You're offline
Skip to content
Question paper

History P1 Nov 2024 MG Afr.pdf

Subject: HistoryGrade 12202427 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GESKIEDENIS V1 NOVEMBER 2024 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 27 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 2 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 1. BRONGEBASEERDE VRAE 1.1 Die volgende kognitiewe vlakke is gebruik om brongebaseerde vrae te ontwikkel: Kognitiewe Gewigstoekenning Historiese vaardighede Vlakke van vrae • Onttrek inligting uit bronne • Selektering en organisasie van relevante inligting 30% VLAK 1 uit bronne (15) • Definieer historiese begrippe/terme • Interpretasie van bewyse uit bronne 40% VLAK 2 • Verduidelik inligting uit bronne (20) • Analiseer bewyse uit bronne • Interpreteer en evalueer bewyse uit bronne • Raak betrokke by bronne om bruikbaarheid, betroubaarheid, eensydigheid en beperkings vas 30% VLAK 3 te stel (15) • Vergelyk en kontrasteer interpretasies en perspektiewe in die bronne en kom tot onafhanklike gevolgtrekkings 1.2 Die inligting hieronder dui aan hoe brongebaseerde vrae geassesseer word: • By die nasien van brongebaseerde vrae moet krediet gegee word vir enige ander geldige en toepaslike standpunte, argument, bewyse of voorbeelde. • Met die toekenning van punte moet aandag gegee word aan hoe daar aan die vereistes van die vraag voldoen is. • In die nasienriglyn word die vereistes van die vraag (vaardighede waaraan aandag gegee moet word) sowel as die vlak van die vraag in kursiefgedrukte skrif aangedui 1.3 Assesseringsprosedures vir brongebaseerde vrae • Gebruik 'n regmerk (✓) vir elke korrekte antwoord. • Gee aandag aan die puntetoekenning, bv. (2 x 2) wat neerkom op twee redes en twee punte elk wat toegeken word (✓✓✓✓); (1 x 2) wat neerkom op een rede en twee punte wat toegeken word (✓✓). • Indien 'n vraag 4 punte tel, word 4 regmerkies (✓✓✓✓) aangedui. Paragraafvraag Paragrawe behoort globaal (holisties) geassesseer te word. Beide die inhoud en die struktuur van die paragraaf moet in berekening gebring word wanneer punte toegeken word. Die volgende stappe moet gebruik word wanneer 'n antwoord op 'n paragraafvraag geassesseer word: • Lees die paragraaf en plaas 'n kolpunt (.) by elke punt binne-in die teks waar die kandidaat relevante bewyse gebruik het om die vraag te beantwoord. • Lees die paragraaf weer om die mate te evalueer waarin die kandidaat in staat was om relevante bewyse te gebruik om die paragraaf te beantwoord. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 3 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Maak regmerkies (√) wat aan die kandidaat vir die paragraaf toegeken is aan die einde van die paragraaf; sowel as die vlak (1, 2 of 3) soos aangedui in die holistiese rubriek en lewer kort kommentaar, bv. ___________ . __________________________ . _________________________ _____________________________________________ . _________________ √√√√ Vlak 2 Gebruik meestal relevante bewyse om 'n basiese paragraaf te skryf. • Tel al die regmerkies vir die brongebaseerde vrae op en skryf dan die punt op die kantlyn regs onder, bv. 32 50 • Maak seker dat die totale punte akkuraat na die buiteblad van die antwoordeboek oorgedra word. 2. OPSTELVRAE 2.1 Die opstelvrae vereis dat kandidate: In staat sal wees om hul argument op 'n logiese en samehangende wyse te stel. Hulle moet die relevante inligting kan selekteer, organiseer en bymekaarvoeg sodat dit vir hulle moontlik sal wees om 'n redelike reeks feite of 'n effektiewe argument te kan weergee om sodoende die gestelde vraag te beantwoord. Dit is noodsaaklik dat 'n opstel 'n inleiding, 'n samehangende en gebalanseerde liggaam van bewyse en 'n slot het. 2.2 Nasien van opstelvrae Kandidate mag enige ander toepaslike inleiding en/of samevatting hê as dit wat ingesluit is by 'n riglyn vir nasien van 'n spesifieke opstel. 2.3 Globale assessering van 'n opstel Die opstel sal holisties (globaal) geassesseer word. Hierdie benadering vereis dat die onderwyser die opstel as 'n geheel sal bepunt sonder om die hoofpunte afsonderlik te bepunt. Hierdie benadering moedig die leerder aan om 'n oorspronklike argument aan te bied deur relevante bewyse te gebruik om 'n argument te ondersteun. Daar sal nie van die leerder verwag word om slegs inhoud (feite) neer te skryf om 'n vlak 7 (hoë punt) te behaal nie. Hierdie benadering sal leerders ontmoedig om opstelle voor te berei en te reproduseer sonder om die spesifieke vereistes van die vraag in ag te neem. Holistiese nasien van opstelle gee krediet aan leerders se mening, ondersteun deur bewyse. Anders as by inhoudsgebaseerde nasien, word leerders met holistiese assessering nie vir ontoereikende taalgebruik gepenaliseer nie, aangesien die klem op die volgende val: • Die leerder se interpretasie van die vraag • Die toepaslike seleksie van feitelike bewyse (relevant inhoudseleksie) • Die konstruksie/daarstelling van 'n argument (beplan, gestruktureer en 'n onafhanklike argument) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 4 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.4 Assesseringsprosedures van die opstel 2.4.1 Hou die sinopsis in gedagte wanneer die opstel nagesien word. 2.4.2 Tydens die deurlees van die opstel moet regmerkies toegeken word vir 'n relevante inleiding (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne), vir elke hoofaspek/liggaam van die opstel wat die argument ondersteun (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne) en 'n relevante slotopmerking (aangedui met 'n kolpunt ('bullet') in die nasienriglyne) Bv. In 'n opstel waar daar 5 hoofpunte is, sal daar dus 7 regmerkies wees. 2.4.3 Hou die PEEL-struktuur in gedagte by die assessering van 'n opstel. P Punt: Die kandidaat lei die opstel in met 'n argument/'n duidelike hoofpunt. Elke paragraaf moet 'n punt bevat wat die hoofpunt (argument) wat in die inleiding gemaak is, ondersteun. E Verduideliking: Die kandidaat moet in groter detail bespreek waaroor die hoofpunt (argument) gaan en hoe dit verband hou met die vraag wat gevra is. E Voorbeeld: Die kandidate moet die vraag beantwoord deur inhoud te selekteer wat relevant is tot die argument. Relevante voorbeelde moet gegee word om argument vol te hou. L Skakel: Kandidate moet seker maak dat die argument deurgaans in die opstel onderhou word en samehangend geskryf is. 2.4.3 Die volgende simbole MOET gebruik word in die assessering van 'n opstel: • Inleiding, hoofaspekte en slotopmerking nie behoorlik gekontekstualiseer nie ^ • Verkeerde stelling _________________ • Irrelevante stelling | | | • Herhaling R • Analise A√ • Interpretasie 1√ • Argument LOA Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 5 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.5 Die matriks 2.5.1 Gebruik van die matriks vir die assessering van opstelle By die nasien van opstelle, moet die kriteria gebruik word wat in die matriks voorsien word. Tydens die assessering van 'n opstel moet beide die inhoud en die aanbieding in ag geneem word. 'n Punt word toegeken by die snypunt van die inhoud en aanbieding, gebaseer op die sewe vaardigheidsvlakke. (a) Met die eerste deurlees van die opstel word daar bepaal tot watter mate die hoofmomente gedek is om en die inhoudsvlak (op die matriks) vas te stel. I VLAK 4 (b) Die tweede deurlees van die opstel sal die vlak (op die matriks) van die aanbieding bepaal. I VLAK 4 A VLAK 3 (c) Ken 'n algehele punt toe met behulp van die matriks. I VLAK 4 A VLAK 3 }26–27 KOMMENTAAR Sommige weglatings in die inhoudsdekking. Poog om 'n argument te handhaaf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 6 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne NASIENMATRIKS VIR OPSTEL: TOTAAL: 50 PUNTE VLAK 7 VLAK 6 VLAK 5 VLAK 4 VLAK 3 VLAK 2 VLAK 1* AANBIEDING Baie goed Baie goed Goed beplande en Argument beplan Toon soms bewys Poging Weinig of geen beplande en beplande en gestruktureerde en gestruktureer. van 'n aangewend om poging om die gestruktureerde gestruktureerde opstel. Bewyse tot 'n gestruktureerde en antwoord te opstel te opstel. Goeie opstel. 'n Poog om 'n sekere mate beplande struktureer. struktureer nie. sintese van Relevante duidelike argument gebruik om argument. Poog Grootliks inligting. Het 'n argument is te ontwikkel. argument te om 'n argument vol beskrywend of goed gevolg. Bewyse Gevolgtrekking ondersteun. te hou. poog om argument INHOUD gebalanseerde, gebruik om die gemaak uit Slotsom bereik op Gevolgtrekking nie te ontwikkel. Geen oorspronklike argument te bewyse om die grond van bewyse. duidelik poging om 'n argument verdedig. Poog om argument te ondersteun deur gevolgtrekking te ontwikkel met 'n onafhanklike ondersteun. bewyse nie. maak nie. bewyse. Argument gevolgtrekking uit deurgaans die bewyse te volgehou en maak om die verdedig. argument te Onafhanklike ondersteun. gevolgtrekking gemaak uit bewyse om die argument te ondersteun. VLAK 7 Vraag is ten volle beantwoord. Inhoudskeuse ten 47–50 43–46 volle relevante tot argument wat gevolg is. VLAK 6 Vraag is beantwoord. Inhoudseleksie 43–46 40–42 38–39 relevant tot argument wat gevolg is VLAK 5 Vraag grotendeels beantwoord. Inhoud 38–39 36–37 34–35 30–33 28–29 toereikend en relevant. VLAK 4 Vraag herkenbaar in antwoord. Sommige weglatings of 30–33 28–29 26–27 irrelevante keuse van inhoud. VLAK 3 Keuse van inhoud hou verband met vraag, maar beantwoord dit 26–27 24–25 20–23 nie. Hou soms nie verband met die vraag nie. Weglatings. VLAK 2 Vraag ontoereikend beantwoord. Inhoud 20–23 18–19 14–17 skraal. VLAK 1* Vraag ontoereikend beantwoord of glad 14–17 0–13 nie. Ontoereikend of irrelevante inhoud. *Riglyne vir die toekenning van 'n punt vir Vlak 1: • Vraag glad nie beantwoord nie/totaal irrelevante inhoud; geen poging om die opstel te struktureer nie = 0 • Inhoudseleksie sluit basiese en algemene irrelevante inligting in; geen poging om die opstel te struktureer nie = 1–6 • Vraag ontoereikend en vaag beantwoord; min poging om die opstel te struktureer = 7–13 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 7 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE VRAAG 1: HOE IS DIE LEWENS VAN BERLYNERS IN 1961 DEUR DIE OPRIGTING VAN DIE BERLYNSE MUUR GEAFFEKTEER? Nov 1.1 1.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • '… vroegoogend op Sondag …'/'… 13 Augustus 1961' (1 x 1) (1) 1.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1A – V1] • '… om te keer dat Oos-Berlyners uit die Sowjet-beheerde Oos-Duitse staat na die Weste van die stad ontsnap …' (1 x 1) (1) 1.1.3 [Definisie van 'n historiese konsep uit Bron 1A – V1] • 'n Klaslose samelewing waar almal gelyk is • 'n Politieke en ekonomiese regeringsbeleid/ideologie waar die produksiemiddele in die hande van die regering is • 'n Politieke en ekonomiese beleid/ideologie waar individuele eienaarskap van eiendom nie toegelaat word nie • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1A –V2] (a) • Leefstyl in die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) is as waardeloos beskou omdat baie mense in die onderdrukkende ekonomiese en politieke toestande van kommunisme moes leef • Geïmpliseer dat die lewe in die Westerse Sektor/kapitalisme beter was as die lewe in die Oosterse Sektor/kommunisme • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) (b) • Baie werkers het van Oos-Berlyn na Wes-Berlyn gevlug • Die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) is gelaat met die minder vaardige/ongeskoolde/onbekwame werkers/brain drain (uitvloei van kundigheid)/destabiliseer die ekonomie • werksverliese/ nywerhede gesentraliseerd/geen bonusse/aansporings • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.1.5 [Onttrekking van bewyse uit Bron1A –V1] • '… die strate van Berlyn (is) opgebreek …' • '… versperrings met plaveistene is opgerig …' • '… tenks is by kritieke plekke en duikweë ontplooi …' • '… plaaslike spoorwegdienste is onderbreek …' • ' Vanaf daardie selfde dag is inwoners van Oos-Berlyn en die DDR nie meer toegelaat om die Weste van die stad binne te gaan nie' (enige 2 x 1) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 8 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 1.2 1.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1B –V1] • 'Ses vragmotors … met 'n geraas na hom toe aangery gekom.' • ' Hulle het tagtig jaart (1 jaart = 0,914 meter) van hom af gestop.' • 'Die straat was binne oomblikke vol gewapende soldate wat masjiengewere opgestel het wat op die Franse Sektor gerig was.' • 'Twee wagte wat rolle doringdraad gedra het, het nadergekom.' • '… die troepe die straat afgesper (geblokkeer)' • ‘ in die huise het niemand gerooer nie’ (enige 3 x 1) (3) 1.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1B –V2] • Die grens tussen Oos- en Wes-Berlyn is toegemaak • Daar was nie meer enige vrye beweging tussen Oos- en Wes-Berlyn nie/ mense aan beide was vasgekeer • Die Ystergordyn/Koue Oorlog tussen die Sowjetunie en Amerika het spanning vererger aangesien die grens nou gesluit was • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.2.3 [Bepaling van die betroubaarheid van bewyse uit Bron 1B –V3] Die bron is BETROUBAAR omdat: • Dit is uit 'n boek, The Great Power Conflict After 1945 deur by P Fisher – 'n historikus, geneem • Dit is gebaseer op die ooggetuiebeskrywings van polisiesersant Hans Peters en/of hotelwerker Ursula Heinemann • Die beskrywings van die ooggetuies hou verband met die werklike datum (13 Augustus 1961) van die oprigting van die Berlynse Muur • Die beskrywings kan bevestig word deur Bron 1A, 1C en 1D met betrekking tot die oprigting van die Berlynse Muur in Augustus 1961 en die uitwerking daarvan op mense se bewegings • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.3. [Vergelyking van bewyse in Bron 1A en 1B om ooreenkomste te bepaal –V3] • Bron 1A dui aan dat die muur opgerig is om te keer dat Oos-Berlyners na die Weste oorloop (ontsnap) en Bron 1B bevestig dit deur te noem dat ritte na Wes-Berlyn gestaak is as 'n gevolg van die oprigting van die muur • Bron 1A noem dat tenks by kritieke plekke ontplooi is en Bron 1B verwys na pantsermotors en waterkanonne wat die kruispunte (grensposte) wat nog oopgebly het, beskerm het • Bron 1A verwys na 'n meesterlik beplande operasie om Berlyn te verdeel en Bron 1B verwys na aksies wat op spesifieke tye plaasgevind het sodat die stad teen vroegoggend in twee verdeel (gesny) sou wees/Beide bronne verwys na die verdeling van Berlyn • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 9 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 1.4 1.4.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C –V1] • '… by familie gekuier …' (1 x 2) (2) 1.4.2 [Verduidelik die historiese konsep in Bron 1C –V2] • 'n Ekonomiese stelsel in die Westerse Sektor wat deur kapitalistiese lande, naamlik Amerika, Brittanje en Frankryk, ondersteun is • 'n Ekonomiese stelsel waar individue vrylik uit hulle produkte kan wins maak in die Westerse Sektor • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.4.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1C –V2] • Hulle wou aan die wrede diktatorskap van die kommunistiese Duitse Demokratiese Republiek (DDR) ontsnap • Hulle wou nie teruggaan om in Oos-Berlyn te woon nie as gevolg van die ekonomiese swaarkry wat hulle ervaar het • Hulle was oortuig daarvan dat die lewe in Wes-Berlyn beter as in Oos-Berlyn sou wees omdat die verskaffing van noodsaaklike goedere van die Westerse magte die ekonomiese status van Wes-Berlyn sou verbeter • Die Berlynse Muur het families/gesinne verwoes deur hulle te skei – het Berlyners onder druk geplaas om wanhopige maatreëls te tref om met hulle gesinne/families herenig te word • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 1.4.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 1C –V1] (a) '… is onmiddellik met 'n masjiengeweer doodgeskiet' (1 x 1) (1) (b) '… is in hegtenis geneem/en het weens "anti-regeringsprovokasie" (uitdaag van die regering) teregestaan …' (1 x 1) (1) (c) ‘... tronk toe gestuur' (1 x 1) (1) 1.5 1.5.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D –V2] Kandidate moet noem GESKIK of NIE GESKIK NIE GESKIK • Dit toon dat selfs Oos-Berlynse soldate (veiligheidswagte) probeer het om na Wes-Berlyn te ontsnap (oor die muur te spring) vir ‘n beter lewe • Dit dui daarop dat desperate/ontevrede soldate 'n verskeidenheid metodes gebruik het om oor die Berlynse Muur te ontsnap na Wes-Berlyn • Enige ander relevante antwoord NIE GESKIK NIE • Die boodskap op die Muur sê dat die Muur opgerig is vir die beskerming van goeie kommuniste,maar tog probeer kommunistiese soldate ontsnap • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 10 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 1.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D –V2] • Die Westerse Sektor het oorlopers van Oos-Berlyn toegelaat/ aangemoedig • Die Westerse Sektor was beter as die Oosterse Sektor • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.5.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 1D – V2] • Hulle kon niks doen om oorlopers te keer nie/hulpeloos • Hulle was nie meer besorg oor diegene wat na die Westerse Sektor oorgeloop het nie • Hulle het geglo dat die Berlynse Krisis tot so 'n mate verdiep het, dat oorloop nie meer vermy kon word nie • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 1.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne –V3] Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Berlyn is in vier sones verdeel, met Amerika, Brittanje en Frankryk wat gesamentlik hulle sones as Wes-Berlyn geadministreer het, terwyl die Sowjetunie hulle s'n as Oos-Berlyn geadministreer het (Bron 1A en eie kennis) • Die Sowjet-regering van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) het op 13 Augustus 1961 die Berlynse Muur opgerig om te keer dat Oos-Berlyners na Wes-Berlyn oorloop (ontsnap) (Bron 1A) • Mense kon nie meer uit kommunistiese Oos-Berlyn vlug nie alhoewel dit vir hulle 'onderdrukkend' was (Bron 1A) • Selfs diegene wat vir werk na Wes-Berlyn gereis het, kon nie meer die grens oorsteek om na Oos-Berlyn terug te keer nie (Bron 1A, B, C) • Mense het geskree en gehuil oor die besef dat die grens tussen Oos- en Wes-Berlyn gesluit is (Bron 1B) • Diegene was desperaat was om te ontsnap (oor te loop), moes òf in die geheim onder die doringdraad deurkruip òf waag om te sterf (Bron 1B, 1C) • Mense aan albei kante van die grens is op 13 Augustus 1961 van hulle families/gesinne geskei (Bron 1C) • Die enigste vorm van kontak wat geskeide mense met hulle families kon maak, was om oor die doringdraad vir mekaar te waai (Bron 1C) • Party mense het gekies om hulle families oor die grens te smokkel (Bron 1C en eie kennis) • Party het probeer om te herenig deur 'n tonnel te grawe (Bron 1C) • Mense wat gevang is dat hulle die grens oorsteek, is òf doodgemaak òf hulle is tronk toe gestuur (Bron 1C en eie kennis) • Oos-Berlyners, soldate (veiligheidswagte) ingesluit, het hulle lewens gewaag deur oor die Muur te spring – na die Westerse Sektor (Bron 1D) • Oorlopers uit Oos-Berlyn het verskillende metodes gebruik om oor die Berlynse Muur te spring (Bron 1D) • Ander metodes om te ontsnap is gebruik, bv. atlete het sport gebruik om oor te loop (eie kennis) • Party mense het selfdood gepleeg deur in die Muur vas te jaag in 'n poging om te ontsnap (eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 11 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon min of geen begrip van hoe die lewens van Berlyners in 1961 PUNTE VLAK 1 deur die oprigting van die Berlynse Muur geaffekteer is 0–2 nie. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp, bv. toon 'n bietjie begrip van hoe die lewens PUNTE VLAK 2 van Berlyners in 1961 deur die oprigting van die Berlynse 3–5 Muur geaffekteer is. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van hoe die lewens van Berlyners in 1961 deur die oprigting PUNTE VLAK 3 van die Berlynse Muur geaffekteer is. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 12 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2: HOE HET DIE NEDERLAAG VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WEERMAG (SAW) BY DIE SLAG VAN CUITO CUANAVALE IN ANGOLA IN DIE LAAT 1980's TOT VREEDSAME ONDERHANDELINGE IN SUIDELIKE AFRIKA GELEI? 2.1 2.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2A –V1] • 'Kubaanse' • 'Angolese militêre magte' • 'Suid-Afrikaanse magte' • 'National Union for the Total Independence of Angola'/'UNITA' (4 x 1) (4) 2.1.2 [Definisie van 'n historiese term uit Bron 2A –V1] • 'n Staat waar 'n mens totale/algehele beheer oor jouself/organisasie/land het • 'n Toestand waar jy vry is van beheer deur 'n ander persoon/ organisasie/regering/buitelandse mag • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A –V2] • Dit het tot die nederlaag van die SAW gelei • Dit het oorwinning vir die MPLA verseker • Dit het gehelp om die Kommunistiese/Sosialistiese regering in Angola te verdedig/Dit het 'n kapitalistiese oorname van Angola deur SA/VSA/UNITA voorkom • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2A –V2] • Die idee van wit superioriteit/oormag is uitgewis/vernietig • Die nederlaag van die SAW in Angola was 'n hupstoot vir bevrydingsbewegings buite Suid-Afrika/sielkundige hupstoot vir Afrikane • Die nederlaag van Suid-Afrika deur Angola het 'n weg vir ander streekslande, bv. Namibië, oopgemaak om hulle onafhanklikheid van Suid- Afrika te verkry. • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.1.5 [Bepaal die beperkinge van Bron 2A –V3] Die bron is BEPERK omdat: • Dit deur D Goldberg, 'n anti-apartheid-aktivis geskryf is, dus bevooroordeeld/eensydig • Dit lê slegs klem op die MPLA se oorwinning • Die taal is bevooroordeeld teenoor Suid-Afrika en Amerika (Kuba en Sowjetunie se bydrae was oorweldigend vir die ondersteuning van die MPLA) • Die skrywer beeld Suid-Afrika en Amerika as die aggressors (onderdrukkers) uit wat die Angolese hulle onafhanklikheid ontsê het • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 13 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.2. 2.2.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron2B –V1] • '… om die wettige belange van die Angolese te vermorsel …' • ' om 'n skynmarionetregering ('puppet government') daar te stel …' (2 x 1) (2) 2.2.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B –V2] • Om hulle as tussengangers te gebruik sodat Amerika nie aktief betrokke was nie • Suid-Afrika en die Kongo was nader aan Angola • Beide lande het kapitalisme ondersteun/kommunisme teengestaan • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2B –V2] • Die Sowjetunie het tegniese toesighoudende militêre strategieë aangebied • Die Sowjetunie het sterk ondersteuning gebied omdat hulle een van die supermoondhede was • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.2.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2B –V1] • 'Die oorweldigende oorwinning by Cuito Cuanavale …' • '… die verpletterende (vernederende) opmars deur die magtige front Kubaanse troepe in suidwes-Angola' (2 x 1) (2) 2.3 2.3.1 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C –V2] • Om die rol wat die Verenigde Nasies in die bemiddeling vir vrede in Angola gespeel het na die Slag van Cuito Cuanavale • Om elk van die lande en verteenwoordigers teenwoordig by die ondertekening van die Driesydige Verdrag te toon • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 2.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2C –V2] • Om te help met die gladde verloop/bemiddeling van die ondertekening van die Driesydige Verdrag • Om te toon dat die ondertekening van die Driesydige Verdrag internasionaal erken word • Om ooreenkomste oor die onafhanklikheid van Angola te bespoedig • Om geldigheid en relevansie aan die proses van die Driesydige Verdrag te verleen • Om die Verenigde Nasies se mandaat om vrede in die wêreld te handhaaf • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 14 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.4 [Vergelyking van bewyse in Bron 2A en 2C om ooreenkomste te bepaal –V3] • Bron 2A noem die lande wat die Driesydige Verdrag (Angola, Kuba en Suid-Afrika) onderteken het en Bron 2C toon die leiers wat die lande verteenwoordig wat die Driesydige Verdrag onderteken • Bron 2A noem dat die MPLA die regerende party in Angola gebly het na die Driesydige Verdrag in 1988 en in Bron 2C is die MPLA se leier, Dos Santos teenwoordig by die ondertekening van die Driesydige Verdrag • Beide bronne verwys na die ondertekening van die Driesydige Verdrag in 1988 • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.5 2.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D –V1] • '… Suid-Afrika …' • '… Amerikaanse Intelligensiediens ('CIA') …' • '… National Liberation Front of Angola (FNLA) …' • '… huursoldate (guerrillas) …' • '… National Union for the Total Independence of Angola (UNITA) …' • '… Zaïrese troepe …' (enige 2 x 1) (2) 2.5.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 2D –V2] • Die einde van die Slag van Cuito Cuanavale het onafhanklikheid vir die Angolese moontlik gemaak • Die nederlaag van die rassistiese regering/Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) was 'n groot oorwinning vir Kuba en Angola • Dit was die finale aksie wat die einde van die sabotasie/ontwrigting deur die SAW beëindig het • Die nederlaag van die SAW in die Slag van Cuito Carnavale het tot onderhandelinge gelei wat die weg gebaan het vir politieke stabiliteit in suidelike Afrika • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 2.5.3 [Onttrekking van bewyse uit Bron 2D – V1] (a) '… ons kon nooit iemand behalwe die mees junior ministers spreek nie …' (1 x 1) (1) (b) '… is ons deur die mees senior beamptes ontvang /...en hulle het onmiddellik wat ons ook al wou hê en nodig gehad het, aangebied.' (1 x 1) (1) 2.5.4 [Verduideliking van historiese konsep in Bron 2D –V2] • 'n Kubaanse humanitêre buitelandse beleid wat Kuba se steun aan ander kommunistiese lande bepleit het • Dit was Kuba se humanitêre buitelandse beleid dat eenheid/solidariteit onder kommuniste wêreldwyd verdedig moes word • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 15 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 2.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne –V3] Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Die nederlaag van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) deur die Kubaanse troepe by Cuito Cuanavale was 'n keerpunt/dit lei tot die onderhandelingsproses in suidelike Afrika (Bron 2A) • Die Driesydige Verdrag wat aan die einde van Slag van Cuito Cuanavale in 1988 onderteken is, het tot Namibiese en Angolese onafhanklikheid gelei (Bron 2A) • Die vreedsame onderhandelinge wat deur die Verenigde Nasies gefasiliteer is, het tot die onttrekking van die buiteland uit Angola gelei (Bron 2A) • Die oorwinning van Kuba wat deur die Sowjetunie ondersteun is by die Slag van Cuito Cuanavale het Suid-Afrika gedwing om om die onderhandelingstafel te sit (Bron 2B) • Die Verenigde Nasies het die ondertekening van die Driesydige Verdrag gefasiliteer aan die einde van die Slag van Cuito Cuanavale (Bron 2C) • Die vreedsame onderhandelinge by die Driesydige Verdrag het tot die vestiging van demokrasie in die suidelike Afrika-streek gelei (Bron 2D) • Die Suid-Afrikaanse regering is geforseer om met die Suid-Afrikaanse bevrydingsbewegings te onderhandel (Bron 2D) • Die apartheidsregering het in die 1980's beheer en steun verloor – ten kon daarom nie meer hulle bure destabiliseer nie (Bron 2D) • Dit verhoog Kuba se status as een van die hoof politieke spelers in suidelike Afrika(eie kennis) • Dit beëindig die destabilisering van die suidelike Afrika streek deur die apartheidstaat(eie kennis) • Die einde van die oorlog gedurende die slag van Cuito Cuanavale was ‘n terugslag vir die kapitalistiese blok(eie kennis) • Enige ander relevante antwoord Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 16 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon min of geen begrip van hoe die nederlaag van die Suid- Afrikaanse Weermag (SAW) by die Slag van Cuito PUNTE VLAK 1 Cuanavale in Angola in die laat 1980's tot vreedsame 0–2 onderhandelinge in suidelike Afrika gelei het nie. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp, bv. toon 'n bietjie begrip van hoe die nederlaag van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) by die Slag van Cuito Cuanavale in Angola in die laat 1980's PUNTE VLAK 2 tot vreedsame onderhandelinge in suidelike Afrika gelei 3–5 het. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van hoe die nederlaag van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) by die Slag van Cuito Cuanavale in Angola in die PUNTE VLAK 3 laat 1980's tot vreedsame onderhandelinge in suidelike 6–8 Afrika gelei het. • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 17 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: WAAROM HET BURGERREGTE-OPTOGGANGERS IN DIE VERENIGDE STATE VAN AMERIKA (VSA) DIE OPMARS NA WASHINGTON OP 28 AUGUSTUS 1963 GEORGANISEER? 3.1 3.1.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron3A –V1] • 'Dit is 'n geesdriftige petisie in lewende lywe van die baie duisende burgers van beide rasse wat uit alle dele van ons land teenwoordig sal wees.' (1 x 1) (1) 3.1.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron3A –V1] • '… ordelik …' • '… nie onderdanig (ondergeskik) nie' • '… trots …' • '… nie arrogant (met 'n groot kop) nie' • '… geweldloos …' • '… nie skugter (bang) nie' • '… verenig wees ten opsigte van doelwitte en gedrag • '… nie versplinter (verskeurd) nie …' • '… uitgesproke, maar nie bakleierig (gewelddadig) nie' • '… om provokasie (aanhitsing) tot wanorde en geweld te weerstaan' • '… sal onthou dat bose mense vasbeslote is om hierdie Opmars swart te smeer en om die saak van gelykheid in onguns te bring …' • '… om die saak bo alles te stel.' (enige 2 x 1) (2) 3.1.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A –V2] • Die Ku Klux Klan (KKK)/ wit heersugtiges/segragasionis • Konserwatiewe mense • Regse vleuel • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.1.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3A –V2] • Om die doelwitte van die Burgerregtebeweging (Civil Rights Movement (CRM)) ten volle te ondersteun • Om te vermy om enige individu se behoeftes bo dié van die burgerlike samelewing te plaas/ eenheid • Om die bevordering van die saak van segregasie/diskriminasie in die VSA te staak • Enige ander relevante antwoord (2 x 2) (4) 3.2 3.2.1 [Definisie van historiese term in Bron 3B –V1] • Dit verwys na die basiese regte waarop almal geregtig is • Enige ander relevante antwoord (1 x 2) (2) 3.2.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3B –V1] • '… volle burgerregte vir swartes' • 'Werk en Vryheid …' (enige 1 x 2) (2) 3.2.3 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B –V2] • Om die steun vir die Opmars van verskillende lewensfere te toon • Om te toon dat die Burgerregtebeweging alle rasse ingesluit het • Om te vra vir meer steun vir die Burgerregtebeweging • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 18 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 3.2.4 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3B –V2] • Dit bly 'n belangrike toespraak vir die Burgerregtebeweging in die VSA want dit het swart Amerikaners hoop gegee • Die toespraak het Martin Luther King Jr. beroemd gemaak en tot sy Nobelvredesprys bygedra • Die toespraak het alle Amerikaners herinner dat hulle volgens die Amerikaanse grondwet almal gelyk is • Die toespraak is regdeur die wêreld na 'n internasionale gehoor gebeeldsend en meer steun vir die Burgerregtebeweging gebring • Dit spreek tot die gewete van die VSA-Kongres en lei tot die ondertekening van die Civil Rights Act van 1964 • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.3 3.3.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3C –V1] • 'Ons eis 'n einde aan polisiewreedheid nou' • 'Ons betoog vir werk vir almal' • 'Ons betoog vir geïntegreerde skole nou' • 'Ons eis stemreg nou' • 'Ons betoog vir hoër minimum lonedekking vir alle werkers nou' • 'Geen VS-geld om Jim Crow te laat groot word nie' (enige 2 x 1) (2) 3.3.2 [Interpretasie van bewyse uit Bron 3C –V2] • Om die eise wat swart Amerikaners vir hulle burgerregte gemaak het, te toon • Om te toon dat mans en vroue marsjeer het • Om te wys dat die optog geweldloos was • Om te toon dat beide swart en wit Amerikaners die Opmars na Washington bygewoon het • Om die groot aantal mense te toon wat na Washington opgemars het en na Martin Luther King Jr. se toespraak geluister het • Toon die vasberadenheid van Swart Amerikaners om gelyke regte te kry • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) 3.4 [Vergelyking van bewyse uit Bron 3B en 3C om ooreenkomste te bepaal –V3] • Bron 3B noem dat 250 000 burgerregte-aktiviste gedurende die Opmars na Washington by die Lincoln Memorial saamgekom het en Bron 3C toon 'n groot aantal mense in die Opmars na Washington/Beide bronne dui op die bywoning van 'n groot skare • Bron 3B noem dat die optoggangers hulle burgerregte, werk en vryheid geëis het en Bron 3C beeld optoggangers uit wat plakkate dra wat hulle eise uiteensit/Beide bronne verwys na die eise gestel • Beide bronne beklemtoon die vreedsame aard van die Opmars na Washington • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 19 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 3.5 3.5.1 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D –V1] • '… wat hulle reg uitgeoefen het om vreedsaam bymekaar te kom …' • '… die mees wydverspreide aandag moontlik op 'n groot nasionale kwessie te vestig …' • '… die verskerpte en wydverspreide openbare bewustheid van die behoefte daaraan om vorentoe te beweeg om hierdie doelwitte te bereik …' • ‘n Mens kan nie help om beïndruk te wees met die diepe vurigheid(passie)en die stille waardigheid wat die duisende gekenmerk het wat van regoor die land in die Nasie se Hoofstad byeengekom het om hulle geloof en vertroue in ons demokratiese regeringsvorm te toon’ • 'verdien ons waardering vir die gedetailleerde voorbereidings wat getref is om dit moontlik te maak en vir die ordelike wyse waarop dit uitgevoer is.' (enige 2 x 1) (2) 3.5.2 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D –V1] • '… vir die gedetailleerde voorbereidings wat getref is om dit moontlik te maak …' • '… vir die ordelike wyse waarop dit uitgevoer is …' (2 x 1) (2) 3.5.3 [Verduideliking van historiese term in Bron 3D –V2] • Alle vorms van rasse-ongelykheid in die 1960's in die VSA waarteen die Burgerregtebeweging op 'n geweldlose wyse betoog het • Skeiding van rasse op velkleur gebaseer, is in die 1960's deur die Burgerregtebeweging in die VSA verwerp • Enige ander relevante antwoord (enige 1 x 2) (2) 3.5.4 [Onttrekking van bewyse uit Bron 3D –V1] • '… die Civil Rights Bill …' • '… voorstelle om die Manpower Development and Training Program ’ • '… die Youth Employment Bill uit te brei en te versterk' • '… wysigings aan die beroepsonderwysprogram …' • '… die stigting van 'n werk-studieprogram vir jongmense van hoërskoolouderdom …' • '… verstewiging van die bepalings van volwasse basiese onderwys.' (enige 1 x 1) (1) 3.5.5 [Vasstel van die bruikbaarheid van bewyse in Bron 3D –V3] Die bron is BRUIKBAAR want: • Die persverklaring is op die dag van die Opmars vrygestel en die volgende dag op ,29 Augustus 1963,gepubliseer • Dit is geneem uit 'n persverklaring deur die Kantoor van die Withuis- perssekretaris • Dit is geneem uit 'n verklaring deur die President van die VSA – JF Kennedy wat uiteindelik na die aanneming van die Civil Rights Act gelei het • Dit beklemtoon hoe President Kennedy die manier waarop die Opmars verloop het, waardeer het • Enige ander relevante antwoord (enige 2 x 2) (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 20 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne 3.6 [Interpretasie, evaluering en sintese van bewyse uit relevante bronne –V3] Kandidate kan die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Die Opmars na Washington is deur burgerregte-aktiviste georganiseer vir werk en vryheid (Bron 3A) • Om aandag te gee aan die lewensomstandighede (alledaagse kwessies) wat alle burgers raak (Bron 3A) • Om die drome, aspirasies en gebede van die burgerregte-aktiviste in die VSA uit te druk (Bron 3A) • Op 28 Augustus 1963, was daar 'n opmars van ongeveer 250 000 mense vir hulle burgerregte na die Lincoln Memorial (Bron 3B) • Daar was 'n verskeidenheid sprekers en kunstenaars wat die groot skare toegespreek het en beroep gedoen het vir nog meer ondersteuners (Bron 3B) • Om na Martin Luther King Jr. te luister wat sy beroemde 'I Have 'n Dream'- toespraak by die Opmars gelewer het (Bron 3B) • Om druk op die VSA regering te plaas om rasse diskriminasie te beëindig(eie kennis) • Beide swart en wit Amerikaners het aan die Opmars na Washington deelgeneem, wat dit die eerste geïntegreerde opmars in die VSA gemaak her (eie kennis en Bron 3C) • Die optoggangers het plakkate gedra wat hulle eise uiteengesit het (Bron 3C) • Die Opmars na Washington was georganiseer om werksgeleenthede te bekom en diskriminasie te elimineer (Bron 3D) • Enige ander relevante antwoord Gebruik die volgende rubriek om punte toe te ken: • Gebruik bewyse op 'n baie elementêre wyse, bv. toon min of geen begrip van waarom burgerregte-optoggangers PUNTE VLAK 1 in die Verenigde State van Amerika (VSA) die Opmars na 0–2 Washington op 28 Augustus 1963 georganiseer het nie. • Gebruik bewyse gedeeltelik of kan nie 'n paragraaf skryf nie. • Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp, bv. toon 'n bietjie begrip van waarom burgerregte-optoggangers in die Verenigde State van PUNTE VLAK 2 Amerika (VSA) die Opmars na Washington op 28 3–5 Augustus 1963 georganiseer het. • Gebruik bewyse op 'n basiese manier om 'n paragraaf te skryf. • Gebruik relevante bewyse, bv. toon 'n deeglike begrip van waarom burgerregte-optoggangers in die Verenigde State van Amerika (VSA) die Opmars na Washington op PUNTE VLAK 3 28 Augustus 1963 georganiseer het. 6–8 • Gebruik bewyse baie effektief in 'n georganiseerde paragraaf en toon begrip van die onderwerp. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 21 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne AFDELING B: OPSTELVRAE VRAAG 4: DIE UITBREIDING VAN DIE KOUE OORLOG: GEVALLESTUDIE – VIËTNAM [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik] SINOPSIS Kandidate moet verduidelik tot watter mate die tegnologiese superioriteit van die Amerikaanse weermag nie kon help om 'n klein weermag van Viëtkong-guerrillas in die Viëtnamese Oorlog tussen 1962 en 1973 te verslaan nie. Hulle argumente moet met relevante historiese bewyse ondersteun word. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Inleiding: Kandidate moet 'n standpunt inneem deur te verduidelik tot watter mate die tegnologiese superioriteit van die Amerikaanse weermag nie kon help om 'n klein weermag van Viëtkong-guerrillas in die Viëtnamese Oorlog tussen 1962 en 1973 te verslaan nie. Hulle moet ook in hooftrekke beskryf hoe hulle beoog om hulle argumente te ondersteun. UITBREIDING • Verdeling van Noord- en Suid-Viëtnam (Agtergrond) ➢ Amerika se eerste ingryping in Suid-Viëtnam – stuur wapens en militêre raadgewers teen die Viëtkong (Viëtnamese kommuniste) ➢ Ho Chi Minh-roete en die betekenis daarvan (deur die Viëtminh-kommunistiese guerrillas uit Noord-Viëtnam gebruik om die Viëtkong in die suide te ondersteun) • Amerika het die 'Safe Village'-beleid/Hamlet-strategie/'Villagisation' (hervestiging van mense in nuwe dorpe) ingestel – probeer om guerrillas van die dorpenaars te isoleer/skei (1962) ➢ Veilige Dorpie-('Safe Village')beleid het misluk want die Viëtkong het in dorpies gefunksioneer • President Johnson het die Golf van Tonkin-insident en oplossing (1964) gebruik as 'n verskoning vir die eskalering van die weermag • Amerika het gevoel dat die oorlog in Viëtnam nie 'n konvensionele oorlog soos die Tweede Wêreldoorlog was nie • Amerika het op 8 Maart 1965, 3 500 'marines' (soldate) en grondtroepe na Viëtnam gestuur • Operation Ranch Hand (1962–1971) – gebruik van chemiese ontblaringsmiddels (Agent Orange om die woud te vernietig) – en Agent Blue (om landbouprodukte en kos te vernietig om die Viëtkong te verswak) • President Johnson het Operation Rolling Thunder in Maart 1965 ingestel om die Viëtkong vinnig te elimineer – ondoeltreffendheid van tegnologiese superioriteit • Gebruik van chemiese wapens, bv. Napalm-gas het Amerika ongewild gemaak en baie lande het Amerika veroordeel – het die meeste skade aan die omgewing verrig • Viëtkong het met die Tet Offensief (Januarie 1968) gereageer – verrassingsaanvalle (hinderlae) op 100 Amerikaans-beheerde stede • Aantal Amerikaanse soldate wat dood is, het toegeneem – lei tot anti-oorlogoptogte in Amerika Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 22 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Probleme om guerrillas van dorpenaars te onderskei – boere/kleinboere (guerilla- oorlogvoering deur die Viëtminh en Viëtkong) • Hoogs doeltreffende gebruik van guerilla-taktiek deur die Viëtkong • Amerika stuur jong, onervare soldate na Viëtnam • Amerika gebruik Soek-en-Vernietig-(Search and Destroy)beleid om dorpies wat die Viëtkong ondersteun, te vernietig – deur guerilla-taktiek verwar • Amerikaanse gruweldade en My Lai-massamoord (Maart 1968) het openbare mening teen Amerika gedraai – dit het tot 'n groot aantal burgerlike sterftes gelei, wat tot meer steun vir die Viëtkong gelei het • Noord-Viëtnam het militêre steun by die Sowjetunie en China gekry – sodat die Viëtminh en Viëtkong tot moderne wapens gehad het • Guerilla-oorlogvoering is doeltreffend deur die Viëtkong gebruik, ondersteun deur die Viëtminh uit die noorde en hulle het taktieke gebruik soos fopstelsels, tref-en- hardloop, sabotasie en ondergrondse tonnels – nou/smal vir die Viëtkong- liggaamstruktuur, maar nie vir die groot Amerikaanse soldate nie • Die Viëtkong het hulle ondersteuningsbasis vergroot as gevolg van die taktieke wat teen die Amerikaanse soldate gebruik is • Die Viëtnamese was verenig in die verdediging van hulle land • Viëtnamisasie: President Nixon het met die beleid van strategiese onttrekking uit Viëtnam vorendag gekom. Dit is ook WHAM (Winning the Hearts and Minds of the Viëtnamese) genoem en dit het Amerika se onvermoë om te keer dat Viëtnam 'n kommunistiese staat word en die daaropvolgende onttrekking, aangedui • Amerika het alle troepe teen 1973 onttrek (President Nixon het op 27 Januarie 1973 die Parys Vredesooreenkoms onderteken – wat die Amerikaanse betrokkenheid by die Viëtnam-oorlog beëindig het) • Noord-Viëtnam het in 1975 beheer oor Saigon oorgeneem • Viëtnam was onder kommunistiese beheer • Enige ander relevante antwoord • Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argumente met 'n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 23 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: ONAFHANKLIKE AFRIKA: GEVALLESTUDIE – DIE KONGO [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik] SINOPSIS Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem dat met Mobutu Sese Seko se politieke, ekonomiese en kulturele beleide, wat hy na onafhanklikheidswording in die 1960's ingestel het, anti-koloniaal was. Hulle moet hulle argument met relevante historiese bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Inleiding: Kandidate moet aandui of hulle saamstem of nie saamstem dat met Mobutu Sese Seko se politieke, ekonomiese en kulturele beleide, wat hy na onafhanklikheidswording in die 1960's ingestel het, anti-koloniaal van aard was. Hulle moet ook in hooftrekke die inhoud beskryf en hoe hulle beoog om hulle argument te ondersteun. UITBREIDING Politieke beleide ➢ Paternalisme – Kongolese is soos kinders behandel – het geen verantwoordelikheid in die administrasie of verteenwoordiging in die regering gehad nie (koloniaal) ➢ Politieke partye is verban en met die vinnige Belgiese onttrekking – as gevolg van die 1959 Leopoldville-oproer – is baie politieke partye (wat verskillende streke en etnisiteite verteenwoordig het) gevorm; politieke partye is gevorm volgens streeks- en etniese groeperings (anti-koloniaal) ➢ 120 politieke partye het aan die 1960-verkiesing deelgeneem; geen enkele politieke party het 'n volkome meerderheid gehad nie – Patrice Lumumba se Movement National Congolese (MNC) het die meeste setels gewen omdat dit, anders as ander streekspartye, 'n sekere vlak van nasie-wye ondersteuning gehad het (anti-koloniaal) ➢ Gebrek aan politieke eenheid • Die Kongo het op 30 Junie 1960 onafhanklikheid verkry met Kasavubu as President en Lumumba as Eerste Minister. Kasavubu het verkies dat die Kongo 'n federale staat is terwyl Lumumba ten gunste van 'n sterk sentrale nasionale regering was • Die Kongo het met baie politieke onstabiliteit begin – met Tshombe wat op afskeiding van Katanga vir hulle eie onafhanklikheid gefokus het (in konflik met Lumumba) • Mobutu het in 1965 mag by Kasavubu oorgeneem deur 'n coup d'état • Hy het daarin geslaag om 'n vorm van politieke stabiliteit te bring (gebaseer op outoritarisme) • Mobutu het in 1967 daarin geslaag om die Katanga-rebellie te keer en sy land 'n nuwe konstitusie as 'n eenpartystaat onder sy party, die Popular Movement for the Revolution (MPR), gegee • Die Kongo het binne die eerste vyf jaar na onafhanklikheid 'n eenpartystaat geword met alle opposisie onderdruk • Mobutu het 'n persoonlikheidskultus ontwikkel/ideologie van (Mobutuïsme) • Mobutu het die Kongo 'n outokratiese staat onder homself as 'n militêre diktator gemaak (anti-koloniaal) • Mobutu is deur die VSA bygestaan omdat hy as 'n antikommunistiese bondgenoot beskou is Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 24 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Hy het 'n sterk gesentraliseerde regering geskep en alle aanstellings, bevorderings en die toewysing van staatsinkome beheer • Hy het 'n beleid van Zaïrenasie, 'n beleid wat vaardige/kundige buitelanders of diegene wat strategiese bestuursposisies beklee het met ongeskoolde plaaslike mense vervang is – wat tot wanadministrasie en wanbestuur in politieke leierskaprolle gelei het (anti-koloniaal) • Sy administrasie het praktyke soos nepotisme en kleptokrasie ervaar • Mobutu was lewenslange president tot met sy dood in 2007 • Enige ander relevante antwoord Ekonomiese beleide (oor die algemeen anti-koloniaal) ➢ Teen onafhanklikheidswording is die Kongo as mees welvarend beskou, maar die ekonomiese rykdom is deur buitelandse eienaars besit • Het 'n kapitalistiese ekonomie by België geërf/enkelproduk-ekonomie (koloniaal) • Het aanvanklik die ekonomie in die hande van wit setlaars en buitelanders gelaat/groot skeiding tussen opkomende middelklas en landelike klas (koloniaal) • Die land se ryk natuurlike hulpbronne van koper, kobalt, diamante en ander stowwe het buitelandse belegging gelok • Nasionalisasie: Mobutu het die land se kopermynboubedryf genasionaliseer en die winste uit die koperbedryf gebruik om sy 10 jaar-industrialisasieplan te finansier • Het maatskappye wat deur buitelanders besit is, sonder vergoeding genasionaliseer • Buitelandse maatskappye is onder beheer van sy bondgenote en familielede geplaas • Het Zaïrenasie (vervang buitelanders met Zaïrese burgers) ingestel • Zaïrenasie het tot korrupsie, diefstal en wanbestuur gelei • Die ekonomie is gekenmerk deur nepotisme en elitisme (het groot gaping tussen die elite en gewone burgers/ryk en arm geskep) • Ekonomiese beleide is deur swak infrastruktuur gekenmerk • Mobutu se administrasie het kleptokratiese praktyke ervaar waar aangestelde aangewese amptenare hulle posisies vir finansiële gewin misbruik het • Mobutu is gedwing om 'n retrosessie (terugkeer van buitelandse eienaars) in te stel • Baie min buitelandse eienaars het teruggekeer • Die Kongo se ekonomie het as gevolg van inflasie in duie gestort • Die Kongo het afhanklik geword van buitelandse hulp en beleggings, bv. van die Wêreldbank • Enige ander relevante antwoord Kulturele and Maatskaplike/Sosiale beleide (oor die algemeen anti-koloniaal) ➢ Bevorder elitisme: moedig onderwys van 'n klein elite in 'n Westerse styl van kennis en vaardighede aan (koloniaal) ➢ Swak onderwysstelsel wat nie die Kongolese tot voordeel was nie en hulle ook nie met vaardighede bemagtig het nie (koloniaal) ➢ Frans as onderrigmedium in skole gebruik (koloniaal) ➢ Teen onafhanklikheidswording (1960) het die Kongo 14 universiteits- gegradueerdes uit 14 miljoen mense gehad • Kleredrag: die dra van Westerse styl pakke is verbied (deur 'n dekreet) en vervang met 'abacos' ('A bas le costumes'), wat beteken 'weg met die pak' (sosiale status) (anti-koloniaal) • Mobutu beskou demokrasie as 'n buitelandse ideologie vir Afrika – hy regeer as 'n Hoofman in 'n tradisionele Afrika-styl en dit gebruik om sy eie outoritêre posisie te versterk (anti-koloniaal) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 25 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Frans het die onderrigtaal gebly en die onderwysstelsel het steeds die stedelike elite bevoordeel (koloniaal) • Na onafhanklikheid het primêre onderwys en skoolinskrywings het van 1,6 miljoen in 1960 tot 4,6 miljoen in 1974 gestyg (anti-koloniaal) • Toe staatsbefondsing deur Mobutu teruggetrek is, moes ouers begin betaal en primêre onderwys het begin om te daal/af te neem • Onderwysers en hospitaalpersoneel is vir maande lank nie betaal nie as gevolg van swak ekonomiese praktyke • Afrika-musiek/-kuns is aangemoedig (anti-koloniaal) • Nasiebou en eenheid is aangemoedig (anti-koloniaal) • Afrika-haarstyle is aangemoedig (anti-koloniaal) • Enige ander relevante antwoord • Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argument met 'n relevante slot saamvat. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 26 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: BURGERLIKE VERSET VANAF DIE 1950's TOT DIE 1970's: DIE SWARTMAGBEWEGING [Beplan en konstrueer 'n oorspronklike argument wat op relevante bewyse gebaseer is deur analitiese en interpretasievaardighede te gebruik] SINOPSIS Kandidate moet die stelling dat die Swartmagbeweging in die 1960's 'n militante benadering aangeneem het om diskriminasie teen swart Amerikaners in die VSA uit te daag, krities bespreek. Die kritiese bespreking moet in die konteks van wat die Swartmagfilosofie behels het, wees. Hulle moet hulle argumente met relevante historiese bewyse ondersteun. HOOFASPEKTE Kandidate moet die volgende aspekte by hulle antwoorde insluit: • Inleiding: Kandidate moet 'n kritiese standpunt inneem oor die benadering wat deur die Swartmagbeweging oor die uitdaging van diskriminasie in die 1960s teen swart Amerikaners in die VSA. Die kritiese standpunt moet op Swartmagfilosofie gebaseer wees en hoe dit die militante benadering, asook swart selfbemagtigingsprogramme aangemoedig het. Hulle moet ook in hooftrekke beskryf hoe hulle beoog om hulle argumente te ondersteun. UITBREIDING • Toestande in die VSA: (Agtergrondinligting) ➢ Swart Amerikaners was ekonomies en polities onderdruk/belemmer in die VSA as gevolg van diskriminerende (Jim Crow) wette ➢ Swart Amerikaners het 'n gebrek aan 'n gevoel van trots as gevolg van sosio- ekonomiese omstandighede gehad (woon in ghetto's en krotbuurte/swak behuising/onvoldoende geriewe) ➢ Swart Amerikaners het ongeduldig geraak met die stadige pas van verandering en die impak van die Burgerregtebeweging in die 1960's ➢ Swart Amerikaners is aan polisiewreedheid onderwerp – lei tot groei van nasionalistiese gevoelens – lei tot groei in nasionalistiese gevoelens • Swartmagbeweging het die Swartmagfilosofie verkondig wat die gees van selfgelding, selfstandigheid, swart trots, beheer van politiek in eie gemeenskappe (verkondig deur Stokely Carmichael) bevorder het; swart Afrikaners moes hulleself teen polisiewreedheid beskerm; swartes moes vryheid van wit mag nastreef; bevordering van Afrohaarstyl en Afrika-kleredrag en het die slagspreuk 'Black is beautiful' uitgedink' • Malcolm X het selfverdediging teen wit onderdrukking bevorder (militant) • Hy het geredeneer dat bloedvergieting vir rewolusie (swart nasionalisme) nodig was en hy het selfrespek en selfdissipline (militant) verkondig • Bevorder die konsep van Black Pride ('Swart Trots') (selfagting/selfrespek/self-help) (selfbemagtiging) • Moedig swart Amerikaners aan om hoe ook al teen wit Amerikaanse owerhede op te staan in die strewe na vryheid, geregtigheid en gelykheid (geweld) (militant en selfbemagtiging) • Ondersteun die gebruik van geweld as 'n middel van selfverdediging teen diegene wat swart Amerikaners aangeval het (geweld) (militant) • Carmichael het geglo dat die geweldlose strategie misluk het as gevolg van die geweld wat teen swart Amerikaners voortgeduur het (geweldadig) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Geskiedenis/V1 27 DBE/November 2024 NSS – Nasienriglyne • Verkondig die uitsluiting van wit 'liberaliste' as 'n filosofie vir swart Amerikaners • Hy bevorder een plan om die VSA in aparte swart en wit lande te verdeel • Hy was teen die VSA se betrokkenheid in die Viëtnam-oorlog • In 1966 het Bobby Seale en Huey Newton die Black Panther-party (BPP) vir Selfverdediging teen Polisiewreedheid (militant) • Neem Tienpuntplan aan om hulle sosiale/maatskaplike, politieke en ekonomiese doelwitte vir die opheffing van die swart Amerikaanse gemeenskap te verwesenlik (selfbemagtiging) • Die BPP het voedingskemas, kindersorg- en geletterdheidsprojekte in swart gemeenskappe bestuur – die voedingskemas het honger onder die jeug uitgewis en leer in skole verbeter (swartbemagtiging) • BPP-geletterdheidsprojekte het ongeletterdheid in die swart Amerikaanse gemeenskappe uitgeroei (swartbemagtiging) • BPP-kindersorgprojekte het na die mediese behoeftes van swart Amerikaners in swart gemeenskappe omgesien (swartbemagtiging) • BPP-lede het strate gepatrolleer om polisie-aktiwiteite (polisieer die polisie) te moniteer en om hulle teen polisiewreedheid te beskerm (militant) • BPP het geëis dat swart geskiedenis in swart skole onderrig word (selfbemagtiging) • Enige ander relevante antwoord • Gevolgtrekking: Kandidate moet hulle argumente met 'n relevante slot saamvat. [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 History

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Grade 12 · History · 2024 · November 2024 NSC MG · Question paper · Paper 1 | Hlayiso | Hlayiso