Vertroulik
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
GESKIEDENIS V2
NOVEMBER 2024
ADDENDUM
Hierdie addendum bestaan uit 14 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)




View all




%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
History Grade 12 P2 November 2024 NSC Addendum (Afrikaans)
Grade 12 History Paper 2 addendum from the November 2024 NSC (Afrikaans), 14 pages. Read online or get the free PDF download.
History · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Addendum, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- History
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Addendum
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 735.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2024
NSS Addendum Vertroulik
VRAAG 1: HOE HET CIVIC-ORGANISASIES (BURGERLIKE ORGANISASIES) IN
DIE 1980's PLAASLIKE GEMEENSKAPPE GEMOBILISEER OM DIE
APARTHEIDSREGERING SE STRUKTURE IN SUID-AFRIKA TEEN
TE STAAN?
BRON 1A
Die bron hieronder is geskryf deur D Zelenova, 'n navorsingsbeurshouer by die
Institute for Social Policy en 'n lid van die fakulteit van die Higher School of
Economics in Rusland. Dit ondersoek die reaksie van die civics (burgerlike
organisasies) op die Wet op Swart Plaaslike Owerhede.
Die regering het in 1980 die Wetsontwerp op Swart Plaaslike Owerhede voorgelê. Na
baie besprekings en hersiening is die wetsontwerp uiteindelik in 1982 as die
Wet op Swart Plaaslike Owerhede aangeneem. Dit het vir die stigting van 'n reeks
plaaslike regeringstrukture voorsiening gemaak, soortgelyk aan dié wat in die wit
gebiede bedryf is en vir die eerste keer het [dit] swart inwoners van stedelike lokasies
iets soos outonomie (selfregering) gegee. 'As hulle nie toegang tot die Parlement kon
hê nie, het hulle nou ten minste plaaslike mag gehad, deur plaaslike inwoners
verkies.' Raadslede was verantwoordelik vir township-administrasie oor begrotings
wat deur plaaslike huur en heffings (belasting) verkry is.
In reaksie op die Wet op Swart Plaaslike Owerhede het civic-organisasies (burgerlike
organisasies) opgeskiet (gegroei). Die civics was, kortliks, inwonerverenigings wat die
bekommernisse van die mense hanteer het. Hierdie plaaslike komitees, wat in die laat
1970's ontstaan en in die 1980's vinnig vermeerder het, het op gewone township-
inwoners, dikwels sonder politieke ervaring of organiserings- en
fasiliteringsvaardighede, gekonsentreer. Civics het op verskillende maniere met meer
gelokaliseerde vorme van selforganisasie, soos blok-, jaart- en straatkomitees,
interaksie gehad. Dit is gestig om spesifieke probleme, soos hoë huur, swak
elektrifisering, swak behuising, die emmertoiletstelsel en misdaad, aan te pak.
'Die omstandighede wat die stigting van hierdie organisasies meegebring
(veroorsaak) het, was oorlewingskwessies, maar die hantering van hierdie
oorlewingskwessies het hulle (civic-organisasies) outomaties na politieke kwessies
gedryf. 'Deur gewilde vrae, soos "Waarom is die strate vuil?", "Waarom moet ons
huise huur?", is mense polities bewus gemaak,' het Moses Mayekiso, 'n leier van die
Alexander Action Committee, gesê.
[Uit Anarcho-Syndicalist Review, 'n onafhanklike arbeidstydskrif, 2 Oktober 2017]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2024
NSS Addendum Vertroulik
BRON 1B
Die plakkaat hieronder, deur die Krugersdorp Residents' Organisation gemaak, het op
South African History Archive verskyn. Dit het inwoners na die vergadering op
27 Januarie 1985 by die Rooms-Katolieke Kerk in Kagiso genooi. Nov
[Uit 'Images of Defiance', Suid-Afrikaanse weerstandsplakkate van die 1980's
deur die Krugersdorp Residentsꞌ Organisation]
DR. MOTLANA DIE ROL VAN CIVIC-VERENIGINGS 27/1/85
ISAAC GENU PROBLEME IN KAGISO &
MUNSIEVILLE 12 UUR NAMIDDAG
ROOMS-KATOLIEKE
INWONERS- KERK
VERGADERING KAGISO
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2024
NSS Addendum Vertroulik
BRON 1C
Die uittreksel hieronder is uit Zwelethu Our Land – A Memoir deur J Seroke, die
Pan-Afrikanis en kader van die Pan Africanist Congress (PAC). Dit het in 2021
verskyn. Dit fokus op die Thembisa-huurboikot in die middel 1980's en die reaksie van
die regering op diegene wat hulle as die leiers gesien het.
Die Azanian People's Organisation (AZAPO) het in die 1980's te voorskyn getree om
die aksie wat die huur- en diensteklagtes van die Thembisa-inwoners gesteun het, te
lei en daar is op 'n boikot ooreengekom. Die inwoners het uit die vergadering na die
strate gestap om ander gemeenskapslede te mobiliseer.
Ek (Jaki Seroke) is vroegoggend die volgende dag by my huis deur my ou teenstander
(vyand), Suid-Afrikaanse Polisiebeampte, Van Niekerk, opgelaai en volgens die
Algemene Regswysigingswet aangehou (in die tronk). Hierdie wet het veertien dae se
aanhouding toegelaat terwyl die polisie 'n aanklag uitgewerk het. Die aangehoudene
kon alleen opgesluit (geïsoleer) word en is nie toegelaat om gedurende daardie tyd
toegang tot prokureurs of dokters te hê nie. Die veertien dae kon vir 'n onbepaalde
tydperk (sonder einde) verleng word totdat die persoon aangekla is, of die polisie kon
besluit om hom/haar vry te laat. Hierdie wet was 'n aangepaste weergawe van die
Sobukwe-klousule, waarvolgens Robert Sobukwe, stigter van die PAC, vir 'n jaar in
isolasie op Robbeneiland aangehou is, en in sy geval is dit vir nege jaar herhaal.
Ek het die aanhoudingswette bestudeer en myself oor die paar regte wat ek gehad het,
geleer. Ek het ook geweet dat ek die reg het om vir die geskrewe regulasies te vra. Ek
is vir aanhouding na die Kempton Park Polisiekantoor geneem. Die beamptes het ons
twee-twee in 'n sel geplaas. Ek was saam met David Makgapa, wat my ingelig het oor
die ontwikkelings wat tot die oproep om (aandrang op) 'n huurboikot gelei het. Diegene
wat die boikot teengestaan het, was mense wat as raadslede wou dien en marionette
('puppets') van die township-superintendent (administrateur) was.
[Uit Zwelethu Our Land – A Memoir deur J Seroke]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2024
NSS Addendum Vertroulik
BRON 1D
Die uittreksel hieronder is uit die Waarheids-en-Versoeningskommissie se Verslag wat
op 29 Oktober 1998 verskyn het. Dit verduidelik hoe civic-organisasies, wat op die
voorpunt van protesaksie in townships was, gewelddadige onderdrukking deur die
Suid-Afrikaanse regering getrotseer (teengestaan) het.
Huurboikotte is in townships dwarsdeur die Vaalgebied begin ná die aankondiging van
'n huurverhoging deur swart plaaslike owerhede, wat nou onder druk was om hulle
begrotingstekorte (agterstand) na te kom en selffinansierend te word.
Township-inwoners kon dit nie bekostig om die vinnig stygende huur te betaal wat van
hulle verwag is nie. Die 56 persent-huurverhoging wat deur die Lekoa-stadsraad
aangekondig is, het ten minste 300 000 mense in die Vaalgebied, wat alreeds van die
hoogste huur in die land betaal het en waarvan die helfte agterstallig was, geraak.
Opposisie wat deur civic- en studente-organisasies georganiseer is, het vinnig
toegeneem (meer geword). Aanvalle op raadslede wat probeer het om die
huurverhoging deur swart plaaslike owerhede te implementeer, het toegeneem
(gegroei), wat in 1984 tot die bedanking van baie gelei het. Tussen Januarie 1985 en
Julie 1986 is huurboikotte in Ratanda, Katlehong, Mamelodi, Alexandra, Tembisa,
Soweto, Vosloorus en Krugersdorp begin. Daar is beraam dat teen Augustus 1987
huurboikotte in die PWV (Pretoria, Witwatersrand en Vereeniging) meer as
R188 miljoen gekos het.
Gewelddadige regeringreaksie op huurprotesaksies het gelei tot die polisie wat op
21 November 1985 op protesgangers in Mamelodi geskiet het waar dertien mense
gesterf het. Die meeste slagoffers is in die rug geskiet. Kaptein Le Roux van die
Suid-Afrikaanse Polisie (SAP), wat aan die skietery deelgeneem het, het in 1989 in die
geregtelike verhoor gesê dat die polisie 'n benadering van skiet om dood te maak,
aanvaar het. Die Mamelodi-slagting het die township-gemeenskap geradikaliseer
(gerewolusioneer). In die Vaalgebied het die gewelddadige reaksie van die polisie op
die huur die protesaksie en opposisie vererger in plaas daarvan om dit te beteuel (in
toom te hou).
[Uit WVK Finale Verslag, Volume 3, Hoofstuk 6, Onderafdeling 42]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2024
NSS Addendum Vertroulik
VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK)
DAARTOE IN STAAT OM VIR DIE FAMILIE VAN SIZWE KONDILE
AFSLUITING TE GEE OOR SY MOORD IN 1981 AS 'N ANTI-
APARTHEID-AKTIVIS?
BRON 2A
Die bron hieronder is 'n uittreksel uit die Waarheids-en-Versoeningskommissie-verslag,
wat in 1998 verskyn het. Dit beklemtoon Sizwe Kondile se politieke lewe en hoe hy in
1980 na Lesotho gevlug het en in ballingskap gegaan het.
Mnr. Gcinisizwe 'Sizwe' Kondile was 'n Port Elizabeth-aktivis en 'n stigterslid van die
Congress of South African Students (COSAS). In ongeveer Julie 1980 het Kondile en
nog vyf ander persone, in kontak met die African National Congress (ANC) in Lesotho,
'n ondergrondse ANC-sel binne die land gestig.
Toe twee lede van die sel – mnr. Thembi Mbiyabo en mnr. Nangamso Ndzube –
gearresteer is, het Kondile en die ander sellede (mnr. Vusumzi Pikoli,
mnr. Thozi Majola en mnr. Phaki Ximiya) besluit om in September 1980 die land te
verlaat. Hulle het na Maseru, Lesotho, gegaan waar hulle die voormalige leier van die
Port Elizabeth Black Civic Organisation (PEBCO), mnr. Thozamile Botha en mnr. Chris
Hani, ontmoet het. Hulle het basiese opleiding ontvang en is aangesê om die
ondergrondse beweging in die Oos-Kaap te vorm. Dit het behels dat daar heen en
weer tussen Lesotho en Suid-Afrika beweeg moes word.
Kondile het in Junie 1981 op 'n kort sending na Suid-Afrika gegaan en in dieselfde
maand veilig na Maseru, die hoofstad van Lesotho, teruggekeer. Later daardie maand
het hy uit Maseru verdwyn. Die Suid-Afrikaanse Polisie het beweer dat Kondile op
26 Junie 1981 in Port Elizabeth gearresteer is, maar dat hy in Augustus 1981 vrygelaat
is. Omdat hy op die dag wat hy verdwyn het, Chris Hani se motor geleen het, het die
ANC hom daarvan verdink dat hy 'n verraaier is, en die familie moes politieke isolasie
en trauma (skok) as gevolg hiervan verduur.
[Uit die Waarheids-en-Versoeningskommissie-verslag, Vol. 3, 1998]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2024
NSS Addendum Vertroulik
BRON 2B
Die uittreksel hieronder is uit 'n boek met die titel COMING TO TERMS – SOUTH
AFRICA'S SEARCH FOR TRUTH deur M Meredith. Dit fokus op die getuienis wat deur
apartheidsera-veiligheidspolisie by die WVK oor die moord van Sizwe Kondile gegee is
en hoe sy moeder Dirk Coetzee se versoek om vergifnis verwerp het.
Drie senior offisiere – Van Rensburg, Du Plessis en hulle bevelvoerder, Kolonel Gerrit
Erasmus – het uiteindelik erken dat hulle die moord gepleeg het, maar het ontken dat
Kondile doodgemaak is omdat hy tydens ondervraging breinskade opgedoen het. Hulle
het beweer dat die rede vir sy dood was dat, nadat hy ingestem het om 'n polisie-
informant te word, Kondile die naam van 'n veiligheidspolisie-agent se naam gegee
het; hierdie naam, indien dit in die hande van die ANC sou kom, sou erge skade
veroorsaak het. Hulle het Kondile nie meer vertrou nie en besluit om hom dood te
maak. Erasmus het erken dat hy die finale besluit geneem het.
Aan die einde van sy getuienis het Dirk Coetzee na Charity Kondile gedraai om om
vergifnis te vra. Hy het gesê hy hoop om haar eendag te ontmoet om 'haar in die oë te
kyk'. Mev. Kondile se prokureur, Imram Moosa, het 'n vinnige antwoord gehad: 'Jy sê
dat jy graag mev. Kondile sou wou ontmoet om haar in die oë te kyk. Dit is 'n eer wat
sy voel jou nie toekom nie. En as jy werklik berouvol (jammer) was, sou jy nie om
amnestie aansoek gedoen het nie, maar sou jy, in werklikheid, tereggestaan het vir wat
jy gedoen het.'
'n Lang, ongemaklike stilte het in die saal geheers. Die amnestiepaneel, die
regsverteenwoordigers, die gehoor, almal het gelyk asof hulle verontrus (ontsteld) was.
Coetzee het stadig teruggedraai, sy hande saamgeklem. In 'n koerantonderhoud
daarna het mev. Kondile gesê: 'Dit is maklik vir Mandela en Tutu om te vergewe. …
Hulle het gevindikeerde (getransformeerde) lewens gelei. In my lewe het niks, nie een
dingetjie nie, verander sedert my seun deur barbare (boewe) begrawe is nie … niks
nie. Daarom kan ek nie vergewe nie.'
[Uit COMING TO TERMS – SOUTH AFRICA'S SEARCH FOR TRUTH deur M Meredith]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2024
NSS Addendum Vertroulik
BRON 2C
Die foto hieronder is by Sizwe Kondile se geestelike repatriasie (terugkeer) geneem.
Dit het op 1 Julie 2016 in die Oos-Kaapse plaaslike koerant, Eyewitness News,
verskyn. Dit beeld Sizwe Kondile se familielede, naamlik Bantu Kondile (Sizwe se
seun), Nompumelelo (Sizwe se suster), Khwezi (Sizwe se nefie ('nephew')) en Pat
Kondile (Sizwe se neef) op 30 Junie 2016 uit saam met Vusi Pikoli by die plek in
Komatipoort waar hulle sy geestelike repatriasie (terugkeer) uitgevoer het.
[Uit Eyewitness News, 1 Julie 2016]
Vusi Pikoli – praat namens die Kondile-familie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2024
NSS Addendum Vertroulik
BRON 2D
Die artikel hieronder, 2 Julie 2016 gedateer, het op Independent Online (IOL), 'n Suid-
Afrikaanse mediaplatform, verskyn. Dit beklemtoon aspekte uit die toespraak van die
Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha, op 1 Julie 2016
gedurende die begrafnis van Sizwe Kondile se geestelike oorskot by Vryheidspark
('Freedom Park').
UITEINDELIK, AFSLUITING VIR VERMOORDE KADERS SE FAMILIES
Johannesburg – Vergiftig, gemartel, geskiet, verbrand en gebombardeer – dit is hoe
..., Sizwe Kondile, … deur die toedoen van die apartheidpolisie gesterf het.
Die families van die drie mans het 'n mate van afsluiting gekry toe hulle Vrydag
'n 'geestelike repatriasie' (terugkeer) en simboliese begrafnis by Vryheidspark in
Pretoria bygewoon het. Die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael
Masutha, die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shaun Abrahams, en
een van sy voorgangers, Vusi Pikoli, wat Kondile se beste vriend was, het by hulle
aangesluit.
Die families het Donderdag 'n geestelike repatriasie in Komatipoort, Mpumalanga,
bygewoon.
Die simboliese begrafnis het by Isivivane in Vryheidspark plaasgevind, wat die beste
beskryf kan word as 'n geestelike rusplek vir diegene wat deel van die vryheidstryd
('struggle') was. 'Ons is sensitief vir (bewus van) die feit dat daar werklike begrafnisse
moes gewees het, maar die wrede en genadelose apartheidsregime het geen respek
vir menselewens gehad nie, veral nie vir ons vryheidsvegters nie,' het Masutha gesê.
Met verwysing na die seremonie, het Masutha gesê: 'Ek dink dit is 'n oomblik van
nadenke vir ons almal van alle politieke, godsdienstige en kulturele oortuigings en
rasseverdelings in Suid-Afrika.'
'Die Departement van Justisie hoop om die Parlement te nader met 'n konkrete
voorstel om rassisme, met tyd in die tronk as deel van die straf, te kriminaliseer,' het
Masutha gesê.
Die seremonie het families die geleentheid gebied om die nodige afsluiting te kry.
Deelname aan die rituele het families antwoorde, afsluiting en begrip van die hele
situasie gegee.
[Uit Independent Online (IOL), 2 Julie 2016]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 10 DBE/November 2024
NSS Addendum Vertroulik
VRAAG 3: WAAROM WAS DAAR IN 2011 WEERSTAND TEEN WALMART SE
UITBREIDING NA SUID-AFRIKA?
BRON 3A
Die uittreksel hieronder, met die titel 'Die uitleg van die Walmart-debat – 'n bespreking
van die internasionale handelsproses, kwessies en implikasies van Walmart se
toetrede tot Suid-Afrika' ('Unpacking the Walmart debate – a discussion of the
international trade process, issues and implications of Walmart's entry into South
Africa'), kom uit International Journal of Accounting Research, Vol. 1, Nr. 10, 2014,
deur P Soni en AM Karodia. Dit beklemtoon hoe Walmart 'n globaliseringstrategie
aangeneem het deur na Suid-Afrika uit te brei.
Globalisering bied multinasionale maatskappye (MNM's), soos Walmart, enorme
geleenthede om hulle bedrywighede en aktiwiteite na die uithoeke van die wêreld te
versprei. Maatskappye brei om verskeie redes hulle aktiwiteite oor grense heen uit.
Toegang tot groter markte, kapasiteitsbesparinge en goedkoper hulpbronne is onder
die gewildste redes vir uitbreiding. In die geval van Walmart is die maatskappy se
oorlewing direk met hulle groei verbind en die internasionale arena het 'n ideale
platform vir volhoubare groei gebied.
Walmart kon dit nie bekostig om hulle bedrywighede te beperk tot 'n land wat slegs vir
4 persent van die wêreld se bevolking – die VSA – verantwoordelik is nie. Die gevolg is
dat die maatskappy in 1991 globalisering begin toepas het en sedertdien 'n
aggressiewe globaliseringstrategie volg.
Alhoewel vryhandelsooreenkomste, vooruitgang in tegnologie en vervoer dit makliker
maak vir firmas om besigheid oor grense te bedryf, is Pearce en Robinson (2011) van
mening dat daar verskeie kompleksiteite (probleme) is wat met die internasionale
handelsproses geassosieer word.
Walmart sou ook die relatiewe 'oopheid' van Suid-Afrika ten opsigte van internasionale
handel ondersoek het. Suid-Afrika, wat 'n ondertekenaar van die Suid-Afrikaanse
Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), en ook van die BRICS(Brasilië, Rusland, Indië,
China en Suid-Afrika)-gemeenskap wat onlangs gestig is, het aangedui dat Suid-Afrika
relatief oop is vir handel. Walmart het gevolglik op Suid-Afrika besluit as hulle eerste
gasheerland op die Afrika-kontinent.
[Uit International Journal of Accounting Research, Vol. 1, Nr. 10, 2014]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 11 DBE/November 2024
NSS Addendum Vertroulik
BRON 3B
Die foto hieronder is uit die Independent Online (IOL)-koerant wat op 1 Junie 2011
verskyn het. Dit toon 'n paar lede van die South African Commercial and Catering
Worker's Union (SACCAWU) wat betoog teen die samesmelting van Walmart met
Massmart buite die Departement van Handel en Nywerheid se kantoor in Pretoria waar
die Raad op Mededinging se verhoor gehou is.
[Uit Independent Online (IOL), 1 Junie 2011]
Anti-Walmart-koalisie
ANTI-WALMART-KOALISIE WALMART –
DIE EKONOMIESE
KOLONISEERDER!
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 12 DBE/November 2024
NSS Addendum Vertroulik
BRON 3C
Die bron hieronder is uit 'n voorlegging deur die Suid-Afrikaanse Klere- en
Tekstielwerkersunie (SACTWU) aan die Parlementêre Portefeuljekomitee oor
Ekonomiese Ontwikkeling op 15 Julie 2011. Dit het besorgdheid (kommer) oor die
samesmelting van Walmart-winkels en Massmart Holdings uitgespreek.
Ons hoofbekommernis is die feit dat die teenwoordigheid van Walmart plaaslike
indiensneming, asook die plaaslike vervaardigingsektor, as gevolg van afname in die
vraag na plaaslik vervaardigde produkte en toenemende vraag na ingevoerde produkte
binne die kleinhandelsektor (met betrekking tot die saamgesmelte entiteit en selfs hulle
mededingers), negatief sal beïnvloed.
Dit sal lei tot die volgende: beduidende (kritiese) uitverkoop (op 'n nywerheidswye
basis) van plaaslike vervaardigers binne die nywerhede wat aan die kleinhandelsektor
verskaf; werksverliese, veral in die vervaardigingsektor maar ook in die
kleinhandelsektor en veral onder swart werkers; disindustrialisasie binne die
Suid-Afrikaanse vervaardigingsektor; en dat klein besighede en besighede wat deur
histories agtergeblewenes (benadeelde) mense besit of beheer word, minder
mededingend sal word.
Die teenwoordigheid van Walmart in die plaaslike mark sal ook tot erger (verslegtende)
toestande vir werknemers in die nywerheid (industrie) lei. Walmart se praktyke dui
daarop dat hulle verlaging van pryse teen 'n beduidende (groot) koste vir werknemers
kom, wat verplig word om laer lone en swakker werksomstandighede te aanvaar. Dit
weerspreek (staan teen) enige verbruikersvoordele as gevolg van die verlaging van
pryse, soos wat deur die samesmeltende partye geëis word, en dit wek ook kommer
oor belangrike openbare belange.
[Uit Walmart Stores INC/Massmart Holdings Limited se Voorlegging aan Portefeuljekomitee oor
Ekonomiese Ontwikkeling, 15 Julie 2011]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 13 DBE/November 2024
NSS Addendum Vertroulik
BRON 3D
Die bron hieronder is 'n uittreksel uit 'n toespraak wat op 30 Januarie 2013 gedurende
'n inligtingsessie aan die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Ekonomiese
Ontwikkeling, deur mnr. Ramburuth, Kommissaris van die Mededingingskommissie,
gelewer is. Dit fokus op die impak van die Walmart/Massmart-samesmelting op
plaaslike verskaffers.
Die Walmart/Massmart-oorwegings het hoofsaaklik gewentel om die bedreiging wat in
die toekoms moontlik was. Daar was vrees dat as Walmart, in die lig van hulle
gesofistikeerde (moderne) netwerk om aan te koop, tot die land sou toetree, plaaslike
verskaffers nie 'n kans sou hê om hulle produkte te verkoop nie. Een opsie was om
Walmart uit die land te hou. Die tweede – wat gevolg is – was om Walmart toe te laat
om toe te tree, maar om dan plaaslike verskaffers op te bou om meer doeltreffend te
wees en 'n groter mededingende vermoë te hê. Die verskafferontwikkelingsfonds en
ander voorwaardes is duidelik verwoord (uitgedruk), ook in reaksie op ingrypings deur
die regering, wat eers voor die Tribunaal aangekondig is.
Dit was duidelik ook in Walmart se belang om goeie plaaslike verskaffers te hê, veral
met betrekking tot bederfbare produkte (voedsel wat varsheid sal verloor), en dit was
waarskynlik dat Walmart in elk geval, selfs sonder die bevel vir die stigting van die
Fonds, iets sou doen om na die verbetering van plaaslike aanbod (verskaffing) te
streef. Verskaffers was nie verplig om slegs aan Walmart te verskaf nie, so hulle kon
nou vir al hulle klante verbeter. Met betrekking tot die media-artikels waarna die
voorsitter verwys het, het dit geblyk dat wetgewers in die VSA soortgelyke stappe
gedoen het om hulle eie plaaslike nywerhede te beskerm.
Ongeag hulle ideologiese posisies, het dit gelyk asof die VSA 'n proteksionistiese
houding ingeneem het. Op lang termyn kon die verbintenis (ooreenkoms) deur
Walmart 'n impak hê, afhangend van hoe dit geïmplementeer is, maar daar moet
onthou word dat ongeag wat Walmart se ooreenkoms in die VSA was, die politieke
omstandighede dáár nooit die Mededingingsappèlhof se beslissing dat dit moet
voldoen aan wat in Suid-Afrika van toepassing is, kan omverwerp nie.
[Uit Parlementêre Moniteringsgroep, Opdatering deur Mededingingskommissie,
30 Januarie 2013]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 14 DBE/November 2024
NSS Addendum Vertroulik
ERKENNINGS
Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:
Anarcho-Syndicalist Review, 'n onafhanklike arbeidstydskrif, 2 Oktober 2017
'Images of Defiance', Suid-Afrikaanse weerstandsplakkate van die 1980's,
geproduseer deur die Krugersdorp Community Organisation, gedruk deur Screen
Training Project in JHB, Raven Press, 2004
Independent Online (IOL), 1 Junie 2011
International Journal of Accounting Research, Vol. 1, Nr. 10, 2014
Parlementêre Moniteringsgroep, Opdatering deur Mededingingskommissie,
30 Januarie 2013
Seroke, J. 2021. Zwelethu Our Land – A Memoir (Tafelberg Uitgewers, Kaapstad)
WVK Finale Verslag, Volume 3, Hoofstuk 6, Onderafdeling 42
Walmart Stores INC/Massmart Holdings Limited se Voorlegging aan die
Portefeuljekomitee oor Ekonomiese Ontwikkeling, 15 Julie 2011
Eyewitness News, 1 Julie 2016
Independent Online (IOL), 2 Julie 2016
Meredith, M. 1999. COMING TO TERMS – SOUTH AFRICA'S SEARCH FOR TRUTH
(Perseus Books Group, New York)
WVK Finale Verslag, Vol. 3, 1998
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
History Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 QP (Afr)
%20June%202024%20Question%20Paper_hlayiso.com_--b8285d4c-81f2-4d18-a8e1-31feb9e949b5/v1-08263ca49c7d250a5368/card.webp)
Question paper
History Grade 12 P2 NSC June 2024 Question Paper (Afrikaans)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Addendum

Addendum
History Grade 12 P2 NSC November 2023 Addendum (English)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 Addendum (Afr)

Addendum
History Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Addendum (Eng)
More from Grade 12 History

Study guide
Workguide Case Study Strategies

Memorandum
History Grade 12 Paper 2 North West Mock 2025 Memo

Memorandum
History Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Memo (English)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (Afrikaans)

Memorandum
History Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo (Afr)
%202024%20Question%20Paper%20X05_hlayiso.com_--7b41ec15-3856-4a67-a9db-cedd424e51c5/v1-5ae80cf63fec0975a316/card.webp)
Question paper