bewus te maak en Bron 1D noem dat opposisie teen apartheid deur civic- en studente-organisasies georganiseer is om teen apartheid- plaaslike strukture op te staan (weerstand te bied)/Beide bronne noem dat burgerlike organisasies in Krugersdorp betrokke moet raak om teen plaaslike owerhede in optand te kom • Beide bronne illustreer die krag en eenheid wat deur die burgerlike organisasies bevorder word • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 11 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Civic-organisasies het die belange van mense op plaaslike vlak bevorder (Bron 1A) ➢ Het verantwoordelikheid geneem vir plaaslike gemeenskappe en self- organisasiekwessies, soos blok-, jaart en straatkomitees, aangepak/hanteer (Bron 1A) ➢ Het protesaksie verskerp vir verskillende basiese behoeftes, soos behuising, die emmertoiletstelsel in verskillende townships (Bron 1A) ➢ Saamgewerk om enorme nasionale veldtogte te bestuur wat die regering gedwing het om beleid te verander (Bron 1A)/maak townships onregeerbaar(Bron 1A en eie kennis) ➢ Die Thembisa-huurboikot georganiseer (Bron 1C) ➢ Ondersteuning ontvang van ander politieke organisasies, soos AZAPO (Bron 1C) ➢ Burgerlike organisasies skep ‘n gestruktureerde platform om die belange van mense te bevorder (eie kennis) • Professionele mense en kerkleiers het die civic-organisasies gesteun om ondersteuning te mobiliseer en aan te veg teen die apartheidsbeleid (Bron 1B) • Civic-verenigings het plakkate gebruik om ondersteuners te mobiliseer en hulle rol te verduidelik (Bron 1B) • Betoog teen die regeringsonderdrukkings (Bron 1C) • Betoog teen onbekostigbare/hoë huishuur (Bron 1D) • Die studente-organisasies en ander civic-organisasies het doeltreffend saamgewerk om die huurboikotte in verskillende townships te verskerp (Bron 1D) • In reaksie op polisiewreedheid of massamoorde het die betogers verskillende vorms van betogings aangeneem (Bron 1D) • Die civic-organisasies het uiteindelik in 1992 verenig onder die banier van die South African National Civic Organisation (SANCO) (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 12 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon min of geen begrip van hoe civic-organisasies(burgerlike organisasies) in PUNTE VLAK 1 die 1980's plaaslike gemeenskappe gemobiliseer het om die 0–2 apartheidsregering se strukture in Suid-Afrika teen te staan nie. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp, bv. toon bietjie begrip van hoe civic- organisasies(burgerlike organisasies) in die 1980's plaaslike PUNTE VLAK 2 gemeenskappe gemobiliseer het om die apartheidsregering se 3–5 strukture in Suid-Afrika teen te staan. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse, bv. toon deeglike begrip van hoe civic- organisasies(burgerlike organisasies) in die 1980's plaaslike gemeenskappe gemobiliseer het om die apartheidsregering se PUNTE VLAK 3 strukture in Suid-Afrika teen te staan. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 13 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DAARTOE IN STAAT OM VIR DIE FAMILIE VAN SIZWE KONDILE AFSLUITING TE GEE OOR SY MOORD IN 1981 AS 'N ANTI- APARTHEID-AKTIVIS? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • '… ongeveer Julie 1980' (1 x 2) (2) 2.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A – V1] • '… mnr. Vusumzi Pikoli …' • '… mnr. Thozi Majola …' • '… mnr. Phaki Ximiya' (3 x 1) (3) 2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A – V2] • Om die mandaat van die ANC in ballingskap uit te voer • Om die ondergrondse aktiwiteite in die Oos-Kaap (Suid-Afrika) uit te voer • Om die apartheidsregering te destabiliseer • Om die interne weerstand teen apartheid te versterk • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.1.4 [Definisie van ‘n term in Bron 2A – V1] • Iemand wat sy rug draai op /'n organisasie verraai /beginsel en by die vyand of opposisie aansluit • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.2 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B – V1] • '… Van Rensburg …' • '… Du Plessis …' • '… Kolonel Gerrit Erasmus' (3 x 1) (3) 2.2.2 [Verduideliking van 'n term in Bron 2B – V2] • Dit is gesproke of geskrewe bewyse deur mense wat betrokke was by misdaad wat by die WVK om amnestie aansoek gedoen het • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B - V2] • Dirk Coetzee was slegs daarin geïnteresseerd om amnestie te kry/om tronkstraf te vermy • Hy wou nie verantwoordelikheid neem vir die gruweldade wat hy gepleeg het nie • Hy het nie veel omgegee vir die verlies en pyn van die slagoffers se families nie • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 14 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B - V2] • Sy het geglo dat Dirk Coetzee nie alles geopenbaar het nie • Sy het gevoel dat hy nie amnestie verdien het nie/het nie berou getoon nie • Sy was nog kwaad omdat sy steeds nie geweet het wat met haar seun gebeur het nie/ het nie afsluiting gevind nie • Sy soek vergeldende geregtigheid • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] • Dit het die oomblik vasgevang toe die Kondile-familie die geleentheid gehad het om 'n simboliese gedenkdiens vir Sizwe Kondile te hou naby waar daar van sy oorskot ontslae geraak is • Dit toon hoe die familie met Sizwe se dood tot berusting kon kom/afsluiting kry • Dit is 'n herinnering vir die familie oor die proses van geestelike repatriasie van Sizwe Kondile vir die begrafnis van sy geestelike oorskot • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C- V2] • Hy was een van Sizwe se vriende/lid van sel/ kameraad • Hy het in 1980 saam met Sizwe Kondile Maseru, Lesotho, toe gegaan • Hy het 'n boek oor Sizwe, met die titel The life and times of Sizwe Kondile, a story of service, suffering, sacrifice and selflessness, geskryf • Om die familie te ondersteun • Pikoli wou afsluiting vind • Hy was ‘n familie woordvoerder • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.3.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C – V2] JA • Die geestelike repatriasie het die geleentheid vir familie en vriende geskep om sy geestelike oorskot te begrawe • Hulle het hulle verlies aanvaar en was in staat om 31 jaar later afsluiting te vind • Die geestelike repatriasie het die geleentheid geskep om te genees en vrede te vind • Enige ander relevante antwoord NEE • Daar was geen oorskot om te begrawe nie • Dit was net seremonieel en 31 jaar later • Dit was net simbolies en nie 'n behoorlike begrafnis nie • Het ou wonde oopgemaak • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 15 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.4 2.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] • '… vergiftig …' • '… gemartel …' • '… geskiet …' • '… verbrand …' • '… gebombardeer …' (enige 4 x 1) (4) 2.4.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D - V2] • Om die familie oortuig gerus te stel dat hulle die oorskot van Sizwe Kondile huis toe gebring het vir afsluiting/genesing/ behoorlike begrafnis • Om erkenning te gee vir die rol wat hy as ‘n politieke aktivis gespeel het • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 2.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D - V2] • Om te evalueer of die gruweldade van die verlede onthul is en dienooreenkomstig hanteer is/genesing en versoening • Om te assesseer of die mandaat van die WVK bereik is • Om te besin/daaroor na te dink of die Kondile-familie en ander verwante gevalle geregtigheid gekry het • Om te reflekteer dat sulke wrede dade van menseregteskendings nie herhaal word nie • Om hulde te bring aan diegene wat oppofferings maak soos Kondile • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.4.4 [Bepaal die betroubaarheid van Bron 2D – V3] Die bron is BETROUBAAR want: • Dit is geneem uit 'n hooggeagte mediabron – Independent Online (IOL) • Dit bevat uittreksels uit 'n toespraak/eerstehandse inligting deur Michael Masutha wat die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste was • Die toespraak is gelewer by Vryheidspark wat 'n geestelike rusplek is vir helde van die vryheidstryd teen apartheid • Die toespraak is op 1 Julie 2016 gelewer op die dag van die begrafnis van die geestelike oorskot van Sizwe Kondile • Sy dood kan met die inligting in Bron 2B beaam word • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 16 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.5 [Vergelyking van Bron 2B en 2D om verskille te bepaal – V3] • In Bron 2B het Kondile se familie geweier om Dirk Coetzee se versoek om vergifnis te aanvaar terwyl Kondile se familie in Bron 2D die geestelike repatriasie en simboliese begrafnis van Sizwe Kondile met die hoop op genesing bygewoon het • Bron 2B het nog vrae laat ontstaan en daar was geen afsluiting vir die Kondile-familie nie terwyl Bron 2D die Kondile-familie die geleentheid vir afsluiting deur rituele gekry het • In Bron 2B verwerp die Kondile-familie die bydrae van Mandela en Tutu (pogings van die WVK) tot die genesingsproses terwyl die Kondile-familie in Bron 2D die ondersteuning van die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste aanvaar om afsluiting oor die Kondile-geval te kry • In Bron 2B noem Mev Kondile dat Sizwe deur barbare begrawe(geen afsluiting) is terwyl in Bron 2D die geestelike oorskot deur Sizwe se geliefdes uitgevoer is (afsluiting) • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 17 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van relevante bewyse uit Bron - V3] Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: JA • Oortreders by misdaad het vir amnestie aansoek gedoen en voor die WVK- amnestiekomitee getuig (Bron 2B) • Die WVK het 'n platform geskep wat nuwe inligting onthul het wat tot die proses van geestelike repatriasie en simboliese begrafnisse gelei het (eie kennis) • Drie lede van die SAP het navore gekom om die waarheid te ontbloot dat hulle Sizwe Kondile vermoor het ( Bron 2B) • Die familie kon die ritueel van geestelike repatriasie waarneem (Bron 2C) • Die simboliese begrafnis by Vryheidspark is moontlik gemaak deur nuwe inligting wat by die WVK-verhore aan die lig gekom het (Bron 2D) • Enige ander relevante antwoord NEE • Sizwe Kondile is ontvoer en vermoor deur die veiligheidspolisie (Bron 2A) • Die Suid-Afrikaanse Polisie het gelieg oor sy vrylating sodat hy as 'n verraaier vir die ANC bestempel kon word (Bron 2A) • Mev. Kondile was nie tevrede dat amnestie aan die betrokkenes wat haar seun vermoor het, gegee is nie • Mev. Kondile se prokureur, Imram Moosa, het gevoel dat Coetzee verhoor moes word (teregstaan) (Bron 2B) • Mev Kondile het nie genesing gevind nie en daarom het sy geweier om te vergewe en die oortreder by die misdaad te ontmoet (Bron 2B) • Mev Kondile kon moontlik nie afsluiting vind nie omdat sy nie deel van die groepfoto in Komatipoort was nie (Bron 2C) • Die familie kon hom nie begrawe nie want daar was geen oorskot nie (eie kennis) • Die ritueel van geestelike repatriasie en begrafnis was simbolies (Bron 2C en 2D) • Dit is te betwyfel of die geestelike repatriasie afsluiting vir die familie sou bring 31 jaar nadat hy dood is (Bron 2C) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 18 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon min of geen begrip van of die Waarheids-en- Versoeningskommissie (WVK) daartoe in staat was VLAK 1 om vir die familie van Sizwe Kondile afsluiting te gee PUNTE 0–2 oor sy moord in 1981 as 'n anti-apartheid-aktivis. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp, bv. toon bietjie begrip van of die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) daartoe in staat was om vir die familie van Sizwe Kondile VLAK 2 PUNTE 3–5 afsluiting te gee oor sy moord in 1981 as 'n anti- apartheid-aktivis. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse, bv. toon deeglike begrip van hoe of die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) daartoe in staat was om vir die familie van VLAK 3 Sizwe Kondile afsluiting te gee oor sy moord in 1981 PUNTE 6–8 as 'n anti-apartheid-aktivis. • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 19 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: WAAROM WAS DAAR IN 2011 WEERSTAND TEEN WALMART SE UITBREIDING NA SUID-AFRIKA? 3.1 3.1.1 [Definisie van 'n term in Bron 3A – V1] • Proses waardeur die wêreld meer geïntegreerd en verbind raak oor die grense van lande heen as gevolg van tegnologie • Onderlinge verbintenis van vervoer, tegnologie en kommunikasie • Die manier waarop mense, goedere, geld en idees vinniger en goedkoper dwarsdeur die wêreld beweeg word as gevolg van vervoer, kommunikasie en tegnologie • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • 'Toegang tot groter markte …' • '… kapasiteitsbesparinge …' • '… goedkoper hulpbronne …' (3 x 1) (3) 3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2] • Walmart se groei in die VSA was beperk en hulle is gedwing om globaal,ook na Suid-Afrika uit te brei • Walmart het tot buitelandse markte toegetree om internasionaal mee te ding en te groei • Walmart het plaaslike besighede as filiale oorgeneem deur hulle globale uitbreiding (skep kleiner maatskappye) • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.1.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3A – V1] • '… vryhandelsooreenkomste …' • '… vooruitgang in tegnologie …' • '… vervoer …' (enige 2 x 1) (2) 3.1.5 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A – V2] • Suid Afrika se lidmaatskap van SAOG en BRICS maak dit vir ander lande makliker om met hulle handel te dryf • Suid-Afrika is oop vir buitelandse beleggings deur multinasionale maatskappye • Ander lande kan vrylik met Suid-Afrika handel dryf as gevolg van hulle oop handelbeleide met minder beperkinge/ vir profyt en om die ekonomie te bevoordeel • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.2 3.2.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Om mense bewus te maak van SACCAWU se protesaksie teen die samesmelting van Walmart en Massmart/nuuswaardig • Om ondersteuning en solidariteit vir SACCAWU se teenstand teen die samesmelting te kry • Om die negatiewe impak wat globalisering op Suid-Afrika sou hê, te onthul • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 20 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 3.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B – V2] • Die samesmelting van Walmart (VSA) met Massmart (plaaslik) word beskou as 'n vorm van neokolonialisme deur Walmart – 'n Amerikaanse maatskappy • Walmart word beskou as 'n buitemaatskappy wat tot Suid-Afrika toetree om werkers uit te buit • Walmart se uitbreiding na Suid-Afrika sal tot disindustrialisasie/ werksverliese lei • Walmart se toetrede tot Suid-Afrika as 'n buitemaatskappy sal die plaaslike kleinhandel asook vervaardigingsnywerhede negetief beïnvloed/boelie plaaslike nywerhede • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.2.3 [Bepaal beperkinge van Bron 3B – V3] Die bron is BEPERK omdat: • Dit slegs SACCAWU se standpunt om Walmart se oorname van Massmart uiteen sit • Dit beeld 'n eensydige standpunt oor die impak van die samesmelting op Suid-Afrikaanse werkers • Emotiewe taal (vol emosie) – EKONOMIESE KOLONISEERDER word gebruik om Walmart as 'n aggressor uit te beeld • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1] • '… as gevolg van afname in die vraag na plaaslik vervaardigde produkte...’ • '… en toenemende vraag na ingevoerde produkte’ (2 x 1) (2) 3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C – V2] • Dit sal tot die herstrukturering van fabrieke lei • Dit sal tot werksverliese lei • Goedkoper goedere sal oorsee verkry word/kleinhandelaars in Suid- Afrika sal sukkel om met lae pryse mee te ding • Plaaslike nywerhede in Suid-Afrika sal uiteindelik toemaak • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.3.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C – V1] • '… hulle verlaging van pryse teen 'n beduidende (groot) koste vir werknemers kom, wat verplig word om laer lone en swakker werksomstandighede te aanvaar' (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 21 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 3.4 [Vergelyking van bewyse in Bron 3B en 3C om hulle ooreenkomste te bepaal – V3] • Bron 3B toon SACCAWU-(vakbond)lede wat teen Walmart se samesmelting met Massmart betoog en Bron 3C beklemtoon SACTWU (vakbond) se voorlegging aan die parlement teen die samesmelting van Walmart en Massmart • In Bron 3B bestempel SACCAWU-lede Walmart as 'n ekonomiese koloniseerder wat plaaslike vervaardigingsnywerhede doodmaak en in Bron 3C is SACTWU se besorgdheid/kommer dat Walmart se toetrede tot Suid Afrika tot disindustrialisasie sal lei • In Bron 3B betoog werkers teen Walmart as 'n teken dat hulle werksverliese vrees en Bron 3C noem dat Walmart se uitbreiding na die land tot werksverlies sal lei/Beide bronne noem dat daar werksverliese sal wees • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.5 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • '… plaaslike verskaffers nie 'n kans sou hê om hulle produkte te verkoop nie' (1 x 1) (1) 3.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D – V1] • '… om Walmart uit die land te hou' • '… Walmart toe te laat om toe te tree …' (2 x 1) (2) 3.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3D – V2] • Om die varsheid van voedselprodukte te verbeter • Om te verseker dat die voedsel veilig vir verbruik is • Om meer profyt te maak en onnodige koste te verminder • Om meer plaaslik vervaardigde voedsel in winkels beskikbaar te stel • Om ingevoerde bederfbare produkte uit die buiteland te vermy • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.5.4 [Verduideliking van ‘n konsep in Bron 3D – V2] • Verwys na regeringbeleid wat internasionale handel beperk om te help om binnelandse nywerhede te beskerm • Beleide wat geïmplementeer word om die binnelandse produksie van goedere te bevorder • Hef van tariewe om buitelandse goedere op die mark te beperk • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 22 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit bronne – V3] Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Globalisering het multinasionale maatskappye, soos Walmart, aangespoor om hulle aktiwiteite na die uithoeke van die wêreld uit te brei/Maatskappye het hulle aktiwiteite oor grense heen uitgebrei om toegang tot groter markte en goedkoper hulpbronne te kry/vry handel het Walmart aangemoedig om hulle in Suid-Afrika te vestig as hulle eerste gasheerland in Afrika (Bron 3A) • Suid-Afrikaanse maatskappye het ongemaklik gevoel met Walmart se uitbreiding na Suid-Afrika (eie kennis) • SACCAWU het die samesmelting betwis – Walmart as die ekonomiese koloniseerder beskou (Bron 3B) • SACTWU het in hulle voorlegging die negatiewe invloed wat Walmart se teenwoordigheid op die vervaardiging- en kleinhandelbedrywe sou hê, uiteengesit (Bron 3C) • SACTWU het aangedui/ stel voor dat die samesmelting die uitverkoop van binnelandse vervaardigers binne nywerhede wat aan die kleinhandelsektor verskaf/werksverliese onder swart werkers/ disindustrialisasie sal veroorsaak (Bron 3C) • Volgens die SACTWU-voorlegging sal klein besighede en besighede wat deur histories agtergeblewenes (benadeelde) mense besit of beheer word, minder mededingend word (Bron 3C) • Walmart se teenwoordigheid op die plaaslike mark sal lei tot die verlaging van pryse – wat werknemers sal dwing om kleiner lone en swakker werksomstandighede te aanvaar (Bron 3C) • Sal lei tot mededinging met plaaslike kleinhandelaars wat hulle sal dwing om hulle pryse te verhoog (eie kennis) • Daar sal geen verbruikersvoordele wees as gevolg van die verlaging van pryse nie soos wat deur die samesmeltende partye beweer word (Bron 3C) • Ramburuth van die Mededingingskommissie het volgehou dat plaaslike verskaffers nie 'n kans sou hê om hulle produkte te verkoop as Walmart met hulle gesofistikeerde netwerk van aankope sou toetree nie (Bron 3D) • Plaaslike verskaffers sou benadeel word ten gunste van goedkoop voorraad uit ander lande (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 23 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon geen of min begrip van waarom daar in 2011 weerstand teen Walmart se uitbreiding na Suid- PUNTE VLAK 1 Afrika was. 0–2 • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp, bv. toon begrip van waarom daar in 2011 weerstand teen Walmart se uitbreiding na PUNTE VLAK 2 Suid-Afrika was. 3–5 • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van waarom daar in 2011 weerstand teen Walmart se PUNTE VLAK 3 uitbreiding na Suid-Afrika was. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 24 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik tot watter mate Steve Biko en die Swartbewussyn-filosofie swart mense geïnspireer het om hulleself in die 1960's en 1970's teen apartheid te bemagtig. Kandidate moet hulle argumente met relevante historiese bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte by hulle opstelle insluit: • Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem deur aan te dui tot watter mate Steve Biko en die Swartbewussyn-filosofie swart Suid-Afrikaners geïnspireer het om hulleself in die 1960's en 1970's teen apartheid te bemagtig. Hulle moet ook aandui hoe hulle hulle argument gaan ondersteun. UITBREIDING • Politieke vakuum (Agtergrondinligting) ➢ Geskep nadat ANC- en PAC-leiers en partye in die 1960's óf verban óf in die tronk gesit is • Swartbewussynsfilosofie ➢ Vestig gevoel van selfvertroue by swart Suid-Afrikaners om die apartheidstaat uit te daag ➢ Bevorder 'n gevoel van trots onder swart Suid-Afrikaners ➢ Beïnvloed swart Suid-Afrikaners om hulleself te aanvaar/selfvertroue te hê/selfonderhoudend te wees/gevoel van identiteit ➢ Bemagtig swart Suid-Afrikaners om die gees van selfbejammering; minderwaardigheidskompleks; selfvervreemding en dominansie deur eksterne magte te verwerp ➢ swart Suid-Afrikaners moes ophou om velverligtingsprodukte te gebruik/afro- haarstyle hê • Inspireer die stigting van politieke organisasies wat die SB-filosofie bevorder ➢ Vestig gevoel van vasberadenheid by politieke organisasies om die apartheidstaat uit te daag ➢ Swart studente het begin om hulleself te organiseer om wit oorheersing teen te staan deur van NUSAS weg te breek en SASO (1968) te vorm ➢ Swart studente het die filosofie van Swart Bewussyn aangeneem (Rol van Biko/SASO) ➢ SASO was vir universiteitstudente en SASM vir skole ➢ Swart Bewussyn (SB) het tot die stigting van die Black People's Convention (BPC) in 1972 gelei wat studente, kerke, gemeenskappe en vakunies betrek het ➢ Die South African Students' Movement is in 1972 gestig en het swart Suid- Afrikaners aan die ideale van die SB blootgestel ➢ Unies wat hulle met die SB-filosofie vereenselwig het, was die Black Parents Association en die Black Allied Workers Union (BAWU) ➢ BPC en SASO het die VIVA FRELIMO-saamtrekke (1974) georganiseer ➢ Die arrestasie van SB-leiers het politieke aktivisme verhoog/versterk Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 25 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Inspireer en bemagtig studente/leerders om in hulleself te glo om deur die Soweto-opstand teen die apartheidstaat weerstand te bied ➢ Bantoe-Onderwys het Afrikaans as onderrigmedium by skole ingestel (1975) ➢ Die South African Student Movement is in 1972 gestig wat swart Suid- Afrikaners aan die ideale van die SB blootgestel het ➢ SASO en SASM het die stigting van die Soweto-studente Verteenwoordigende Raad (SSVR) ('Soweto Students' Representative Council (SSRC)) beïnvloed ➢ Beide swart onderwysers en studente het Afrikaans as die taal van onderrig van onderdrukker verwerp ➢ Sommige onderwysers en studente was reeds aan die idees van Biko en die SB-filosofie blootgestel deur SASO-studente-onderwysers van universiteite af ➢ Die departementele omsendbrief oor Afrikaans (50/50) was die sneller vir die Soweto-opstande ➢ Op 16 Junie 1976 het studente/leerders vreedsaam teen die implementering van die omsendbrief betoog ➢ Die polisie se reaksie op die studenteoptogte (Hector Petersen, 'n 13-jarige seun, was een van die eerste ongevalle van hierdie opstand) ➢ Studente en leerders het in ballingskap gegaan • Inspireer die stigting van gemeenskapsprogramme vir selfbematiging van swart Suid-Afrikaners ➢ Biko se verbanning na King Williams Town het die fokus van gemeenskapsprogramme afgelei ➢ SB het deur Swart Gemeenskapsprogramme onafhanklikheid van wit mense bevorder sodat swart Suid-Afrikaners ondersteun word sonder wit hulp (Zanempilo Health Clinic/Ginsburg Educational Trust/Zimele Trust Fund/Solempilo Community Health Centre/Ithuseng Community Health Programme en Winter Skoolprojekte) • Inspireer werkers om 'n vakunie te stig om die apartheidstaat uit te daag (weerstand te bied) ➢ Mobiliseer werkers om vakbonde te stig ➢ Unies was in lyn met die SB-filosofie onder meer die Black Allied Workers Union (BAWU) ➢ SB het die Black Allied Workers Union (BAWU) geïnspireer om die 1973- werkerstakings in Durban te organiseer • Bemagtig swart Suid-Afrikaners om hulle eie media te hê om die apartheidstaat uit te daag ➢ Rol van die media wat simpatiek teenoor die SB-filosofie was, bv. die World- koerant en Thrust • Enige ander relevante antwoord Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met 'n relevante gevolgtrekking opsom. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 26 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik] SINOPSIS Kandidate moet standpunt inneem en aandui of hulle met die stelling saamstem of nie dat alhoewel die onderhandelingsproses deur geweld bemoeilik (versteur) is, dit kompromieë (skikkings) deur politieke partye gevat het om voort te gaan om 'n stewige grondslag vir 'n demokratiese Suid-Afrika in 1994 te lê. Kandidate moet relevante bewyse gebruik om hul argument te ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte by hulle opstelle insluit: • Inleiding: Kandidate moet standpunt inneem en aandui of hulle met die stelling saamstem of nie dat alhoewel die onderhandelingsproses deur geweld bemoeilik (versteur) is, dit kompromieë (skikkings) deur politieke partye gevat het om voort te gaan om 'n stewige grondslag vir 'n demokratiese Suid-Afrika in 1994 te lê. Hulle moet 'n oorsig van die inhoud gee wat hulle gaan gebruik om hulle argument te ondersteun. UITBREIDING • FW de Klerk het in 1989 by PW Botha oorgeneem en hervormings ingestel • Opheffing van die verbod op die African National Congress (ANC), die Pan Africanist Congress (PAC) en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party(SAKP) en ander verbanne organisasies • Vrylating van Nelson Mandela op 11 Februarie 1990 en ander verbanne politieke leiers in 1990 (dit het die weg oopgemaak vir onderhandelinge vir 'n demokratiese SA) (kompromieë deur die NP) • Samesprekings (31 Maart 1990) tussen die ANC en die NP uitgestel weens die doodmaak van weerlose betogers in Sebokeng (geweld) • Groote Schuur-minuut, 2 Mei 1990 – beide partye (ANC en NP) het hulle verbind tot die beëindiging van geweld en om te onderhandel (kompromieë/skikkings) • Handgranaataanvalle op die Melrose House Museum (24 Mei 1990) (geweld) • Pretoria-minuut (Augustus 1990) – ANC staak gewapende stryd en NP hef noodtoestand op (kompromieë) • Nagaanval in Thokoza (13 September 1990) (geweld) • Die Nasionale Vredesooreenkoms is deur 27 politieke organisasies onderteken (14 September 1991) • KODESA 1 (21 Desember 1991) – 19 politieke partye behalwe KP en PAC. NP kritiseer ANC grotendeeks omdat hulle nie MK ontbind het nie en beskuldig hulle daarvan dat hulle MK as 'n 'privaatweermag' hou • Die Verklaring van Voorneme (21 Desember 1991) – politieke partye kom ooreen om 'n nuwe konstitusie saam te stel en 'n tussentydse regering daar te stel (kompromieë) • Partye kan nie oor magsdeling en die grondwetgewende vergadering ooreenkom nie – vergadering eindig • Slegs Blankes Referendum – De Klerk toets wit mening nadat drie tussenverkiesings teenoor die KP verloor is, uitslag van Referendum - wegholoorwinning Ja – onderhandelinge het voortgegaan • KODESA 2 (2 Mei 1992) – was nie suksesvol nie as gevolg van geweld en onvermoë van partye om oor magsdeling ooreen te kom – eindig op dooiepunt Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 27 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Boipatong-slagting (17 Junie 1992) en invloed van die Derde Mag (geweld) • Bisho-slagting (7 September 1992) – ANC-ondersteuners wat deel van die onderhandelingsproses wou wees ('n keerpunt waarna die onderhandelingsproses ten gunste van die ANC was) (geweld) • ANC het beroep gedoen vir golwende massa aksie(Mei 1992) teen die Nasionale Party • Verset deur Concerned South Africans Group (COSAG) – Oktober 1992 • Rekord van Verstandhouding – 26 September 1992 – Meyer en Ramaphosa het hulleself tot vrede en onderhandelinge verbind, Meyer en Ramaphosa het saamgestem met Joe Slovo se Sonsondergangklousule(2 April 1993) (kompromieë) • Partye wat meer as 5% van die stemme verwerf, sal 'n regering van nasionale eenheid (RNE) stig om die nuwe SA te regeer en wit mense sal hulle werk vir 5 jaar behou (kompromieë) • Veelpartyonderhandelinge het op 2 April 1993 by die Wêreldhandelsentrum voortgegaan maar nie lank geduur nie (magsdeling – kompromie) • Sluipmoord op Chris Hani (10 April 1993) – Janus Walus (geweld) • Mandela spreek die nasie op TV toe om nasie te kalmeer • Die AWB het die onderhandelinge op 25 Junie 1993 onderbreek toe hulle die Wêreldhandelsentrum met 'n pantservoertuig bestorm het (geweld) • St James Church-slagting (25 Julie 1993) (geweld) • Heidelberg Taverne-slagting (30 Desember 1993) (geweld) • Shell House-slagting (28 Maart 1994) (geweld) • Datum vir eerste demokratiese verkiesing vasgestel (27–29 April 1994) (kompromieë) • Voortslepende geweld regdeur verkiesing – motorbom buite ANC-hoofkantoor • Motorbom ontplof by Jan Smuts Lughawe (geweld) • Verkiesing in 1994 gehou (kompromieë) • Mandela word die eerste staatspresident van die nuwe demokratiese Republiek van Suid-Afrika met Thabo Mbeki en FW De Klerk as sy adjunkte (kompromieë) • Enige ander relevante antwoord Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met 'n relevante gevolgtrekking opsom. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 28 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik] SINOPSIS Kandidate moet die bewering dat Gorbachev se politieke en ekonomiese hervormings van die middel 1980's het tot die disintegrasie en val van die Sowjetunie, en eindelik in 1991, tot die einde van die Koue Oorlog, gelei het, krities bespreek. Kandidate moet relevante bewyse gebruik om hul argument te ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate kan die volgende aspekte by hulle opstelle insluit: • Inleiding: Kandidate moet 'n kritiese standpunt inneem oor die bewering dat Gorbachev se politieke en ekonomiese hervormings van die middel 1980's het tot die disintegrasie en val van die Sowjetunie, en eindelik in 1991, tot die einde van die Koue Oorlog, gelei het. Hulle moet ook aandui hoe hulle hulle argument gaan ondersteun. UITBREIDING • Impak van die ruimte- en wapenwedloop teen die VSA (Koue Oorlog) en die oorlog in Afghanistan het die ekonomie van die Sowjetunie verswak (agtergrond) • Gorbachev word 1985 die Sekretaris-Generaal van die KPSU en leier van die regering op 54-jarige ouderdom • Hy het gehoop om die Sowjetunie se ekonomie te laat herleef deur beide nywerheidsuitsette en -tegnologie te verbeter, asook om hulle markte uit te brei • In 1985 het hy Perestroika ingestel (ekonomiese herkonstruksie) • Perestroika het kleinskaalse privaat eienaarskap toegelaat en regeringsbeheer oor produksie verwyder • Hy het 'n groot risiko geneem om politieke verandering te weeg te bring, veral vir die Sowjetunie, wat vir hulle onversetlike Kommunistiese standpunt bekend was • Glasnost(oopheid)-beleid is ingestel • Glasnost het tot kritiek van die regering gelei – kritiek van Perestroika en Gorbachev self ingesluit • Heelwat onversetlike kommuniste was ontevrede met beleid wat ongewild geword het • Tuis het hy twee tipes opponente gehad: onversetlikes wat teen die hervormings gekant was en liberale wat hom gekritiseer het dat hy nie vinnig genoeg beweeg nie • Die twee beleide het mekaar nie so ondersteun as wat gedink is nie, maar het die hele stelsel van die Sowjetunie beëindig • Hy het tuis steun verloor – eenheid van die Sowjetunie was in gevaar en sosialisme is bedreig • Val van die Berlynse Muur (1989) het die val van kommunisme beteken • Baie onderliggende verskille het altyd onder die 15 republieke bestaan • Burgerlike verset het tussen verskillende groepe uitgebreek • Ou vorm van nasionalisme het na vore gekom en tot nuwe eis vir onafhanklikheid gelei • Hy het probeer om die disintegrasie te keer deur die stigting van 'n Federasie van State voor te stel – wat misluk het • In 1990 het verskeie Sowjetstate, Rusland, onder Gorbachev se bitter teenstander, Boris Yeltsin, ingesluit, hulle onafhanklikheid verklaar Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 29 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Op 25 Desember 1991 het die USSR asook die Kommunisteparty ontbind • Elkeen van die 15 republieke het onafhanklikheid verkry en lede van die Commonwealth of Independent States(Statebond van onafhanklike state) geword • Die disintegrasie het die einde van die Koue Oorlog gesimboliseer • Die VSA het die enigste supermoondheid gebly • Enige ander relevante antwoord Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met 'n relevante gevolgtrekking opsom. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all