Skip to content

History Grade 12 P2 November 2024 NSC Question Paper (Afr)

Question paperHistoryGrade 1220249 pages

Grade 12 History Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Vertroulik GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V2 NOVEMBER 2024 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye en 'n addendum van 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 2 DBE/November 2024 NSS Vertroulik INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B, wat op die voorgeskrewe inhoudsraamwerk in die KABV-dokument gebaseer is. AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA VRAAG 2: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 3: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE, 1989 TOT DIE HEDE AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 2. AFDELING A bestaan uit DRIE brongebaseerde vrae. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, kan in die ADDENDUM gevind word. 3. AFDELING B bestaan uit DRIE opstelvrae. 4. Beantwoord DRIE vrae soos volg: 4.1 Ten minste EEN moet 'n brongebaseerde vraag wees en ten minste EEN moet 'n opstelvraag wees. 4.2 Die DERDE vraag kan όf 'n brongebaseerde vraag όf 'n opstelvraag wees. 5. Jy word aangeraai om ten minste EEN uur per vraag te spandeer. 6. In die beantwoording van die vrae moet jy jou kennis, vaardighede en insig gebruik. 7. Jy sal benadeel word deur die blote oorskryf van die bronne as antwoorde. 8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 3 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Bronmateriaal wat benodig word om hierdie vrae te beantwoord, is in die ADDENDUM vervat. VRAAG 1: HOE HET CIVIC-ORGANISASIES (BURGERLIKE ORGANISASIES) IN DIE 1980's PLAASLIKE GEMEENSKAPPE GEMOBILISEER OM DIE APARTHEIDSREGERING SE STRUKTURE IN SUID-AFRIKA TEEN TE STAAN? Nov Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D en beantwoord die vrae wat volg. 1.1 Gebruik Bron 1A. 1.1.1 Noem die Wetsontwerp, in die bron, wat in 1980 deur die apartheidsregering voorgelê is om plaaslike owerheidstrukture te skep. (1 x 1) (1) 1.1.2 Haal TWEE voorwaardes van die Wet op Swart Plaaslike Owerhede, vir swart inwoners in townships, uit die bron aan. (2 x 1) (2) 1.1.3 Maak 'n lys van DRIE probleme, volgens die bron, wat pas gestigte civic-organisasies (burgerlike organisasies) veronderstel was om in hulle plaaslike gemeenskappe aan te pak (op te los). (3 x 1) (3) 1.1.4 Lewer kommentaar op wat met die stelling, '… hantering van hierdie oorlewingskwessies het hulle (civic-organisasies) outomaties na politieke kwessies gedryf', in hulle townships geïmpliseer word. (1 x 2) (2) 1.2 Raadpleeg Bron 1B. 1.2.1 Waarom, dink jy, is hierdie plakkaat geskep? (1 x 2) (2) 1.2.2 Verduidelik waarom dit gedurende die inwonersvergadering vir dr. Motlana belangrik was om oor 'Die Rol van Civic-verenigings' te praat. (2 x 2) (4) 1.3 Bestudeer Bron 1C. 1.3.1 Identifiseer die organisasie in die bron wat in die 1980's die huur- en diensteklagtes van die Thembisa-inwoners gesteun het. (1 x 1) (1) 1.3.2 Waarom, dink jy, is Jaki Seroke deur die Suid-Afrikaanse Polisiebeampte (Van Niekerk) aangehou 'n dag nadat Thembisa- inwoners 'n optog teen huur en dienste gehou het? (1 x 2) (2) 1.3.3 Volgens die bron, gee enige DRIE bepalings van die Algemene Regswysigingswet met betrekking tot die behandeling van aangehoudenes. (3 x 1) (3) 1.3.4 Definieer die term huurboikot in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 1.3.5 Verduidelik waarom diegene wat die huurboikot teengestaan het, as marionette ('puppets') van die township-superintendent beskou is. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 4 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 1.4 Lees Bron 1D. 1.4.1 Haal TWEE redes uit die bron aan waarom township-inwoners in die Vaalgebied dit nie kon bekostig om huur te betaal nie. (2 x 1) (2) 1.4.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer kommentaar op waarom daar in 1984 baie township-raadslede was wat bedank het. (2 x 2) (4) 1.4.3 Verduidelik die konsep slagting in die konteks van die regering se reaksie op huurprotesgangers (betogers) in Mamelodi. (1 x 2) (2) 1.4.4 Waarom sou 'n geskiedkundige hierdie bron as bruikbaar beskou wanneer die apartheidsregering se reaksie op huurboikotte in townships nagevors word? (2 x 2) (4) 1.5 Verwys na Bron 1B en 1D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse in Bron 1D ondersteun rakende die protesaksies in die 1980's teen swart plaaslike owerhede. (2 x 2) (4) 1.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik hoe civic-organisasies (burgerlike organisasies) in die 1980's plaaslike gemeenskappe gemobiliseer het om die apartheidsregering se strukture in Suid-Afrika teen te staan. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 5 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 2: WAS DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE (WVK) DAARTOE IN STAAT OM VIR DIE FAMILIE VAN SIZWE KONDILE AFSLUITING TE GEE OOR SY MOORD IN 1981 AS 'N ANTI- APARTHEID-AKTIVIS? Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D en beantwoord die vrae wat volg. 2.1 Verwys na Bron 2A. 2.1.1 Volgens die bron, wanneer het Sizwe Kondile en nog vyf persone 'n ondergrondse ANC-sel binne die land gestig? (1 x 2) (2) 2.1.2 Noem DRIE van Sizwe Kondile se sellede in die bron wat besluit het om in September 1980 die land te verlaat. (3 x 1) (3) 2.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom Kondile en sy vriend 'n sending onderneem het om heen en weer tussen Lesotho en Suid-Afrika te beweeg (1 x 2) (2) 2.1.4 Definieer die term verraaier in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 2.2 Lees Bron 2B. 2.2.1 Noem DRIE senior offisiere van die Suid-Afrikaanse Polisie in die bron wat erken het dat hulle Sizwe Kondile vermoor het. (3 x 1) (3) 2.2.2 Verduidelik die term getuienis in die konteks van die aansoek om amnestie. (1 x 2) (2) 2.2.3 Lewer kommentaar op die betekenis van die stelling, '… as jy werklik berouvol (jammer) was, sou jy nie om amnestie aansoek gedoen het nie, maar sou jy, in werklikheid, tereggestaan het vir wat jy gedoen het', met betrekking tot Coetzee se versoek om vergifnis. (1 x 2) (2) 2.2.4 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en noem waarom jy dink Charity Kondile tot die gevolgtrekking gekom het dat sy nie vir Dirk Coetzee kon vergewe vir wat hy aan haar seun gedoen het nie. (1 x 2) (2) 2.3 Gebruik Bron 2C. 2.3.1 Verduidelik waarom hierdie foto baie belangrik vir die Kondile-familie kon wees. (1 x 2) (2) 2.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en lewer kommentaar op waarom Vusi Pikoli by die Kondile-familie aangesluit het. (2 x 2) (4) 2.3.3 Lewer kommentaar op of jy dink die geestelike repatriasie van Sizwe Kondile afsluiting vir sy familie kon bring omdat daar geen begrafnis vir hom was nie. (1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 6 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 2.4 Raadpleeg Bron 2D. 2.4.1 Haal uit die bron enige VIER maniere aan wat aandui hoe Sizwe Kondile deur die toedoen van die polisie gesterf het. (4 x 1) (4) 2.4.2 Lewer kommentaar op waarom 'n geestelike repatriasie vir die Kondile-familie nodig was. (1 x 2) (2) 2.4.3 Waarom het Masutha geglo dat die seremonie in 2016 ' 'n oomblik van nadenke vir ons almal' was? (1 x 2) (2) 2.4.4 Verduidelik waarom 'n geskiedkundige dit as 'n betroubare bron kan beskou vir navorsing oor die seremoniële begrafnis van Sizwe Kondile. (2 x 2) (4) 2.5 Verwys na Bron 2B en 2D. Verduidelik hoe die inligting in Bron 2D van die bewyse in Bron 2B verskil oor die verkryging van afsluiting vir die Kondile-familie. (2 x 2) (4) 2.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik of die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) daartoe om staat was om vir die familie van Sizwe Kondile afsluiting te gee oor sy moord in 1981 as 'n anti-apartheid-aktivis. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 7 DBE/November 2024 NSS Vertroulik VRAAG 3: WAAROM WAS DAAR IN 2011 WEERSTAND TEEN WALMART SE UITBREIDING NA SUID-AFRIKA? Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D en beantwoord die vrae wat volg. 3.1 Verwys na Bron 3A. 3.1.1 Definieer die term globalisering in jou eie woorde. (1 x 2) (2) 3.1.2 Gee DRIE redes in die bron waarom maatskappye hulle aktiwiteite oor grense heen uitbrei. (3 x 1) (3) 3.1.3 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis en verduidelik waarom Walmart 'n aggressiewe globaliseringstrategie gevolg het. (1 x 2) (2) 3.1.4 Noem enige TWEE faktore, volgens die bron, wat dit vir firmas makliker gemaak het om besigheid oor grense heen te bedryf. (2 x 1) (2) 3.1.5 Verduidelik die betekenis van die stelling, '... Suid-Afrika (is) relatief oop vir handel', in die konteks van globalisering. (1 x 2) (2) 3.2 Raadpleeg Bron 3B. 3.2.1 Waarom, dink jy, is hierdie foto geneem? (1 x 2) (2) 3.2.2 Lewer kommentaar op die betekenis van die woorde, 'WALMART – DIE EKONOMIESE KOLONISEERDER!' (2 x 2) (4) 3.2.3 Verduidelik die beperkinge van hierdie bron vir 'n navorser wat die impak van globalisering op Suid-Afrika bestudeer. (2 x 2) (4) 3.3 Lees Bron 3C. 3.3.1 Volgens die bron, waarom sou die teenwoordigheid van Walmart in Suid-Afrika die plaaslike indiensneming- en plaaslike vervaardigingsektore negatief beïnvloed? Gee TWEE antwoorde. (2 x 1) (2) 3.3.2 Gebruik die inligting in die bron en jou eie kennis om te verduidelik hoe Walmart se toetrede tot Suid-Afrika tot disindustrialisasie binne die vervaardigingsektor sou lei. (2 x 2) (4) 3.3.3 Identifiseer bewyse in die bron wat aandui dat Walmart se teenwoordigheid in die plaaslike mark, toestande vir werknemers sou vererger (versleg). (1 x 2) (2) 3.4 Verwys na Bron 3B en 3C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 3C die bewyse in Bron 3B rakende die reaksie van vakbonde op die samesmelting van Walmart en Massmart ondersteun. (2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 8 DBE/November 2024 NSS Vertroulik 3.5 Bestudeer Bron 3D. 3.5.1 Wat, volgens die bron, was Suid-Afrika se vrees as Walmart, met hulle 'gesofistikeerde (moderne) netwerk om aan te koop', tot die land sou toetree? (1 x 1) (1) 3.5.2 Haal TWEE opsies uit die bron aan wat Suid-Afrika gehad het oor hoe om Walmart se bedoeling om in die land uit te brei, te hanteer. (2 x 1) (2) 3.5.3 Lewer kommentaar op waarom jy dink dit vir Walmart nodig was om betroubare plaaslike verskaffers, veral vir bederfbare produkte, te hê. (2 x 2) (4) 3.5.4 Verduidelik die konsep proteksionisties in die konteks van internasionale handelsbetrekkinge. (1 x 2) (2) 3.6 Gebruik die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis en skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) om te verduidelik waarom daar in 2011 teenstand teen Walmart se uitbreiding na Suid-Afrika was. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V2 9 DBE/November 2024 NSS Vertroulik AFDELING B: OPSTELVRAE Beantwoord ten minste EEN vraag, maar nie meer as TWEE vrae nie, in hierdie afdeling. Jou opstel moet ongeveer DRIE bladsye lank wees. VRAAG 4: BURGERLIKE VERSET, 1970's TOT 1980's: SUID-AFRIKA: DIE KRISIS VAN APARTHEID IN DIE 1980's Verduidelik tot watter mate Steve Biko en die Swartbewussyn-filosofie swart mense geïnspireer het om hulleself in die 1960's en 1970's teen apartheid te bemagtig. Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 5: DIE KOMS VAN DEMOKRASIE NA SUID-AFRIKA EN DIE AANVAARDING VAN DIE VERLEDE Alhoewel die onderhandelingsproses met geweld geteister (versteur) is, was verskeie politieke partye gewillig om kompromieë aan te gaan (te skik) om in 1994 'n stewige grondslag vir 'n demokratiese Suid-Afrika te lê. Stem jy met hierdie stelling saam? Gebruik relevante historiese bewyse om jou argument te ondersteun. [50] VRAAG 6: DIE EINDE VAN DIE KOUE OORLOG EN 'N NUWE WÊRELDORDE: DIE GEBEURE VAN 1989 Gorbachev se politieke en ekonomiese hervormings van die middel 1980's het tot die disintegrasie en val van die Sowjetunie, en eindelik, in 1991, tot die einde van die Koue Oorlog gelei. Bespreek hierdie stelling krities. Ondersteun jou argument met relevante historiese bewyse. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 History

View all